{"id":3500,"date":"2018-06-15T15:14:18","date_gmt":"2018-06-15T13:14:18","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3500"},"modified":"2019-01-24T14:13:53","modified_gmt":"2019-01-24T12:13:53","slug":"visrivier-2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2018\/06\/visrivier-2018\/","title":{"rendered":"Visrivier 2018"},"content":{"rendered":"<h1><\/h1>\n<p><!--more--><\/p>\n<h1><\/h1>\n<h1>Dag 1<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis vieruur op Maandagoggend die 12de Julie en \u2018n 60-seater Paarl Rock bus staan, noodligte flikkerend, onder die JC Smuts-brug. Die son slaap nog, en klaarblyklik is dit ook te koud vir die maan om sy verskyning te maak. 28 studente en \u2018n busbestuurder is doenig rondom die bus. Kratte staan rond, staprugsakke word versigtig op die sypaadjie neergesit. Ons het almal lanklaas gestap en is nie gewoond aan die gewig nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons vertrek \u2018n halfuur vroeg en die bus is pikdonker en tjoepstil. Ons weet dit gaan \u2018n tawwe toer wees en ons wil so uitgerus as moontlik wees. Op Malmesbury tel ons vir Zandr\u00e9 van Heerden en Oom Piet Smit op. Ons is nou voltallig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die landskap flits verby soos mens elke nou en dan van slaapposisie verander. Donkernag, effense lig in die Ooste en dan die verblindende son wat jou dwing om regop te sit en wakker te word. Di\u00e9 sketsskrywer voel sy kan die pad al toe o\u00eb ry \u2013 dit is immers al die derde keer in \u2018n jaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op Klawer moet ons ongelukkig vir Mikayla agter los. Sy het skielik baie sleg begin voel en het eerder besluit om te onttrek. Maar wie sal in haar plek kan kom? Marianne Breytenbach klim dadelik op haar foon en bel vir Janco Heese, wat op sy beurt dadelik op sy motorfiets klim en die lang tog uit die Kaap aanpak. Dit is die tweede keer dat Janco op \u2018n toer kom waarvoor hy aanvanklik plek deur Jannes geweier is. Marianne lag boos soos sy die telling aanpas: Marianne 2 \u2013 Jannes 0.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons ry aan na Springbok toe en verwonder ons aan die Spar. Ons ry aan grens toe. Alles lekker vinnig. Ons is 16:00 by Amanzi se kampterrein. Dis mooi. Stiller en koeler as in April, toe ons hier was vir die roei, maar steeds mooi. Daar word uitgespan \u2013 \u2018n paar brawes insluitend Marguerite DeWet, Jansie Slabbert, Anri Schoonees en Sarah Camp, durf die rivier water aan, ons pak en sorteer ons goed uit, die kos word uitgedeel (geen Bensine noodgevalle nie) en die vure word 18:00 aangesteek. Ons smul lip-lek-lekker aan wors en brownies wat Mart-Mari\u00e9 Serfontein al die pad uit die Kaap saamgery het (net die brownies) en bondelslee onder die Namibiese sterre (vanaand was maar net \u2018n lusmakertjie) vir dit wat sou kom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marianne en Janco verduidelik skiet en slee, maar die demonstrasie is meer van \u2018n uitpluising van hulle verhouding en die SS se dak maak ook \u2018n verskyning. Fritz Buhrmann en Chelaine Maree moet toe maar kom help en regmaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Fritz open die aand met <em>Die Sterwende Bok.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit gaan maar broekskeur met die items, want niemand wil kom optree nie. Wel&#8230; wat verwag jy as jy helfte jou gewone hoeveelheid toeriste het? Niemand kon gepaai word om te item nie. Eers toe Fritz vir Hanno Lambrechts R40 se roomys vir drie items belowe, was daar bietjie aksie. Maar Hanno se voorwaarde is hy soek vir Jakes, oftewel Jakobus Smit. Maar Jakes kan nie in die slee gevind word nie&#8230; Daar! Nee wag, dis Anne Grundling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Janco staan toe maar op en begin \u2018n gwaffie te vang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eindelik begin die enjin te vat en Chinese David Smit speel gasheer aan Batman Duan van Schalkwyk, Liv Perkhoff, Scary Person Ansa van der Merwe met behulp van sy Butler, Eugene Greyling. Maar, soos ons toe nog nie weet nie, het Eskom weer beurtkrag ingestel, en die partytjie was van korte duur.<\/p>\n<p>Fritz van Australi\u00eb kry \u2018n klas in Makkepaleontologie van Hanno die museumgids.<\/p>\n<p>Einste Fritz (klaarblyklik nou \u2018n Suid-Afrikaner) loop later vir Hanno op straat raak en vra uit oor Hanno se hakkelskool.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Fritz wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHierdie crowd is nie reg vir wat ek kan bied nie.\u201d<\/p>\n<p>Janco wil by Tainton Hutton weet wat hy gedink het toe hy oor die muur gespring het in die dorings in.<\/p>\n<p>Fritz wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy <span style=\"text-decoration: line-through;\">ges\u00ea <\/span>vir Marianne ges\u00ea het: \u201cBaai, geniet die toer sonder my.\u201d<\/p>\n<p>Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk sal help dat mense van jou hou.\u201d<\/p>\n<p>David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cAi, dis Anne.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 2<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis 06:00 toe ons wakker gesing word (<em>Don\u2019t stop believing<\/em>) en die ryp glinster op Amanzi se groen gras soos ons koplampies die weg na die stokersarea aanwys vir koffie en tee en die 30 skoene wat grrts-grrts voortstrompel is al geluid in die stil kampterrein.