{"id":4591,"date":"2023-08-22T14:04:56","date_gmt":"2023-08-22T12:04:56","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4591"},"modified":"2023-08-22T14:05:05","modified_gmt":"2023-08-22T12:05:05","slug":"visrivier2022-2-4","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2023\/08\/visrivier2022-2-4\/","title":{"rendered":"GALA 2021"},"content":{"rendered":"<h1>GALA 2021 Knysna \u2013 Victoriabaai<\/h1>\n<h2>Deur Lize Crafford<\/h2>\n<h1>Dag 1 (Sondagoggend): Stellenbosch studente ry Knysna toe<\/h1>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4672\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-225x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-225x300.jpeg 225w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-584x779.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-1152x1536.jpeg 1152w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-1536x2048.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2920-scaled.jpeg 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/h1>\n<p>Toeriste is tot \u2019n mate dankbaar dat die grense tussen Namibi\u00eb en Suid-Afrika wel toe is (as gevolg van die pandemie) aangesien die voorsitter, Frederick van Zyl, wel die gala kon lei. Dit is nadat hy op die Whatsapp-groep \u2019n opstel geskryf het oor hoekom hy nie sal kan kom nie en dat die vorige voorsitter, Johan Slabbert, (alweer) die toer sou moes lei. Meneer van Zyl, wat ges\u00ea het hy sal wel vinniger en meer op tyd wees as die vorige voorsitter, maak steeds die toeriste 20 minute lank in die re\u00ebn staan by die busse vir geen spesifieke rede nie. \u00a0Die re\u00ebn is byvoorbeeld sub-ideaal vir \u2019n gala, maar ons laat ons nie onderkry nie. Ons het geweet ons gaan nat word op die gala. Die algemene tendens van die oggend: Die mense is moeg. Eintlik te moeg na die jaar, kwartaal en sy eksamens, maar steeds opgewonde oor \u2019n vakansie langs die see saam met kwaliteit mense en \u2019n paar middagslapies onder \u2019n kampterreinboom.<\/p>\n<p>In die bus:\u00a0 Hilda se hare is in die bus se lugre\u00ebling opgesuig, Martin spog met sy ongelooflike dadelballetjies en toeriste word blootgestel aan Frederick se, soos Maymarie dit noem, \u201cgcob-musiek\u201d. Toeriste, wat nie al in die bus aan die slaap geraak het nie, se asems word weggelsaan deur die beeldskone Tuinroete natuur. Dit is berge, bome en see. Dit is byvoorbeeld presies wat jy soek.<\/p>\n<p>Ons kom by die kampterrein aan en al die ouens is nog nie eens uit die bus toe \u2019n ultimate frisbee spel begin nie. Frederick kry almal bymekaar en gee die re\u00ebls vir die toer deur. Paartjie, Elwin en Yvette, wys die toeriste hoe <em>skiet<\/em> werk. Die gaping tussen die hoeveelheid mans en dames op die toer is verbasend kleiner as op vorige galas en dit gee \u2019n paar manne hoop dat hulle ten minste een aand met daardie een meisie kwaliteit-slee sal kan bewerkstellig. Daarna, begin die dames \u2019n treintjie sakke tot by die tente vervoer, terwyl die manne die army-tente opslaan. Daarna speel en gesels ons langs die braaivleisvuur. Vergesel met die reuke van snoek, speel Frederick Spoegwoelf liedere en PF sing uit volle bors saam. Frederick speel langer as beplan aangesien Sibbe s\u00ea Martin gaan nog la\u00e1nk braai.<\/p>\n<p>By die swembad: Reinhardt neem deel aan \u2019n tjoepie-kompetisie. By die braaivleisvuur: Willie bemark homself deur perskes van hul plaas uit te deel (aan die dames) en kry terselfdetyd iemand om dit bekend te maak dat hy enkellopend is. Braaier Conrad kla heelaand oor die nat hout waarmee die snoek vanaand gebraai moet word. Die hout is so nat, dit is di\u00e9 keer die gala-manne en nie soos gewoonlik die dames, wat wens dat hulle haardro\u00ebrs kon saambring nie.<\/p>\n<p>Uit die bek van die braaier:<\/p>\n<p>Martin s\u00ea: \u201c\u00c1s ek nou iets moet s\u00ea oor die hout, sal ek s\u00ea die oom moet die hout weer kom haal.\u201d<\/p>\n<p>Stephan s\u00ea: \u201cOns het al takkies en amper al die blitz opgebruik, maar al die water wat uit die hout loop maak die vuur net weer dood.\u201d<\/p>\n<p>Fryhoff: \u201cDie probleem is nie dat ons nat hout het nie, maar dro\u00eb water.\u201d<\/p>\n<p>Cornel: \u201cDie vuur blaas die water droog.\u201d<\/p>\n<p>Tussen die kokke gaan dit beter: Kosma, Sibbe, is opgewonde en dans en maak musiek deur paplepels teen mekaar te kap.<\/p>\n<p>\u2019n Groep stap by \u2019n heuwel op om die sonsondergang te gaan kyk. Dit was blykbaar \u201ctjat-mooi\u201d en bitterlekker. Daar was wit skapies tussen die groen gras en die son het die lug pienk en pers en oranje verkleur. Een toeris s\u00ea: \u201cLiewe Jesus is besig om af te show. Dit was absoluut bekoorlik.