{"id":5170,"date":"2025-02-06T11:39:10","date_gmt":"2025-02-06T09:39:10","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5170"},"modified":"2026-02-27T16:50:50","modified_gmt":"2026-02-27T14:50:50","slug":"wolkberge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2025\/02\/wolkberge\/","title":{"rendered":"Wolkberge 2024"},"content":{"rendered":"<h1><b>Wolkberge skets<\/b><\/h1>\n<p><i><span style=\"font-weight: 400\">Deur Inge Botes\u00a0<\/span><\/i><\/p>\n<h2><b>Proloog:\u00a0<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek loop verby \u2018n gesprek op een van die laaste dae van die toer waar die een vir die ander s\u00ea: \u201cDie Here moet ons voorberei om Sy liefde te ontvang. As ons op een slag die volle begrip van Sy liefde vir ons moes kry, sal ons ontplof.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wolkberge 2024, die tweede toer in die Stellenbosch-studente se Julie-vakansie, was in baie maniere die graaf, wat ruimte binne elke stapper gegrou het, om hierdie voller begrip te mag ontvang. Paulus s\u00ea vir die Efesi\u00ebrs dat dit bloot nie genoeg is vir ons honger siele om teologiese kennis van Liefde te h\u00ea nie. Dit is iets wat ervaar moet word. En wat is ervaring? Dit is baie soos \u2018n staptoer.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ervaring moet jy met jou eie longe inasem, met jou eie tong proe, met jou eie o\u00eb aanskou en op jou eie kopkussing herkou. Jy raak bekend met die gladde en growwe teksture van ervaring soos die aarde onder jou eie kaal voete. Ervaring loop in jou bloedstroom rond en dit kamp in die kamers van jou hart. Geen boek of preek of les maak homself tuis in jou binnemens soos wat Ervaring doen nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><b>DAG 1: aan die voet van Iron Crown<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek en Ouma ry op Sondag, 14 Julie 2024, om 05:29, by Lynnwood Laerskool se parkeerterrein in, net om twee ander siele, naamlik Meneer die Busdrywer en Meneer van der Walt te sien. Om 05:50 rol Meneer die Voorsitter met sy trawante daar in. Fashionably late natuurlik. Interessant hoe die man wat soggens in intervalle van 10 minute \u201cSak aai tente!\u201d gil, 20 minute en etlike sekondes, vir sy eie toer, in sy eie dorp, laat is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die gegons van ou vriende wat mekaar groet en nuwes wat mekaar ontmoet bons vanaf die\u00a0 Laerskoolgronde in die bus in en spring weer af by die eerste stop \u00earens tussen Pretoria en Polokwane, waar meeste stappers hulle laaste luukse oomblikke van warm publieke toiletsitplekke en flou vulstasiekoffie geniet. N\u00e1 plus minus vyf ure se rit, klim ons af in Haenertsburg se parkie, waar \u2018n gefragmenteerde, uit-asem weergawe van De Machtige Koning in kronkelrye van pette en elmbo\u00eb ontstaan het. Die ordentlikheidspraatjies en huil-soos-jy-lag (dalk meer lag-soos-jy-huil) grappies het die baan gebreek vir die eerste van vele asemrowende skietsessies, aangebied deur di\u00e9 Mej. Maymarie van den Heever en Mnr. Jacq Strydom. Maar watter verduideliking van skiet sou ooit die BTKaners \u00f3f die Bokke-aanhangers kon voorberei vir die duik van die jaar, slegs \u2018n paar dae later in die Wonderwoud. Ek wonder of een van die twee besef het hoe voorspellend Jacq se dag 1 nerf-af-been-wond vir die toer was. Die kokke en middagbroodjies het verseker dat die stappers, in Stephanus se woorde, met \u2018n \u201cEurope girl summer lunch\u201d van vienna en tzatziki rolletjies gevul word. Die eerste \u201cSakke op!\u201d het kort daarna gevolg en ons het ons kramplose bene en veelvoudige sorge vir tyd en wyl in die beskawing agtergelaat.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Di\u00e9 dag het ons net 7 km gestap, maar teen die eerste gamebreak het my tong al op die vloer gehang en ek het met groot verligting my rugsak vol maalvleis, konfyt en Bovril losgekliek. Oom Theo, Meneer die Voorsitter se pa, het die swakkes (soos die sketsskrywer) kom verfris met sakkies springmielies.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2018n Kraal vol bruin beeste het ons verwelkom by ons eerste aand se slaapplek en dit was nie lank na die tente op is, dat LT skiet oopmaak en Martin, nes Jacq, \u2018n stukkie Limpopo-grond koop nie. Die vars plaaslug moes gou plekmaak vir die kenmerkende Benzene-aromas wat met \u2018n BTK-toer gepaardgaan. Voordat mens kon s\u00ea \u201cnacho libre\u201d het ons al seconds geskep. Die kokke, waarvan 3 uit die 4 first timers was, kon uiteindelik gaan stort by die geheime pyp in die plaaspad, om die senuwees wat met Masterchef gepaard gaan, te gaan afspoel. Dit het egter die senuwees versterk aangesien Marietjie 1.0, ten volle geklee en met \u2018n giggel, die minder gekleede kokke waarsku dat die ouens van die westekant af op pad is, en dat \u2018n trekker op daardie selfde plaaspad van die oostekant af, op pad is. Sonder om te blik of te bloos het die kokke in styl en sonder skaamte teruggekeer na hul stofpad-seil-kombuise. Beertjie-poeding het, saam met baie ondervraagbare hekels, reeds op aand een sy verskyning gemaak.\u00a0<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Ballade van \u2018n sterwende bok<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Christina, weet jy wat ek met hierdie lippe kan doen?<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms was besonders Hans en LT moes sy Mans probeer staan.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Alicia en Guido wil by die onbilike verkoopsdame, Marietjie 1.0, koppe koop. Topklas-koppe sluit in: Franco, Suzanne, Margit en die onbekostigbare Peet-rizz. Min het hy geweet dat dit nog net die begin van sy item-loopbaan sou wees.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Guido kry nie genoeg van die verhoog nie en maak sy verskyning as \u2018n late bloomer in Juffrou Anna-mart se graad 2 klas. LT vermaak die gehoor met stories oor bloed en bierbottels.