{"id":4526,"date":"2022-12-05T20:13:12","date_gmt":"2022-12-05T18:13:12","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4526"},"modified":"2026-07-03T11:46:26","modified_gmt":"2026-07-03T09:46:26","slug":"visrivier2022-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2022\/12\/visrivier2022-2\/","title":{"rendered":"Gala 2022"},"content":{"rendered":"<h2>\u00a0Gala 2022<\/h2>\n<p>Toe die horison die oggend van die 17de November rooi-pienk ingekleur word, groet \u2018n spul moe\u00eb maar opgewonde BTKeen-ers mekaar. Onder die bondel mense is daar ou gesigte, nuwe gesigte, verwagte gesigte, en ook \u2018n paar onverwagte gesigte, danksy die A3 monster wat in die nag toegeslaan het en \u2018n paar minder-voorbereide toeriste oorrompel het. Met die groetery, pakkery en draaiery afgehandel, val ons in die pad. Binne minute word alle eksamensorge langs die N2 weggesmyt, en die gedreun van buswiele op \u2018n teerpad sus die spul aan die slaap. Sommige minderbevoorregte drommels, soos die uwe sketsskrywer, moes egter soos Mr. Bean vuurhoutjies onder die ooglede inprop om haar o\u00eb oop te hou soos wat sy nog aan \u2018n opstel gesit en tik het op daardie einste bus. Maar wat, as jy keen is is jy keen. #stapnouwerknetvoordatdittelaatis.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4505\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221119-WA0016-300x135.jpg\" alt=\"\" width=\"387\" height=\"174\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221119-WA0016-300x135.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221119-WA0016-584x263.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221119-WA0016-768x346.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221119-WA0016.jpg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 387px) 100vw, 387px\" \/><\/p>\n<h2><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4514\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"387\" height=\"218\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-300x169.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-584x328.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-768x432.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-1536x863.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_20221117_182027-2048x1151.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 387px) 100vw, 387px\" \/><\/h2>\n<p>\u2018n Goeie kwylbekslapie later kom ons by Diaz-strand aand. \u201cTwo by two\u201d smul ons aan kaas-en-konfyt roosterkoeke, voordat ons die draai om die baai na die kampterrein toe aanpak. By die kamp aangekom is dit net treintjie-vorm-afpak, kombuisspanne indeel (met die spanne wat vernoem word na ouens wat, volgens die teenwoordige dames se voorspelling, eerste gekys gaan word) en tent opslaan. Met al die hordes verantwoordelikhede uiteindelik afgehandel, en die stappers uitgerus na die woeste stuk stap kamp toe \u2013 want nee ons dag Gala is mos rustig \u2013 kon ons uiteindelik die laatmiddag-lekkertes afskop met \u2018n bietjie touchies en strand-swem. \u2018n Paar van ons is selfs deur \u2018n dolfyn begroet wat so nuuskierig was dat ons sy (of haar) asem kon ruik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met \u2018n suksesvolle strandswemsessie agter die rug vat die snoekbraai vlam, met die mans wat die vure stook en komme vol botter-soetpatats roer. Uiteindelik s\u00ea ons toe dankie aan ons Hemelse Vader vir die groot bederf van goeie rus in die vorm van \u2018n bord goed-gesoute snoek (maar nie so sout dat die kiewe trek nie), \u2018n oop sterrehemel en die potensiaal van nuwe maatjies. Daardie aand droom ongeveer 100 jongmense van Maymarie en Marlize se soetpatats, wat letterlik tot karamel afgeprut was. Legendes vertel dat \u2018n sekere Petri Smit steeds daarvan droom. So gepraat van die duiwel, daardie aand open hy slee soos \u2018n ware epileptiese bok, met Mario en Luigi wat kort daarna hul verskyning maak met houtlepels vir roeispane \u2013 shame.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met vol mae en helder ogies klim die mense die volgende oggend op die bus, gereed om die St. Blaise staproete aan te pak. Op die pad groet ons \u2018n paar mak dassies en bewonder die oranje klipkranse en turkoois oseaan wat al langs ons kronkelpaadjie saamloop. Gamebreak word geroep en is die ideale geleentheid vir \u2018n vinnige middagslapie op die rotse en kiekies voor die potblou green-screen.\u00a0 Die saligheid word egter elke kort-kort onderbreek met die effens angswekkende, effens grapperige \u201cVaaaaan ons, aan die eerste toeriste!\u201d wat iewers vanuit die verte weergalm. So tussendeur die stappery slaag iemand daarin om \u2018n bankkaart te verloor, en \u2018n tang word uit stokkies geprakseer om in Stilbaai nog roomys te kan koop, want \u2018n boer maak \u2018n plan BTKner maak&#8230; ook een.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4496\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"373\" height=\"280\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 373px) 100vw, 373px\" \/><\/p>\n<p>Daardie aand word ons weereens bederf met \u2018n heerlike slaapplekkie so bietjie verder verwyder van die stad se geraas, en \u2018n dromerige uitsig oor die hengse blou \u201cdam\u201d. \u2018n Paar wattetjie-wolke hang lui-lui in die lug, en oranje dakkies loer neer vanuit die hoogtes om \u2018n salige atmosfeer te skep. Ek kan nie mooi onthou wat ons ge\u00ebet het nie, maar ek het wel aangeteken dat dit vrek lekker was, so daar: Dit was vrek lekker! Die uitsig en atmosfeer het mense sommer lus gemaak om te skoffel; plakkies en crocs het gevlieg soos wat hulle op die gras tekere gegaan het, en daar is selfs na die laaste sokkie-treffer ge-aaagghh om die standaard daarvan bekend te maak! Die slee was topgehalte, en hoewel ek nie wakker was vir alles nie kan ek jou waarborg dat Jo-an en PF mekaar aangehits het tot een of ander iets wat so moeilik is om uit te maak dat ons almal gelag het. Stefan het ook heel moontlik \u2018n grappie vertel wat almal na \u2018n \u201cdut om die kampvuur\u201d gevoel gevat het.