{"id":5824,"date":"2026-03-16T09:44:14","date_gmt":"2026-03-16T07:44:14","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5824"},"modified":"2026-03-16T09:52:24","modified_gmt":"2026-03-16T07:52:24","slug":"gala-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2026\/03\/gala-2025\/","title":{"rendered":"Gala 2025"},"content":{"rendered":"<h1 class=\"p1\"><span class=\"s1\">Gala 2025 &#8211; Mosselbaai tot Stilbaai<\/span><\/h1>\n<p class=\"p1\"><strong><span class=\"s1\">Deur Olivia Liebenberg<\/span><\/strong><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Proloog<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Daar is iets so uniek aan die einde van \u2018n hoofstuk.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dalk die einde van \u2018n seisoen.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die laaste tree van \u2018n jaar.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Hoe spesiaal is dit nie dat daar so \u2018n groot groep mense wie dieselfde liefdes deel, daardie laaste <\/span><span class=\"s2\">paar tree van \u2018n jaar saam kan neem.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dit is die kitaar speel in \u2018n kring onder die sterre en die saam sing al ken jy nie eintlik die woorde nie. <\/span><span class=\"s2\">Dit is die lag-uit-jou-maag oomblikke vir mense wie jy eintlik nog net \u2018n oogwink ken.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Hoe uniek is dit nie dat ons skepper elkeen van ons op hierdie oomblik op hierdie plek saam gesit <\/span><span class=\"s2\">het.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Geniet hierdie gedagte terwyl ek jou terugneem na daardie salige staptoer.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 1: Waar is die Marialle Erasmus?<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ek word Vrydagoggend 21 November om kwart oor vyf wakker met \u2018n bre\u00eb glimlag op my gesig.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ek wil-wil opgewonde word, want ek weet. Ek weet wat kom.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na die bymekaarkomplek vir die tweede keer verander sien ek uiteindelik die busse. Hier begin die <\/span><span class=\"s2\">georganiseerde chaos. Hessie, Jurgens, Tone, Theunie, Elsa en die res van die krat-kolonie neem <\/span><span class=\"s2\">ook hul sitplekkie in die bus. Selfs die blou yskas verkies hierdie keer padvervoer bo lugvervoer \u2013 ek <\/span><span class=\"s2\">dink dit mag dalk wees as gevolg van vorige trauma \u2013 dankie Candice\u2026<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die kringetjie is gemaak en hier kom die belangrikste vraag van die dag: \u201c Weet iemand waar <\/span><span class=\"s2\">Marialle Erasmus is?\u201d Toemaar, ons weet sy sou nooit die Gala mis nie, sy wil maar net haar twee <\/span><span class=\"s2\">jaar streak behou.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ry nou.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die stap begin in Mosselbaai en hier geniet ons roosterkoeke en \u2018n skiet demonstrasie deur Stefani <\/span><span class=\"s2\">en Corne. Die sketsskrywer het so lekker gesels sy het eintlik vergeet wat alles tydens die stap <\/span><span class=\"s2\">gebeur het, toemaar dit was darem net 2.32km. Emile se sy Strava caption gaan wees \u201c stappie <\/span><span class=\"s2\">plato toe\u201d. Wat is n gala nou sonder \u2018n \u201cfrolick\u201d op die strand.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die kokke is aan die werk vir die skare se gunsteling dis, nachosssss!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Kok Anna-Mart versoek saplose lensies. Hierdie keer gooi Leonard dit binne die pot en nie orals oor <\/span><span class=\"s2\">kok Rachel se rug nie\u2026<\/span><span class=\"s2\">Skiet maak oop, grond is gekoop, etenstyd.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">So tussen ete word daar nog geskiet. Die volgende oomblik vlieg Liesje verby, Jacobus agterna.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Maar di\u00e9 se sagte voetjies jaag vir Liesje en hy hoop eintlik niemand hoor hoe kreun hy van die pyn<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Klippies \u2013 1<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Jacobus \u2013 0<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Items vir die aand word oopgemaak, maar na \u2018n traantrekker emosionele ballade van \u2018n sterwende <\/span><span class=\"s2\">bok uitgevoer deur Mnr die voorsitter, is almal veranderd.