{"id":3595,"date":"2018-11-01T15:40:08","date_gmt":"2018-11-01T13:40:08","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3595"},"modified":"2019-04-24T15:43:31","modified_gmt":"2019-04-24T13:43:31","slug":"gala2018","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2018\/11\/gala2018\/","title":{"rendered":"Gala 2018"},"content":{"rendered":"<h1>Gala 2018: Mosselbaai \u2013 Jongensfontein<\/h1>\n<p><em>\u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff. <\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><!--more--><\/p>\n<h3><strong>Dag 1<\/strong><\/h3>\n<p>Die hermonster het sy tande gewys en die helde het geval. Maar&#8230; dit is daardie tyd van die jaar en ons gooi die slaapsakke, sonbrandroom, swemklere en saligheid alles by die bus in. Studies en swaar gemoede word summier in Merriman agtergelos.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons vat die pad Mosselbaai toe en \u2018n paar verlore slaapure word slinks ingewerk.<\/p>\n<p>Die kostrokkie is volgelaai en die die paaie is leeg \u2013 ons is studente op vakansie!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Middagbroodjies skop af by Diaz strand en \u2018n paar gretiges vat die water aan. Die kenmekaar gesprekke vat vlam en April Whitehouse, \u2018n Amerikaanse uitruilstudent, steek ons aan met haar opgewondenheid soos sy gesels oor plekke om te sien en dinge wat daar buite wag.<\/p>\n<p>Hier en daar hoor jy \u2018n \u201cwat-swot-jy\u201d en \u201cwaar-kom-jy-vandaan\u201d gesprek en gou-gou word daar besef dat name onthou \u2018n kuns gaan wees. Ons is ook aangenaam verras om \u2018n paar Meesters-studente onder ons te h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons stap oor die strand aan, kaalvoet, en moet plek-plek van die water af vlug soos die branders vir onbeplande swemmers kom vra. Later klim ons op die treinspoor en stap al die pad na Santos se kampeerterrein. 5 Kilo\u2019s op dag een&#8230; <em>leaving us craving for more. <\/em><\/p>\n<p>Gala, jou lekker ding.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Oan slaan ook sy loop-tou op tussen die bome en mens weet amper nie wat is \u2018n meer genotvolle uitsig nie \u2013 die see reg voor ons of die mense wat val-val op die tou probeer balanseer. Rynard en Monique vat hul kanse, Werner kom ver vir die normale mens en Duan en Dan\u00e9 val. Dant\u00e9, Luke en Keaton maak ook vordering, maar dit is Rynard wat op sy rondte twee die hele tou deur loop!<\/p>\n<p>Elwin wil verder weet <em>hoekom mens so \u201cwobble\u201d <\/em>en Russel stel hom in kennis dat dit verseker die wind is. Pierre word onder luide aanmoediging na die tou gestuur en Keaton noem dit \u201cPierre-pressure\u201d.<\/p>\n<p>Oan, die meester touloper, verduidelik dat dit gaan oor hoe mens liggies saam met die tou wieg en dan jou balans hou tot aan die einde&#8230; of so iets. Dit klink naby aan hoe mens eksamen hanteer en daarmee sny ek toe af.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nicholas is die eerste om met trots sy BTK stokerpakkie te stook, en \u2018n eerste toeris dame wil weet waar mens daardie \u201cBTK-<em>onesie<\/em>\u201d kan kry, of dit ook te koop is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die kospotte is aan die stoom en Hesmari kry \u2018n groot skok toe sy sien hoe die gevriesde vleis met \u2018n byl gekap word. \u201cToemaar dis klaar dood,\u201d het iemand haar toe gerus gestel. Gelukkig maak die BTK vir almal voorsiening \u2013 veganis ingesluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Annadene skree vir die blikwassers en hulle eerste indrukke was definitief dat daardie lyfie basies oor \u2018n groot persentasie stemband beskik. En beheer. En dinamiet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Voor ons sak die maan uit in pienk. En die water lag sag in blou. Ek wou s\u00ea dis rus wat oor ons sak, maar in die verte het die uitkyk kring weer begin roep.<\/p>\n<p>Later trek ons die kitaar nader, die groep om die kitaarman raak al groter, die saamsing al harder&#8230; en die koue wind se byt word ook al sagter.<\/p>\n<p>\u201cYou\u2019re beautiful,\u201d sing ons. W\u00e9\u00e9t ons.