{"id":4970,"date":"2024-07-14T15:31:10","date_gmt":"2024-07-14T13:31:10","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=4970"},"modified":"2024-07-29T16:00:44","modified_gmt":"2024-07-29T14:00:44","slug":"die-hel-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2024\/07\/die-hel-2024\/","title":{"rendered":"Die Hel 2024"},"content":{"rendered":"<h1>Die Hel<\/h1>\n<p>Skets deur Tanya Smit<\/p>\n<h2>Dag 1: Hel toe<\/h2>\n<p>Om 11:00 Dinsdagoggend is meeste toeriste alreeds op hete kole om die reis na Gamkaskloof aan te pak. Die bus was egter nie in sig nie, en sommiges mag dalk gevrees het dat dit die wegraping is. Gelukkig het LT se spoedige boodskap almal te rus gestel dat die bus in Merriman Avenue wag. Talyah het net-net betyds daar aangekom na haar laaste toets, die bus is gelaai en ons is sterk op pad om die kloof te gaan verken.<\/p>\n<p>Oom Francois het ons vermaak met sy eerlikheids-speletjie waar daar openbaar is hoeveel Checkers trollies in sy destydse koshuis seksie is. Soos die toeriste mekaar bietjie begin leer ken het, het ons vinnig besef daar twee Jano\u2019s op die toer is wat albei ingenieurswese swot. Vinnig-vinnig het die een Jano homself onderskei as Janou, en outomaties was die ander een as Ja-later gedoop.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-4974 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"162\" height=\"243\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-200x300.jpg 200w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-584x876.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-768x1152.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1618-scaled.jpg 1707w\" sizes=\"auto, (max-width: 162px) 100vw, 162px\" \/><\/p>\n<p>Na \u2018n vinnig stop by Worcester se vulstasie, is almal se honger gestil en sit ons die reis voort.<\/p>\n<p>Net voor sononder arriveer ons by die gasteplaas waar daar kamp opgeslaan word vir die aand.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n groot bederf om \u2018n saaltjie te h\u00ea met kombuis, braai en sokkie geriewe. <em>Needless to say, <\/em>nadat almal aan heerlike nacho\u2019s gesmul het was daar gedans, geskiet en geslee. Die eerste toeriste mans het vermaak verskaf toe hulle vir ons wys hoe om \u2018n veltjie te vang en arme Matthys het die koue water aangedurf om Klippies te karakteriseer. Jeandre was gehekel oor sy dad jokes waarvan Martine blykbaar nooit sal weet nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-4988 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"233\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1520-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 350px) 100vw, 350px\" \/><\/p>\n<h2>Dag 2: Langpadmense<\/h2>\n<p>So begin die amptelike staptoer. Die stokers het almal 06:30 wakker gesing. \u2018n Lang dag se stap het voorgel\u00ea. LT wou so vinnig as moontlik die kos uitdeel, kamp opslaan en tradisies afhandel sodat ons in die pad kon val. Dit was vreemd dat daar \u2018n oormaat van sakkies BTK-pap was, maar nietemin het die bus ons gevat tot by die Seweweekspoort afdraai waar ons begin stap het. Vir \u2018n hele ent het ons verby plase gestap en deur die Karomino hek. Met die eerste game break het Ruben gou sy plek geboek om laaste uitgekyk te word nadat hy aspris na die kring toe loop en vra: \u201cWat maak julle hier?\u201d Tone moes al vroeg aan die werk spring toe Talyah in \u2018n bos geval het en die wond dadelik blou geword het met twee gaatjies. Daar was eers vermoed dat dit \u2018n slang is, maar toe sy geen verdere simptome wys nie is die gevolgtrekking gemaak dat dit waarskynlik dorings was.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-4984 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"351\" height=\"234\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1448-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 351px) 100vw, 351px\" \/><\/p>\n<p>Komkommer en mayo middagbroodjies is gemaak by Die Leer en daar is plegtig belowe dat net 2km oor is as ons onder kom. Trevor kan getuig dat wit, road running, Nike tekkies gekombineer met \u2018n swaar rugsak, \u2018n le\u00eb dag rugsakkie en los klippe, enige man se knie\u00eb kan lam maak. Na \u2018n effense <em>scramble<\/em> het almal onder gekom en dit is waar 2 in 5 kilometer verander het. Alhoewel sommiges eers na donker by die kampterrein aangekom het, was daar \u2018n vrolike atmosfeer omdat daar toilette, storte en donkies was. Dit was ook gerusstellend om te weet dit is die laaste keer wat ons kamp hoef op te slaan omdat ons hier gevestig sal wees tot ons weer uit stap die laaste dag. \u2018n Bietjie genade is aan die eerste toeriste gegun toe die wraak met \u2018n aand uitgestel is. Ironies genoeg moes ons vuur maak in Die Hel om warm te bly.