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Die eerstetoeris-manne beeld vir die gehoor met hyging uit hoe om \u2018n veldtie te vang. Martin erken dat hy nie kan asemhaal nie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Blou yskas sluit in \u2018n topless Tinkie, gefrustreerde kaptein Jano, Inge B a.k.a. Brooklyn van Brakpan, met haar groot hont Gucci a.k.a. Marietjie 2.0, Mayms as Candice en Anna-mart as die ou vrou getroud met die Blou-yskas-behepte ou-man, Guido.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Marialle vestig haarself as eerstetoeris-sameroeper met haar Klein Tambotieboom item<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Die De Jager broer en suster-paar sluit items af met die \u201cAs die gordyn val\u201d treffer van Bobby en Karlien. Die gehoor het mal gegaan. Sekuriteit was amper geroep en handtekeninge was na die tyd gevra.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Peet-rizz word gevra hoekom die BTK vir hom soos Koer in die regte lewe is.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Petrus trap in \u2018n slaggat met sy verduideliking en word gevra waarna \u201caangename duiwe\u201d op die toer verwys. Hy verklaar dit verwys na die spesie van Mars.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Maar wat het Petrus bedoel toe hy s\u00ea die spesie van Mars?\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Hy het klaarblyklik bedoel Venus, soos in VROUMENSE! Nee, skuus, vroumens.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Wat het Petrus bedoel met vroumens (enkelvoud)?\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Hy s\u00ea dis \u2018n baie goeie vraag.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Alicia word uitgehaal oor sy vir Jacq vra of hy nou gaan unzip. Sy verduidelik sy het na sy broek verwys.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Alicia word gevra wat sy bedoel het toe sy na Jacq se broek verwys. Uiteindelik was dit net sy riverpants wat onder die knie kan losrits.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Suzanne word gevra wat haar bedoelings was met \u201cAg shame, Guido is net \u2018n late bloomer\u201d\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na Petrus se uitmergelende hekelsessie, s\u00ea hy vir sy slee dates: \u201cEendag as ek op my stoep sit sal ek darem kan s\u00ea ek het al als probeer.\u201d Watookal dit beteken.\u00a0<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><b>DAG 2: Bo-op Iron Crown, die hoogste piek in Limpopo\u00a0<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die son verrys met helder glans soos die stokers geloof in ons almal insing. \u201cI\u2019m a Believer\u201d van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">Shrek<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">, eggo nou nog in die Wolkberge rond. Marietjie kwadraat is Guido se sleutels en Alicia herstel nou nog van haar verjaarsdag se high! Lank voor kort kom ons by ons eerste gamebreak vir die dag aan, en die Kaapenaars drink soos pasgebore babas die Limpopo-landskap in. Hier en daar is swartgebrande fynbos om aan huis te herinner in die Noorde. Verder tel die uitkykkringe net meer momentum op soos die kosbare uurtjies tot die soetheid verby gaan. Tjips-en-roomkaas-panini\u2019s maak die magies vol in \u2018n woud wat uit \u2018n sprokiesverhaal uit kom. Die mosvloer is bedek met gebleikte dennenaalde en boomstamme wat soos Goliatte neergewerp l\u00ea word die rusbanke en klimrame van die kinderlike BTKaners. Ons stap ver en ons stap steil, ons swoeg en sweet, tot ons kom by die hoogste piek in Limpopo, Iron Crown. Di\u00e9 is nog deel van die Drakensberge. Die bloedrooi BTK-vlag word saam met 40 bloedrooi wange gelig om hierdie merkwaardige oomblik vas te vang. Al singend wandel die BTKinders by die berg af. Stuk-stuk ry Oom Theo water met sy bakkie aan, net sodat die dames gehidreerd genoeg is vir die intense skietsessie wat sou voorl\u00ea by die volgende gamebreak. Beatri hol vir Jano weg en in haar probeerslag om hom te step, step sy haarself en skuur op die grondpad. Sy staan toe op en hardloop verder, want \u2018n BTK meisie gee nie so maklik op nie, en die ouens, hulle like it. Naas Beatri, steel Maym-konyn weer die show. Pa-konyn, Oom Johan en Ma-konyn, Tannie Rose, kyk met verwondering na hulle dogter wat met hasespoed van haar jagters af weghol. Guido is die aanvanklike jagter, maar word met jare se oefening en taktiek van sy game af gegooi soos LT intercept. Beide is lojaal teenoor hulle groep, egte Namibiese Veg Pikkewyne. Eintlik behoort al drie van den Heevers aan die Noorweegse Natstert Staffies, maar die sketsskrywer het in haar onbevooroordeelde diskresie, tot die doeleinde van sensasie, besluit om haar as \u2018n konyn eerder as \u2018n staffy te klassifiseer, want eintlik wou almal \u2018n Kanadese Brul Konyn wees, en ek is amper heeltemal seker ek het gehoor hoe Maymarie, terwyl sy hardloop \u201cRawr\u201d skree. Plus, Maym-konyn klink soveel beter as Maym-Staffy.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die laaste stukkie stap van daardie dag in die los ysterryke sand skop soveel stof op dat ek begin wonder of dit, dit is waar die Wolkberge sy naam vandaan kry. Almal se stapskoene was \u2018n skakering van rooi nader aan die vlag wat vroe\u00ebr gelig was. Net voor die eerste paar blase t\u00e9 ongemaklik geraak het om aan te gaan, het ons by die Wolkberg Natuurreservaat kampterrein (met toilette en storte!) aangekom. Die goudgeel National Geographic raam het ons aandag gevestig op die eintlike rede vir bergreeksnaam en die kokke het die storte gedibs voor daar weer ongemaklike ontmoetings van oos, wes, noord of suid af kom. Elke eerstetoeris het hulself emosioneel gaan voorberei vir die wraak en seker \u2018n bietjie geoefen aan hul rolle ook. Bacon Pesto Pasta was op die spyskaart vir die aand en ek is seker dat diegene wat die bestanddele moes dra nie eers regtig \u2018n verskil in sakgewig kon voel die volgende dag nie, want meeste het behoorlike seconds geskep.