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons pak vir die laaste keer en is teen 07:30 weg, voor die son ook nog. Eers vat ons die verkeerde pad en moet omdraai, maar kort voor lank het Collin ons op die regte roete en daar gaat ons! Dis nog twee ure na Hobas, ons wegspringplek. N\u00f3g vorms moet daar ingevul word (klaarblyklik vir ons eie gesondheid en veiligheid). Prokereurs-in-wording Nicholas Carrol en Mart-Mari\u00e9 dring daarop aan om eers die hele dokument deur te lees, maar daar\u2019s nie, volgens Fritz, tyd daarvoor nie en toe is dit n\u00f3g tien minute na die canyon toe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die canyon is soos \u2018n onverwagte her \u2013 jy dink daar\u2019s niks en skielik l\u00ea hy voor jou, uitgestrek soos die ewigheid. Letterlik. Van waar die bus parkeer het en ons almal woordeloos (party asemloos) uitklim, kon ons nie sien waar die canyon eindig nie. En ons moet <em>hier<\/em>in af? Ons het amper vergeet om te begin stap omdat dit Wifey Wednesday was (ja, Dan\u00e9), en ons eers al die groepfoto\u2019s moes neem (met komplimente van Oom Piet). Maar toe is ons af op die byna vertikale paadjie. En dit hou nie op nie.\u00a0 Jy dink jy\u2019s onder, maar dan is daar nog \u2018n draai.<\/p>\n<p>Die volle daling se totaal was 500m, en jy kon hom voel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar\u2019s weer brawes wat swem terwyl die res net hulle knie\u00eb dokter en die sand uit hulle skoene probeer skud. Middagbroodjies word gesmeer en ge\u00ebet en na \u2018n ruk begin die uitkyk onder leiding van Dan\u00e9 Eloff.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toe is dit weer sakke op en ons begin die canyon ontdek \u2013 klip tot klip, sandbank tot sandbank. Dis warm as die son skyn, maar sodra die canyon genoeg draai dat die skadu\u2019s oor ons pad val, gamebreak ons en geniet die koelte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mart-Mari\u00e9 struikel oor \u2018n dro\u00eb rivierbedding besaai met rotse en swik haar voet (spoiler: <em>nie<\/em> die grootste besering van die toer nie). Dit het daartoe gelei dat Marguerite nooit kon uitvind hoe David Smith vir Mari-Alet Smit uitgevra het nie. Sy weet <em>nou<\/em> nog nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Teen laatmiddag is die groep moeg (ons hoef nie meer in skadu\u2019s te rus nie, daar\u2019s te veel), en ons o\u00eb dwaal rond vir kampplek. Ons dink ons is by die perfekte plek en Dan\u00e9 stel voor dat ons net hier moet bly. Fritz antwoord met: \u201cAs dit \u2018n uur later was, kon ons.\u201d<\/p>\n<p>Hanno hoor en gee die oplossing: \u201cWel, kom ons sit vir \u2018n uur hier.\u201d<\/p>\n<p>Dit was juis by daardie breukpunt waar skiet oopgemaak is soos helfte van die toeriste in die koel rivier swem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met die nuwe radio\u2019s wat die BTK aangeskaf het, word daar lekker gespeel en luidens een stapper speel jy nie reg as daar nie kodename gegee word nie. Alle verdere stappers sal dus met hulle kodename voorgestel word. Eers was dit net die operateurs wat di\u00e9 gelukkige eer ontvang het, maar later het dit uitgebrei na die res van die groep ook.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eindelik aangekom by die kampplek vir die aand, het ons \u2018n uur voor ons kan stook. Die meisies wil almal gaan bad en marsjeer letterlik in \u2018n ry af rivier toe, opsoek na die grootste rotse waaragter hulle kan verkeer. Net jammer dat die seuns op daardie oomblik die Vespa aan die oorkant van die rivier gewaar en ook almal in daardie rigting mik. Dit lei toe daartoe dat die meisies nie in vrede kon verkeer nie. Maar die skaal is herstel, want die seuns het te\u00ebspoed gekry op die oorkantste oewer \u2013 sinksand. Maar, volgens David Klipdrukker was dit nie veel van \u2018n probleem gewees nie, want \u201cten minste was hulle nou skoon\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Overgesetseinde en des nie teenstaande was die kamp mooi gele\u00eb (of so mooi gele\u00eb soos mens in \u2018n woestyncanyon kon kry) en ons was baie bly dat die aand nie so koud was nie en die sterre soveel helderder. Eers toe ons vir die eerste keer in ons groepies saamstook en daar net drie sirkeltjies is wat elkeen op hulle stukkie platklip sit, sink die feit dat ons <em>regtig net 30 mense is<\/em>, in. Dit was \u2018n baie interessante ervaring.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Groepie 1 wys hul vernuf en maak met \u2018n stok en \u2018n lamp \u2018n staanlamp wat hulle hele groepie in \u2018n sagte lig bad \u2013 baie romanties. Groepie 3 eet laat want Johan Griesel (Groepie 2) het hulle macaroni vir hulle gedra. Groepie 2 chill lekker teen die hoogtetjie met Janneman Brawejan Gericke wat vir hulle guitar speel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David, Ansa, Anri, Sarah, Janneman en Jansie Baby Slab klim almal in \u2018n vliegtuig in. Janneman speel rond en die vliegtuig vat eers \u2018n styl descent voor alles weer onder beheer kom en die vliegtuig \u2018n anti-descent vat. Maar die vliegtuig sneuwel tog, selfs toe Jansie haar blou yskas, blou tumble dryer, blou frontloader <em>en<\/em> blou toploader al uitgegooi het.<\/p>\n<p>Janneman en David is onderskeidelik Mario en Luigi met Ansa wat die rol van Maria vertolk. Die twee manne wil vis vang, maar roei ongelukkig net in sirkels.