{"id":2778,"date":"2017-08-14T17:05:28","date_gmt":"2017-08-14T15:05:28","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2778"},"modified":"2017-08-14T17:17:53","modified_gmt":"2017-08-14T15:17:53","slug":"oorlogskloof-2017","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2017\/08\/oorlogskloof-2017\/","title":{"rendered":"Oorlogskloof 2017"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-2779\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/IMG_8885-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/IMG_8885-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/IMG_8885-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/IMG_8885-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/IMG_8885-450x300.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p>Oorlogskloof<\/p>\n<p><em>\u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p><u>Dag 1<\/u><\/p>\n<p>Just jokes<\/p>\n<p>Geen dag een<\/p>\n<p>Slegs re\u00ebn<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Dag 2<\/u><\/p>\n<p><strong>\u201cAlthough it may appear that the first two days\u2019 walk can be done in one day, it is not advisable, as the terrain is very demanding.\u201d \u2013 Oorlogskloof riglynboekie.<\/strong><\/p>\n<p><!--more--><br \/>\nDie bus kom aan by punt een en ons weet wat voorl\u00ea: twee dae se stap in een.<\/p>\n<p>Die plesier van stap kom klim weer so vas aan ons en al die eksamen stres bly in die bus agter. Sommer gou val ons in die pad en die roete beloof om mooi te wees- selfs boesmantekeninge padlangs, s\u00ea die boekie. Soos uit heel bogenoemde afgelei, het die boeke se woorde egter nie veel gewig gedra nie.<\/p>\n<p>Suzaan besluit tog om van die Oorlogskloof geskiedenis aan ons oor te vertel. Haar Engelse agtergrond skop toe egter in en in plaas van vee, is <em>vlie\u00eb <\/em>gebruik. Die geskiedenis het \u2018n interessante draai geloop in hierdie geval \u2013 die boere en inboorlinge het glo baie stryery oor so \u2018n klein gogga gekry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Padlangs kry ons bobbejane wat roep en Francois roep toe maar \u2018n antwoorde terug.<\/p>\n<p>Ons kom by Hut een aan en die naam, <em>Brakwater, <\/em>groet ons parmantig. Dit was ook sommer die regte plek vir middagbroodjies.<\/p>\n<p>Tussen Laubscher, David, Martin, Janneman, Neil en Jana spring daar \u2018n frisbee uit en gou-gou begin die spelery.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2018n Bietjie re\u00ebn daag op, en ons wonder of dit verdwaalde druppels van die vorige dag se storm is.<\/p>\n<p>Verder aan breek Eugene die ys met die koop van \u2018n eerste stukkie grond, netjies en in sitposisie. By die volgende kruising, ketting en al, het Duan amper die watertemperature getoets, maar besluit egter daarteen en hang eerder in die lug.<\/p>\n<p>David is met twee meisies se sakke deur die tonnel en hy, Schalk en Jana lig blykbaar \u2018n verskriklike swaar klip op om waterbottels te red&#8230; of so het dit gekom van die slotgroepie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die water van vorige re\u00ebn is lieflik langs die pad, en sorg vir moddermerke op ons klere. Ons neem aan dat ons amper by die volgende hut is, en om ons kleur die middagson die berge goud. Die kloof word in rustige grys gelos en met die donkerte besluit Magdaleen, Rieta en Eugene om die <em>Disney classics<\/em> te sing en en dit het die namaak van <em>animated<\/em> insetsels goed ingesluit.<\/p>\n<p>Ons hou aan stap, en dis darem lekker die gedagte, die hut net hier anderkant sekerlik. Daai ander bordjie het mos ges\u00ea twee kilometer?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soos dit later word, sien jy net liggies om jou \u2013 ver. Doer onder, heel bo, en iewers in die middel. Daarmee saam ook die uitroepe: \u201cJanneman?!\u201d<\/p>\n<p>\u201cOP of AF?\u201d<\/p>\n<p>Tussen die geroepery was daar darem \u2018n luide gesingery ook en \u2018n bietjie kommentaar onderlangs&#8230; maar die heel hardste was egter die stilte van die eerste toeriste.