{"id":3778,"date":"2020-06-05T11:33:22","date_gmt":"2020-06-05T09:33:22","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3778"},"modified":"2020-06-05T11:33:38","modified_gmt":"2020-06-05T09:33:38","slug":"gala-2019","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2020\/06\/gala-2019\/","title":{"rendered":"Gala 2019"},"content":{"rendered":"<h1>Gala 2019<\/h1>\n<p>&#8216;n Skets van gebeure deur Micke van Rooyen<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-scaled.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-large wp-image-3780\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-584x389.jpg\" alt=\"Starry starry night\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2020\/06\/Gala-2-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p><strong>Dag 1: Struisbaai\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die vroe\u00eb oggendure groet die slapende BTKaners wie groepie vir groepie by die busstop arriveer. Slaap word uit o\u00eb uit gevryf en ou vriende word met oop harte gegroet. Voorsitter, Johan Slabbert, groet die skare dames en die handjievol mans wie tussen in die groepie verspreid staan. Sakke word vinnig in die busse gelaai deur die legende BTK mens-treintjie en almal neem vinnig hulle sitplekke. Nes die bus se enjin wakker brul, l\u00ea die stilte soos \u0149 wolkombers oor die inwoners van die bus. Dit is nog \u0149 bietjie vroeg en die BTKaners slaap. Hier en daar is daar iemand wie bevoorreg genoeg is om hulle buurman\/vrou as \u0149 sagte kussing te kan gebruik. Die avontuur het sopas begin en soos die eindpunt van die busrit al hoe nader kom, styg die klanke van geklets in die bus. Die geheime van wat nog voorl\u00ea bly wag soos \u0149 toe skatkis vir ons by die see. Wie weet wat ons gaan ontdek!\u00a0Ons ontdek wel dat dit Ruan de Jager se verjaarsdag is en die goeie nuus word in die bus gevier.<\/p>\n<p>Die lang voor verwagte stappie begin en so ver soos wat die oog kan sien, strek die ry van 120 BTKaners oor die strand. Die son weerkaats van die helder blou see oor die horison en die sand is sag onder ons kaalvoete. Met elke tree sak ons tree dieper en dieper in die sand, party BTKaners bedink toe \u0149 blink plan en stap in die voetspore van di\u00e9 wat voor hulle geloop het. Mens kan nou iets diep s\u00ea soos, &#8220;Hulle volg in die voetspore van hulle voorstappers\u201d, maar dit sou natuurlik onsinnig klink! Ongelukkig vir di\u00e9 wat die hartbrekende sig moes sien en ruik, was daar \u0149 arme dooie skilpad en walvisse op die strand gestrand. Hierdie beeld het die BTKaners so ontstel dat hulle met plastieksakke rondgehardloop het om die rommel op die strand op te tel.<\/p>\n<p>Met die eerste \u2018\u2019game break\u2019\u2019, sonder die \u2018\u2019game\u2019\u2019, rus almal hulle voete wat nog nie gewoond is aan die stap op die sand nie en beide Alannah Olivier en Estelle Hislop hardloop in die golwe in en speel tussen die branders. Die groep kom by die kampterrein aan en ons monde water met die roep van &#8220;middagbroodjies!&#8221; Party raak aan die slaap in die koelte van die skaduwee onder \u0149 boom en ander staan strategies agter iemand wie Melrose op \u0149 broodjie sit en smeer om \u0149 ekstra snytjie te kan gryp. Oom Barry en Tannie Jeanette, ons toerouers, deel hulle jare se kennis tydens die ordentlikheidspraatjies en daarna verduidelik De Wet Denkema en Nina Blom vir ons presies wat skiet is. Daar word \u0149 onsuksesvolle poging van \u0149 \u2018\u2019interception\u2019\u2019 deur Elwin Stemmet uitgevoer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Johan Slabbert vra dat al die groepies bymekaar kom. Die kokspan, beter bekend as die Kokkedore, strek hulle spanvergadering soveel as moontlik uit om te vermy dat hulle onnodig betrek word in die dra van sakke uit die busse uit. Die aand word verder geniet deur sugte van die stokers, Jakobus Smit, Nicholas Carrol, De Wet Denkema, Daniel Pascoe en Elwin Stemmet wie se stokerpakkie broekspype net-net hulle enkels toemaak, maar \u0149 mens sou lieg as jy durf s\u00ea dat die stokerpakkies nie met styl gedra word nie! Rondom die gesellige kosmaak area vorm \u0149 groepie wie met die begeleiding van die BTKitaar soos engele liedjies sit en sing. Stadig maar seker word nuwe vriendekringe met meer gemak gevorm.<\/p>\n<p><strong>Items:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Johan Slabbert open die toer se items met \u0149 ballade vir \u0149 sterwende bok<\/p>\n<p>\u0149 Blou yskas word uit \u0149 onveilige vliegtuig uitgegooi. Frederick van Zyl is die Kaptein en De Wet, of beter geken as \u2018\u2019Duveeey\u2019\u2019 sy onbetroubare lugwaardin met passasiers, Van Zyl Venter, Elwin Stemmet en Johan Slabbert.<\/p>\n<p>\u0149 Episode van &#8220;Rooikappie en Lara Crafford op Gala&#8221; is deur Micke van Rooyen en Lize Crafford opgevoer.<\/p>\n<p>Ruan de Jager en Frederick Van Zyl maak \u0149 \u2018\u2019plggan\u2019\u2019 as Frikkie en Sarel.