\u201d Dit was so mooi, Stefan (met die krulhare) het selfs gewag tot sonsondergang om Lana te skiet. Baie toeriste meen dit het gelyk soos een van die mooiste verlowings wat hulle al ooit gesien het. LT s\u00ea die uitstappie was lekker en Albert s\u00ea: \u201cAlbert s\u00ea ook so.\u201d Grethe met die blonde hare s\u00ea: \u201cDie grasvlaktes, die skapies en die son was baie mooi. Niemand het gedink die son gaan uitkom nie, maar hy het. Nogal \u2019n onverwagse outjie.\u201d<\/p>\n<p>Die braai het langer gevat as verwag, maar dit was, soos altyd, die wag werd. Op die spyskaart: Snoek, patats, knoffelbrood en koolslaai.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Items:<\/u> (is kort geknip want die bure s\u00ea ons raas. Ons het gehoor daar was \u2019n dosent van Stellenbosch op die kampterrein.)<\/p>\n<ol>\n<li>Frederick kry die voorreg om vir sy eerste keer as voorsitter \u201cBallade vir \u2019n sterwende bok\u201d voor te dra.<\/li>\n<li>Elwin en Fredeick los die toeriste in stukke met \u201cHans en Maans\u201d wat bang is vir die vrot vis.<\/li>\n<li>Boer-soek-vrou aanbieder, Nina, help engelse boer Simeon om \u2019n vrou te vind.<\/li>\n<li>Grethe en Cornel doen \u201ctrill-trill\u201d met \u2019n \u201ctrieng-trieng\u201d.<\/li>\n<\/ol>\n<p><u>Hekels<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Martin vra hoekom Willie perskes uitdeel en s\u00ea dat hy enkellopend is.<\/li>\n<li>Rene\u00e9 du Toit vra vir Edelagbare Oneerlik wat het Charlotte bedoel toe sy ges\u00ea het:<br \/>\nEk sal haar trou.<\/li>\n<li>Marguerite vra wat het Sibbe bedoel toe sy s\u00ea: \u201cEk soek vir Willie.\u201d<\/li>\n<li>Wat het Maymarie bedoel toe sy s\u00ea: \u201cEk hou van Retief.\u201d Maymarie antwoord: \u201cRetief, jy is nogals vanhoubaar.\u201d<\/li>\n<li>Wat het Martin bedoel toe hy s\u00ea: \u201cEk soek nie \u2019n vrou nie, ek is \u2019n vrou.\u201d<\/li>\n<li>Wat het Jaco bedoel toe hy s\u00ea: \u201cEk oefen snoek.\u201d Jaco s\u00ea hy was besig om in die swembad te swem.<\/li>\n<li>Wat het Martin bedoel toe hy s\u00ea: \u201cEk hou daarvan as die dames in \u2019n ry staan?\u201d Hy verwys hier na die treintjie wat tasse vervoer.<\/li>\n<li>Cornel wil by Rene\u00e9 hoor wat sy bedoel het toe sy oom Erik, Edelagbare Oneerlik, genoem het.<\/li>\n<li>Wat het JT bedoel toe hy s\u00ea: \u201cJy moet jou posisie regkry.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4690\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6550-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4687\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6553-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1>Dag 2 \u2013 Maandagoggend: Knysna &#8211; Buffelsbaai<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kristi, Helette en JT dink al weer gala is te maklik en gaan draf vyf uur die oggend. Nicolas het nie saamgedraf nie, al het hy belowe hy sal. Hulle draf in \u2019n uur \u2019n sekere aantal km asof ons op \u2019n fiksheidskamp is (Helette het ges\u00ea die sketskrywer mag nie s\u00ea hoe ver hulle gehardloop het nie, want dan klink dit soos spog). Marina is in die kostent besig met haar ontbyt en lewer kommentaar: \u201cEk is verbaas hoe rustig die oggend is. Glad nie gejaag nie.\u201d\u00a0 Die Toerpa, Oom Erik, wys die stokers hoe om water te kook. Hy staan en kyk hoe die manne sukkel en na drie keer se veruidelik verstaan Martin eers. Fryhoff is langsaan besig met die pap. Elke keer as die sketskrywer hom sien is hy besig om iewers te help. Hy s\u00ea: \u201cIdle hands are devil\u2019s work.\u201d Dit is nou vir jou \u2019n ware stoker. Sy broer Jannie het buite geslaap: \u201cDit was lekker, maar ek het koud gekry.\u201d Die toeriste sit in kringetjies terwyl hulle hulle ontbytpap eet. Die kringe is vol nuwe maats, maar dit lyk asof hulle mekaar al jare ken (party van hulle sal mekaar seker nog vir jare ken). In een van die kringe sit Lucy. Sy het ook buite geslaap en s\u00ea: \u201cI got wet.\u201d Na ontbyt word spikeball gespeel en Wraakkaptein Jaco probeer 10 nuwe toeriste uitkyk terwyl frisbees en rugbyballe rondom die misterieuse kringetjie rondsweef.<\/p>\n<p>Dit is uiteindelik tyd vir die gala se eerste stap, dus klim ons almal in die bus.