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Mario en Luigi skrik so groot vir die vreemde Martha-\u2018like\u2019 dele dat hulle sommer die Italiaans ruil vir <\/span><span class=\"s2\">\u2018n Chinese aksent!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Merkwaardige hekels van die aand:<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Blykbaar wil Talitha haar gebrande bene wys.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Waarom vind Ruben \u2018n vrou met \u2018n mop aanloklik?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Druk Jian sy vinger in almal se monde? Toemaar, Charlize doen dit ook!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Hekels is toe<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 2: Ierland se geelkaarte<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Opstaantyd is eintlik eers 06:30, maar 05:45 word daar reeds geswem en in die sonsopkoms <\/span><span class=\"s2\">gebaljaar.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Veels geluk Izak (de Wet), jy verjaar! Die arme man is so deurmekaar, hy hoop eintlik daar word <\/span><span class=\"s2\">verwys na sy naamgenoot. Maar nee, voor hy kon oo en aa is daar \u2018n kring dames om hom en daarna <\/span><span class=\"s2\">word hy gepos. Weereens, baie geluk Izak.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Voor ons in die pad val, word die oggend op die regte manier geopen. Oom Jan se woorde van <\/span><span class=\"s2\">daardie oggend het diep spore in my getrap. Waar l\u00ea jou identiteit? Wat laat jy toe om jou identiteit <\/span><span class=\"s2\">te bepaal?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ek geniet die eerste paar kilo\u2019s se stap terwyl ek met die Here oor hierdie vrae gesels. Wat \u2018n voorreg <\/span><span class=\"s2\">om Sy skepping te kan verken!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nes die \u201cdeep meaningful conversations\u201d vloei, en ander redelike oppervlakkig en soon-to-be-<\/span><span class=\"s2\">hekel gesprekke, ego die s-woord tussen die stappers deur.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Daar is geen meer kommer oor \u2018n bloublasie nie, nee wat. Sand spat en binne etlike sekondes word <\/span><span class=\"s2\">spasies in die slee soos fliek kaartjies geboek.<\/span><span class=\"s2\">12.31 Kilometer later \u2013 die einde. Maar wat is \u2018n BTK staptoer sonder \u2018n ou bus \u201cissue\u2019tjie\u201d.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Parallel park at its finest, but how do you unparallel this?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Wie sou nou dink \u2018n byl is \u2018n valid paklys item? Die manne vat een vir die span en die dames ruk hul<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">sangbundels uit vir morele ondersteuning. Vinnig-vinnig is die stappers weer in die bus en oppad na <\/span><span class=\"s2\">die kampterrein.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ek neem jou graag terug na daardie salige Saterdagaand, gevul met stokbrood, snoek braai, <\/span><span class=\"s2\">Springbok truie, kitaar, kaart en klets. Sulke aande is wat vir my die BTK maak. Tye waar die Here se <\/span><span class=\"s2\">teenwoordigheid so tasbaar is. Ek besef net weer, wat \u2018n voorreg!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Carla vertel ons van die deeg dilemma. Die deeg is geblouyskas, of sal ek eerder s\u00ea die blouyskas is <\/span><span class=\"s2\">gedeeg! Ons is tog te dankbaar vir ons kosma en haar span, wie al die winkels in Gouritz se deeg <\/span><span class=\"s2\">opgekoop het om hierdie stokbrode vir ons moontlik te maak.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Bite Me Grill het nog nooit soveel voete gesien nie, dis amper ekwivalent aan die hoveelheid <\/span><span class=\"s2\">geelkaarte wat Ierland daardie aand gekry het.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dankie bokke, ons aand is gemaak. Hou maar jou hekels vir \u2018n volgende keer.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 3: Papsopwinterwaternat<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Opstaan opstaan, dis \u2018n heerlike dag! Dis vyfuur in die oggend en dit stortre\u00ebn, maar dankie stokers.