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Aaitims:<\/p>\n<p>Louw word oortuig dat dit sy plig is as voorsitter en vat <em>ballade vir \u2018n sterwende bok <\/em>vir die span. Weereens hoor mens iewers ver N.P. van wyk Louw in sy graf omdraai.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Johan, Jansie en Russel doen vir ons <em>hulle het seker nie liggies in oom se tyd gehad nie. <\/em>Maar ons twyfel toe ook in vandag se tyd se liggies aangesien d\u00ede die hele tyd deur die item van Russel se kop afgeval het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Wie het op my paradegras gedinges? <\/em>\u2013 Louw, Frederik, Elwin en Stephan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Johan, Dan\u00e9, Toto, Werner, Dant\u00e9 en Werner \u2013 <em>twee suckers op \u2018n stokkie. <\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Pierre, Oan en Stephan wen \u2018n <em>rollercoaster <\/em>rit en ons kry \u2018n voorry sitplek van hoe mens \u2018n geesdriftige veldtie vang.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jan\u00e9 en Dan\u00e9 maak \u2018n draai met die twee ou dames op die mark \u2013 <em>Bets en Margaret en die storie van die jong vinkie. <\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Johan en Toto: <em>I spy. <\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Die aand se aaitims word afgee\u00efndig met \u2018n nuwe gunsteling van Outeniqua \u2013 Indiane en die weervoorspelling. Louw, Frederik, Mariechen, Jacques, Elwin, Danielle, Ansa, Estelle, Ilene.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jikkels:<\/p>\n<p>Louw verduidelik hoe dit werk en wil by Jan\u00e9 hoor wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het, \u201cDis lekker om dit self te maak. Maar dis nog lekkerder as jy op tien ander skree om dit vir jou te maak.\u201d Onder luide kommentaar, lag en \u2018n \u201cmens praat nie uit die kostent uit nie!\u201d het sy toe erken dat dit maar \u2018n rowwe dag was.<\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Jan\u00e9 wil by Annemieke hoor wat sy bedoel het toe sy vir Nicholas ges\u00ea het, \u201cYou sound really exotic&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar was sy aksent vir haar nogals iets vir die ore.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 2 (Santos \u2013 Punt \u2013 Pinnacle Point \u2013 Danabaai \u2013 Vleesbaai)<\/strong><\/h3>\n<p>Soos die son op kom, sien jy plek-plek toeriste wat stil sit iewers en die dag op \u2018n rustige manier begin.<\/p>\n<p>\u201cKoffie!\u201d die groep se algemene opstaan ervaring raak skielik meer positief toe die vriendelike blikke Nescafe op die ontbyt tafel neergesit word.<\/p>\n<p>Met oats en kondensmelk in die maag is die totaal van ons toe ook reg vir die dag. Oom Piet sluit by ons aan en Emily, Ulrich en Lisa ry die kostrokkie vooruit, en gaan die groep van voor af in draf. Die meer normales van ons sluk toe trots wat fiksheid aanbetref en met tekke val ons almal in die pad.<\/p>\n<p>Verby Punt stap ons&#8230; en die roomys winkel strek sy arms wyd en gaps \u2018n paar van ons so in die verbygaan. Chelaine en Anne wou nog sleg voel, maar toe hulle links ook vir Louw met \u2018n roomys gewaar, is die gevaar verby.<\/p>\n<p>Die hele agterste hefte van die groep gee vir die roomys winkels hulle eerste wins vir die vakansie seisoen.<\/p>\n<p>Jacques het besluit om heeldag kaalvoet te stap. Die vraag is wie dit is van Tone by wie hy graag wil uitkom, want vanaand gaan hy sonder twyfel \u2018n paar uur daar spandeer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sommiges spring by die bruggie af na die roomys by Punt en toe pak ons die St Blaze roete aan. Skerp en rof verrys die kranse uit die blou-blou see. Die branderperde jaag mekaar in wit opgewondenheid en los skuim op die klippe, terwyl ons aanhoudend langs die resies verby kronkel.<\/p>\n<p>Christie Smit, vars uit haar tweede laaste eindeksamen vraestel, kom stap saam.