{"id":4922,"date":"2024-02-26T05:50:35","date_gmt":"2024-02-26T03:50:35","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4922"},"modified":"2026-07-03T12:16:42","modified_gmt":"2026-07-03T10:16:42","slug":"gala-2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2024\/02\/gala-2023\/","title":{"rendered":"Gala 2023"},"content":{"rendered":"<h1><strong><u>Gala 2023<\/u><\/strong><\/h1>\n<h1><strong>Arniston \u2013 Gansbaai<\/strong><\/h1>\n<h3>(oftewel Uilkraalsmond; ons het net met \u2019n bus deur Gansbaai gery!)<\/h3>\n<p>Skets deur Martine Odendal<\/p>\n<h1>Dag 1: Gebreekte bus en so<\/h1>\n<p>Met genoeg tyd om nog die oggend te pak, sleelekkers te koop, \u2019n laaste Neelsie-ontbyt in te werk, en vir die voorsitter om sy fluitjie te vergeet, is daar \u2019n ordentlike vakansiegevoel in die Neelsie parkeerarea. Omtrent 100 BTKners trek saam rondom die twee groot busse en bestudeer onderlangs hulle Gala-rolle op die uitgedeelde papiere. Na die kringetjie en gebed trek die busse weg uit Stellenbosch, en die eerste stop is om nog twee stappers op te tel by Peregrine. Die tweede stop was bietjie onverwags in die middel van n\u00earens en met niemand om op te tel nie. In die voorste, volste, nie-aircon-bus het party net gehoor dis omdat die busdrywer warm kry, ai, as dit nou maar net so was, n\u00e9. Die nuus is toe gebreek dat dit die b\u00fas is wat warm kry, s\u00f3 warm dat hy nie meer verder gaan ry nie. Na LT se \u201cbus-hopping\u201d het een bus solank Caledon toe gery om solank vir arme Geooffrey langs die pad te kry en sodat klomp studente basies die Fresh Stop oorneem. Die werkende bus het toe teruggery en die ander verlorenes langs die pad opgetel sodat h\u00falle die Fresh Stop \u2019n tweede keer kan oorneem. Middagbroodjies word solank op die gras gemaak en die geriewe van badkamers, gekoopte koffie en snacks word waardeer. Die groep van die aircon-bus het in tussentyd gelam by Waenhuiskrans se kampterrein en middagete daar gemaak terwyl daar gewag was vir die eerste bus om aan te sluit. Met almal toe bymekaar het Matthys en Renee gedemonstreer hoe skiet werk, en stof is opgeskop soos wat hoede by mekaar gegryp word. Party het met sonsondergang gaan \u2018dip\u2019 in die warm see, en die geel volmaan het soos \u2019n gloeilamp bo ons gehang vir die res van die aand. Vir aandete moes die stokers daar veeeer gaan snoek braai, en die kokke het besluit h\u00falle gaan die stokerspakkies aantrek. Na die heerlike snoek, patats en knoffelbrood, het almal reggemaak vir die eerste slee van die toer. Die eerste toeriste lag so effe vreemd vir LT se diep gedig as sterwende bok. Mario en Luigi het ook te verskyn gekom op die rivier, en De Wet en Petri was in \u2019n bar in Prieska. Met PF, Inge, Ruv\u00e9, Franna, Attie, Jacobus en \u2019n hond soos Wian op \u2019n vliegtuig, kan jy net die chaos indink. Die ouens se aand sluit wel nie af na die Magaliesburgse aandlied nie, want teen 2-uur die oggend is daar \u2019n security guard in volle uniform en sy geweer wat vir hulle staan en kyk. Waenhuiskrans is seker maar nie gewoond nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h1>Dag 2: Waenhuiskrans<\/h1>\n<p>Almal was heel verlig toe daar so onder mekaar uitgevind word dat dag 2 wel nie die 22 km gaan wees waarvoor almal gevrees het nie.<\/p>\n<p>Na die stokers se \u201copstaaaan, dis \u2019n heeeerlike dag!\u201d begin die eerste stapdag op Waenhuiskrans. Sommige mense het toe al teruggekom van hulle vroe\u00eb swemsessie af, en teen oppaktyd breek \u2019n onverwagse re\u00ebnbui uit. Herculine is ons verjaarsdagmaatjie, en re\u00ebn of te not, sy moet gepos word.