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Op sy eie tafel word die koffiekultuur al die pad van Stellenbosch uitgestal. Dis net bialetti, <\/span><span class=\"s2\">aeropress, french press, brewspoon, you name it!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Sameul verjaar! Maar hierdie keer regtig. Die kring vorm om hom en hy word gepos. Baie geluk <\/span><span class=\"s2\">Sameul.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die tente is afgeslaan en die busse is gelaai. Met \u2018n kraak in sy stem vra Drian, \u201cumm, is hierdie die <\/span><span class=\"s2\">damesbus?\u201d Drian, hierdie is nie \u2018n laerskool uitstappie nie, klim.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Op die bus bekyk ons die \u201crunway\u201d , waar Marietjie haar \u201climited edition\u201d Gucci black bag dress vir <\/span><span class=\"s2\">ons wys. Soos ons weer afklim hoor jy net \u201chou my bietjie vas, ek kry koud\u201d. Daar word op en af <\/span><span class=\"s2\">gespring, gedans en gesing en ons is gou-gou opgewarm en gereed vir aksie.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Stap Nou.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Vir die eerste 5km wandel ons op \u2018n Jeeptrack en stop onder vir krieket, touchies en sandkastele <\/span><span class=\"s2\">bou. Ons val weer in die pad en so elke nou en dan hoor jy hoe fluister iemand, wanneer gaan ons <\/span><span class=\"s2\">middagbroodjies maak? Nog \u2018n paar kilos dieper en ek wonder toe self&#8230;<\/span><span class=\"s2\">Daar word ges\u00ea wysheid kom met ouderdom, maar ek weet darem nie hoor. Cilliers &amp; Drian \u2013 <\/span><span class=\"s2\">toevallig beide \u201cstudents of age\u201d \u2013 is gekul deur hul eindste maat, Emile, om sy walvisrib vir \u2018n hele <\/span><span class=\"s2\">paar kilos te dra. Dis seker maar hulle vorm van boats &amp; logs.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na nog heelwat BTK eenhede kom ons uiteindelik tot stilstand. Hier vind ons uit dat die bestuur <\/span><span class=\"s2\">eintlik die middagbroodjie sakke vergeet het, dus het ons nie gestop vir middagbroodjies nie. But <\/span><span class=\"s2\">you live and you learn I guess.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nes ons dag se kilometers tot \u2018n einde kom, word skiet oopgemaak. Vandag mag die eerstetoeriste <\/span><span class=\"s2\">nie skiet nie, maar hul bekyk die oud BTKners se skiettegniek.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">By die kampterrein slaan die mans die tente op en die dames begin die middagbroodjie produksie <\/span><span class=\"s2\">lyn.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Sondag se saligheid val oor ons en daar word kitaar gespeel en gesing. Die eerstetoeriste is hard <\/span><span class=\"s2\">aan die oefen want toe weet ons almal, maar hulle weet nog nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na \u2018n merkwaardige aand in nog 32 eerstetoeriste se lewens word items oopgemaak en vele hekels<\/span><span class=\"s2\">volg.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Merkwaardige hekel van die aand: Wie se enkels wil Marialle byt?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 4: \u201cJulle kan doen net wat julle wil!\u201d<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Geen opstaantyd vanoggend want vandag is die een waarvoor ons nog heel toer wag!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Kyk, hierdie dag is al in jou dagboek nog voor jy jou Ma se verjaarsdag daarin kon skryf. Hierdie is die <\/span><span class=\"s2\">hoofrede vir geen A3s.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die koel briesie en die oggend son ontmoet mekaar en ek sit in die stilte op Stilbaai se strand. Oom <\/span><span class=\"s2\">Jan open vanoggend vir ons en \u2018n golf van dankbaarheid tref my. Dankbaar vir mense wie hul stories <\/span><span class=\"s2\">met my deel, dankbaar vir die Here se kunsprent aan ons en dankbaar vir Sy grootheid.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na ontbyt volg \u2018n BTKaner se heel gunsteling woorde: \u201cJulle kan doen net wat julle wil, maar wees <\/span><span class=\"s2\">13:00 terug vir middagete&#8230; \u201d<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Tussen die strand en die Seekombuis versprei die stappers. Daar word geswem, geklets en roomys <\/span><span class=\"s2\">ge\u00ebet. Na 3 porsies elk van alles wat lekker is moet daar eers \u2018n middagslapie ingewerk word. Moeg <\/span><span class=\"s2\">van niks doen.