<\/p>\n<p>Gerben van Manen is Jan Riebeeck en Van Zyl Venter is Van Riebeeck. Hulle afgeskeepte perde is Reinard Ganzevoort en Jean-Tiaan Cronje terwyl Johan Slabbert die Koi San Chief is. Gerben word amper kliphard deur die blou yskas getref, maar toe keer Frederick en hy tref hom in elk geval nog harder as wat die blou yskas ooit sou kon. Die hele gehoor is verward totdat hulle vir Ruan De Jager verhoog toe roep en die verjaarsdag liedjie vir hom sing.<\/p>\n<p>Johan Slabbert en Frederick is Mario en Luigi terwyl Micke van Rooyen as Maria by die rivier op en af dryf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Heukels\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Nina Blom vra vir Oom Barry wat Nienke Geldenhuys bedoel het toe sy ges\u00ea het: &#8220;Ruan is \u0149 koeksistertipe ou&#8221;, Ruan noem toe dat hy nie eers van koeksisters hou nie.<\/p>\n<p>Jane Coetzee vra vir edelagbare Oom Barry wat Monique Grobler bedoel het toe sy ges\u00ea het, &#8220;Ek het nie wurms nie&#8221;. Sy verduidelik toe dat mense die suurwurm sweets gesoek het en dat sy nie toe daarvan gehad het nie.<\/p>\n<p>Edelagbare Oom Barry word gevra hoekom Tarin Strydom vir Elwin Stemmet ges\u00ea het &#8220;Ek wil jou tone trek&#8221;. Sy gee toe die eenvoudige antwoord, &#8220;Ek bedoel presies wat ek bedoel het&#8221;, blykbaar het sy tone haar gepla.<\/p>\n<p>Gretchen Bekker vra vir edelagbare Oom Barry wat Machrista Albertyn bedoel het toe sy ges\u00ea het, &#8220;Dit is hierdie tipe verhouding waarvan ek hou&#8221;. Sy is toe al vas aan die slaap en kan nie haarself verdedig nie.<\/p>\n<p>Frederick van Zyl\u00a0 vra by edelagbare Oom Barry wat Johan Slabbert bedoel het toe hy ges\u00ea het, &#8220;Ons gaan net 12km stap&#8221;. Johan s\u00ea toe, &#8220;Ek het drie keer IW geh\u00ear &#8220;, ons het basies baie verder gestap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dag 2: Rasperpunt roete\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die BTKaners wie buite geslaap het word gegroet deur die oranje son wat stadig bo oor die tente uitsteek. \u0149 Paar brawe kandidate , Marguerite De Wet, Christi Smit, Lisa du Plessis en Nina Blom hardloop see toe om \u0149 verfrissende oggendswem in die see te geniet nog voordat die stokers almal wakker kan sing. Die warm water is \u0149 se\u00ebn teenoor die koue waters van die Kaap.<\/p>\n<p>Honger mae verslind die lekker ontbyt wat Monique Grobler, Jan\u00e9 Coetzee en hulle kokke vir ons voorberei het. Daarna maak al die BTKaners gereed vir die dag en besmeer hulself met sonbrandroom om te vermy dat hulle nie verder brand soos die vorige dag nie. \u0149 Paar BTKaners lyk asof hulle deur die son gestraf is weens die bloedrooi sonbrand van die vorige dag, wat soos die horison oor hulle kuite strek. Al wat \u0149 mens kan dink as jy na hulle kuite kyk is, &#8220;Sjoe, maar dit lyk seer!&#8221; Sodra almal gereed is, fluit Johan dat almal bymekaar moet kom. Ettiene Mouton is slot en Micke van Rooyen is sy sleutel vir die dag.<\/p>\n<p>Die see spog met sy helder blou kleur en die rustige breek van die golwe, terwyl die groepie by die paadjie afstap. Die paadjie lei tot die grootste oomblik van die dag, naamlik die lyn waar die Indiese Oseaan en die Atlantiese Oseaan bymekaar kom. Daar word bekend gemaak dat die BTK Gala nie \u0149 moeilike stap is nie, maar \u0149 mens kan wel argumenteer dat ons oor oseane gestap het. Die BTKaners vang die oomblik vas in \u0149 paar mooi groepfoto\u2019s en almal besef weereens watter groot voorreg dit is. Selfs die tennisbal word rondgeskop deur Frederick Van Zyl, Pieter Daan Mostert, Wilhelm Lategan en Wian du Plessis. Almal geniet die ruskans. \u0149 Paar meisies vind skuiling teen die warm son in die skaduwee voordat die groepie weer die pad aanpak. Nie ver nadat ons weer begin stap nie kom ons af op \u0149 lewendige rob wat\u00a0 in die vlaksee in die son l\u00ea en bak. Daniel van der Merwe probeer maats maak met die rob, maar die rob wil niks weet nie.<\/p>\n<p>Die groep stap verder aan en met elke geleentheid spring \u0149 paar BTKaners in die koel seewater en neem die geleentheid van \u0149 swembreek. Tot groot teleurstelling van die slot en sleutel, mis hulle elke keer die geleentheid om saam met die ander tussen die branders te speel. Met middagbroodjes vaar almal in die verfrissende water in met grondboontjiebotterbroodjies in die hand. Die BTKaners leer vinnig dat sodra hulle inspring, die gevoel in hulle lywe verdwyn en dan kry hulle nie meer so koud nie. Van ver af lyk dit soos een groot strandpartytjie. Alle eer aan God vir die gese\u00ebnde tydperk van rus en genot. Op pad terug busse toe draf Gerben van Manen weer terug, opsoek na sy bril wat hy tussendeur die ge\u00ebet van middagbroodjes en die geswem \u00earens verloor het.<\/p>\n<p>Die busse stop by die kampterrein en almal versprei \u00f3f in die rigting van slap tjips by die<\/p>\n<p>&#8220;Sea Shack&#8221;, vrugte smoothies of beloftes van die warm sand en die donker blou see. Terwyl aandete voorberei word deur die kokke, neem Reinard Ganzevoort se nuuskierigheid heeltemal oor van sy logika en hy proe van die water waarin die soetpatat gekook is. Sy kommentaar voordat hy dit nog proe is &#8220;Dit ruik soos patatwater!