\u00a0 Die tuna-draers het gewonder of hulle dag van ligter laste ooit sou kom. Na aandete is die ereplekke op die sleeseile ingeneem en die Groot Trek het begin. Suzanne, verlig met kopflitse, MC die aand om as Monsior Lumier die Chandelier en skets die chaotiese beeld van lewe as \u2018n eerstetoeris. Philip, die drie-been-skaap, en Inge Venter, die papwiel-waentjie, gly op Margitt die Margarine, soveel so dat Marli die Geyser bars. Franco die Windbuks is so getrigger deur die hele aff\u00eare dat hy sommer vir Alvin the Chipmunk (a.k.a. Stephanus wat een of ander irriterende liedjie in ho\u00eb noot sing), skiet. Peet-rizz, beter bekend as Jan Braai, Jan Braai vir Erfenis, begin vir die lekkerte baklei met (Lara-) Joey Tribbiani, wat regtig net wil weet hoe dit met Jan gaan, nee rerig Jan, how you doin? Monsior Lumier verdoof kopflits na kopflits soos konflik vir konflik die toneel oorneem. Asof dit alles nie chaoties genoeg is nie, beweeg al die karakters in konstante sirkels, insluitend Olivia die pienk bromponie, wat elke 5 minute \u201cek het \u2018n toeter, \u2018n toeter op my waterskoeter\u201d vir die groep inlei. Die bromponie se eienaar Christina, Barbie op Steroids, asook Marialle Unda the Sea, en Martin, die ikoniese, huppelende gouelokkies bring elkeen \u2018n unieke bydrae tot die katastrofie van die wraak. Op die ou einde besef Jan Braai wat elke Suid-Afrikaner behoort te besef: ons moet almal mekaar help om die groot trek van die lewe te oorleef, want eintlik wil ons almal net BRAAI. Dit was groot vermaak, maar alle grappies moes vinnig op \u2018n stokkie kom. Die voorbereide liedjies is gesing, party meer as een keer om vir gevaalde probeerslae te kompenseer. Die vreugdevuur het vir die ou toeriste troos en ruimte vir geselligheid verskaf, terwyl die hitte vir die eerstetoerise al hoe meer benoude sweetdruppels laat tap het. Darem kon hulle klere, wat nat en vuil kan word, gaan aantrek. Die lank gewag was vir eers verby: 0 dae, 0 ure, 0 minute en etlike sekondes tot die soetheid van die wraak het aangebreek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Kort voor lank het \u201cWelkom by die BTK!\u201d die Limpopo-lug gevul, die groepieleiers het watergevegte by die blikwasserkraan gehou: die stokkie van vroe\u00ebr het gebreek en die grappies gaan aan. Teen die einde van die aand het die hele lot toeriste om die vreugdevuur vergader om hul Maker te ontmoet en te loof in die gees van samesyn en goddelike pret. Hier op ons Matielandvelde was deur die groep geoefen en Oscar het ons bederf met \u2018n Noorweegse solo.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na die soetheid en gesing, was die res van die items afgestel en hekels is vroe\u00ebr oopgemaak.<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Jada hou daarvan om ini mix te wees (trail mix?)<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms gee klaarblyklik nie om oor ander mense nie<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Iz\u00e9l staan vas dat sy nie na LT se bene kyk nie<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms vra vir haar sleedates: soet, sout of stout?\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Anna-mart wil weet of sy haar pap op Martin se vuur mag warm maak.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Blykbaar is LT oor 4 jaar bles<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Nadia word gehekel oor sy wat iets mompel oor \u2018n onpersoonlike gogga, maar inteendeel, amper soen sy \u2018n gogga.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Nadia word deur Guido gevra wat sy bedoel het toe sy vir hom s\u00ea, \u201cO jammer, ek dog dis Oscar.\u201d\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Guido wil by Jacq weet wat hy bedoel het toe hy vir hom vra of hulle asseblief saam kan stort, maar hy was vining uitgehaal oor hy uit manskamp uit gehekel het.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<h2><\/h2>\n<h2><b>DAG 3: Watervalle en verdwaal in die Wonderwoud<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die grys deinserigheid van die vorige dag het plek gemaak vir \u2018n vlymskerp silhouette van die Wolkberge teen \u2018n lemoenoranje en aarbeipienk agtergrond. Terwyl die uitsig vanuit die oopgeritsde tente in dameskamp waardeer word, vlieg Oscar se drone bo die tydelike wonings rond om die eerste gesigte van die dames op dag drie te virewig. \u201cSak aai tente!\u201d maak weer sy rondtes om die kamp en die gehoorsames kry kans om \u2018n sokkerwedstryd te speel voor dit tyd is vir \u201cSakke op!\u201d. Jan Braai word aangewys as slot en besluit dat Inge kwadraat die ding sal doen as sleutels. Dalk het hy inspirasie by Die Piesangskille gekry. Net toe ek begin wonder of LT gejok het op oor die waterpoele op die slides, hoor ek \u2018n gebaljaar wat na my toe boemerang. Ek het die poele gehoor voordat ek hulle gesien het. Na \u2018n geklim en geklouter by die rotse af, trek ek \u2018n Frangipani-tak weg om die juweel van \u2018n waterval te openbaar. \u2018n Warm gevoel vul my hart soos die bergwater my lyf verfris. Ek het \u2018n beter prentjie van die hemel na hierdie swem. Soos kinders kon ons uit ons nate bars van die lag, gil van die pret, mekaar natspat en bommies in die poele maak. Re\u00ebnboog-skyfies vang nou en dan jou oog reg en in \u2018n splitsekonde, tussen die gebaljaar, onthou jou gees van jou Pappa God se verbond van vrede.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na \u2018n tydjie se gebak in die son, het ons weer die pad aangedurf. Die landskap het stelselmatig van amber en sementgrys en pik verkleur na lowergroen en goud en saffier.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Oom Johan en Maymarie het soos stout kinders by elke volgende poel langs die pad geswem en Slot Petrus se moermeter so effens in die rooi in geref, want Meneer die Voorsitter het van voor af gedreig dat ons middagbroodjies sou mis as ons te ver agter is. Maar wat is kos nou eintlik op \u2018n staptoer? het Oom Johan heel waarskynlik by homself gedink. Hy het \u2018n leuse herhaal wat al hoe meer toeriste verlei het om ook te swem en speel, insluitend die Slot se twee sleutels. \u201cAs jy nie by \u2018n plek geswem het nie, was jy nie daar nie.