<\/p>\n<p>Ons begin die stap na Waenhuiskrans se bekende grot toe, en staan daar omtrent in \u2019n ry om een vir een in te gaan. Binne neem ons \u2019n groepfoto en is weer op pad uit om die res van die dag se stap af te l\u00ea. Ons loop seelangs terug teen die strand en aan die gesels. Met game break is die weer nog nie t\u00e9 lekker dat mense al swem nie, maar wie het dit nodig as jy Rosa se kuns kan bewonder en soos \u2019n koor \u201coeeh en aaaahh\u201d?<\/p>\n<p>Middagbroodjies was op Arniston se hoofstrand \u2013 en hier word geswem. Baie eerste toeriste word bewus gemaak van die uitkykkring, en stap dan terug met \u2019n afkyk grond toe, \u2019n senuweeagtige laggie, of met \u2019n kyk van ongeloof \u2013 waarin het ek nou net myself bevind?<\/p>\n<p>In die bus het die stappie sy tol ge\u00ebis en meeste mense vat \u2019n middagslapie totdat daar by Struisbaai se kampterrein ingedraai word. Met \u2019n STUK wind is die tente opgeslaan en meisies wat in di\u00e9 tyd rustig probeer l\u00ea en slaap op hul sakke is so 3 keer weggejaag deur hooftentopslaner PF. Met die wind wat effens beter raak en die son wat agter die wolke kop uitsteek, was dit tyd vir die BTK om te wys hoe fiks ons nou eintlik is met 2 afsonderlike drafgroepe \u2013 I mean die BTK Tinder moet darem aktief gehou word. Die res het gaan draairoomys soek in Struisbaai en party het winkels toe gestap. By die kamp is daar gelam en sokker, kaartspeletjies, Spikeball en frisbee gespeel, en \u2019n paar brawe swemmers het die see aangedurf. Aandete was heerlike nachos, en vermaak verskaf deur Wesley wat op Attie se skiet-poging intercept. Om aaitems te begin het Petri en Drian het gesorg dat ons plat l\u00ea van die lag aangesien Frikkie akrobatiese pote gehad het wat nie mooi kant toe kon strek nie. Drian het meer gelyk asof hy gaan duik eerder as wurg met sy manier van \u2019n olifant opklim. Dankie tog vir die slee wat namens Frikkie kon eggo want Frikkie het maar gesukkel om sy samewerking daar ook te gee. In die dokter se spreekkamer het Wian \u2019n kopseer, Attie \u2019n hoesaanval met ietsie soos \u2019n twerk daarby, Jeandre \u2019n ruk en pluk en stamp-van-die-stoel-af aanval, en PF het \u2019n hoendersiekte. Wian het omtrent geskop, skrop, en twerk-hoes van siekwees. LT het vir Stefan, oftewel Stefani, gehad om te s\u00ea Pappie gaan n\u00earens nie, Pappie bly net hier. Na \u2019n goeie aand se lag, kom die \u201cnag, dames\u201d van oom Francois.<\/p>\n<h1>Dag 3: Die eintlike stap van Gala<\/h1>\n<p>Dit het bietjie bewolk begin, en toe trek dit oop op Struisbaai. Dit was \u2019n lang stapdag wat voorl\u00ea so na Weet-Bix en oggendbroodjies was dit vinnig tente afslaan en bus pak voor ons Agulhas toe ry, en natuurlik eers vroegoggend-swem vir sommiges. Daar is begin stap by die ligtoring, met mense wat hier en daar opbring \u201cek dink ek was al hier, soos in die laerskool?\u201d Ons kom by die Suidelikste punt van Afrika waar dit natuurlik weer tyd is vir \u2019n fotosessie. PF vrywillig homself om te kyk of jy wel \u2019n ou is indien daar onsekerheid is of jy in die ouens se foto hoort. Vinnig word die fluitjie weer geblaas vir Stapnou!, want die hele roete l\u00ea nog eintlik voor. Kort-kort in die stap sit iemand sonroom aan of haal \u2019n waterbottel uit soos die somerson begin bak. Op die klipstrand sit die kaalvoet stappers maar moeilik voete neer, tot Game-break langs die strand gehou word. \u2019n Sokkerbal word benut tussen die ouens, en twee uitkykkringe werk vlot soos wat eerste toeriste probeer inbeur en weer uitgespoeg word. Franna kry \u2019n lucky shot waar selfs Faf se eers lewende en toe dooie vis handig gepas gekom het. Na die lekker luiword het ons verder aangestap verby die