&#8221;. Elwin Stemmet word kort-kort daarna ook gevang met die lepel in sy mond en sy gesig trek styf weens die onaangename smaak. Al het die kookwater \u0149 onnatuurlike smaak, is die aandete nog steeds heerlik.<\/p>\n<p><strong>Items:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Frederick van Zyl en Elwin Stemmet se opvoering van Hans en Mans wys \u00a0\u0149 nuwe kant van sy vlerk toe Gans, Janneman, by die verhoog aangevlieg kom. \u0149 Paar wysvere word gewys en die stink word geruik.<\/p>\n<p>Nienke Geldenhuys en Johan Slabbert speel &#8220;I spy&#8221; waar \u0149 nuwe alfabet geskep is en tortelduiwe oor die speelarea vlieg.<\/p>\n<p>Die w\u00eareld se grootste en mees angsbevange tuimeltrein word deur Reinard Ganzevoort, Ruan Rautenbach, Ruan Visser, Awie Botes, Gerben van Manen en Wilhelm Lategan verower.<\/p>\n<p>Daar is \u0149 gedroggie, Margueriet de Wet, op die verhoog wie vir Micke van Rooyen, Toto (Cecile) de Wet, Stephani Heenop, Lize Crafford, Gretchen Bekker en Frederick van Zyl laat skrik. Toe draai dit uit dat Frederick van Zyl eintlik die gedroggie is!<\/p>\n<p>Ettiene Mouton is \u0149 honger kli\u00ebnt by Frederick Van Zyl se restaurant waar eksotiese disse op die spyskaart beskikbaar is.<\/p>\n<p>Die gulsige Mr Price kli\u00ebnte Reinard Ganzevoort, Gretchen Bekker, Machrista Albertyn, Lane Filmalter en Talitha Reynders het almal by Awie Botes klere gesteel.<\/p>\n<p>Van Zyl Venter en Ruan de Jager kom klop aan Jan\u00e9 Coetzee se deur in verband met \u0149 goue trompetpartytjie.<\/p>\n<p>Frederick van Zyl behou die gehoor se aandag met sy lewensverhaal tydens sy rowwe en onbeskofte dae as \u0149 korporaal.<\/p>\n<p>Nina Blom en Micke van Rooyen spring soos ninjas oor die verhoog, hulle het wel al gister daar aangekom.<\/p>\n<p>Frederick van Zyl en Van Zyl Venter vermaak die BTKaners met \u0149 maag-skeur snaakse item saam met Angelique en Tamara. Die BTK meisies. Was dit vir jou lekker vra jy?&#8230; Wel, soort van.<\/p>\n<p>Van Zyl bederf die BTKaners met \u0149 vrywillige opvoering van Hannah Montana.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Heukels\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Wat het Machrista bedoel toe sy ges\u00ea het &#8220;Enigste ding wat ek wil doen is saadbank toe gaan&#8221;. Sy het eintlik gepraat van die plante saadbank!<\/p>\n<p>Wat het Tahlita bedoel toe sy ges\u00ea het, &#8220;Lan\u00e9 gaan sand skep.&#8221; Sy verduidelik dat Lan\u00e9 met al haar lang klere in die water in was.<\/p>\n<p>Wat het Jakobus bedoel toe hy ges\u00ea het, &#8220;Hy shunt net rond, die stokers kan doen wat hulle moet.&#8221; Hy het toe geen antwoord vir sy kommentaar nie.<\/p>\n<p>Wat het Helette bedoel toe sy ges\u00ea het, &#8220;Die Noord pool en die Suid Pool is eintlik op die selfde plek.&#8221; Sy s\u00ea toe vinnig, &#8220;Ek het per ongeluk \u0149 kortsluiting in my kop gehad.&#8221;<\/p>\n<p>Wat het Divan Bessinger bedoel toe hy ges\u00ea het, &#8220;Op drie moet ons pee.&#8221; Die groep was toe nog steeds deurmekaar toe hy ges\u00ea het, &#8220;Ons het gesoek vir \u0149 warm kol.&#8221;<\/p>\n<p>Wat het Lize bedoel toe sy ges\u00ea het, &#8220;Stuur \u0149 foto, ek tjek hom.&#8221; Sy s\u00ea toe met selfvertoue, &#8220;Ek is maar iets op die oog.&#8221;<\/p>\n<p>Wat het Monique bedoel toe sy ges\u00ea het, &#8220;Die resep s\u00ea ons moet nie fudge maak nie.&#8221; Sy beantwoord toe vinnig, &#8220;Ons praat nie uit die kos-tent uit nie.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dag 3: iewers op die strand langs die see<\/strong><\/p>\n<p>Die uitgeruste BTKaners word wakker voordat die tjieken nog kan kraai. Die blou gevaar, of liewers geken as die stokers, het al 4:30am uit hulle warm slaapsakke uit geglip om vir al die dames water te begin stook. Die groep word wel eers bewus van hulle omgewing toe die son sy helder o\u00eb oop maak. Die kondensmelk gedoopte mieliepap herlaai weer batterye vir die oppak en tentafslaan sessie. \u0149 &#8220;Op tyd&#8221; trofee kan aan hierdie groep BTKaners gegee word weens die 10 minute wat gespaar is met die spoedige werk om die busse te laai. BTKaners, betyds en gereed&#8230;<\/p>\n<p>Die 10 ekstra minute is toe handig benut toe die opwindende stappie op die tradisionele BTK Gala manier begin, die bus sit in die modder vas&#8230; Maar gelukkig kan die handjievol BTKmans die bus uitstoot. Daar is wel later die dag geheime gefluister dat die mans die bus van albei kante probeer stoot het, maar sulke inligting sal nooit kan bevestig word nie. Daar moet pasop word dat hierdie geval nie \u0149 BTk Gala tradisie word nie. Terwyl die gestoei met die bus plaasvind, word Tahlita, Lisa, Colene en Christi deur die branders aan die slaap gesus. Ander dames, Alannah Olivier, Teniele, Estelle, Leah, Nina en Annelise, neem ongemaklike posies aan terwyl Rebecca Edmunds hulle stadig deur die joga posisies lei. As mens nou nie jou betroubare w\u00eareldkaart op daardie oomblik handig het nie, sou jy jouself verbeel dat die dames \u00earens op \u0149 tropiese eiland op die strand staan en joga doen.