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons stap oor die golfbaan en hou middagbroodjies buite die estate se badkamers. Franceska s\u00ea wat ons almal dink: hierdie plek het nog nooit so iets gesien nie. Iemand smeer sommer \u2018n hele botteltjie van die duur hande room in die badkamer oor hulle lyf.<\/p>\n<p>En rustig vat ons almal \u2018n gesamentlike middagslapie in die son, oor die wind ons \u2018n bietjie koud waai. Ernelene gaan l\u00ea en mis gelukkig baie netjies \u2018n hoop appelkooskonfyt. Om die waarheid te s\u00ea, sy het dit so mooi gemis dat Ilene reg binne in dit gaan sit.<\/p>\n<p>Na middagbroodjies hou die mooi pad ons verder geselskap, met die kranse wat sonder ophou die dansende branders in hul stewige arms toevou. Die lakse dassies en fikse robbe het ons dopgehou en telke male het daar \u2018n bordjie opgeduik wat lui: \u201cWatch out for flying golf balls.\u201d<\/p>\n<p>Nicholas en sy slot groep probee<em>r the road less traveled &#8230; <\/em>Dit het toe nie so goed vir hulle uitgewerk nie en ons moes \u2018n rukkie wag voor hulle weer binne radiobereik was. Gelukkig het Nicholas sy sweep by hom gehad, sou daar enige probleme anders as <em>flying golf balls<\/em> opduik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>By Danabaai het ons aangekom en oom Jakobus-hulle het die busse toertjies laat doen teen die bulte op tot by Vleesbaai se kampterrein.<\/p>\n<p>Sonsak swemmers verkas af see toe en \u2018n groot vuur word aangesteek. Jacques lei \u2018n paar rap liedjies om die ys te breek en Jacobus, Jandr\u00e9, Daniel, Anke, Luke, Tanya, Kanja, Emily en \u2018n nog ander hou kywie oor die braaibroodjies. Die voorsitter kap \u2018n pyp raak en sny per ongeluk die water van een helfte van die kampterryn af.<\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Geen aaitims en jikkels, want die sterre, vuur en kitaar was voldoende en die vermaak in ons harte was genoeg.<\/p>\n<p>Ter afsluiting: Frederik se opinie oor Black Friday: <em>jy sit met die bargain, hulle sit met die geld. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 3 (Vleesbaai \u2013 Kanon \u2013 Gourits)<\/strong><\/h3>\n<p>Ons word wakker met \u2018n beeldskone dag \u2013 Vleesbaai se bad voor ons en gisteraand se liedjies nog in ons ore.<\/p>\n<p>Cecile en Marguerite glip af vir \u2018n swemmie en Anne kom ook reeds nat aangedraf van die water se kant. Hoe is dit vir \u2018n wekker?<\/p>\n<p>Ons begin met \u2018n stop langs Fransmanshoek se klein strandjie en Stephan en Jacques du Plessis word aangenaam verras met \u2018n see-uitkyk wat springgety sou skaam maak.<\/p>\n<p>Die bus skop toe vas in die sand en die manne moet plan maak om haar uit te help. Sommer gou is Land Rover Defender egter op die prentjie en suksesvol is die busse daar uit.<\/p>\n<p>Ons beweeg weer aan op \u2018n soortgelyke uitgekerfde paadjie as gister, met die see se oneindigende blou ons geselskap. Mieke, Christel, Lize, Jana, Estelle en Kyla het geesdriftig begin sing en was onstuitbaar, selfs tot en met Bohemian Rhapsody. Annemieke slaan \u2018n rekordgetal vir pampoentjies optel, en Jan\u00e9 haal \u2018n vriendin se woorde aan oor die hitte: \u201cDis so warm, ek bad in die sweet van my voorvaders.\u201d<\/p>\n<p>Met ander woorde ons was reeds redelik nat toe ons Kanon se strand tref, die daaropvolgende swem en sokker sessies het nie skade gemaak nie. Skiet is toe sommer in hierdie wafferse toestande ook oopgemaak en so stap ons verder.<\/p>\n<p>Die groep se kronkelgrootte laat mens wonder hoe Moses se trek moes lyk, minus die see en plus nog sand.<\/p>\n<p>Middagbroodjies was gou genoeg en net toe die groep weer vir die gemeenskaplike middagslapie gemaklik raak, waag Luke sy kans en skiet vir Ivana, terwyl Chelaine en Anne strandbats slaan. Ons stap verder vir \u2018n kort rukkie en toe daag die busse op om ons sakke te neem \u2013 die uitdaging wag. Gouritsriviermond se oorsteek! Die stroom was sterk en soos jy swem dink jy<em> ek maak dit, ek proe wraggies die oorwinning,<\/em> <em>ek is nou naby aan die sandbank<\/em> en dan net voor jy die sandbank wou tref, skuif jy nog laer af. Basies soos \u2018n balansstaat of toetsweek vraestel, dis binne jou bereik en vir \u2018n oomblik het jy dit sowaar, maar in realiteit spoel jy baie ver uit. Ons is aangenaam verras toe Kobus oor die water verskyn en by die groep aansluit.