{"id":2784,"date":"2017-08-14T17:13:26","date_gmt":"2017-08-14T15:13:26","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2784"},"modified":"2017-09-08T18:25:09","modified_gmt":"2017-09-08T16:25:09","slug":"oranjerivier-2017","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2017\/08\/oranjerivier-2017\/","title":{"rendered":"Oranjerivier 2017"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-2780 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/P1100325-e1502723364878-584x779.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"779\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/P1100325-e1502723364878-584x779.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/P1100325-e1502723364878-225x300.jpg 225w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/08\/P1100325-e1502723364878-768x1024.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p><strong>BTK Oranjerivier <\/strong><\/p>\n<p><strong>9 \u2013 15 Julie 2017<\/strong><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h1>DAG 1 \u2013 SONDAG, 9 JULIE 2017<\/h1>\n<p>Die verlate Neelsie parkeering word oorweldig deur \u2018n groep van 50 studente wat met opgewondenheid die bus laai met kratte en sakke. Die bus vertrek seweuur uit \u2018n nat Stellenbosch. Oom Simon l\u00ea dwars oor die paadjie van die bus en slaap. Die paar BTKaners wat rondloop in die bus moet seker maak hul struikel nie oor hom nie.<\/p>\n<p>Die bus maak sy eerste stop in Klawer. Simon skrik wakker met, \u201cOns is hier!\u201d Hy het gou besef daar l\u00ea nog \u2018n lang pad voor. Frisbee word gegooi en die BTKaners se bene jik om te begin stap.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Weer op die pad besluit Pieter dit is tyd vir musiek. \u201cLeja ek kan nie meer\u2026\u201d na jou luister nie. Die duck-tape het sy eerste verskyning gemaak. Simon besluit die musiek is te hard en plak die speaker bo sy kop toe. Daar word 30-Seconds gespeel. Khaila en \u2018n paar ander eerste toeriste raai watter name by watter gesigte pas.<\/p>\n<p>Die bus ry Kamieskroon binne opsoek na \u2018n stopplek. Ons het gou besef dat daar nie veel aangaan in di\u00e9 dorpie nie. Daar gaan nog minder aan op \u2018n Sondag! Die honger mae is toe maar gevul op Springbok met \u2018n paar worsbroodjies. Die dames wag soos gewoonlik om toilet toe te gaan, maar Melissa, Toto en Ann\u00e9ne besluit gou dit is nonsens en gebruik sommer die mansbadkamer. Hanno word beveel om seker te maak dat geen mans ingaan nie.<\/p>\n<p>Voor die son onder is, arriveer die bus met BTKaners by Pofadder se skool. Die drie Namibi\u00ebrs sluit by die groep aan. Die aand is nog jonk, maar daar is baie wat moet gebeur.<\/p>\n<p>Die eerste naam word geroep\u2026 \u201cMart-Mari\u00e9 Serfontein!\u201d Di\u00e9 eerste toeris is onbewus van wat aangaan en verwar die uitkyk kring vir \u2018n groep jong manne wat staan en bid. Van die eerste toeriste maak hulle vrese bekend terwyl hulle in afwagting is om te hoor wie die volgende slagoffer is.<\/p>\n<p>\u2018n Paar studente vaar die dorp in. Hulle kom gou agter dat dit \u2018n dro\u00eb dorp is die. Jacques is wel verbaas oor die Pakistani wie se winkel oop is. Estelle die meermin wil net speel en rondhardloop. Wilmarie en Janneman wil hulself dood lag vir Toto wat wil weet of hulle ouma nie dalk speakers het nie. Die saal is ideaal vir sokkie! Niks keer vir Khaila om \u2018n paar jong manne te leer dans nie. Ons het mos selfone met musiek.<\/p>\n<p>Ons word bederf met lasagne vir aandete en mense vroetel rond om seker te maak al die kos wat saamgedra moet word pas in die reeds vol rugsakke in. Daar word lekker gesels en kaart gespeel terwyl ander solank \u2018n donker plekkie in die saal soek om \u2018n ogie te knip. Dit is maar nog net die eerste aand.<\/p>\n<h1><\/h1>\n<h1>DAG 2 \u2013 MAANDAG, 10 JULIE 2017<\/h1>\n<p>Die eerste toeriste smaak die eerste bietjie van BTK-tradisie vroeg die oggend terwyl hulle wakker gesing word deur van die \u201cou-manne\u201d. Wat het Trudie die vorige aand aangevang?