{"id":3922,"date":"2022-04-11T09:54:29","date_gmt":"2022-04-11T07:54:29","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3922"},"modified":"2022-04-11T09:56:06","modified_gmt":"2022-04-11T07:56:06","slug":"gala-2019-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2022\/04\/gala-2019-2\/","title":{"rendered":"Wildekus 2021"},"content":{"rendered":"<h1>Wildekus 2021<\/h1>\n<p><em>\u201cOns is Wilder as die Wildekus\u201d<\/em><\/p>\n<p>&#8216;n Skets van gebeure deur Lianca Coetzee<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-3930 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"543\" height=\"362\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-scaled.jpg 2560w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0642-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 543px) 100vw, 543px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<h3><strong>Dag 1: 30 April: <em>Uiteindelik weer toertyd!<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>Dis \u2018n herfsaand in Stellencbosch, maar onder die brug in Merrrimanlaan voel dit steeds soos lente.<\/p>\n<p>Na meer as \u2018n jaar se wag vir die toer na die Wildekus, is die opwinding onder die groep groter as ooit tevore. Ou maats groet mekaar terwyl die nuwes met oop arms verwelkom word, \u2018n paar pak nog sakke en ander hardloop vir oulaas winkel toe op soek na sleepille.<\/p>\n<p>Helette word verbaas deur Ruan se aankondig dat hy saam kom toer! Dis \u2018n wonder dat die geheim so lank stil gebly het\u2026Mia verjaar en in ware BTK- styl word daar vir haar geluk gewens, dankie tog vir manne wat kan raakvang! Die groepies ontmoet meakaar en kos word verdeel, die peanutbotter is nog by hul regte eienaars vir nou.<\/p>\n<p>Teen 21:30 is die bus gepak en die lang rit na die Transkei begin.<\/p>\n<h2><\/h2>\n<h3><strong>Dag 2: 1 Mei: <em>The long road to Port St Johns.<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>Na \u2018n nag op die bus waarin \u2018n paar ingeneurs hul verlore slaap van die afleope toetsweek ingehaal het, ariveer die bus in Cradock vir \u2018n Wimpy ontbyt. Hier word die groep een stapmaat ryker met die student van PE wat met flippers en al op die bus klim, welkom aan Andr\u00e9. Na \u2018n goeie dosis kaffi\u00ebn lyk die groep meer aan die wakker kant en reg vir die volgende heflte van die lang rit.<\/p>\n<p>Die 30 seconds kaartjies is na die derde rondte reeds gememoriseer en so word die kitare eerder uitgehaal vir vermaak. Middagete word elke uur uitgeskuif en teen skemer is \u2018n paar honger mae meer as dankbaar om by die betsemming in Port St Johns aan te kom.<\/p>\n<p>By Jungle Monkey Backpackers word daar geskarrel om sak en tent te vind voor daar om \u2018n karton-boks-tafel versamel word om uiteindelik die \u201cmiddagete\u201d van <em>hot-dogs <\/em>te verorber. Nadat die ergste honger gestil is slaan die manne kamp op en die dames word bederf met sagte beddens vir oulaas- party gelukkige siele kry selfs \u2018n <em>honeymoon suite<\/em> op \u2018n houtdek en hul eie uitsig oor die Trankei se berge.<\/p>\n<p>Die bederf hou aan met aandete, \u2018n feesmaal van reis, vleis en aartappels plus \u2018n vertoning van twee local dames en onse eie Van Zyl en Frederick in hulle interpretasie van Jerusalema.<\/p>\n<p>Dinner and a show- what a bargain!<\/p>\n<p>Daar word tot laatnag om die vuur gekuier en hier daar hoor mens \u2018n fluister stem vra oor die roete, die \u201criver-crossings\u201d, wat \u2018n slee is en spekulasies oor wie se sak die swaarste is.<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3><strong>Dag 3: 2 Mei: <em>Stap Nou!<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>Na 24 uur op die bus is die groep meer as gretig om te begin stap. Die oggend begin met \u2018n paar Bialetti\u2019s wat gestook word en eerste toeriste wat vir die eerste keer BTK-pap proe. Sakke gepak en geweeg word daar vir die laaste keer op die bus geklim vir die rit na die beginpunt.