{"id":5797,"date":"2024-12-31T17:08:03","date_gmt":"2024-12-31T15:08:03","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5797"},"modified":"2026-03-16T09:58:17","modified_gmt":"2026-03-16T07:58:17","slug":"gala-2024","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2024\/12\/gala-2024\/","title":{"rendered":"Gala 2024"},"content":{"rendered":"<h1><span style=\"font-weight: 400\">GALA 2024\u00a0<\/span><\/h1>\n<p><strong>Deur Inge Botes<\/strong><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Inleiding<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">*maak keel skoon*<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Aai aai aai aai aai aai aai<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Aai ek wens ek was nou daar\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">*almal saam*\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Aai aai aai aai aai aai aai\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Op my kliptroon by Victoriabaai<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Miskien moet ek hierdie skets begin deur twee dinge te bely:\u00a0<\/span><\/p>\n<ol>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Dit is nou al \u2018n goeie maand en 18 dae sedert Gala 2024 ge\u00ebindig het soos ek hierdie skets skryf.\u00a0<\/span><\/li>\n<li style=\"font-weight: 400\"><span style=\"font-weight: 400\">Vandag is ook die eerste keer wat ek luister na die Victoriabaai liedjie van Die Heuwels Fantasties.\u00a0<\/span><\/li>\n<\/ol>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek onthou op dag 1 van gala soos ek &amp; Alicia agter saam met Muller drentel hoe verontwaardig hy was dat ek nog nooit die bogenoemde liedjie gehoor het nie. Dit was dieselfde tipe ontnugtering as wat Vila gehad het toe sy sonbril plus minus 36 m van die Kaaimansrivierbrug afgesweef het in Wilderness. Ook het die gala-toeriste as geheel \u2018n onbeskofte skok ervaar naby die laaste mylpaal van dag 2 toe hulle, nog met hulle tong vas in hulle verhemelte van die dors, in \u2018n dik smeer bloukaas in hap. Die verbystering kan vergelyk word met Wybri se besef op dag 3 dat hy eintlik in November verjaar, of Marnus se mond wat op dag 5 verbluf oophang toe hy sy Oakley brille as die nasleep van Daniel se verjaarsdagkring optel.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die absolute onverwagsheid van gebeure, die oorweldigende onvoorbereidheid van party oomblikke, die totale onsekerheid van die presiese tydsberekening van die volgende ding wat jou onkant gaan vang\u2026 hierdie openbarings is die skulpies wat ek strandlangs op die tuinroete opgetel het.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Verskuilde nuanse<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Nou toe. Eendag lank lank gelede het SW \u2018n powerpoint gemaak en op die gala group gestuur. Daardie slides het voorgeskryf dat ons stiptelik 20 voor 6 die oggend by die Neelsie moet wees. Hierdie instruksies was drie keer herhaal. Die hele groep van 99 studente het die punt gekry, die hele groep behalwe een, die hele groep behalwe Marialle Erasmus. Dame het ietwat na 6 wakker geskrik met \u2018n koshuiskamer wat nog ontruim moet word, en 3 getroue vriendinne wat weier om te BTK sonder haar. Op \u2018n rekordtyd van 06:41 het die busse vertrek uit die studentepleinparkering. En as ek s\u00ea rekordtyd, is ek nie eers sarkasties nie, want hierdie sprokie is maar net nog \u2018n volume op die BTK se boekrak vol toere wat laat begin. Fluit fluit dag 1 se oggend is uit.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">In elk geval, op Oudepost het ons roosterkoeke ge\u00ebet wat skrik vir niks en die eerste paar small talk gesprekke is saam met middagete verorber. Net soos Marialle die oggend se vertrektyd noukeurig gelees het, so het SW die \u201cgeen toegang, GEVAAR\u201d bordjie voor Wilderness se antieke, geroeste brug bestudeer en vreedsaam voortgegaan met eenhonderd slagskape, op \u2018n treinspoorry, daaroor te lei.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Soos kinders by die akwarium het ons verby die hippie caves gestap, party flink vorentoe en ander met skaamtelose stare. Die prentjie het my iets diep in my binneste laat voel. Dit het my van aangesig tot aangesig gebring met mense wat teen die hoofstroom gaan, mense wat bereid is om \u2018n roerende vrees en wonder in buitestanders te wek, mense wat doen NET wat hulle wil.