\u00a0 Daar l\u00ea vere die w\u00eareld vol. Duan pak die onmoontike taak aan van vere vee terwyl Simon Trudie se slaapsak regmaak met tandevlos. (As jy ooit hulp nodig het \u2013 vra net vir Simon.) Die bus word gepak en die BTKaners geniet nog vir ou laas \u2018n badkamer met \u2018n toilet en lopende water.<\/p>\n<p>In die bus vermaak Simon ons met sy bekende \u201cOoi ooi, stoom stoom\u2026\u201d Die opgewondenheid is groot om uiteindelik te begin stap. By Onseepkans verwelkom die plaaslike gemeenskap ons met vriendelike gesiggies en nuuskierige o\u00eb. \u2018n Paar kaalvoet kindertjies besluit om die eerste paar kilometer van die rys saam met die studente aan te durf. Dit is skool vakansie en niks keer hulle om sommer heeldag in hulle pyjamas te speel nie.<\/p>\n<p>Oppad word Simon gekonfronteer met \u2018n dringendheid om die soldate wat wag hou op die grens te vra wat hy moet doen met die koka\u00efne in sy sak. \u201cOns los jou net hier, Simon,\u201d word daar gewaarsku. Die BTKaners stap so dat die stof (letterlik) staan. Die eerste gamebreak is in \u2018n dro\u00eb rivierloop en nog \u2018n paar eerste toeriste word uitgekyk.<\/p>\n<p>Middagbroodjies het uiteindelik aangebreek toe ons by \u2018n stroomversnelling kom met watervalletjies. Tot almal se verbasing pluk Jannes \u2018n opblaas boot uit sy sak \u2013 hoekom verbaas dit ons nog wanneer Jannes so iets doen? Daar word lekker stroom gery en Jannes word sterk aangeraai om nie met sy boot by die Waterval af te gaan nie. Janneman, Neil, Toto en Simon klim teen die wal uit na \u2018n groot vreemde nes. Dit is seker maar waar die Makkepan bly.<\/p>\n<p>Na \u2018n warm stap kom ons by die Ritchie Falls aan \u2013 wat vir sommiges meer soos die \u201cArm Falls\u201d lyk. Ten spyte van die hitte, miggies en min water, waardeer ons die skooheid. By die valle is \u2018n groep foto geneem. Tot party manne se ontsteldenes is hulle nie in die foto nie. Daar word aangestap.<\/p>\n<p>Ons kamp in \u2018n lekker vlakte met sand \u2013 of eerder stof. Die stappers gaan vir \u2018n swem voor die sonnetjie agter die berge verdwyn. Namibi\u00eb word deur die paar BTKaners wat die krans aan die oorkant van die rivier uitklim, besoek. Die stokers en die kokke begin kosmaak. \u201cSkiet is oop!\u201d Japie jaag vir Machrista. Simon skrik wakker en Japie verloor sy geselskap vir die aand. Tone moes dalk gewag het tot na skiet voordat sy oopgemaak het.<\/p>\n<p>Tydens ete word daar weer uitgekyk. Mart-Marie het haar navorsing gedoen \u2013 sy weet meer van die BTK as meeste ou toeriste. Sy is baie ingenome met die feit dat sy, die eerste-toeris-convenor en wraakkaptein-Flippie saam slee. Dit is \u2018n pragtige, windstil aand met \u2018n helder maan wat agter die berg uitkruip nie te lank na die son onder is nie.<\/p>\n<h2>Aaitems:<\/h2>\n<p>Jannes en Janneman leef hulself in as Mario en Luigie \u2013 di\u00e9 keer in \u2018n regte boot <em>met<\/em> \u2018n regte krokodil! Wilmarie maak ook haar verskyning. Hanno vermaak ons met Balade van \u2018n Sterwende Bok. Lambert, Michal, Jannie en Francois lei onder Hanno en sy pikkewyn sop met baba pandabeer pootjies deur. Dirkie, Pieter en Simon vermaak ons met \u201cTjiken\u201d en die boetie en sussie (Janneman en Wilmarie) neem die rolle op van Hans en Mans wat die vrot vis proe. Frikkie en Sarel maak hulle verskyning in die vorm van Hanno en Janneman. Oom Simon gee raad oor verhoudings\u2026 baie lang raad. Dames, julle weet nou wat \u2018n man bedoel as hy vir jou s\u00ea: \u201cEk sal nooit vir jou jok nie!\u201d Die blou yskas word opgevoer deur Pieter, Hanno, Flippie, Trudie, Janneman en Wilmarie.<\/p>\n<h2>Hekels:<\/h2>\n<p>Toto wil by Trudie weet wat sy bedoel het to sy haar skoot geslaan het en vir Flippie ges\u00ea het: \u201cKom sit hier.\u201d<\/p>\n<p>Die toer het skaars begin en daar word al gepraat van \u201cvermoor met \u2018n houtlepel\u201d. Wilmarie? Nico?<\/p>\n<p>Jannes word gehekel, maar hy slaap te lekker in sy boot om te antwoord.<\/p>\n<p>Khaila, wat het jy bedoel toe jy vir Marko ges\u00ea het: \u201cAg nee, man. Trek vir jou \u2018n broek aan.\u201d<\/p>\n<p>Nag dames!