<\/p>\n<p>By \u2018n strand in Port St Johns ontmoet ons die gidse en so begin die 5-dag avontuur.<\/p>\n<p>Binne die eerste paar meter merk \u2018n paar op dat daar beeste op die strand is- en sowaar, in die Transkei verkies nie net die mense die strand nie, maar hul vee ook! Voor die enkels nog behoorlik warm geword het is dit reeds tyd vir skoene uit om oor die eerste rivier te kom- darem \u2018n kleintjie om mee te begin. Daarna begin die heuwels stadig maar seker aankom. Op \u2018n oop stukkie strand word daar vir die eerste keer vining gestop, maar die gidse jaag aan met die wete van wat wag.<\/p>\n<p>Na \u2018n lekker lang bult en paar langer gesigte word daar \u2018n noodstop gemaak en so kom die eerste gamebreak onverwags, met \u2018n uitsig van blou waters en groen heuwels kon ons nie vir \u2018n beter plek of tyd vra nie. Hier herwin party hul kragte onder die skadu van die bome terwyl ander die <em>solar energy<\/em> opsie verkies om hul batterye te herlaai.<\/p>\n<p>Nog \u2018n paar kilos deur gras velde en oor grondpaaie met uitsigte wat net al mooier word en daar vir middagbroodjies gestop langs die kus, op \u2018n stukkie gras, &#8211; hoe luuks! Voor ons kon keer is Basson by die water in die hoop om \u2018n vis aan die lyn te kry. Na ete is dit weer sand se kant toe vir die laaste ent se stap vir die dag voor die eerste behoorlike \u201criver-crossing\u201d.<\/p>\n<p>By die rivier loop dinge amper skeef, maar toerleier Johan maak \u2018n plan! Na \u2018n hele paar keer se heen en weer roei kry die bootjie almal se sakke droog aan die ander kant. \u2018n Paar maak van die geleentheid gebruik vir n dryfsessie terwyl ander die laaste bietjie sonskyn op die rotse geniet. Met Frederick wat voorvat pak ons die laaste bult aan en met sonsonderang staan ons by die kampplek en bewonder die strale wat oor die meer verdwyn.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-3928\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"1166\" height=\"546\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-scaled.jpg 2560w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-300x140.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-584x274.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-768x360.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-1536x719.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0029-2048x959.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1166px) 100vw, 1166px\" \/><\/p>\n<p>Hier word skiet deur Murray en Chelaine gedemonstreer, Murray beveel die leeu-bok benaring, of die sirkel tegniek aan. Nie \u2018n minuut word gemors en skiet word net daar oop gemaak, \u2018n paar eerste toeriste skarrel nog effens verward rond in die hoop om \u2018n slee gevang te kry.<\/p>\n<p>Aandete word met kopliggies voorberei en die eerste aand van aaitems begin kort daarna\u2026<\/p>\n<h4>Aaitems:<\/h4>\n<p>Johan skop die aand af met ballade vir \u2018n sterwende bok- gelukkig is die slee sagter as die sement.<\/p>\n<p>Generaal Ruan deel tragediese nuus met sy troepe<\/p>\n<p>Oom Piet is aan die beurt met die verduideliking van die sleemometer.<\/p>\n<p>Elwin en Frederick se Hans en Mans laat die hele slee skaterlag.<\/p>\n<p>Wesley, Roland, Johannes en Andre vat \u2018n wilde rit op \u2018n rollercoaster.<\/p>\n<p>Manie is Mr Price (die keer bly die handdoek darem sit\u2026)<\/p>\n<p>Petrus en Bets maak hul eerste verskyning op die toer in \u2018n vlug na Kanada, met hul blou yskas as bagasie-natuurlik!<\/p>\n<h4>Hikkels<\/h4>\n<p>Van Zyl wil by Oom Piet weet wat hy bedoel het met die woorde \u201cAaitem is \u2018n vryplek\u201d.<\/p>\n<p>Johan wil by Nina hoor wat sy bedoel het met \u201cEkt nog nooit naby genoeg aan jou gele nie\u201d.<\/p>\n<p>By Machrista wil daar gehoor word wat sy bedoel het met \u201cEk is bemarkbaar\u201d.