{"id":3529,"date":"2018-07-20T12:30:16","date_gmt":"2018-07-20T10:30:16","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3529"},"modified":"2019-01-24T14:12:47","modified_gmt":"2019-01-24T12:12:47","slug":"gamkas-2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2018\/07\/gamkas-2018\/","title":{"rendered":"Seweweekspoort 2018"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/09\/IMG_5838.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-3532\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/09\/IMG_5838-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"650\" height=\"433\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/09\/IMG_5838-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/09\/IMG_5838-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2018\/09\/IMG_5838-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<h2><em>\u00a0<\/em><\/h2>\n<h3>Dag 1 &#8211; Maandag 16 Julie<\/h3>\n<p>Die bus is stil soos ons wegry, want almal wil graag slaap. Ons spring immers weg sodra ons daar anderkant aankom. Dis so vier en \u2018n half ure se ry oor Laingsburg voor ons op die grondpad kom en voor Bosch Luys Kloof (I kid you not) se hek stop. Dis maar koouud en ons hou al ons klere aan terwyl ons al die kos oor- en uitpak. Mart-Mari\u00e9 Serfontein en Chelaine Maree sluit by ons aan en ons is amper gereed om te stap.<\/p>\n<p>Twintig voor nege is ons weg op die tweespoor by Bosch Luys Kloof se hek in. By die bordjie wat s\u00ea To Hell and Gone, draai ons regs af en loop op by \u2018n heuwel wat op die bopunt skielik oopmaak op \u2018n lieflike landskap van golwende geleidelik rollende heuwels wat \u2018n Engelse digter uit die Romantiese periode seker strofes en strofes oor sou skryf. \u2018n Deel van die groep het selfs op \u2018n stadium koedoes gesien, wat net bydrae tot die magiese element van die roete. Aan ons regterkant, in die verte kan ons die Seweweekspoortpiek sien, wit van die sneeu. Ons klim hom Donderdag, maar ons moet eers verbrand in die hel voor ons kan vries op die piek.<\/p>\n<p>Dit begin intussen so bietjie te re\u00ebn, maar nie te veel nie, net genoeg dat almal hulle re\u00ebnseile uithaal en verder stap. Ook net genoeg dat toe ons by Die Leer kom wat in Die Hel afgaan, die klippe net-net nat genoeg was om gevaarlik wees. Die Leer is die naam van die zig-zag-paadjie wat by die berg af loop. En so, na so bietjie van \u2018n verkeersknoop na die pas van die stap skielik afgeneem het, is ons daar af. Jacques Theron is amper dood na hy net-net \u2018n waatlemoen-grootte klip ontduik, na hy oor die ding struikel en dit losgekom het uit die berg uit. Die pad is lank en baie steil en na die einde se kant toe raak party van ons lekker sat en vat sommer kortpaaie om onder te kom. Nie \u2018n goeie idee nie. En as jy nog van die wat voor was sien, waar hulle op die onderste grasperk lieflik uitgestrek sit, wil jy ondertoe! Dit was hel.<\/p>\n<p>Middagbroodjies was onder en daar is gemengde gevoelens oor die polonie wat op die spyskaart was. Klaarblyklik het dit die kerrievis vervang want di\u00e9 word nie meer verkoop nie. Dan\u00e9 Eloff wil haar groepie aanmoedig en s\u00ea dit lyk vir haar na Woolies ham. Johan Slabbert knik sy kop en s\u00ea dat die hele ding van polonie is in hoe jy dit sny. Pieter Sakkie Coetzee val ook in met: \u201cAs ek dit eet begin ek sommer spontaan Frans te praat.\u201d<br \/>\nNou ja ouens.<\/p>\n<p>Aan die anderkant van die grasperk vra groepieleier Jacques vir sy Middagbroodjies of hy asseblief \u2018n kaasbroodjie kan aankry en toe hy weer sien sit hy met \u2018n blok kaas en twee stukke brood in elke hand.<\/p>\n<p>Dis steeds koud en ons sit maar almal saamgeboesem, steeds in ons baadjies en langbroeke. Ordentlikeidspraatjies word gedoen deur Fritz Buhrmann en Chelaine onderskeidelik en daarna Machtige Koning ons, tot die verskrikking van die eerste toeriste.<\/p>\n<p>En toe is ons die laaste heuwel uit, ons klomp wat soos huppelende jellybeans lyk, met al die Technicolor re\u00ebnseile wat ons steeds oor ons sakke getrek hou vir ingeval daar weer \u2018n swaar wolk verbykom. Frederik van Zyl besluit sommer om die tweespoor opdraande uit te draf tot bo, waar ons kan sien dat ons pas by Kleinberg was, luidens die bordjie wat ons daar aantref.<\/p>\n<p>Bo-op die heuwel kan ons vir die eerste keer waarlik regtig die Hel voor ons uitgestrek sien waar hy byna direk Suid tot Noord l\u00ea. Dit is waarlik asemrowend. En toe huppel die jellybeans weer by die heuwel af na ons kampplek toe vir die aand. \u2018n Paar stap amper 200m verder verby die afrdaaiteken wat s\u00ea \u201cCamp.