{"id":3466,"date":"2018-05-10T13:44:39","date_gmt":"2018-05-10T11:44:39","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3466"},"modified":"2019-01-24T14:14:01","modified_gmt":"2019-01-24T12:14:01","slug":"oranjerivierroei-april-2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2018\/05\/oranjerivierroei-april-2018\/","title":{"rendered":"Oranjerivierroei 2018"},"content":{"rendered":"<h1>Oranjerivier Roei \u2013 April 2018<\/h1>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2045.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3490\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2045-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2045-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2045-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2045-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><!--more--><\/p>\n<p>Dis koud en nat in Stellenbosch na die vorige dag se re\u00ebn soos almal by Coetzenburgsentrum se parkeerarea aankom. Ek is seker \u2018n paar eerstetoeriste het gewonder waarin hulle hulself begewe het om in di\u00e9 weer op \u2018n roeitoer te kom. Die Neelsie is nog steeds ontoegangbaar terwyl hulle die nuwe leersentrum bou, so die BTK se optelpunt het uitgewyk na die tweede beste kol op kampus vir die 72 van ons om bymekaar te kom. Dit beteken dat al die kratte en ander toerusting vanaf die stoor aangekarwei moes word wat vir heelwat konfusie gesorg het. Maar meer daaroor later&#8230;<\/p>\n<p>Paspoorte word vlytig deur Jannes Reddig gedoublecheck en net soos die oggendre\u00ebn lekker begin uitsak, ry ons uit Stellenbosch uit. Dit is 08:40, dus 20 minute voor ons eintlike wegrytyd. Maar Voorsitter Fritz Buhrmann s\u00ea hy het eintlik gemik vir 08:30, so ons is regtig 10 minute laat, volgens hom. Ai, mens kan ook nooit wen nie.<\/p>\n<p>60 van ons is in die Paarl Rock Tours bus, 8 kom in \u2018n kombi agterna, met nog vier in \u2018n kar. Die weer raak bietjie-bietjie beter soos eers die Swartland, Cederberge, die Knersvlakte, die Namakwaland en eindelik die Richtersveld verbyrol. Outoeriste laat nie op hulle wag nie en daar word al van vroeg af links en regs \u201cHekel!\u201d geskree as iemand nie mooi gedink het oor wat hulle s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Die stop op Klawer was welkom en die Wimpy en Engenwinkeltjie het gou seker gemaak hulle maak definitief vir Maart \u2018n wins, terwyl belasting nog 14% is. Die kombi onder stuur van Johan Slabbert het ook daar aangekom met nuwetoeris Janco Heese in Janneman Gericke se plek na di\u00e9 arme siel die vorige aand skielik baie siek geword het.<\/p>\n<p>Die badkamer is soos altyd \u2018n bron van vermaak. Die ouens stap met \u2018n grinnik en \u2018n half verby die lang meisiesry vir die badkamer soos hulle maklik vinnig in en uit glip, met die meisies wat baie ontevrede geen ander keuse het as om geduldig te staan en wag nie.<\/p>\n<p>In Springbok word daar weer gestop met dieselfde storie. Tone Carina van der Watt en MediKit Konvenor Mart-Mari\u00e9 Serfontein is die dorp in opsoek na spelde na dies in die noodhulpsakkies nie as goed genoeg geag is deur die Tonespan nie. Let wel asseblief dat dit vieruur die middag op Goeie Vrydag is. Daar is nie veel hoop op \u2018n oop winkel nie. Maar gelukkig is daar iets soos R5-stores wat sommer dwarsdeur die Apokalips sal oopbly, so \u2018n publieke vakansiedag voor die naweek is geen probleem nie. Triomfantlik keer hulle terug en ons pak die laaste ent na die grens toe aan.<\/p>\n<p>Die landskap raak dorrer en dorrer en ons weet nie hoe \u2018n rivier ooit hi\u00e9r kan loop nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1953.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3468\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1953-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1953-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1953-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1953-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Eindelik, soos die laaste strale oor die hoogste berge lek, kom ons by die grenspos aan. Dit gaan vinniger as waarteen ons gewaarsku is en soos ons oor die Oranjerivier ry is daar \u2018n tasbare oorskakeling na \u2018n ho\u00ebr rat van opwinding soos ons nader aan die eintlike roei kom.<\/p>\n<p>Dis donker toe ons by die Amanzi Trails Kamp aankom, maar die eienaar, Johan La Grange, se verwelkoming is warm en opreg. Sakke word afgelaai en ons eet Amanzi potjie! Stadig maar seker skrop almal nes op die grasgroen grasperk van die kampterrein. Ons het almal lanklaas soveel water gesien en is nie heeltemal seker hoe om daaroor te voel nie.