{"id":4231,"date":"2022-11-23T12:16:10","date_gmt":"2022-11-23T10:16:10","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4231"},"modified":"2022-11-23T12:16:10","modified_gmt":"2022-11-23T10:16:10","slug":"keerom2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2022\/11\/keerom2022\/","title":{"rendered":"Keerom 2022"},"content":{"rendered":"<h2>Keerom 2022<\/h2>\n<h3>Dag 1: Staircase to Heaven<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4264 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"404\" height=\"303\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_7043-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 404px) 100vw, 404px\" \/><\/p>\n<p>Die einde van die Junie vakansie breek aan, maar voor dit terug is na klasse, toetsroosters en neelsie etes, wag daar n BTK toer op die horison vir 45 studente. Dis 6:00 op n Dinsdag oggend, die groep versamel onder die sterre by die brug in Merrimanlaan. Groepies word ingedeel, nuwe toeriste ontmoet die oues, vriende groet mekaar na \u2018n vakansie apart, stories van oorsese toere en Namibiese kamp verhale word in die verbygang gehoor. Teen 7:00 word die bus gelaai en ons vertrek na die Keerom berge.<\/p>\n<p>Die bus is stil in die oggendure, maar soos die son opkom, ontwaak n paar toeriste en begin stilletjies te gesels. Na \u2018n uur se ry sit die son op sy plek en die groep klim af by Mooikloof.<\/p>\n<p>Hier verwelkom ons toerleier al die eerste toeriste en verduidelik waarna ons kan uitsien vir die dag se stap. Skiet word gedemonstreer deur Van Zyl en Mia wat die sirkeltegniek teen die tyd al vervolmaak het. Graham\u00a0 is slot en kies sy sleutels, maar nie voor hy seker maak dat hulle wel enkellopend is nie.<\/p>\n<p>Waterbottels volgemaak, veters vas en sonroom gesmeer word De Macgtige koning gesing en ons begin stap met die blaas van Fred se fluitjie en \u2018n \u2018stap nou!\u2019.<\/p>\n<p>Kort voor lank word een baadjie na die ander uitgetrek soos daar besef word dat die opdraend gaan nie binnekort gaan ophou nie. Die klim is steil -baie steil- maar die uitsig bo-aan elke koppie maak elke tree die moeite werd. Die eerste game break kom vining, en almal is dankbaar om asem te skep. Die eerste paar eertste toeriste word uitgekyk en \u2018n paar ander kyk benoud en effens deurmekaar na dit wat hulle gewaar\u2026<\/p>\n<p>Ons stap aan, en vir die gene wat teen nog getwyfel het, is dit nou duidelik dat daar vandag geen ruskans vir die kuite gaan wees nie. Die opdraendes hou aan, en een koppie speel wegkruipertjie agter die ander.<\/p>\n<p>Teen sononder word die groep in twee gedeel, nie met opset nie, maar die agterosse besef wel vining dat hulle geen idee het waar die pad loop nie. Theo probeer die groep opspoor, met geen sukses en die slot se walkie talkie is ook nie juis van hulp nie.<\/p>\n<p>Uiteindelik vind die groepe weer mekaar en die laaste ent na die kampplek word aangepak. Die son is weg en die maan vervang dadelik sy plek. \u2018n volmaan bo pienk en blou lug is die agtergrond vir die rostagtige berge. In verwondering kom die groep by die kampplek aan. Die koue word wel nou duidelik gevoel en vere spat soos donsbaadjies uitgeruk word in die hoop van \u2018n bietjie hitte. Skiet word oopgemaak en \u2018n paar eerste toeriste hardloop verward in die rigting van dameskamp.<\/p>\n<p>Later die aand prober Martin steeds vir hom \u2018n slee vang, maar Graham intercept nog voor Martin kan opstaan. Die stokers begin stook en die sterre word al helderder soos die koue meer byt. Teen die tyd wat dit kom by aitems voel \u2018n paar asof hul vingers dalk mag verlore gaan en die aand is die grappies maar min..