<\/p>\n<p>Louw pendel oor en weer met sy paddavoete en kontroleer die groep se veiligheid, terwyl oom Piet in sy kanoe passasiers oorry. Ons vrees is toe vinnig oorgeskakel na gees en almal spring in die water om vir pret \u2018n tweede keer in die stroom af te dryf.<\/p>\n<p>Na \u2018n vinnige kampopslaan eet ons gebraaide snoek en WRAAK-aand breek aan.<\/p>\n<p>Die konsert kry \u2018n staande ovasie! Die eerste toeriste het hul meesterlik van hul taak gekwyt en Oupa Oan en Ouma Lezanne lei ons in \u2018n storie oor die BTK en sy tradisies. \u2018n Groot gewilde item vir die aand was <em>kan jy, kan jy, kan jy vir my \u2018n Vaselinetjie kry<\/em>&#8230;<\/p>\n<p>Gourits se kampeerterrein het nog nie so \u2018n jolige aand beleef nie en dit het nie by die WRAAK-konsert gestop nie, aaitims het ook nuwe hoogtes bereik:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Christiaan die papegaai, Louw en Jansie was eerste aan die beurt met <em>Tannie, djy wiet mos. <\/em><\/p>\n<p>Kobus en Johan het die verhoog volgende aan die lag gehad met Mario &amp; Luigi<\/p>\n<p>Louw en Dan\u00e9: <em>tril \u2013tril <\/em><\/p>\n<p>Blou yskas het standaard sy verskyning op die vliegtuig gemaak met Frederik, Jansie, Johan, Anne, Christiaan, Ansa.<\/p>\n<p>Hans en Mans is opgevoer deur Christiaan en Frederik en mens wonder wat Maties rugby sou gee om hulle senter s\u00f2 te beleef.<\/p>\n<p>Marco, Kobus, Christiaan en Mariaan volgende met <em>many hands make light work. <\/em><\/p>\n<p>Jakobus doen sy gedig 50, en Frederik laat \u2018n blou yskas val.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jikkels:<\/p>\n<p>Tanya vra vir Jan\u00e9 wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het, <em>ouers se o\u00eb maak snaaks<\/em>.<\/p>\n<p>Dani\u00ebl wou by Russel hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, <em>ek voel hoog. <\/em>Russel het alle vraende persepsies bevestig toe sy antwoord was dat hy nie kan onthou nie.<\/p>\n<p>Suzaan wou by Christine hoor wat sy bedoel het met <em>as ek \u2018n ou was, sou ek heeltyd in my speedo rondloop. <\/em><\/p>\n<p>Jakobus wou by Elwin hoor wat hy bedoel het met <em>Jakobus is vet. <\/em>Elwin se antwoord het weereens meer vrae as antwoord gelaat: <em>Edelagbare oom&#8230; ek dink nog. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 4: Gourits \u2013 Stilbaai <\/strong><\/h3>\n<p>Die donsige weer maak ons wakker en met oats word die dag begin.<\/p>\n<p>Na oppak vertrek die kostrokkie solank Stilbaai toe en die res van die groep bly agter om \u2018n <em>touchies <\/em>wedstryd in die kampterrein klaar te maak. Daar was niemand behalwe die re\u00ebndruppels wat ons aangemoedig het nie, maar speel was daar gespeel. En wen was daar gewen.<\/p>\n<p>In Stilbaai besoek ons die strandkafee opsoek na koffie en kos, nes regte Stellenboschers. \u2018n Ligte onderonsie in die kafee veroorsaak dat ons eerder verder op die strand gaan speel, re\u00ebnweer of nie. Dis \u2018n regte BTK-Sondag wat stap aanbteref, behalwe dat m\u00f4re eers vir dit allokeer is. Dus kan ons hierdie maar \u2018n pre-rus noem.<\/p>\n<p>Toe dit egter skemer slaan, klim ons weer op die bus, stapskoene en al, gereed vir aksie. Ons gaan \u2018n maanligstappie h\u00ea! By oom Boy se plaas klim ons af, en stap \u2018\u2019n paar kilometer oor sy grond, tot by die see. Ek kan seker byvoeg, die <em>tot by die see<\/em> het gekom met \u2018n <em>tot op die sandduin<\/em>, wat genoeg geeis het om vir die dag se stap te tel.<\/p>\n<p>Op die verlate stukkie strand, het \u2018n uitsig vir ons gewag wat min sou vergeet. Die son het haar verfkwaste uitgehaal en ver oor die hele lug geverf, aanhoudend, sodat die kleure kort-kort verander het. Diep blou, pienk, oranje. En om ons was die kranse stil, sterk. Die water het blou geglimlag asof hy \u2018n geheim geken het.<\/p>\n<p>\u2018n Paar toeriste het aangestap, ander het in die water gespeel of van oom Boy geleer, en net na sononder het ons \u2018n groot vuur op die strand gemaak. Vir aandete was daar roosterkoek, lekker genoeg dat \u2018n hele paar meisies die kollosale ding kon klaarkry.