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Laatmiddag het die tyd vir die legendaries Spikeball toernooi aangebreek. Na vele heen en weer <\/span><span class=\"s2\">spelle en \u2018n tandknersende finaal wen die Huismanne vir die Makkespan! Baie geluk Izak en Willem <\/span><span class=\"s2\">en welgedaan Jacobus en Jian. <\/span><span class=\"s2\">Net daar word damesskiet oopgemaak. O jitte en toe is dit omtrent \u2018n maraton se hardloop vir elke <\/span><span class=\"s2\">dame, maar uiteindelik \u2013 na so bietjie hulp van die ouens &#8211; is elke sitplek in die slee gevul.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na \u2018n volle fotosessie, \u2018n sokkie playlist en aandete word items oopgemaak.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Merkwaardige hekels van die aand:<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Waarom is Leonard bekommerd oor sy troudag wat nader kom?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Hoekom moet Marialle vir Jian dra?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u2022<\/span> <span class=\"s2\">Vir wie gee Burnette diep kyke tydens items?<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Hekels is toe.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 5: Sirkelroete en die pad na jou hart<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die oggend skop vroeg af want vandag gaan ons Jongensfontein besoek.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Veels geluk, Erin. Indien jy nognie weet nie, jy verjaar vandag.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dis nog vroegoggend en die weird gesprekke begin al klaar. Die dames verduidelik vir die ouens die <\/span><span class=\"s2\">ideale huisdans blom rangskikking. Ek is nog al die jare onder die indruk dat die ekwivalent aan <\/span><span class=\"s2\">blomme vir \u2018n ou piesangbrood is, maar Schutte dink anders. Volgens hom is dit \u2018n goudvis. Nou ja, <\/span><span class=\"s2\">ons los dit maar daar.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Sakke op, en ons is aan die stap.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">By game break word daar geswem en ons almal is heel verbaas toe Yiasoumi en Michael \u2018n vis vang! <\/span><span class=\"s2\">Dis nou geen goudvis nie, maar Schutte, daar is jou blomme.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ons stap nou al 5 dae lank by die see maar ek word elke dag van voor af verlief. Verlief op die see <\/span><span class=\"s2\">briesie, die koue water en die sanderige voete. Ek voel weer kind, so amper asof die Here die strand <\/span><span class=\"s2\">vir ons as \u2018n speelparkie gee.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Skiet word by die mond oopgemaak en die dames laat spat in die water in, dit lyk nes \u2018n ironman se <\/span><span class=\"s2\">opening scene.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ons is terugverwelkom met middagete voorberei deur sjefs Kobus en JA-cobus.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ten spyte van al die vuil kyke wat ons gekry het, smul ons aan rondte 2 by die Seekombuis.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die middag is gevul met koffie, kitaar, spikeball en waatlemoen! Jy weet \u2018n spikeball game is ernstig <\/span><span class=\"s2\">aan die gang as jy hoor \u201cCharlize Theron, jy moet duik!\u201d<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Op my eerste toer het \u2018n toerouer iets merkwaardig vir my ges\u00ea. Hierdie is die eerste en die laaste <\/span><span class=\"s2\">keer wat presies hierdie groep mense ooit presies hierdie tyd op presies hierdie plek saam gaan<\/span><span class=\"s2\">spandeer. Elkeen met sy eie storie en sy eie planne. Ons moet dit koester, want so plaas die Here <\/span><span class=\"s2\">elkeen soos \u2018n legkaartstukkie in die prentjie in.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ons baljaar in die sonsondergang en neem foto\u2019s om die oomblik vas te vang.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Na aandete word ons met roomys bederf \u2013 kyk hierdie is nou die \u2018pad na my hart\u2019 deel van die titel.