moooiste klein strande, waarby Jacobus sommer gou duik in die een baai. Party kies die roete teen die rotse om \u2019n paar skulpies op te tel, soos opgewonde Maya en Carmen wat teen die einde van die toer steeds hul skulpe kon wys. Middagete-tyd langs die see breek aan, en party stap eina-eina die klipstrand af na \u2019n lekker rowwe see met baie sand en malende klippe. Op ander stappe in die bos kry jy krapmerke op jou bene as battlescar-bewyse \u2013 op gala kry jy bloukolle op jou bene van die klippe wat teen jou vasslaan in die see. Stuk vir stuk daag die wat geswem het op langs die middagbroodjiesirkel, want ja, hongerte is beslis teen die tyd \u2019n faktor. Met gevulde mae en luilekker gel\u00ea in die son, word stap oor 7 minute aangekondig (altyd sulke vreemde hoeveelhede, nooit \u2019n 10 minute nie!). Met almal reg om te begin stap, word skiet oopgemaak en sand word opgeskop soos wat daar af in die jeep track gehardloop word &#8211; die klippe word so ver moontlik vermy. En dan die klassieke verskynsels na skiet: Ron\u00e9 is nog op soek na \u2019n plakkie wat gevlieg het, en almal kyk en cheer soos wat Tanya en Wesley net ewe skielik begin hardloop.<\/p>\n<p>Die stap begin en ons draai weg van die see af binneland toe met \u2019n sanderige jeep track waar 100 rye BTK-spore gelos word. Die sandveld is mooi, maar die somerson is warm. Beskawing word uiteindelik opgelet en ons stap weer tussen die huise deur totdat die twee groot busse gewaar word. Almal maak waterbottels vol by die badkamer, en toe word die busse weer volgemaak vir die pad Uilkraalsmond toe. Op die aircon, nie-stukkende bus was daar redelik geslaap en gerus na die dag se stap. Op die nie-aircon, reggemaakte bus, was die sangbundels uitgepluk en \u2019n Afrikaans classics sing-off is gehou tussen onder andere LT en PF aan die een kant van die bus teenoor Franna, Mareli, Mila en almal wat agter gesit het! Attie was so bietjie van \u2019n draadsitter tussen die twee kante \ud83d\ude42<\/p>\n<p>Aangekom op Uilkraalsmond, word tente opgeslaan om die minste wind moontlik te vang, en eerste toeriste kom bymekaar, want vanaand is die aand. Ou toeriste is vermaak deur Barbie en Kenough op tv in die konsert, met advertensiebreuke wat omtrent iets van alles wys. LT mis die beste lyn en ou toeriste frons, maar die res word verwelkom en is net dankbaar hulle het dit oorleef. In verdere aaitems word Frederick sonder klere gelos as Mr Price, en Stefan word onverwags h\u00e1rd ge-blou yskas deur Franna. Nag, dames.<\/p>\n<h1>Dag 4: BTK-Sondag<\/h1>\n<p>Oftewel, die Spikeball-dag. Dit is weer tyd vir die jaarlike gala Open en na \u2019n laat en rustige oggend kan spanne gemaak word vir die toernooi. Die stof staan soos Spikeball gespeel word met toeskouers onder die bome ingepak op die heerlike somersdag. Die semi\u2019s breek aan waar LT &amp; Jacobus vir PF &amp; Faf wen; Franna &amp; Frederick wen vir Stefan &amp;Attie. So die finaal is die Diepsleekonings vs Spykerbal. Dit was eers gelykop met 1 set elk, totdat die Diepsleekonings die laaste set 11-9 wen, en LT se lewenslange droom waar word.<\/p>\n<p>Na die spikeball word alles-in-een-dis-dis ge\u00ebet vir middagete, en \u201cnee, Marlize sal nie nou skiet oopmaak nie, want daar is mos nog goed wat die middag moet gebeur\u201d hahaha. Dames hardloop wyd en syd, want die ouens is nou nie juis volop nie.