{"id":5180,"date":"2025-02-06T11:50:49","date_gmt":"2025-02-06T09:50:49","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5180"},"modified":"2026-03-16T09:31:36","modified_gmt":"2026-03-16T07:31:36","slug":"gifberge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2025\/02\/gifberge\/","title":{"rendered":"Gifberge 2024"},"content":{"rendered":"<h1><b>Gifberge<\/b><\/h1>\n<p><b>9 \u2013 13 September 2024<\/b><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2019n Skets van gebeure deur Martine Odendal<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Dag 1 \u2013 bulte<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis Maandag. Dis reses. Dis pikdonker. Dis 5-uur. Die oggend. Dis 60 BTKaners wat gaan soek na die gif in Gifberge. Na kos verdeel en 15 keer roep dat almal pap moet vat, is ons op die bus. Die wat wel wakker is, kry \u2019n pragtige sonsopkoms wat canola en graanlande versier. Dankie tog iemand het vir Jano wakker gebel en ons kon die verslaaptes optel langs die pad. By Klawer word daar vir koffie gestop en almal is op soek na Tanya se beskuit. Na die stop word daar by LT gehoor w\u00e1tter berg van die wat ons sien ons gaan uitklim, en die bus vat die grondpadafdraai Gifberge toe. Hier en daar hoor jy net: \u201cKyk die blommetjies!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met die stap wat begin sien ons BTK meisies is duidelik te stadig, want tasse word op die wa gelaai voor die dag se bulte. Party hyg, en ander is maar te opgewonde aan die gesels sodat die bulte omgemerk verbygaan. Hier en daar kom \u2019n bakkie verby met stappers agterop wat lift vang. En n\u00e1 lekker kuite brand, is ons bo by die kruin van die Gifbergpas.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Laurika en Naud\u00e9 demonstreer skiet en sy willa val amper in die bos om intercept te probeer uitbeeld. Dis ons eerste middagbroodjies en die uitkykkring ontstaan in die verte. Eerste toeris Altus besluit dis juis nou die tyd om blomme te kyk hier by die weird mense wat nou so in \u2019n vreemde sirkel staan.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons stap aan op die plato van die berg, met die goeie nuus dat die ergste deel van die dag (en miskien eintlik die ergste deel van die hele stap) verby is. Ons stop so 2 km voor ons by die kampplek kom, en \u201cSkiet is oop!\u201d Arme Lara sien nie die draad voor haar nie en die eerste \u2018skiet\u2019grond word gekoop. Maya doen ook haar \u2018battlescars\u2019 vir die toer op toe sy in die takke val. Nie kort voor lank nie is ons daar en \u2019n waterval en huisie l\u00ea tussen die mooie klipberge. Vir \u2019n slag is die meisies vroeg klaar gebad en daar moet vir die ouens gewag word voor ons begin met kos.\u00a0 SW voel niemand wil vir <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">arme Alicia<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> help om die warm water alleen uit die pot te gooi nie, so die tweede keer bied hy emosionele ondersteuning deur net te kyk en haar aan te cheer. Daar kan niks oor die Tygerbergers se commitment issues ges\u00ea word nie, want hulle sluit ook uiteindelik by ons aan die aand \u2013 alhoewel hulle toe nooit die toets geskryf het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Items:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die tradisie wat volgens LT van ALMAL af kom, open vir ou laas die items met \u2019n harde val.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">SW en LT is Mario &amp; luigi op luukse stoele vir hierdie \u201criver\u201d. Luigi het \u2019n extendable visstok en Mario het \u2019n interessante aand met iemand in Rome gehad. Met \u2019n lang kaaaappplonks is daar gedink Mario gaan nou Kaptein begin sing.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Drian is die pasi\u00ebnt by die dokter se spreekkamer wat nou \u2018renovations\u2019 ondergaan. Stefani is soos altyd op haar pos as die ontvangsdame toe Drian inkom met \u2019n kopseer. Wian het eers \u2019n gebaretaal-hoes wat toe \u2019n jeuk word. Alicia se hamstring wil heeltyd split en Drian is vasberade om so na as moontlik aan daai hamstring-split te kom. Jacobus het \u2019n spring-pushup energieprobleem wat lyk soos die droom burpee van enige LO-meneer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u201cWeet jy wat ek met hierdie kan doen, Melissa?