<\/p>\n<p>Maar nie almal is so gerus nie. So tussendeur die deurmekaar spul van vanoggend om alles by Coetzenburg te kry moes Kosma Chelaine \u201cMa se Kos\u201d Maree en Kosdogter Gina \u201cImaginary\u201d Loedolff nou die brokkoli tussen al die groepies se kratte verdeel. Bethel word oopgemaak en daar word op \u2018n le\u00eb bottel Bensien afgekom. Eers word Nick&#x2122; die skuld gegee vir \u2018n onhervulde bottel, maar gou-gou word daar besef dat niks van wat hier gebeur het sy skuld is nie, omdat toe daar geruik word en besef is dat die Bensien uitgeloop het en al die kos in die krat besmet het \u2013 die plastiek waarin die pasta gekom het is deurgevreet, die gom wat die sjokoladepakkie bymekaar hou is nie-bestaande, asook twee brode en biefstok wat daarmee heen is. Chelaine, Gina en Johan is toe terug na Engen net duskant die Namibiese grens en kon gelukkig die verlore goedere terugkoop en Chelaine het wonder bo wonder twee ekstra pakkies pasta ingepak wat in \u2018n ander krat veilig was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Dag 2 \u2013 Saterdag 31 Maart 2018<\/h3>\n<p>Tyd is \u2018n illusie soos die kamp stadig maar seker vanself wakker word na ons nie \u2018n opstaan tyd gekry het nie. Vir die eerste keer in die BTK se geskiedenis neem \u2018n selfoon die stokers se werk oor en dameskamp word wakker gesing deur \u2018n elektroniese deuntjie van \u2018n selfoonalarm.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1992.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3469\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1992-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1992-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1992-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_1992-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die emmers word uitgedeel, sowel as die koelerbokse, almal kry vir hulle \u2018n roeimaat en die toeriste se goed word oorgepak. 50l is regtig nie so groot soos wat mens dink nie. Ons is reg om weg te spring, maar Christine Bosch se hare word eers gevleg en vleg en vleg&#8230; en vleg.<\/p>\n<p>Eindelik kan die gidse vir ons al die re\u00ebls en re\u00eblings deurgee en toe kon ons laat spaander met bote soos Die Salige Seeperd, Purple Turtle, Wille Wragtig, Blou-, Pienk-, Rooi-, Geel- en Persgevaar, Catch of the Day en RMS Titanic! Dit was vreeslik opwindend om op die groot, oop wye rivier te kon roei.<\/p>\n<p>Na skaars \u2018n uur (of was dit twee?) weergalm Fritz se \u201cPirate!\u201d teen die kranse weerskante van ons en die meisies soek verwoed na \u2018n nuwe roeimaat. Min spring in, meeste verkies eerder om veilig en belangrikste van alles, droog, van een boot na \u2018n ander oor te klim. En so roei ons voort. Al wat die vrede versteur is Hanno \u201cPaddle Pop\u201d Lambrechts en Jannes se vete wat persoonlik raak en hulle \u201conskuldige\u201d roeimaats wat die prys moet betaal wanneer hulle heeltyd mekaar se bote omtiep. Maar hulle is nie die enigstes wat nat word nie. Ander soos Janco en Marianne Breytenbach is baie meer entoesiasties om hulle w\u00earelde omgekeer te kry en een word glads aangehaal dat hulle s\u00ea dat dit \u201clekker\u201d was. Nouja. Die Spat Olimpiese spele het ook vinnig afgeskop en elke boot se skeppertjies word ingespan \u2013 nie om water uit die boot te skep nie, maar water uit die rivier te skep en ander bote se okkupante mee nat te gooi. Mooi julle. Arme Kelly Shepherd is ook \u00earens in al die aksie met \u2018n spaander oor die kop geslaan. Sy het oorleef, alhoewel met \u2018n lieflike gaf in haar agterkop.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2020.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3470\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2020-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2020-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2020-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2020-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ons Gamebreak in Suid-Afrika met paaseiers en ordentlikheidspraatjies en die meisies wat definitief die snaakste grappie vertel. Daar word geKoning en dit is \u2018n relatiewe sukses. Skiet word verduidelik met Gina en Johan wat vir ons die basiese begrippe illustreer. Hanno gaan bietjie meer in diepte en demonstreer die sirkeltegniek met Jannes as sy prooi. Praat van \u2018n love-hate relationship.<\/p>\n<p>\u2018n Paar rapids later en ons stop by groener Namibiese weivelde waar ons middagete eet. Na die rustige stop is almal baie verbaas om Hanno en Mart-Mari\u00e9 saam in \u2018n boot te sien, alhoewel daar nie veel saam geroei word nie. \u201cHanno, ons moet meer kommunikeer. Ons moet kommunimeer!\u201d<\/p>\n<p>Ons stop by \u2018n baie klipperige oewer en is baie verlig toe ons hoor dis nie ons kamplek vir die aand nie, maar waar ons die Nappy Run gaan doen. Almal se reddingsbaadjies word onderstebo aangetrek en val in enkelgelit in die rivier af om in di\u00e9 rapid af te syl. Na elke toeris dit ten minste twee keer gedoen het, ander vyf- of sesmaal, is ons self met die bote daardeur en goed op pad na die aand se kamp toe. \u2018n Paar van die roeiers is sommer vir die laaste keer die dag verspot en bou \u2018n ge\u00efmproviseerde vlot en kom in \u2018n groep van agt bote by ons finale rusplek aan. Eerder laat as nooit.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2112.