<\/p>\n<p>(Blykbaar is haar sleepille iets wat geadverteer kan word)<\/p>\n<p>Jane wil by Murray hoor wat bedoel het toe he ges\u00ea het \u201cSys \u2018n bees\u201d, terwyl hy op Chelaine se rug sit!<\/p>\n<p>Marguerite wil by Ian weet wat hy bedoel het toe hy na Nina verwys het as \u201cdie een met die magie\u201d.<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3><strong>Dag 4: 3 Mei: <em>Soetheid by die see\u2026<\/em><\/strong><\/h3>\n<p><em>\u00a0<\/em>Met die stokers se stemme word die stapmaats wakker gesing en die paar wat vining genoeg uit hul slaapsakke kan spring gaan kyk hoe die son die dag verlig oor die lagoon. Kort voor lank word daar \u2018n treintjie begin vir al die skouers wat nog gewoond raak aan hul swaar rugsakke. Koffie en pap word geniet met die kitaarmusiek in die agtergrond, wat \u2018n voorreg!<\/p>\n<p>Jannie is slot met Sibbie en Marguerite as sy sleutels- \u2018n musikale kombinasieslot sal ons later hoor.Tente gesak, sakke gepak en met een stapmaat minder val ons in die pad. Na \u2018n paar kilometers word daar besef die drie honed wat saamdraf is nou aan die BTK toevertrou en daar is geen manier om van hulle ontslae te raak nie. Langs die pad word daar vriendelike kinder gesiggies, blou rondawels en baba varkies gewaar- waarvan een natuurlik eers gevang en gevryf moes word deur Elwin. Agter in die groep gebeur dieselfde met \u2018n bokkie in Marguerite se hande.<\/p>\n<p>Die heuwels word met ywer gekim in die wete van die mooi wat elke keer wag sodra die bopunt bereik word (Nina se ukulele help natuurlik ook). Na \u2018n paar kilos deur \u2018n tropiese oerwoud kom ons by \u2018n groot wit strand aan vir middagbroodjies. Die broodjies is skaars gesluk en die spikeball toernooi begin. Die manne daag mekaar behoorlik uit en na die dames mooi gevra het kry hulle darem ook \u2018n beurt.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-3926\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"1081\" height=\"721\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-scaled.jpg 2560w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0392-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1081px) 100vw, 1081px\" \/><\/p>\n<p>Hier word daar geswem, geslaap en in die son gebak. Die vissermanne kom weer met le\u00eb hande terug van die branders en Groepie 3 word gebrandmerk. Nadat almal hul dosis seewater gesluk het word daar \u2018n \u201cstapnou\u201d gehoor, maar nie voor skiet oopgemaak word nie. Mens sien net sand spat soos die dames hardloop\u2026<\/p>\n<p>Nog \u2018n rivier word oorgesteek en die laaste stukkie grondpad gestap voor die aankoms by die aand se slaapplek in Mpanda. Op \u2018n grasperk in die skemerson sien jy stappers wat met sak en al nerval na die dag se avonture. Skiet word vir \u2018n tweede keer oopgemaak na die eerste toeriste ingelig word dat hulle bondelslee. Manie word deur Fred geintercept voor hy kans kry om te begin hardloop.<\/p>\n<p>Die eerste toeriste beeld \u2018n paar BTK legendes uit in hul konsert met Suzaan, David en Christiaan wat hul verskyning op die verhoog maak. Johannes is Jonkershoek en Basson haal sy beste Brits uit in die vertolking van Paddington. Oom Erik is Abraham en vertel die geskiedenis van die BTK; sy besorgheid oor sy seun se tekort aan \u2018n vrou is nou vir die hele groep ook \u2018n gebedsaak saam met Sara\u2026<\/p>\n<p>De Machtige Koning word \u2018n paar keer herhaal.<\/p>\n<h4>Aaitems:<\/h4>\n<p>Jakes en sy Pikkewyntjies vat \u2018n punch!<\/p>\n<p>Frederick is (Stoute) Wouter Kabouter in sy Wildekus Kombuis- selfs sy verhoogmaat kan nie die lag inhou tydens die optrede nie.<\/p>\n<p>Heino se Passanger is \u2018n treffer!<\/p>\n<p>Nina en Inke sus die slee aan die slaap met die mooiste weergawe van \u201cCan\u2019t help falling in love\u201d op die Ukelele.<\/p>\n<h4>Hikkels<\/h4>\n<p>Marguerite wil by Jannie hoor wat hy bedoel met \u201cGroepieleiers is die beste vryers\u201d.