<\/p>\n<p>Mart-Mari\u00e9 help man Johan om \u2018n puzzle te bou, maar Johan sukkel baie met die 2&#215;3 grootte (en die gehoor was klaarblyklik nog steeds nie reg vir wat hulle kon bied nie).<\/p>\n<p>Hanno Squishy Jingle, Jakobus Misinga Sniper, Dan\u00e9 Suffocating Orchid en Chelaine Slapchipslagter is almal pikkewyntjies in \u2018n punchline.<\/p>\n<p>Louw Bosvark van den Heever en Hanno as Saghel en Fgikkie vang \u2018n olifant.<\/p>\n<p>Hanno en Fritz Koning Grondotter is betrokke in \u2018n foonoproep wat letterlik in die dood eindig.<\/p>\n<p>David, Jansie, Ansa, Johan en Tainton Grasrasper speel almal I spy.<\/p>\n<p>Hanno en Anne Miniatuur Woestyn Seeperdjie is Mr&amp;Mrs Wong.<\/p>\n<p>Janneman, Nicholas, Oom Piet Veteraan Hottentotsgot en Fritz is troepe en Sersant Hanno wil die eetplan aanpas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Zandr\u00e9 Raging Rabbit wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk het vergeet my broer bestaan.\u201d<\/p>\n<p>Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHierdie sterre is veels te romanties vir slee.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy vir Janco ges\u00ea het: \u201cArghsdfghjkl.\u201d<\/p>\n<p>Janneman wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk hou van goed in my gesig.\u201d<\/p>\n<p>David wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cWag, los dit julle kan nie dit eet nie dit was op die grond, laat ek dit eet.\u201d<\/p>\n<p>Johan wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea vir Janco het: \u201cDis okay, roof maar, ek het dit ook al gedoen.<\/p>\n<p>Louw wil by Johan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk weet hoe om my water te ration.\u201d<\/p>\n<p>Ansa wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Jacques Theron ges\u00ea\u00a0 het: \u201cErken dit maar, hier\u2019s mense op hierdie toer waarmee jy nie wil slee nie.\u201d<\/p>\n<p>Marianne wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy vir Janco ges\u00ea het: \u201cI want you to get whipped.\u201d<\/p>\n<p>Jansie wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cWow wow wow kan ek ook jou sleutel wees.\u201d<\/p>\n<p>Jacques wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJacques is extremly nice met sy sleutels.\u201d<\/p>\n<p>Johan wil by Eugene weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHierdie vat nou al my menslikheid weg.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 3<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir die derde agtereenvolgende dag is dit nog donker toe ons wakker moet word. \u201cGewone\u201d studente slaap laat as hulle vakansie het, maar nie op die BTK nie. En om te dink ons doen hierdie uit vrye wil. Nietemin is ons bly om vroeg aan die gang te wees, want dit beteken ons kom vroeg weg en kan ver stap voor die son ons tref.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die canyon is min of meer dieselfde, maar om elke draai is daar iets nuuts. Soos gister, is hy steeds nou en jy moet jou kop ver agteroor laat sak om die bopunt van die canyon te kan sien. Die rotsformasies slaan steeds asem weg. Jy kan God se hand sien soos hy die klipmure gevorm en vervorm het oor die millennia heen. Daar is oral tekens van lewe \u2013 in die plate geel blommetjies met hulle sterk stingels, in die kort boompies en bossies wat plek-plek opduik, in die reiers, pelikane, spreeus en valkies wat verby vlieg.\u00a0 Dis in die spore van die bobbejaantjies en bokkies, asook die spore van waar die\u00a0 slange en akkedisse voor ons uit weggeritsel het toe die 30 van ons die aarde laat bewe het met ons aankoms deur die canyon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Minder welkome herinneringe aan lewe rondom ons is in die goggas (steeds onuitgeken) wat aan die bossies hang en op die klippe sit en bak en wat voor jou flitslig invlieg in die nag as jy probeer sien wat jou sleedate jou voer. Dis in die skelette en karkasse wat ons plek-plek aantref en ons herinner dat die Visrivier nie altyd genadig is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die Swawelstroom is meteens op ons en die reuk is nie so erg soos teen gewaarsku is nie. Ons het goed gemotor (soos Oom Piet dit stel) en ons kan vir amper twee ure daar bly. Vir middagbroodjies swem, slaap <em>en<\/em> skiet ons.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die dag stap aan, ons ook. Kodename word rondgeslinger oor die radio\u2019s en laat almal in hulle omtrek met \u2018n glimlag en \u2018n skuddende kop. Suzaan Kunga Striker Hobson is basies ons snuffelhond en gids. Sy en haar familie het presies \u2018n jaar gelede die Vis gestap en sy word kort-kort oor die radio\u2019s geroep, sodat sy vir Koning Grondotter kan kom raadgee. Dan bestudeer sy en Fritz noukeurig die kaart, opsoek na die beste plek vir \u2018n stop, middagbroodjies of kamp. Die canyon word-word wyer en met behulp van uitgetrapte paadjies en pyltjies slof ons oor rivierklippe wat in dro\u00eb rivierbeddens l\u00ea, sandbanke, oor en rondom groot rotse en harde, vasgetrapte grond (almal se gunsteling terrein).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>By die laaste Gamebreak, dink Duan nog hy trap op \u2018n klip, maar toe hy weer sien is al twee sy voete diep in die water en moes hy die res van die pad (\u2018n volle uur en \u2018n half) in sy plakkies stap. Nicholas laat die sweep klap. (Nota: hy het dit self geweef). Nes ons dink ons klaar vir die dag is, lei Fritz ons in \u2018n klofie op vir ons eerste shortcut. Party kreun maar meeste stap net voort. Mens kry later \u2018n ritme wat jy nie wil verloor nie. En soos die laaste sonstrale die canyon aan die brand slaan, kom ons by ons kamp aan. Daar word eeiindelik ordentlik gepraat (WAT het die seuns aangevang?) en geKoning. Almal ondersoek hulle onderskeie pyne en skete \u2013 van stywe blaaie tot bobene, seer heupe en voete en soos altyd \u2013 BLASE (Tone Marianne is besag gehou).