\u201d<br \/>\n\u201cNee,\u201d s\u00ea Tannie Rose van den Heever, ons toerma en Louw en Christiaan van der Heever se ma, \u201cons het nie gedink ons is al daar nie, toe stap ons maar aan.\u201d<\/p>\n<p>Net voor ons afdraai na die kampplek toe is daar \u2018n wye stroompie of twee wat ons moet oorsteek en waar gewone mense in die water sal val, val Danike Burger en Annemicke Kotze langs dit. Eindelik daar aangekom, skyn die son nog helder en kan ons die grasperk met sy vuurpitte nog sien en waardeer, asook die twee spoeltoilette en twee storte wat aan \u2018n donkie gekoppel is. Die laaste agterossies het net aangekom en gaan sit om hulle skoene uit te trek, toe daar met \u2018n luide gebrul \u2018n blinkblou 1958 1 Series Land Rover aangery kom en met \u2018n skielike ruk tot stilstand kom in die middel van die kamp. Jannes Reddig en Frans Grotepass het aangeland, met Winston die Land Rover!<\/p>\n<p>Soos dit donker word, word die vuur aangesteek, die stokers stook en die res van ons kuier lekker saam, so tussendeur alles. Op \u2018n stadium begin die wolke saam te pak en re\u00ebn dit kort-kort. Genoeg sodat Fritz bondelslee vir die aand afstel en meeste van ons al agtuur 20:00 terug in ons tente is en aan die slaap gesus word deur die ritmiese tap-pat-tap-pat van die re\u00ebndruppels teen die tente se seile.<\/p>\n<h3>Dag 2 &#8211; Dinsdag 17 Julie 2018<\/h3>\n<p>Ons hoef eers 08:00 op te staan en die byna 10 ure slaap wat meeste van ons ingepas het, laat ons uitgerus en reg vir vandag &#8230; watokal vandag mag beteken. Niemand is eintlik vreeslik seker nie.<\/p>\n<p>Ons eet rustig ontbyt en soos ons begin regmaak om te begin stap vir die dag, maak ons oudergewoonte Die Sirkel, waar skiet (onsuksesvol) deur Louw en Dan\u00e9 verduidelik word. Al wat arme Louw net heeltyd wil doen is op sy knie\u00eb gaan voor Dan\u00e9. Sakkie en Jannes het gehelp om interception te demonstreer. Fritz besluit toe dat omdat hy nie die dag saamstap vir die Dagstappie nie, gaan hy sommer daar al skiet oopmaak, soos ons almal in die sirkel staan. Ongelukkig het hy een fundamentele stukkie informasie vergeet \u2013 eerste toeriste mag nie skiet of geskiet word nie, aangesien hulle vanaand gewraak word. Ja nee, dit het omtrent so goed gegaan soos jy jouself kan voorstel.<\/p>\n<p>Op die ou end is ons ook daar weg, terug op die pad wat ons gister mee ingekom het. In plaas daarvan om weer by Die Leer op te gaan het ons op die tweespoor gebly wat Wes uit Kleinberg loop, en kon ons sien hoe \u2018n 4&#215;4 uit Die Hel sou kom.<\/p>\n<p>Mens hou later op met tel hoeveel keer jy by die een berg op en weer in die volgende klofie af gaan (drie keer op en twee keer af soontoe), en hou net aan met stap, seker daarvan dat die uitsig by die beloofde waterval en swempoele die moeite werd sal wees. Toe ons \u201cdaar\u201d kom is dit \u2018n byna vertikale afgrond in de kloof af wat net \u2018n paar brawes aandurf. Onder andere Janneman Gericke, Tainton Hutton, Niel Lambrechts, Loubser van der Merwe, Ernie Weyers, Morne Bester, Frederik, Jacques, Daniel von Eschwege, Van Zyl Venter, Kalvyn Roux, Louw en Oom Johan van den Heever, toerpa.<\/p>\n<p>Die\u2019s wat bo bly kyk of hulle klippe tot in die poel wat dooeer onder l\u00ea kan gooi (meer punte as jy een van die\u2019s wat afstap kan raakgooi). Na dit vervelig raak stap ons toe een affie terug na \u2018n driffie toe en eet middagbroodjies daar. Ons is immers in Die Hel en die burns vlieg toe Tana Toerien, haar groepie se kok, vir Danike, \u2018n middagbroodjie, s\u00ea dat sy maar die brood dikker kan smeer en Danike toe antwoord met: \u201cJy kan maar sout in my kos gooi.\u201d<\/p>\n<p>Ons het nog geen ander mense gesien vandat ons hier is nie, alhoewel daar baie huisies is wat leeg staan (wat ons aanneem vir kamp is). Afgesien van die koedies op dag een, is daar ook maar min ander diere, behalwe natuurlik die vo\u00ebls. Ons is diep in die Klein Karoo en die berge rondom ons is skalieklip en daar is baie sukkulente soos spekbome en aalwyne. Pendorings is ook algemeen.<\/p>\n<p>Deur die afgelope twee dae hoor mens elke nou en dan \u2018n vliegtuig wat oor vlieg, maar sterkte om hom raak te sien! Op di\u00e9 spesifieke middag hoor ons twee wat kort na mekaar oor vlieg. &#8230; maar Ons besef vinnig dis donderweer wat \u2018n kloof of wat langsaan druis, en saam met die aarde wat byna skud, kom \u2018n drip-drip uit die hemele. Gelukkig klaar die weer op en ons stap in sonskyn terug (2 oppe en 2 affe) kamp toe.