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>DAG 3 \u2013 DINSDAG, 11 JULIE 2017<\/h1>\n<p>Die dames word wakker gesing met \u201cIn the Jungle\u2026\u201d Wilmarie sien dit as haar plig om vir Duan en broer-Janneman in te lig dat \u201cDie son verrys met helder glans\u201d wel \u2018n deuntjie het en eerder gesing as gepraat moet word. Die geroep van die stokers dat die kookwater aanbrand be\u00efnvloed nie juis die spoed van die BTKaners so vroeg in die oggend nie. Die dag begin stadig en die groen tent wil <em>net nie sak nie<\/em>.<\/p>\n<p>Ons het \u2018n gelukkige verjaardag maatjie, \u201cEric\u201d of eerder Emile. Net Wilmarie en eerste-toeris-convenor Mart-Mari\u00e9 gaan in vir die soen. Asof daar nie genoeg opwinding is nie, koop Emile amper grond tewyl die manne hom gooi. Wilmarie lees Psalm 8 en daar word eer gebring aan ons Skepper.<\/p>\n<p>Dit vat nie lank voordat die groep uitversprei is en die slotspan ver agter is nie. Die Agterosse ontdek \u2018n karkas en Toto raak \u2018n paar goed kwyt wat Hanno haar defintief oor gaan Hekel. Die slotspan vind die karkas baie fasinerend en Oom Simon voer \u2018n onderhoud met kameravrou Wilmarie oor die karkas.<\/p>\n<p>Gamebreak is weer \u2018n geleentheid vir die swemmers om in Namibi\u00eb te gaan kuier. Daar word weer uitgekyk. Ons gaan eerder nie vir Hanno vra wat hy gedoen het met die bobbejaanmis nie\u2026<\/p>\n<p>Deur die dag word \u201cEk is iemand in die Bybel\u201d gespeel en ons dat ons die karakters in die Bybel beter sal moet ken as ons Machrista se \u201cbekende\u201d mense wil reg raai, is duidelik.<\/p>\n<p>Middagete word ge\u00ebet by ordentilke piekniektafels en lekker skaduwee. Die eerste toeriste oefen hulle liedjies terwyl die gaanse vir hulle sterk kompetisie gee. Neil is die laaste een wat uitgekyk is\u2026 laat dit vir julle \u2018n les wees, moet nooit vra om eerste uitgekyk te word nie. Toto sal nie sommer weer haar wang gee nie. Die res van die groep speel rustig 30-seconds.<\/p>\n<p>Nico van Namibi\u00eb besluit, hoekom met steuwels stap as jy met plakkies kan stap?\u00a0 Michal en \u2018n paar ander wat agter stap ontdek \u2018n netjiese toilet en loop gou \u2018n draai aangesien die deur nie gesluit is nie. Ja, meeste van julle weet nie eens hiervan nie.<\/p>\n<p>Daar is nog nie ver gestap nie, toe Pieter die visse in die river sien. Vandag is di\u00e9 man se gelukkige dag, hy het \u2018n vis gevang! Vir al die manne sonder \u2018n vis, maak \u2018n afspraak by Sakkie en vra sy raad. Ons sal nog sien of sy teorie werk.<\/p>\n<p>Janneman stop op \u2018n mooi plek. Flippie is vas oortuig dit is waar ons kamp. Daar word alreeds gesels oor watter kant dames kamp en watter kant manskamp sou wees. Janneman doen selfs die tipiese voorsitter rond-kyk-stappie\u2026 Die plek lyk dan so perfek\u2026 maar tot Flippie se verbasing was dit net \u2018n ruskans. \u201cSakke op!\u201d Flippie besluit dat ons nie veel verder gaan stap nie en loop sommer kaalvoet. Binne die eerste 100 meter vang die nare dorings Flippie se vlees.<\/p>\n<p>Ons kamp op \u2018n so genoemde eiland. Janneman het erens deur die dag \u2018n spaan opgetel \u2013 hy en Jannes maak \u2018n goeie span. Die BTKaners durf weer die koue water aan in \u2018n poging om skoon en vars te wees. Dit is die aand van die WRAAK.<\/p>\n<h2>Aaitems:<\/h2>\n<p>Daar is 30 eerste toeriste! Die liedjies word volgens die ou toeriste swak gesing en ou Mart-Mari\u00e9 weet nie wat waar fout gegaan het nie. Anke dra vir ons \u2018n pragtige Ingrid Jonker geinspireerde gedig voor en daar is \u2018n paar karakters wat oudisies vir \u2018n rol kom doen. Onder andere die 3 Namibi\u00ebrs wat elk die eerste een van die 3 muskitiers is. Marieke verbaas ons met haar opera stem en tussendeur kom daar nog \u2018n ruiter op sy perd ook verby.<\/p>\n<p>Daar word gewraak\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Aaitems gaan aan om die kampvuur met Wilmarie (Hanno se blonde vrou) wat poustousties verwar met \u2018n legkaart. Simon bewys weereens sy rym talent met nog \u2018n lied wat definitief in die BTK sangbundel hoort:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die aaitems word afgesluit deur \u2018n indrukwekkende vrugteskommel van eerste toeriste.