\u201d vra LT.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Martine &amp; Cari doen Ninja met Cari wat die sketsskrywer se ho\u00eb skoppe toets.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Pilot Jacobus het in sy vliegtuig nog nie geweet waarheen hy vlieg nie, maar Air Durban klink goed; en darem is daar Candice wat die chaos help verminder (of eintlik vermeerder?). Wian is te groot om by die vliegtuig se deur in te kom, maar Ela die influencer kla glad nie. Naud\u00e9 en Laurika skel die \u201ckinders van vandag\u201d, want \u201cin my dae&#8230;\u201d Naud\u00e9 besluit sommer Marietjie die arme hond kan nou gaan, en Candice l\u00ea erg aan by die pilot.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die eerste toeriste vang \u2019n vreeslike veldtie en Pieter en Jacobus se ja-nee, bevat weird mexican waves en dansmoves tussenin.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Naud\u00e9 en LT leer lewenslessies in Juf. Anna-Mart se klas. Naud\u00e9 as \u2019n graad 1 wil skoon begin huil as sy juffrou vir hom s\u00ea om stil te bly.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Martin word gevra wat hy bedoel as hy vir die ander ouens s\u00ea \u201cjulle lyk hot\u201d. En edelagbare oom Erik, wat bedoel Anna-Mart met: \u201cEk wil nie ook swanger wees nie\u201d?\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Dag 2 \u2013 Olifantkyk<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die stokers maak almal salig wakker met \u2019n gehardloop en geklap op die tente. Die meisies ooooooohh! saam om emosionele bystand te bied toe Rachel se seerplek skoongemaak word. En Alicia Malan is ons verjaarsdagmaatjie! Terwyl ons wag vir die medestappende ooms, beland die frisbee op die dak en Matthys moet maar opklim en afhaal. \u2019n Streksessie word gelei deur Anna-Mart, en Maya wys haar swem-duik-tegniek om makliker jou tone te raak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis net \u2019n dagstap sonder rugsakke om die mooi van die natuur om ons te beleef. Ons gaan op na rotse wat soos walvisse lyk en sien \u2019n klein olifant-klip in die verte, behalwe Pieter wat natuurlik tot b\u00fd hom sal klim. Frisbee word van Altus onder gegooi van na bo vir Naud\u00e9, nie sonder om \u2019n paar keer in die bosse te beland nie. Ons stap in \u2019n groot rotsskeur met geelhout- en sybasbome in die middel, en natuurlik is dit eers fototyd hier ook; altyd ondersteun deur oom Erik met sy kamera. Terug onder kry Jakobus dit reg om 8 klippe op sy kop te balanseer. Verder aan sien ons rots<\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">formasies<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> (vir Naude wat s\u00ea mens moet dit uitspreek asof jy w\u00e9\u00e9t dis die regte woord) \u2013 \u2019n groot olifant, en moenie van die bosluisvo\u00ebls op die rug vergeet nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Middagbroodjies is by die asemrowende uitsig oor Vanrhynsdorp, Knersvlakte en die Groot Eskarp. Daarna klim ons weer (alhoewel ons reeds b\u00f3 op die berg is) en \u201cBobbejaan klim die berg\u201d word gesing. Dis groepfototyd en Corn\u00e9 moet vanselfsprekend heel agter staan, maar kyk baie versigtig na die hoogtes agter hom. Almal is reg om die foto te neem, want Janu die slot is mos by ons &#8211; maar Matthys sien nog troepe oor die horison.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons stap vinnig aan, maar mense is keen om te swem hoor, en twee spring sommer in by poele toe ons \u2019n rukkie wag. Bottels word volgemaak, maar wil jy dit doen terwyl jy die dooie padda sien l\u00ea? Ongelukkig het niemand gewaag om \u2018Princess and the frog\u2019 hier te vervolmaak soos Daniel se voorstel nie. Net hier besluit LT skiet is oop, met die eerste toeriste wat uitsit. Ons kom toe weer by poele en hier word ingespring van bo af, maar die voorsitter is haastig en mense word aangejaag om klaar te maak. Op pad terug lei Alicia Malan al weer liedjies met \u2019n beat daarby, en alhoewel ons besig is om te stap, moet daar dans moves ook wees. Die sing along sluit in Katy Perry se \u201cHot n cold\u201d, en natuurlik: \u201cfeel the rain on your skin, no one else can feel it for you\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die aand het ons \u2019n speiale stook en slee-plek ver van die kamp af, en nachos word hartlik verwelkom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wraakkonsert: Wayde van Niekerk sonder bene is toe die eerste om vir Lenka die Barbie mermaid te kry deur sy po\u00ebtiese solo liedjie aan haar. Die oupa van Up met sy pogo stick was naby, maar die pratende kombuisdeur sal besluit. \u2019n Albino kameelperd, Alvin the chipmunk en Kim Jong Un maak ook hul verskyning in die kompetisie om eerste by Barbie uit te kom.