<\/p>\n<p>Die groep word van agteraf deur slot en sleutel, De Wet en Nina, gelui en die groep word met elke 5km met \u0149 rus kans bederf. Die paadjie l\u00ea ver en plat voor ons uit gestrek. \u0149 Vinnige game break laat ons toe om die brakwater smaak van ons water bottels weg te steek deurom \u0149 paar lepels game in te gooi. Die res van die pad word deur die groep aangedurf en verower. Middagbroodjes word toe deur le\u00eb mae verorber soos wat Jan\u00e9 tussendeur die skare loop en soos \u0149 roomys verkoopster op die strand, &#8220;Melrose Melrose, kry jou Melrose!&#8221; skree en broodjies adverteer. Die rus word deur die stuiwe kuite waardeerd en \u0149 derde of vierde laag sonbrandroom is teen die warm son aangeplak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met die voorsetting van die stap is tekkies en plakkies uitgetrek sodat die sagte sand liewers ons tone kan kielie en om ontslae te raak van die strand in ons skoene! Nienke word amper agtergelos wie soos \u0149 uitgespoelde blou boei onder haar blou handboek gekamoefleer l\u00ea. Iemand vra met \u0149 weggesteekde desperaatheid in hulle stem, &#8220;Het jy \u0149 plekkie vir my in jou rugsak?&#8221;. Die stille antwoord hang in die lug en word gevul met die gebreek van die branders in die verte. Sand duine word uit geklim en die plastiek sakke vol rommel wat oor die BTKaners se skouers hang bons saggies teen mekaar. Soos voortrekkers wie warm woestyne verken, loop die BTKaners tot die volgende rus punt. Hier sit almal en skep hulle asem terug, behalwe vier dames in sarongs. Di\u00e9 vier, Alannah Olivier, Lize Crafford, Marali Beukes en Micke van Rooyen, hou &#8216;n kompeterende wedstryd van touchies op die sand, sarongs en al.<\/p>\n<p>Die eindpunt van die dag se stap is in sig en die laaste strek verander in \u0149 loopbaan waarop Anja Laubscher, Ruan de Jager, Stephanie Heenop, Alannah Olivier en Elwin Stemmet resies hou. Ooggetuie bevestig later die dag dat Stephanie amper gewen het, maar dat haar hoed toe op die laaste strek af gewaai het en dat Elwin en Ruan toe eintlik op die ou einde gewen het. Die ooggetuie was wel Elwin en Ruan gewees so die waarheid van die gebeure moet nog bevestig word. Die eindstreep van die dag sit wel \u0149 groot glimlag op almal se gesigte sodra hulle die trofee sien. Die trofee is die beeld van al die tente wat alreeds vir ons groepie op geslaan is deur die nou geliefde en beroemde Machrista Albertyn, Monique Grobler, Marguriet De Wet,\u00a0 Oom Barry, Tannie Jeanette, Dominic Huskisson, Reinard Ganzevoort en Jakobus Smit. Dit was deur kundiges bevestig dat die BTK groep vandag die vinnigste 20km in die geskiedenis van BTK gestap met die presiese tyd van 6 ure en 30 minute.<\/p>\n<p>Te danke aan die aflos tyd kan almal ontspan. Mense jaag \u00f3f strand toe om in die koue water te gaan swem, \u00f3f speel saam met Russel Pratt, Lauren Huskisson, Jean-Tiaan Cronje en Jana Wessels op die grondseil gesit skaak \u00f3f hulle versamel rondom die kospot weens die reuke wat uit die potte uit drif. Johan Slabbert, wie ook besluit om sy vrye tyd rondom die kospot te spandeer, neem \u0149 diep snuif van die geurige reuke en roep uit met plesier, &#8220;mmm BTK-KFC&#8221;. Die rustigheid van die middag neem die hele groep oor en die masseer treintjie word deur Helette du Plessis en Lisa du Plessis geopen. Die rustige atmosfeer word wel gebreek toe Elwin Stemmet deur die blou yskas getref word dat dit lyk asof hy met die impak van \u0149 trop beeste geduik is. Almal word vir \u0149 oomblik stil.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eerste toeris Aaitem<\/p>\n<p>Pot soek \u0149 deksel.<\/p>\n<p><strong>Aitems\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Koppe word verkoop deur Cecile de Wet aan Margueriet de Wet wie met die gebreekte kop, Reinard Ganzevoort, sukkel. Die nuwe opsies van koppe behoort aan Wilhelm Lategan, Stephani Heenop, Awie Botes en Minell de Villiers.<\/p>\n<p>Die De Wet familie doen \u0149 opvoering van hoe \u0149 man \u0149 interessante pakkie vir homself koop.<\/p>\n<p>Marguerite de Wet en Oom Barry vertel hoe helfte van die mense in die vliegtuig \u0149 ongeluk maak.<\/p>\n<p>Talitha Reynders is \u0149 fantastiese kleuterskool onderwyseres by laerskool BTK, maar haar stoute studente, Marguerite De Wet, Gretchen Bekker, Pieter Daan Mostert en Ettiene Mouton gooi vir Klippies, Russel Pratt, in die water.<\/p>\n<p>Kobus ry te vinnig taxi vir Johan Slabbert, Janneman en Van Zyl Venter.<\/p>\n<p>Kobus dip sy vuil vrot sokkies in die Omo Blue<\/p>\n<p>Van Zyl Venter en Kobus vertel die storie van Koos en Jan van Riebeeck<\/p>\n<p>Die items is nog aan die gang toe verbasing soos \u0149 skokgolf die groep se asem wegslaan. Almal kyk op na die enkele verskietende ster wat deur die atmosfeer brand en so ook deur ons harte.<\/p>\n<p>Dit is die een jaar vriendskap-herdenking van Rooikappie en Lara Crafford. \u0149 Episode van Rooikappie en Lara Crafford se avonture is deur Micke van Rooyen en Lize Crafford vertoon.<\/p>\n<p>&#8220;Wise men say&#8221; word deur Nina Blom en Micke van Rooyen opgevoer met die hulp van \u0149 vreeslike vals ukelele.