<\/p>\n<p><u>\u00a0<\/u><\/p>\n<h2>Hekels:<\/h2>\n<p>Khaila word gevra wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDit gebeur net wanneer jy hoog is.\u201d<\/p>\n<p>Toto verduidelik vir die BTKaners van Stellenbosch dat elke Tygerberg student \u2018n sak bene onder hul bed het.<\/p>\n<p>Emile moet verduidelik wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDit is my lyf en ek s\u00ea nee.\u201d<\/p>\n<p>Simon wat claim hy is \u201conhekelbaar\u201d moet verduidelik wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het \u201cJulle het heup voodele,\u201d en later \u201cDie vrou het \u2018n perd gesig.\u201d<\/p>\n<p>Daar word lekker gelag toe ons hoor Hanno het vir Corine ges\u00ea: \u201cEk het eers gister gehoor jy het \u2018n sussie.\u201d En sy toe geantwoord het: \u201cEk ook.\u201d<\/p>\n<p>Mart-Mari\u00e9 moet mooi verduidelik wat sy bedoel het toe sy vir Francesca ges\u00ea het: \u201cEk wil nie ook aan jou raak nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDominic, wat het jy bedoel toe jy gese het jy het op Freddy leer perd ry?\u201d.<\/p>\n<p>Nico en sy span van parate manne bring \u2018n hele boom om die kampvuur aan die gang te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nag dames!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>DAG 4 \u2013 WOENSDAG, 12 JULIE 2017<\/h1>\n<p>Voor die son nog sy o\u00eb oopgemaak het, is die BTKaners gepak, ge\u00ebet en gereed. Tone het haar eerste doring uit \u2018n slagoffer se voet gehaal en slot-Dirkie wag vir tone om haar laaste paar goed te pak. Ons het verby mooi mango boorde en wingerde gestap in die koel oggendure van die dag.<\/p>\n<p>By die eerste ruskans van die dag (let wel nie gamebreak nie) speel Jan\u00e9, Reynard en Erkin OMO op Estelle se uitgedroogte been vel.<\/p>\n<p>By gamebreak ontdek Jannes nog \u2018n skat \u2013 \u2018n netjiese blazer! Jan\u00e9 gesels so lekker dat Johan voorstel dat daar \u2018n aaitem is net vir Jan\u00e9 se hekels. Tone is hoog in aanvraag en versorg die BTKaners se sagte voete tot die beste van haar vermo\u00eb toe, net om binne \u2018n paar kilometer uit te vind dat almal se skoene uitgetrek moet word en die dro\u00eb plysters deur <em>nat water<\/em> moet gaan.<\/p>\n<p>\u2018n Groepie speel \u201cWolf, wolf hoe laat is dit\u2026\u201d Simon skree \u201cSkiet is oop\u201d en voordat hy nog kan keer sien ons net hoe die stof staan. Slot-Flippie skiet sy sleutel, Trudie, terwyl Lianca vir haar lewe hardloop om te prober wegkom van Nico en Michal. Lianca is baie verlig toe sy hoor sy hoef nie met Nico te slee nie. Sies, Lianca!<\/p>\n<p>Dit mag dalk die langste en verste dag van die toer wees, maar die BTKaners laat niks hulle terughou nie. Byna helfte van die groep het verby middagbroodjies gestap \u2013 so lekker het hulle gesels. Die verlore skapies is verwelkom met heerlike kerrievis en een van die groepies ontdek dat \u2018n sekere iemand besluit het haar groepie benodig nie Melrose nie \u2013 dit was te swaar \u2013 en het dit in die bus gelos. Pieter vermaak die keer die hele groep deur nog \u2018n vis te vang. Die bekende Wifey foto word geneem op die wonderlike Woensdag.<\/p>\n<p>Ons is baie dankbaar dat die 3 dokters-in-wording saamgestap het en dat die BTK manne nie omgee om swaar te dra nie. Khaila kon nie vir\u2019n meer parate span gevra het nie. Dominic wat met sy asma pompie reggestaan het en die ander manne wat haar sak vir haar gedra het. Na \u2018n rustige stap en baie gestop word die slotspan vewelkom deur \u2018n vriendelike Gina wat hulle aanmoedig dat die kampplek nie meer ver is nie. Sy bied aan om een van die ander dames se sakke te dra en borrel met vrolikheid asof sy nie self 19 km die dag gestap het nie.<\/p>\n<p>Na \u2018n lang dag, voel Mart-Mari\u00e9 die opwinding van die dag was nie genoeg nie. Oppad na \u2018n rapid om te gaan lopende water skep, besef sy dat haar lewe in gevaar is, maar dit was te laat. Held-Jacques spring toe in en red die spartellende Mart-Mari\u00e9. Ons kan bly wees Mario en Luigie was nie daar nie. Hulle sou net s\u00ea \u201cMart-Marie, pull yourself together.