\u2018n Massage Garage, oftewel Vryfbedryf, vorm ook so tussen die stokersareas (hoekom was Hanno altyd heel voor?).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar ons <em>is<\/em> almal daar in een stuk en dit <em>is<\/em> immers Wraakaand&#8230; met \u2018n geniepsige wind wat oudergewoonte waai, hoe dan anders? Dis nie Wraak as die weer nie ook sy wraak op almal neem nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>1ste toeris se item is ongelooflik, aangesien daar net vyf van hulle is (wel, drie van hulle is mediese studente, so ons moes nie t\u00e9 verbaas gewees het nie&#8230;). \u2018n Kort biografie. Sarah Camp is van Durban, was laasjaar in Spanje as \u2018n uitruilstudent, dra haar Ouma se staprugsak wat toegeplak is met badges van vorige staproetes en swot medies. Jansie Slabbert dra swaar aan haar familienaam en loop deur onder haar broer, Johan Slabbert, se skaduwee. Eerstejaar mediese student. Ansa van der Merwe kan met Jansie simpatiseer omdat haar identiteit ook oorskadu word met haar broer Loubser s\u2019n. Eerstejaar mediese student. Anchen Bosch, derdejaars aktuari\u00eble student, jy ken dalk haar suster, Christine? Laastens, Liv Perkhoff, Regse Meesterstudent vanuit Duitsland wat verlief op Suid-Afrika is, dalk meer verliewer as op haar k\u00earel&#8230;?<\/p>\n<p>Die item:<\/p>\n<p>Rafael die Spaanse surfer het van sy surfbord af geRa-fell en spoel weg in die canyon toe Johan Slabbert en Loubser van der Merwe op hom afkom en hom red. Ongelukkig kan hulle hom nie ook van die Ra-fellende blou-yskas red nie. Anchen is die joernalis wat die storie rapporteer, met behulp van haar getroue Duitse pen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Aan na die oues:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marianne en Fritz en Oom Piet is almal saam op honeymoon (nee wag, Oom Piet is net die herberguur) en dis koouud koud koud in di\u00e9 hotel.<\/p>\n<p>Nick, Hanno en Johan oorleef nie David en Janneman se Kanooo!aanval nie. Jakes was slim en het vinnig ontsnap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Items het op hierdie stadium bietjie spoed verloor en Oom Piet het dit as \u2018n die perfekte tyd gesien om bietjie slee inspeksie te doen. Hy het gevind dat Louw te naby aan sy date gel\u00ea het, maar dat Nick en Anne die perfekte afstand uitmekaar was. David is ook amper tereggestel en na Mart-Mari\u00e9 vasgestel het dat Suid-Afrikaanse wette nie hier geld nie, is daar amper daarmee aangegaan. Die uitspraak was toe maar dat dit eerder beter sou wees as Items voortgesit word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David, Ansa en Janneman doen Liggie.<\/p>\n<p>Hanno stel sy toploader (Jansie) en frontloader (Anri) in die boksring voor en di\u00e9 twee moet dit uitfight sodat ons eens en vir altyd kan weet watter ene beter is. (Ai julle, geweld is nie die antwoord nie).<\/p>\n<p>Liv, Ansa, Jansie en Sarah is almal koppe in Anri se winkel waar Hanno en Marguerite kom aanklop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hanno wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy vir Hanno ges\u00ea het: \u201cHanno, jy ruik anders as jy wakker is.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat hy hulle (sy groepie) gaan help, aangesien hy middagbroodjies is.<\/p>\n<p>Hanno wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy vir Tainton ges\u00ea het: \u201cEk bribe jou om saam met my te slee.\u201d<\/p>\n<p>Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy vir Mart-Mari\u00e9 ges\u00ea het: \u201cHoekom slaan jy hulle altyd?\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 4<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons kon vandag bietjie later slaap (maar ook net 15 minute), omdat ons gister Fritz se ideaal oorskry het en 22 volle kilometers gestap het! Volgens hom sou hy settle vir 18, maar sy ideaal\u00a0 was 20. Hierdie sketsskrywer was baie in haar noppies met die span se uithouvermo\u00eb. Terwyl ons regmaak vir die dag, drizzle dit so bietjie en ons weet vandag gaan koeler wees. Is ons bly?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vandag was een van twee terreine \u2013 rivierklippe of \u2018n lieflike hard-vasgetrapte paadjie. Behalwe die eerste halfuur, waar ons boulder hopping moes doen. Mens voel ook baie keer ongemotiveerd, want dit voel waarlik of jy heeltyd heen en weer zigzag deur die canyon, asof jy nie reguit loop nie, omdat die canyon heeltyd heen en weer kronkel, soos \u2018n derm, en jy nie voel jou verplasing ooit verander nie. Maar die mooi uitsigte was vergoeding vir al die \u201cswaarkry\u201d. Die canyon is vandag nog oper en wyer en ons sien die rivier baie min (behalwe as ons moet kruis), soos ons altyd aan die nouste kant hou en die draaie so klein as moontlik probeer vat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit voel of Gamebreak sommer gou is en net soos ons weer wil stap gewaar ons \u2018n bobbejaan (dankie vir die skerp o\u00eb, Eugene!). Gister het ons perde gesien, so ons voel gese\u00ebnd met die canyon se groot 5 \u2013 soogdiere, goggas, vo\u00ebls, skelette en mense. Teen die tyd het dit wat die voorsitter uitroep om ons te laat weet dat ons breuktyd amper verby is ook al bietjie verander. Daar moet nou eers geroep word: \u201cSkoene aan!