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">LT met \u2018best ice cream in the whole wide world\u2019 toets James en Altus se krag deur elke nou en dan te spring en en bo-oor sy roomystoonbank te leun. Dit terwyl Naud\u00e9 en Laurika kla, want \u201cin my dae&#8230;\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jian se lorrie het goeie sound effects, met besige Naud\u00e9 wat sy visvangstorie vertel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir Wian en Drian om die goue toilet te sien van die \u2018party\u2019 met YoungstaCPT, moet hulle blykbaar stap van bo na onder.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Gedroggie vind vir die eerste keer plaas in Middelburg, seker omdat daar niks anders is om daar te doen nie. Drian is oortuig hy het al erger dinge in die Burg gesien. Stefan lyk bietjie bang vir \u2019n blou yskas en jaag die deelnemers goed aan. Lumari as aktrise het vreeslike handbewegings saam met haar straight face, en Jano is reguit affie Cape flats. Wayde trek nou al by sy vierde vrou wat hom gelos het, maar ongelukkig hardloop ook Gedroggie vir hom weg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Anna-Mart en Stefan sukkel om haar puzzle te bou met \u201cliefieeee\u201d aan die einde van die aand.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek\u2019s nie maklik om in die hande te kry nie,. maar ek\u2019s die moeite werd &#8211; Altus Lourens<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek is \u2019n Sprite &#8211; Madeleine<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek is die ham &#8211; Annamart<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Martine &#8211; Wil jy van dit proe?\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Muller &#8211; Jy weet as dit jou tyd is<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Drian se quote van die toer &#8211; Ek is \u2019n waterdraer, maar ek dra nooit water nie. (Drian word wakker en s\u00ea: \u201cWag, is ons by hekels?\u201d)<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Dag 3 \u2013 Salami &amp; poele<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis die eerste oggend wat LT kan s\u00ea: \u201cLaat sak daai tente!\u201d Na die skoonmaak van die huise, Sensodyne tandepasta wat almal wil h\u00ea in die lost &amp; found, en die opening van oom Erik sluit die ander ooms by ons aan. Dis spesiaal om te sien hoe oom Dave deel hoe die BTK hom diep, emosioneel aangeraak het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons begin stap, almal met rugsakke op vir die eerste keer, maar die voordeel van tasse op die wa is daar \u2013 veral as daar aan die begin \u2019n rivier is en Rachel se voorbeeld word gevolg. Want wie is nou lus om in die water te val? Game break word op die plato gehou met \u2019n uitsig: Die voorsitter se fluitjie blaas om te vra of iemand die salami uit die ouens se yskas gehaal het. En stilte. \u201cKlink soos \u2019n jy-probleem\u201d kom dit van Muller. Kort daarna is Christof, Naud\u00e9, Jian en sy twee lojale sleutels (Anna-Mart en Maya) op pad terug vir een pakkie salami. Hier en daar stop ons om seker te maak van die pad, maar as jy water sien, en jy stap na dit toe, is daar hoop, want middagete gaan ons swem! Die poele by middagbroodjies is asemrowend mooi, soos iets wat op \u2019n Microsoft wallpaper moet kom. Party is in en toe dadelik weer uit \u2013 ek weet nie of dit die koue water of hongerte is nie, of seker albei. Hier groet ons ook vir oom Ben wat sy wysheid en passie vir die natuur met ons kon deel op die toer. Die salamidrawwers sluit na 14 km by ons aan, darem net betyds voor middagbroodjies.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir ander groepies is daar nog \u2019n paar bestanddele wat in tasse op die wa l\u00ea, en die Wifey Wednesday-manne is weer op om tasse te gaan haal. Pieter se groepie pluk nog ham en Doritos van die vorige aand uit. Party mense spring weer in die water, ander is op \u2019n missie van foto\u2019s neem, sommige pluk boeke uit, speel speletjies, of vorm deel van die ry toe-oog studente wat langs die water in die son.