<\/p>\n<p>Verder wil sy weet wat hy bedoel het met:<\/p>\n<p>\u201chulle het almal my so kom soen, so mwah, mwah, mwah\u201d<\/p>\n<p>By Murray wil daar gehoor word wat hy bedoel het met \u201cEk gaan haar brandmark\u201d.<\/p>\n<p>Lambert wil by Basson weet wat hy bedoel het met \u201cJy wil my net seermaak sodat jy my kan regmaak\u201d.<\/p>\n<p>Jannie wil by Inke hoor wat sy bedoel het toe sy vir Ian ges\u00ea het \u201cEk kon nie my o\u00eb van jou afhou nie\u201d.<\/p>\n<p>Charlotte wil by Sibbie weet wat sy bedoel het toe sy vir Amy-Lee ges\u00ea het dat sy al die ouens gaan gebruik.<\/p>\n<p>Heino kry sy eie hikkel afdeling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 5: 4 Mei: \u201c<em>the colours of the morning are inside His eyes\u201d<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>\u2018n Sonopkoms-kyk-sessie deur is in orde vir almal wat vroeg genoeg uit hul tente kan kom. Met die aandlug wat stadig maar seker helder oranje geverf word oor die see besef ons opnuut hoe mooi die Skepper is en met dankbaarheid begin ons die dag. Die son vat egter sy tyd en Johan jaag sy span terug kamp toe om tente te sak.<\/p>\n<p>Voor ons begin stap word die verlore potdeksel weer deur sy eienaars geclaim in die daaglikse lost-en-found sessie. Frederick is ons slot vir die dag met Amy en Inke as sy sleutels-kombinasie slotte is blykbaar die manier om te gaan deesdae\u2026<\/p>\n<p>Met \u2018n stapnou val die groep weg, reg vir nog van Wildekus se ongelooflike natuur. Oor grasheuwels en nog \u2018n paar stroompies word daar vining gestop om kans te gee vir die slot en sleutels om in te haal. Die groot oop gras lyk egter te aanloklik en \u2018n paar manne kan \u2018n rondte frisbee weerstaan nie. Na \u2018n vet bult is dit tyd vir gamebreak. By groepie drie word daar besluit die \u201cdries\u201d lyk beitjie vaal en so begin die brandmerkery weer.<\/p>\n<p>Soos ons aan stap word daar vier zebras gewaar wat soos skouperde staan en pronk. Donkies wei ook teen die grasheuwels en die koeie le luilekker op die strand. Dit lyk waaragtig lekker om \u2018n dier op die Wildekus te wees.<\/p>\n<p>By \u2018n groot groen grasperk langs die see stop ons toe vir middagbroodjies. Hier word daar geswem en nog geswem, tussenin word broodjies gehap- die brood was ten die tyd al minder vars (dit besef ons deurdat dit toe nie Ian se voete was wat soos gis ruik nie). Die kitaar word uitgehaal en al wat \u2018n grondeiltjie is word benut vir \u2018n middag le sessie. Voordat almal behoorlik in droomland is word ons weer wakker geruk deur Johan wat opmerk as ons nie nog wil betaal nie moet ons dadelik stap\u2026<\/p>\n<p>Voor ons in die pad val maak Chelaine skiet oop en chaos volg soos wat die manne vir \u2018n slag weghardloop van die dames. Daniel vlug boom toe en Jannie word met sake n al deur Mayms getackle. Na \u2018n rukkie se gewag kies Charlotte eerder iemand nader aan die grond en los vir Daniel sleeloos in die takke. So vertrek ons toe met die grondpad oppad na die aand se bestemming.<\/p>\n<p>By die hek van Hukele natuur reservaat word daar vir \u2018n tweede keer na Daniel gemik en die keer word hy raak geskiet deur Lisa- met Deborah se hulp kry hulle uiteidelik haar broer gevang. Met sonondergang wat al nader staan stap ons verder met die grondpad deur rondawels en kindertjies wat ent0ent saam stap en gesels.<\/p>\n<p>By die slaapplek word ons gegroet deur \u2018n tannie met \u2018n groot glimlag-en \u2018n bottle sanitizer!<\/p>\n<p>Met net een stort onder 70 stapppers word daar die aand na die ingeneurs gekyk vir \u2018n oplossing-en hulle stel ook nie teleur nie. Ian en Daniel demostreer vir ons hoe om met \u2018n <em>bladder <\/em>te stort en \u2018n paar manne volg hul voorbeeld. Van die meisies verkies om eerder hul hare in \u2018n emmer skoon te kry deur hul kop eerste in druk en te hoop vir die beste.<\/p>\n<p>Die aand word daar oester vir voorreg probeer vir die wat braaf genoeg is. Lambert en Jeanri is eerste om te proe nadat Manie hul verseker het die skulpvisse is wel vars. Sibbie en Marguerite wil ook probeer, maar Jannie se opmerking bederf effens hul ervaring.