\u201d, voor \u201cSakke op!\u201d mag gebeur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vandag voor middagete is die radio\u2019s maar stil, want die eerstetoeriste het hulle bundels uit en lei(y?) die groep in sang soos ons deur die canyon vorder. Ons stemme eggo mooi. Met die breuk voor middagete stop ons langs \u2018n sandduin en Janneman, David, Hanno, Louw, Jakobus Missinga Sniper en Tainton skarrel tot bo. En het almal op een of ander manier weer daar af gekom \u2013 springend, rollend, duikend &#8230; die lys gaan aan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons stap aan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die derde dag se stap se middagete is klaarblyklik die nie-amptelike harewastyd en ten minste vyf individue vaar die water in, kop onderstebo. Groepie 3 smul aan hulle gekaapte Bovril, maar Groepie 1 dring daarop aan dat dit hulle grondboontjiebotter is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Damesskiet word ook oopgemaak en kort voor lank is dit net Johan en Duan van die mans oor en Mart-Mari\u00e9 en Corinne de Koker van die die dames. Die mans wat klaar geskiet is maak \u2018n beskermde sirkel om Duan en Johan en Mart-Mari\u00e9 probeer baie mooi vir Duan ompraat (en -koop) met beloftes van lekker sleepille en skoon hare. Sy gaan selfs so ver om hulle lankstaande kennisskap te probeer uitbuit. Op die ou end laat die mans hom los en daar trek hulle, Duan vinnig ver voor. Tot Corinne se geluk het sy op daardie stadium presies uit dameskamp gestap gekom en mens sien net hoe die toiletpapier deur die lug vlieg in \u2018n wapper soos Corinne enige en alle onnodige gewig onstlae van raak om agter Duan aan te hardloop. Tot Mart-Mari\u00e9 se ongeluk <em>was<\/em> die interception \u2018n sukses gewees en moes sy oorwonne terug kamp toe stap . But all is not lost! Johan het vir haar \u2018n hopscotch getrek waardeur sy toe moes spring, om by hom uit te kom. Nou het almal sleedates!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons stap aan en op \u2018n stadium beland jy agter \u2018n paar mooi kuite, wat jy nie kan help om heeltyd na te kyk nie, want jy is moeg en jy moet tog immers kyk waar jy loop en jy\u2019s amper te bang om te weet aan wie di\u00e9 paar kuite behoort, want jy\u2019s bang \u00e1s jy weet wie jou hart so vinnig laat klop (of was dit net daai oopdraandetjie so vyf minute gelede?), jy tamatierooi sal bloos as julle by die volgende break weer in mekaar se o\u00eb kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marguerite Baby DW, Jansie en Ansa probeer vir Fritz oorreed dat daar \u2018n beter comeback as \u201cjou gesig\u201d <em>moet wees<\/em>. Fritz trek sy skouers op en s\u00ea: \u201cFine, as julle een kry dra ek julle sakke tot by daai dag se kamp.\u201d Jy moes sien hoe die rook t\u00f3\u00e9 trek soos hulle dink. (Spoiler \u2013 Fritz hoef nooit hulle sakke te gedra het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op \u2018n heel ander noot, het ons sommer 15:00 al by ons kampplek vir die aand gestop. Fritz se verduideliking was dat dit of daar was, of twee ure verder. Almal wat iets wou s\u00ea oor die vroeg stop het baie vinnig aan verskonings gedink oor hoekom di\u00e9 kampplek tog gepas was. Ansa kry \u2018n oogoperasie na haar karkatjie ontsteek het, en ons in-house-surgeon is sommer Oom Piet (die ergste besering op die toer en dit het nie eens iets met stap uit te waai nie). Daar word op die harde sand Ultimate Frisbee gespeel, Marguerite hou haar lyf komentator en Nicholas klim \u2018n hoogtetjie uit en laat weer die sweep klap, maar die keer is die eggo\u2019s meer indrukwekkend en die kamp raak oombliklik stil om te luister. Op \u2018n ander hoogtetjie sit Sarah, Anchen, Liv en Anne en sing verder deur die bundel. Hulle het op \u2018n stadium by <em>Magaliesburgse Aandlied<\/em> vasgesteek, want Liv wou bitter graag die lied leer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met stook kom die damesskiet outfits ook te voorskyn en daar word eers op die oewer \u2018n parade gehou (meer die fotograwe wat dit aanvra, maar dis minder belangrik). Na ete is dit al donker genoeg om behoorlik sterre te kyk en almal l\u00ea in Tetris formasies een op die ander se mae en bene en kyk boontoe. As \u2018n kopliggie verbystap word daar vir hulle geblaf tot dit afgeskakel word of die onskuldige siel senuagtig wegskarrel. Elke nou en dan hoor jy net \u201cOoh!\u201d en \u201cAah!\u201d en \u201cAg nee, daar mis ek dit weer!\u201d, dan weet jy daar was \u2018n verskietende ster. Dit was maar moeilik om die toeriste in die slee te kry, al wat hulle eintlik wou doen was sterre kyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die biggest baddest item, die een wat nie vir ninnies of die-wat-nie-fiks-is-nie is, die een waar jy jou staal as BTKaneres kan wys&#8230; met kanniedoders soos Chelaine, Anne, Mart-Mari\u00e9, Anri en Suzaan. Ek bied aan julle&#8230; Big Mama Jill!<\/p>\n<p>(Dit was \u2018n sukses, selfs na Janneman en David hulself ook kom deelmaak het van die item)<\/p>\n<p>Janneman, Fritz kom doen vir ons Hans en Mans<\/p>\n<p>Anri, Tainton en Janneman kyk wie die meeste praat.<\/p>\n<p>David en Janneman soek \u2018n bacontree en kry dit in hul skaduwees. Sarah ambush hulle.<\/p>\n<p>Louw en Hanno vier Nelson Mandela dag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cMy woord beteken niks.