<\/p>\n<p>Cornel staan voor in die bus en dirigeer die toeriste naaste aan hom soos \u2019n koor. Jannie en Fryhoff is die enigstes wat die ou klassieke Afrikaanse treffers ken. Uiteindelik kry ons iets wat almal ken, d.i. Klein Tambotieboom. Ons klim uit die bus naby die Knysa Waterfront. Jannie en Fryhoff sing \u201cTussen treine\u201d terwyl ons op treinspore stap oor die Knysna-lagoon. \u2019n Paar manne spring in die lagoon terwyl ander toeriste net een voet voor die ander probeer kry. Iewers verduidelik bedryfsingenieur Martin hoekom die treinspoor op die verkeerde plek is en geskuif moet word. Waar die treinspoor eindig, begin ons opstap by wat Frederick die \u201cklein heuwel\u201d genoem het en waar plakkies \u201cvoldoende\u201d sou wees.<\/p>\n<p>Frederick is waarlik \u2019n goeie leier. Volgens \u2019n toeris het hy op \u2019n stuk toiletpapier getrap en selfs di\u00e9 volg hom toe rond. \u00a0Daar was nogal baie op- en afdraendes en dit voel glad nie soos \u2019n gala nie. Waldo s\u00ea hy dog gala sou makliker wees. Net voordat ons by die paadjie afstap strand toe, ry Sibbe en haar span kokke by ons verby op pad kamp toe en helfte van hulle hang by die vensters uit.<\/p>\n<p>Ons kom uiteindelik by die strand. Ons moes eers verby \u2019n hele span kameramanne loop wat een of ander advertensie skiet. Ek dink die groot Italiaanse oom wat staan en praat voor die kamera het nogal \u2019n interressante agtergrond gehad, d.i. 120 studente wat in die see in hardloop. Dit was \u2019n bloedige warm dag op die strand en ons is almal maar net te dankbaar vir die yskoue see. Stappers speel, swem en gooi frisbee. Die mens is gemaak om so te kan speel. Selfs Daniel Pascoe speel, al mag hy eintlik nie enige van die bogenoemde doen as gevolg van sy beseerde knieg nie. Dit is nou vir jou \u2019n gala. Hier eet nuwe toeriste ook hul eerste BTK middagbroodjies.<\/p>\n<p>Ons kom by die kampplek aan en stap verby \u2019n restaurantjie waar daar later definitief baie draairoomyse gekoop gaan word. Buffelsbaai is \u2019n oulike kusdorpie, klein en rustig. Of wel, dit was voor die BTK daar aangekom het. \u00a0Dag 2 en Willie se perskes is klaar op; hy is steeds enkellopend. Onder die skuiling van die kostente speel Fryhoff kitaar en almal vra hom uit oor baardstyle aangesien hy al alles probeer het. Hy s\u00ea: \u201cMet \u2019n baard kan mens nie help om absoluut \u2018dashing\u2019 te lyk nie.\u201d \u00a0Die Volleyball-net is ook opgeslaan en die toeriste speel alweer. Daar is wel \u2019n paar wat in die muur se skaduwee l\u00ea en rus. Jaco probeer sy boek lees, maar wil ook slaap, maar wil ook speel (\u2019n algemene verskynsel op \u2019n gala). Sterrenberg en \u2019n paar vriende het ook gaan snorkel en treur oor die feit dat hulle nie kreef kon vang nie.<\/p>\n<p>Aandete word voorberei op die maat van musiek. Hilda speel ABBA en die kokke dans om die tafels terwyl hulle groente skil. Jannes-hulle smeek Madelein vir haar tennisbal sodat hulle kan krieket speel en s\u00ea as hy dit verloor sal hy vir haar \u2019n nuwe een gaan koop by \u201cdie enigste winkel in Buffelsbaai wat plakkies verkoop\u201d. Braaier Jannie laat val die wors in die sand en noem dit \u201caswors\u201d. Madelein herinner die sketskrywer vyf keer dat iets geskryf moet word oor die vrot vis wat ons op die strand gesien het vandag. PF kan blykbaar viool speel en s\u00ea hy het die touchies op Brenton se strand vandag baie geniet. Stappers sien ook \u2019n skool \u2013 of trop, soos party dit noem \u2013 dolfyne en Daniel was aangeval deur \u2019n seemeeu. Zaza, Nellie en Amy s\u00ea dat dit \u2019n \u201cgreat\u201d dag was en dat die maak van middagbroodjies goed is vir die siel. Stefan met die krulhare s\u00ea hy geniet al die formasies van rooibrand op toeriste se lywe. Hy is ook weer herinner hoekom hy so baie hou van skoene dra, want sy voete het vandag rooigebrand. Die waarskuwing op die toer se skyfievertoning om sondbrandroom op te smeer het nie gewerk nie en nou sit almal met rooi velle. Dit is byvoorbeeld nie hoe jy moet lyk nie. Stefan het \u201cperongeluk\u201d sy sleedate geduik tydens skiet vandag. Loreen s\u00ea die uitkyksirkel was \u2019n belewenis. Iemand anders s\u00ea: \u201cDit is nogal snaaks. Die een oomblik gesels jy lekker met mense en dan skree iemand \u201cskiet is oop\u201d en dan word jy getekkel.\u201d Daniel het egter nie \u2019n probleem daarmee nie en s\u00ea: \u201cIts nice to be tackled.\u201d Daniel het blykbaar ook sy kop gekap met \u2019n byl toe hy besig was om \u2019n \u201cstubborn stompie\u201d te kap vir vuurmaakhout. Tone wou nog help, maar Daniel s\u00ea net hy het nie \u2019n pleister nodig nie, net \u2019n beanie.<\/p>\n<p>Pieter ondergaan blykbaar \u2019n identiteitskrisis, want hy stel homself aan almal voor as Francois. Pieter som wel ook die dag mooi op: \u201cAlles is lekker. Die mense is lekker.