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3471\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2112-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2112-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2112-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2112-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Op die Namibiese oewer aangekom word kamp gemaak en die stook word gestook met skoon stofies, waaroor al die stokers baie bly is. Dankie Hanno en Nick&#x2122;! Almal behalwe Jakobus Smit wat w\u00e9\u00e9r \u2018n \u201cstukkende\u201d stofie gekry het. Maar dis nie die enigste groepie met probleme nie (en dit sou ook nie die laaste probleme gewees het nie). Groepie 2 se stoker het dit goed gedink om al hulle teegoed \u2013 suiker, sout, melkpoeier, koffie, tee- en koffiesakkies in sy koelerboks te hou. Die koelerbokse is volgepak met ys. Groepie 2 se stoker is toe vreeslik verbaas toe hy di\u00e9 plastieksak met die drinkgoed uithaal en vind dat sy probleme ver van opgelos is. Nee, die enigste opgeloste saak was die teegoed.<br \/>\nOvergesetseinde en desnietenstaande was vanaand se kamplek \u2018n salige stop.<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Soos tradisie dit behaag begin Fritz vir ons die toer se Items met die alombekende en gerespekteerde Ballade van \u2018n Sterwende Bok.<br \/>\nSchalk \u201cFrank A.\u201d Marais en Jannes is Mario en Luigi en vergeet w\u00e9\u00e9reens wie met Maria getroud is, maar dit keer nie vir Luigi om met sy blaasoppie vir Maria te crocodial nie. Mario lei amper aan \u2018n geval van premature punchline, maar ruk homself gou reg en Maria word op die ou end opgespoor.<br \/>\nHanno en Christiana van den Heever is Saghel en Fghikkie, die onderskeidelik sterk en slim miere, wat \u2018n olifant soek en kry.<br \/>\nFritz en Schalk speel I spy.<br \/>\nVan Zyl Venter, Hanno en Fritz is toeriste wat nie heeltemal seker is vanwaar hulle af kom nie en word deur kannibale Annadene \u201cDiena\u201d Malan en Jannes wat obsessief met kano\u2019s is, oorval.<br \/>\nChristiaan van der Heever stel vir van Zyl en Louw Kirsten voor en hulle wys vir ons hoe om \u2018n veltie te vang.<br \/>\nFritz en Marianne bou oudergewoonte saam \u2018n legkaart.<br \/>\nCarina, Marianne en Diena werk in \u2018n doppiesfabriek en Marianne word die lig in hulle lewens.<br \/>\nChristiaan bou \u2018n tafel van Jannie du Toit, Jakobus, Chrisrie Oosthuizen en Janneke Agenbag. Sal hy dit ooit kan verkoop?<br \/>\nFritz stel sy gedroggie Jeandre Brits voor. Lambert Brink, Johan en Jana Boleslawsky skrik hulself boeglam vir di\u00e9 ding, maar dis geen match vir Jacques Wingard nie. Terug in sy eie slee met meisie Jacomien \u201cSolo Act\u201d Pienaar s\u00ea sy vir Jacques dat hy w\u00e1\u00e1rlik haar gedroggie is en toe kom dit uit dat hy dieselfde oor haar voel.<br \/>\nTana \u201cTouring\u201d Toerien loop in Hanno vas en hy vertel haar van sy hakelskool.<br \/>\nKolonel Hanno moet troepe Ryan Thorpe, Daniel \u201cThe Russian\u201d Gorelkin, Jannie, Christiaan en Jakobus regruk, maar niemand is seker of dit met di\u00ebet of daai\u00ebet van bababeer pandapootjies moet wees nie.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Schalk verduidelik en illustreer vir ons Hekels wat aan Edelagbare Oom Inus Coetzee gerig moet word.<br \/>\nSchalk wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Gina ges\u00ea het: \u201cSjoe, om jou spoeg af te lek, dis intimate.\u201d<br \/>\nHanno wil by Trudie Rust weet wat sy bedoel het toe hy vir haar ges\u00ea het: \u201cEk sien jy\u2019s LoL op die toerlys,\u201d en sy geantwoord het met: \u201cJa, lol met die oukies.\u201d<br \/>\nHanno wil by Matilda Smith weet wat sy bedoel het toe hy vir haar ges\u00ea het: \u201cJy het potensiaal,\u201d en sy geantwoord het met: \u201cJy ken my nie.\u201d<br \/>\nZandr\u00e9 van Heerden wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDis die mooiste dertienjarige wat ek al ooit gesien het.\u201d<br \/>\nDisclaimer: Die BTK ondersteun nie pedofilie in enige vorm nie.<br \/>\nHanno wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHanno, hoeveel dertienjariges het jy saamgebring?\u201d<br \/>\n* sien asb bo.<br \/>\nJandr\u00e9 Engelbrecht wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Fritz ges\u00ea het: \u201cEk pomp die kramp uit.\u201d<br \/>\nSchalk wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJoune het nie anders gevoel nie.\u201d<br \/>\nZandr\u00e9 wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cSjo ma hulle is warm.\u201d<br \/>\nWilmien Uys wil by Annemicke Kotze weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk het by New Year\u2019s my volwassenheid uitgebeeld.\u201d<br \/>\nHanno wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDaar sal geen bote getiep word nie.\u201d<br \/>\nLisa du Plessis wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Gina ges\u00ea het: \u201cJy kry sommer lekker as jy aan my vat.\u201d<br \/>\nFritz wil by Gina weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk kan iemand boelie!\u201d<br \/>\nGina wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk kan baie stout wees maar nie vir baie lank nie.\u201d<\/p>\n<h3>Dag 3 \u2013 Sondag 1 April<\/h3>\n<p>Fritz het vir Hannes Labuschagne gevra om sy selfoon se alarm vir sesuur te stel \u2013 toe speel Hannes se foon \u2018n April Fools\u2019 op hom en gaan eers seweuur af. Hy het ges\u00ea dit het iets met Namibiese\/Suid-Afrikaanse tyd te make&#8230;<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2158.