<\/p>\n<p>Daar aangekom brand die donkie al lankal, die hond wat in die pad af bly het haarself by ons tuisgemaak (sy het die aand sommer in die slee kom l\u00ea) en almal ontspan in die laaste bietjie sonskyn wat nog oor die pieke uitsteek. Oudergewoonte gooi ons frisbee, die meisies stort en die laaste bietjie eerstetoeriste word uitgekyk. Francesca Strydom sit haar sokkies langs die smeulende vuur wat die donkie stook, maar vergeet hulle ongelukkig daar en toe sy \u2018n rukkie later terugkom het haar tone afgebrand. Carina van der Watt, ons Tone vir die toer het vandag baie meer pasi\u00ebnte na almal wat nie wou erken dat hulle seer is nie, oplaas ingegee het.<\/p>\n<p>Jannes bak vir Alexander Flemming wat net voor die toer verjaar het \u2018n sjokolade piesangkoek en deel gou vir almal uit voor hy en Frans weer die pad uit die vallei vat, na Jannes besluit het dat hy te siek is om by ons te bly.<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Eerste toeriste:<br \/>\nDis nuustyd op SABC en ons het vir Riaan Calitz as Riaan Cruywagen. Isolde Gildenhuys is ons pianis wat die deuntjie speel, Jan\u00e9 Coetzee is ons interpreteerder vir gehoorgestremdes, sodat almal kan saam luister . Ons eerste storie is oor Diana en Dodi (gespeel deur Tannie Rose en Loubser (nie \u2018n eerste toeris nie)). Almal weet hoe di\u00e9 storie eindig.<br \/>\nDan is dit tyd vir Prince Charles (Oom Johan) om sy verskyning te maak en te spog oor hoe hy nou met Camilla gaan trou.<br \/>\nVolgende het ons \u2018n advertensiebreek en Nicolene van der Merwe en Jacobus kom verkoop vir ons Jack Parow se nuwe patty.<br \/>\nTerug by die nuus is ons in die hede by Megan Markle en Prince Harry se troue (Danielle Kok en Paul-Henri Lombard ). Die diens word oorsien deur Dominee Casper Nell.<br \/>\nNog \u2018n advertensie, waar Merinda Loessl die keer vir ons Mirinda gaskoeldrank kom adverteer.<br \/>\nTerug by die nuus het ons oorgeskuif na die skinder insetsel en is ons by die Grammies waar ons sien ons hoe Justin Bieber (Cobus Theunissen with the Good Hair) en Selena (An\u00e9 Marais) verloor (??) toe Bradd Pitt (Russel Pratt) instap, selfs met Gold Digger Elsara van der Merwe aan sy arm.<br \/>\nLaastens kom Pieter-Jan Eloff (Jannes Eloff) opgestap en hy en Louw (Ernie) praat oor die BTK.<\/p>\n<p>Regte Items:<\/p>\n<p>Fritz open oudergewoonte met Ballade van \u2018n Sterwende Bok.<br \/>\nOom Johan is Die Padda.<br \/>\nDaar is \u2018n vliegtuig met mense in wat van Zimbabwe af Johannesburg toe vlieg.. Janneman is die pilot en hy lyk soos \u2018n reverse Batman \u2013 alles is toe behalwe sy o\u00eb. Chelaine is die lugwaardin op die vlug en Pieter is groundcontrol. Die toeriste is Johan van Die Plain en hy bring sy blou- tumbledryer en yskas, Loubser wat net \u201cwaves soek, man\u201d, Hanno as Jannes Reddig, en Ernie. Teen di\u00e9 tyd weet almal al hoe di\u00e9 storie eindig.<br \/>\nJan\u00e9 en Ernie kom wys ons hoe om \u2018n veltie te vang.<br \/>\nHanno maak weer sy toerlikse roomyswinkel oop en sy counters is Cobus en Russel. Ma Diena Malan en Klein Fritz kom soek polonieroomys, en toe Hanno dit nie het nie, kerrievisroomys. But the rest was lost in translation.<br \/>\nOom Johan en Tannie Rose van Brakpan het huweliksprobleme (klaarblyklik Louw se skuld) en gaan toe vir berading. In tussen waai hulle karavaan weg en Dr Frederik help hulle om beter te voel daaroor.<br \/>\nGatiep (Pieter) en Lorenzo (Johan) verkoop naartjies en Louw kom vra vir hulle hoe ver tot in Johannesburg. Toe hy daar weg is speel hulle maar I Spy om die tyd om te kry.<br \/>\nJanneman en Fritz is Mario en Luigi.<br \/>\nHanno probeer karparte aan Louw afsmeer, maar dis eintlik net \u2018n groot misverstand.<br \/>\nHanno is \u2018n Sersant-Offisier-Luitenant-Konsultant en kom ruk die troepe reg. Maar Jannes, Jacobus, Johan, Russel en Fritz sukkel maar om dit alles mooi te begryp.<br \/>\nDan\u00e9 bou \u2018n legkaart en Louw moet kom help. Dis waarlik een van die snaakste items van die toer.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Hulle het vir twee dae opgehoop, so bear with me:<\/p>\n<p>Fritz wil by Tainton weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk\u2019s altyd desperaat met \u2018n gesig soos hierdie.\u201d<br \/>\nSian Bradbury wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDie lewe is pret, jy wil nie wees soos jou ma jou grootgemaak het nie.\u201d<br \/>\nHanno wil by Chelaine weet wat sy bedoel het toe sy vir hom ges\u00ea het: \u201cRussel is warm, ou.\u201d<br \/>\nChelaine wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het geen hekels nie \u2013 maar dis uit die slee.\u201d<br \/>\nCharlene Potgieter wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Tainton ges\u00ea het: \u201cKan ek aan jou boud vat?\u201d En Tainton geantwoord het met: \u201cSolank Fritz net nie uitvind nie.