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Toe adrenalienskoot van br\u00fbe en hipsters eers uitgewerk het, het ons in Wilderness aangekom, waar die seestroom en die eerste skiet van die toer die volgende dosis veg-of-vlug aangehits het.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na \u2018n ronde sewe kilometer se stap het ons by Ebb &amp; Flow kampterrein opgedaag en die manne het in die motre\u00ebn ons splinternuwe gala tente begin opslaan.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Daar is vir my \u2018n verskuilde nuanse in die roete, ek het destyds dit bedink en vandag weer. Ons reis het begin in Victoriabaai, Victoria, Victory \u2013 \u2018n plek van oorwinning. Op gebroke paadjies en donker grotte het ons in Wilderness aangekom, wild, wilder, wilder nis \u2013 a niche for the wild. \u2018n Nis vir die ongetemde, \u2018n alkoof vir die onbeheerde. Was dit nie die Heilige Gees self wat vir Jesus in die wilderness ingelei het na Sy doop nie? Sy Vader se oorwinningswoorde \u201cJy is my geliefde Seun, oor jou verheug Ek My,\u201d het nog saam met die waters van die Jordaan van Hom afgedrup toe Sy hele binneste Hom op \u2018n gebroke paadjie in die onbeheerde, ongetemde wild in lei.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u201cJy is my geliefde Kind, oor jou verheug Ek My.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Klink hierdie woorde nie soos \u2018n soliede, stabiele kliptroon wat jou naam roep nie? \u2018n plek van kindwees waar jy elke wilde ding om jou en in jou onoorwonne in die gesig kan staar?\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">So het ons gala begin en so nooi God ons uit om ons trekke in die lewe aan te durf: begin by Victoriabaai, die plek van oorwinning, sing saam \u201ckyk hoe sluit die Son die hemel oop, kyk hoe wyk die nag voor die dag, kyk hoe word die see in goud gedoop, kyk hoe bloos die strand vol van hoop\u2026\u201d en beweeg d\u00e1n deur grotte, verkyk jou aan interessante mense langs die pad, stap braaf oor gebroke br\u00fbe, kom in Wilderness aan, die ongetemde nisse waar jou binnemens kan hardloop in die branders in en weggesweep word met die stroom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na die ergste dronk van die wilde waters het ons afgestap tot by Ebb &amp; Flow ruskamp. Dit val sag op my oor. Ebb &amp; flow, menend, \u2018n intrek en \u2018n uittrek, die see se ritmiese asemhaling. Daar waar die groot oseaan se borskas vergroot en verkrimp, het ons tent opgeslaan en in die motre\u00ebn gemot.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die eerstetoeriste het eintlik al op die bus hewig begin swot aan De Machtige koning en die inspanning voortgesit rondom die snoekbraai. Desperate soeke na die deuntjie vir meeste van die liedjies, met \u2018n paar vals note het saam met die rook en die sagte re\u00ebn die aandlug gevul. Soos gewoonlik, moes die kokke keer vir hulle wickets, want die roofsugtiges, wat eerste geskep het, wou al tweedes h\u00ea voordat die kokke hul spreekwoordelike voorskote kon afhaal of self \u2018n stukkie snoek hap.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die dierlike trots van die uitkykkring was tussendeur kosmaak en liedjies leer stilgemaak deur ander kampers en meeste het met hulle stert tussen hulle bene in die groter groep in verdamp.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die aand se items was bietjie soos \u2018n volla se enjin in die winter: dit het lank gevat om aan die gang te kom, maar die stilte was uiteindelik en onvermydelik weer gebreek deur SW se sterwende bok. Naud\u00e9 het by hom ingeval om \u2018n uitstekende Mario &amp; Luigi te doen, waarna Livan ons vermaak het met sy grappie oor die arme o\/14C rugbyspan sonder tokse. Die motre\u00ebn het met \u2018n bietjie meer erns begin val en \u2018n kort advertensiebreek verskaf. Na \u2018n paar ongemaklike skuiwe en slaapsakke toerits, het die skou weer aangegaan. Met hekels het dit uitgekom dat Jada wonder of sy dagga moet doen, want sy wou nog altyd. Na verdere ondervraging hoor ons ook dat haar werk haar \u201crave\u201d is: Ritalin en \u2018n sterk koppie koffie maak dat sy <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">skut<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> voor haar lessenaar.