{"id":4276,"date":"2022-11-23T12:40:06","date_gmt":"2022-11-23T10:40:06","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4276"},"modified":"2022-11-23T12:40:06","modified_gmt":"2022-11-23T10:40:06","slug":"drakensberge2022","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2022\/11\/drakensberge2022\/","title":{"rendered":"Drakensberge 2022"},"content":{"rendered":"<h2>Drakensberge 2022<\/h2>\n<h3>Dag 1: Aand<\/h3>\n<p>Dit is die einde van die eerste kwartaal en almal se voete jeuk vir \u2018n stukkie berg. Jy hoor die gekletter van ou stemme en die opwinding van eerste toeriste &#8211; dit is wat dit is. Die BTK is op pad Drakensberge toe.<br \/>\nKyk, 20 ure op \u2018n bus is nie speletjies nie &#8211; SO kies MOOI die maaitjie lanks wie jy sit. Party gevalle is baie eenvoudig, as jy \u2018n geringde duif \u2026 skuus, geroesde sleutel het, dan maak alles net sin. Dit gaan \u2018n lekker rit wees vir jou. In ander gevalle is dit nogal moeilik, sit jy nou lanks \u2018n potensi\u00eble aanhangsel en moet jy elke woord mooi kies wat jy s\u00ea of sit jy lanks \u2018n goeie maaitjie wat jy reeds goed ken. Dit gaan alles oor vraag, aanbod en risiko.<br \/>\nHierdie voete begin skarrel om in die bus te kom en wragtig, ons het amper op tyd gery. Die bus klink oorspronklik soos \u2018n klomp vinke in \u2018n vink nes, maar het vinnig verander toe die wiele eers begin spoed optel. Daar was wel twee vinkies wat besluit het dat 24:00 nog nie tyd is vir gaan slaap nie.<\/p>\n<h3>Dag 2:<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4282 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"469\" height=\"264\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220327_065232-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 469px) 100vw, 469px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kan jy nou meer, ons is steeds op die pad. Dit is presies hier waar jy gaan agter kom of jy die regte rit maaitjie gekies het of nie. Rondom 08:00 kon Martin dit nie meer inhou om \u2018n bietjie \u201cgong\u201d en afrikaanse treffers te speel nie &#8211; dit was mees waarskynlik \u2018n paar toeriste se wekker. En selfs die middag het \u2018n paar skape ons vergesel, weereens dankie Martin.<br \/>\nDaar word al hoe meer en meer gekriewel op die bus soos die toeriste begin smag om die Drakenberge onder hulle voete te voel. Die pad raak nou lank. Uiteindelik stop ons by die shuttels en die toeriste raak opgewonde omdat die eindbestemming is \u201csurely\u201d in sig \u2013 min weetende wat die aand nog inhou.<br \/>\nDie toeriste verskuif van die groot bus na die twee shuttels en die avontuur begin. Die eerste twee bussies ry vooruit met die res wat agter bly. As jy al ooit twee bussies wou sien 4X4 ry met drywers wat dink hulle neem deel aan F1, dan moes jy saam gery het. Nie net het die bussie gekraak (fisies en emosioneel) oor ELKE bult nie, maar een bussie het selfs bietjie toertjies gewys met altwee voorwiele in die lug. {Baie dankie aan die Mans wat die bussie wel weer reg gehelp het \u2013 julle is ysters).<br \/>\nRondom 2 ure later (19:00) is die toeriste uiteindelik by Injisuthi kampterrein net om wel te besef dat meeste van die kos is by die groot bus. Dit sluit ook in meeste van die toeriste se stap sakke met almal se warm klere. Dit is toe dat die toeriste begin kreatief raak. Marietjie, Jannie, Mia en Van Zyl het die koeksister regniek geimplementeer om warm te bly \u2013 enige navrae kan aan hulle gevra word. Dit is daar toe die Kazoo ook uit gehaal word om die aand te vergesel met musiek, maar volgens Martin klink dit meer soos \u2018n meskiet.<br \/>\nDie aand raak al hoe later soos die toeriste wag vir hulle maaitjies en almal raak honger. Daar was een van drie regnieke wat geimplementeer was om die honger te vul<br \/>\n1. Begin Slee lekkers eet<br \/>\n2. Slaap<br \/>\n3. Geluister na Jannie wat guitar speel<br \/>\nWat het aan die ander kant van die berg gebeur vra jy? Wel, 2 dinge. Daar was gewag en daar was gebid, of so s\u00ea die posduiwe. Soos die bus wag by Loskop, was hulle omsingel met 4 kuier plekke, \u2018n paar \u201clekker\u201d mense and selfs \u2018n \u201cfunky\u201d danser. Dit is toe, toe die bus besluit om terug te keer na Winterton. Soos die gewag voort gaan, begin toeriste diep chats gesels, sing en selfs \u2018n paar skiet tegnieke uitdink. Gelukkig was daar long-drops vir die lang wag, of skuus, \u201cgate\u201d woord direk aangehaal deur LT De Jager.