\u201d Loreen stem saam: \u201cAlles is lekker. Behalwe die brand.\u201d<\/p>\n<p><u>Items:<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Lize skop items af deur te vra: \u201cWat noem jy iemand wie se mes \u2019n R op het?\u201d Roland het sy mes op die grond vergeet vroe\u00ebr die aand.<\/li>\n<li>Gatiep en Marais speel weer I-spy. (Lize en Maymarie)<\/li>\n<li>Cornel vertel weer die storie van die hangkastannie met die \u201conooglike\u201d pienk rok.<\/li>\n<li>Elwin s\u00ea \u201cja\u201den Nicholas s\u00ea \u201cnee\u201d. Christi s\u00ea \u201cja-nee\u201d.<\/li>\n<li>Fred en Martin: Meneer Oom gaan eet by Ooskus se Weskombuis en is baie be\u00efndruk met die kos: \u201cHy gly af soos \u2019n vet kind op \u2019n supertube.\u201d<\/li>\n<li>Maya en Grethe doen \u2019n nuwe Item: Ligte Vrugte<\/li>\n<li>Lehani, Timon en Manie maak \u2019n verskyning (agter die verhoog, hulle is bietjie laat vir die gala).<\/li>\n<li>Stefan met die krulhare vertel vir ons \u2019n snaakse storie.<\/li>\n<li>Marguerite en Simeon doen ook \u2019n nuwe item oor \u2019n \u201cgala-baba\u201d.<\/li>\n<li>LT, Fred en Helette vertel stories.<\/li>\n<li>Sterrenberg vertel sy gunsteling grappie oor die driekoppige draak.<\/li>\n<li>Hilda, Manie, Maymarie, Jannie, Nina, Reinhardt en Nicholas lewer \u2019n uitstekende optrede oor mense in \u2019n filmteater. Hulle het selfs klankeffekte gehad te danke aan Hilda se luidspreker. Lion King se \u201cCircle of life\u201d maak die item.<\/li>\n<li>Hilda los toeriste in stukke met haar vertoning van Sylvia, Antonio en die Big Bad Bully of the West.<\/li>\n<li>PF, Pieter, JT, Christi, Lizaan, Marisa en Hannah is almal Koppe.<\/li>\n<li>Al die eertse toeris seuns vang vir ons \u2019n veldjie op die verhoog.<\/li>\n<li>Die goue toilet: Marietjie, Marguerite en Helette.<\/li>\n<li>Frederick hak nogsteeds vas met uitdrukkings soos \u201cdie oorlog was erger\u201d en \u201cmoenie op my gil nie\u201d. Hy lag darm vir homself.<\/li>\n<\/ol>\n<p><u>Hekels<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Daar word vir Martin gevra watse snaakse klanke hy vandag gemaak het. Hy s\u00ea hy moes probeer engels praat met \u2019n meisie.<\/li>\n<li>Martin wil by Charlize hoor wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het sy het \u2019n mes. Charlize wou blykbaar Lianca help om haar grondboontjiebotterbroodjie te smeer.<\/li>\n<li>Hilda vra vir Christi wat sy bedoel het: \u201cEk soek net \u2019n biedjie liefde.\u201d<\/li>\n<li>Nina by Lizaan: \u201cOns kan dit agter die boom doen.\u201d Sy wou blykbaar koffie in die bialetti maak.<\/li>\n<li>Wat het Sibbe bedoel: \u201cEk hou hom nou al vir 2 ure dop.<\/li>\n<li>Imke by Jannie: \u201cOns is nie maklik nie, julle is net moeilik.\u201d<\/li>\n<li>Madelein vir Amanda: \u201cJa, nee dis \u2019n outjie.\u201d Sy het verwys na \u2019n meisie se groot tas.<\/li>\n<li>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4669\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211202_075607731-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<\/li>\n<\/ol>\n<h1>Dag 3: Dinsdag \u2013 BTK Sondag op Buffelsbaai<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toeriste het almal vanoggend probeer inl\u00ea, maar die vroegoggend hitte van die somer het ons almal vroeg uit ons tente. Dit het definitief niks te doen met die persoon wie se alarm 6h00 die oggend afgegaan het nie. By die gasstowe staan omtrent 20 bialettis en hul base reg om koffie te maak. Na gister se stap op die strand, skimp meer mense egter vandag vir Aftersun as vir koffie en Frederick herinner almal weer om vandag sonblok aan te smeer. Die eerste toeriste oefen vir hulle Wraakkonsert. LT kom uit die uitkyksirkel met pap op sy gesig, Jaco het pap in die baard en Nina op die gesig. LT s\u00ea later sy eetlus is gestil na al die pap. Helfte van die groep speel op die strand. Die ander helfte oefen vir die middag se Spikeballtoernooi. Marietjie motiveer die meisies om ook in te skryf: \u201cMeisies, back jouself.\u201d\u00a0 Frederick en Reinhardt het wel die kompetisie gewen. Geluk.<\/p>\n<p>Die kokke maak weer\u00a0 middagete op die maat van Hilda se musiek. <em>Roer jou voete op die kostent se vloer. <\/em>JJ en Reinhardt probeer skaak speel. Ons is almal ook opgewonde oor Edward en Carly wat verjaar. Niemand sal die borshare en snor vergeet wat Reinhardt op homself geteken het nie. Ons sal ook nie eintlik verstaan hoekom hy dit in die eerste plek geteken het nie. Na \u2019n gesprek oor hoe baie meisies skeer, gaan haal Nina haar \u201cepilator\u201d. Party manne was braaf genoeg om hierdie skeertoestel aan te durf (Reinhardt se stem het wel huiwerig geklink toe hy ja s\u00ea vir die besigheid). Die mans bewe sommer van pyn nadat Nina hulle 2 sekondes lank geskeer het. Maymarie laat nie op haar wag om te wys dat vrouens ook sterk is nie en laat Nina amper haar hele been skeer.