<\/p>\n<p>Die dames het dus gunstige toestande vir damesskiet gehad, want vir \u2018n beter agtergrond en geselliger atmosfeer kon mens kwalik vra. Onder \u2018n paar ouer damestoeriste het die kolletjies rompe weer na Outeniqua die verskyning gemaak.<\/p>\n<p>Weens die perfekte kondisie buite was daar ongelukkig nie geskikte toestande vir die skets om aaitims en hekels neer te skryf nie. Dit kan wel genoem word dat <em>mr. Bombastic<\/em> gedoen is, en hierdie keer sonder hemde. Name van kandidate sal om redes anoniem bly.<\/p>\n<p>Met \u2018n stappie terug, waar die pad heelwat langer gevoel het as met die kom, is ons moeg en vol (roosterkoeke en gelukkige harte) by ons tente in.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 5: BTK Sondag op \u2018n Maandag, Stilbaai. <\/strong><\/h3>\n<p><em>\u201cYou alone are my strength, my shield<\/em><\/p>\n<p><em>and I long to worship You&#8230;\u201d<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Oom Jan is in sy beste BTK das en Annadine het pas die ramshoring suksesvol geblaas.<\/p>\n<p>Tanya open vir ons met \u2018n paar liedjies op die kitaar en so begin die dag op sy mooiste trant.<\/p>\n<p>Oom Jan vertel vir ons stories van mense wat getuig van die goedheid van God. Ons hoor van Marco en van die Slabberts se storie oor \u2018n huis en trokkie vir \u2018n Afrika-toer, en ons leer dat God wat die groter prentjie sien, soms ons net toelaat om deur \u2018n venster te kyk.<\/p>\n<p><em>I know a God who holds your future, <\/em>het sy o\u00eb geglimlag voor sy mond dit nog kon s\u00ea.<\/p>\n<p>En hy het ons gelos met nog \u2018n gedagte. Jy kan in die hemel inneem nie die geld wat jy gemaak het nie, maar slegs die liefde wat jy uitgedeel het.<\/p>\n<p>Hy het sy gesin geroep en die Slabberts het \u2018n se\u00ebngebed vir ons gesing. Mens kan nie help om te dink, <em>hierdie mense doen iets reg<\/em> nie.<\/p>\n<p>Die oom het iets van lewe agtergekom wat ander \u2018n leeftyd neem om te ontsyfer \u2013 en hier voor ons speel dit uit. Ek dink Bob Goff het dit goed opgesom in sy woorde van iewers: \u201c<em>We don\u2019t make faith easier, cause it\u2019s not. We make it simpler, cause it is&#8230;\u201d <\/em><\/p>\n<p>\u201cWat \u2018n voorreg,\u201d het dit van Louw gekom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Middagete op sy standaard Sondag manier sou enige tannie Ans van die Karoo se skaapboud sleg laat lyk het. Ons het gewonder of daar plek sou wees vir tannie Elsa en haar poeding.<\/p>\n<p>Sakkie vat die storievertelling oor en oorhandig aan Louw \u2018n <em>elite<\/em> stokerpakkie (nadat hy moes sak vir die <em>on<\/em>tradisionele 30 push-ups). Die knap voorsitterbroekie het nie saamgekom op gala nie en kon dus nie oorhandig word nie \u2013 moontlik sit d\u00ede nog aan Fritz vas.<\/p>\n<p>Volgende het Dan\u00e9 die storie van die kombuislepels vertel en Suzaan en Chelaine het dit oorhandig aan Jan\u00e9 en Anri (in haar afwesigheid kon Elsara, KOSMA\u00d4, nie hierdie Noag-se-ark-gekerfde-erfstuk ontvang nie).<\/p>\n<p>Jandr\u00e9 moes volgende by tannie Elsa poeding uitkom deur Sakkie se beskerming en Frederik se blikslanende verdediging.<\/p>\n<p>Toeriste word toe gelei in die geliefde streksessie om gereed te wees vir die inname van tannie Elsa se goud, en burpees is gedoen, strekke aan die mond area en dan natuurlik die <em>split, <\/em>vir die rek van die buik area.<\/p>\n<p>Met die gewone toustaan van \u2018n ry was Elsa hierdie keer die gelukkige wenner om eerste poeding te kry \u2013 haar les van die vorige gala is goed geleer en plek strategies gekies. Van Zyl se keuse van staanplek was nie so ideaal nie.<\/p>\n<p>Maar genoeg poeding was daar beslis en teveel het ons definitief gehad. \u201cWat \u2018n nagereg!\u201d het Oan die spyker op die kop geslaan. Johan het sy maag se rondheid so bekyk en met \u2018n tevrede glimlag ges\u00ea hy dra aan tannie Elsa poeding en hy gaan haar <em>Nog <\/em>noem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die middag kom haal ons met sy slapende arms en die wat nie daaronder geswig het nie, is af strand toe. Sakkie en sy <em>surfer <\/em>span pak die branders aan en Jan\u00e9, Dani\u00ebl en Frederik kry dit reg om op die bord te staan. Dit moes die bord wees?