<br \/>\n1,2,3,4 ure gaan verby. Na \u2018n geslote hek, krakende bussies en honger vinkies, arriveer die tweede groep toeriste 23:00 by die kampterrein. Dit is toe wat die 12kg wors BEGIN gebraai word en \u2018n kort besluit geneem was dat die BRAAIbroodjies in broodjies gaan verander. Hoe dan nou anders as om die tradisies voort te hou met \u2018n Slee aand. Die afwesigheids-syfer was redelik hoog, maar dit het nie die toeriste terug gehou nie. Die aand was afesluit met \u2018n jikkel aan Fred: \u201cWat het Fred bedoel toe hy s\u00ea ons gaan 17:00 by die kampterrein arriveer\u201d en ons wag steeds vir die antwoord.<\/p>\n<h3>DAG 3:<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4321 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"360\" height=\"240\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0200-2-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 360px) 100vw, 360px\" \/>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4306 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-300x200.jpeg\" alt=\"\" width=\"359\" height=\"239\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-300x200.jpeg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-584x389.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-768x512.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-1536x1024.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSCF3535-2048x1365.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 359px) 100vw, 359px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2018n RUSTIGE oggend by Injisuthi soos die vinkies ontwaak na min slaap en word vriendelik gegroet met die Drakensberge se prag en gesag. Half 8 word die dames met \u2018n \u201cheeeeeeerlike dag\u201d verwelkom deur \u2018n paar harmonie\u00eb van die meneere. STADIG maar seker word daar gestort, gepak and gespeel. Hier begin die toeriste stadig maar seker agter kom wat hulle vergeet het om in te pak. Hier is 2 belangrike wenke:<br \/>\nA. Maak seker jy maak die boks oop met jou nuwe stap skoene VOORDAT die staptoer begin, jy mag dalk net twee linker skoene kry.<br \/>\nB. Onthou jou tandeborsel \u2013 soos Jannie s\u00ea: \u201cJy het net jou tandeborsel nodig tot jy trou\u201d en sover ek weet, is niemand getroud nie.<br \/>\nWat is die BTK dan sonder opening van die De Magtige Koning liedjie and verduideliking van Skiet (veral met die OG\u2019s, Johan en Marguerite) \u2013 ons wonder maar elke keer. De Wet is as slot geidentifiseer en hy kies sy geroesde sleutel \u2013 Bianca. ENN die stap begin\u2026<br \/>\nMet geselige and opgewonde stemme wat uitsien na die onbekende van die dag, vul die stemme die klowe van die Drakensberge. Reusagtige berge, grasgroen velde, singende strome and sielsvullende gesprekke verryk die tre\u00eb van die toeriste. Hier is waar jy iemand goed of BAIE goed leer ken. Dit is nie maklik om voorentoe of agtentoe te beweeg wanneer jy begin stap nie, so weet dat jy die persoon agter en voor jou in diepte gaan leer ken. Tensy jy die \u201cStil bly\u201d sindroom tegniek inneem en net \u201ckom stap het om die Drakensberge te sien\u201d.<br \/>\nTydens die stap, het die Drakensberge ryker geword met die volgende items wat deur die riviere gesteel is:<br \/>\nA. Kazoo \u2013 hy het sy laaste Karuiseee geneem by die rivier af (waaroor Martin tog te bly was)<br \/>\nB. Water bottel<br \/>\nC. De Wet se motivering<br \/>\nD. Nina se stapskoen<br \/>\n\u2018n Lieflike middagstappie by die \u201csteel\u201d rivier en wargtig het Gragam die Kazoo terug gesteel, maar die kazoo het wel sy stem verloor tydens die cruise. Die stilteen afwagtig was gebreek met die begin van die Uitkyk. Eerste toeriste kyk verwarrent rond met die hoop om insig the kry van die oud toeriste, maar die oud toeriste gaan rustig voort.