<\/p>\n<p>Ons doen \u2019n paar tradisies en JT verduidelik vir ons hoe om \u2019n handstaan te doen. \u201cJy moet net genoeg gewig vorentoe&#8230;,\u201d is al wat hy uitkry voordat hy op sy rug val. Na die nodige tradisies voltooi is, gaan \u2019n paar toeriste en gaan drink ietsie by die restaurant. Hulle kyk vir die eerste toeriste wat op die strand vir hulle wraakkonsert oefen en die res wat frisbee speel.<\/p>\n<p>Oom Erik lei BTKerk en lees Psalm 96 en Psalm 103 en die toeriste leer oor God se karakter. Lizaan en Louw het ook vir ons gelei in \u2019n paar liedere. Daardie aand eet ons roosterkoek. Terwyl ons eet, hardloop daar \u2019n klein meisie by die kamp in met haar ma kort op haar hakke. Ons vra wie die dogtertjie gaan skiet. Jaco antwoord en s\u00ea hy sal eerder die ma wil skiet. Frederick speel kitaar met 120 toeriste wat om hom sit en sing. LT sing met passie en later sing PF \u2019n solo.<\/p>\n<p><u>Items<\/u>:<\/p>\n<ol>\n<li><\/li>\n<li>Nina s\u00ea vir ons die ABC agteruit op.<\/li>\n<li>Jannie s\u00ea vir ons 10 9 8 7 6 5 4 3 2 1<\/li>\n<li>Cornel s\u00ea vir ons Do Re Mi agteruit.<\/li>\n<li>Fryhoff s\u00ea vir ons A1, A2, Her.<\/li>\n<li>Madelein sing Sarie Marais agteruit.<\/li>\n<li>Charlotte en Lize Burger doen die boerboetie storie van die kw\u00ea-vo\u00ebl.<\/li>\n<li>Fryhoff en Jannie gee vir ons \u2019n uitbeelding van die boereoorlog. \u201cOns het nie verloor nie. Ons het net nie gewen nie.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<p><u>Hekels<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Martin wil by Maymarie hoor wat sy bedoel het met: \u201cMartin is my stuk.\u201d<\/li>\n<li>Waldo wil by Bianca hoor: \u201cEk wil deur Wesley se tande gaan.\u201d<\/li>\n<li>Nina wil hoor wat het Heidi bedoel: \u201cNou is ek hot\u201d<\/li>\n<li>Fred wil by PF hoor: \u201cHaar ketting is te lank.\u201d<\/li>\n<li>Martin wil by Zaza hoor: \u201cVal net voor my asb.\u201d<\/li>\n<li>Hilda wil by Martin hoor: \u201cYou owe me a child\u201d<\/li>\n<li>Imke wil by Martin hoor: \u201cDie Here het vir my \u2019n dadbod gegee vir \u2019n rede.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4663\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-225x300.jpg 225w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-584x779.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-768x1024.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-1536x2048.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211201110504-scaled.jpg 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/h1>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4684\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_6598-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1>Dag 4: Woensdag \u2013 Ons gaan Swartvlei toe<\/h1>\n<p>Ons eet vanoggend Weet-bix \u00a0(nogal met warm melk te danke aan die stokers). \u2019n Paar dames met opgeswelde lippe smeer hul sonbrandroom dik aan. Frederick begin vir ons die dag met Psalm 105. Ons klim stiptelik een minuut voor nege in die bus. Na een kilometer, klim ons weer uit die bus om te begin stap. Ons het \u2019n baba rob gesien en perongeluk skrikgemaak. Trevor s\u00ea dis die tipe rob soos die bose een op Happy Feet indien iemand gewonder het. Hilda moes gedra word want sy het haar voet seergemaak. Martin s\u00ea Hilda sit aan want sy wil eintlik net h\u00ea hy moet aan haar bene vat. Ons sien ook \u2019n groot swerm vo\u00ebls wat opvlieg soos ons aangestap kom. Wat \u2019n voorreg om in die natuur te kan stap! Waldo het ook met \u2019n omie wat visvang op die strand gaan gesels. Michelle is baie trots op haarself omdat sy heeldag lank met stapskoene op die strand geloop het en nie een keer in die water getrap het nie. Dame-skiet vind plaas en Daniel Pascoe het weereens soos \u2019n mal ding aangegaan om sy dame te skiet. Na \u2019n lang dag se stap kom ons by \u2019n river waaroor ons blykbaar moet swem met ons tasse en al. JT s\u00ea: \u201cDit is nou byvoorbeeld die definisie van \u2019n verrassing.\u201d Toeriste wat wou oorswem het hulle tasse in die bus gaan b\u00eare en die res wat moeg was vir die son en hulle blase het met die bus (met lugversorger) kampplek toe gery.