\u201d<\/p>\n<p>Marko was heerlik sy hare met \u2018n baie minty sjampoe en kom gou agter dit is al die tyd tandepaste. Skiet is oop en Johan is in die middel van die rivier op \u2018n klip. Die dames is in die minderheid en ons weet wie vannaand \u2018n bachelor is. Janneman is ongelukkig bietjie siek en aaitems moet angaan sonder hom.<\/p>\n<h2>Aaitems:<\/h2>\n<p>Die Balade vir \u2018n sterwende bok word weer opgevoer, eers deur Niel en toe later deur Simon \u2013 met so effense langer gedig as die oorspronklike een.<\/p>\n<p>Toto en Tana verbeel hul hulle is ninjas en die troepe onder generaal Sihle en samejoor Van Dyk maak net stof. \u2018n Blou yskas val en arme Jannie vat die laaste knock.<\/p>\n<p>Wilmarie en Hanno vat ons terug na hulle eerste honeymoon aand wat baie koud was.<\/p>\n<p>Oom Simon het twee baie stadige werkers by sy tandepaste en visfabriek. Hy het amper altwee verloor voor die punch line.<\/p>\n<p><u>\u00a0<\/u><\/p>\n<h2>Hekels:<\/h2>\n<p>Een van Jan\u00e9 se baie hekels: \u201cWil iemand bietjie h\u00ea. Dit peel uit.\u201d<\/p>\n<p>Johan word lekker gehekel nadat hy so baie te s\u00ea gehad het oor Jan\u00e9 en haar hekels.<\/p>\n<p>Wat het Johan bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cDit is die naaste wat jy al ooit gekom het aan kinders kry.\u201d<\/p>\n<p>Ons wil by Dewald weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea-vra het: \u201cHierdie klip gaan nie nou begin dryf nie?\u201d<\/p>\n<p>Ons is bekommerd oor Pieter wat vir Hanno ges\u00ea het \u201cEk hou daarvan om na jou te kyk.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMart-Marie, wat het jy bedoel toe jy vir Johan gese het \u2018Ons kan veder praat in my tent.\u2019 ?\u201d<\/p>\n<p>Wat het Francois bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cEk gaan hulle uit mekaar uit hou. Hulle hou te veel van mekaar.\u201d<\/p>\n<p>Tydens die hekels kom dit uit dat Oom Simon nie geweet het \u2018n mens kry \u201cthermals\u201d by die mans afdeling in \u2018n winkel nie. Hierdie ou BTKaner dra klaarblyklik nog al die jare damesklere om hom warm te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nag dames!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>DAG 5 \u2013 DONDERDAG 13 JULIE<\/h1>\n<p>Ons is toegelaat om vanoggend lekker laat te slaap, en die oggend het maar stadig begin, met Tone wat \u2018n elle lange ry gehad het en arme Abigail wat die ergste blase van almal gehad het. \u00a0Daar is geworship en Bybel gelees en ons is weg \u2013 op \u2018n heerlike Jeep track, amper die hele pad lank, behalwe vir \u2018n stukkie op \u2018n stofpaadjie tussen die geliefde doringbome deur. Gamebreak is sommer op \u2018n uitsteeksel klippe langs die pad gehou, maar Simon was nog nie moeg nie en het sommer toe o\u00eb verder gestap, met volle vertroue in sy 6<sup>th<\/sup> sense.<\/p>\n<p>Langs die pad was daar plek-plek bestaansboerderye met alles van wingerde tot kampe vol bokke. Dis juis by s\u00f3 een dat \u2018n deel van die groep \u2018n boklammertjie gevang het en Wilmarie met \u2018n stukkende, bokgekoude vinger vir haar moederlike instinkte beloon is. Toe die groep weer aan beweeg, het die einste bokkie klaarblyklik klaar besluit dat Dirkie sy nuwe ma is en loop agter die man aan. Dirkie vat toe ewe pligsgetrou die bokkie terug trop toe, maar bokkie bly terugkom. Dit verg toe eers \u2018n skrikmaak van Hanno se kant af om vir die bl\u00earende aff\u00eare te oorreed dat sy eie trop maar eintlik die beste vir hom is.