<br \/>\nDie BTK het offisieel die Guinness World Record gebreek vir die meeste \u201cOw wow\u201d s\u00ea en hulle het die volle reg. Die groen bedekte berge met spelende watervalle is genoeg om jou asem weg te slaan. Te danke aan Fred se spesiale re\u00eblings met die weer, was daar geen re\u00ebn vir die eerste twee dae (en ook die hele toer).<br \/>\nIn die verte sien die toeriste die Marble Baths en almal begin sprankel soos hulle lus is vir die spelende rivier. Skielik is almal weer kindertjies soos hulle in die water baljaar. Die koue water het wel \u2018n gilletjie of twee uit die toeriste gebring en \u2018n besonderse een van LT. Die rivier van steel was wel weer aktief aan die gang soos die GoPro \u2018n GoFlow verder gevat het met die rivier.<br \/>\nDaar was wel \u2018n baie groot vraag: Hoekom het die meisies aan die verkeerde kant van die rivier geslaap? Of dit nou was omdat daar \u201cgeriefliker slaap plek was vir die meisies aan daardie kant\u201d of dat die ouens \u201caktief\u201d die meisies kan help om oor die rivier te kom sal ons nooit weet nie. Die aand sluit of met \u2018n rustige slee langs die suisende waters van die Marble baths.<\/p>\n<h3>Dag 4:<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4309 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"407\" height=\"271\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-15-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 407px) 100vw, 407px\" \/>\u00a0 \u00a0 \u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4324 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"413\" height=\"275\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/DSC_0157-2-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 413px) 100vw, 413px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die toeriste ontwaak vir die tweede dag se stap na \u2018n klipperige slaap (of wel, aan die meisies se kant). Die stokers is al 05:00 op en aan die gang en aanskou die rivier oorsping ekspidisies van die meisies. Daar was ook \u2018n verjaarsdagmeisie (Stacy) wat die volle aanslag van die verjaarsdagliedjie beleef EN oorleef het.<br \/>\nDeur die loop van die dag, word die rivier van \u201cSteel\u201d na die rivier van \u201cuithouvermo\u00eb\u201d vernoem soos dit die toeriste se emosionele en fisiese welstand getoets word. Die rivier het letterlike en figuurlike merke gelos op die BTK toeriste \u2013 volgens Fred wou hy wel net seker gemaak het die klip is okay. So net sodat almal weet, die klip is okay, Fred was wel nie. Indien jy meer van Fred se avontuur wil hoor, wees aan die uitkyk vir STED FRED op Youtube en Instagram. Die stap gaan voort met diep chats wat onderwerpe inhou van Afrikaanse vlieks, oorlogstories and studie wenke. Net voor DIE GROOT KLIM is \u2018n baie nodige game break gevat.<br \/>\nDIE GROOT KLIM: 2km \u2013 1000m escalation<br \/>\n\uf0de \u201cOOOOO WIEEEE\u201d is tenminste 50 keer geskree met die opklim van Leslie\u2019s pass. Dit het een van twee betekenisses: Of die toeris is baie op sy senuwee oor die hoogte wat kom of hy is baie opgewonde. Net jy sal weet watter een dit is.<br \/>\n\uf0de Die berge het gereeld terug gesels soos die toeriste uitroep na die onbekende<br \/>\n\uf0de Agter in die ry hoor jy ook die BTK koor wat die agterstes ondersteun<br \/>\n\uf0de Middagete word geneem tussen die skeure van die Drakensberge<br \/>\nVERDER OP MET DIE GROOT KLIM:<br \/>\n\u2018n Opgedateerde konklusies is geneem: Indien toeriste \u201coooo wiee\u201d skree is dit \u2018n goeie teken! Sodra daar stilte is, dan weet jy daar word gesukkel. Tenminste was daar nou en dan \u2018n blerwende skaap wat die stiles vervul het. Die toeriste raak al hoer stiller soos die hoogte van die Drakensberge hulle beet kry, al wat wel in Maymarie se kop dwaal is die volgende gedagte \u201cDink net hoe mooi gaan ons boude wees na vandag\u201d.