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3472\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2158-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2158-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2158-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2158-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Fritz is ywerig om weg te kom en hy en Schalk kommer hulleself oor Anke \u201cInsta\u201d van der Merwe en Abigail Tolmay wie se tent nie betyds gaan sak nie. Maar hulle het toe verniet energie daarop gemors want di\u00e9 twee girls is toe eerste klaar van al die meisies \u2013 emmers sommer op die bote \u00f3\u00f3k. Anke maak toe net seker dat Fritz bewus is daarvan en hy skiet terug met: \u201cEk hoop jou houding is ook weggepak\u201d. Gerdus Schutte is die gelukkige man wat vandag verjaar (hoe gelukkig is jy eintlik op die 1ste April?) en daar word vir hom gesing en hy word ook deur die meisies bygekom.<\/p>\n<p>Ons is nie veel vinniger weg as die vorige dag nie, maar is sommer gou met die eerste rapid gegroet. Maar hulle hou nie daar op nie en tussen Game en Lunch is daar nog \u2018n hele paar. Een van hulle eis sommer drie bote. \u2018n Volskaalse reddingsaksie word geloots om al die flotsem van koelerbokse tot mense \u2013 te red.<\/p>\n<p>Jannes is back at it again met sy puns en doop sy en Anke se boot Canoe Reefs \u2013 maar al wat die res van ons sien in matriks van puns. Daar is ander roeigroepe op die water verby wie ons gereeld roei. Op een stadium was daar so \u2018n toergroep wat \u2018n baie klein toerissie gehad het wat op die wal weg van sy mense sy besigheid gestaan en doen het en toe die sewentig-sterk Stellenbosch seerowers om die draai kom, was di\u00e9 lat glad nie voorbereid op s\u00f3 aanslag nie. Ons het nie geweet of die berge agter hom of sy gesig rooier was nie. Diena daag vir Fritz uit en s\u00ea hy sal haar nooit uit haar boot kan laat val nie. Fritz sien dit toe as \u2018n uitdaging en begin die boot s\u00f3 te wikkel dat Diena kort voor lank onder die water is. Maar hy lyk gou weer minder cool soos hy toe weer terug in sy boot probeer klim en Mari-Louise Vermaak lag toe so oor hoe hy lyk, dat s\u00fd oor die rand val. Wen enige iemand eintlik?<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2210.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3473\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2210-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2210-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2210-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2210-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>By middagete is Johan weereens sy groepie se held toe hy op \u2018n soektog gaan na hulle tunablikkies en elke keer net betyds by \u2018n groep aankom voor hulle \u00e1l hulle tuna (wat nie eintlik hulle tuna is) kan opeet. Dit is \u2018n warm dag (die kwik draai al heel naweek rondom 35\u02daC), maar dit keer nie \u2018n paar van die toeriste om een van die berge uit te klim en skaamteloos prasioliet in die ou oopgroefmyn te gaan myn nie. Maar dit was nie al treat nie. Die uitsig van daar bo af, oor die hele rivier wat deur die heuwelagtige terrein kronkel was definitief die hitte werd. Die rivier is \u2018n blou en groen stert wat lui oor die rooibruin landskap l\u00ea. Mens vergeet partykeer ons is in \u2018n woestyn.<\/p>\n<p>Terug op die rivier word daar heerlik geswem terwyl ons vir al 36 bote wag om deur die rapids te kom. Jannie en Janneke en Carina en Jakobus kom in \u2018n watergeveg wat nie lank hou nie. Maar, vir Rondte 2 beplan Carina en Jakobus \u2018n sluiperaanval en Jakobus duik toe sommer vir Jannie uit sy boot uit. \u2018n Karnuffelsessie ontstaan toe in die water waaruit Jakobus klaarblyklik as wenner tree. Die res van die roeiers was ietwat rustiger \u2013 tot ons by die gerugte Sjambok gekom het. Hy was genadeloos en het drie bote as sy slagoffers gevat. Jacques en Jacomien, Megan Theron en Zack Sterley, en Francesca Strydom en Michael Clift is omgetiep en die gidse moes inspring om te red wat te redde is. Ander het sommer die res van ons gewys hoe dit eintlik gedoen word en het agteruit uit die hele saak gekom, glimlagte groot op hulle gesigte. En soos wat ons weer aan die anderkant wag vir almal om deur te kom, vang Inus doodrustig vis. D\u00eds mos die lewe.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2299.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3474\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2299-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2299-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2299-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2299-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ongelukkig het sy geluk daar opgehou, want toe ons by ons kampplek vir die aand aankom, was sy drybag nie meer so dry nie en is sy slaapsak en warm baadjie sopnat.<\/p>\n<p>Jannes is \u2018n baie slegte groepieleier, aangesien hy sy groepie forseer om vir \u201cfavour points\u201d mee te ding. Die prys? Avokado\u2019s. Die groepielid wat die slegste van alles afkom is Zahra Ayyoub, wat nie eers die kans gegun word om vir punte in aanmerking te kom nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar vandag is immers April Fool\u2019s en die grootste grap was tussen Jannes en Hanno.