\u201d<br \/>\nDan\u00e9 wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cI prefer to look at myself as a prawn.\u201d<br \/>\nHanno wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy vir hom ges\u00ea het: \u201cKan ek jou lek.\u201d<br \/>\nDiena wil by Mari-Louise weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cSien julle daai wolk, hy trek my.\u201d<br \/>\nSian wil by Daniel weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJy moet nou klaarmaak, ek wil op my sleedate gaan l\u00ea.\u201d<br \/>\nSian wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy vir haar ges\u00ea het: \u201cEk het jou die eerste keer gesien, dis \u2018n waarskuwing, volgende keer gaan ek net kyk.\u201d<br \/>\nNiel wil by Sian weet wat sy bedoel het toe sy vir Daniel ges\u00ea het: \u201cJy\u2019s vanaand myne.\u201d<br \/>\nKobie van Schalkwyk wil by Tana weet wat sy bedoel het toe sy vir Kobie ges\u00ea het: \u201cWat\u2019s fout met jou?\u201d<br \/>\nSian wil by Tana weet wat sy bedoel het toe sy vir haar ges\u00ea het: \u201cSian, wat is jy?\u201d<br \/>\nFritz wil by Russel weet wat hy bedoel het toe hy vir Chelaine ges\u00ea het: \u201cHoekom eet jy so baie? Kry ons nie vanaand kos nie?\u201d<br \/>\nMari-Louise wil by Tana weet wat sy bedoel het toe sy vir Johan ges\u00ea het: \u201cWat is jy, vandag?\u201d<br \/>\nDan\u00e9 wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cGee my bietjie van daai sunscreen aan, ek wil bietjie tandeborsel.\u201d<br \/>\nFrederik wil by Riaan weet wat hy bedoel het toe hy vir hom \u2018n blaar aangegee het en ges\u00ea het: \u201cHierdie is die perfekte voorbeeld van \u2018n veltie plantjie.\u201d<br \/>\nVan Zyl wil by Dan\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk hoop Bensine loop uit op jou brood.\u201d<br \/>\nTainton wil by Sian weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJou goed juggle orals, kom ons maak dit vas.<br \/>\nSian wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDis so skeef dit gaan uitval.\u201d<br \/>\nFrederik wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Chelaine ges\u00ea het: \u201cJou kos proe soos bordkryt.\u201d<br \/>\nKobie wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk hou van aan mense vroetel.\u201d<br \/>\nFritz wil by Sian weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk hou nie van blou steak met mostertsous nie.\u201d<\/p>\n<h3>Dag 3 \u2013 Woensdag 18 Julie 2018<\/h3>\n<p>Ons is vroeg weg uit Die Hel uit en die eerste bult breek ons omtrent al. omtrent al die eerste bult breek ons. Die\u2019s wat bo kom stap weer af en help die\u2019s wat sukkel. Van Zyl gooi \u2018n frisbee terug in Die Hel af en Janneman vang dit &#8230; baie amper. Toe is dit nog \u2018n affie voor ons by Die Groot Op van die dag kom \u2013 Die Leer. Hy lyk verskriklik van onder af, maar jy styg vinniger as wat jy besef. As jy weer sien, l\u00ea die Hel \u2018n vallei weg en die onderpunt van Die Leer is vinnig baie klein. Maar daar is meer as een vals piek en nes jy dink jy\u2019s klaar en jouself op die skouer wil klop vir \u2018n job well done is daar nog \u2018n bult wat wag.<\/p>\n<p>\u2018n Paar gewillige siele onder leiding van Niel, wat blykbaar geroep het: \u201cOns moet hardloop, hulle het ons nodig!\u201d, kom weer van bo af en help die\u2019s van ons wat sukkel deur ons rugsakke tot by die bopunt te dra. Daar\u2019s \u2018n kwart van die weg oor en skielik voel jy jy kan vlieg na die 15-20 kg van jou skouers gelig is. Alhoewel, volgens Francesca het Sakkie steeds vinniger met haar rugsak aan geloop, as sy sonder \u2018n rugsak. Dankie Russel, Cobus en Niel en Sakkie!<\/p>\n<p>En moenie bekommer nie, na die eerste toeriste gewraak is die vorige aand, is daar uit volle bors by die berg op gesing. Die groepie onder leiding van Johan, met sangers soos Loubser, Van Zyl en Frederik het vandat hulle hulle voet vir die eerste keer op Die Leer gesit het tot heel bo elke musical se opera (plural van opus) gesing en al die Disney movies se liedjies sommer ook. Later moes hulle aanbeweeg na gewyde liedere, en soos hulle die laaste paar meter van Die Leer bestyg het, het hulle klaargemaak met Alle Volke.<\/p>\n<p>Na almal bo aangekom het, asook Suzaan wat weereens \u2018n sleutel was, neem ons die groep- en wifeyfoto. Baie geluk aan Dan\u00e9 wat di\u00e9 keer die dae van die week reg gekry het!<\/p>\n<p>Ons hou Gamebreak bo en iemand merk op dat \u201cDie Hel\u201d \u2018n gepaste naam is omdat dit baie maklik is om in te kom, maar veel moeiliker om uit te kom. Nietemin stem meeste van die toeriste saam dat ons eerder weer sou op as wat ons sal af. Die knie\u00eb!