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Michael Lord lei \u2018n paar toeriste van die middel tot bo en David moes hom gaan haal. Die slotte moes maar in die donker sit en wag tot hulle weer bykom, terwyl die res afgesukkel het na onder. \u2018n Paar toeriste wens dat hulle die toer<em>slides <\/em>ernstig opgeneem het en kopliggies saamgebring het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Tog vind ons die hut, laat en koud, maar baie gou begin die stokers en kosma\u2019s doen wat hulle die beste doen. (gewoonlik die beste doen \u2013 dit is nou as jy die vlamme wat elke nou en dan opgeskiet het miskyk).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die kitaar wat uitgehaal word maak alles weer lekker&#8230; en hier en daar hoor jy darem \u2018n eerste toeris gesels.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Dag 3<\/u><\/p>\n<p>Iemand sit die lig aan.<\/p>\n<p>\u201cNee julle moet eers sing!\u201d skree \u2018n meisie.<\/p>\n<p>Lig af.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>En die manne sing vir die dames met verruklike geluide \u2013 ons ruk as\u2019t ware uit die beddens uit.<\/p>\n<p>Tussendeur BTK muesli, praat Pieter en Janneman oor die skraal waterstroompie waar die blikwassers moes was: \u201cdis soos as jy piepie, maar nie veel gedrink het nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee,\u201d s\u00ea Janneman, \u201cas julle gaan ry en jy MOET.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOf soos die dokter!\u201d lig David toe ook sy opinie oor die spesifieke stroompie.<\/p>\n<p>Die krag gaaan af en Eugene merk op dat ons maar eerder dankbaar moet wees vir die stroompie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vandag klouter ons weer boontoe (ek s\u00ea \u201c<em>weer\u201d <\/em>met gedagte aan die wat die vorige aand gerieflikheidsonthalwe die bult agter Michael aan probeer het). Deur die skoorsteen gaan ons en vang die bergwind daar bo, \u2018n yskoue soen op die wang.<\/p>\n<p>Suzaan en Chelaine maak van die geleentheid gebruik om saam met die wind lewe te geniet aan die bokant van die klipkop en Sian wil graag by Duan hoor waar presies hulle melkbotteltjies vir game break is.<\/p>\n<p>Verder se stap bekoor ons met sy mooi- en platheid. Die bossies en klip op die plato is \u2018n ander gesig en ons harte verwelkom dit.<\/p>\n<p>Ons kom op een of ander dierskelet af, en die Elsenburg student Francois meen dit het aan \u2018n perd behoort. Gewoonlik bekommer ons ons nie oor diereslagting by Elsenburg nie, maar so elke nou en dan duik daar \u2018n situasie soos d\u00ede een aan en dan wonder ons. Gelukkig ken Francois sy perde goed en ons kon in vertroue rus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Iewers in die middel van \u00earens besluit Janneman op middagbroodjies en die koue daag toe ook op as gas \u2013 Michael sak net daar neer met sy sonbrille (ons weet nie of dit bedoel is om die re\u00ebn weg te hou nie) en Francois met sy koerant (ons weet ook nie waar dit vandaan gekom het nie). As mens nou die weer en omgewing miskyk, dan is hulle die ene see vakansie.<\/p>\n<p>In die agtergrond kom daar diergeluide van die uitkyk-kring en Laubscher en J\u00f3ke is aanges\u00ea om skiet te verduidelik. Daar was \u2018n vallery in J\u00f3ke se weghardloop betrokke en ons is seker ons het gesien hoe Laubscher sy been af, ag ek bedoel, seer gemaak het.<\/p>\n<p>Ons stap aan en moet kort-kort klouter oor rotse, en so met die oorklimmery s\u00ea jou lyf vir jou dat jy eintlik nog bietjie van gister se klim in jou vergeet het. Dis daai tye wat jy maar maak of jy dit nie hoor nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toe die bruggie en daaragter die hut ewesklielik voor ons opspring, is ons heel aangenaam verbaas. Gou-gou kry ons die nat van ons lywe af en Jacomien maak verskyning in haar <em>onesie<\/em>. Kommentaar kom van verskeie rigtings oor hoe sy die kappie moet aansit, maar sy kies toe om die hele diervoorkoms vir \u2018n ander, meer gepaste, geleentheid te laat.<\/p>\n<p>Kitaarsnare, kokke en <em>convenor<\/em> van die eerste toeriste raak almal aktief, en om ons is die bergtoppe weer besig om die laaste strale son te steel.<\/p>\n<p>Aandete is vanaand \u2018n wenner, neem ons aan, want die bakkies en borde kom blink terug. Dit is sekerlik onafhanklik van die feit dat daar nie genoeg water is vir skottelgoed was nie \u2013die blikwassers het sommer breed glimlag.<\/p>\n<p>\u201cHet iemand vandag geval?\u201d \u2013 die skets was opsoek na nuus.<\/p>\n<p>Dit was toe Jana Taljaard.<\/p>\n<p>\u201cBy die skoorsteen,\u201d kom dit van iemand.