<\/p>\n<p>Daardie aand het die Garden Route Kampterrein ons kom afneem en onderhoude met \u2019n paar van die toeriste gevoer. Dit is blykbaar vir \u2019n promosievideo wat hulle maak vir hulle kampterreine. Die BTK voel ge\u00eberd om deel te kon wees. Daar word onderhoude met Helette en Martin gevoer, maar natuurlik gebruik hulle net vir Martin wat s\u00ea: \u201cDis wat jy soek.\u201d Reinhardt help daardie aand ook die kokke met die hoenderpotjie. Toeriste speel volleyball en ander sit in geselskringe.<\/p>\n<p><u>Items<\/u>:<\/p>\n<ol>\n<li>Martin was besig om oor \u2019n nuweland pawiljoen te gesels toe daar \u2019n brandweertrollie verby die slee ry. \u201cOeee, hier kom nog een. Ons gaan nou eers pause sodat hy verby ry.\u201d<\/li>\n<li>Christi, Roland, Marguerite en Manie slip uit hulle Wiskunde klas.<\/li>\n<li>Klippies is alweer in die water gegooi: Sibbe, Amy, Marietjie, Nellie en JT.<\/li>\n<li>Stefan vertel \u2019n storie wat hy gehoor het by iemand.<\/li>\n<li>Marguerite en Marietjie is ninjas.<\/li>\n<li>Troepe: PF, Fred, Jaco, Manie, Retief, Simeon.<\/li>\n<li>Nooi soek \u2019n booi\u2026 Byvoorbeeld.<\/li>\n<li>Cornel speel vir die meisies viool.<\/li>\n<li>2 suckers on a stick. Dit was chaos.<\/li>\n<li>Hilda vertel die storie van die oom\/tannie wat rook.<\/li>\n<li>JP vertel vir ons \u2019n inspirerende storie.<\/li>\n<li>LT en sy \u201cextractor fan\u201d.<\/li>\n<li>Die Namibi\u00ebrs is op die toer in die minderheid en wil hulle teenwoordigheid duidelik maak deur die Namibiese volkslied vir ons te sing.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4660\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG20211202102525-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1>Dag 5: Donderdag \u2013 Swartvlei tot Victoriabaai<\/h1>\n<p>Dit het daardie oggend so gere\u00ebn dat ons amper na \u2019n bazaar toe sou gaan, maar ons besluit toe, al is dit \u2019n Gala, sal ons eerder Gericke se Punt toe stap. Daar word baie fotos geneem en Laurika en \u2019n paar ouens kyk wie die die langste op die ho\u00eb houtpale wat in die strand gekap is, kan staan. Daar word gelag oor Idelette se opgeswelde lippe. \u201cDit is byvoorbeeld \u2019n subideale botox-job,\u201d meen een van die stappers.<\/p>\n<p>Terug by die kamp, klim ons op busse en ry Wildernes toe, waar dit weer begin re\u00ebn. Tristan s\u00ea: \u201cDit is byvoorbeeld sub-ideale weer.\u201d Ons stap op die strand tot ons by treinspore kom wat al langs die berg loop. Ons stap deur grotte en verby \u2019n hippie-dorpie met die naam \u201cKudu-kop\u201d. Pieter s\u00ea: \u201cOns moet die bordjie gaan steel. Wanneer in jou lewe gaan jy ooit weer kan s\u00ea jy\u2019t \u2019n kudu-kop van \u2019n hippie gesteel?\u201d\u00a0 Baie mense se hoogtevrees was getoets toe ons oor \u2019n skrikwekkend hoog brug moes stap. \u2019n Paar stappers moes oor die brug kruip. Annelie wil bevestig dat sy wel oorgestap het. Wesley s\u00ea daardie brug was \u201cterrible.\u201d Ons stap rustig op die treinspoor en neem foto\u2019s by die Victoriabaai-bordjie.<\/p>\n<p>By die see: Almal is te honger om te wag vir middagbroodjies en gaan koop <em>Chip \u2018n Dip<\/em> in Victoriabaai. Die branderplankryers vergeet dat hulle honger is en hardloop die see in. Lehani staar hulle aan en s\u00ea vandag se stap was die mooiste. Maja, wat langs haar sit en roomys eet, s\u00ea: \u201cDie voeltjies fluit en dis groener hier in Victoriabaai.\u201d Maar, binne die see is dit chaos. Jaco s\u00ea jy hoef net vir Nina te kyk dan sal jy verstaan hoekom. Sy kom uit die see gestap met stokkies, net en goggas in haar hare. Sy skud haarself soos \u2019n hond af en van die goggas beland in Zahn se o\u00ea. \u2019n Paar ouens het weer gaan snorkel, maar nie juis iets in die wilde waters gesien nie.<\/p>\n<p>By die kamp: Die meisies maak weer jolig kos op die maat van ABBA. Die seuns help vanaand met die kosmaak: PF lek die bak vla uit en Cassie en vriende eet oortollige tamaties uit \u2019n staalbak. \u00a0Hilda is deur Sterrenberg ge-\u201cintercept\u201d, so Daniel slee vanaand maar met Jodi. Daniel besef toe: \u201cNet soos in rugby, moet jy nie die bal gryp en dan nie weghardloop nie.\u201d Die volleyball-net is ook in \u2019n japtrap opgeslaan. Jaco bewys dat hy Manie se Zambuck kan oopmaak. Timon het vir \u2019n uur of twee in die kampterrein se bad gel\u00ea. Retief leer almal backflips doen. Martin probeer weer gimnastiek doen en \u201cback homself\u201d om teen Andr\u00e9 Pretorius deel te neem.<\/p>\n<p>Ons raas maar baie di\u00e9 aand en die sketskrywer vra die busdrywers, Solly en Nicolas, of ons nie hulle slaap steur nie. Solly s\u00ea: \u201cJulle is maar soos alledaagse kinders.