<\/p>\n<p>En toe is dit weer aan, aan met die rolling hills, wat baie meer op as af is, kom ons skielik agter. The road to hell is definitely paved with good intentions want ons kan nie onthou dat dit twee dae gelede so baie af was toe ons af is nie, want nou is dit net op en op en op. En ons is op. Bygeges\u00ea is hierdie oppe vulletjies in vergelyking met die\u2019s wat ons die vorige dag gestap het. Om ons aan te moedig het Johan se groepie Skof 2 aangepak en di\u00e9 keer het hulle al die Golden Oldies gesing, toe Afrikaanse Treffers en kon toe eindig met die Volkslied \u2013 net vir balans.<\/p>\n<p>By die trog (Dag 1 se 4km merk) eet ons Middagbroodjies en stap van daar af die laaste bult (belowe) uit. Let wel, dit is vandag damesskiet en Chelaine het nog niks van haar laat hoor nie en die dames onder ons raak trippelrig. Maar ons stap maar aan, alhoewel ons heeltyd rondom ons potensi\u00eble sleedates sirkel. En toe ons UITEINDELIK AAN DIE ONDERKANT IS STAAN DIE BOER DAAR EN WAG MET \u2018N BAKKIE EN \u2018N TREKKER MET \u2018N SITWAENTJIE EN \u2018N TRAILER VIR ONS SAKKE. God is goed.<\/p>\n<p>40 minute later by Seweweekspoortkamplek aangekom (die bakkie het dit in 15 minute gemaak), span ons lekker uit, slaan tente op. Dit is \u2018n kampterrein op die Hunlun\u2019s se plaas, en dit was Boer Frits Hunlun wat so gaaf was om ons aan te ry sodat ons nie nog 13km padlangs na hulle plaas toe hoef te stap nie. Maar slee is nogsteeds nie oopgemaak nie (al trek die ouens al aan) en al die meisies trip-trap senuagtig in afwagting rond vir Chelaine. En net toe ons dink sy gaan dit eers by 18:00 stook oopmaak en helfte van ons in die storte is (l\u00f9\u00f9ks di\u00e9 keer, met deure en aparte dames- en mansbadkamers), maak sy oop. Dit het omtrent so goed verloop soos jy jouself kan voorstel. Die storie het later uitgekom dat almal so baie vir Chelaine gevra het wanneer sy skiet oopmaak dat sy op die ou end besluit het om dit net oor en verby te kry. Daar was klaarblyklik selfs \u2018n paar bribes by betrokke!<\/p>\n<p>Iemand het \u2018n klip in Sian se sak gesit en sy sien dit eers by die kamp. Aanvanklik weet ons nie of dit Janneman of Hanno was nie&#8230; maar na \u201cdeeglike\u201d ondersoek stel ons gesamentlik vas dat dit Hanno was en daar word \u2018n boikot op sy slee vir die aand geplaas \u2013 niemand sal hom skiet nie! Hy sal betaal vir sy dade!<\/p>\n<p>Die ouens lyk vreeeslik spoggerig. Johan het selfs \u2018n onderbaadjie aan en hy, Alexander en Frederik gaan sit op die trekker wat langs die geploegde land staan. Ook sommer net toe ry die Mooi Boer daar verby op sy eie trekker en lyk nie t\u00e9 gelukkig dat die BTKners sy baas se trekker as \u2018n prop gebruik nie.<\/p>\n<p>In die stokersarea moet ons hoor dat Groepie 3 nou as Groepie Effektiwiteit bekend wil staan, omdat hulle klaarblyklik elke aand eerste eet. Verkeerd!. Dit was Groepie 1 daai gewees.<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Suzaan en Chelaine Ninja vir ons<br \/>\nSuzaan en Hanno is Mrs&amp;Mr Wong<br \/>\nPetro van Eck voer vir ons die gedig, Hands, op.<\/p>\n<p>Hanno, Daniel en Niel sing vir ons \u2018n selfgeskrewe liedjie.<\/p>\n<p>Ek sal \u2018n klip in jou sak sit,<br \/>\nVir jou lag as jy val in \u2018n sloot<br \/>\nS\u00ea jy lyk sleg as jy opstaan<br \/>\nS\u00ea jy ruik sleg vir die slee<\/p>\n<p>Ek sal vir jou weg hardloop<br \/>\nAs jy vra om met my te slee<br \/>\nEk gee nie om hoe jy voel nie<br \/>\nEk gee nie om wat jy dink<\/p>\n<p>Ek sal spoeg in jou koffie<br \/>\nJou trip as jy verby my loop<br \/>\nJou tentpenne in die nag uitrek<br \/>\nOp jou seer tone trap.<\/p>\n<p>Ek haat lang beenhare<br \/>\nEk wil h\u00ea jy moet dit skeer<br \/>\nJy kan kaas daarmee rasper<\/p>\n<p>Genoeg om op te gee<\/p>\n<p>Om te verstaan waar al di\u00e9 woorde vandaan kom moet die Hanno-boikot bietjie verder verduidelik word:<br \/>\nTeen sleetyd het dit uitgekom dat dit nie Hanno was wat die klip in Sian se sak gesit het nie, maar Janneman. Dus is Hanno verkeerdelik beskuldig en die boikot op \u2018n sleedate vir hom was ongegrond. As gevolg van die smeer veldtog teen Hanno het hy in weerwraak di\u00e9 liedjie saam met sy broer en Daniel geskryf. En op die ou end het hy toe wel in elk geval \u2018n sleedate gehad, want Merindah, die Duitse uitruilstudent, het nie heeltemal die boikot-boodskap ontvang nie, en het intussen vir Hanno geskiet. Namens al die BTK-dames wat sonder voldoende bewyse blindelings vir Hanno valslik beskuldig het, vra ons onverskoning.<\/p>\n<p>Verdere Items:<\/p>\n<p>Van Zyl sing vir ons Best of Both Worlds, van Hannah Montana.