\u201d Rivieroorkruisings was aan die orde van die dag en teen middagete (wat ons gelukkig gemaak het), was die nat stapskoene en sokkies uitgestal op die klippe, nes die aasvo\u00eblmis uitgestal op die kranse rondom ons. As, so wit soos sneeu, het die paaie vorentoe versier en hier en daar het \u2018n tak nog gegloei van brandhitte. Aanstap, aanstap tot \u2018n uiteindelike breuk in die middel van die stappaadjie, dit moes beteken het ons is naby die kamp! Toe nou nie. Intussen het Guido ons vermaak met sy grappie oor \u2018n 10-ton-budgie en Petrus het gepraat oor \u2018n padda op die wal. Meer daaroor later. Verder het ons verdwaal. Slot Petrus het erken dat die roete waarop ons onsself bevind, soos \u2018n stroperswandelpad lyk: dooie varingblare wat soos \u2018n ouma se toonnaels omkrul, snotgroen mosbaarde wat jou uit die boom uit kielie, doringtakke wat soos torings rank en bierbewyse van vorige kampers. Om die res van die verdwaling verder te verduidelik, haal ek graag Elton John aan: \u201cGoodbye Yellow Brick Road.\u201d Vir enige voornemende voorsitters wat hierdie skets lees: volg die geel pyle. Verder het ek besef dis nie net die antieke skoonheid van Suid-Afrikaanse landskappe wat ongerep is nie, maar ook die menslike natuur in tye van nood en gevaar. As sketsskrywer het ek heelwat verantwoordelik gevoel om ietwat meer oplettend as gewoonlik te wees, en ek het elke oomblik daarvan geniet. Daar was duidelike uiterstes in hoe die BTKaners die skemer stres van verdwaal in die Wonderwoud hanteer het. Party oorleef op humor: hulle word absolute hansworse wat mekaar duik en stamp en spot in die middel van die pad (ahem *Marietjie en Maymarie). Ander word soos Dauntless in die Divergent rolprent, hulle hardloop alleen en sonder radio\u2019s by kranse op, sonder enige ware idee waarnatoe hulle op pad is, om die beste roete vir die groep te vind. Dan kry \u2018n mens die Mnr. en Mej. Verantwoordelikheid, hulle sug vir die ywer van Dauntless en probeer die Narre se geduikery te tem. Die terugsitters is \u2018n unieke spesie stressers, hulle is nou die wat veronderstel is om Mnr. en Mej. Verantwoordelikheid te wees, iets soos \u2018n Voorsitter of bestuurslid, maar in plaas van voorvat, vat hulle agtertoe en gee met grasie verantwoordelikheid oor aan iemand anders. Iemand anders soos \u2018n eerste-toeris slot met geen benul van die uitleg van die woud nie, iemand soos Petrus wat met gelukwensing van sy toerleier oor die radio hoor: \u201cGeluk Petrus, jy\u2019s nou Voorsitter! Draai om, stap voor en lei die groep.\u201d Kyk, tussen Petrus se Bovril-ryke uitkykkring en hierdie woorde wat die radiotjie vir hom bulder, weet ek nie wat was die groter inlywing as BTK-lid nie. Verder is die stres-eters diegene wat hulle sleelekkers sommer met eerste teken van gevaar uithaal en nie terughou nie. Die stress-sangers, aan die ander kant, ruk hulle sangbundels uit en begin harmoniseer. Mens sou dink so \u2018n uiteenlopende groep gespanne toeriste vryf mekaar lelik op, maar in die wyse woorde van Jan Braai, Jan Braai vir erfenis: ons moet almal mekaar help om die groot trek van die lewe te oorleef, want eintlik wil ons almal net BRAAI. Wie sou kon dink hoe vinnig hierdie woorde getoets sou word? Laastens kry mens jou Voorsitter-resensente. Dis nou die wat \u2018n wilde kombinasie van Hanswors en Terugsitter verteenwoordig. Ek het gehoor hoe een resensent s\u00ea dat ons twee dinge daardie dag geleer het: volg die geel pyle, en volg LT se gut. Toe ons by die kampplek arriveer, het meeste nog rondgekyk om te sien waar dit is. Daar word gesmul aan alles-wat-lekker-is en kondensmelk tee met tennis-beskuitjies. Na Magaliesburg se Aandlied was dit vasgemaak dat slee aan die dames behoort, weens \u2018n beperking aan tentspasie. Dit was effens beknop, om die minste te s\u00ea. Maar \u201ckla\u201d vind mens nie in \u2018n BTKaner se woordeskat nie, en ek was meer verfris met die gemoedere van die groep daardie aand as deur die dag se waterpoele. Mens kan nie \u2018n prys op samesyn sit nie.<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Martin die surfer ry branders, word gebyt deur \u2018n haai en verdrink amper. Hy spoel vlak uit op die strand. \u2018n Dokter Petrus en Mechanic Jano stap verby hom op die strand. Dokter doen CPR en probeer hom red, maar die praktiese mechanic brein lig uit dat as die dokter nie die surfer se agterent uit die water uit haal nie, gaan hy nog die see leeg pomp daardie aand.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">\u201cLiefie ek kry koud\u201d. Kan jy glo Jacq is so onbereidwillig om sy verloofde Anna-mart se ma uit Benoni uit te bel?<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<h2><\/h2>\n<h2><b>DAG 4: the Horns en die hange van Serala<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Op dag 4 sing die Knysna-loeries en stokers ons so saam-saam wakker met Ai My Lam. Na vroegoggend geselsies rondom BTK-pap en koffie, nooi Oom Johan ons uit om die dag met eerbied te begin. Eerbied vir God ons Skepper. Skepper van die Wonderwoudvloer en Serala Piek. Skepper van die Knysna-loerie en ook die asem in die longe jou mede-pelgrim. Skepper van hemel en aarde. Geruisloos het ons begin stap deur die lowergroenigheid. \u201cKan julle hoor? Kan julle hoor hoe bulder God se stem in die stilte?