<\/p>\n<p>Leandri-wat-op-die-strand-l\u00ea gee die nuutste kommentaar oor \u2018n <em>oki<\/em>-broek: \u201cOki-lanki, oki-korti&#8230; maar oki mooi nie!\u201d<\/p>\n<p>Jan\u00e9 moes \u2018n lelike sluk van die kraanwater geneem het, want op \u2018n ernstige noot wou sy weet op \u2018n skaal van 1 tot <em>pan<\/em>, hoe <em>brak <\/em>die water was&#8230;<\/p>\n<p>Urich en sy meisie kom terug van hulle standaard middagdraffie en iemand skree <em>couple goals! <\/em>terwyl \u2018n ander opmerk \u201cis hulle mal?\u201d. Daarsy. Gala, jou wye spektrum van studente almal in een.<\/p>\n<p>Plek-plek sien jy studente verdwyn, met selfone. Vir punte. En dan hoor jy sugte van verligting. Of <em>lifts<\/em> wat gere\u00ebl word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Na \u2018n ligte aandete vat ons die pad Hengelklub toe. Die BTK gaan sokkie! Die massa-muurblom effek was toe nie so groot soos antisipeer nie, met goeie rotasies wat ingedeel is. Dit was meer \u2018n massa veldblomme.<\/p>\n<p>Tussen die los- en lyndanse deur het Marco die Amerikaner het sy WRAAK-karakter uitgehaal en \u2018n paar oomblikke van glorie gehad.<\/p>\n<p>Die aand word suksesvol afgesluit met <em>Piano Man <\/em>in \u2018n groot sirkel.<\/p>\n<p>Die musiek wat by ons agtergebly het, was nie die in ons ore nie, maar dit op ons harte \u2013 die tannie se woorde. Dat sy nog nie \u2018n studentegroep gekry het wat so lekker saam pret het, sonder om haar saal in \u2018n vreeslike toestand te los nie. Dat ons dit laat lekker en mooi laat lyk. Wat \u2018n voorreg!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 6 Stilbaai&#8230; Stilbaai. Die dag van die Massaslee. <\/strong><\/h3>\n<p>Die re\u00ebn skud ons wakker. Dringend. <em>Kom-kom-kom<\/em>, s\u00ea dit. Waarnatoe weet geeneen, so toe drom ons onder die kostent saam. Nat skape, ons. Jana Boleslavsky wil haar snoesige kombersie vas om haar vou, toe sy die druppende punt raakvat. Haar gesig het in een oomblik alles ges\u00ea wat sy van daardie onaangenaamheid gedink het.<\/p>\n<p>Anne, Marguerite en Jansie l\u00ea onder \u2018n poel water en seil en probeer keer dat niemand nog onder die seil saam kom l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Elana, Franceska en Estelle gebruik toe ook die seil metode, maar staan buite onder een ingevou, re\u00ebn druppend van hulle af. Honger vir koffie. Ansa en haar span vat voor in \u2018n paar liedjies.<\/p>\n<p>Nicholas en ek kom op \u2018n waarheid af so oor die stomende nat pot <em>oats. <\/em>Hierdie is die mooiheid van menswees. Die vermo\u00eb om almal saam in die lekkerte van bymekaar-wees te deel, om die redes van lag baie gou te vind en om van enige ongemak te vergeet.<\/p>\n<p>Louw maak geskiedenis as voorsitter toe hy vir ons \u2018n fliek aan sit (<em>The Incredibles 2), <\/em>en ons kamp uit in die hengelklub \u2013 wat die toerpa en \u2013ma se voorstel was. In hierdie re\u00ebn gaan die tente nie sak nie en die stappers nie stap nie. En slee sal ons slee, die hele dag lank. Wat \u2018n voorreg, party het van die geleentheid gebruik gemaak om enige verlore slaap in te haal. Na \u2018n middagbroodjies, kon \u2018n paar af see toe en ander het die dorp ingevaar in die soeke na goeie koffie.<\/p>\n<p>Duan, Jana, Mari-Louise en Lisa het klaarblyklik ten volle van tannie Elsa-poeding herstel en het summier koek ge\u00ebet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Terug by die kampeerterrein gaan Estelle en \u2018n paar dames swem en die ouens gaan ondersteun die slaptjipverkoper. Dit was seker vir \u2018n goeie doel, want na so \u2018n dag van l\u00ea en sleelekkers kou, was daar kwalik ander rede vir d\u00ede <em>kilojoule<\/em>-belaaide vingertjies wat onder \u2018n dik laag tamatiesous vir \u2018n mens loer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die wolke l\u00ea onuitgepak op die rivier se rug, maar dit keer nie die son om haar helder tande tussen die openinge deur te laat glimlag nie. Ons pak ons aandtassies en gaan na die kerksaal, waar ons vir die aand gaan slaap, om hierdie einste uitpakwolkies vry te spring.