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ons het tien teen een meer geraas gemaak as die uitkykkring vantevore, maar skaterlag is \u2018n mooier klank as diergeluide en ons bure het ons nie weer kom konfronteer nie. Dit was aand en dit was more, dit was dag 1, en dit was goed.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Vryheid vol kleur<\/span><\/h2>\n<p><i><span style=\"font-weight: 400\">Paragliders<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> het oor ons koppe in rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet gesweef soos ons die 16.5 km van Wildernis tot Sedgefield strandlangs aangedurf het. Dit was \u2018n prentjie van pure pret. Die son het saamgespeel sonder om te vra, baie soos \u2018n ouer broer wat met sy jonger broers stoei vir die lekker en dan kry iemand seer. Aftersun, baie soos spyt, kom altyd te laat. As die son die ouer broer was, en ons die jongeres, dan was die see daardie dag baie soos die ma wat vir die kleintjie pak gee net oor sy vloermoer, sonder om die situasie reg te lees. Tussendeur die geklets het die branders teen ons geklots, en dan was ALLES nat en vol sand.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Uiteindelik was dit middagete en ons kon ons dag lankse kuitkrampe met <\/span><b>smullekker<\/b><span style=\"font-weight: 400\"> bloukaassmeer op dro\u00eb brood verlig. Daar, daar, wat is \u2018n skets sonder bietjie geneul? Tussendeur dag 2 se eienaardige geure, slae van die see en swaaie van die son, was daar skoonheid oral om ons. Reuse rotse met groewe gekerf oor eeue heen het ons gevolg vir lang strekke van die pad. Hierdie groewe was soos kontoere van \u2018n padkaart wat parallel met ons loop. Die seeskakerings het my laat skaam kry vir my gebrek aan beter beskrywings as bloot \u201cblou\u201d. Dit was soveel meer as dit, dit was saffiersteen re\u00ebnblou, dit was yspaleisblou, dit was diepsee genade blou, dit was blou yskasblou, dit was bloukaassmeer blou.\u00a0 Met aankoms op Swartvlei se kampterrein het die re\u00ebnboogkleur uitdrukkings van vrye tyd in die lug rond gesweef soos die oggend se paragliders. Sommige het hulle granaatrooi wange gedokter en ander het vlink na die terracotta gete\u00eblde storte beweeg. Die wat minder malvalekker pienk is van vel en ietwat aan die gemmerkoekiekleur kant bestaan, het verder in die suurlemoen sonslae gel\u00ea. Olyfkleur hangmatte het saam met die gesing van studente in die bome gerus. Ons liewe kosma Ron\u00e9 het elke mond wat nog oorweeg het om te kla oor die bloukaas broodjies gevul met 2 disse nachos vir aandete, en die eerstetoeris manne het daardie aand by slee met OORGAWE vir ons gewys hoe die bogenoemde ordentlik uit mens se sisteem verwyder word met hulle ywerige veldtie-demo. Dit was werklik die beste weergawe van hierdie item wat ek al gesien het, en met die hoeveelheid mense wat langs die pad in hierdie wilde uitskeiding verlore gegaan het, het ek begin wonder of blou yskas al begin het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit was dag 2, en dit was goed.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Too deep? Or not too deep?\u00a0<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek dink min dinge in die lewe is so lekker soos in die natuur wakker word en saam met jou vriende op jou hurke koffie maak. Dag 3 het nie veel anders as die ander dae begin nie. Ons het gesmul aan die gala ontbyt specialties van weetbix MET kondensmelk en vars vrugte. Alhoewel ek nie kan onthou waaroor nie, onthou ek dat ek baie lekker gelag het daardie oggend, en dit was genoeg vir my. Volgens SW se toer powerpoint sou hierdie dag se roete tot by Buffelsbaai mooier wees as jou huisdans date, en meeste van ons het met groot geesdrif die 20 kilos van die dag aangepak. Met opset s\u00ea ek \u201cmeeste\u201d, en nie \u201calmal\u201d nie, want Marnus het by die eerste peuselhappie-pouse \u2018n beter beserings-namaaksel as sokkerspelers in die Premier Liga gehad.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Gamebreak was genadiglik in \u2018n grot gehou en die skadu het al die stappers wat amper in Marnus se voetspore wou volg, nuwe krag gegee. Die dierlikheid van honger toeriste het weer teen middagete vir my duidelik geword, want meeste het op die middagbroodjies toegesak soos seemeeue in die Waterfront.