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir Drian in sy plakkies is dit verligtend toe ons gou-gou by ons kampplek is om tent op te slaan. En nog geen damesskiet is oopgemaak nie. Naderhand word daar na Marlize gesoek asof sy nie \u2019n keuse het om dit oop te maak nie. Maar, die surprise factor was steeds daar! Damesskiet word oopgemaak terwyl ons kosmaak. Ouens hardloop op teen berge en rotse, en meisies se blommerokkies waai soos hulle hol. Nou kan daar maar foto\u2019s geneem word! Muller is super opgewonde om almal te laat weet sy groep se kos is eerste klaar (let\u2019s go Willem se Wenspan). Ons eet alles wat lekker is, met kos wat strategies deur Maddie van een groepie na \u2019n ander groepie se pot uitgekrap word (wat weer beland in \u2019n ander groepie se pot). Daarna probeer ons uitvind hoe om beertjiepudding te maak sonder melk.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Items:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">SW, Wian, Jakobus en Drian open met se Amanda &#8211; Faith would&#8217;ve made you a Dagbreker\u2019s date, met blommetjies in die hand om vir Ela en Lize huisdans toe te vra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Olly soek vir Cari \u2019n nuwe kop, en wel, dit maak nie saak w\u00e1t sy praat nie, \u201cas long as she speaks a little bit less\u201d. Daar is goeie opsies van Altus, Melissa en Lenka, wat \u2019n goeie kop het om die skape van Calvinia uit te kyk.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maddie, albei Alicia\u2019s, Cozette en Marlize doen \u2019n pragtige sangitem van die Briels se Salome. Voor hulle nog begin, s\u00ea SW: \u201cek love \u2019n vrou in \u2019n kappie&#8221;. Wian wonder of die inspirasie gekom het van die dag se soeke na salami?<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wian en Naud\u00e9 is Sarel en Frikkie. Ongelukkig was Hansie en Grietjie se broodkummels toe heeltemal te klein, maar Frikkie het toe sy plig aan die koningin nagekom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maddie, Martine, Marietjie, Lumari en Denise is op hulle perde. Die Jills in die middel word sommer vervaag na \u201cthis one said\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">SW en sy liefieee bly oor in Alicia Malan se gastehuis \u00earens tussen Kaapstad en Johannesburg, \u00earens op \u2019n baie koue plek waar die water gevries is in die pype. Liefie verloor amper haar duur klip van manlief op die grond.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jian en Anna-Mart is Gatiep en Meraai met tee te koep. Gelukkig luister Gatiep met sy aambeie mooi na Dokter Hall se instruksies en wil nie te veel sit nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Martin en Jano het 5 bobbejane op hulle telefoonlyn, maar eintlik 4 (Daniel was net backstage). Oom willie (martin) is vol hoop om sy dogter aan Jano se seuns af te smeer, maar nee, sy seuns het al mooier niggies gesien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">SW besluit pappie gaan nie saam nie, met Muller, Ela en Marlize. Stefan as Stefani het sommer nou \u2019n houtbeen ook asof houtvloere nie genoeg is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">BTK meisies word deur die eerste toeriste gedoen wat verklap oor hare in kos om tande te vlos.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">En lighthouse se pirates weet nie eintlik wat om te doen nie &#8211; SW, Drian, Wian, Jakobus, Lumari.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Martin wonder hoekom sy naam baksteen is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">In ons laaste item soek Christof en Jano die president. Wian, op pad om te gaan water kry, wag ook vir hierdie president, en die spotlight op hom maak hom deel van die item.