<\/p>\n<p>\u201cKersvader!\u201d skree Francois toe, om die prentjie in ons koppe beter in te kleur.<\/p>\n<p>Wat toe gebeur is <em>massage garage <\/em>om die etenstafel. Dit raak al hoe groter, soos toeriste van alle hoeke skielik bykom. Neil was blykbaar gesog en het luid aangekondig dat hy wel m\u00f4re-aand vir damesskiet beskikbaar is. Christiaan Dubell sluk kort-kort kondensmelk af en mens wonder of dit iets te doen het met Suzaan se drastiese massering tegnieke.<\/p>\n<p>Dit is WRAAK-aand en ou toeriste geniet natuurlik die luukse slee met houtvloer en goeie beligting.<\/p>\n<p>Die karakters van optrede een lyk as volg: Dr. Chris Barnard: Talitha Louw<\/p>\n<p>Barbie: Mieke<\/p>\n<p>Beauty: Emma<\/p>\n<p>The Beast: Christiaan<\/p>\n<p>Forrest Gump: Michael<\/p>\n<p>Tin Tin: Dani\u00ebl<\/p>\n<p>Toneel een hier het natuurlik gehandel oor die Beast en sy soeke na Beauty&#8230; in die proses het hy wel in Ken verander.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toneel twee was \u2018n namaak van Oorlogskloof met Jakob, Christiaan as Janneman, Martin die toring van Babel, Jana Pink Panther, Harry Potter Morn\u00e9, Hilde Heidie en Wilmien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Na die afloop van die tonele, is die eerste toeriste beveel om te begin met Koning. Die geluide wat uitkom was \u2018n poging om te sing&#8230; maar die was heel vaal. Soveel so dat Janneman iewers \u2018n stop sit aan die geraas en vra dat daar buite geoefen moet word en \u2018n tweede kans aangebied word.<\/p>\n<p>\u201cEn dis K\u00f3\u00faning!\u201d roep Francois agterna, net om enige onsekerheid oor die Nederlands uit die weg te ruim.<\/p>\n<p>Die tweede probeerslag gaan toe beter, maar die verjaarsdaglied het ook \u2018n tweede kans nodig gekry en <em>volunteers<\/em> moes staan as verjaarsdagkandidate.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Aaitims:<\/u><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hanno verskyn en met groot verduideliking bied hy aan: Ballade van \u2018n sterwende bok <em>via die awesige Janco, opgedra aan Fritz Buhrmann. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Francois spring toe dadelik op en roep vir David, Martin en Dan\u00e9 om Theo en sy bakkie kos voor te stel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daarna is David, Neil, Christiaan Dubell en Pieter aan die beurt met Gatiep en Verenzo en hulle <em>gamepie. <\/em>Die bekende aaitim vat egter \u2018n paar aangename draaie met \u2018n regte verdwaalde Gautenger en \u2018n naartjie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Volgende is Mario en Luigi Janneman en Hanno&#8230; en die verassings het aanhou kom, want die <em>mighty fine pasta <\/em>het verander na <em>mighty fine pizza. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Suzaan, Neil, Jakob, Christiaan Doubell, Dani\u00ebl, Pieter, Michael en Francois voer toe die Boer op wat geen moeilikheid duld nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hierna word daar allerhande nuwe geure by aaitims gevoeg \u2013 ene paddabeertjie pootjies in pikkewynsop. Dit was Hanno, Jakob, Christiaan, Christoff en Martin. Ons het gewonder of hulle inspirasie gevind het by enige van die geliefde BTK-resepte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Volgende verskyn \u2018n verassende Batman Janneman in \u2018n aaitim.<\/p>\n<p>\u201cCause i\u2019m Batman.\u201d<\/p>\n<p>Dis al.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan Jacobs en Morn\u00e9 demonstreer onwetend en met baie geraas en gees hoe mens \u2018n veldtie vang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Boer Bakkie Brie\u00ebrs is weer volgende aan die beurt met sy magtige hoenderboerdery.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Boer Bakkie Brie\u00ebrs beweeg toe sommer aan na die volgende aaitim en kommandeer vir Talitha Viljoen en Michael op&#8230; om die storie van die <em>punchline <\/em>oor te vertel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hans en Mans maak ook \u2018n draai op die verhoog met Janneman en Magdaleen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir \u2018n laaste maal verskyn Francois en kry \u2018n toejuiging van die gehoor vir sy <em>beat boxing <\/em>en naboots van \u2018n lorrie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Hekels:<\/u><\/p>\n<p>Christiaan D hoor by Morn\u00e9 wat sy bedoeling was met: Van nou af hou ek my hande vir myself in die bus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David wou weet of Rieta reggekom het, want wat het sy dan bedoel met: Ek het die vla&#8230; uhm is die vla dan in sakkies?