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Heukels:\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Wat het Nina bedoel toe sy ges\u00ea het, &#8220;My eiers broei&#8221;. Die verwarrende kommentaar is deur Nina verduidelik dat sy soos \u0149 moeder hoender by die warm vuurtjie gaan sit het en dat sy toe soos \u0149 hoender gevoel het wie haar eiers broei. Die verduideliking het party mense verder in die duisternis gelos.<\/p>\n<p>Wat het De Wet bedoel toe hy ges\u00ea het, &#8220;Ek kyk in die agterkant van hulle aorta vas.\u201d De Wet sukkel toe om dit te verduidelik.<\/p>\n<p>Wat het Marguriet de Wet bedoel toe sy in Johan Slabbert se rigting in verwys het toe sy ges\u00ea het, &#8220;Haai siestog, hy is maar \u0149 bietjie dom.&#8221; Sy vra toe opreg omverskoning.<\/p>\n<p>De Wet\u00a0vra\u00a0vir\u00a0Micke\u00a0wat\u00a0sy\u00a0bedoel\u00a0het toe\u00a0sy\u00a0ges\u00ea\u00a0het, &#8220;Ek\u00a0hou\u00a0nie\u00a0van\u00a0stort\u00a0nie\u00a0want\u00a0dit\u00a0is\u00a0nie\u00a0organies\u00a0nie.&#8221; Sy\u00a0s\u00ea\u00a0dat\u00a0sy\u00a0\u0149\u00a0oomblik\u00a0van\u00a0verwarring\u00a0gehad\u00a0het, en glad\u00a0nie\u00a0besef\u00a0het wat\u00a0sy\u00a0s\u00ea\u00a0nie.<\/p>\n<p>Wat het\u00a0Gerben\u00a0bedoel\u00a0toe\u00a0hy\u00a0ges\u00ea\u00a0het, &#8220;Under certain circumcisions&#8221;,\u00a0Gerben\u00a0verduidelik\u00a0toe\u00a0dat\u00a0die bus\u00a0vroe\u00ebr\u00a0die\u00a0dag\u00a0in die\u00a0modder\u00a0vas\u00a0gesit\u00a0het en\u00a0dat\u00a0hy\u00a0verwys\u00a0het\u00a0na\u00a0hoe\u00a0hulle\u00a0dalk\u00a0moontlik\u00a0die bande van die bus\u00a0sou\u00a0moes\u00a0afhaal,\u00a0hy\u00a0het toe\u00a0per ongeluk\u00a0die\u00a0verkeerde\u00a0woordeskat\u00a0gebruik.\u00a0Hy wou s\u00ea, \u201cUnder certain circumstances.\u201d<\/p>\n<p>Wat het\u00a0Gerben\u00a0bedoel\u00a0toe\u00a0hy\u00a0ges\u00ea\u00a0het, &#8220;He has to go greet her naked&#8221;. Hy\u00a0verduidelik\u00a0dat\u00a0hy\u00a0BSC\u00a0menslike\u00a0lewenskap\u00a0studeer\u00a0het\u00a0voor\u00a0sy\u00a0engineurswese\u00a0graad.\u00a0Vertaling\u00a0van\u00a0Nederlands\u00a0na\u00a0Engels het\u00a0veroorsaak\u00a0het\u00a0hy\u00a0op die\u00a0vekeerde\u00a0menier\u00a0verduidelik\u00a0het\u00a0dat\u00a0hy\u00a0iemand\u00a0in\u00a0sy\u00a0swembroek, half\u00a0kaal,\u00a0moet\u00a0gaan\u00a0groet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dag 4:\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die\u00a0halfuur\u00a0langer\u00a0slaaptyd\u00a0wat\u00a0aan die BTKaners geskenk is word met soet drome geniet. Almal is vars en uitgerus en die tasse en tente kan vinnig opgepak word sodat die busse kan ry. Die gebrom van die bus enjin en die geklets van die mense in smelt in een enkele klank en vorm die oggendlied vir die dag. Die busse stop by die begin punt van die roete en almal is gereed om hulle bene te strek. Die lug is vars en ons koppe is skoon.<\/p>\n<p>Met die aanloop van tyd sien die groep al hoe meer die vernietigende effek wat samelewing op die voorheen beeldskone strand het. Rommel toring bo-oor die duine en slagoffers soos robbe en skilpaaie l\u00ea verspreid oor die strand. Di\u00e9 wie plastiek sakke saam hulle dra, neem die verantwoordelikheid om die bietjie rommel wat hulle kan optel van die strand te verwyder. As liefhebbers van die natuur, is dit ons plig om dit te beskerm wat die Almagtige Vader op aarde vir ons geskep het. Saam kan ons die skoonheid van die see inneem, maar saam moet ons ook dit respekteer en beskerm.<\/p>\n<p>Die plesierige woorde van, \u201cGame Breek!\u201d, beweeg deur die groep met opwinding en sakke word op die sand neer geplant. Die ruskans word wel kort geknip toe \u0149 plaag gruwelike sand luise oor almal se tone kruip en in mense se hare begin spring. Geen groep in die geskiedenis van BTK het al so vinnig van \u0149 game break opgestaan en begin weg hardloop nie. Sodra die senuwees weer dwaal, val almal se tree weer in ritme. See bamboes bedek die strand so ver as wat die oog kan sien en l\u00ea soos \u0149 donker mat oor die sand en die see skuim borrel onder ons voete. Ons reis l\u00ea duidelik voor ons uitgestrek en ons gedagtes breek saam met die branders. Ons fokus almal op die belofte wat ons tydens die game break by Ruan de Jager gehoor het, \u201cDaar is nog net 1km oor om te gaan.\u201d Of so het ons geglo&#8230;<\/p>\n<p>Die langste 1km wat enige iemand al gestap het, kom uiteindelik tot \u0149 einde en die le\u00eb mae eet die middagbroodjies vinniger as wat dit gesmeer kan word. Sommige mans is strategies en staan soos honger aasvo\u00ebls om die middagbroodjie dames sodat hulle \u0149 nog \u0149 sny brood kan gaps. Janneman word \u0149 ongelukkigeman toe hy \u0149 haar in sy middagbroodjie vind.<\/p>\n<p>Die busse staan \u0149 paar meter van die groepie geparkeer en die BTKaners vind vinnig hulle sitplekke. Die mense raak een vir een in hulle stoel aan die slaap. Met die effektiwiteit van ervare pakkers laai almal die tasse vinnig uit die busse en die tente staan kort-kort pennetjie regop in die lig. Johan Slabbert se goeie raad eggo in ons ore, \u201cHoe vinniger ons die pakke uitpak hoe vinniger kan ons gaan slaap\u201d. Dit was genoeg om almal aan die gang te kry.