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir jou sal ek hom ekstra skoon lek \u2013 Maddie<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir ons oogballe plesier kan gee &#8211; Naud\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maak nie saak nie, vandag is vrou mos man \u2013 Naud\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek stol sonder klonte \u2013 Maddie<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">I hope u can taste the blood and sweat of 5 men &#8211; Christof<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">I wonder what a sugarbird would taste like if I lick it &#8211; Mark<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">If he taste himself, he will know how a sugardaddy taste like \u2013 Wian\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek\u2019s \u2019n spesialis in menslike organe gaarmaak \u2013 Altus Lourens<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis \u2019n vroe\u00eb aand se slaap na die Magaliesbergse aandlied met die klank van die rivier in die agtergrond.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Dag 4 \u2013 Die Waterval<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die stokers maak ons wakker met sonvanger op \u2019n bewolkte dag. Cari is die gelukkige wenner wat haar groepie se caramel pudding van die vorige aand moet drink \u2013 \u201cah, dis eintlik lekker!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Wian word met lekker soetheid gestraf want hy\u2019t \u2019n padda op oom Erik gegooi, alhoewel sy verdediging is dat dit vir LT gemik was. Die oggend is dit al weer Matthys en \u2019n frisbee \u2013 die keer is dit die oggend in die rivier in. Olly is ons verjaarsdagmaatjie, wat die vorige aand saggies en geheimsinnig vir Cari gevra het Huisdans toe.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit is \u2019n kort dag van net so 3 kilo\u2019s so ons trek eers 10-uur weg, want dis m\u00f3s \u2019n gala.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Arme Jacobus as slot wag maar geduldig vir almal wat langs die pad bosse blomme pluk. Met game break kom ons aan die bokant van \u2019n waterval waar jy moet oorleun om dit te kan sien. Altus Tygerberg is die een om te s\u00ea bly weg van die rant af, en dan 5 min later l\u00ea hy op die rant om vir \u2019n paar mense \u2019n hartaanval te gee.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Foto\u2019s word geneem en iets wat lyk soos die uitkykkring 2.0, sing Sonvanger. Ons begin weer klim en klouter \u2013 en toe is dit afwaarts. Daar is \u2019n groot sanggroep agter en \u00earens in die middel weerklink Somewhere over the rainbow, en Sarie Marais oor die vallei. Middagbroodjies is by die waterval \u2013 ons kan nie glo ons was daar bo, besig om af te kyk nie. Weer word daar geswem voor kos, maar almal gaan in met \u2019n snak na asem van die <\/span><span style=\"font-weight: 400\">erge<\/span><span style=\"font-weight: 400\"> koue water. Al hoe meer mense kom bygeswem vir die foto onder die waterval self, en ons skree \u201cMot, mot, mot!\u201d vir Drian wat laaste daar oorbly. As jy uitklim vra die wat nog huiwer: \u201cHoe koud is dit?\u201d Matthys op die kitaar bied agtergrondmusiek met \u2018How great is our God\u2019 terwyl ons eet en warm word in die son. Brood word weggegee, want honger mense gee nie om hoe droog BTK brood op die derde dag is nie.\u00a0 <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons stap \u2019n kort stukkie tot die kampterrein se groen grasperk verligting bied. Die goeie nuus word gebreek dat die meisies huisies het met warm water, en toe \u201cop daai noot, skiet is oop!\u201d Wyd en syd word daar oor die gras gehardloop met LT wat amper vir Lara by Marnus intercept.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die res van die middag is rustig. Cozette bied tee vir die ouens aan aangesien ons ketels het, en Jakobus se kitaar trek soos altyd \u2019n sirkel meisies nader. L\u00ea en boeklees word verruil vir kaart games, middagslapies, Spot it! en sang.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2019n Bakkie ry die kampterrein in en koelerbokse wat uitgelaai word kan net \u2019n goeie ding beteken. Met \u2019n biertjie in die hand, \u2019n groot braaivleisvuur en \u2019n lieflike aand word ons bederf op ons laaste aand van die toer. Knoffelbrode, STUKKE steaks en aartappelslaai was nog nooit so lekker nie! Die arme boom naby die vuur word stokkies om marshmallows te braai, en as jy nie daai moeite wil doen nie, vra jy sommer vir Jian om dit op die rooster te sit \u2013 en selfs hoe jy jou marshmallow soek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Items:\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met Hans en mans laat Stefan vir LT \u2019n rug rollover doen, soos wat ek nog nie gesien het mense mekaar back nie. LT lek \u2019n plakkie, want hy\u2019s mos gladdebek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">By die Ooskombuis is LT as Stoute Wouter Kabouter nogals hardhandig van opgewondenheid as hulle druk of handskud. Jian as Meneer eenvoudige Koos is \u2018picky\u2019 en eet nie wildsvleis nie, maar gelukkig is dit koedoe-oogbal. Die drolkewerlewer word bietjie misgekorrel, en val 2 keer in Meneer eenvoudige Koos se oog. Die slee gee vir hom \u2019n dro\u00eb snack en dan soek hy sommer iets om dit mee af te sluk ook.