<\/p>\n<p>Die slee begin vroeg en die manne lyk netjies met knoophemde en dasse- en sweetpakbroeke om die uitrustings te volmaak. \u2018n Paar van die eerste toeriste is diep teleurgesteld dat hulle nie ook \u2018n strikdas ingepak het nie.<\/p>\n<h4><u>Aaitems<\/u><\/h4>\n<p>Gill\u2019s word deur Mayms, Charlotte, Nina, Chelaine and Marguerite opgevoer, hierdie dames het defnitief uithou vermoe!<\/p>\n<p>Oom Piet en Abraham is terug om die manne in verhoudings te vra vir raad oor hoe hulle sukses behaal het met die liefde.<\/p>\n<p>Gatiep en Meraai soek na iets wat met die letter T begin<\/p>\n<p>Nellie word verlig\u2026<\/p>\n<p>Nina vertel oor die bye<\/p>\n<p>Die aand se aaitems raak lank en slee (en die sketsskrywer) raak stuk stuk aan die slaap onder die pragtige sterrenag.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 6: 5 Mei:\u00a0 <em>haarwas dag!<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>Met die sterre wat nog in die hemel hang word die kamp wakker gesing deur die stokers se weergawe van <em>Klein Tambotie Boom<\/em> wat die Heuwels self sou trots maak. Sakke word gepak en tente gesak en teen die tyd dat die son sy verskyning maak is die stappers gereed vir die langste dag.<\/p>\n<p>Daniel is slot met die twee niggies; Marietjie en Nellie as sy sleutels vir die dag.<\/p>\n<p>Die eerste helfte van die dag is \u2018n prentjie van groen gras heuwels en blou branders, 4 zebras staan en pronk selfs vir \u2018n foto onder \u2018n paar palm bome. Met die dae wat min word en die sakke wat ligter word, word elke stukkie natuur van voor af waardeer in die wete dat die prentjies binnekort net \u2018n screensaver gaan word.<\/p>\n<p>Vroeg vroeg is tyd vir \u2018n rivier crossing, die keer besluit die span om self die sakke oor die water te kry en dus word daar \u2018n treintjie gemaak,voor almal nog behoorlik kon nat word is die sakke oor. Voor ons te gemaklik kon raak in die sonnetjie word daar stapnou geskree en ons vertrek vir nog \u2018n paar kilos oor die sand. Net voor die sand ons kuite ordentelik begin kou draai ons terug na die heuwels toe en bo-op een so heuwel word daar gestop vir fotos en \u2018n sak resies.<\/p>\n<p>Na die eerste een by die heuwel af is met niks meer as \u2018n \u2018<em>survival bag\u2019<\/em> vir beskerming nie word daar besluit om \u2018n kompetisie daarvan te maak met Daniel, Cobus, Basson en Manie as ons deelnemers. Cobus vat die wen met sy roltegniek. Dink die manne het juis aandag gegee aan die feit dat hulle weer die heuwel gaan moet uitklim nie\u2026<\/p>\n<p>Na almal behoorlik die uitsig waardeer het en die resies verby is, stap ons aan tot by \u2018n oop stukkie strand vir gamebreak. Dit was veronderstel om \u2018n vinnige stop te wees, maar na die eerste een branders toe is, is die plan vergete.<\/p>\n<p>Frederick blou yskas vir Manie en die twee beland so in die water met die oopmaak van skiet. Dis toe ook so dat Manie toe vir Mia skiet aangesien Van Zyl nog nie daarby uitgekom het nie.<\/p>\n<p>You snooze you lose\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Na die gamebreak word die heuwels weer met nuwe moed aan gepak en kort voor lank stop ons weer vir middagbroodjies. Onder \u2018n paar bome by die see lyk dit na die ideale plek vir \u2018n behoorlike ruskans. By groupie drie word daar egter meer gedoen as net geeet. By gamebreak het \u2018n paar dames besluit dat groepieleier Jannie se hare nie nog \u2018n dag sonder seep kan gaan nie en dis toe dat daar besluit word om hom met seep en water aan te val by middagete.<\/p>\n<p>Jannie het net net sy oe toe gemaak vir \u2018n middagslapie toe Marguerite, Sibbie en Mayms hom bekruip met \u2018n water bottel en seep en voor hy bewus is van wat gebeur is sy hare skoon. Die vier spring toe saam deur die branders en kom almal met skoon kapsels terug.