\u201d<\/p>\n<p>Martin deel met Madelein een van sy wyshede: \u201c\u2019n Man moet soos hoender wees. Nie droog nie.\u201d Tydens spikeball het Jaco se broek geskeer net voordat hy vir Nina dien. Daar word \u2019n sokkie by die kerk gere\u00ebl en iemand skree dat dit soos \u2019n huisdans lyk. Al het ons vier ure soontoe gery om op vier liedjies te dans wat op vier pap luidsprekers gespeel word, was dit steeds die moeite werd en \u201ctjat-lekker\u201d.<\/p>\n<p><u>Items:<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Price: Nina, Grethe, Hilda doen \u2019n item, met Manie wat halfkaal in die agtergrond rondhardloop.<\/li>\n<li>Arrrrrg\u2026. Lighthouse! Die keer was PF die gelukkige eerste toeris wat die lighuis moes speel.<\/li>\n<li>Lize Crafford het \u2019n dramatiese sangvertoning gelewer.<\/li>\n<li>Andre, Retief, Stefan, Simeon en Louw doen \u2019n skit wat gaan oor Jesus wat bevryding bring, ons moet dit net aanvaar.<\/li>\n<li>Manie wys sy diepkant toe hy een van sy eie gedigte vir ons lewer.<\/li>\n<li>Daniel begin di\u00e9 skit met: \u201cOkay, we need twenty guys.\u201d<\/li>\n<li>Maria, pull yourself together! (Frederick, Retief en Lize)<\/li>\n<li>Gesprek met \u2019n boer deur Hilda en Sterrenberg.<\/li>\n<li>Stefan haal \u2019n storie uit die argiewe.<\/li>\n<li>Roland, Cornel en Stefan steel telefoonpale.<\/li>\n<li>Retief \u201cbegin\u201d die bakkie en Frederick en Jaco ry saam.<\/li>\n<li>Maja en Grethe loss tappers in stukke met hulle weergawe van Salom\u00e9.<\/li>\n<li>Manie en Frederick is vriendinne. \u201cOns is prim en proper.\u201d<\/li>\n<li>K-k-k-kaptein sluit die aand af. (Nicolas, Willie, Jaco, Reinhardt, Frederick, Simeon.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><u>Hekels:<\/u><\/p>\n<ol>\n<li>Maya vra wat Stefan bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cIemand of iets het my lip gebyt.\u201d<\/li>\n<li>Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cEk wil ook so rokkie dra.\u201d Willie s\u00ea hy soek daardie rokkies wat mens vir graadvang dra.<\/li>\n<li>Hilda wil by Stefan hoor wat hy bedoel het: \u201cHaito Patato, buk of ek byt jou.\u201d<\/li>\n<li>Fred vra wat Reinhardt bedoel het: \u201cSy is soos botter in jou hande.\u201d Dit is blykbaar die beskrywing vir \u2019n dame wat baie lekker gesokkie het.<\/li>\n<li>Martin wou by Lize hoor wat sy bedoel het: \u201cHubaar, huwerlik, baarmoeder.\u201d<\/li>\n<li>Lize wil by PF hoor wat hy bedoel het: \u201cHoe kan iemand wat so skerp is van Pretoria af kom?\u201d<\/li>\n<li>Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cWat ek uitmis in die slee, maak ek voor op in die bus.\u201d<\/li>\n<li>Madelein vra wat Laurika bedoel het: \u201cMartin, ons kon jou vir aandete ge\u00ebet het.\u201d Laurika se Martin het hoender gebraai en die die vuur was so warm, Martin het amper gaar geword.<\/li>\n<li>Madelein by Michelle: \u201cJy\u2019s nie eintlik lekker om vas te hou nie.\u201d<\/li>\n<li>Daniel vra vir Nicolas wat hy bedoel het: \u201cMy gesig is soos \u2019n meisie se been.\u201d Nicolas s\u00ea jy het geskeer, maar nie skeerroom gehad nie.<\/li>\n<li>Carly by Martin: \u201cEk\u2019s elke oggend warm. As ek gaan slap, is ek lou, byvoorbeeld, ek het \u201cgecharge\u201d.<\/li>\n<li>Hilda by Sterrenberg: \u201cAs ek moes kies tussen lengte en persoonlikheid sou ek lengte kies.\u201d<\/li>\n<li>Roland wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cTente is soos vroumense, enige ene werk.\u201d<\/li>\n<li>Yvette by Michelle: \u201cParty mense lyk maar net soos koshuise.\u201d<\/li>\n<li>Michelle by Madeleine: \u201cIt takes a team to get met dressed.\u201d<\/li>\n<li>Martin wil weet hoe Simone kan s\u00ea dat vrouens gemaak is om te bakei. Sy s\u00ea hulle raak katterig as dit by sleeplek kom. Dit is wat dit is.<\/li>\n<li>Jaco wil weet wat Willie bedoel het toe Jaco hom vra hoe hy gestap het en Willie antwoord: \u201cLangs \u2019n wese, half-mens, half-engel.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4678\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-300x225.jpeg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-300x225.jpeg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-584x438.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-768x576.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-1536x1152.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2801-2048x1536.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1>Dag 6: Die laaste dag \u2013 Victoriabaai tot Stellenbosch (of Outeniqua)<\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die son maak almal weer vroeg wakker. \u2019n Groep stappers verlaat ons om die Outeniqua te gaan stap. Dit het die vorige aand gere\u00ebn en Carly s\u00ea dit is nie te sleg om in \u2019n badkamer te slaap nie.