<br \/>\nDie storie loop so:<br \/>\nFrank A. Bezuidenhout het vir Hanno (Rekenaarman op die Bestuur) gekontak en homself voorgestel as \u2018n ryk ou man wat sy boedel aan \u2018n BTK-Bestuurslid wil nalaat omdat hy self \u2018n oud-BTKaner is. Hy het sy visier op Hanno wat na \u2018n jong gesonde man lyk, maar vir Hanno om te kwalifiseer vir die erfporsie moet hy sy van na Bezuidenhout toe verander en ten minste twee Bezuidenhout kinders h\u00ea. Hanno is natuurlik nie gister gebore nie en wil toe probeer uitvind wie vir hom di\u00e9 epos gestuur het. Hy het toe \u2018n baie gedetailleerde ondersoek van Frank se taalgebruik gedoen en het vasgestel dat Jannes agter die hele storie moes wees, maar met hulp, omdat die Afrikaans t\u00e9 goed was vir dit om net Jannes te wees.<br \/>\nBut all along it was only just Jannes.<br \/>\nMaar omdat Hanno so maklik snuf in die neus gekry het, het Jannes vir Schalk ook betrek en vir die eerste twee dae was Schalk op die toerlys bekend as Schalk \u201cFrank. A\u201d Marais voor Jannes op die 1ste April eindelik met die hele sak patats vorendag gekom het en di\u00e9 grap kon einde kry.<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Eerstetoeriskonsert:<br \/>\nHannes vertolk vir siek Janneman en verdwyn baie vinnig van die verhoog af.<br \/>\nWilliam Wallace gaan dood en daar moet eers besluit word of ons Ghostbusters bel of die polisie. Anna the Adventure Banana (soos vertolk deur die Amerikaanse uitruilstudent Anna Cutler) vat ons op \u2018n avontuur terwyl ons toekyk hoe Jason Bourne (Ryan) en KGB Agent (Daniel G) die moord probeer oplos.<br \/>\nMatilda die Hasie kleptomaniak en skisofreen maak spinhasies en leer vir ons die verjaarsdagliedjie.<br \/>\nMet die Ad Break word ons aan Wille Windhoek bekend gestel wat dehidrasie op die Oranjerivier vir NetNog\u2019nMonde beveg.<br \/>\nTerug by die moord het daar intussen \u2018n Onderhoofmeisie (Annemicke) te voorskyne gekom wat haar koor probeer afrig, maar ons dink hulle is meer bok as mens. Mevrou Spinhasies vat toe die show oor en kry De Machtige Koning uit di\u00e9 sukkelende groep uit.<br \/>\nJason Bourne en KGB Agent dink die beste om hopie te l\u00ea en tussendeur vind \u2018n oupa (Jeandre) ook sy girl (Hanri Hattingh) . But it doesn\u2019t last long want sy word uitgejou op haar verjaarsdag.<\/p>\n<p>En toe, terwyl die weerlig ver in die ooste flits word daar gEwRaAk&#8230;<\/p>\n<p>Christiaan, Schalk, Jannes en Johan is opsoek na \u2018n lighuis. Kaptein Jannes word tussendeur geblou yskas en lighuis Chrisrie word aangeskakel.<br \/>\nTerwyl Hanno, Chelaine, Jakobus en Petro Russouw gereed maak vir hulle item vlieg daar \u2018n baie groot verskietende ster agter hulle verby. Almal ooh en aah en hulle buig en gaan sit amper, so sonder \u2018n punchline. Maar hulle voer wel hulle item uit en di\u00e9 het \u2018n punchline.<br \/>\nGidse Petrus en Malisu kom item en vra vir twee meisies om te kom saam dans. Hanno, Jakobus en Christiaan spring toe op en bring \u2018n punchline saam.<br \/>\nHanno werk in \u2018n museum waar \u2018n baie ou makapanstert- en makapanskedelbeen gehuisves word. Diena is \u2018n besoeker en Hanno gee vir haar die toer.<br \/>\nHanno wie se trekker nie wil start nie bel vir Jannes as Afrikaanse Frank A. Bezuidenhoud, maar die lyn is nie so goed nie. Jakobus kom hou die lyn op, maar na Jannes vra of dit \u201cbeker\u201d is, moet Michaela Spence, Louw en Christiaan ook kom help. Maar dit werk nooit nie.<br \/>\nHanno as Mario en Jannes as Luigi sluit vir ons die aand af met die Bacon Tree.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Inus wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Fritz ges\u00ea het: \u201cEk het nie \u2018n man nodig nie.\u201d<br \/>\nIemand wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Tainton Hutton ges\u00ea het: \u201cKry jy hot flushes?\u201d<br \/>\nFritz wil weet of hy nog \u2018n meisie het.<br \/>\nJannes wil by Schalk weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJannes tastes better.\u201d<br \/>\nHanno wil by Schalk weet wat hy bedoel het toe hy vir Jeandr\u00e9 ges\u00ea het: \u201cJy is ook \u2018n mushroom.\u201d<br \/>\nPetro wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cChelaine is \u2018n giftige mushroom.\u201d<br \/>\nJana wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy vir Mari-Louise ges\u00ea het dat sy soos \u2018n gestremde salm lyk.<br \/>\nPetro wil by Van Zyl weet wat hy bedoel het toe hy vir Chelaine ges\u00ea het: \u201cKan ons hemde ruil?\u201d<br \/>\nTrudie wil by Martin Rademeyer weet wat hy bedoel het toe hy vir Carina ges\u00ea het: \u201cBaie dankie vir gisteraand.\u201d<br \/>\nTrudie wil by Lisa weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk is nie hier vir tydmors nie, ek is hier vir manvat.\u201d<br \/>\nMari-Louise wil by Lisa weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk is Lisa, nie los Lisa nie.\u201d<br \/>\nJanneke wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDis \u2018n BTK-meisie en \u2018n Gala-baba.