{"id":4579,"date":"2023-08-22T13:48:53","date_gmt":"2023-08-22T11:48:53","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4579"},"modified":"2024-02-26T05:48:09","modified_gmt":"2024-02-26T03:48:09","slug":"sederberge2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2023\/08\/sederberge2023\/","title":{"rendered":"\u00a0Sederberge 2023"},"content":{"rendered":"<div class=\"mceTemp\"><\/div>\n<h2>\u00a0Sederberge 2023<\/h2>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Vroeg die Sondagoggend ontmoet \u2018n paar rugsakke mekaar in die Neelsie parkering, verlangs die Romans ligte. Vriende omhels mekaar en toekomstige-vriende groet mekaar inniglik met die wete dat hulle nie meer lank vreemdelinge sal wees nie. Petri deel semi die planne vir die dag, \u2018n voorsitter mag egter nooit sy misterie total vergeet nie Hy gee ons darem net genoeg inligting dat ons met vrede in ons harte op die bus kan slaap, heeltemal onbewus van die btchaos wat die dag sal inhou!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Die wiele rol en almal insluitend \u2018n sekere krulkop, Monica Dame is aanwesig. Die busse se volume vlakke is op standaard &#8211; \u2018n jollige begin na \u2018n slaperige stilte en weer \u2018n opwindende afwagting &#8211; dus sien almal uit vir \u2018n goeie toer. Voordat ons \u201cPF\u201d kan s\u00ea, is ons in Ceres om te stop by die Spar. Daar stock mense op, op bussnacks, pasteie en koffie sachets, om die Stellenbosch koffie ontrekkingsimptome te versag. Dit alles terwyl almal hul beste probeer om die gevoel in hulle vingers en tone te behou!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Ons skiet daarna na die plaas toe waar ons hoofsaaklike roete sou begin. By die hek word daar opreg en uit die maag uit gelag vir grappies wat nie die dames of die mans ooit sal verklap\/verstaan nie. Nadat almal weer hoedens geruil het en die nuwe toeriste hulle besluite herdink het, is dit \u201csakke op\u201d. Die jeeptrack het gevoel soos \u2018n goeie opwarming vir watokal die volgende paar dae sou voorl\u00ea. Min het ons geweet\u2026 Die paadjie was baie mooi, met sagte fynbos en grasse aan weerskante en die berge as \u2018n ewige vooruitsig. Maddie het die kleurskema as \u2018n \u201cFruitloop\u201d palet beskryf. Heerlike geselsies is aangeknoop soos wat almal mekaar langs die pad ontmoet, weer verloor en dan weer later vind. Tannie Lizl loop fiks vir meeste verby en deel haar wysheid oor \u2018n gesonde leefstyl met die stappers al rondom haar. Die sonnetjie blink nog lekker en sprake van re\u00ebn oor die volgende paar dae voel onwerklik, soos wat ons jollig verby die gedroogde bloekoms stap en stof opjaag. Om die minste te s\u00ea is ons almal baie dankbaar vir daai eerste dag se herfsweer. Ons het langs die afgebreekte blou bakkie gesmul aan vars rolletjies met kaas en ham, voordat ons weer in die pad geval het. Die stappers het wel teen hierdie tyd begin wonder wat Petri bedoel het, to hy so ligweg oor die afstand gepraat het. Later lyk elke plaas wat verby kom asof dit ons met ope arms wil verwelkom, maar heelaas los ons hulle agter. In die laaste paar kilos het die agterosse selfs \u2018n bietjie re\u00ebn gevang en Alicia het net daar in die middel van die teerpad gaan sit om haar re\u00ebnjas aan te trek. Na 21km waarin Stefan se dadjokes oor die radio net erger geraak het, is ons almal eindelik by die kamp. Die tente gaan in die re\u00ebn op, nie almal s\u2019n nie let wel, maar meeste, en daardie aand eet ons sop, wat amper net vir die hitte \u2018n Michelin op almal se persoonlike smaakskaal gescore het.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">In die slee is almal redelik poegaai. Die \u201cchick with the long legs\u201d lyk amper soos Pieter Slabber wat \u2018n fladderende serpie by \u2018n dame geleen het, maar ek sal maar niks s\u00ea nie. Almal slaap semi totdat dit tyd is vir heukels, \u201c Edelagbare,wat het Petri bedoel toe hy s\u00ea die plaas is net om die draai\u201d . Ek verneem dat Jeandr\u00e9 en Stefan ook in die rooi was. Ek kan nie presies onthou wat hulle daardie keer aangevang het nie.<\/span><\/p>\n<h2><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4618\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/20230612_082853-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h2>\n<h2><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4612\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/StarStaX_00000229-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h2>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Wraak<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Op dag 2 het dit heeltyd so wil-wil sous en Petri kon eers rondom die middag se kant die daguitstappie wat hy in die oog gehad het gaan recce. Ongelukkig was die uwe sketsskrywer<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">nie daar nie, maar die terugvoer wat gegee is het \u2018n baie interessante toneel opgebring. Hier is \u2018n paar raporte: \u201clekker\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">\u201ckoud\u201d<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">\u201cMach\u00e9 het by \u2018n waterval afgerol, maar sy\u2019t gelag so ek neem aan sy\u2019s oukei\u201d Anders as dit het die stories oor die grot en die alomteenwoordige watervalle geklink asof die stappie die moeite werd was, veral omdat btk stappers nogal woelig raak as hulle vir 4 dae in \u2018n skuur opgekrop is. Toe die troepe terugkeer, kom die eerste toeriste sing-sing bymekaar om saam \u201cDe machtige\u201d se woorde te probeer analiseer ( hulle het gesukkel). Daardie aand na ete, sit al die ou toeriste vir eens regop in hul slaapsakke om die wraak te geniet. \u201cIndian John\u201d as in \u201cIndiana Jones se Indiese doppelganger\u201d was beslis die \u201ccrowd favorite\u201d en al die boere wat so ywerig deelgeneem het. Ons is inniglik dankbaar dat julle so onbeskaamd is: Ken, Arnold Schwarzeneggar, Wildsplaasboer, \u2018n spesiale bedanking aan julle! Die soetheid was lanklaas so heerlik!