<\/p>\n<p>Ons nuwe stuk land word ge\u00ebis en die tyd van eksplorasie rondom die kamp het aangekom. \u0149 Rivier vloei aan die een kant van die kampterrein verby totdat die riviermond die see ontmoet. Di\u00e9 veroorsaak dat waar die see water en vars rivier water bymekaar kom, die mees gesogte swem area vir die groepie vorm. Mense duik onderdeur branders terwyl \u0149 paar BTKmans hulle kite-surf gereedskap uit pak en vinnig deur die blou water in gelok word. Na \u0149 lekker swem in die see maak \u0149 paar BTKaners \u0149 draai by die klein winkeltjie vir roomys en ander mense sit by die bankie onder die skaduwee en speel \u0149 kompeterende rondte van die bord-speletjie \u201cCatan\u201d.<\/p>\n<p>Die lug verander in gesmelte goud en engele stemme, met die getokkel van die BTKitaar, vul die atmosfeer. Geluk gaan l\u00ea in ons harte en ons mae begin te grom weens reuke van BTKkos wat in die potte geroer word.<\/p>\n<p><strong>Items:<\/strong><\/p>\n<p>Ja, Nee, Ja nee word deur Johan, Ruan de Jager en Francesca opgevoer.<\/p>\n<p>Elwin wys vir Anja Laubscher wat hy met sy lippe kan doen.<\/p>\n<p>\u0149 Klomp troepe, Elwin Stemmet, Ettienne Mouton, De Wet en Gerben\u00a0 ontvang baie slegte nuus van Sersant Ruan de Jager en Generaal Van Zyl. Sersant Ruan het gesukkel met sy troepe wie net nie wou saam werk nie.<\/p>\n<p>Die BTK dames, Nina Blom, Cecile (Toto) De Wet, Gretchen, Helette du Plessis, Lisa en Colene het geheime vertel, maar die ouens&#8230; hulle laaik dit.<\/p>\n<p>Die drie kinders, blommetjie (Jeanri) , Blaar (Nico) en baksteen (Michelle) leer by hulle pa, Ettienne, waar hulle name vandaan kom.<\/p>\n<p>Die item van die toer word opgevoer deur Russel Pratt, Jean-Tiaan Cronje en Jean-Louise toe Jean-Tiaan voor almal met volle selfvertroue staan en skree, \u201cEk\u2019s \u0149 pawpaw!\u201d. Arme Jean-Tiaan is toe die enigste vrug in die vrugte slaai wat homself bekendstel terwyl sy pelle hom lag-lag op die verhoog verlaat.<\/p>\n<p>Op daardie hoogtepunt, vlieg \u0149 verskietende ster oor die donker lug en die goue liggie steel almal se asem weg.<\/p>\n<p>Jana Wessels vat haar stoute seuntjie Jappie, Ruan de Jager, na die roomys winkel vir roomys by van Zyl se ythskreem sthop, hy het toe presies wat Jappie wou gehad het. Maar toe die ou dowe kli\u00ebnte, Petrus, Johan Slabbert en Bets, Jan\u00e9 Coetzee by die ythskreem sthop aangestap kom, kon Van Zyl net vir hulle die twee sukkers op \u0149 stok, Minell de Villiers en Margueriet van Veen, aanbied.<\/p>\n<p>Stroop proe lekkerder op \u0149 toon en di\u00e9 word bewys deur Elwin, Ruan de Jager, van Zyl en Toto met die eerste toeriste, Stephanie, Marguriet en Dominic.<\/p>\n<p>Songvanger word opgevoer deur, Marali Beukes, Lize, Nina en Micke.<\/p>\n<p>\u0149 Lightbulb in \u0149 tandepastafabriek is opgevoer deur Toto, Eileen Burger, Minell de Villiers en Louise Buhrmann.<\/p>\n<p>Johan en Gretchen is Mr en Mrs Wong.<\/p>\n<p>Johan, Zak Retief, Minell de Villiers, Wilhelm Lategan, van Zyl, Brianna Pelhelm en Ilana Mengens wys hoe vele hande ligte werk kan maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Heukels:<\/strong><\/p>\n<p>Ruan de Jager wil by Johan hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cOns gaan net 10km stap.\u201d Daar was toe net \u0149 ongemaklike stilte gewees.<\/p>\n<p>Wat het Christie Smit bedoel toe sy ges\u00ea het, \u201cDan blaas jy borrels onder hulle boude.\u201d Sy verduidelik dat toe hulle kinders was dat hulle in die bad borrels onder mekaar se boude geblaas het met \u0149 pyp.<\/p>\n<p>Tahlitha het vir Ettienne gevra wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cJy is soos brandewyn, brandewyn het nie brieke nie.\u201d Hy het toe na Bok van Blerk se liedjie verwys.<\/p>\n<p>Wat het An\u00e9 Brink bedoel toe sy ges\u00ea het, \u201cOns gaan m\u00f4re ons blase moet toehou.\u201d Sy het verwys na die blase onder hulle voete.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>\u00a0Dag 5: BTK Sondag<\/strong><\/p>\n<p>Die vroe\u00eb oggend ure word deur Christi, Chene Janse van Vuuren en Estelle vas gegryp om te gaan draf en dan daarna in die see te gaan afkoel. Ander sit rustig en bewonder die sonsopkoms dat hulle eers hulle liggaam die kans kan gee om wakker te word. Ontbyt vat \u0149 onbekende draai toe Micke per ongeluk haar koppie vol koffiepoeier en melk in die groep se kookwater laat val. Een vir een staan die BTKaners reg om hulle koffiewater te kom haal, maar al wat hulle in die kookwaterpot sien is die sig van bruin rivierwater. (Micke voel tot nou toe nog skuldig hieroor&#8230;)<\/p>\n<p>Die kerkdiens onder die skaduwee van die bome word geopen met die eerste note van Nina se kitaar. Die oorweldigende, onvoorwaardelike liefde van ons Hemelse Vader is tasbaar en trek aan die hartsnare van die groep. Oom Barry bied \u0149 mooi lessie uit die Bybel en party mense deel \u0149 impakvolle storie wat die boodskap net nog verder in ons harte laat kom rus.