<\/p>\n<p>Na middagete stap ons oor nog \u2018n lekker lang strand en voel hoe die son besig is om water te trek. Nog \u2018n rivier crossing en \u2018n heuwel later word die aand se slaapplek aangekondig; Mdumbi Backpackers! Wat \u2018n voorreg was dit nou nie\u2026<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-3925\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"1172\" height=\"782\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-scaled.jpg 2560w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0541-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1172px) 100vw, 1172px\" \/><\/p>\n<p>Met die son wat oor die see sak begin party groepies aandete maak terwyl ander eers die warm storte geniet. Die aand word daar beertjie peoding gemaak en Mayms is in haar noppies om weer \u2018n slag haar broer se gunsteling soetheid te kan eet.<\/p>\n<p>Slee begin vroeg met die wete dat dit \u2018n lang een gaan wees. Ons begin op die gras met die donderweer wat in die verte gehoor word en wag tot die druppels nehoorlik val voor daar na die kerksaal geskuif word.<\/p>\n<h4><u>Aaitems:<\/u><\/h4>\n<p>Die aand word afgeskop deur Mayms wat haar tande \u201cskoon\u201d kry<\/p>\n<p>Op Radio 62 AM word ons bederf met \u2018n geselsie tussen die twee Louw broers asook \u2018n vertoning van <em>Ek wens ek was \u2018n see anemoon. <\/em><\/p>\n<p>Abraham en Oom Piet is weer op die verhoog, die keer vra hulle die dames se raad oor die liefde.<\/p>\n<p>Marguerite en Hellete vertel oor ouma se raad vir \u2018n BTK toer.<\/p>\n<p><em>Meisies in wifeys<\/em> deur Fred en Vam Zyl laat die hele slee skater lag, onthou JY IS GENOEG MEISIE!<\/p>\n<p>2 Popsicles on a stick met Petrus en Bets.<\/p>\n<p>Toe begin die gesange\u2026<\/p>\n<p>Johan en sy Valsetto\u2019s sing hulle weergawe van <em>In the Jungle<\/em> en daarna <em>Ver in die ou Khalari.<\/em><\/p>\n<p>Jannie, Lambert, Sibbie en Marguerite doen uiteindelik hulle rap! <em>Ons is almal BTKners<\/em> is beslis een vir die sangbundel!<\/p>\n<p>Mnr Fourie se bottelstoor is volgende aan die beurt.<\/p>\n<p>\u2018n Paar haal uit en wys met die volgende paar items:<\/p>\n<p>Johannes bekoor ons met <em>Lisa se Klavier<\/em><\/p>\n<p>Manie se <em>Ongetem <\/em>laat \u2018n paar met trane in die oe<\/p>\n<p>Wie sou dink die manne het soveel diepte?<\/p>\n<p>Die aand word afgesluit met kkkkkkaptein deur Johan, Jakes Fred, Jannie en Van Zyl en almal wat teen die tyd nog wakker is s\u00ea dit was die langste een op rekord.<\/p>\n<h4>Hikkels:<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Marietjie wil by Lianca hoor wat sy bedoel het toe sy gese het sy hou daarvan om na Manie te kyk.<\/p>\n<p>Johannes word gevra om te verduidelik wat presies \u201cdoedelsakwange\u201d nou eintlik is.<\/p>\n<p>By Marko wil daar gehoor wat hy bedoel het toe vir Lambert gese het: \u201cEk hou daarvan as jy aan my raak\u201d<\/p>\n<p>So kom die slee ook op \u2018n einde. \u2018n Paar Meisies verdwyn na hul lugkasteel waar hulle die aand deurbring terwyl die res tente toe kruip na die lang dag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Dag 7: 6 Mei \u2013 \u2018<em>n Gentleman\u2019s challenge, \u2018n gat in die muur en vir oulaas \u2018n aaitem<\/em><\/strong><\/h3>\n<p>Die laaste dag van stap het aangebreek! Die oggend begin met \u2018n paar surfers wat eers die branders en borde van die backpackers gaan benut. Die res maak rustig ontbyt en geniet saam \u2018n paar Bialetti\u2019s met mooiste sonsopkoms terwyl ons vir ou laas die rustigheid van die skepping waardeer.<\/p>\n<p>Met die wete dat dit \u2018n kort afstand tot by die einde is, is die span maar lui om hul tente te laat sak, maar einde ten laaste is alles tog gepak en ons val vir ou laas in die pad. Net voor ons die laaste wilde bult aandyrf word daar vir oulaas gegamebreak en alle lekkernye wat nog oor is word uitgehaal.