\u201d<\/p>\n<p>David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cKan ek jou groepie join want David het my groepie gejoin.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil weet wat iemand bedoel het toe hulle ges\u00ea het: \u201cThe Misinga Striker has the shot.\u201d<\/p>\n<p>Johan wil by Anchen weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cPassop vir hom, hy\u2019s los.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil weet waarna klip verwys? \u2018n Mens of \u2018n klip?<\/p>\n<p>Fritz wil by Baby Slab en Baby DW weet wat hulle bedoel het toe hulle ges\u00ea het: \u201cDaar\u2019s definitief \u2018n beter comeback as \u2018jou gesig\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Suzaan ges\u00ea het: \u201cVan<span style=\"text-decoration: line-through;\">n<\/span>aand wys ek jou hoe slee \u2018n homeschooled kid.\u201d En shame, toe vat Chelaine nog sy enigste geselskap met haar lange item.<\/p>\n<p>Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cMy skoolloopbaan.\u201d<\/p>\n<p>Ansa wil by Sarah weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cThe BTK people are very dramatic.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 5<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar\u2019s sommer al in die eerste tien minute \u2018n shortcut, wat net die tweede helfte van die groep gekry en gevat het. Die res moes toe \u2018n bietjie van \u2018n langpad oor die vlakte vat om by die \u201cregtes\u201d aan te sluit. Die son kom toe juis op daardie oomblik op oor die koppie waarop ons staan en wag, en dit is toe \u2018n gulde geleentheid vir \u2018n groepfoto, nevermind die premature blindheid wat ons opgedoen het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die res van die dag word gekenmerk deur al die kortpaaie (ons sien die rivier regtig baie min) en ons stap oor ten minste vier nekke en twee vlaktes. Mens wonder wie die blink plan gehad het om di\u00e9 canyon die <em>Vis<\/em><strong>rivier <\/strong>canyon te noem, want daar\u2019s maar bra min rivier, en as daar is, is daar ook nie veel visse by betrokke nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar voort stap ons.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons speel ook lekker met eggo\u2019s, noudat die canyonmure soveel verder uitmekaar is. Een nadeel van \u2018n wye canyon is dat daar nie baie skaduwee is nie, so die sweet tap maar van ons af. Al genade (en ons nuwe beste vriend) is die windjie wat ons met tye kom koud waai. Is dit hoe die Dorslandtrekkers gevoel het?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>By \u2018n breuk het Hanno, Janneman, Oom Piet en Louw die graf van Tweede Luitenant Thilo von Trotha gaan besoek wat \u2018n entjie weg was. Maar omdat dit \u2018n Duitse offisier was, was die bewoording bietjie anders as op ons Suid-Afrikaanse grafte.\u00a0 Louw wou weet waarvoor die GEF op die graf staan en Hanno antwoord hom toe met: \u201cGebore en Gevrek.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons sien vir die eerste keer \u2018n vaste (moderne) teken van menslike aktiwiteite in \u2018n sement laagwaterbrug en Die Huisie, waar dit definitief spook, as mens luister na daardie deur wat so in die wind kraak (En dan sal Fritz ons nog daar laat rus ook). Kort na dit het ons middagbroodjies op plat klippe wat in die rivier l\u00ea, met diep poele perfek vir swem, waar meeste van ons sonder huiwering by inspring. Party bellyflop sommer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit was nie veel verder tot by die kamp nie. Meestal omdat ons al amper by Ai-Ais was, maar ook omdat ons baie seer was. Tussen al 30 van ons het elke liggaamsdeel gepyn. Die lyn vir Ultimate Frisbee is getrek, daar is gespeel (dit is klaarblyklik baie terapeuties om dit na \u2018n lang dag se stap te speel) en die\u2019s wat wonder bo wonder nog energie oorgehad het, het die sandduinheuwel agter die kamp uitgeklim.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met die oopmaak van skiet, wou Nick vir Dan\u00e9 skiet, maar is deur Louw intercept na di\u00e9 vir Nick uit die weg tackle. Nicholas volg toe Louw se voorbeeld en probeer vir Jansie intercept, na Janco haar begin jaag. Maar aangesien Nick nog nooit \u2018n dag se rugby in sy lewe gespeel het nie, is hy nie so bekend met tackle nie. Hy spring toe maar eerder op Janco se rug, \u201crather pathetically\u201d, om die woorde reg uit die perd se bek te neem. Maar het dit gewerk?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die telling van mense wat nou al teen die rivier verloor het met die oorsteek daarvan staan nou al by: Duan, Anne, Janneman, Louw en Fritz, wat almal met nat voete uit die stryd getree het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die aand is lekker (bietjie winderig), en die vreugde vure het (letterlik) begin brand (ons het \u2018n woestyn kampvuur aangesteek), omdat die ons laaste aand in die canyon was. Dit was bondelstook (of stokerskakel, watokal jy verkies) en slee was soveel meer informeel, met almal wat rondom die vuur sit. Die guitar het \u00earens in \u2018n hoek saggies gespeel, grappies is uitgeruil, die fotograwe het die sterre probeer vasvang en hout is kort-kort nadergesleep om die vuur aan die gang te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hekels was sommer eerste en toe Items begin, was daar ook nie veel van hulle nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Janco wil by Jansie weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJakes lyk soos \u2018n Disney karakter.