\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Toe ons aptyt vir stilte versadig is, het ons groep by die steiltes afgesing, \u201csoos \u2018n wildsbok smag na water, smag my siel na U, O Heer\u2026\u201d Oom Johan se luidsame uitroep van oorwinning het die dag se opbouende gesprekke, giggel en speel ingewy. Dit was ook ons lofoffer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die eerste gamebreak van die dag het aangebreek en Maymarie maak skiet oop. Dis dameskiet. Na so vyf minute kom ek sonder suspisies terug van dameskamp afgedrentel en vra vir Jacq of hy al twee keer geskiet is. Hy huiwer, mompel \u2018n nee en begin hol. Ek is kort op sy hakke, maar hy hekkie-spring heel strategies oor twee gevalle boomstompe en ek verloor spoed. Gelukkig vir my het Maymarie al eergister begin opwarm. Haar pupille vernou. Haar bo-bene bult. Sy skuif tasse en mense uit die pad en dan begin sy. Haar tydsberekening: soos Cheslin Kolbe se charge down op Ramos die Fransman se conversion in die 2023 Rugby W\u00eareldbeker. Haar toewyding: so intens soos \u2018n Brit oor w\u00eareldwye kolonisasie in die vroeg 1900s. Haar vlak van vaardigheid: 6 jaar se BTK, 13 toere, 65 skietsessies. Alles vir daardie oomblik. En dit was perfek. Meer as perfek. Met haar skouer as haar leidsman, lammie sy Jacq se dy soos nooit tevore. Hy is verbaas. Geskok. Verontwaardig. Met min balans ploeg hy grond toe soos Mayms se momentum hom oorweldig. Die skare gaan mal. Dae later, in \u2018n persoonlike onderhoud met Guido Bieseman, word daar gestel dat Mayms se tackle baie was soos die Springbok, Damian Willemse s\u2019n, wat vir Caleb Clark, van die All Blacks, geduik het. Bieseman is van mening dat die enigste verskil tussen Maymarie se tackle en hierdie geskiedkundige tackle, is die feit dat Mayms s\u2019n beter was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">As daar vuvuzelas was, was hulle geblaas. Toe my spoed uiteindelik bykom, seil ek by die prooi en roofdier in en vra of Jacq met my sal slee. Ek het gevoel soos Bongi Mbonambi wat met speler-van-die-wedstryd wegstap in daardie selfde wedstryd waar Kolbe die charge down van die jaar vermag het. Daardie aand is Jacq die gelukkige man met 3 slee dates: Marietjie 2.0, Mayms &amp; Inge.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Oom Johan vertel ons oor die Outeniqua Geelhout Kalander (<\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">Latifolius podocarpus<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">, dankie Stephanus) en bre\u00ebblaar clivias, ook bekend as die bosveldlelies.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na gamebreak klim ons al ho\u00ebr en die pad raak steiler. Guido s\u00ea dit maak hom die helling. Onbetroubare toue vasgeknoop aan aalwyne help ons om The Horns te piek, waar groepfoto\u2019s, paartjie-foto\u2019s, alleenfoto\u2019s, familie foto\u2019s en Republiek-foto\u2019s geneem word. Hoe kan mens hierdie dag se uitsigte beskryf? Tone s\u00ea die woudpatrone wat spontaan uit die dro\u00eb berghange groei lyk soos \u2018n makromodel van wilde mos in die krake van \u2018n sypaadjie. Ons stap stuk-stuk by The Horns af en toe op by \u2018n volgende, en toe weer af, net om by \u2018n kloof uit te kom waar twee kranse kop-teen-kop in die hemel uitgebytel staan. \u2018n Klein stroom van die anderkantste krans loop af om \u2018n waterval van meters en meters in die vallei in te vleg. Die berge omvou ons. Hier het ons ge\u00ebet. Hier het ons gerus.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na middagete verplaas ons 100m noordwaarts net om te vind dat di\u00e9 anderkantste krans ons sou huisves vir die aand. Party yweriges gaan verken die krans op ons voorstoep verder na kamp opgeslaan is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Soos die son weg sak en dit skemer word, stroom die noodles en gerookte hoenderpakkies na die stokerstasies toe. Die dames versier hulself in bont rokkies en die manne vou dasse vir die aand se spoggeleentheid. \u201cMooiste meisie, jy\u2019s deel van my lewe!\u201d word uit volle bors deur die ou toeris dames gesing tydens hul foto-sessie, eers vir hulself, dan uitnodigend vir die eerste-toeris dames en uiteindelik vir the one and only: tannie Rose. Die kosbaarheid van die oomblikke tussen die vrouens het gecrescendo nes die gesang. Die manne kom by. Groepfoto\u2019s, alleenfoto\u2019s, filmfoto\u2019s. \u201cBellisimo,\u201d s\u00ea Oscar. Na aandete het ons reggemaak vir slee. Party kopflitse skyn so sterk en helder dat die akteurs soos reuse op die teenoorgestelde kranse silhouette. Frikkie en Sarel moet weer \u2018n olifant wurg vir die koningin, maar \u2018n geveinsde eggo is nie eers nodig nie, die berge om ons verseker dit self.\u00a0<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mej. Perfek bied Nooi soek \u2018n Booi aan. Die dames agter die slaapsakgordyne oortref hulself, weereens. Maar meeste van almal is skame Rita (Rachel), wat hoop dat haar ideale man se knie\u00eb vir haar lam raak. Interessant genoeg het Bieseman vele ACL beserings al gehad en het heeldag met \u2018n verbinde knie rondloop.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Hospitaal, waar arme Jacq net nooit by die dokter uitkom nie. Mayms dra vyf lae klere wat sy stuk vir stuk uittrek oor haar termostaat fout het. Jacq eindig op om sy riverpants af te rits.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Gatiep en Meraai, wat intussen name verander na Jannie en Meraai.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Die Slabbert sussies vermaak ons met Marietjie wat vir Ouma Dorothy vertel hoe sy skande op haar slee date se huis bring.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Jy sal nie \u2018n Kanoe uit Peet-rizzedent maak nie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mrs Anna-mart Wong verduidelik vir Mnr LT Wong dat sy \u2018n wit baba verdien omdat sy hom heeltyd wit rys over.<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Wat het Guido bedoel toe hy s\u00ea, meneer jy het \u2018n piesang in jou oor.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Man is man, vrou is vrou.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Wat het Jada bedoel toe sy vra hoe \u2018n mens gaan van Oom tot Lover?\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Wat het Anna-mart bedoel toe sy s\u00ea, jy\u2019t nie \u2018n keuse nie, jy moet oefen.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><b>DAG 5: waar die teerpad begin en die stofpad eindig\u2026<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u201cJy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Ou Kraalliedjie saam. Sing ons van waterstrome, slange en olienhoutbome, sing ons die Ou Kraalliedjie saaaaaaam.