<\/p>\n<p>Geleenthede van wat op die rus dag kan gebeur strek ver vooruit en elke BTKaner hou hulself besig met \u00f3f frisbee speel, kitaar speel \u00f3f slaap. Die eerste slagoffers van die verslawing om frisbee te speel is De Wet, Nina, Francesca en Elwin. Jakobus en Dom word weereens deur die wind opgesweep en gaan kite-surf. Colene Bosman speel vir Jacomi Breytenbach, Eileen Burger, Divan Bessinger en Leon Schreiber op die kitaar. Toe arriveer die grootste verassing van die dag, Suzanne Stoffberg en Louw van der Heever kom by die kampterrein ingestap. Louw dra \u0149 hemp wat lees, \u201cOuma is 80\u201d en agterop die hemp lees dit, \u201c&#8230;en pragtig.\u201d Ons vra liewers nie.<\/p>\n<p>Die geklink van lepels teen potte eggo deur die kos tent en le\u00eb mae begin outomaties met afwagting grom. Die kokke is hard aan die werk, soos altyd, besig om \u0149 middagete voor te berei wat ons monde laat water. Selfs ons stokers, Elwin en De Wet kan nie die reuke vermy nie en gaan help hoender sny. Nina gebruik wel \u0149 interessante term daarvoor, \u201choender skil\u201d. Middagete is heerlik en verander toe vinnig in \u0149 acapella vertoning saam met Nina en Michelle wie op die kitaar en ukelele speel. Die ge\u00ebtery stop wel nie daar nie, want die legendariese Elsa poeding is sterk oppad na ons mae toe. Voor dat enigiemand die poeding kan proe moet die brawe blou gevare, Jakobus, Van Zyl, Nicholas, Elwin en Louw verduidelik hoe om dit te verdien. Nadat almal hulself mooi voorberei het vir die poeding wat voorl\u00ea, staan almal gereed, bakkies in hulle hande. Arme De Wet leer vinnig waar om homself in die samelewing te plaas. Pensies is propvol en tevredenheid strek oor almal se gesigte.<\/p>\n<p>Die lieflike herinneringe van middagete l\u00ea nog vlak in ons gedagtes toe die stokers die boerewors vir aandete begin braai. Die tou vir kos seil soos \u0149 slang rondom die tafel en almal gaan haal vinnig-vinnig \u0149 tweede hotdog. Die groep se aandag word deur Talitha gehou en almal hang aan haar lippe terwyl sy vir die dames \u0149 noodsaaklike praatjie gee met die titel van, \u201cTahlita 101\u201d. Selfs \u0149 paar mans luister geheimsinnig na die belangrike raad soos wat Tahlita praat. Die praatjie word wel kort geknip toe Johan vir almal skree dat hulle in die busse moet klim, want ons gaan sokkie!<\/p>\n<p>Babapoeier l\u00ea liggies oor die dansvloer gestrooi en die sokkie musiek krul om ons bene en trek ons in. Die Energade verdwyn vinnig soos wat die BTKaners die stof in die lug in skop. Genot kom homself in ons harte tuis en die laaste liedjie vir die aand speel te vinnig sy laaste noot.<\/p>\n<p><strong>Dag 6:<\/strong><\/p>\n<p>Die uitgeruste groep staan op met die herinneringe van die vorige aand se sokkie en potte vol krummel pap met warm smoor word verslind. Sodra almal tevrede is met die warm ontbyt in hulle mae word die swembroeke aan getrek, lywe met sonbrandroom gesmeer en die trappies wat na die bus toe lei word vinnig op geklouter.\u00a0 Die busse se bestemming is Pearly Beach. Daar op die strand is die eindpunt van die dag se stap alreeds in sig nog voordat die groep kan begin stap. Di\u00e9 is te dank aan die reguit, uitgestrekte strand en die helder blou lig. Die dag se slot, Louw en sy twee sleutels, Suzanne en Micke jaag die groep stadig aan van agteraf en die dag begin op \u0149 hoogte punt soos wat die p\u00earel wit branders ons inroep.<\/p>\n<p>Met die eerste game break, wat meer kom as \u0149 bederf as wat dit eintlik nodig is, word deur die groep met oop hande ontvang en almal spring in die see in. Die ligte see briesie koel ons son gebakte velle. Elwin, Jakobus en Louw speel met die bal terwyl van die dames, Lisa, Alannah en Teneille Nel op die sand l\u00ea en tan. Nie lank daarna nie stop ons vir die volgende game break weens die groot sand duin wat die rol van \u0149 foto agtergrond aangeneem het. Die groep klouter by die duin op en staan gereed vir die groep foto. Die game break verander toe vinnig in middagbroodjies en Johan skree dat die persoon wie laaste nog op die duin staan die skottelgoed sal moet was. Dit is oortuigend genoeg om almal vinnig tot onder by die duin uit te kry, behalwe arme Elwin wie oppad af \u0149 mondvol sand in neem as \u0149 aandenking terwyl hy by die duin af rol. Di\u00e9 manier van konneksie met die sand bou word oorgedra aan die touchies game wat die mans speel, toe sommige van die mans meer touchies met hulle gesigte in die harde sand speel as met die bal. Die rustigheid van die groep wat stilletjies aan hulle middagbroodjies kou word elke nou en dan gebreek deur die golwe wat al hoe nader aan die tasse opkruip.