\u201d<\/p>\n<p>Louw wil by Jakes weet wat hy bedoel het toe hy vir Janco ges\u00ea het: \u201cMoet dit nie op Marianne se kop uitgooi nie, sit dit in my mond.\u201d<\/p>\n<p>Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHoe groot is hierdie gat in my broek? Mens kan lekker speel deur hierdie gat.\u201d<\/p>\n<p>Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cNee, dis nie so groot nie.\u201d<\/p>\n<p>David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het niks vandag ges\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p>Hanno wil by Dan\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy vir hom ges\u00ea het: \u201cEk sal met jou slee.\u201d<\/p>\n<p>David wil by Ansa weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cAs ek \u2018n meisie was.\u201d<\/p>\n<p>Jacques wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy vir Eugene ges\u00ea het: \u201cPersoonlik verkies ek dat jy jou tande borsel.\u201d<br \/>\nHanno wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Chelaine ges\u00ea het: \u201cSuzaan jy was so goeie sleutel, dankie.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil by Chelaine weet hoe sy ontevrede met Slaptjipslagter kan wees?<\/p>\n<p>David wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk is \u2018n cheater.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil by Duan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het nie \u2018n lekker middagslapie gehad nie.\u201d<\/p>\n<p>Oom Piet wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHoekom is hier nie wors by hierdie vuur nie?\u201d<\/p>\n<p>Marguerite wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk voldoen aan al die vereistes van voorsitter behalwe die fisiese een.\u201d<\/p>\n<p>Dan\u00e9 wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cNet soos ek nou vir Tainton gaan tackle,\u201d maar net daar omgeval het.<\/p>\n<p>Jakobus wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHoekom s\u00ea hy sulke goed om gehekel te word?\u201d<\/p>\n<p>Anne wil by Johan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk gaan nou vooruit loop en dink wat ek nie is nie.\u201d<\/p>\n<p>Jakobus wil by Suzaan weet wat sy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cSewe goed wat elke huisdans date moet kan doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die eerste toeriste is almal aan die Taste Test onderworpe.<\/p>\n<p>Hanno, Janneman en David praat almal oor en met \u2018n klip.<\/p>\n<p>En ons kry die geskiedenis van die Makkepan. Ek hoop iemand het dit neergeskryf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 6<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>DIE LAASTE DAG (in die canyon)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons is weer lekker vroeg op en vinnig weg, want Fritz wou blykbaar <em>uit<\/em>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om jou \u2018n aanduiding te gee van hoe kort vandag se pad eintlik was \u2013 Gamebreak was na 5km, oftewel \u2018n uur se stap, en ons het Ai-Ai\u2019s \u2018n uur en \u2018n half later getref, oftewel 5,5 km.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soos die swawelbronne van die tweede dag se stap is Ai-Ais ook skielik op jou. Jy stap nog lekker langs die pyplyn af, die rivier wat diep langs jou l\u00ea, jy tref die dam en die toring, op by \u2018n wal klippe, vasgepak met ogiesdraad (die pyle en bemoedigende woorde wat jou belowe jy\u2019s amper daar) en dan wil jou bene ingee want die oord l\u00ea skielik daar voor jou in sy volle glorie van groen grasperke en skaduryke palmbome en \u2018n restaurant en winkeltjie wat alles het wat jy op daardie oomblik kon begeer \u2013 koue, vars water waardeur jy kan sien, enige tipe gaskoeldrank onder die son, suikerryke sjokolade wat nie na vyf dae se stap al drie keer gesmelt en platgedruk is nie en \u2018n yskoue biertjie vir die\u2019s wat dit geniet. Almal help hulself tot iets en gaan l\u00ea dan in die skaduwee, uitgespan, en wag vir verdere instruksies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gentleman\u2019s Challenge geskiet ook en ons wenners is soos volg: Johan in die eerste plek, Janneman kort op sy hake, Zandr\u00e9 derde, Jakobus en Jacques onderskeidelik vierde en vyfde en dan die res in \u2018n bondel agter hulle.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dan is dit af swembad toe, waar almal eers elkeen \u2018n privaat oomblik van lekkerkry het soos hulle in die warmwater intree. Al die ander gaste wat reeds op die oord is gaan stuk-stuk terug na hulle chalets toe soos die BTK die swembad beset (hy het sekerlik van kleur verander van al ons stoflywe). As die mans nie menstorings bou nie, swem hulle gesinkroniseer (Dankie Hanno, Oom Piet, Janneman, Jakobus en Louw vir daardie Olimpiese gehalte vertoning), of skiet almal in alle rigtings opjaag na \u2018n slee date.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Middagbroodjies gebeur 13:00 op die gras en tussen toe en 15:00 het almal in verskillende posisies uitgestrek en uitgepass. Toe die bus gelaai is en ons die dro\u00eb vallei uitry terug Amanzi toe, het ons weer bewusteloos geraak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>By Amanzi het almal die warm storte benut en net weer alles staaadig gevat. En soos die son vir laaste keer vir ons oor Namibi\u00eb sak, guitarklanke in ons ore asook die gedruis van Louw se stofie, kon ons terugkyk op \u2018n ongelooflike toer in hierdie 90ste bestaansjaar van die BTK.