<br \/>\nJanneman is Sir Sand, Pieter sy Samajoor en Johan, Cobus, Jakobus en Russel die troepe wat een vir een hulle huise verloor.<br \/>\nHanno, Pieter en Louw is Boesmans wat hout bymekaarmaak omdat die weerdiens s\u00ea dit gaan baie koud wees \u2013 of is dit anders om?<br \/>\nLouw en Loubser is twee ou ooms wat bietjie vergeetagtig is.<br \/>\nTana en Hanno gaan hakelskool toe.<br \/>\nSersant Loubser s\u00ea vir sy troepe Hanno, Frederik, Van Zyl en Elwin om \u2018n sirkel te trek.<br \/>\nHanno en Louw is Sgagel en Fgikkie wat \u2018n olifant vang.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Janneman wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy vir Tana ges\u00ea het: \u201cEk gaan jou in die gesig skop.\u201d<br \/>\nMart-Mari\u00e9 wil by Elwin weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wil graag \u2018n baard groei, maar my ma het ges\u00ea ek mag nie.\u201d<br \/>\nNiel wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, na Niel gevra het: Wat het jy met Jansie gedoen?\u201d En Hanno geantwoord het: \u201cEk het probeer maar ek kon niks regkry nie.\u201d<br \/>\nLouw wil by Casper weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk dink al die laaste ses jaar aan myself as \u2018n huisvrou.\u201d<br \/>\nFritz wil by Chelaine weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea vir hom ges\u00ea het: \u201cEk gaan nie nou skiet oopmaak nie, daar\u2019s mense in die stort.\u201d<br \/>\nFrederik wil by Chelaine weet wat sy bedoel het toe sy vir Suzaan ges\u00ea het: \u201cHulle ry soos hard.\u201d<br \/>\nSian wil by Van Zyl weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cOuens in delicate.\u201d<br \/>\nElwin wil by Diena weet wat sy bedoel het toe sy vir Fritz ges\u00ea het: \u201cOns wat, ons weet wat ons doen.\u201d<br \/>\nDan\u00e9 wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cDie meisies op BTK se beenhare is so lank jy kan kaas daarmee rasper, maar die ouens, hulle laaikit.\u201d<br \/>\nFritz wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHoekom kry ons dan altyd blokkies kaas in die kos?\u201d<br \/>\nCobus wil by Mart-Mari\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cNou is dit asof ek jou soen as ek koffie drink.\u201d<br \/>\nHanno wil by Dan\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cSpoeg jy dit uit dan suig ek dit op.\u201d<br \/>\nFritz wil by Hanno weet wat hy bedoel het met sy hele liedjie in sy item?<br \/>\nLoubser wil by Elwin weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cGirls dig scars.\u201d<br \/>\nFrederik wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Suzaan ges\u00ea het: \u201cHierdie sleutel sluit klomp slotte oop, dis \u2018n loper.\u201d<br \/>\nFritz wil by Chelaine weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk klim sommer weer Die Leer af, dis koud hierbo.\u201d<\/p>\n<h3>Dag 4 \u2013 Donderdag 19 Julie 2018<\/h3>\n<p>Ons is dou voor dag op (actually, nee, die dou het klaar geval dit het klaar gedou) om reg te maak vir die Groot Een \u2013 Seweweekspoortpiek.<\/p>\n<p>Die Ou Boer en die Mooi Boer ry ons aan met hulle Toyota Land Cruisers na die voet van die Seweweekspoortberg en ons is soos \u2018n klomp honde wat losgelaat word as jy kyk na die spoed waarmee ons weggetrek het in daardie eerste paar honderd meter oor die vlakte om te begin klim. Die pad was lank, veral omdat daar nie \u2018n duidelik gemerkte paadjie is nie, net bakens hier en daar en stekelrige, knie-hoogte plante oral. Die\u2019s wat langbroeke en\/of lang beenhare gehad het, het goed gedink. Ons het \u2018n rowwe idee waar die piek is na die Ou Boer so met die hand in die lug van onder af vir ons beduie het hoe op. Maar ons klim, ons klomp jellytots wat op huppel.<\/p>\n<p>Ons styg, oor klippe, om klippe, in \u2018n klofie af, teen 70\uf0b0 opdraandes op. Die plantegroei verander hoe ho\u00ebr ons gaan, en daar is plek-plek swart proteas wat uit die grond kom. Daniel verwonder hom aan die natuurlike swart blom, tot Lisa Smuts vir hom s\u00ea hulle is swart gebrand, deur vuur. Aanvanklik glo hy haar nie, maar toe hy tot sy sinne kom, s\u00ea hy vir almal dat dit sy was wat gedink het die plante natuurlik swart is. Maar ons weet ken die waarheid, Daniel!<br \/>\nOns weet die piek is 2325m hoog en ons weet ons het min of meer op \u2018n 1020 begin, dus weet ons ons moet 1305 klim om bo uit te kom. Daar was van die fikses en vinniges wat lekker vinnig geklim het, maar as die gemiddelde spoed gemeet is, het dit ons so 4 ure gevat om bo te kom. Ons het Middagbroodjies net onder die piek gebou, na almal hopeloos te p\u00ea was om verder te gaan. Groepie 2 het tee gestook en net toe Hanno en Janneman begin pannekoek maak, het die res van ons die laaste 10 minute se klim gou geklim om op die piek te kom.