<\/p>\n<h2><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4511\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_2148-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h2>\n<p>Die volgende oggend word die dames getrou wakker gesing, en na die Cornflakes in is, is Gourits die nuwe bestemming. Hierdie deel was heerlik teen die see, met die \u201cuke\u201d wat sommer so in die loop getokkel word. Faf se filmkamera word ook uitgepluk, en die branders verwek gille soos wat dit spontaan oor die mense se voete spoel. By die kampterrein aangekom word die BTKitaar se snare sagkens gestreel, en soos regte BTKners was almal gereed om kruisbeen te sit en saam te sing tot die son soos die laaste kooltjies van \u2018n vuur in die see verdwyn het. Aandete word gesellig saam geniet, nuwe vriende word gemaak, en die vriendekringe bly permanent oop vir nuwe gesigte om hulself te kom voorstel. Daardie aand is wraakaand, en al die ou toeriste is vir eens wakker om die keen nuwelinge se rolle tydens die BTK se vreemde tradisies te aanskou. Carmen het die storie pragtig georganiseer en gefasiliteer: PF wonder sommige dae steeds \u201cWhere\u2019s Waldo?\u201d (Is hy dalk in \u2018n boom, besig om doelloos die diep donkerte van die niks in te staar vanuit \u2018n kampterrein in Stilbaai?) Karlien van Jaarsveld se dansmoves word ongelukkig in ons breine inge\u00ebts, en so ook Kim Kardashian se vals agterstewe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met die dag wat vrolik breek word die tente afgeslaan met meer ritme as wat effektief is, en Alicia en Jo-an dans so gesinkroniseerd dat mens nie meer kan sien wie\u2019s wie nie. Karlien klim weer uit haar dop uit, Abba word oor die speakers geblaas en die meisies en ouens verdeel amper bonatuurlik in groepe om \u201cVous les vous\u201d te sing asof ons in \u2018n musical is. Kort daarna vertrek ons na oom Boetie se plaas, waar ons rustig langs \u2018n pad vol dorings afwandel. Hier is Carmen van mening dat jy eerder die doring in jou skoen moet los, want as jy dit uittrek maak die volgende een net \u2018n dieper gat. Toe ons uiteindelik by \u201cThe Stairway to Heaven\u201d kom is mense so opgewonde dat hulle amper by die duine af wil \u2018abseil\u2019. Uiteindelik is almal onder, waar ons die \u201cNarnia-esque\u201d baai geniet en in die glybranders l\u00ea en lekker kry. Daar word touchies gespeel en ordentlik bruin (of kreef) getan. Man, dis mos nou salig. Die aand voel almal nog of hulle wieg toe hulle ogies toeval.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4493\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-300x201.jpg\" alt=\"\" width=\"336\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-300x201.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-584x391.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-768x514.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-1536x1028.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_0535-2048x1370.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 336px) 100vw, 336px\" \/> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4496\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"331\" height=\"248\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/20221121_154627-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 331px) 100vw, 331px\" \/><\/p>\n<p>BTK Sondag is salig en daar word vir omtrent 45 minute met toe o\u00eb geworship op die kampterrein se grasperk. Dit was so verfrissend en goed om ons Vader glorie te gee vir die rus en die kinderlike speel van die afgelope paar dae. Later word daar roomys by die legendariese blou huis gekoop en die branders word weer ingevaar. Sommige getroue ondersteuners het hulself in die klein kroegie gaan indruk om die rugby te gaan geniet, en asof BTKners nie reeds soos (letterlike) seer tone uitstaan nie het hulle nog \u2018n bak roomys en \u2018n paar lepels die kroeg ingesmokkel. Absolute honneskou!<\/p>\n<p>Die spikeball toernooi met Jo-an en PF as aankondigers is ook een vir die boeke. \u2018n Skoen se drome van roem word waar toe hy as mikrofoon gebruik word, en LT hanteer sy tweede plek met die waardigheid en nederigheid van iemand veel ouer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Iewers tussen dit alles word die Durban aaitem genomineer vir die mees oorspronklike aaitem, met die woorde \u201cboet\u201d, \u201cbru\u201d en \u201cnaught\u201d wat een keer te veel gebruik word. Troepe was topklas, met Petri as korporaal en LT as die generaal met minofmeer die takt van \u2018n kruiwa. Ek sal nou nie SW se gesprek oor submission opbring nie, maar julle verstaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dankie Here vir \u2018n tyd van rus, vir opregte vreudge, mooie dinge en vir lekker mense wat dinge lig maak, maar wat ook swaarder dinge kan gesels. Tot volgende jaar; Gala what you must!<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4499\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"389\" height=\"259\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG_1240-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 389px) 100vw, 389px\" \/><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-4502\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-300x169.jpeg\" alt=\"\" width=\"357\" height=\"201\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-300x169.jpeg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-584x329.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-768x432.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-1536x864.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/06\/IMG-20221118-WA0005-2048x1152.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 357px) 100vw, 357px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0Gala 2022 Toe die horison die oggend van die 17de November rooi-pienk ingekleur word, groet \u2018n spul moe\u00eb maar opgewonde BTKeen-ers mekaar. Onder die bondel mense is daar ou gesigte, nuwe gesigte, verwagte gesigte, en ook \u2018n paar onverwagte gesigte, danksy die A3 monster wat in die nag toegeslaan het en \u2018n paar minder-voorbereide toeriste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4526","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4526","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4526"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4526\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4568,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4526\/revisions\/4568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4526"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4526"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4526"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}