<\/p>\n<p>Die laaste tien minute van die dag was by verre die veeleisendste. Na daar van die lieflike, vaste Jeep track afgeklim is, was die enigste ding wat tussen ons en ons middagete gestaan het \u2018n dro\u00eb riverbed met diep, los sand. Almal se grootste nagmerrie. Maar ons is daar deur en toe sommer ook beloon met ons kampplek! Dit was seker die mooiste kamplek n\u00f3g, met die rivier wat \u2018n lui draai maak en \u2018n perfekte weerkaatsing van die rooi berge om ons reflekteer, kompleet met twee perde wat op die oorkantste oewer wei om die prentjie af te rond. Jannes het oudergewoonte sy bootjie uitgehaal, opgeblaas en luilekker daarop uitgestrek. Ander het weer besluit om die avonturiers in hulle aantewakker en het by die \u201crapids\u201d afgegaan. So met almal wat rustig besig is met hulle eie dinge, skree Wilmarie dat skiet oop is \u2013 en al wat \u2018n meisie is begin roekeloos rondhardloop opsoek na \u2018n man vir damesskiet. Machrista en Lambert kom aangestap, nog nie ingelig van vannaand se prosedures nie en hardloop sommer altwee in verskillende rigtings. Trudie jaag vir Janneman in die rivier in, maar neem nie die slymerige alge in ag nie. Janneman gebruik dit toe juis tot sy voordeel. Dit is voldoende om te s\u00ea dat Trudie nie te verskriklik bly was nie.<\/p>\n<p>Die chaos van skiet bedaar gou en soos wat die dag aand raak sak daar weer \u2018n rustigheid oor die kamp neer \u2013 Estelle en Elwin dryf ewe gedwee op Jannes se bootjie rond, \u2018n paar van die ouens wil spiere wys en begin kyk wie die verste klippies kan gooi (jammer julle, maar Jannie het stof in almal se o\u00eb geskop, maar Johan was nie t\u00e9 ver agter nie), Hanno, Janneman, Jannes, Niel, Sakkie en Nico wys vir ons presies <em>hoe<\/em> damesskiet gedoen word met netjiese kraaghemde, dasse en strikdasse, \u2018n paar selfs saamgeflans uit Simon se ductape. Simon bevind homself in Groepie 3 se stokersarea en berei mossels voor, tot die groot plesier van Estelle en Jan\u00e9 wat regstaan met mayonnaise en sout en heerlik wegl\u00ea aand di\u00e9 bederfie. Jannes omarm sy alter ego die reeksmoordenaar en begin lings en regs ontskuldige individue vasbind. Toto se Tone is soos oudergewoonte oop en help \u2018n paar s(t)ukkelende siele. Tussendeur dit alles weef\u00a0 die fotograwe deur, gewapen met hulle kameras, besig om elke oomblik te verewig (selfs sover as in die manskamp).<\/p>\n<h2>Items:<\/h2>\n<p>Jannes en Janneman is gehambush. Groepie 3 is slegte vriende en gooi vir arme Klippies Johan in die water. Di\u00e9 man is so toegewyd aan sy item dat hy wrintie waar r\u00earig nat terug in die klas kom. Estelle dra \u2018n pragtige gedig oor die heldedade van Jacques die Redder voor. Jannes, Flippie, Janneman en Pieter is by Ewan-Neze die Ligtoring op. Dirkie sien nog kans vir sing en vermaak ons met \u2018n perfekte weergawe van <em>Magic<\/em>. Jannes be\u00efndruk met Alphabet Aerobics. Dirkie is weer op die verhoog en die keer word daar word mooi gevra dat hy nie laat val moet word nie. Dirkie wil vir Wilmarie be\u00efndruk met wat hy met al die verskillende dele van liggaam kan doen, maar di\u00e9 show eindig op \u2018n teleurstellende anti-klimaks.<\/p>\n<p>Simon en Hanno stap bietjie in die museum rond en besigtig die baie ou fossiele. Dirkie en Trudie moet trou, maar Pa Pieter en Ma Wilmarie moet eers raad gee oor stink voete en halitose. Asof dit nie al klaar genoeg probleme is nie word ma en dogter nog tussendeur getuimeldro\u00ebr \u00f3\u00f3k. Daar word begrafnis gehou met Johan wat wil selfmoord pleeg omdat hy Klippies is. Laastens word die avonture van Frikkie en Sarel voortgesit in die Walvis-episode.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels:<\/h2>\n<p>Daar wil by Mart-Mari\u00e9 gehoor word wat sy bedoel het toe sy vir Toto gevra het of sy haar Johan sou wees.<\/p>\n<p>Daar wil by Hanno gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat Janneman een van Hanno se eiers gebreek het.<\/p>\n<p>Daar wil by ook by Hanno gehoor word wat hy bedoel het toe hy gevra het of hy \u2018n ander man mag skiet.<\/p>\n<p>Daar wil by Johan gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het \u201cIn my vry tyd\u201d.<\/p>\n<p>Daar wil by Jannes gehoor word wat hy bedoel het toe hy vir Dominic ges\u00ea het \u201cJust swallow\u201d.<\/p>\n<p>Daar wil by Mart-Mari\u00e9 gehoor word wat sy bedoel het toe sy gevra het \u201cWaaruit kom dit nie?\u201d.<\/p>\n<p>Daar wil by Dominic gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het \u201cI\u2019ve got my finger in the hole\u201d.<\/p>\n<p>Daar wil by Jannes gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het \u201cI\u2019m certain it smells different down here\u201d.