<\/p>\n<p>Aitems:<\/p>\n<p>Frederick begin met \u2018m passievolle ballade vir \u2018n sterwende bok.<\/p>\n<p>Mario en Luigi is terug op die rivier, met Maja as Maria is die slee dadelik aan die lag.<\/p>\n<p>Martin bederf die slee met \u2018n storie oor Pater en sy Broer; aaaahaaaa.<\/p>\n<p>LT en Fred se Hans en Mans spring hoog bo die vis, of dit is oor die reuk of om warm te bly is nog onder bespeigeling.<\/p>\n<p>Hikkels:<\/p>\n<p>Martin kry sy eie afdeling, een vra hoekom hy maklik is\u2026 dit is wat dit is neem ons aan.<\/p>\n<p>\u2018n nuwe toeris vra wat bedoel word met dis beter om op plat grond te verjaar. Die volgende oggend was die vraag vining beantwoord.<\/p>\n<p>Die aand word korgeknip met die tempratuur wat op 0 grade Celsius gaan staan en die groep skarrel na hul tente in die hoop om hitte van hul tentmaat te steel.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<h3>Dag 2: Nag (mars) dames<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4243 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220713_175600-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/p>\n<p>Die stokers sing ons wakker en na die lang, koue nag is almal redelik vrolik om te kan opstaan en begin beweeg. Die sonsopkoms oor die berge herhinner ons aan Sy goedheid selfs na die nag waar die einde ver gevoel het.<\/p>\n<p>Bernhard verjaar en in tipiese Btk styl word daar vir hom geluk gewens. Die plat grond het toe gehelp en die vorige aand se hikkels maak nou meer sin vir die eerste toeriste. Martin is ons slot, en vra of daar meer as twee sleautels mag wees\u2026<\/p>\n<p>Ons begin stap met die son wat begin bak. Ons stap oor die kryn van die berg tot aan die onderkant van Keerom piek. Met die verbygang gewaar ons \u2018n vas gevriesde stroompie, iets wat net voorkom na \u2018n nag waar die grades aan die skaarser kant was.<\/p>\n<p>Sakke word gelos by die onderkant van die piek en met net die middagbroodjie gereedskap begin ons die bergpiek te klim. Soos die hoogte bo seespieel vermeerder, so verminder die tempratuur. Sneeu word plek, plek opgemerk. Weereens is die uitsig meer as genoeg belonging vir die steil klim en die gesig van Wocester is genoeg om van die koue te vergeet. Die vallei se berge kronkel onder ons en pieke en bergreekse le so ver soos die oog kan sien.<\/p>\n<p>\u2018n Laaste paar eerste toeriste word uitgekyk met middagete en die wraak kom al nader. Fotos geneem by die bake en laaste blokkies sjokolade gesluk stap ons af.<\/p>\n<p>Ons bly op die kryn en die pad verder is redelik gelyk, perfek om die name wat jy misgeloop het, of alreeds vergeet het van seker te maak en \u2018n geselsie in te werk.<\/p>\n<p>Die lug verander weer van blou na pienk en met die maan wat ewe skielik voor ons le besef die groep dat \u2018n nagmars dalk ons voorland mag wees. Die eerste toeriste het darem nou tyd om hul liedjies te repeteer en by een so wag sessie weergalm De Magtige Koning teen die kranse uit.<\/p>\n<p>Die afdraend word aangevat in die skemerlug en kort voor lank word kopliggies uitgehaal en die berg verander in iets wat \u2018n kersboom reflekteer. Hier en daar word \u2018n benoude uitroep gehoor soos tone teen klippe gestamp word of soos een of twee dames se voete sommer heel onder hul uitgeslaan word, ongelukkig nie deur hul slee nie\u2026<\/p>\n<p>Die stap raak lank en sleepille word vroegtydig uitgehaal om die gemoedere te prober lig. Teen die tyd wat die kampplek bereik word is die groep meer as dankbaar om tente te span en by hul stokers uit te kom. Nadat ons energie weer vernuwe is, kondig Fred aan dat die tyd vir die wraak nou hier is. Die reenwolke versamel teen \u2018n snel spoed en die eerste toeriste word aangejaag.