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Alicia, Marlize, ek, en Maddie kry klere by Mr Price.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Stefan en Maya verduidelik hoe die huwelik werk. Maya kry nie haar Bialetti nie, maar wel tekkies gepas vir damesskiet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Pieter, Wayde, Christoff, Drian en Wian is Troepe. Troep Crous is permanent hoog en besef eers 5 min later sy ma is dood. Ek het 2 dinge van die item geleer: mens kan nie op aandag staan in die nag nie, en Taco Tuesday is baie gevaarlik vir jou toiletdrein.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">In Nooi soek \u2019n booi soek ons ouens met te veel bottels sonroom en hemde wat iets wys soos &#8220;warm&#8221; of &#8220;well done&#8221;. Lize soek Basjan soetwyn en \u2019n ou wat voel beenhare op bobene is okay.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">SW en Drian se vliegtuig ervaar baie turbulensie. En Laurika en Naud\u00e9 is die Wong-paartjie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Stefan vertel \u2019n storie van \u2019n lekker garage pie. En in Pikkewyne word Martin deur Stefan geblou yskas. Die kampterrein het ook \u2019n stoel minder aan die einde.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Naude is \u2019n wolf en Ren\u00e9 is Rooikappie in die 3 varkies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jian en LT doen Vriendinne. Hulle is baie ontsteld oor die jonger meisies wat nou inkom in BTK en gebraaide marshmallows kry, en daar is \u2019n oorhandiging van DIE wifey aan Jian.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Pieter en Drian doen Mnr Fourie \u2013 Drian is besig om stemme te hoor, en l\u00ea op die vloer in sy karakter, alhoewel die gesprek telefonies is.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Muller, James en Jakes gaan kanoes word deur Naud\u00e9, Olly, Matthys en Corn\u00e9.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Pieter is natuurlik Klippies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jano en Lumari doen Jannie (x 20 kinders) met kinders wat na zef konserte toe wil gaan, en soos Martin dro\u00eb takke eet vir toebroodjies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">In Kaptein met Pieter, LT, SW, Stefan en Naud\u00e9 is Jakobus \u2019n onbekende, geheime karakter \u2013 die koringkriekkruisligament.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hekels:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jy is nie die enigste een op my agenda nie &#8211; Tania<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek drink ook water soos \u2019n gemsbok &#8211; Naud\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jy is die rosyntjie in die kongingin se mond &#8211; Naud\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis net ek en al die ouens, o genade \u2013 Anna-Mart<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis so verskriklik om in \u2019n verhouding te wees, asseblief moet dit nie doen nie, ouens &#8211; SW<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">As my boude nie aan my vas was nie sou ek dit ook verloor het &#8211; Drian<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">I am also physically good &#8211; Laurika<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek sou nou wat wou gee om by LT te wees &#8211; Corn\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Of Juan\u00e9 hou baie van voor stap, of sy hou van LT se kuite &#8211; Corn\u00e9<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek wens ek was \u2019n seun sodat ek ook dit kan doen &#8211; Laurika<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Soek dit bruin van buite en sag van binne net