<\/p>\n<p>Daar wil by Duan gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat Jannes orals op hom gespat het.<\/p>\n<p>Daar wil by Elwin gehoor word wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het \u201cEk dog dis middagete, toe trek ek my hemp uit\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nag dames!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>DAG 6 \u2013 DONDERDAG 14 JULIE<\/h1>\n<p>Soos oudergewoonte word die dames wakker gesing deur die BTK s\u00eargroep en soos almal stadig maar seker na hulle stokersareas toe beweeg, gooi die Nama Woestyn vir ons sy mooiste gesig nog \u2013 donker wolke wat voor die son verby dryf met helder strale wat plek-plek deurskyn . En moet ook nie die two-for-one special vergeet met die weerkaatsing daarvan op die windstil rivier nie. Die beste manier om die laaste stap-oggend mee te begin.<\/p>\n<p>Ons word weer lank tyd gegun om te eet en op te pak en soos wat almal stuk-stuk klaarmaak word die kameras weer na vore gebring en groepie foto\u2019s word geneem. Jannie besluit dat wat Groepie 3 se foto nodig het is hy wat op sy hande staan, Jan\u00e9 word die queen van die photobomb, en die drie Namibiese Musketiers spring almal een op die ander se r\u00fbe (Hoe Michal dit oorleef het sal net hy weet), Flippie wys hy is eintlik \u2018n ysterman en tel gelyk vir Estelle <em>en<\/em> Jannes op. Probeer hy dalk iets bewys na gister se klippiegooi-kompetisie? Lambert probeer die einste kompetisie laat herleef en gooi \u2018n klip in die water, met die bedoeling dat die ding moet skip, maar daar\u2019s net \u2018n plons.<\/p>\n<p>Uiteindelik is dit \u201cStap nou!\u201d en ons is weg, op in \u2018n dro\u00eb sytak in. Dit het maar swaar gegaan met die diep, los sand en almal se kuite het gebrand. Gamebreak is in \u2018n beskutte klofie gehou en Nicholas het vir ons gewys hoe mens nou eintlik \u2018n sweep laat klap. Ons stap op en op en op in die rotsagtige kloof tot die berge skielik wegval en ons in die verte die dakke van ons eindpunt kan sien \u2013 Klein Pella.<\/p>\n<p>By die netjiese kampterrein aangekom spring helfte van die groep in die klein swembadjie en die ander helfte l\u00ea soos pap velle op die gras rond en s\u00ea net hoe dankbaar hulle is dat die toer verby is. Hanno ontdek toe dat die \u201ckondensmelk\u201d wat Flippie die oggend in sy sak gepak het eintlik \u2018n klip is en almal kyk of hulle nie dalk ook per ongeluk \u2018n souvenir saamgedra het nie. Die laaste agterosse het skaars by die kraal ingekom voor skiet oopgemaak is en daar luide weerstand uit alle oorde gekom het \u2013 ons het dan nou net lekker gaan sit! Maar nietemin het die gewone chaos gevolg. Toto het gewag tot Hanno haar skiet voor sy in die swembad gespring het. Sy het geweier om uit te klim en Hanno moes toe maar ook inspring as hy met Toto die aand wou slee. En so, net soos Hanno in is, besluit Toto dat sy nou eintlik bietjie koud kry, en daar klim sy weer uit \u2013 met Hanno wat haar nogsteeds nie geskiet het nie! Maar die storie het darem \u2018n gelukkige einde en Hanno het toe op die ou einde vir Toto gekry. Arme Nico weer jaag so vir Lianca dat hy eers \u2018n stukkie grond aan di\u00e9 kant van die grens koop voor hy dadelik weer opspring en haar weer agterna sit.<\/p>\n<p>Die gentleman\u2019s challenge is ook soos oudergewoonte aangepak en Flippie kon uit<em>ein<\/em>delik sy staal wys en is as wenner gekroon, met Pieter \u2018n (baie) kort kop agter hom en Duan tweede. Simon het letterlik die pad byster geraak en was in sy eie wedloop eerste.<\/p>\n<p>Flippie en Oom Simon is ook later die middag maan toe gestuur, en het pragtige stories met ons gedeel van al hulle toere deur die jare. Jannie is eers baie verward en vra na die tyd vir Flippie of hy nou op Mars gaan bly as deel van \u2018n NASA eksperiment. Nietemin, ons gaan julle mis, ouens!<\/p>\n<p>Soos wat die skaduwees langer begin raak het, is tente opgeslaan en versterk teen die geniepsige wind wat ook sy verskyning gemaak het, die warm storte is tot volle toe benut, die stokers het begin stook, daar is kaart gespeel en sangbundels en gesnaarde instrumente is nader getrek. \u2018n Groot klomp het die sonsondergang vanaf die muurtjie geniet, \u2018n paar met biere uit die kampterrein se snoepie in die hand.