<\/p>\n<p>Ons stap al met die jeep track langs deur rondawels totdat die natuur se rustigheid agter ons verdwyn en ons terug in die samelewing is. Voor ons nog behoorlik opgewarm is kom ons by \u2018n Backpackers in Koffiebaai aan waar ons verwelkom word met \u2018n feesmaal van vrugte, boerewors broodjies en sap! Met middagete word daar vir oulaas geaaitem en die ouens like dit. Voor daar egter geeet kan word moet die manne eers hardloop. Die gentleman\u2019s challenge se wen word deur Frederick geclaim, lyk asof die lockdown se trail running sy doel verrig het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met almal se kragte wat herwin is na ete word daar see se kant to gehardloop vir een laaste baljaarsessie in die branders en \u2018n rondte ultimate frisbee. Daarna vertrek ons vir \u2018n avontuurrit na \u2018Hole-in-the-wall\u201d. Na \u2018n hele paar grondpad opdraendes en baie gebed ko mons uiteindelik by die bestemming. Met \u2018n kronkelpad langs ko mons by die strand aan en sovaar daar in die middle van die see is \u2018n rots formasie met \u2018n gat in die middel en die naam stel toe nie teleur nie.<\/p>\n<p>Hier op die strand word die spikeball \u2018n laaste keer uitgehaal terwyl ander die see geniet, hier en daar word daar selfs \u2018n backlip van die rotse af gewaar. Na al wat \u2018n foto geneem is en Marguerite se Bialetti sy laaste koffie gestook het drentel die span terug na die bus toe in die skemerlig. Terug by die kampterrein word daar deur storte gespring en aandete gemaak voor ons op die bus klim vir die rit terug Kaap toe.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-3929\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"1181\" height=\"788\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-scaled.jpg 2560w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/04\/DSC0705-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1181px) 100vw, 1181px\" \/><\/p>\n<p>Die eerste paar uur in die nag is die bus doodstil soos almal probeer slaap. Langs die pad verloor ons by elke stop \u2018n maat. In Cradock se ons totsiens vir Andre en Manie en verder aan groet ons vir eers vir Ruan en Hellete. By George stop ons vir die Spur ete en \u2018n burger challenge Basson vat die wen \u2013nie sleg\u00a0 vir \u2018n Engelsman nie.<\/p>\n<p>In George groet ons vir oom Piet en stuur vir Van Zyl, Murray, Jakes en Jaco maan toe.<\/p>\n<p>By Buffelsjagsfontain verloor ons nie net vir Frederick nie, maar ook \u2018n wiper. Die geleentheid om bene te rek word ordentelik benut en kort voor lank word daar tussendeur die reen en petrolkanne gesokkie. Daar word koffie gedrink, roosterkoeke gekoop en gesels met die BTKners wat nie kon saam toer nie, Sue wil natuurlik alles hoor in die hoop om effens minder FOMO te ervaar.<\/p>\n<p>Uiteidelik is die bus reg om te ry ons gaan voort. Na tien kom sien ons weer Stellenbosch se berge in die verte en met \u2018n laaste sangsessie stop ons by die Neelsie. Nog \u2018n toer is vertsreke en ons harte is weer vol. Met herhinneringe van ons land se ongelooflike natuurskoon en nuwe vriendskappe wat oor die 7 dae gevorm is. Die eerste toer van die 2021 is sy\u2018n einde en met opgewondheid word daar reeds oor die volgende een gesels.<\/p>\n<p>Dis \u2018n wintersaand in Stellenbosch, maar in die BTKners se harte is dit nogmaals lente.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lewe lank, lewe lank BTK<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wildekus 2021 \u201cOns is Wilder as die Wildekus\u201d &#8216;n Skets van gebeure deur Lianca Coetzee &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp; &nbsp;<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3922","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3922"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3922\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3935,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3922\/revisions\/3935"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}