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir die laaste strek stap Buffelsbaai toe, het die diepte in gesprekke gevarieer soos die los sand waarop ons gestap het, party het oor die jaar se soetheid en seer gereflekteer, met mekaar en alleen; ander het gesing en net nonsens gepraat vir ure. En ek het geleer albei is nodig, want as jy heeltyd in diep sand trap, is dit moeilik om ver te loop, en die oppervlakkige tre\u00eb verlig mens nogal. Dit blyk \u2018n tema vir die dag te wees, want ons het twee rivierkruisings gehad, die eerste dieper as die tweede. Vir die een moes ons klere uittrek en oorswem, sakke oorhoofs en spiere gebult teen die sterk stroom. Maar by die tweede een het \u2018n seerob ons by enkeldiep waters verwelkom, wat ietwat komies was, en die deurbeweeg was sonder inspanning. Hierdie les was nog \u2018n seeskulpie wat ek op die tuinroete opgetel het: humor is net so belangrik soos erns.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met aankoms op Buffelsbaai se kampterrein het ek stomgeslaan probeer onthou hoe my huisdans dates oor die afgelope 3 jaar gelyk het, want WOW, die plek w\u00e1s mooi. Die ouerbroer-son wat net die vorige dag ons gelooi het in \u2018n vuisgeveg, het op hierdie vreedsame laatmiddag sy arms op die wye oseaan oopgestrek en ons \u2018n genesende omhelsing gegee. Die kampterrein het vinnig soos \u2018n heuningkoek vol bye gevoel, want gonsende kleingroepies eerstetoeriste het vergader om hulle tonele vir die wraak te oefen, onder delegerende leiding van die koningin, Miceala Staal.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">My verwagtinge was oortref met die wraakkonsert, want alhoewel dit gevoel het asof ek op iemand se psychedelic trip ingesluit was, was daar ietwat struktuur aan die plot, en die liedjies wat gesing moes word na die tyd het meeste van die eerstetoeriste geken! Die seuns was net \u00e9\u00e9n keer terug gestuur om dit weer te leer, rekord! Die storie gaan so: <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">Dora the explora<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> gaan op \u2018n reis op soek na liefde in Stellenbosch. Op die rooiplein ontmoet sy \u2018n human rights activist, lopende springmielies, en \u2018n gemmerbroodman, wat almal goed aan haar probeer verkoop. Vinnig besef sy dit gaan nie werk nie en skiet clubs toe, waar DJ squeaky garage door aan al die gasse (gaste) aankondig dat Harry Styles &amp; Dozi die Naglig \u2018n sang-kompetisie gaan h\u00ea. Dozi serenade vir Jian Slabber, Jian asb tog squeeze my. Dora <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">is having none of it<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> en besluit die clubs is nie die plek vir haar nie, plus dozi gee haar <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">cult vibez<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">. Sy gaan kuier toe vir haar ma, koningin Elisabettie op Riebeek-kasteel, waar hulle in Liefling duet uitbreek: \u201cMamma ek wil \u2018n man h\u00ea\u201d\u2026hier het sy ook te doen met \u2018n filosofiese kameel, \u2018n pou, \u2018n Jojo tenk &amp; \u2018n resiesperd op steroids. Verstaan hoekom ek s\u00ea wraakkonsert is soos om deel te vorm van iemand se psychedelic trip? In elk geval, Dora w\u00e9\u00e9t toe net \u2018n kameel of pou of tenk gaan ook nie werk vir \u2018n man nie en skryf in vir Bok soek \u2018n vrou, waar FC rolspeel as Marciel Hopkins. Marciel probeer vir Duane Vermeulen aan Dora afsmeer op die de wyn duane trein. Later, op die strand ontmoet sy \u2018n deurmekaar verkeerslig, asook Fiela se pa, opsoek na sy kind. Die spastiese krap en seemonster keer haar om in die see in te loop. Dora is teen di\u00e9 tyd desperaat vir rigting en uiteindelik kom Theunia, wat haar broer PF speel, en s\u00ea daar\u2019s net een berg: die berg en trou klub. By die BTK ontmoet sy vir Muller Meal prep Mentz, en raak smoorverlief. Tussendeur die chaos van \u2018n storielyn, was \u2018n kriek wat onophoudelik gekriek het. Die humor kom in by die feit dat sy opdrag blykbaar was om dit net te doen in ongemaklike stiltes, as die akteurs hulle woorde vergeet, maar man het hom goed van sy taak gekwyt en sommer tonele onderbreek met sy klanknabootsing. Op die ou eind was ons almal baie bly vir Dora wat liefde gevind het. Stiekuit Muller.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit was dag 3, en dit was goed.