\u201d<br \/>\nSarah Anderson wil by Jannes weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDo you want to lick this with me too?\u201d<\/p>\n<h3>Dag 4 \u2013 Maandag 2 April<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is weer gedreig met 06:15 opstaan , maar teen 06:30 het die ouens eers begin stem dik maak. Maar die meisies is so verward oor presies wat hulle vir die dag moet doen na die Opstaanliedjie na \u2018n tragiese ongeluk, dood verklaar is. Ons het ook een toeris deur die nag verloor na Marco Botha sleg siek geword het en die gidse hom eerder terug by die Amanzi kampterrein uitgekry het, omdat daar nie geweet is wat skort nie. Ons haal ons hoedens af vir Gids Gideon en Kavera wat deur die nag sowat 15km te voet afgel\u00ea het, eers opsoek na syn om basecamp in kennis te stel en toe stroomop terug na Sjambok geroei het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2401.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3475\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2401-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2401-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2401-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2401-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Terug by die kamp, waar Christiaan na \u2018n slaapsaklosenag nie t\u00e9 be\u00efndruk is toe Janco dit vir hom teruggee en bedank vir die lekker kussing nie. Die konfusie het begin toe Christiaan tot laat sit en visvang het (ons trek nou al by tien visse) en Janco die sak sien rondl\u00ea het en gedink dis \u2018n freebie vir die aand. Maar Christiaan het hom laat betaal daarvoor toe hy, Jannie, Jakobus en Van Zyl later die dag Janco se boot gaan omtiep het. Nog ongeluk; Jakobus se boot se voorste sitplek het na een te veel Pirate ook die gees gegee en di\u00e9 moes sy boot die res van die toer alleen beman.<\/p>\n<p>Maar, uiteindelik in die water, waar vandag nog die rustigste is met rapids wat vreeslik afgewater is. Klaarblyklik is die water nie so kalm vir almal nie en Diena en Michael tiep driekeer in rapid succession in een rapid om. Ander is weer s\u00f3 verveeld dat hulle glads met die kaal hand visse vang a l\u00e1 Matilda wat in Louw se boot \u2018n lewendige vis gegooi het. Die rivier is op baie plekke baie wyd en die stadige pas gee ons die perfekte geleentheid om na die berge wat skielik uit n\u00earens uit opduik, te kyk. Ons neem voor \u2018n besonderse skerp berg, The Witch\u2019s Hat, ons groepfoto wat baie vinnig van baie epic in \u2018n baie waterige geveg ontaard. Kort daarna Lunch ons (so sonder \u2018n Gamebreak) en almal kry \u2018n plekkie onder \u2018n bossie of onder die gidse se glorieuse tent.<\/p>\n<p>Groepie 2 se ellendes aangaande hulle kos hou net nie op nie met Marianne en Janco wat steeds nie hulle grondboontjiebotter gekry het nie. Christiaan se wraak kry nie end nie en hy stuur almal in die verkeerde rigting op hulle soektog. Maar dis alles in elk geval tevergeefs want Stoker Hanno het uiteindelik erken dat hy aan Bensienverslawing lei, na die groep se middagete daarin geweek het en hulle Gamebreak koekies in elk geval ook nat geword het in die koelerboks. Die res van ons was magies vol en ogies toe in ons verskeie skadukolle. Behalwe Trudie. Sy is deur die Groen riviermonster van die Khan-mense as rivierbruid ontvoer, \u2018n selfie was die verlowingskontrak en hy het met haar die rivier ingeduik en die twee is nooit weer gesien nie. Klaarblyklik is hierdie net \u2018n eens in \u2018n leeftyd gebeurtenis en ons was almal baie bevoorreg om dit te kon sien gebeur. Of so vertel Jannes.<\/p>\n<p>Net soos ons weer begin regmaak om te roei maak Chelaine skiet oop en daar spat almal weer uitmekaar uit.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2465.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3476\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2465-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2465-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2465-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2465-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ons roei nie lank toe ons weer stop en die keer by \u2018n Springklip waar almal \u2018n paar meter tot in die diep water kan spring. Meeste spring gewoon, maar kort voor lank is daar \u2018n hele paar waaghalse wat sommer backflips doen. Arme Fritz en Johan kry nie eens kans om te spring nie omdat hulle agter Daniel (tien teen een von Eschwege) bergop moet loop, na di\u00e9 gaan bergklim het. Hy neem die \u201cBerg\u201d in \u201cBTK\u201d ter harte. En hy was nie die enigste een wat daardie dag \u2018n jong nooi gevange geneem het nie. Waar Jannes vir Trudie in die donker dieptes in gesleep het, besluit Daniel von Esch om die teenoorgestelde te doen en vat vir Kelly by die Witch\u2019s Hat op. Was hy bewus van Damesskiet?<\/p>\n<p>Kamp die aand is in \u2018n sytakkie op, op \u2018n eiland wat klaar deur bokke beset word. Vir die eerste keer kan ons weer praat van die Bok- en Trouklub, in hedendaagse, nie-arga\u00efese terme. Daar moet ook net geraporteer word dat Alex en Anya na drie dae se roei nog veilig is.