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Reuben oefen sy pickup lines, maar ongelukkig val hulle almal onder die top 100 most used pickup <\/span><span class=\"s2\">lines. Dis ok, Reuben, ons back jou.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dis tyd vir slee en die items rol!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Kobus en Carla se koejawels los so soet smaak van \u2018n blou yskas, maar di\u00e9 land toe eers in die <\/span><span class=\"s2\">middel van Konstabel Mentz se troep-oefening.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die aand raak lank en daar is selfs \u2018n paar snorkgeluide vanuit die slee.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Items is toe.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h2 class=\"p2\"><span class=\"s2\">Dag 6: \u2018n Bittersoet einde<\/span><\/h2>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">En so kom ons by die laaste oggend. Die laaste bietjie seebriese van nog \u2018n goeie toer.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Die laaste koffie word gemaak en \u2018n veiling van die lost &amp; found items begin. Lepel, t-hemp, iemand <\/span><span class=\"s2\">se sleesous? Die tente word afgeslaan en die busse gepak. Ons vind toe ook uit dat Ans vandag <\/span><span class=\"s2\">verjaar! Daar word vir hom gesing, gestamp en gepos. Veels geluk Ans!<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Oom Jan open vir ons vir een laaste keer. \u201cLet my teaching fall on you like rain, let my speech settle <\/span><span class=\"s2\">like dew, let my words fall like rain on tender grass, like gentle showers on young plants\u201d &#8211; <\/span><span class=\"s2\">Deuteronomy 32:2.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ons stap hier weg met meer as net \u2018n ervaring. Ons stap weg met \u2018n dieper waardering, met <\/span><span class=\"s2\">lewenslesse en met die mooi verhaal wat die Here vir ons toelaat om te geniet.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Ons het die voorreg om 3 van ons maters maan toe te stuur. Talitha met 2 toere, Denise met 4 en <\/span><span class=\"s2\">Guillome met 9 (sy 10de verskyning sal as toerpa wees). Dankie vir die geur wat julle aan die BTK <\/span><span class=\"s2\">gebring het, julle voetspore het diep getrap. Hier groet ons ook ons toerouers wie saam met ons aan <\/span><span class=\"s2\">die lawwe pret deelgeneem het. Dankie Oom Jan en Tannie Georgine.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Kyk, jy sou nou dink na 6 dae van stap en son sou daar net geslaap word. Nee wat! Die energie <\/span><span class=\"s2\">borrel op die busse en daar word dik stories geklets. Ons stop by die Spur vir Terrash en soos altyd, <\/span><span class=\"s2\">weet hulle regtig nie wat vir hulle wag nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Met \u2018n merkwaardige 1 minuut, 15 sekondes en 96 milisekondes breek Samuel de Wet die Terrash <\/span><span class=\"s2\">rekord! \u2018n Hele sibling rivalry aangesien dit sy eie broer se rekord was!<\/span><span class=\"s2\">Ons arriveer die middag weer in Stellenbosch met meer sout in ons hare, sand op ons voete en <\/span><span class=\"s2\">sonskerm op ons wange.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">\u201cGelukkig is di\u00e9 wat besef dat hulle God nodig het, want die Koninkryk van die hemel behoort aan <\/span><span class=\"s2\">hulle. \u201d Matteus 5:3<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Nog \u2018n toer is verstreke van die ou BTK.<\/span><\/p>\n<p class=\"p2\"><span class=\"s2\">Lewe lank, lewe lank<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gala 2025 &#8211; Mosselbaai tot Stilbaai Deur Olivia Liebenberg Proloog Daar is iets so uniek aan die einde van \u2018n hoofstuk. Dalk die einde van \u2018n seisoen. Die laaste tree van \u2018n jaar. Hoe spesiaal is dit nie dat daar so \u2018n groot groep mense wie dieselfde liefdes deel, daardie laaste paar tree van \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5824","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5824"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5824\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5836,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5824\/revisions\/5836"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}