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Alles wat lekker is<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">BTK Sondag het met perfekte tydsberekening aangebreek. Die oggend het begin met <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">marco polo<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> in die see speel en SW wat net na ontbyt vir ons die dag se mandaat gee. En hierdie einste mandaat is die tjerrie op die gala-koek vir my, dit is woorde wat lank na die toer bly weergalm het in my ore, woorde wat my laat lag het, wat my vry gemaak het, wat my laat sweef het. \u201cVandag kan julle doen NET wat julle wil.\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die oggend het ons gedelf in God se karakter in met Oom Leon as die pasaange\u00ebr, en wat \u2018n besonderse tyd was dit nie. Onder die glimlag van die son het ons gesit en bak, en al wat ons moes doen, was spontaan karaktereienskappe van Jesus uitlig, wie Hy vir ons is. Dit het gevoel soos Esegi\u00ebl se enkeldiepte stroom en toe kniediepte rivier en toe waters waarin mens nie meer kan staan of swem nie\u2026 ons het saam total verlore geraak in die Naam van ons skepper. Beste vriend, Herder, Bruidegom, Vader, Regter, Voorsiener, Helper, Raadsman, Koning van Konings, Almagtige, Verlosser, Alfa en Omega. So het ons feesgevier op die volle gangmaaltyd van die Drie Eenheid, en ons het volgeraak. My siel het binne my gelig, en \u2018n koel seebries het in die middel van ons lof oor die groep gesweef, <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">as the Spirit hovered over the waters, He hovered over us.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hierdie tyd wat ons in God se teenwoordigheid ingedruk het was kosbaar. En selfs in hierdie heilige oomblikke, kon ons beleef hoe God \u2018n Skepper is wat pret het, want die seemeeue het begin chow aan die brood op die ontbyttafels, en ons het gegiggel vir Oom Leon se instinktiewe probeerslae om hulle weg te jaag. Dit was \u2018n mooi breek vir my. Dis maklik om hoooooog op in die wolke te wees met die ontdekking van wie God is, en te vergeet dat Hy nog altyd hemel aarde toe wil bring. En op aarde is daar \u2018n ding soos seemeeue wat kos steel. \u201cHaving fun is holy\u201d, is iets wat ek die dag bedink het. En ek het gedink aan die skrif in Openbaring wat s\u00ea:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Thou art worthy, O Lord, to receive\u00a0<\/span><b>glory<\/b><span style=\"font-weight: 400\">\u00a0and honour and power: for thou hast\u00a0<\/span><b>created all things<\/b><span style=\"font-weight: 400\">, and for thy\u00a0<\/span><b>pleasure they<\/b><span style=\"font-weight: 400\">\u00a0are and were\u00a0<\/span><b>created<\/b><span style=\"font-weight: 400\">\u2026.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">For thy pleasure\u2026 hoe mooi? Alle dinge is geskape vir God en vir Sy plesier. En daarom dink ek Hy het BTK sondag net so baie soos ons geniet. My idee het verder ontwikkel toe Marlize, die spikeball toernooi-koordineerder, vir my wys dat sy die spanne se name &amp; tellings agter in haar \u201cstiltetyd\u201d joernaal neergeskryf het. Hoe interessant, allerhande lekker lawwe dinge wat heilige dinge onderbreek? Ek wonder of dit God is wat vir ons wys dat Hy saam met ons wil spikeball speel, Hy wil <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">marco<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> roep en ons moet teruggil <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">polo<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">, Hy wil wys Hy is Emmanuel, God met ons.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir middagete het tabernakels opgerys soos die groep van 100 studente probeer skuiling soek het van die son, en ons het ALLES WAT LEKKER IS ge\u00ebet. Ek het weer geglimlag, want die ete het daai skrif beklemtoon, ALLES is gemaak vir GOD SE LEKKERTE.