<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Op dag 3 sous dit, dat dit nie eers meer snaaks is nie. Die kitare word uitgepluk en verskillende sanggroepies pop op, waarokal dit droog is. \u2018n Worshipsessie is luidke\u00ebls aan die gang, een in die skuur en een in die meisiesbadkamer waar die deure in pleks van \u2018n cajon geslaan is. Die btksangbundels word ook benut en Xander en Jacobus verbaas ons almal met hulle Jazz kitaar jam sessies, wat selfs bekfluitjies insluit. Kyk, \u2018n mens kan nie s\u00ea btkaners is nie gekultiveerd nie, n\u00e9. Later kry die aktiewes wel rooi miere, en \u2018n paar van hulle gaan draf in die re\u00ebn en dag dat as hulle klaar nat is kan hulle net sowel \u2018n dam duik doen. Absolute grapkasse! Damesskiet is ook aangekondig en soos normaal, laat die manne hulle nie maklik vang nie- nie eers in die re\u00ebn nie egghem Stefan. Ons eet Thai noodle sop en May-Marie se kookkunste word wyd en suid geprys soos wat almal aan die gemmerige, voedsame dus smul. Na aandete is daar so gesokkie dat die mense meer blase as die karoo stappers gekry het. Nee wat, dis bewys, btkaners kan nie te lank stil sit nie! Dit was ook daardie aand wat die oorskiet oorlog uitgebreek het, die agressiewe spoegkewers teen groupie b wat aanhoudend hulle oorskiet in die ander se potte laat beland. Nooi soek \u2018n booi is getrou opgetree as \u2018n Dameskiet tradisie en mense kraai van die lag soos wat die leeu van Dagbreek as \u2018n voorbeeld gebruik word.<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-4609\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5763-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Op Dag 4 het die speletjies uitgekom: Die spikeball toernooi is erstig opgeneem en party spelers het in die re\u00ebn gaan speel. In die nuwe skuur, waarheen ons geskuif het, het ons elkeen \u2018n beurt geneem om die aantal kratte te skat. Dutch Blitz is ook aan almal, wat keen was, verduidelik en groep vir groep het spanne beurte gemaak om die vurige speletjie te speel. Die minder kompeterendes of die\u2019s wat op hulle beurt gewag het, het saam met Matthys se kitaarbegeleiding gesing. Toe dit later bietjie ooptrek, vat die btkaners die gap om te gaan lemoene pluk en om na die dam te gaan kyk wat volgens PF defnitief vol was die vorige dag. Ons staan vir \u2018n groep foto en terwyl almal die talle watervalle en die dro\u00eb lug geniet, breek daar \u2018n konsertjie uit. Elke stapper se naam is in \u2018n liedjie in geskryfen dit het het min of meer so uitgedraai: \u201c Madeleine, madeleine sal jy die boere kom lei\u2026\u201d en \u201cMamma Mayms here we go again\u201d. Al die enes wat die paadjie kaalvoet angedurf het moes terug ge-aaba word om die dorings tussen die boorde te oorleef. Natuurlik het daar \u2018n dubbelverdieping stoei geveg tussen die manne uitgebreek, want hoekom dan nou nie! Die laatste aand se slee was histeries. Soos altyd moes heelwat items nog ingepas word. Salome is met \u2018n kattekoor van formaat opgetree, pikkewyne was nog nooit so lank nie en<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Troepe was skreeusnaaks: \u201cMy afbeenhond se naam is sigaret want ek vat hom elke nou en dan uit vir \u2018n trek\u201d. Die Janr\u00e9\/ Jeanr\u00e9 tweeling was ook absoluut chaos en boonop was die hondetonnel wat vir Pieter bewerkstellig is, onbillik. En dit nog na dat Alicia sy neus met haar heupbeen gebreuk het, gelukkig was dit haar verjaarsdag so hy kon nie vir haar kwaad wees nie. Slee het tot laat aangehou en meeste het met laggeluide en die re\u00ebn in die agtergrond, soet aan die slap geraak.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span class=\"fontstyle0\">Die volgende dag was dit oppak en terug Stellies toe en alhoewel ons nie veel gestap gekry het nie, het ons beslis die kuier-deel reg gedoen en het ons weggestap as beter vriende. Let wel, dit is die tweede gala wat die BTK al in die sleederberge gedoen het, miskien was dit\u00a0<\/span><span class=\"fontstyle0\">altyd bedoel om so te wees! Lewe lank, lewe lank BTK!<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-4615\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/GOPR5709-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0Sederberge 2023 Vroeg die Sondagoggend ontmoet \u2018n paar rugsakke mekaar in die Neelsie parkering, verlangs die Romans ligte. Vriende omhels mekaar en toekomstige-vriende groet mekaar inniglik met die wete dat hulle nie meer lank vreemdelinge sal wees nie. Petri deel semi die planne vir die dag, \u2018n voorsitter mag egter nooit sy misterie total vergeet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4579","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4579","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4579"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4579\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4621,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4579\/revisions\/4621"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4579"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4579"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4579"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}