<\/p>\n<p>Die Voorsitter praat al heeldag van BTK \u201cverrigtinge\u201d en tradisies wat die middag gaan plaasvind, maar niemand het gedink dit gaan pushups insluit om by \u2019n poeding uit te kom nie. Die instrukteur het ook nie dit saam gedoen nie, en dit was meer oefening as strek om plek te maak in die maag. O en dankie aan Retief wat die klaende meisies gou-gou stilgemaak het met \u2019n one-handed pushup. Liz\u00e9 staan baie trots heel voor in die poedingry, met De Wet wat net staan en glimlag langsaan toe die tafel omgevat word agtertoe. Na poeding is die mae vol en \u2019n paar maak ogies toe onder die skaduwee; die res is af see toe. En die Spikeball word weer saamgedra, glad nie asof \u2019n hele toernooi die oggend plaasgevind het nie. Almal wat netjies uitgevat is word stuk-stuk afgeneem voor sonsondergang. Want net mooi as Oskar reg is om die groepfoto te neem, kom nog iemand aangedrentel in BTK-tyd.<\/p>\n<p>Die aand het Oom Francois vir ons \u2019n stukkie uit die Bybel gelees, waarna Graham met kitaar worship gelei het. Die saamsing onder die sterre en die voorreg om die Here se naam saam te prys was spesiaal om net weer te besef hoe gese\u00ebnd ons is. Met aaitems is Frikkie en Sarel sommer by die see om \u2019n walvis te kry vir die kolonie. Troepe is lank en interessant, waar Jacobus in sy slaapsak gaan wegkruip en Wian sommer inkom as \u2019n <em>prop<\/em>. \u2019n Nuwe aaitem van \u2019n groepie swemmers en hulle geko\u00f6rdineerde tonepunt-bewegings beindruk almal. Nog \u2019n dag is verstreke.<\/p>\n<h1>Dag 5: Uilkraalsmond \u2013 Pearly Beach<\/h1>\n<p>Op ons laaste stapdag loop ons al langs die see tot in Pearly Beach. Party se tekkies word sommer al in Uilkraals uitgetrek toe ons begin met \u2019n lagoon wat deurgestap moet word. Dis \u2019n mooi stap langs die strand, en ons middagbroodjie in \u2019n winderige Pearly Beach. Die wat broodjies gemaak het neem die lifeguards se hokkie oor en vir die van julle wat nie weet nie, die brood is met skulpe of met die hand gesmeer, maar heerlik soos altyd, dankie Middagbroodjies! En toe is skiet ook nog oopgemaak toe al die middagbroodjie girls in \u2019n kringetjie sit op \u2019n baie onideale hardloopplek, dankie LT.<\/p>\n<p>Met die wind swem niemand swem eers nie. Behalwe Cat wat tydens skiet besluit hardloop is nie genoeg nie \u2013 sy is lus vir duik. Dit moet die ouderdom wees \u2013 sy\u2019t daardie dag 20 geword in goeie BTK-styl.<\/p>\n<p>Ons het gou weer by kamp aangekom, en toe is alles windverwaaid. Ouens help tente weer opslaan en res lam net onder \u2019n boom uit die son en wind uit. Die moegheid het gehang oor die kampterrein en meeste het koers gesoek na \u2019n boom toe, met matras of slaapsak in die hand, reg vir \u2019n middagslapie na 5 dae. Voorsitter het roomys aangebring, en met die dat meeste geslaap het kon \u2019n paar gelukkiges sommer 2 kry. Franna se kontakte het gesorg vir 3 toevallige biere vir 3 toevallige ouens toe hulle gaan vleis optel by \u2019n tannie se huis. Die BTK het gesorg dat Uilkraals se coffee shop \u2019n behoorlike boost gekry het, want ten alle tye was daar \u2019n groep wat ordentlike koffie wou h\u00ea, koek wou eet of net daar sit by die ander, want FOMO is nogal \u2019n ding.<\/p>\n<p>Teen laatmiddag het die wind bietjie gaan l\u00ea en \u2019n intense volleyball game was aan die gang \u2013 Taylor, Franna, Marietjie, Jacobus en Attie was soos last man standing en basies almal wat opkom se kompetisie.<\/p>\n<p>Die aand eet ons flippen lekker pasta en slaai \u2013 Ron\u00e9 was op haar stukke en het met krag daai pak maalvleis in \u2019n pot gekry.<\/p>\n<p>Dit was kosbaar om te sien hoe die BTk oor jare gemis en gekoester word, met Fred en Martin wat by ons aansluit tydens die sokkie. Almal het fone uitgepluk om die insanely mooi sonsondergang af te neem wanneer \u2019n blaaskans nodig is, en dan sokkie jy maar weer aan! Toe die son sak en niemand meer kan sien waar om te dans nie, trek Faf sy kar nader \u2013 en die setup is soos Catwalk, net buite.