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Nou toe, daar was gekitaar, gemiddagslapie, geswem, gesels, gebier, gebak, gelam, gedoen NET wat ons wil. Anna-mart het die groep lateraan laat spiere strek wat hulle nie eers geweet het hulle het nie, om plek te maak vir Elsa se poeding. Na ons onsself soet gevreet het, het \u2018n hondeskou begin: Livan &amp; Muller wat \u2018n onstabiele handstand-kompetisie aandurf teen eks-gimnaste Henry &amp; Naud\u00e9. Die skou het aangegaan met damesskiet wat oopgemaak was en meisies tussen 18 en 22 jaar oud wat twee-twee agter ouens tussen 18 en 22 aanhardloop en omduik. Die kleurvolle rokkies en strikdasse wat deel van die damesskiet mandaat is het die kampterrein versier. Spontaan het mense begin sokkie en die beeld het die vrolikheid gehad van die wind wat wals deur \u2018n vol wasgoedlyn. Terwyl ons dans het dit begin re\u00ebn, en weer het ek gevoel hoe God die pret se\u00ebn. Slee was gekanselleer met die stormwind en weer en by aandete het ons s\u00f3 na aan mekaar gesit, dat ons die boerewors en sheba op mekaar se asems kon ruik. Nietemin was sleelekkers heen en weer gedeel en kitaarklanke en vals note het weereens die aandlug gevul.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit was dag 4, en dit was goed.<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Bedraad vir pret<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vasbyt lus lyk, ons trek by die laaste dag van stap! Tekkies was aan die orde van die dag om te troos teen die 15 km van los sand. Ons het rondom Brenton-on-sea gereis, oor heuwels, teerpaaie, promenades en weereens geroeste br\u00fbe. Party stappers se pupille het vernou met die sig van nog \u2018n burgoorkruising, maar dit was darem glad nie so hoog nie, Villa het niks laat val nie en daar was selfs tyd vir \u2018n groepfoto!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vir middagete het ons tuna &amp; konfyt broodjies, afsonderlik, op die Knysna-promenade ge\u00ebet en vreemde kyke van meeste lede wat jy op \u2018n Dinsdagmiddag in November op die promenade sal vind, gekry. Toeriste, plaaslike inwoners, restaurant bestuurders en kelners, winkel eienaars, honde, seemeeue, ens, hulle almal het skaamteloos gestaar. Nou was ons die hippies langs die pad, wat vrees en wonder in buitestanders verwek. Party moedswilliges was nog in die geesdrif van die vorige dag se \u201cjy kan doen NET wat jy wil\u201d mantra en het melkskommels van formaat gaan afsluk by Spur. Party sou argumenteer dat mens nie kan terrash sonder \u2018n lining in jou maag nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die kronkelpad al langs die Knysna meer, versier met vrugte-vygies, lelie-blaaie en industri\u00eble geboue, was ons laaste strek stap vir die toer gewees. Ons bestemming was soortgelyk aan ons wegtrekpunt van etlike dae vroe\u00ebr: \u2018n le\u00eb parkeerarea met \u2018n Eljosa bus wat wag. Ons het gery tot by die Woodbourne oord, en was verwelkom deur antieke bome, <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">magenta<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> bougainvilleas en \u2018n grasperk wat geroep het: \u201cspeel spikeball op my!\u201d\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Tussendeur die waentjies uitpak en tent-opslaan het SW skiet oopgemaak, en verseker dat di\u00e9 wat n\u00f3g nie bloukolle of skraapmerke het, as bewys van \u2018n BTK toer nie, t\u00f3\u00e9 \u2018n paar opgedoen het. Dit was omtrent \u2018n ge-neervoeter oor die sakke wat rondl\u00ea en sommiges moes identifiseer of die bloed wat op hulle is aan hulself of hulle nuwe sleedate behoort. Die klein kolonies spikeball wedstryde het later uitgetorring in \u2018n groot, insluitende krieketwedstryd in. Die ouens wat geboul het was gemiddeld in vergelyking met Carla Botha. Ek het seker in die eerste 5 minute van die wedstryd kyk, 3 keer gehoor dat hierdie Breederivier plaasmeisie broers het, en daarom is sy so uitstekend in die sport. \u2018n Paar dames het die veldwerkers-terrein verwar met plek om in die bewolkte weer te tan, en na \u2018n paar sesse van die batsman het ek gewonder of ek nog krieket of ten-pin bowling kyk soos hulle op die grasvloer gespat het as die bal aangedreig kom. Die aand se items was \u2018n geryg van die snaaksste tot die stilste stukke, aangesien ons agter was op 1 aand se slee. \u201cOuma toe bring ek skande op SY huis\u201d, nooi soek \u2018n booi, die jills, lighthouse, punchline, felicia, \u2018n grapkompetisie en troepe het almal hulle verskyning gemaak en die gelag was van so aard dat die sekuriteitswag ons kom stil maak het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Ek moet bieg dat die enigste hekel waarvoor ek wakker genoeg was om te onthou lui soos Carmen wat Jian se intensies wou ondersoek toe hy haar vroe\u00ebr die dag vra hoe haar lippe voel. Jian het soos in \u2018n krimineel se ondervragingsessie gespartel in sy antwoord dat hy RERIG nie dit s\u00f3 bedoel het nie, en hy wou nog s\u00ea dis oor haar lippe gebrand en vol blas\u00e9 was, maar SW was te vinnig op sy hakke en hy was sommer weer gehekel oor sy hakkelende antwoord.