<\/p>\n<p>In die konsert vertolk Guido die rol van Dederick, \u2018n man wat sy spiere verloor het en nou alles prober om weer die gains bymekaar te skraap. Al wat \u2018n ding is word in \u2018n shaker gegooi; gegisde peisangs maak \u2018n verskyning, boer Martin gee ook insette saam met \u2018n vegpikkewyn en ander gediertes.<\/p>\n<p>Die manne se verjaarsdaglied kort nog oefening\u2026<\/p>\n<p>WRAAK was nog nooit so lekker nie.<\/p>\n<p>Die soetheid word geniet en slee word oorgelsaan met die reen wat al nader kom.<\/p>\n<h3>Dag 3: BTKoor aand<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4252 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-300x200.jpeg\" alt=\"\" width=\"378\" height=\"252\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-300x200.jpeg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-584x389.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-768x512.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-1536x1024.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/F92037C6-F2AF-450E-BD68-4801351A8828-2048x1365.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 378px) 100vw, 378px\" \/> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4255 alignnone\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-300x200.jpeg\" alt=\"\" width=\"380\" height=\"253\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-300x200.jpeg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-584x389.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-768x512.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-1536x1024.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/8160AA5C-1B16-460F-93A4-F32D96024F85-2048x1365.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/><\/p>\n<p>\u2018n Lekker inle oggend.<\/p>\n<p>Die son maak sy verskyning en die stokers se stemme klink soos \u2018n engele koor na die warmer aand se slaap. \u2018n Paar meises is nou selfs braaf genoeg om die rivier \u00a0aan te durf om \u2018n slag hare te was. Ontbyt word rustig geniet en teen 10:30 is ons uiteindelik oppad, maar nie voordat nog \u2018n versjaardagmaatjie gelukgewens word nie.<\/p>\n<p>Die pad is ruig met proteas en ons stap deur \u2018n paar vet modderplasse. Dis \u2018n redelike rustige stappie en gamebreak kom sommer vining. Na die groep hul pad gevind het deur \u2018n droe rivierloop. By groepie 4 word die sand in hul game verduidelik as goed vir die spysverteering. \u2018n Foonoproep word gemaak om \u2018n paar toeriste by die huis uit te kry na hul skoene hul in die steek gelaat het..<\/p>\n<p>Na gamebreak is die pad een lang jeeptrack en die groep loop soos stroop. Dis \u2018n kort entjie deur appelboorde al langs die rivier oewer af. Die kanpplek kom so vining dat \u2018n paar stappers effens skepties is of dit werlik die eindpunt is.<\/p>\n<p>Na middagbroodjies kry Grahem die kitaar beet, en kort voor lank is almal saam met sangbundels in die hand. Suiderkruis, Piano man en Vir Altyd bekoor die bome en in die sagte winter son word ons Skepper se naam verheerlik.<\/p>\n<p>Skiet word deur Mia oopgemaak en die keer kry die dames kans om hul skote te skiet. Spanne word gemaak en twee twee word die manne sommer vining raakgevang. Party manne hardloop hul slee egetr eers ordentelik moeg voor hulle ingee\u2026<\/p>\n<p>Ons groet drie maters, en hoop om hulle op \u2018n volgende toer weer te sien.