<br \/>\nSoos die hoogte verminder, tree die mis in en mis die toeriste alklaar die uitsig van die aseomrowende berge van die Skepper. Die einpunt is uiteindelik bereik en daar word jollige oorwinings liedere gesing. Na die besonderse mylpaal word die toeriste gese\u00ebn met \u2018n oop vlakte and salige riviertjie om die nag te spandeer. Die KOUE hou wel nie terug nie en tente word vining opgeslaan, vinnige \u201cbadjies\u201d en \u201cStortjies\u201d word geneem met Soetoes wat \u2018n ogie of twee gooi.<br \/>\nTussendeur alles hoor jy die stemme van die eerste-toeriste wat voorberei vir die eerste toeris konsert. Die liedjies kom stadig maar sek\u2026 wel stadig aan. Die senuweeagtigheid vir die wraak wat voorl\u00ea in onvermydelik in die aksies van die eerste toeriste. Wat ook onvermydelik was, is die feit dat almal DIE GROOT KLIM oorwin het maar nie eers die aand se coes-coes kon oorwin nie.<br \/>\nDie aand raak later en KOUER, die sterre wel ook helderder. Kopfliste flicker, studente floreer in die eenvoud and die gelag van vreugde vul die stille nag. Graham het ook vir ons gedemonstreer hoe jy \u2018n kopskoot neem wanneer jy \u2018n dame moet skiet. Die aand het begin met die eerste-toeriste konsert, met die wraak wat volg. Na die wraak het AL die OUD toeriste die soetheid van die wraak geneem onder die Drakensberge-sterre. Die aand kon ook nie afgesluit word sonder om te erkenning te gee aan Oom Erik wat die GROOT KLIM oorwin het \u2013 Daar is bitter min bo 60 wat dit kan bereik. Die groot vraag waarmee dag 4 finaal afgesluit word, is wat Martin bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cDaar is twee redes hoekom my vrou moeilik geboorte gaan gee\u201d.<\/p>\n<h3>DAG 5:<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4285 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"399\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_061144-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 399px) 100vw, 399px\" \/><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4297 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-300x171.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"228\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-300x171.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-584x332.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-768x437.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-1536x874.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-58-1-2048x1166.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDit is koud\u201d is die lied van die toeriste al vanaf 05:30. Die koue vervrisende windjie verlaag die effektiwiteitesvlakke van die toeriste vanaf 100% na 10%. Stadig maar seker ontwaak al die OUD toeriste soos dassies uit hulle huisies en staan saam vir \u2018n bietjie hitte in afwagting vir \u2018n warm koppie koffie. Om die son aan te moedig word \u201cHere comes the Sun\u201d gesing en uiteindelik tref die eerste sonstrale die gemoede van die toeriste.<br \/>\nStadig maar seker begin die toeriste reg kry vir dag 5 se stap, en wragtig, ons het amper op tyd gestap. Dit is hierdie dag wat die toeriste die hoogste punt van SA bereik \u2013 die beste nuus daarvan, is dat die pad voorentoe kan NET af wees. \u2018n Groep foto word geneem en dit gee Sibbie die ideale geleentheid om Dames skiet te open.<br \/>\nMiddagete word salig op hierdie punt geniet met provietas en sjokelade. Die toeriste was ook vergesel met twee Soetoes, hulle perde en 3 armsalige hondjies. Na vele fotos, vol magies en \u2018n lekker middagslapie, is die toeriste weer reg om die laaste stukkie aan te durf. Dit was op hierdie punt wat toeriste nie kon verstaan hoekom hulle sakke swaarder word soos die kos minder word? Jannie \u2013 het jy dalk iets hiermee te doen?<br \/>\nMet \u2018n asemrowende uitsig op die plato, slaan die toeriste hulle tente op vir die tweede laaste aand se rus. Die aand verander vining soos die son sy kop wegsteek en die WIND opsteek. Al die toeriste dra al hulle lae en voel steeds soos \u2018n ysblokkie. Petri en De Wet implementeer maar \u2018n bietjie bromance om die hitte te akkomodeer. Voor en tydens slee het ons \u2018n hele paar soldate verloor, julle weet wie julle is. Kaptein het ook \u2018n nuwe record gebreek vir die langste item nog ooit.