<\/p>\n<p>In die stokerssirkel gooi \u2018n ontstelde toeris hulle warmwater en pasta uit oor Tainton se voet (nie regtig nie) en die Oranjerivier eis nog \u2018n slagoffer. Tone werk toe vir die eerste keer op die toer met regte tone. Inus braai lekker al sy visse, onderandere Jannie, Pietie en Frikkie. Ons keer terug na Groepie 2 wat steeds onder mekaar veg vir favour points by Herr Reddig. Maar hulle is vanaand nie in die nuus hiervoor nie, maar eerder a.g.v. allerhande eksotiese kosse wat binne die perke van hulle groepie gevind kan word. Disse vanaf die buitew\u00eareld soos Nutella, crackers, natuurlik die alombekende avokado\u2019s, Lindt sjokolade en, om alles te kroon, bokdrolle. En nie dies wat jy by Food Lovers Market kry nie. Nee, dies wat ons bokbure vir ons op die eilandkamp gelos het, lekker drooggebak in die son. Timone en Pumba, ag \u2018skies, Jannes en Daniel G hou hul lywe Jamie Oliver en Gordon Ramsey en besluit sommer dat hulle groep se koffie daai je ne sais quoi mis en het summier die bokdrolle daarin gesit.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2484.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3477\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2484-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2484-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2484-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2484-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Voor Items gooi ons nie soos in die verlede klippies in die water nie, maar klippies in die vuur. Dit is nog dies wat ons saamdrae na Dag 3 se hike op na die ou Kwartsmyn toe. Die gidse het ges\u00ea dat dit die beste sou wees om te wag tot ons met net smeulende kole oor is en dan die stukkies mineraal in die vuur te gooi en dan te wag vir die ligvertoning soos die fluoriet in die vuur warm raak en in alle rigtings skiet.<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Hans en Mans (Christiaan en Fritz) maar Hans se stem maak amper nie die item nie en arme Mans kan nie sy lag hou vir troostelose vriend nie. Shame, dis maar seker die aand sonder \u2018n slaapsak gewees.<br \/>\nMarko Kiessling en Martin het loopneuse.<br \/>\nChelaine is Big Mama Jill, Petro is BigJill, Annika is Mama Jill, Diena is Little Jill en Carina is Baby Jill en word aangeval. As hulle nie in die been geskiet word nie, word hulle deur Lambert, Zandr\u00e9 en Jannie getuimeldro\u00ebr.<br \/>\nDie alombekende Broekies met sterre soos Hanno as Kommandant, Johan as Swaggies, Ryan as Khaki, Daniel G as Boepies en Jannes in die titelrol.<br \/>\nBarbara Cronje, Martin, Jana, Hannes en Daniel von Esch is almal skilpaaie met Skilpad-Martin wat slaags raak.<br \/>\nTimone en Pumba maak hulle verskyning as Mario en Luigi wat vir ons kom vertel van hulle bok-infused koffie&#8230; en nie eintlik iets veel anders nie.<br \/>\nSchalk verkoop roomys, maar ons weet nie hoe hy sy deure oophou nie, veral as hy sy twee assisstente Marko \u201cSilja\u201d Kiessling en William Theron ook nog moet onderhou. Hanno wil R50 Bestuursroomys h\u00ea, Jannes kom soek Wakaberry en Pa Van Zyl en dogter Mart-Mari\u00e9 bly ook ongeholpe.<br \/>\nMa Mart-Mari\u00e9 waarsku vir dogter Gina van skandes wat \u2018n eerstetoeris dame op haar huis kan bring.<br \/>\nLambert, Jannie en Johan is een \u2018n aap en die ander \u2018n krokodil maar die aand is laat en die sketskrywer het nie goed boekgehou van al die gebeure nie.<br \/>\nAnna en Sarah, die uitruilstudente van die VSA verras almal met \u2018n Ode aan Afrikaans en die gehoor is verregaande daaroor:<\/p>\n<p>We want to sing you a little LIEDJIE<br \/>\nAnd in Afrikaans it will be BIETJIE<br \/>\nIt is a very nice DEUNTJIE<br \/>\nSo grab your camera and take a KIEKIE<\/p>\n<p>We went down the river is was Orange not ROOI<br \/>\nIt was pragtig and it was MOOI<br \/>\nWe slept in our uncomfy KOOI<br \/>\nAnd got bit by baie baie baie FLOOI<\/p>\n<p>We didn\u2019t learn enough Afrikaans to finish this<br \/>\nRiding with y\u2019all has been total bliss<br \/>\nEvery single one of you we will miss<br \/>\nSo now we\u2019ll blow you all a kiss<\/p>\n<p>We\u2019re gonna wrap it up \u2018cause we\u2019re feeling SAT<br \/>\nAnd I kinda have to take shit in a GAT<\/p>\n<p>Hulle het eintlik net GAT gevat.<\/p>\n<p>Hanno, Jandr\u00e9, Chelaine nooi eerstetoeriste Mathilda, Van Zyl, Annemicke en De Wet Denkema vir \u2018n taste test<br \/>\nSchalk, Hanno, Jannes, Jakobus en Daniel G is almal baie polities onkorrek in hulle item oor \u2018n groep internasionale burgers wat almal saam aansit vir \u2018n ete toe die lig aangaan.<br \/>\nDie gevreesde Kaptein word aangepak deur K-k-k-kaptein Hanno, Jak-k-k-kobus, K-k-k-anonk-k-knaap Louw en K-k-k-kraaines Johan. Maar Gids Petrus l\u00ea anderkant en slaap en is glad nie ok-k-k-k-kay met al die gek-k-k-klets nie. Darem vat dit nie te lank vir die Kaptein se k-k-k-lere omgehaal te word nie.<br \/>\nJohan en Mnr Jannie Fourie het die hele nag lank \u2018n gesprek oor die NBS,<br \/>\nSchalk het uitgebrei na \u2018n kopwinkel toe, maar is ook nie veel meer suksesvol met klante Hanno en Chelaine nie.<br \/>\nJohan en Lambert kom wys vir ons hulle ware kleure as Bobbejaan 1 en 2 terwyl Skaapwagter Jannie hard probeer wegkruip.