<\/p>\n<p>Dit is asemrowend \u2013 deels as gevolg van die pragtige uitsig maar ook omdat die wind jou asem wegwaai sodra jy uitgeblaas het. Dit is ysig bo op die piek, al het amper al die sneeu wat ons drie dae tevore gesien het, al gesmelt. Al wat oor is, is \u2018n paar groot klonte sneeu op die suidelike hange. Van nature gaan haal \u2018n paar van die ouens daarvan en kom verras (lees: \u201cdreig\u201d) ons daarmee. Almal wil vat en \u2018n foto daarmee h\u00ea. Maar dis nie genoeg nie. Toe ons weer sien het \u2018n groep van die manne hulle hemde uit en flex hulle almal vir \u2018n foto. Want dit is mos nou gesond.<\/p>\n<p>Mens kan Zoar en Ladismith na die Suide toe sien, met die Rooiberge nog verder Suid. Na die Weste is dit net nog pieke soos die res van die Klein Swartberge uitgestrek l\u00ea. Na die Noorde weet ons Laingsburg l\u00ea agter die heuweltjies wat soos \u2018n groot bruin ruspe oor die land l\u00ea, sy gesegmenteerde liggaam wat van Oos na Wes l\u00ea. En, eindelik, in die Ooste kan ons, net onder ons, die Seweweekspoort sien en verder as dit, Die Hel. En hoe meer jy afkyk en jouself verkyk, hoe minder kan jy glo dat jy dit tot hier bo gemaak het. Ons het die hoogste piek in die Wes-Kaap geklim. Ons het dit inderdaad reggekry.<\/p>\n<p>Op pad af het Casper se foon uit sy sak geval, en J\u00f2ke wat \u2018n end agter hom gestap het, het dit wonder bo wonder opgetel. Op \u2018n berg met geen pad, het sy toevallig op dieselfde pad as hy geloop, die foon gesien en dit opgetel. Wat is die kanse?<\/p>\n<p>Oplaas is ons weer onder en die son sit laag oor die Ruspeberge. Toe die eerste (lees: \u201cvinnige\u201d) groep onder kom, het hulle weer die boer gebel en di\u00e9 kom toe weer daar aan met die Cruiser en sy Hilux (bestuur deur Die Boervrou). Die agterste groep moes toe bietjie wag vir hulle lift, maar Wilmien het nie tyd daarvoor nie en vat \u2018n draffie terug kamp toe \u2013 so \u2018n vinnige 4km, met \u2018n heuweltjie tussendeur.<\/p>\n<p>Teen die tyd dat almal weer terug by die kamp is, is dit sterk skemer en skiet word dadelik oopgemaak. Ons is verbaas dat ons nog kan hardloop. Elwin intercept vir Wilmien, na Jannes haar skiet. Wynand en James intercept vir Pieter en Hanno probeer vir Tannie Rose intercept, maar sy verkies haar eie man se warm omarming. Carina spring sommer oor die badkamer se muur soos sy van Niel probeer wegkom!<\/p>\n<p>Die aand maak Die Boer en Sy Mense vir ons hoenderpotjie en ons kuier almal lekker in die klubhuis, waar \u2018n vuur brand en daar genoeg warm sitplek vir almal is. Daar word natuurlik ook gesokkie \u2013 wat ook bekendstaan as die tweede beste ding wat BTKners kan doen. Teen die einde het ons \u2018n battle of the couples en dis Fritz en Diena, Louw en Dan\u00e9 en Ernie en Jan\u00e9 wat dit uitdans teen mekaar. Om mee af te sluit, dans Tannie Rose en Oom Johan teen Oom Frits en Tannie Jonel Hunlun (die boere), om vir ons te wys dat hulle ouer maar definitief nie kouer is nie!<\/p>\n<p>Items<\/p>\n<p>Kaptein is sommer eerste. Johan is Kaptein, Loubser is Kajuitknaap, Pieter is Kraaines, Daniel is Kok en Nick is Kanonknaap. Die klubhuis op die kampterrein maak baie deure oop i.v.m. props en die skip se kraaines is in die vorm van die pyppilaar in die middel van die vloer.<br \/>\nJanee, met Johan, Fritz en Diena.<br \/>\nFritz en Janneman kom wees vir ons onderskeidelik Luigi en Mario met Hambushers Diena en Chelaine.<br \/>\nThe Jills met langaftsand sterre Chelaine, Mart-Mari\u00e9, Wilmien, Carina en Diena.<br \/>\nBoetie Louw vra baie mooi vir Mamma Dan\u00e9 vir \u2018n baba boetie, maar toe Padda Jannes opkom is hy glad nie tevrede nie, selfs toe die retake gedoen word.<br \/>\nHans, Mans, Chaans en Suzaans omsingel almal gelyk \u2018n vrot vis.<br \/>\nDiena kruip vir Fritz weg, maar \u2018n soen seal die deal.<br \/>\nElsara is ons lighthouse, met Kaptein Pieter, Elwin, Loubser, Janneman en Johan.<br \/>\nOupa Riaan vertel vir Kleinseun Johan oor die leeus.<br \/>\nOupa Louw en Ouma Dan\u00e9 sit op die stoep en wonder wat die lig is wat flits. Seun Pieter verduidelik en Louw praat amper sy mond verby voor sy ouers.<br \/>\nBroekies met Kaptein Pieter, wat dis \u2018n pline vir Nat Provita, Slimy Mango, Broekies en Brawejan leer.<br \/>\nTaste Test met unlucky deelnemers Jan\u00e9, Danielle en Cobus.<br \/>\nKlippies met \u2018n nat Johan.<br \/>\nMr Wong\u2019s Chinese Food (Best in da world!), maar Eskom is not the best in da world.