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Janco het op sy ysterperd (wat hy heelweek by Amanzi gepark het) op \u2018n tog gegaan om hotdog rolls te gaan soek, maar moes ongelukkig met le\u00eb hande terugkeer. Dus kon ons toe nie weer braai soos die eerste aand nie en moes toe \u201cmaar\u201d tunapasta eet, wat \u2018n volle R13,50 pp goedkoper uitwerk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis lekker gesellig rondom die potte. Toe sleetyd aanbreek wag ons vir ons urn (wat Amanzi vir ons vir die aand geleen het) om te kook. Daar was eers te veel water in die ding en die wou toe glad nie eens aanskakel nie. Na daar bietjie uitgetap is, het die ding maklik gevat. En toe skuif almal van die potte af, waar hulle gewag het vir die kos, rondom die urn soos hulle wag vir die water om te kook vir hulle tee en koffie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Items<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jansie en Marguerite werk in die tandepastafabriek en Chelaine is die slawedrywer baas.<\/p>\n<p>Al die eerste toeriste vang \u2018n veltie.<\/p>\n<p>Chelaine is Fritz se gedroggie en Anri, Jakobus en Marguerite is almal seker hulle kan die gedroggie hanteer. Maar toe kan die gedroggie nie vir Marguerite hanteer nie.<\/p>\n<p>Janneman en Louw eet uit en Hanno bedien hulle.<\/p>\n<p>Almal wil Breinchirurg Johan oor die kop slaan tot Rocket Scientist Nicholas daar opdaag.<\/p>\n<p>Dan\u00e9 en Janneman is in \u2018n dierewinkel en daar\u2019s \u2018n papegaai by betrokke.<\/p>\n<p>Louw wil \u2018n sewedag kameel koop en Hanno wys vir hom Eugene, sy modified beast.<\/p>\n<p>Louw is \u2018n kroegman wat nie vir eendjie Janneman of David King Julian wil bedien nie.<\/p>\n<p>En, oplaaas: Kaptein. Die rolverdeling is as volg: Janneman, Eugene, Jansie, en Oom Piet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Hekels<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Tainton wil by Marguerite weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk aanvaar ek\u2019s verkeerd, maar ek\u2019s reg.\u201d<\/p>\n<p>Fritz wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJy gaan op die straat opeindig.\u201d<\/p>\n<p>Janneman wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cAlles van jou moet in die lig wees voor jy aan hom raak.\u201d<\/p>\n<p>Jansie wil by Marguerite weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJakes se gesig lyk amper soos \u2018n hondjie, nee \u2018n muis.\u201d<\/p>\n<p>Eugene wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy vir hom ges\u00ea het: \u201cEk\u2019s maklik soos dit.\u201d<\/p>\n<p>Ansa wil by Oom Piet weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cAnsa, dit gaan glad nie meer seer wees as ons dit oopmaak nie.\u201d<br \/>\nEugene wil by Ansa weet wat sy bedoel het toe sy vir Hanno ges\u00ea het: \u201cMoenie vir my kyk nie, jy gaan \u2018n oog infeksie kry.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 7<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons is (wait for it), weer op voor die son opgekom het, na ons nie t\u00e9 lank kon slaap nie. Was dit kwart oor drie vir die stokers en half vier vir die res, vyfuur ry die bus? In elk geval, na ons oor die grens is (en iemand wou weet of die grens daardie tyd sou oop wees), het ons almal verder op die bus geslaap. Seweuur in Springbok, waar al plek wat al oop was die Engen se OneStop was. Die pies is binne sekondes uitverkoop, die \u201chealth\u201d muffins ook. Aan na Klawer, waar ons teen daardie tyd al almal weer wakker was en meer mens was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Terrash was op Piketberg se Spur, waar, aangesien daar net vyf eerste toeriste was en almal van hulle dames, daar nie soos oudergewoonte \u2018n burger challenge was nie, maar eerder \u2018n milkshake challenge. Jansie het as wenner uit die stryd getree met \u2018n allemintige 1:21. Toe kon die res van ons ook aansit. Iemand was klaarblyklik baie haastig om terug in die Bosch te kom, want, <em>die een keer<\/em> wat Fritz nie vir almal s\u00ea om seker te maak dat hulle maatjie saam met hulle op die bus is nie, ry die bus vir Mart-Mari\u00e9 weg. Ons het so amper \u2018n skoon rekord gehad&#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nietemin, na die stop in Malmesbury waar die Smits en die een Van Heerden afgelaai is, het ons wel veilig in Stellenbosch aangekom \u2013 wat natter was as toe ons daar weg is. <em>Nog \u2018n toer is verstreke<\/em> is gesing en toe kon ons almal uitmekaar spat. Party vir die leer en skryf van daardie irriterende her, ander huis toe om net te gaan afskakel, of ander selfs om verder te gaan werk (thesisse meestal).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Tot die volgende een, tot die volgende keer!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">&#8211; Mart-Mari\u00e9 Serfontein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3500","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3500","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3500"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3500\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3502,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3500\/revisions\/3502"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3500"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3500"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3500"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}