<\/span><span style=\"font-weight: 400\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2018n Padda, kriek en sonbesie orkes het saam met die wind wat deur populiere waai die stappers vir \u2018n laaste keer in \u2018n welverdiende nagrus op die tuinroete ingelei. \u00carens in die laat oggendure was die orkes onderbreek deur sleeseile wat kraak en slaapsakke wat haastig toegerits word, en uit die van my tent kon ek hoor hoe die dames, aan wie slee behoort het, nie so saggies fluister \u201cEK KAN NIE GLO DIT RE\u00ebN NIE\u201d.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit was dag 5, en dit was goed.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Re\u00ebn terwyl jy maan toe gaan<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Yr.no het woes re\u00ebn en 16 m\/s wind belowe vir die volgende oggend, maar ons het wakker geword met \u2018n verfrissende koel lug, geen wind en \u2018n son wat lui opstaan, amper asof hy ook in die slee natgere\u00ebn het. Die Bialettis, pourovers, cappuccino sakkies en aeropresse het \u2018n laaste keer op die toneel verskyn. En ons het rustig opgepak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Elke skets kort \u2018n eervolle vermelding van die toer se maangangers. Ons het bittersoet vir Simon\u00e9, Daniel, Villa, Konrad, Wybri, Carmen en Anneke gegroet. Mag die tuinroete julle vir lang jare nog laat dink aan gala 2024!\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Vlink was die busse en waentjies gelaai, en met die eerste paar toeriste wat die eljosa trappe klim, het die beloofde 16 m\/s wind en swaar re\u00ebn gekom. Perfekte tydsberekening. Die enigste gepaste manier om \u2018n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">carb-loaded<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\"> toer af te sluit is met \u2018n stuk burger, uieringe en tjips. Terrash kon nie vinniger kom nie en die lank gewag in Spur het die senuwees kwaai laat strem vir die eerstetoeris-manne. Livan, oftewel Sigaret die troepe-hont, het die beker huis toe gevat en vir homself padkos gewen, dit is, sy tweede spur burger.\u00a0<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Slot<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Met die vooruitsig van Desember op daardie stadium, het die groep nie almal dadelik teruggekeer Stellenbosch toe nie. Baie het in hulle eie rigtings ingespat. Lawaaierige drukkies en ho\u00eb toonhoogtes\u00a0 van \u201clekker om saam met jou te toer\u201d uitruilings het op die spiraaltrappe, in die re\u00ebn buite Spur plaasgevind.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Van Victoriabaai, die plek van oorwinning deur Wildernis, die plek van ongetem-wees, verby Sedgefield volkleur en Buffelsbaai gekenmerk deur vrye wil, het ons gereis.\u00a0 Ons het deur baie waters beweeg soos ons Toerleier gebied het, en die mooiste, beste seeskulpie wat ek opgetel het was die woorde van ons Emmanuel, wat s\u00ea: \u201cjulle is My geliefde kinders, oor julle verheug Ek My.\u201d<\/span><\/p>\n<h2><span style=\"font-weight: 400\">Sleutel<\/span><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Dit was gala 2024, en dit was goed.\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>GALA 2024\u00a0 Deur Inge Botes Inleiding *maak keel skoon* Aai aai aai aai aai aai aai Aai ek wens ek was nou daar\u00a0 *almal saam*\u00a0 Aai aai aai aai aai aai aai\u00a0 Op my kliptroon by Victoriabaai Miskien moet ek hierdie skets begin deur twee dinge te bely:\u00a0 Dit is nou al \u2018n goeie maand [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5797","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5797","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5797"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5797\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5812,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5797\/revisions\/5812"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5797"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5797"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5797"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}