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis dag 5, en die stokers is soos altyd, op hul stukke. \u201cPalings julle water is reg.\u201d \u201cVegpikkewyne julle water is ook reg.\u201d \u201cBrulkonyne julle water is reg.\u201d \u201cPalings julle water is NOG STEEDS reg.\u201d Hierdie warm woorde vul die koue oggendlug soos die dagbreek nader kom. Party avontuurlustiges gaan klim, sonder ontbyt, weer die voorstoep-krans uit, waar die sitrus-son die Noorde verlig. Die panorama van die Wolkberge word geniet saam met \u2018n slukkie van Wallies se Robertson rooi wyn, 5 voor 7 die oggend. Terug by die kamp is dit hare vleg en tente wat sak. Marietjie 2.0 en Inge se tent is na 4 dae se probeerslae uiteindelik nie die laaste wat sak nie en hulle is desperaat dat LT dit weet. Die hele kamp ook.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Voor jy kan s\u00ea \u201cpap wiel\u201d is ons al aan die stap, om die hang van die Serala-berg. Onder andere, is Jada een van Jano se sleutels, maar sy geniet so die gesprekke om haar dat sy vergeet van haar posbeskrywing en Jano noem dat hy \u2018n sleutelhouer nodig het om haar in toom te hou. Die eerste gamebreak ontstaan uit handige manne wat Oom Theo se bakkiebande ruil, waterbottels wat gevul word en die dames wat omtrent terug na die kampplek toe moet stap vir dameskamp. Die dag se stap is aanvanklik gelykloop met die hoogtes van die Wolkberg-reeks. Later loop ons weer afdraend in \u2018n dennewoud, waar die dongas dreig om ongebalanseerde toeriste in te sluk. Uit persoonlike ervaring, help dit nogals om \u2018n 20 kg rugsak te dra, want dit breek mens se val. Die landskappe wat ons betree het deur die loop van hierdie toer was so uiteenlopend en besonders soos al die diverse edelgesteentes wat mens uit die aarde kan ontgin. Martin se woorde, lui egter nog steeds in my ore: \u201cDie mense is die eintlike skatkis.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Teen middagete is die Diepsee Palings en Brul Konyne in \u2018n koalisie en kyk neer op die Veg Pikkewyne en Natstert Staffies op die laer deel van die dennewoud. Die tuna-draers gee \u2018n sug van verligting, want hulle beurt van ligter dra het uiteindelik gearriveer. Die middagbroodjies, sing egter \u2018n ander lied, want die hitte en druk van die afgelope vyf dae laat die blikkies ontplof op enigiemand wat dit oopmaak. Iz\u00e9l lyk of sy op pad is om te huil soos die tuna haar arm, knie en maermerrie versier. Na sy soos \u2018n ware BTK-meisie daardie presiese tuna op haar groepie se provitas laai, nooi sy haar naastes uit: \u201cRuik my lyfie!\u201d. Dit is ook by hierdie middagete waar Jano, in sy probeerslag om \u2018n hekel, te onthou, dit perongeluk vir sy pa stuur. Die gesprek tussen hulle twee loop as volg: \u201cJy\u2019t so mooi gebuk, ek kon myself nie help nie.\u201d (Pa): \u201cis dit vir my bedoel?\u201d \u201cNee pappa\u201d \u201caan wie se boud raak jy op die kamp\u2026\u201d Nietemin, moes Jano homself verskoon om \u2018n belangrike oproep af te handel. Middagete word afgesluit met peanut-pottie-provitas.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">LT besluit op die mees onbilike oomblik, dit is, terwyl almal skoene aantrek en n\u00e1 StapNou! om skiet oop te maak. Daar was gehol, daar was gesidestep, daar was gejuig, daar was geval. Knie\u00eb lam, het ons die laaste kilo\u2019s van die toer aangedurf. Op kilo 13 het die bakkie meeste se sakke afgelaai. Almal behalwe LT, Franco, Jano en Philip. Onthou om hulle \u2018n klop op die skouer te gee na die lees van hierdie skets. Nguni koeie kruis ons pad en Oom Johan neem sy laaste swem in \u2018n prentjiemooi stroompie. Sy eie dogter en Beatri probeer kyk wie gaan eerste verdrink, terwyl Goldilocks dreig om die dames op die brug met sy luscious lokke nat te spat. Hierna stap ons \u2018n laaste bietjie opdraend en op kilo 19 en etlike meters, kom ridders op wit perde aangery tot 35 toeriste se redding. En met ridders op wit perde bedoel ek, toerouers in wit 4&#215;4 motors. In die kattebak, in die kar, agter op die bakkie en sommer bo-op die fietsrak, kry elkeen \u2018n gaatjie. Afrikaanse treffers van die afgelope millenium word gepomp, soveel so dat toe die stofpad eindig en die teerpad begin, word die motors gestop. Oom Johan en Tannie Rose open die dansvloer met \u2018n emergency sokkie. Die musiek was te goed om nie te dans nie. Terug op die onkonvensionele sitplekke op die wit perde, gaan die gesang aan. Die bakkie-ryers gaan in spontane lofsang in, die sitrus-son soen ons goeienag en die avokadopeerboorde sing saam. Plaaswerkers langs die pad groet ons met bre\u00eb wit glimlae en ruim waaie. Vanaf die teerpad, kon ons The Horns en Serala Piek uitge\u00ebts in die verte sien pronk. Dit was \u2018n trotse oomblik.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Soos ons op die De Jagers se plaas arriveer, spring Rachel van die bakkie af en sleep \u2018n hele boom uit die pad uit vir die karre om deur te beweeg.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Uiteindelik kom ons by ons slaapplek vir die aand aan, waar die gekkknak en gekkknetter van die vuur ons solank vir die aand se KKKaptein voorberei het. Die bestuur het gedurende die toer baie hard probeer om almal te oorreed dat ons die laaste aand tuna-slaai sou eet, maar waar daar \u2018n rokie is, is daar \u2018n vuur en met Jan Braai vir Erfenis in die groep was die tjoppie-rumors vinnig in die lig gebring as die reine waarheid. Black labels, Coke, vrugtesap, vleis, vleis en nog vleis word met groot gejuig verwelkom. Met die bediening van aandete, neem Oom Johan die geleentheid om vir die Kaapenaars te verduidelik dat daar ook pap en SHEBA is, nie pap en smoor nie, asseblief tog. Kristina, halfpad deur haar pap en wors, s\u00ea met dieselfde gesigsuitdrukking as tuna Iz\u00e9l van vroe\u00ebr: \u201cHierdie is emosioneel lekker!