<\/p>\n<p>In slee is Fred en LT Vriendinne wat ontsteld is oor daar nie \u2019n Plato is nie en \u201cblykbaar is die BTK nou net Burnt\u201d want soos Fred s\u00ea \u201cI mean Vriendin, ek was mos heeltyd op die toer\u201d. Die vriendin gaan omtrent aan oor die voorsitter, \u201cas hy daai fluitjie so swaai en blaas\u201d, en die sekuriteit wat verbyry kyk snaaks na di\u00e9 twee in hulle wifeys. Booi soek \u2019n nooi word aangebied deur Drian, met \u2019n hele paar baie spesifieke kandidate wat Burnt klere moet wys en eers by \u2019n ander universiteit moes swot. Drian en Wian doen rondte 3 van Sarel &amp; Frikkie, en gaan nog groter as die walvis die vorige aand \u2013 en natuurlik, wie is dan so groot soos die Voorsitter \u2013 \u201cwurg hom, Frikkie, wurg hom!\u201dNog \u2019n oud-BTKner, Marguerite, het by ons aangesluit en die tradisionele BTK konkoksie vir die brawe siele laat proe. Mmm, niks so lekker as om Pieter se groottoon voor jou te sien as jy die blinddoek afhaal nie. En natuurlik word daar ge-kkkaptein om die aand mee af te sluit.<\/p>\n<h1>Dag 6 \u2013 Kostent-skuiling<\/h1>\n<p>Die oggend is nat en die re\u00ebn hou aan drup. Deur die nag het die re\u00ebn gesorg dat party meisies bietjie nader aan mekaar skuif en ander maar bus toe hol. Die stokers sing di\u00e9 wat nog snoesig in tente l\u00ea vir oulaas wakker met \u2018Country Roads\u2019. En oggendprosedure: hardloop kostent toe. Op \u2019n slag was daar 45 mense in die arme kostent wat uit die re\u00ebn staan om op die laaste oggend saam ontbyt te eet. Ons wag en wag en wag vir die re\u00ebn om op te hou, en begin toe eventually tasse laai en tente afslaan, alhoewel alles klaar nat is. Die met hulle eie karre begin stuk vir stuk ry en gegroet, almal nou op hulle eie paaie vir vakansie.<\/p>\n<p>\u2019n Kring word vir oulaas gemaak, en Thalia, Wesley, Henco, Kerryn, Anais en Arenda wat maan toe gaan, deel hulle kosbaarste tye saam met die BTK. Henco s\u00ea van \u00e1l sy toere was gala beslis sy lekkerste!<\/p>\n<p>Ons stop by Hermanus se mall vir terrash, en na bietjie stoele bymekaarmaak en almal insettle was die roeiers nie juis baie lus om te roei nie. Henco en Frederick het sommer slow-mo afgeskop\u00a0 \u2013 wou hulle miskien h\u00ea ons moet hulle dop hou soos die aaitem?<\/p>\n<p>So die ouens was biejie shocking, maar Anwar was nog steeds die wenner en reg vir sy tweede burger. Stuk vir stuk het die kos en koeldranke aangekom, soos selfs die oom in die pad geskree het \u201cEk\u2019t nog nie koeldrank gekry nie!\u201d<\/p>\n<p>Na die wag vir tipiese studente wat eers McDonald\u2019s roomys gaan koop of Christmas shopping in Checkers en Food Lovers doen, vertrek die twee busse uit Hermanus op pad Stellenbosch toe, waar almal koebaai s\u00ea voor die lang somervakansie wat voorl\u00ea. Die vakansie is wel op \u2019n baie goeie noot afgeskop. Nog \u2019n toer is verstreke van die ou BTK!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gala 2023 Arniston \u2013 Gansbaai (oftewel Uilkraalsmond; ons het net met \u2019n bus deur Gansbaai gery!) Skets deur Martine Odendal Dag 1: Gebreekte bus en so Met genoeg tyd om nog die oggend te pak, sleelekkers te koop, \u2019n laaste Neelsie-ontbyt in te werk, en vir die voorsitter om sy fluitjie te vergeet, is daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4922","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4922"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4922\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5878,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4922\/revisions\/5878"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}