<br \/>\nEn om Items vir Oranjerivier mee af te sluit is Hanno \u2018n illegal alien en Johan \u2018n onbevoegte telefoonoperateur.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Fritz wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk sal enige meisie in haar kas in swem.\u201d<br \/>\nJanco wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk gaan op jou maag spring tot jy opgooi.\u201d<br \/>\nMarco wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cKom ons doen \u2018n three way.\u201d<br \/>\nJandr\u00e9 wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk wil ander meisies aan hom blootstel.\u201d<br \/>\nMart-Mari\u00e9 wil by Daniel G weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cTrudie is going to get lucky tonight.\u201d<br \/>\nMart-Mari\u00e9 wil by Anke weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEen vir jou een vir my.\u201d<br \/>\nAnke wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: Gebruik jy eers die man, dan sal ek.\u201d<br \/>\nInus wil by Trudie weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cGlo my, jy wil my nie vang nie.\u201d<br \/>\nMart-Mari\u00e9 wil by Anke weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cMy lippe is seer en nie van soen nie.\u201d<br \/>\nJannes skrik letterlik wakker en wil by Daniel G weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cTrudie is going to get lucky tonight.\u201d<br \/>\nJanco wil by Gina weet sy bedoel het toe hy gevra het watter kant toe met die boot en sy bloot \u201cAaaarrrghhhhh!\u201d geantwoord het.<\/p>\n<h3>Dag 5 \u2013 Dinsdag 3 April<\/h3>\n<p>Deur die nag terwyl ons tussen bokdrolle en doringbome rustig geslaap het, met die maan helder bo ons, het die trop bobbejane wat in die Witch\u2019s Hat bly kom kuier en in die rivier duskant ons kamp kom swem. Gelukkig het net Jannes hulle gesien en kon die res van ons vreedsaam verder slaap.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2515.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3478\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2515-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2515-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2515-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_2515-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ons is die laaste oggend spoedig weg en ons is tussen die berge uit en die land maak weerskante van ons oop en daar doer in die verte kan ons die Flats sien \u2013 die grootste tafeldruiwe plaas in die Suidelike halfrond. Maar voor ons so ver stroomaf kan roei kom ons by ons eindbestemming aan. Die roei is verby. En dis alles baie onserimonieus maar die tyd is min want ons moet op die bus kom en terug Basecamp toe want ons moet terug Suid-Afrika toe voor die son te ver trek.<\/p>\n<p>Middagbroodjies is by Basecamp (na drie en \u2018n half dae se roei is dit bietjie van \u2018n beledeging om slegs \u2018n halfuur te ry tussen die begin en die eindpunt. En dit nog op \u2018n grondpad ook) en toe al die emmers daar aangekom het kon almal oorpak en in die bus wegpak en toe is ons Suid, oor die grens. \u2018n Vroe\u00eb aandete wag in Springbok se Spur. Die Burger challenge bestaan slegs uit eerstetoeris mans en Jacques wys ons hoe om \u2018n burger, chips en uieringe in slegs 1 min 55 te verslind. Welgedaan.<\/p>\n<p>En toe, soos die son oor daardie plantverlatelandskap sak, trek die bus weg en soos dit hoort was dit magies vol en ogies toe.<\/p>\n<p>Ons het die toer om 23:59 in Stellenbosch afgesluit en almal (siek of gesond, beseer of perdfris) was baie bly om vanaand onder \u2018n dak te kon gaan verder slaap.<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Ter afsluiting wil ons net vir Amanzi Trails baie baie dankie s\u00ea vir hulle gasvryheid en ook ons gidse wat die naweek saam met die BTK oorleef het. Dankie vir al die geduld, ons weet dit het baie daarvan geverg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">&#8211; Mart-Mari\u00e9 Serfontein<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_3146.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3479\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_3146-584x438.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"438\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_3146-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_3146-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/05\/IMG_3146-768x575.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/FZCEg0qr3Ms\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oranjerivier Roei \u2013 April 2018<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3466","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3466","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3466"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3466\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3498,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3466\/revisions\/3498"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3466"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3466"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3466"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}