\u201d Bieseman, alewig aan die woord, lig uit dat as dit kom by \u2018n girl wat eet en sy s\u00ea sy soek nog, mhmmmmmm hy like it. Die woorde is nog nie eers koud op sy lippe nie, of die aangename duif Kristina noem dat sy wil begin huil van hoe lekker die sosaties is. Jan Braai laat val die enigste pakkie wors wat hy oopgemaak het daardie aand en Oscar, die oplettende Noorwe\u00ebr wat hy is, stel vas dat Jan nie moet braai nie. Maymarie vertel dat die eerste BTKaner wat \u2018n hele toer in haar Crocs gedoen het, Jan\u00e9 Coetzee is, Drakensberge 2019. Oscar, die oplettende Noorwe\u00ebr wat hy is, getuig dat Oom Johan die hele toer in Crocs gedoen het. Di\u00e9 lewenslustige toerpa noem toe dat as sy dit kan doen, kan hy ook!<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">LT &amp; Petrus vermaak ons met Stoute Wouter Kabouter se Spesiale etes vir die dag<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Oom Johan vra dat die liggies afgesit word, want professionele akteurs bring hulle eie lig. Daar staan hy met sy eie kopflits onder sy ken wat sy gesig verlig en lei ons in A.G. Visser se somber gedig in: Die padda sit op die wal, en dis al.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Hierna kom Peetrizz en in \u2018n mengsel van Joburg-boet Engels en Kaaps-Afrikaanse dialek, deel hy sy grappie, heel toevallig A.G. Visser: The padda sits on the wall, and that\u2019s all.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms maak die beste van een van haar laaste items as Jana wat BAIE graag walvistiet ice kleam wil h\u00ea. Al wat roomysman ongelukkig kan aanbied is two suckers on a stick. Dankie, en jammer, Franco en Philip.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Anna-Mart en Marietjie 2.0 doen karate: yester-die and to-die.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Boer Flippie van Poffington (Jacq) wys vir Mayms (*ahem, ek bedoel Minkie) hoe die pomp nie wil pomp op sy tafelkoejawel plaas nie. Hierdie twee het sommer spontaan in die gehoor in gebel, en Marialle is gevloer deur sy ongelooflike pick-up line: is jou pa \u2018n chilli, want jy klink hot?<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Oscar sing \u201cJy kon nie bly nie (Pretoria)\u201d met \u2018n Noord Transvaal gholf hemp aan.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Anna-Mart, Alicia, Mayms, Jada en Marialle word alweer deur die Indiane gejaag.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Beatri &amp; Mayms vertel in vlot Nederlands die storie van Racheltjie de Beer, maar met \u2018n BTK-draai. In die geval is dit Racheltjie de Jager wat vir haar broertjie warm hou deur \u2018n massiewe boom uit die pad uit te trek en dit te brand.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Die Kellogs item word opgevoer deur paartjie Mayms &amp; Petrus saam met paartjie LT &amp; Christine. Petrus blerts die punchline uit halfpad deur die item, deur vir sy vroutjie oor die foon te vra of haar legkaart \u2018n prentjie van Kellogs Cornflakes is. Petrus &amp; LT kan egter nie huis toe kom na verlang van hul liefies nie, want LT code op Java en Petrus code op Slang. Intussen word LT deur Guido geblou-yskas. Guido het dae voor hierdie duik gespog met sy skraaplose iPhone wat hy vir 5 jaar sonder kissie of skermbeskermer rondgedra het. Na blou yskas is die 5 jaar rekord nie meer.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms doen haar laaste item saam met die Norge: pikkewyn punchline.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">LT &amp; Guido doen Vriendinne\u2026 maar Guido se stem is te weg om hoog te gaan en in plaas van ure se geklets en gekerm, besluit Lodewykie dat Guidine nie meer haar vriendin is nie, \u201cbaai!\u201d.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Kkkaptein se hoogtepunte sluit in dat Kkkajuit kkknaap nooit Kkkraaines se regte naam kon onthou nie. Ondermeer was dit ook Kkkraaikkkyker en kkkykertjtjtjie.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:\u00a0<\/span><\/h3>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Jano het ges\u00ea dat daar nog nooit so baie meisies aan sy hand gevat het nie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Jada stel vas dat sy nie \u2018n passion prinses is nie, sy kom met \u2018n agenda.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Carla word gevra wat sy bedoel het toe sy s\u00ea dat \u2018n mens nie kaal kan tee drink nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Mayms erken dat haar hand soos LT se been ruik.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Natuurlik word Iz\u00e9l gevra wat sy bedoel het toe sy s\u00ea kom ruik my lyfie.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Jano verklaar dat Indi\u00ebrs nie terroriste kan wees nie.<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Inge B wou deur die loop van die dag oor die manlike ego vertel word.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ul>\n<h2><b>DAG 6: bittersoet groet<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis \u2018n bittersoet gevoel wat \u2018n mens se hart vul op die laaste dag van \u2018n toer. Maymarie het dit die beste ges\u00ea: \u201cHoekom doen ons dit aan onsself julle, hoekom geniet ons dinge so baie dat dit seer is.\u201d Die oggend het ons lekker rustig gevat. Ontbyt het ons langs die vlammetjies van die vorige aand se vuur deurgebring. Oorskiet vleis was ge\u00ebet en party gelukkige dames het koffie in die bed gekry. Sonder haas is die tente afgeslaan. Dit was beter so, want vir baie was dit \u2018n laaste keer se tente-sak saam met die BTK. Maan toe gaan was nie maklik nie. Legendes was gegroet. Ek glo die BTK is een van die Here se klein soutpotjies op Stellenbosch kampus. Dit bring geur aan soveel mense se lewens en dit is al vir generasies aaneen gepreserveer. En dit preserveer ook self die jongmens in die Boland se waardering vir samesyn sonder sein, primitief leef en voor die Skepper beef. Daardie oggend kon ek die sout van my trane op my lippe proe. Totsiens Suzanne, Guido, Sabrina, Iz\u00e9l, Oscar en Nadia. Totsiens Maymarie. Totsiens Marietjie. Mag die Here julle uitgang se\u00ebn nes julle ingang.