<\/p>\n<p>Meneer die voorsitter het aangekondig dat daar die volgende oggend laat geslaap kan word en dat ons nie baie ver sal stap nie, om op te maak vir die eerste dag se <em>miscalculations<\/em>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag 3: Rus(tige) dag<\/h2>\n<p>Nog nooit het ek gehoor dat ouens die deuntjie van: My oom se motor is \u2018n ou masjien, kan vergeet met die derde vers nie, maar dit is wat gebeur het op hierdie vars, koel oggend. Behalwe vir die feit dat niemand gejaag was om klaar te maak nie, was Tone se spreekkamer omtrent uitgeboek om blase te dokter. Janou en Ja-Later het besef dat hulle te lank is vir hul tent en het heel nag met hulle voete by die opening uit geslaap. Op hierdie stadium was gemaklik slaap nog belangriker is as hitte.<\/p>\n<p>Die dag se stap was rivier langs en \u2018n paar boesmantekeninge is besigtig. Ons was amper \u2018n radio kwyt nadat LT dit in die rivier laat val het, maar gelukkig het Naude die radio uitgeduik. SW en Naude het sommer toe die geleentheid aangegryp om in die rivier te swem terwyl die res soos dassies in die son middagete geniet het.<\/p>\n<p>\u2018n Volle 5km later is ons terug by die kamp en reg om te lam in die son. Terwyl die eerste toeriste hard aan die beplan en oefen was vir het die res kaart gespeel of in die swembadjie swem. Party het effens stry gekry oor dutchess\/cambia\/kaas of wat ook al jou gesin dit noem en watter re\u00ebls regverdig is.<\/p>\n<p>Die kokke het aan die werk gespring om chicken-ala-king te maak vir aandete en liewe oom Francois het die hele dag lank die donkie gestook sodat almal warm water kon h\u00ea. Die wraakkonsert was \u2018n treffer. Sneeuwitjie is angstig opsoek na haar stem terwyl die karoo surfer almal net laat chill. Op die einde het die genie tot Sneeuwitjie se redding gekom en die groep het afgesluit met die malgaliesburgse aandlied.<\/p>\n<p>Bertus was definitief die vinnigste mier in die geskiedenis om die olifant uit te klim.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-4976 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-200x300.jpg 200w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-584x876.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-768x1152.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1657-scaled.jpg 1707w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/p>\n<p>Jy het nog nooit \u2018n kind so lus gesien vir roomys soos Stefan nie. Kyanti het ook nuwe lirieke geskryf vir ABBA se Mamma Mia, om \u2018n spesiale huldeblyk te bring aan LT se <em>miscalculations<\/em> van die tweede dag. Josh was gehekel omdat hy vir Rosa ges\u00ea het sy lyk soos \u2018n pretty drowned rat. Sy verduideliking was dat hy presies bedoel het wat hy ges\u00ea het. Muller het amper die voorreg gehad om in dameskamp te slaap nadat sy tent voete gekry het, maar sommiges was vinnig op hul perdjies om hom daar uit te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag 4: Br\u00fbe bou<\/h2>\n<p>Ontbytsake is gehou deur Anna-Mart wat \u2018n volledige verslag gegee het oor hoe haar foon gesteel is en die wild goose chase waarop sy en haar pa was om die foon weer op te spoor. Kuilsrivier polisie is toe eintlik nie so sleg nie en almal is geskok oor hoe BAIE dinge voor 22:30 kan gebeur.<\/p>\n<p>Josh en Rosa het vroeg die oggend die groep verlaat op pad terug na die leer toe.<\/p>\n<p>Die dag se stap was meer aan tyd gekoppel as afstand, maar dit was \u2018n uit en terug roete.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-4978 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-225x300.jpg 225w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-584x779.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-768x1024.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-1536x2048.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/20240614_131200-scaled.jpg 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/p>\n<p>Die ingenieurs het dit hul missie gemaak om \u2018n brug by elke rivierkruising te bou. Ja-later het dit egter op homself geneem om vir Stefan oor te abba. Damesskiet is oopgemaak tydens game break en Beatrix het duur betaal vir haar sleedate nadat sy \u2018n stukkie grond gekoop het. Net voor ons gestop het vir middagete was daar \u2018n ordentlike, diep en sterk vloeiende rivier. Die koue water moes maar trotseer word en selfs arme Lucy is heup hoogte deur die rivier met haar lang stapbroek.