<\/p>\n<p>Met die son wat verdwyn agter die berge word daar gougou vuur gemaak. Die vuurtjie word met ope arms verwelkom na die twee aande van uiterse koue, die dames kla nie eers oor rook in die hare nie.<\/p>\n<p>Aandete word begin, by groepie 4 se grondseil word daar nog steeds gevra hoe die sand in die kos beland het. Fred kry die kitaar in die hande en lei die groep in \u2018n saamsing sessie in ware BTK styl. Die groep wil nie ophou sing nie, maar die vorige aand se aitems moet ingehaal word en so word die slee ingeskud. Die manne lyk netjies uitgevat met knoophempies en strikdasse vir damesslee.<\/p>\n<p>Aitems:<\/p>\n<p>Mnr Fourie se bottelstoor is eerste aan die beurt met Van Zyl en Fred wat die telefoonoproep gretig opvoer.<\/p>\n<p>Generaal LT se troepe kry slegte nuus, wat nog slegter oorgedra word.<\/p>\n<p>Bernhard, Van Zyl, Petri en Fred is sklipaaie wat skoorsoek by die kroeg, en wen die rekord vir die stadigste aitem.<\/p>\n<p>Stoute Wouter Kabouter is terug in sy Weskus se Ooskombuis, met kreefkuite en ander seespesialiteite om vir sy gas te bied.<\/p>\n<p>Die Gills maak \u2018n verskyning en is uitasem na hul aitem.<\/p>\n<p>\u2018n Fliek word in stilte gekyk, met die paartjie wat ver uitmekar sit raak dit effens ongemaklik tussen Bernhard en Frederick\u2026<\/p>\n<p>Nooi soek weer boi, en elkeen verduidelik presies wat sy in haar ideale man sal wil he.<\/p>\n<p>Gedroggie maak skrik en word skirkgemaak met Guido as slagoffer.<\/p>\n<p>Charlotte bekoor met haar talent op die kitaar.<\/p>\n<p>Heino se passenger is terug op die verhoog en kry die slee saam aan die sing met let it go.<\/p>\n<p>Fred verduidelik aan \u2018n eerste toeris wat sy lippe kan doen\u2026<\/p>\n<p>Hikkels:<\/p>\n<p>Maja word gevra wat sy bedoel het met die dat Martin se stoel twee mense se gewig moet dra, sy verduidelik dat Martin se kuite bonormale gewig is en die stoel dus redelik sterk moet wees.<\/p>\n<p>Vir Graham word daar gevra hoekom hy ook boude soos Fred wil he, blykbaar lyk dit vir hom meer funksioneel om die bulte mee aan te durf.<\/p>\n<p>By Muller word daar gevra hoekom hy eerder in die uitkyksirkel wil wees<\/p>\n<h3>Dag 4: jeeptracks is die pad na my hart<\/h3>\n<p>Die dag begin soos hy geeindig het, met voete wat prober warm gemaak word om die vuur. Met tente wat plek-plek gevries is wag on seers totdat die son sy verksyning maak om vingers en slaapsakke te ontdooi. Na almal \u2018n derde koppie koffie al in het, word die fluitjie geblaas en ons begin die dag se stap.<\/p>\n<p>Die jeeptracks is \u2018n goed werkolmende afwiseling na die vorige paar dae se padjies wat moeilik geklassifiseer sal word as staproete. Met die egalige en bree pad wat voor ons uitstrek word die geleentheid gebruik om die sangbundels ordentelik te benut. Van die slot en sleutels se rigting word daar al wat \u2018n deuntjie is gehoor, van bobbejaan klim die berg tot klein tambotieboom.<\/p>\n<p>Die roete loop al om die dam, en die weerkaatsing van rotsagtige berge op die seepgladde water lyk soos \u2018n waterverf toneel voor ons oe.<\/p>\n<p>By die halfpadmerk word daar gestop vir middagbroodjies, met die son wat op dag vier besluit het om in te haal vir sy flou verskyning die vorige paar dae is die groep gretig om game aan te maak. Die waterdraers is minder gretig om die pad af dam toe aan te durf.<\/p>\n<p>Na almal behoorlik getuna en mayo is word daar groep fotos geneem en met \u2018n stap nou val ons in die pad vir die stappie na die aand se kampplek. Die belofte van warm storte dryf ons met nuwe energie en die slotspan jaag vir van Van Zyl en Mia aan met \u2018n draffie.