<br \/>\nKoppe met Niel en Carina wat opsoek is na \u2018n kop, maar nie Jacobus, Cobus of Elsara se koppe is goed genoeg nie. Uiteindelik het Fritz \u2018n wenner met duurkop Jannes.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Lisa wil by Daniel weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk dink die bome is natuurlik swart.\u201d<br \/>\nFritz wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy vir Dan\u00e9 ges\u00ea het: \u201cRawr.\u201d<br \/>\nLouw wil by Oom Johan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHier is sewe verskillende gele wat by my uitkom.\u201d<br \/>\nFritz wil by Oom Frits weet wat hy bedoel het toe hy 19:20 ges\u00ea het: \u201cOns eet oor \u2018n halfuur.\u201d<br \/>\nAn\u00e9 wil by Mari-Louise weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDie man hier langs my is nogals keen.\u201d<br \/>\nLouw wil by Oom Johan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJ\u00f4, ek moes dalk my ander vrou gebring het.\u201d<br \/>\nMart-Mari\u00e9 wil by Petro weet wat sy bedoel het toe sy vir haar ges\u00ea het: \u201cMart-Mari\u00e9, gooi my met \u2018n hoender.\u201d<br \/>\nCharlene wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wil nie rassisties wees nie, maar hierdie is tipiese witmans.\u201d<br \/>\nJacques wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wil die Koran swot tot dit by my ore uitkom.\u201d<br \/>\nTannie Rose wil by Dan\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk gaan wasgoed ophang sonder wasgoedpennetjies.\u201d<br \/>\nLoubser wil by Wynand weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cggges.\u201d<br \/>\nDan\u00e9 wil by die mans in die badkamer (maar meer spesifiek Wynand) weet wat hulle bedoel het toe hulle ges\u00ea het, na Hanno ingekom het en gekla het dat hy seer was omdat hy pas rejected is na \u2018n mislukte interception (Tannie Rose): \u201cMoet dit nie persoonlik vat nie, maar ek sou ook.\u201d<br \/>\nFritz wil by Tana weet wat sy teen James het na sy hom gehandle het met \u2018n interception.<br \/>\nMari-Louise wil by Niel weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, besem in hand voor die meisiesbadkamer: \u201cJulle kan in maar niemand kom uit nie.\u201d<br \/>\nWilmien wil by Joke weet wat sy bedoel het toe die ouens hulle hemde uitgetrek het en sy ges\u00ea het: \u201cSjoe nou raak dit skielik warmer.\u201d<br \/>\nCharlene wil by Dan\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJacques is vreemd, maar \u2018n goeie vreemd.\u201d<br \/>\nWilmien wil by Morn\u00e9 weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cGooi die bottel.\u201d<br \/>\nMari-Louise wil by Annemicke weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHoe stap julle?\u201d<\/p>\n<h3>Dag 5 \u2013 Vrydag 20 Julie<\/h3>\n<p>Ons wou nog vroeg stap, maar dit het nie gebeur nie. In plaas daarvan het ons 10:00 eers die tog deur die Seweweekspoortpas aangedurf. Die Ou Boer, die Mooi Boer en die Boervrou het ons almal in hulle onderskeie Toyota Land Cruisers en een Hilux aangery, met die sakke weer op \u2018n trailer, tot by die noordelike ingang van die poort, waar ons toe gou vir ons verjaarsdagmaatjies Dan\u00e9, Fritz, Pieter en Jacques sing en gooi.<\/p>\n<p>Die poort is om en by 15 kilometer lank, maar dis \u2018n pad, so as jy lekker stap, stap jy maklik 5km\/h. En dis presies omtrent hoe vinnig ons gevorder het. Met \u2018n ietwat van \u2018n angstige Middagbroodjies by Aristata, net so verby die halfpadmerk, was ons teen 14:00 op die R62 op pad Worcester toe, na ons van Pieter en Kobie afskeid geneem het en hulle sterkte op die maan toegewens het.<\/p>\n<p>By Mountain Mill Inkopiesentrum se Spur het ons aangesit en toegekyk hoe die eerstetoeris mans hulle burgers verorber. Almal is verbaas toe redelike skraal Cobus die eerste een is om sy burger op te eet, met \u2018n tyd van 2:52. Versadig en redelik moeg is ons die laaste entjie terug Stellenbosch toe, waar ons, na alles eers terug stoor toe gedra is, almal uitmekaar uit is.<\/p>\n<p>Nou sal ons almal \u2018n paar meer gesigte op kampus herken, en hopelik \u2018n huisdansdate of twee meer h\u00ea om van te kies.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">&#8211; Mart-Mari\u00e9 Serfontein<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/spbSeccGIFs\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><br \/>\n&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3529","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3529"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3529\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3533,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3529\/revisions\/3533"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}