<\/p>\n<p>Soos die aand kouer raak, klim almal al dieper in hulle slaapsakke in en wag geduldig vir die legendariese beertjiepoeding \u2013 wat toe nie eers regte bere bevat nie! Almal behalwe natuurlik Groepie 2, wat op \u2018n sekere <em>vorige<\/em> aand reeds lekker daaraan gesmaak het.<\/p>\n<p>Items en hekels is afgestel en almal het seker gemaak om hulle misnoe\u00eb te kenne te gee, maar nie dat dit veroorsaak het dat enige iemand vroe\u00ebr gaan slaap het of dat die kratte vinniger ingepak is nie. Daar is tot laat toe gekuier op die laaste aand van di\u00e9 toer.<\/p>\n<h1>DAG 7 \u2013 SATERDAG 15 JULIE<\/h1>\n<p>Almal het half bevrore opgestaan (dies wat buite geslaap het meer so as ander), maar ons het geweet dat die bus warm sou wees en dus het ons so vinnig as moontlik ge\u00ebet, opgepak en reggestaan om te \u2013 eers die Namibi\u00ebrs te groet. Di\u00e9 drie dokters-in-wording het regtig \u2018n groot impak op ons gemaak en dit was vir ons hartseer om hulle toe moes sien gaan. Tot volgende keer, ouens!<\/p>\n<p>Met toegewasemde ruite en amper vyftig half-wakker studente is die bus uit Klein Pella weg en so is die tog terug huis toe aangepak. Daar is in Springbok gestop (wat die keer baie lewendiger as die vorige Sondag was) en Simon het as (afskeids)present chips en brood vir almal gekoop. Let wel, jy kon net van die chips en brood kry as jy dit saam ge\u00ebet het.<\/p>\n<p>Hoe naderder ons aan die Kaap kom ho\u00eb meer triestig lyk die weer. Om die tyd verby te kry word daar \u201cEk gaan maan toe\u201d en \u201cEk trek \u2018n driehoek\u201d gespeel. Dit was te veel vir party se verstandelike vermo\u00eb en daar is opgegee nog voor die geheim agter die speletjies verduidelik kon word. Daar is by Klawer se stop frisbee gespeel en die pad na Piketberg het net langer en langer geword soos wat ons mae al le\u00ebr en le\u00ebr geraak het. Uiteindelik is ons teen drieuur daar en almal kwyl al soos hulle van die bus afklim. Maar eers, die burger challenge! Simon het duidelik weereens aan sy eie kompetisie deelgeneem soos hy tekere gegaan het en helfte van die deelnemers het amper aan hulle burgers verstik soos hulle vir hom gelag het. Emile het op die ou end met \u2018n allemintige 2:27 net-net vir Flippie gewen en toe kon die res van ons (uiteindelik) ook eet.<\/p>\n<p>Aangekom in Stellenbosch pak ons vinnig uit en voor ons in ons wagtende ouers se arms kon invlieg is <em>Nog \u2018n toer is verstreke <\/em>gesing. En toe <em>is<\/em> die toer amptelik verstreke en almal is terug na hulle eie wonings om hulle verskeidenheid blase, bloukolle en skrape a la doringbos te versorg, met net goeie herinneringe van die uitmergelende Oranjerivier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2013 Geskryf deur Cecile \u201cToto\u201d de Wet en Mart-Mari\u00e9 Serfontein<\/p>\n<p>Toer Video:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=6GSKwNCl6EM&amp;t=11s\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=6GSKwNCl6EM&amp;t=11s<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>BTK Oranjerivier 9 \u2013 15 Julie 2017\u00a0 DAG 1 \u2013 SONDAG, 9 JULIE 2017 Die verlate Neelsie parkeering word oorweldig deur \u2018n groep van 50 studente wat met opgewondenheid die bus laai met kratte en sakke. Die bus vertrek seweuur uit \u2018n nat Stellenbosch. Oom Simon l\u00ea dwars oor die paadjie van die bus en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2784","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2784","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2784"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2784\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2830,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2784\/revisions\/2830"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2784"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2784"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2784"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}