<\/p>\n<p>In die kombuis spat <em>butternut <\/em>in alle rigtings onder Lun\u00e9, Ernelene, Anri, Estelle, Jan\u00e9, Tanya en nog kokke se effektiewe sorg.<\/p>\n<p>Buite verskuif Johan en sy sangroep na binne, waar Jannes en \u2018n groot sirkel toeriste een of ander bal-speletjie speel. Dis iets met \u2018n kring en \u2018n luide gejuig wat daar aangaan.<\/p>\n<p>Johan vra baie, baie vriendelik, sodat Marguerite eindelik agter die klavier gaan sit en speel. Dit het ons stilgemaak van mooi, en ek moes wonder of dit die Maker hiervan ook so laat glimlag het? Miskien selfs meer.<\/p>\n<p>Daarna het Keaton, Louise met <em>radio-active, <\/em>en die Duitser ons al drie verras met baie vermaak agter die klavier.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op so noot kon aaitims toe ook nie anders as om top gehalte te wees nie:<\/p>\n<p>Louw, Frederik en Danielle: <em>Ja&#8230; nee&#8230; Ja-nee. <\/em><\/p>\n<p>Yesurun, Emma, Hannah, DAnt\u00e9, Oan, Van Zyl, Keaton en Caitlyn doen die BTK-weergawe van die <em>cup- song <\/em><strong>(sien woorde aangeheg aan die einde van die skets)<\/strong>.<\/p>\n<p>Cecile, Jansie, Johan, Marguerite, Anri, Elsa, Dorothy en Marietjie herinner ons weer hoe dit klink indien koeie sou boomklim.<\/p>\n<p>Dant\u00e9, Werner, Keaton, Monique met <em>wat bedoel jy my neus bloei..? <\/em><\/p>\n<p>Lun\u00e9: terug na twee jaar met nog \u2018n episode van SuzelleDIY en die BTK: die gehoor was lank aan die lag! Tanya het as <em>Marianne <\/em>opgetree.<\/p>\n<p>Louw en Christiaan en die leeus: <em>Baas, hy lyk hongerrrr&#8230; <\/em><\/p>\n<p>Volgende verskyn daar \u2018n lewensgrootte wurm op die verhoog, wat met \u2018n paar slukke dinge verwerk na die beste van sy vermo\u00eb. Jakobus word gesluk&#8230; en kom baie wit, rond en silindries daar uit. En bruikbaar vir die badkamer.<\/p>\n<p>Christiaan is volgende op en bied aan die gehoor sy <em>human table <\/em>met toertjies&#8230; Louw, Nicholis, Sakkie en Jandr\u00e9. Die tafel was belowend vir die eerste paar sekondes maar \u2018n poot of twee het egter die gees gegee onder uitdagende bevele van die gehoor.<\/p>\n<p>Jakobus was volgende met nog \u2018n nuwe aaitim \u2013 die <em>cliff-hanger. <\/em><\/p>\n<p>Verder het Frederik vir die eerste keer saam met Christiaan verskyn in <em>Fgikkie en Sarel. <\/em><\/p>\n<p>Wynand, Ansa, Yesurun, Hannah, Tanya en Elsa: <em>ek grawe. <\/em>\u2018n Baie <em>diep <\/em>aaitim waarin die <em>is\/are <\/em>so bietjie gesukkel het onder standaard BTK\u2019ner Afrikaans.<\/p>\n<p>Lara en Mieke het verskyn in \u2018n <em>grand finale <\/em>met al ons gunsteling vorige liedjies van hulle, en selfs \u2018n nuwe stukkie rap. <em>Vaseline <\/em>gaan wel vir hulle moet dankie s\u00ea vir die verniet advertering, want met daardie note in ons ore gaan ons verseker iewers <em>\u2018n Vaselinetjie kry&#8230;<\/em><\/p>\n<p>Johan, Jansie, Caitlyn, Marguerite, Yesurun het Van Zyl <em>Klippies <\/em>Venter in die water gegooi en was almal laat vir <em>Djuffrou <\/em>Cecile de Wet se baie streng klasse.<\/p>\n<p>Sakkie, Christiaan, Johan was volgende met naartjie verkope langs die pad en \u2018n Gautenger oppad Sutherland toe.<\/p>\n<p><em>Broekies <\/em>is toe deur troepe Christiaan, Van Zyl, Marco Amerika, Frederik en Johan gedoen.<\/p>\n<p>Die tandepasta fabriek het ook \u2018n draai op die verhoog gemaak met Anne, Cecile en Marguerite.<\/p>\n<p>Die van den Heever broers het weer \u2018n draai kom maak, of sal ek s\u00ea \u2018n draai kom loop, met die <em>bosveldtie <\/em>aaitim.<\/p>\n<p>Oom Johan het volgende verskyn en besluit om mense te eer vir hulle harde werk. Hy het van die bestuurslede uitgelig wat hard gewerk het sonder dat ander veel daarvan kon sien\u2013 wat \u2018n voorreg, wat \u2018n oom.<\/p>\n<p>En oplaas verskyn K-k-k-k-kaptein toe ook in die k-k-k-k-kollig. Bemanning: Jannes, Christiaan, Johan, Frederik, Van Zyl en Sak-k-k-kie.