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4318 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-300x165.jpg\" alt=\"\" width=\"457\" height=\"251\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-300x165.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-584x322.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-768x423.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-1536x846.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-136-2048x1128.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 457px) 100vw, 457px\" \/><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4315 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"377\" height=\"251\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-82-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 377px) 100vw, 377px\" \/><\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3><\/h3>\n<h3><\/h3>\n<h3><\/h3>\n<h3><\/h3>\n<h3><\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>DAG 6:<\/h3>\n<p>\u2018n Nuwe dag ontbreek soos die toeriste weereens wag vir die son om hulle te groet. Vele liedjies word weereens gesing om die son aan te moedig, dit sluit Lion King en Shrek treffers in. Soos die son deur die wolke verskyn, som Martin die oomblik perfek op: \u201cDie son is luuks\u201d. Opgepak en reg om te gaan, staan en wag die meisies WEEREENS en kyk hoe die ouens rustig hulle tente opslaan.<br \/>\nNa vele tree en opgewonde harte, sit ons op die rand van \u2018n onbeskryfbare krans. Die grootheid van God is onmisbaar in die berge klein onder ons. Nes die toeriste dink dit kan nie beter nie, word hulle gese\u00ebn met die rustige glans en sweef van aasvo\u00ebls. Die liedjies \u201cWe are Young\u201d en \u201cOn the edge\u201d word toe weergalm deur die stemme van die toeriste soos hulle die uitsig groet.<br \/>\nMiddagete word geeet net voor die groot \u201cdrop\u201d aangedurf word. Dit gee Fred die geleentheid om skiet vir die laaste keer oop te maak. Skarrel-skarrel kry die mans \u2018n laaste kans om die dame te vang wie hy eintlik nog die hele toer wou skiet.<br \/>\nSoos die groot \u201cdrop\u201d aangedurf word, kan jy optel dat die toeriste voor is tjoep stil \u2013 en soos ons al geleer het, dit beteken hulle is redelik gespanne en besig om te fokus met die uitdagende afdraande. Dit klink wel weer jolig aan die agterkant van die ry soos die BTK koor weer die stiltes verdoof met BTK liedere.<br \/>\nSTADIG EN SEKER, maak die toeriste hulle pad af af en af teen Judge\u2019s pas. Gesprekke en speletjies begin die pad vergesels soos die toeriste hulle aandig wil weg rig van die onophoudelike afdraande. Hierdie gesprekke en speletjies sluit in raaisels, wisk berekeninge, 30 sek en toekoms planne.<br \/>\nNa \u2018n hele paar (wat gevoel het soos km\u2019s) tre\u00eb, bereik die toeriste die kontoerlyne en daar is hoop dat die plek van rus naby is. Draai, na draai, na draai kom die kontoerlyn nie tot \u2018n einde nie. Indien jy gedink het jy voel dalk \u2018n bietjie moedeloos, hoor jy Martin gereeld in die agtergrond \u201cAhhh uhhhh\u201d.<br \/>\nDie toeriste bereik die eind-bestemming met lae gemoede wat vining verander het toe Fred aankondig dat daar 4.5km se stap minder is vir die volgende dag. Met die perfekte aand, sonder wind, stil berge en sprankelende sonsondergang, kry die toeriste reg vir die laaste aand se rus. Na almal lekker gesmul het aan die \u201calles in een dis dis\u201d word die aand afgesluit met \u2018n jolige en feestige Slee wat geduur het tot 01:30 die oggend. \u2013 sover ek reg onthou, het daar ook \u2018n snork kompetisie plaasgevind? \u2013 wie blameer hulle, almal was reg vir \u2018n wille aand se slaap.