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eugene vir Francois: my vrou se hart moet \u2018n baard h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan D vir Mieke; hy sal my nie sien nie \u2013 ek is in die <em>heavy weight <\/em>afdeling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Neil is volgende en hy noem dat hy bly is Dan\u00e9 is hier om dit ook te hoor&#8230; dit is \u2018n problematiese saak, maar wat presies was Sakkie se bedoeling met: die kondensmelk proe presies soos Louw.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sian wil hierna by edelagbare oom Piet homself hoor oor sy woorde: blaas jy bo en dan suig ek onder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mieke vir Hanno: daar\u2019s \u2018n meisie daaronder! O nee wag, dis Jana.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op hierdie noot eindig ons die dag af met Magaliesberg se aandlied.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Dag 4<\/u><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk is nie laaste nie, ek is NIE laaste nie!\u201d David verkondig wyd en suid dat sy tent nie laaste gesak het nie \u2013 Janneman die voorsitter se tent staan nog.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die son koes agter die bergrif uit en word bietjie gekeer deur die koue. Ysblou lug beskou die petalje van agter die flardes wolke.<\/p>\n<p>Dit spoor vir Sian aan om haar ski bril uit te ruk en sy is dit eens dat die wind en re\u00ebn haar gesig beslis nie gaan slaan nie. Laubscher probeer toe die <em>look <\/em>ook, maar faal \u2018n bietjie aangesien hy \u2018n <em>spiderman <\/em>hoed ook wou aantrek. J\u00f3ke meen Sian is \u2018n aaitim op haar eie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons staan vir \u2018n groepsfoto en Christiaan Jakobs se kommentaar oor Michael se hare is as volg: dit is die laaste fontein wat ons gaan sien vir \u2018n rukkie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David, Laubscher en Magdaleen maak \u2018n groot aanloop om die doodonskuldige Michael behoorlik te blou yskas in die yskoue.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons hou kringetjie en Duan verjaar, en die twyfel of dit regtig sy verjaarsdag is, was duidelik in die meisies se oomblik van stilte na hul singery.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nes ons begin stap, kom die re\u00ebn saam en die pad is mooi met nat klip en bossies oral oor. By <em>Gamebreak<\/em> trek daar peanuts deur die lug en Jana vang dit soos \u2018n regte <em>ultimate frisbee<\/em> verteenwoordiger. Die wind en weer jaag ons egter aan en dis net op en af oor die klippe en hier en daar Michael wat mense aanmoedig.<\/p>\n<p>Yskoud en windverwaaid duik ons onder \u2018n oorhangklip in vir middagbroodjies. Sian en haar ski-outfit vat \u2018n ruk in die wind en dit lyk kompleet of sy wil opstyg. Pieter en Laubscher vind \u2018n holte om in te stook en bied koffie en hitte vir die gelukkiges om hulle aan.<\/p>\n<p>Groepie een se peanutbutter het iewersheen gevlug en hulle probeer toe maar die melrose en stroop kombinasie \u2013 of die weer iets aan hulle smaaksensasies gedoen het weet ons nie, maar Anke s\u00ea dat dit lekker was.<\/p>\n<p>Baie vinnig is ons weer by ons grot uit en begin stap. Jy is nie so seker of dit jou warmer of kouer maak nie, maar jy het ook nie teveel krag om daaroor te tob nie: jy probeer eerder jou hande red vanuit die vreemde posisies soos hulle teen koue klip druk.<\/p>\n<p>Die tonnels en rotsformasies wat kort-kort opduik maak dit tog die moeite werd, en saam met die nat koue kom daar \u2018n anderse soort mooi.<\/p>\n<p>Die mis en koue waai in vlae om ons en elke nou en dan kom daar \u2018n rukwind, wat beide Jana\u2019s toe ook omgooi. Pieter en Eugene is heel ingenome met die weer: hulle reken dit is immers waarvoor hulle gepak het.<\/p>\n<p>Georgina beskou haar deurdrenkte re\u00ebnbaadjie en noem tog dat die waterdigtheid daarvan bevraagteken moet word.