<\/p>\n<p>Die stap na die groen gras van Simonskloof se kampterrein is kort en met aankoms by die kamp is daar nog oorgenoeg sonskyn oor vir \u2018n damswem, boeklees, kitaarsessie en \u2018n tweede keer se stort. Skiet word oopgemaak en die groen afdraend maak die wegkomkans maklik vir die dames. Henri word geintercept deur Frederick wat regstaan aan die onderpunt van die heuwel.<\/p>\n<p>Die kitaar se snare word weer ingestel en Graham hou show, die Engelsman beindruk ons behoorlik met sy talent.<\/p>\n<p>Die aand word daar \u2018n gunsteling gereg gemaak en om die vuur gekuier met die wete dat die laaste aand saam met al die toermaters is. Die poeding \u2018n bietjie opgekikker te danke aan Martin se amurula en Graam se kaneel.<\/p>\n<p>Die groep word moeilik weggeskeur van die vuur, maar met die agenda van aitems wat wag moet daar vroeg begin slee word\u2026<\/p>\n<p>Aitems:<\/p>\n<p>Die aand skop af op reis. Die vliegtuig met die blou yskas, Candice, oftewel Ruan as lugwaardin en Kaptein Martin op stuur.<\/p>\n<p>Bets en petrus gaan koop roomys<\/p>\n<p>Die eerste toeriste ry rollercoster<\/p>\n<p>\u2018n paar bobbejane hinder LT en Maja se telefoonoproep.<\/p>\n<p>Die seerowers is weer op soek na hul lugtoring, \u2018n oproep na Immaneul help nie juis met hul rigting nie en \u2018n rumbottel l yonder die seerowers.<\/p>\n<p>Die kanoes maak weer \u2018n verskyning; in \u2018n taal van hul eie.<\/p>\n<p>Frikkie en Sarel het \u2018n grooot taak wat voor hulle le<\/p>\n<p>Gatiep en Meraai speel I spy<\/p>\n<p>Dokter Van Zyl se bewerings is ver van korrek.<\/p>\n<p>Klippes kry nou nog koud<\/p>\n<p>BTK meisies laat die skare effens gril\u2026<\/p>\n<p>Van Zyl en Fred is meisies in wyfies, hulle probeer mekaar oortuig dat die ander een wel genoeg is en droom saam oor die ysblou oe van die toerleier\u2026<\/p>\n<p>Inke en Heino se \u2018huwelik\u201d word getoets, deur vroulief se vermoe om puzzle te bou<\/p>\n<p>Henri en Guido vertel grappies wat enige pa sou trots maak.<\/p>\n<p>KKKaptein is laaste aam die beurt en die aitem word deur gehakkkkkel.<\/p>\n<p>Hikkels:<\/p>\n<p>By Heino wil daar gehoor wat hy bedoel met daar moet hard geslee word vannaand.<\/p>\n<p>By bertus wil ons weet hoekom hy die vuur by die stort wil sit vir die view.<\/p>\n<p>Maddie verduidelik haar \u201cskudsessie\u201d aan die slee<\/p>\n<p>Martin vra vir Marc hoekom Bovril diepte aan \u2018n broodjie gee<\/p>\n<p>Bernhard vra vir Martin hoekom hy gevra het \u201cdo you want to see it\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar maak sy kuite skrik\u2026<\/p>\n<p>Rone wil by Guido weet hoekom hy nog nie haar stem herken nie.<\/p>\n<p>Van Zyl moet verduidelik hoekom hy so dikwels in dameskamp gewaar word<\/p>\n<p>Ons sing vir oulaas die magaliesberg se aandlied en dank U vir die tyd in U skepping.<\/p>\n<p>Daar is 4 ure oor om \u2018n slapie te vang en die stappers probeer die meeste daarvan te maak.<\/p>\n<h3>Dag 5: stadig oor die klippe<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4249 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"429\" height=\"322\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_6034.HEIC_-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 429px) 100vw, 429px\" \/><\/p>\n<p>Met die volmaan wat nog in die lug hang en sterre wat flikker word die stokers gehoor met Sweet Caroline wat uitbasuin word tussen deur die tente. Na die lang aand van aitem is die paar ure se slaap maar effens min, maar die groep is vining uit die slaapsakke en ons pak op om die laaste dag aan te pak.