<\/p>\n<h3>DAG 7:<\/h3>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4300 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"381\" height=\"254\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/Drakensberge-140-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 381px) 100vw, 381px\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is die laaste oggend en die toeriste begin hartseer besef dat die toer is amper op sy einde. Daar was vroeg aangespreek dat die toeriste 07:00 moet reg wees vir stap, die tyd was wel verstreke tot 08:30. Dit is wel verstaanbaar, die sonsopkoms het die toeriste se harte gesteel en daar was lof besing aan die Skepper. Nina en Hilda was ingely met die verjaarsdag tradisie alhoewel hulle eers die volgende dag (1 April) verjaar \u2013 dalk was dit \u2018n April fool joke?<br \/>\nSoos die toeriste die laaste dag se stap aandurf, besef hulle die waarde daarvan dat hulle 4.5km minder hoef te stap \u2013 Dankie Fred. Middagete word rustig geniet onder die laaste grot met \u2018n paar stories van doer die dae wat op die klippe verskyn. Hierdie middagete sluit in enige iets wat nog oorgebly het \u2013 insluitend slee lekkers.<br \/>\nNes die toeriste dink die rivier van uithouvermo\u00eb is iets van die verlede, verras hy ons weer met \u2018n laaste groet \u2013 gelukkig het hy niks meer gesteel nie. Een vir een vaar die toeriste in by die storte soos hulle by die kampterrein arriveer, die eind bestemming. Die toeriste word weer opgedeel in twee groepe wat saam met die F1 drywers moet terug ry tot by die groot bus.<br \/>\nRondom 19:00 is al die toeriste veilig op die groot bus, reg vir die terrrash. Die terrash kompetisie was groot, skiewelik en spanningsvol. Nicolas en Pieter vermors die burgers en Nicolas word as die oorwinnaar verklaar, maar na vele bespiegelinge en \u201creplays\u201d word die ware oorwinnaar verklaar as Pieter. Kort voor lank, word daar uitgevind dat daar \u2018n ware verjaarsdag meisie is! Die BTK staan vas in sy tradisies en daar en dan word Nicola by die garage omsingel deur die verjaarsdag-liedjie.<br \/>\nJy kan jouself net indink wat daarna gebeur het \u2013 SLAAP.<\/p>\n<h3>Dag\u00a08:<\/h3>\n<p>Slaap, slaap en nog slaap. Die toeriste het die bus stukkend geslaap en daar was nie \u2018n enkele vinkie wat sy stem dik gemaak het nie. Die toeriste begin skielik ontwaak toe die<br \/>\nwoorde \u201cSteers ontbyt\u201d die lug vul. En kan jy raai wat na die ontbyt gebeur het \u2013 jy is korrek, nog meer slaap.<br \/>\nDaar is nog net 2 ure oor voor die toer ten volle verstreke is en die toeriste is uiteindelik uitgerus. Daar word toe gedans en gesing tot die bus se wiele Stellenbosch Universiteit se gronde raak. Die toeriste is tuis. Die toer is verstreke. Werk nou, stap weer later.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4294 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"376\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220331_062104-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 376px) 100vw, 376px\" \/><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-4288 alignleft\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"371\" height=\"209\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2022\/11\/IMG_20220329_092828-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 371px) 100vw, 371px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drakensberge 2022 Dag 1: Aand Dit is die einde van die eerste kwartaal en almal se voete jeuk vir \u2018n stukkie berg. Jy hoor die gekletter van ou stemme en die opwinding van eerste toeriste &#8211; dit is wat dit is. Die BTK is op pad Drakensberge toe. Kyk, 20 ure op \u2018n bus is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4276","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4276","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4276"}],"version-history":[{"count":13,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4276\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4363,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4276\/revisions\/4363"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4276"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4276"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4276"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}