<\/p>\n<p>By die berg af, sien ons die mis soos rook trek en net voor ons kon besluit of dit ons moedeloos of verwonderd moet laat, sien Suzaan die hut. En gou-gou is ons daar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wat volgende gebeur het, is \u2018n klein bietjie lyfskoonmaak en \u2018n groot hoeveelheid pannekoek. Eensklaps het die gees weer gelig en Magdaleen besluit toe dat dit die regte chaotiese oomblik is om damesskiet oop te maak.<\/p>\n<p>Chelaine en Jana begin sing, sodat Magdaleen die kitaar moes nadertrek en dit spoor toe sommer vir Janneman aan om \u2018n pannekoek <em>double-flip<\/em> te maak.<\/p>\n<p>Wilmien sit met haar hare droog en reguit: ewe uitgesort en van alle kante wil die meisies weet presies h\u00f3\u00e9 sy dit reggekry het.<\/p>\n<p>Die pannekoek-bakkery is steeds in volle swang en oom Piet skree vir Eugene hoe pannekoek eintlik werk, terwyl Schalk vir Hanno wys hoe mens die spaan spin en \u2018n <em>double flip<\/em> saam doen. Hy erken toe heel nederig dit moes maar van al die tennis speel gekom het.<\/p>\n<p>Soos dit aand word, verskyn die tradisievaste individue met knopieshemp en strikdas: David, Schalk, Neil, Laubscher, Hanno, Pieter, Janneman, Morn\u00e9-met-\u2018n-baadjie en Eugene.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan Dubell haal sowaar \u2018n bekfluitjie uit (daar was min of geen manne van WIlgenhof teenwoordig) en almal val spontaan in met die bekende wysie van Piano Man.<\/p>\n<p>Soos die sing aanhou, die koue buite en warm menswees binne, hoor jy jouself vra: waar op aarde gebeur hierdie? En man, hoe lekker is dit nie om \u2018n mens te wees nie?<\/p>\n<p>Toe jy later beertjie poeding eet, weet jy egter hoe lekker dit proe om \u2018n mens te wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Aaitims:<\/u><\/p>\n<p>Janneman en Neil: Bacon Tree met karakters Mario en Luigi<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Neil, Francois, Pieter, Eugene, Christoff is toe volgende met Boer Bakkie en sy skeer sessies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>(Nota &#8211; Slee sake: \u2018n komkommer vir sleepil van een slee en stofie-gemaakte popcorn vanuit \u2018n ander. Dinge lyk goed!)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Magdaleen bekoor ons almal met haar sangitem.<\/p>\n<p>Janneman en Pieter is volgende met baie interessante pasi\u00ebnt Neil (verkleurmannetjie-agtige bewegings ingesluit die tong) en die kopwinkel met koppe Talitha, Christiaan J, Jacques, Hilde en Martin.<\/p>\n<p>Hanno verskyn in die kollig en s\u00ea slegs die volgende: \u201cDie volgende item is Laubscher en J\u00f3ke.\u201d Nou ja, dit is al.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Janneman en Jana met Lenieblou op die kitaar.<\/p>\n<p>Daarna, Schalk, Eugene, Jana, Georgina, Jakob, Wilmien, Duan, Eugene en Janneman wat bietjie roomys verkoop en vir die gehoor wys hoe <em>twee suckers op \u2018n stokkie <\/em>lyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jakob, Christoff, Francois met <em>Whose lion is it anyway: vrae oor Oorlogskloof.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Frikkie en Sarel (hierdie keer Neil en Schalk) verskyn weer en so ook die geliefde uitroep: \u201cWurg hom Frikkie!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David, Pieter, Janneman en Laubscher sit vir ligtoring Hilde aan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eugene, Hanno en J\u00f3ke met \u201cJa &#8230;nee.\u201d<\/p>\n<p>Schalk, Jana, Hanno, Neil, Duan en Eugene: almal wat wou selfmoord pleeg en een begrafnisonderneming wat die jackpot geslaan het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Francois, Martin, Morn\u00e9, Talitha en J\u00f3ke weer aan die beurt met een van Boer Breers se verhale.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>K-k-k-kaptein met Janneman, Pieter, Hanno, Neil en Laubscher.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Laastens: Gedroggie, met Duan, Jana Taljaard, Francois, Dan\u00e9 en Schalk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Hekels:<\/u><\/p>\n<p>Jana vir Francois: \u201cAnke lyk soos my perd.