<\/p>\n<p>Laaste woorde:<\/p>\n<p>Andr\u00e9 s\u00ea die toer was vir hom kosbaar. Marine s\u00ea sy het die lekkerste van almal ge\u00ebet op die toer, al is sy allergies vir amper alles. Dit is vir haar spesiaal dat almal kon saamkom en saamleef. Oscar s\u00ea hy kom volgende jaar terug, al het hy blase gebrand. Dit was vir Idelette ook regtig lekker en sy is hartseer dat haar eerste toer, ook haar laaste moet wees. Sy s\u00ea almal het haar so welkom laat voel. Laurika gee raad aan volgende gala-stappers: \u201cDra \u2019n langmouhemp om jou van die son te beskerm.\u201d Jodi waarsku ook: \u201cAs jy besig om warm te kry, weet jy jy is besig om te brand. As jy besig is om koud te kry\u2026brand jy nogsteeds.\u201d Waldo s\u00ea \u2019n gedig op: \u201cAs we stand on the shore, staring into the sea, as time past came to be. What a priveledge it was for me.\u201d Kyle beskryf die toer as \u201ckwaai lappies\u201d. Retief s\u00ea hy het die beste items op hierdie toer gesien. Hilda s\u00ea sy sien uit vir Lana en Stefan se troue. Yentl s\u00ea die toer was al te lekker en \u201cdit is byvoorbeeld wat jy wil h\u00ea.\u201d Helene s\u00ea toe sy op die Neelsie-gras sit om vir die toer in te skryf, het sy klaar geweet dit gaan lekker wees en s\u00ea dit was die beste besluit van haar lewe om saam te kom. Liska s\u00ea wat spesiaal is van die BTK is dat jy nog nader aan jou vriende kan kom. Sy s\u00ea dit is net onskuldige genot en dit voel amper asof jy heeltyd hoog is (of ons almal was net siek van sonsteek). Leah s\u00ea ook jy kan iemand goed leer ken as jy saam hulle sukkel en dat hierdie die soort mense is wat jy goed wil leer ken. Carly: \u201cDis die plakkie- en broekietan werd.\u201d Willie s\u00ea hy het \u2019n engel gevind. Jannes is hartseer dat die toer eindig maar sien uit vir sy gratis Spur-burger. Michelle s\u00ea sy is moeg: \u201cDit was lekker, maar dis nou klaar.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Paar stappers gaan Maan toe: Idilette, Jenny, Cornel, Willie, Lize, Daniel.<\/p>\n<p>Nicholas de Wet is die \u201cgelukkige\u201d wenner van die Terrash.<\/p>\n<p><u>2 weke later:<\/u> Helfte van die stappers het Covid gekry, maar die algemene gevoel is dat die Gala dit werd was!<\/p>\n<p>\u201cMag die torre van geluk teen jou voorkop vasvlieg.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMag jou brand in \u2019n tan verander.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li><em>Onbekend (maar ons kan aanneem dat dit seker Martin was)<\/em><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4666\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-584x438.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-768x576.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-1536x1152.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/PXL_20211203_102234183-2048x1536.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/h1>\n<h1><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4675\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-225x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-225x300.jpeg 225w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-584x779.jpeg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-1152x1536.jpeg 1152w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-1536x2048.jpeg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2023\/08\/IMG_2929-scaled.jpeg 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/h1>\n<h1><\/h1>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>GALA 2021 Knysna \u2013 Victoriabaai Deur Lize Crafford Dag 1 (Sondagoggend): Stellenbosch studente ry Knysna toe Toeriste is tot \u2019n mate dankbaar dat die grense tussen Namibi\u00eb en Suid-Afrika wel toe is (as gevolg van die pandemie) aangesien die voorsitter, Frederick van Zyl, wel die gala kon lei. Dit is nadat hy op die Whatsapp-groep [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4591","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4591","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4591"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4591\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4735,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4591\/revisions\/4735"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4591"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4591"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4591"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}