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Oom Theo het ons toegespreek. \u2018n Staptoer is soos \u2018n mikromodel van die lewe. Nie alles is maklik of lekker nie, soms stap jy alleen, soms met mense van wie jy nie hou nie, soms met jou bestes. Maar nes die lewe is daar \u2018n begin en \u2018n einde, en dit wat tussen in is, is dit wat tel. Droom groot. As jou drome jou nie bang maak nie, is dit nie groot genoeg nie. Ek was diep geraak deur hierdie woorde wat ek al soveel keer gehoor het, maar nooit ontvang het nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons het vir 2 kilo\u2019s bus toe gestap en by \u2018n wit en oranje geboutjie gestop. Namibiese Veg pikkewyne, Kanadese Brul konyne, Noorweegse Natstert staffies en Suid-Atlantiese Diepsee Palings kry elkeen \u2018n beurt om op die trappies voor die gebou foto\u2019s te neem. Net soos op skool.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Elkeen het \u2018n bottel koue water gekry en is met lomp tre\u00eb, die bus in. Die Afrikaanse treffers maak weer hul rondtes en dis behoorlik noot-vir-noot vir die eerste uur van die rit. By \u2018n laanie winkelsentrum se Spur \u00earens tussen Pretoria en Polokwane het ons geterrash. Die roeiers was: Franco Kruger, Petrus Dreyer, Martin Swart en Philip Olivier. Franco het met mening begin maar Martin het met houding eerste klaargemaak met \u2018n minuut en \u2018n half\u2026 oor die rekord tyd. Soos altyd was ons uitgekyk deur ons mede-uiteters in die restaurant. Dalk meer akkuraat is uitgeruik. Vinnig is ons weer op die pad en by ons laaste tolhek staan polisie reg om voertuie af te trek. Ratser as \u2018n dame wat gevra word of sy al geskiet is, duik die hele bus in hulle sitplekke in, MET GORDELS AAN. Ek het in daardie oomblik besef daar is \u2018n ding soos veiligheidsgordels op \u2018n bus.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Tien voor 6 die aand ry ons op \u2018n Pretoria-pad parallel met die snelweg en die Kaapenaars neem die liggies van die stad af. Teen 6 uur staan ons geparkeer voor Lynnwood Laerskool se hoofhek. Nog \u2018n toer is verstreke van die ou BTK, O die dae gaan so snel verby!<\/span><b>\u00a0<\/b><\/p>\n<h3><b>Naskrif:\u00a0<\/b><\/h3>\n<p><i><span style=\"font-weight: 400\">\u2018n Gedig deur Maymarie van den Heever, gelees op 19 Julie 2024. Die dag wat sy maan toe was.<\/span><\/i><\/p>\n<h2><b>Aan ons God<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Aan ons God en ons Heer, gee ons die eer<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Voete, bene, longe, kos en klere<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Tekort het ons nie, maar tog gee U meer<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Aan U kinders, U bruid, al die kere<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met die beskrywing van die BTK<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">wat om te s\u00ea, waar om te begin<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Meeste van julle weet, alklaar<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wat ek bedoel, waaroor ons harte sing<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2018n gesing van uitspattige genade<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Deur goue gesprekke waarde van \u2018n ton<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die Waarheid gesaai deur sade<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">U Woord, U natuur, ons water bron<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Gelag, gegroei, geskiet, gehuil<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hoe kan \u2018n mens dankie s\u00ea vir dit?<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir elke termyn se rus en skuil<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maar werklik, is dit opreg moontlik<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Broers, sussies, ouers, vriende<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met hul het ons gestap deur geskenke<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Voorsitters, bestuur, tent maats en meer<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met hul geploeg en deur foute geleer<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Om vas te vang wat die Here hier doen<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wat Hy bied, wat Hy gee in elke seisoen<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Is moeilik, maar nou is ons dankbaar<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Tot die dag van volheid uiteindelik openbaar<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Indien ons af wandel in verwoesting<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Mag U die BTK keer<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Seen ons deur U beskerming<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">En aan ons God en ons Heer,\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">gee ons\u00a0al\u00a0die\u00a0BTK\u00a0eer<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wolkberge skets Deur Inge Botes\u00a0 Proloog:\u00a0 Ek loop verby \u2018n gesprek op een van die laaste dae van die toer waar die een vir die ander s\u00ea: \u201cDie Here moet ons voorberei om Sy liefde te ontvang. As ons op een slag die volle begrip van Sy liefde vir ons moes kry, sal ons ontplof.\u201d\u00a0 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5170","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5170","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5170"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5170\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5770,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5170\/revisions\/5770"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5170"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5170"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5170"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}