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan J vir Suzaan oor haar opmerking van slee: \u201cEk borsel tande vir seuns, nie vir die swieties nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sian vir Eugene: \u201cAs ek iemand moes byt, dan moes dit vir Leroi wees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Francois besluit toe dat Magdaleen \u2018n golden retriever is en David gil dat sy tog nie kan nie \u2013 sy is dan allergies.<\/p>\n<p>Op daardie ho\u00eb noot sluit die hekels af.<\/p>\n<p>O ja en wat, Francois, is Jana Botha? \u2018n Hoogs gekwalifiseerde huis gemmerkat, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Dag 5<\/u><\/p>\n<p>Ons word wakker met \u2018n kitaar! \u201c<em>Save tonight, tomorrow i\u2019ll be gone&#8230;\u201d<\/em><\/p>\n<p>Die mis van die nag bly nog \u2018n rukkie, maar die sonstrale loer ver genoeg uit sodat almal besluit om op die stoepie muesli te geniet.<\/p>\n<p>Oppad van iewers in die bosse af terug kry Schalk \u2018n verwelkomingshandeklappie en Francois los kommentaar oor bemesting.<\/p>\n<p>Christoff verjaar op die BTK manier en Duan sluit by die kringetjie aan om \u2018n verdwaalde wangsoen te bedel.<\/p>\n<p>Ons stap Jeep-track terug en loop amper so vinnig soos Janneman. Die eerste dag se<\/p>\n<p>huisie raak weer <em>gamebreak<\/em> en die frisbee maak sy getroue verskyning. Pieter se laaste snacks word wyd versprei en waardeer. Neil merk op: \u201cAlmal haal hulle snacks uit, maar myne is heel onder in my tas.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy pak sleg!\u201d die res het nie simpatie nie.<\/p>\n<p>Hy lag. \u201cNee, ek pak dit bo in, maar daarna gee almal vir my aan wat ek vergeet het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan J se baadjie, top en hemp is almal \u201cGerman Exchange\u201d gemerk en hy verklap sy geheim \u2013 dit is glo goeie <em>conversation starters. <\/em><\/p>\n<p>Verder sit groepie twee in die hoekie en hou \u2018n skakel met almal wat van hulle oorblywende kos wou eet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons stap eindelik aan en dog die volgende deel gaan vinnig wees, maar kom toe agter dit was net \u2018n afdraand oppad hierheen.<\/p>\n<p>Pieter kom agter daar was definitief iets in sy aangemaakte <em>Game <\/em>wat hom laat vinniger asemhaal en J\u00f3ke meen sy het ook van daardie <em>Game <\/em>gehad.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar die lug is skoongewas orals om ons en die blouheid is hier en daar met wit wolkverf gespat. Ligte rugsakke sorg darem vir vinnige klouter en toe ons eers weer plat grond slaan, het ons vinnig die bus gekry waar hy vir ons en al die stories wag.<\/p>\n<p>Die kamera word vir \u2018n laaste paar foto\u2019s nadergetrek \u2013 onder andere \u2018n Jana, Talitha en Christiaan foto waarop ses mense verskyn het.<\/p>\n<p>Daniel tree sowaar met \u2018n glimlag as die wenner van \u2018n tawwe <em>gentleman\u2019s challenge <\/em>uit.<\/p>\n<p>Ons stuur vir Jana Botha maan toe en sy daag ons uit om nie een toer te mis nie, al kom daar iewers in die agtergrond verdwaalde kommentaar oor haar bywoning van Hexriviere.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>So sluit ons nog \u2018n pragtige herinnering af, met mense wat begin punte kyk en die omie van die bus wat die musiek harder sit.<\/p>\n<p>Wat \u2018n lieflike tyd om mens te wees!<\/p>\n<p>Toer Video:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=QGGrzWUAekw\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=QGGrzWUAekw<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oorlogskloof \u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff. \u00a0 Dag 1 Just jokes Geen dag een Slegs re\u00ebn &nbsp; Dag 2 \u201cAlthough it may appear that the first two days\u2019 walk can be done in one day, it is not advisable, as the terrain is very demanding.\u201d \u2013 Oorlogskloof riglynboekie.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2778","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2778","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2778"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2778\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2788,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2778\/revisions\/2788"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2778"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2778"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2778"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}