<\/p>\n<p>Met die lug wat verkleur van donkerblou na ligpienk vergader ons in \u2018n sirkel om n paar toeriste maan toe te stuur. Van Zyl, Graham, Martin, Annelie saam met Inke en Heino vertel van hul eerste en beste toere. Een ding is verseker, die BTK sal gemis word en die BTK sal vir hulle ook mis.<\/p>\n<p>Ons begin te stap, die honde van Simonskloof volg teen die heuwel uit. By die afdraend gaan dit maar stadig. Dis \u2018n gly, trap affere en bossies met dorings verander die staproete in iets wat meer soos \u2018n hindernisbaan voel.<\/p>\n<p>Plek plek kyk ons op en verwonder ons die grootsheid van die kranse wat ons omring en besef hoe klein ons is in vergelyking. Aan die onderpunt van die kloof stap ons deur \u2018n woud tot by \u2018n opening waar sagte groen mos onder gebrande bome le en loer, kompleet soos \u2018n piekniek kombers.<\/p>\n<p>Hier hou ons game break en die laaste sweeties en koekies word uitgedeel en uitgeruil. Een groupie se kondensmelk blikkie moet ook op, en al wat \u2018n lepel, vinger en koekie is word ingedoop.<\/p>\n<p>Ons stap aan en uit by die kloof, oor \u2018n paar senutergende ledges en verby \u2018n rotspoel, waar die manne klippe inrol om diepte te toets. Verby \u2018n familie wat piekniek op \u2018n klip en \u2018n huisie op die rivieroewer. Met die eerste tekens van men sweet ons die einde is naby, die jeeptracks bevestig dit en ons loop met spoed tot by die middagbroodjie stompe.<\/p>\n<p>Alles wat oor is word uitgehaal en ons kry kombinasies van tuna, chutney, Bovril en mayo broodjies.<\/p>\n<p>Met \u2018s laaste \u201cstap nou!\u201d vat ons pad deur die wingerde en verby plaashuisies tot by die teerpad waar die bus ons inwag. Voor ons kan vertrek na die spur, moet die manne eers hul spoed toets in die \u201cgentlemn\u2019s challenge. Graham vat die wen, kaalvoet en al!<\/p>\n<p>So vertrek ons na woecester mall waar nog \u2018n challenge wag. By die spur word die eerste toeriste vertel van die uitdaging en so begin die roeiers te roei, dit was \u2018n strawwe kompetisie, maar LT het bo geindig. Van die ander lyk manne maar ewe bleek daarna..<\/p>\n<p>Die bokke speel teen wallis en die eerste helfte word gekyk voor ons op die bus terug na Stellenbosch vetrek.<\/p>\n<p>Die uitsig uit die bus is een van oranje rooi lug en die silloute van woescerter se berge wat stadig begin vernader in \u2018n vae herhinnering.<\/p>\n<p>Die bus stop weer waar ons reis begin het en met swaar gemoedere groet toermaters mekaar met die wete dat die vakansie nou op \u2018n einde staan. Die hartseer word wel verhelder met die idee dat in die afgelope 5 dae, daar van vreemde gesigte hegte vriende geword het.<\/p>\n<p>Vaarwel toermaters, tot die volgende een.<\/p>\n<p>Lewe lank lewe lank BTK.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Keerom 2022 Dag 1: Staircase to Heaven Die einde van die Junie vakansie breek aan, maar voor dit terug is na klasse, toetsroosters en neelsie etes, wag daar n BTK toer op die horison vir 45 studente. Dis 6:00 op n Dinsdag oggend, die groep versamel onder die sterre by die brug in Merrimanlaan. Groepies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4231","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4231","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4231"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4231\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4273,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4231\/revisions\/4273"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4231"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4231"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4231"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}