soos haar man &#8211; Rachel<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Cari vra wat Matthys bedoel met \u2018Carli\u2019 vir die tweede keer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek sal jou snollies eet &#8211; Laurika<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Jy moet jou biere liefh\u00ea &#8211; Stefan<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maddie en haar manne &#8211; Wian<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Dag 5 \u2013 (sug) Die bus<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons word wakker gesing deur o.a. \u2018Jesus loves me, yes I know\u2019 en Stapsoldaatjie deur die stokers. Ontbyt is salig en rustig, want ons het die hele dag met meisies wat nie eers hoef tent af te slaan nie, geen stap beplan, en obviously gaan ons bus glad nie vassit nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Maya voel haar cool BTK-pap is sketsworthy met vanilla essence en kaneel, en daar word verkondig dat LT s\u00f3 \u2019n nederige voorsitter is dat hy op sy laaste dag almal se blikke sal was (dit het vanselfsprekend nie gebeur nie). Klaar gepak en reg vir die pad huis toe, word SW as nuwe voorsitter die fluitjie oorhandig, en LT vertel hoe spesiaal dit is dat Oom Erik sy laaste stap saam met hom gedoen het, en met dankbaarheid vir die BTK. En LT is ons verjaarsdagmaatjie!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Toe is dit lang trane met \u2019n groep wat maan toe gaan. Daniel en Altus Lourens groet met 1 toer, Leana en Wallies met 4, Maddie en oom Erik 5, Altus Cilliers met 7, die uwe sketsskrywer met 8, Alicia Bekker en Michaela met 10, en LT met 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die BTK het \u2019n impak op elkeen van hierdie mense gemaak, maak nie saak of dit een of 12 toere is nie. Soos LT ges\u00ea het, mag die organisasie ons aanspoor om heiliger lewens te lei tot eer van die Here. Tussen lang drukkies en trane wat nog afevee word, kom Jacobus ingehardloop met die nuus \u201cdie bus sit vas!\u201d en die Botha-broers is op hul pos soos altyd.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Sakke op en ons stap \u2019n baie kort entjie totdat frisbee weer gegooi word en Muller se Weg!-tydskrif van die oom in die kampterrein deurgeblaai word. Ons stap weer met bietjie blommetjie bash (en nie bundu bash nie) tot by die bus in die verte. Dit sorg vir foto\u2019s en blomme pluk langs die pad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">En toe is dit aksie. Een trekker is nie genoeg nie. Okay, toemaar, daar\u2019s 30 mans, en man is man, maar toe nou nie so erg man nie. Nog \u2019n trekker met \u2019n boerseun kom aan, en die bus word uiteindelik uit die modder getrek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dis gentleman\u2019s race, en Jian hardloop deur die wit eindstreep (van toiletpapier). Uiteindelik op die bus, word punte senuagtig gekyk, en Olly word toegejuig vir sy goeie Data Analytics punte. Die musiek en sang in die bus gaan van Zach Bryan tot Suiderkruis tot Tonight, we are young!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">In Malmesbury vat LT die terrash, met Daniel net-net na hom. Ons verjaarsdagmaatjie moet roomys kry plus die volle verjaarsdagliedjie, selfs die meisies se deel ook. Hier word gesigte al reeds gegroet, plus 4 Tygerbergers wat langs die pad totsiens s\u00ea. Veilig terug in Stellenbosch gaan \u2018Nog \u2019n toer is verstreke\u2019 heel goed na die oefensessie in die bus.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">En soos die liedjie gaan: Vaarwel toermaters vaarwel, ons tyd is verby. Lewe lank, lewe lank BTK!<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gifberge 9 \u2013 13 September 2024 \u2019n Skets van gebeure deur Martine Odendal Dag 1 \u2013 bulte Dis Maandag. Dis reses. Dis pikdonker. Dis 5-uur. Die oggend. Dis 60 BTKaners wat gaan soek na die gif in Gifberge. Na kos verdeel en 15 keer roep dat almal pap moet vat, is ons op die bus. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5180","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5180"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5180\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5833,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5180\/revisions\/5833"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}