<\/p>\n<p>Ansa en Emma het \u2018n nuwe aaitim op die planke gebring en die gehoor se lag vir <em>Gatiep, Felicity en die k\u00eand <\/em>was dit eens dat daar in die toekoms nog van moet wees.<\/p>\n<p>Nicholas Stoorman\u00d4 van 2018 het toe sy noukerig-opgelette <em>BT-Teories van dr. Lamprecht <\/em>met ons gedeel in suiwer Afrikaans.<\/p>\n<p>Eweskielik het die horlosie twaalfuur geslaan en Toto het \u2018n massakoor verjaarsdaglied ryker geword, toe die slee langsaan haar hard aankondig dat sy 21 jaar gehaal het.<\/p>\n<p>Sy aaitim toe ook saam met Jansie <em>skandes op die huis na raad vir \u2018n eerste BTK-toer. <\/em><\/p>\n<p>En laastens is die hoogs-suksesvolle aand afgesluit met ligtoring Mariechen en seerowers Louw, Jandr\u00e9, Frederik en Sak-k-k-k-ie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hekels:<\/p>\n<p>Rista wou by Hanri hoor <em>wat <\/em>of eintlik<em> oor wie <\/em>sy dit bedoel het met haar woorde: \u201cHoe de hel kry hy dit reg om so slim en musikaal te wees&#8230; en dan lyk hy nog soos Zac Efron ook?\u201d die persoon is gou identifiseer en weens gaafheid het ek besluit om nie verder oor hierdie hekel uit te brei nie.<\/p>\n<p>Daar is volgende vir Dant\u00e9 gevra wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201ckry jy ook warm as Van Zyl op jou l\u00ea?\u201d Dit was glo \u2018n taalfout. DIE seil, en nie Van Zyl nie.<\/p>\n<p>Laastens wou Jan\u00e9 by Danielle hoor wat sy bedoel het met, \u201cdis lekker om te kyk hoe hulle rugby speel&#8230;\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Te dankbaar vir die kerksaaltjie, het ons heerlik droog aan die slaap geraak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 7: Oppak en weer Stellenbosch toe. <\/strong><\/h3>\n<p>Ons word wakker gemaak met die mooiste klaviernote!<\/p>\n<p>Die skets gaan probeer toe as \u2018n grappie <em>chopsticks <\/em>speel maar die het toe nie so suksesvol geloop nie en op daardie noot is die opruim beign. Na afskeid van \u2018n merkwaardige toerpa, -ma en \u2013gesin, is ons terug kampterrein toe vir die groot afslaan. Soos die veels te bekende Chinese s\u00ea-woord lui: <em>vele hande maak ligte werk<\/em>, is ons vinnig gelaai.<\/p>\n<p>En soos die busse vol en gelukkig die langpad aandurf, kry ons darem vreeslik lekker: gala is agter die rug, maar maggies, die hele somervakansie l\u00ea voor!<\/p>\n<p><em>Dis altyd lente in die o\u00eb van die Stellenbosch-studente&#8230;!<\/em><\/p>\n<p>Wat \u2018n voorreg.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>BTK-<em>cup song:<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><em>(Woorde: Oan de Waal en Caitlyn Venter) <\/em><\/strong><\/p>\n<p>_Verse 1_<\/p>\n<p>Ek het my kaartjie Vir die BTK toer<\/p>\n<p>Twee bottels sleesous Vir die pad<\/p>\n<p>En Al word daar min op die toer gestap<\/p>\n<p>Sal ons almal saam die voetpad moet slat<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>_Koor_<\/p>\n<p>Is jy geskiet?<\/p>\n<p>Is jy geskiet?!<\/p>\n<p>Sal jy my slee wees vir vanand?<\/p>\n<p>En al is dit nie n ring<\/p>\n<p>Het ek speckled eggs gebring<\/p>\n<p>Asb wees my slee date vir vanand?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Verse 2<\/p>\n<p>_______________________<\/p>\n<p>Ek het my kaartjie Vir die btk toer<\/p>\n<p>Ek hoop die tente raak nie nat<\/p>\n<p>Hou Duimvas vir geen herre<\/p>\n<p>Dan Gaan kyk ons saam die sterre<\/p>\n<p>Want jy is die sleutel tot my hart<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gala 2018: Mosselbaai \u2013 Jongensfontein \u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff. \u00a0<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3595","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3595","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3595"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3595\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3597,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3595\/revisions\/3597"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3595"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3595"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3595"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}