<\/p>\n<p>Die laaste strek van die stap eindig by die rivier wat tot ons verbasing hoe getuie is. Sonder \u0149 tweede asem trek almal hulle dro\u00eb kleure uit en stap dwars deur die rivier mond in hulle swembroeke en tasse ver bo hulle koppe op gehou. Brawe Toto dra selfs iemand op haar skouers oor die rivier. Kort kort nadat die groep by die tente aankom speel Colene en Tahlita vir Marali, Jacomi, Micke en Lize op die kitaar. Met die voorbereiding van die aandete sit al die kokke in die kos tent en kyk vir De Wet wie buite staan en uie sny, uit sy eie uit, met sy pers sarong wat om sy nek in die wind waai lyk hy soos die verpersoonliking van \u0149 brawe held. Dit bring vlak trane van dankbaarheid na die kokke se o\u00eb&#8230; die sig van De Wet, nie die uie nie&#8230;<\/p>\n<p>Met die emosies weens die gesnyde uie wat nog hoog l\u00ea word die rol van kosma en kosdogter in \u0149 emosionele seremonie aan Monique en Jan\u00e9 oorhandig. Antieke houtlepels word oorhandig en die leer broekiekiekiekie is ook aan Johan van Louw af oorhandig. Die gebeurtenis word afgesluit wanneer Gretchen se ver-spoeg talente al die meisies se vermo\u00ebns nederlaag, maar dit is geen kompetisie vir die kosma en kosdogter nie. Jan\u00e9 vernietig hulle en spoeg hulle uit die verstryk uit. Die mans kom staan agter die lyn en \u0149 mens kan in die atmosfeer aanvoel dat hulle nie daar is vir die grappies nie. Dit is kompetisie tyd. Ongelukkig volg Jakobus, Toto se voetspore en probeer ook kroek, maar albei is uitgevang en onmiddellik van die speel spel verwyder. Divan Bessinger wen ver vooruit die mans. Die spoeg koning en koningin word duidelik deur die rosyne gekies&#8230;<\/p>\n<p>Minell de Villiers, Marali, Deborah Pascoe, Hanno Brandt en Michelle speel \u0149 rondte van frisbee terwyl die kokke weereens hard aan die kook is vir die beste aandete nog. Die sukses van die aandete is weens die towerkrag van die antieke houtlepels en die serenade van Johan, De Wet, Nico en Elwin wie elkeen met belangstelling hulle neuse in die rooi en oranje sangbundels druk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Items:<\/strong><\/p>\n<p>Louw en Dan\u00e9 vertoon Trill Trill sonder dat hulle besef hulle gaan.<\/p>\n<p>Jana, Russel, Jean-Louis en Jean-Tiaan \u00a0val die heeltyd mekaar in die rede.<\/p>\n<p>\u201cWie het op my parade gras gedinges\u201d, deur Wilhelm Lategan, Ernie, Nico, Ruan en Louw.<\/p>\n<p>Elwin en Ettienne doen \u201cCanons to the left of them\u201d, \u0149 Engelse gedig.<\/p>\n<p>Die kokke sing die kokke liedjie met begeleiding van Lize op die kitaar<\/p>\n<p>Die tafel word gemaak deur Ettiene, Jean-Louie en Jean-Tiaan en is geadverteer deur Louw.<\/p>\n<p>Broekies is ges\u00ea om te sak deur Ernie, Jakobus, Louw, Johan en Oom Barry.<\/p>\n<p>Die skilpaaie weg teen die jakkals. Johan, De Wet, Elwin en Jakobus.<\/p>\n<p>Mia Pieters kla by dokter Nienke oor haar winde, Jan\u00e9 en Micke.<\/p>\n<p>Koud koud koud word opgetree deur Elwin en Micke.<\/p>\n<p>Die eerste toeris dames is vrugte in \u0149 smoothie.<\/p>\n<p>Johan, Louw, Ruan en Jakobus versamel hout vir die koue winter wat nog voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Nicholas gee goeie raad vir mans.<\/p>\n<p>Helette vertel vir Lisa hoe sy skande op die man se huis gebring het.<\/p>\n<p>\u201cMooi\u201d word gesing deur Hanno, Gerben, Maryke en Nienke .<\/p>\n<p>Ilaba Mengens, Colene en Jacomi sing die \u201cNature song\u201d .<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Heukels<\/p>\n<p>Wat het Marguerite bedoel toe sy ges\u00ea het, \u201cYvonne du Plessis het my gat gesmeer\u201d. Sy verduidelik toe dat haar hemp \u0149 gaatjie in het en dat Yvonne dit vir haar dan met sonbrandroom gesmeer het<\/p>\n<p>Wat het Anja bedoel toe sy ges\u00ea het, \u201cJy\u2019s hot.\u201d Sy verduidelik toe dat De wet by die warm kos potte gestaan het.<\/p>\n<p><strong>Dag 7<\/strong><\/p>\n<p>Die groepie word wakker deur die geklets van BTKaners en die warm son wat op die tente skyn. Die slaap word uit ons koppe uit geskud, die tente word gesak en die tasse word op die busse gelaai op pad Gansbaai toe. Die roete spog met rotse waarop die golwe breek en blommetjies wat die groen bossies langs die pad verkleur. Die uitsig is asemrowend. Die groep stap tot by die grote en verken die geheime van die koue klip. Ander mense swem in die golwe om die laaste bietjie see water te kan geniet.<\/p>\n<p>Almal klim vinnig in die busse in met die opwagting om hulle mae vol te eet by die Tarash. Nadat almal hulself aan die burger en tjips verorber, loop almal terug na die busse toe. Die toer word op \u0149 sentimentele noot af ge\u00ebindig toe \u0149 paar BTKaners, insluitend Lisa du Plessis, maan toe gestuur is. Die busse ry terug Stellenbosch toe en die herinneringe van die laaste paar dae saam met \u0149 groot groep lekker mense word saam geneem.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n toer is verstreke.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span data-ccp-props=\"{&quot;201341983&quot;:0,&quot;335559739&quot;:200,&quot;335559740&quot;:276}\">\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gala 2019 &#8216;n Skets van gebeure deur Micke van Rooyen<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3778","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3778","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3778"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3778\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3786,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3778\/revisions\/3786"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3778"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3778"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3778"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}