<\/p>\n<p>Terug by die kamp het ons 10km agter die rug en almal is dadelik storte toe. \u2018n Perd van \u2018n hond het daar opgedaag, asof hy aankondig dat die eienaar op pad is. Terwyl die ou toeriste besig is om foto\u2019s te neem hoor ons hoe \u2018n groot masjien deur die rivier ry met hout vir die vuur. Dit was toe die eienaar wat coke, fanta, wors, brood en tamatie sous daar kom aflewer het. Ons was gese\u00ebn met worsbroodjies vir voorgereg, alles wat lekker is vir hoofgereg en marie beskuitjies met karamel vir nagereg.<\/p>\n<p>Die items het vroeg begin met die hoop om nog genoeg slaap in te kry voor die volgende dag se lang uit stap. Oscar se hangmat was gebruik om te ontstap van \u2018n kanu makery. Tydens BTK meisies het Christeen bevestig dat alhoewel die meisies stort in die trane van die ou bo jou op die leer, hou die manne nogsteeds van ons. Ons het amper slaaptyd gemis omdat Marietjie nie kon raai wat begin met \u2018n \u2018T\u2019 nie. Troepe het ons bekommerd gehad omdat hulle alles kon vorm behalwe \u2018n normale deur en SW sal nooit weer kla oor \u2018n dakwaaier of aircon nie.<\/p>\n<p>Anna-Mart was die lopende hekel van die dag. Ons hoor ook hoekom haar ma ges\u00ea het sy mag nie sommer net enige iemand soen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag 5: Genade<\/h2>\n<p>Dit was 04:45 toe die eerste wekker afgegaan het en die stokers is dadelik aan die gang. Daar moet baie dinge gebeur voor 07:00 wanneer die eerste groep aangery word na die onderkant van die leer toe.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-4980 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1672-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>Mareli en Jeandre is maan toe gestuur en daarna is die res van die kampterrein opgeruim. Terwyl die tweede en derde groep by die kamp gewag het vir die voertuie om terug te kom, het ons by die laaste kole gestaan en lofliedere gesing in die oggend son.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n <em>bumpy ride<\/em> op die agterkant van die cruiser, Mareli was amper vertrap en Marietjie se been het gelyk of sy oorlog toe was. Die derde groep (die fikse ouens) het nie geduld gehad om te wag vir die voertuie nie en het besluit om sommer te draf na die leer toe. Binne \u2018n uur het die tweede groep die eerste groep bo gevang het en kort op hul hakke was die fikse manne. Daar was wel \u2018n effense ongelukkigheid toe almal bo kom en besef dat van die waterdraers hul papsakke leeg gemaak het op pad op. Dit was \u2018n aangename verassing om die bus \u2018n volle 6km vroe\u00ebr as wat oorspronklik verwag is, te sien.<\/p>\n<p>Op pad na Worcestor vir terrash was daar interessante geselskap gebou oor verhoudings en vuurwapens. \u2018n Paar goeie A2 uitslae het ook vreugde en verligting verskaf. Brenden was beloon met \u2018n tweede burger nadat hy die eetkompetisie gewen het en Ja-nou was net-net tweede. LT het nie nodig gehad om deel te neem nie omdat hy alklaar die afwesige Ruben se burger ge-<em>claim<\/em> het. Muller was diep ongelukkig toe hy hoor nie net LT nie, maar Anna-Mart en Kyanti ook \u2018n tweede burger gescore.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4982\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1414-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-4986\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2024\/07\/IMG_1496-2048x1365.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Hel Skets deur Tanya Smit Dag 1: Hel toe Om 11:00 Dinsdagoggend is meeste toeriste alreeds op hete kole om die reis na Gamkaskloof aan te pak. Die bus was egter nie in sig nie, en sommiges mag dalk gevrees het dat dit die wegraping is. Gelukkig het LT se spoedige boodskap almal te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-4970","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4970","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4970"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4970\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4990,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4970\/revisions\/4990"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4970"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4970"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4970"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}