{"id":5839,"date":"2025-08-31T09:46:51","date_gmt":"2025-08-31T07:46:51","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5839"},"modified":"2026-03-16T10:03:22","modified_gmt":"2026-03-16T08:03:22","slug":"namakwaland-2025","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2025\/08\/namakwaland-2025\/","title":{"rendered":"Namakwaland 2025"},"content":{"rendered":"<h1>Namakwaland 2025<\/h1>\n<p style=\"font-weight: 400\"><em>Deur Hannah Botha <\/em><\/p>\n<h2>\u00a0<strong>Proloog\u00a0<\/strong><\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">Dit gaan oor die klein dinge in die lewe, soos kondensmelk op jou vinger, 7:30 in die oggend\u2026 in \u2018n dam vol waterlelies te bad terwyl die son sak\u2026 te skoffel-skoffel in die stof en sand\u2026 of doodeenvoudig jou hart in die Namakwaland te verloor\u2026<\/p>\n<h2>Dag 1: Afwagting<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">Die koue van die winter smelt weg, die aanbreek van \u2018n nuwe seisoen. Goue, sonstrale strek oor die berge. Ons verlaat Stellenbosch. 6 ure, 468 km, en \u2018n leeftyd van moontlike ervarings wat voorl\u00ea. Bene is lam gesit, nek seer gele, maar \u2018n diep opwinding begin te borrel, want die mooie Namakwaland l\u00ea voor.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Na die lang busrit klim ons af by \u2018n oulike klip-kerkie in die middel van Kamieskroon- afgele\u00eb, maar nie vergete. Ons is verwelkom deur die kerkbasaar tannies, asook Oom Karl en Tannie Theresa. Hier open ons met gebed en oom Karl lees Psalm 121, wat op die randsteen van die kerkie gegraveer is: \u201cEk kyk op na die berge; waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE, wat die hemel en aarde gemaak het.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">De Magtige Koning word gesing en ordentlikheids praatjies is gedoen. Jacobus is as slot aangewys, Marietjie as sleutel; vir die dag. Omdat vandag die eerste dag is, stap ons maar net 6 km. Die N7 sit aan ons linkerkant, en ons is omring deur die Namakwaland berge. Die warm son bak op ons gesigte, \u2018n voorsmakie van die sonlig wat nog kom.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Op oom Cornelis Genis se plaas word skiet oopgemaak; dis net stof en mense wat hardloop en op een been knieel om die bekende vraag, \u201csal jy met my slee\u201d te vra. Tente word in die kloof op geslaan; kort voor lank is almal vars \u201cgestort\u201d en liedere soos \u201cKlein Tambotieboom\u201d hang in die lig. Die sonsak brand helder, en die stokers is op hul pos. Kaas is gerasper, uie gesny. Vanaand eet ons nachos en mince; by vere \u2018n gunsteling onder die groep!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ons slee onder die sterre, die maan skyn in al sy glorie &#8211; volrond en helder! Slee skop af met SW se bekende \u201cBalade van \u2018n Sterwende Bok\u201d, af gedra van generasie tot generasie\u2026 (gevolg deur snaakse dooie bok geluide\u2026)<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Koppe is verkoop, ouma en oupa maak \u2018n verskyning en die pasiente is omtrent siek. Jian side-step al sy hele lewe lank, Jacobus kannie nies sonder om sy heupe los te twerk nie en\u2026 Pieter is swanger.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Hekels skop af met Schutte wat aan ons verduidelik hoe om baie mense met een pampoen te voer. Sy pampoenkoekies is beslis gewild onder die honger studente. En ja, ons soek graag die resep.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Talyah merk op dat Marialle eintlik so sterk is soos die average man. Martin spog oor sy ma wat \u2018n \u201cbombas\u201d is.. Sy vat vas in die kombuis. Guillaume \u201cstrip\u201d, net sy een been\u2026 ek bedoel, hy sukkel op sy broekspyp af te zip, en natuurlik word Marialle hieroor gehekel. En ons kannie vergeet van Jacques se bekende trademark nie\u2026 Hy is eintlik \u2018n \u201cbouncer by night, charmer by day.\u201d\u00a0 Alle grappies op \u2018n stokkie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Die aandlied word gesing, \u201cGrote God wat altyd waak. O, beskerm my deur U almag\u2026\u201d\u00a0 Slee behoort aan die mans, almal sien uit na \u2018n goeie nag se rus.<\/p>\n<h2>Dag 2: Bitter-Soet<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">Voordat die stokers sing besluit ons om Bybel te lees en in die Here se sterk stilte te sit. Op \u0149 rots sit ons, en kyk uit oor die vallei. Die vars oggend lug en gesuis van die stofies gee ons nuwe krag om die lang dag aan te pak. BTK pap, kondensmelk koffie en beskuit, is maar net van die klein dinge wat aan ons vreugde verskaf. Vir die mans, is orige lensies en mince nog meer van \u2018n bederf\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Talitha verjaar vandag! Vrolik en opgewonde, neem sy elke oomblik van die verjaarsdaglied in en vertel trots dat sy vanoggend haar \u201cbirthday glow,\u201d dra.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vandag se stap skop af met \u2018n paar stywe bulte. \u201cHierdie bult gaan ons hella boude gee,\u201d merk Jacobus op. Buiten dit, brand ons kuite ook&#8230; Maar, man is man, ons vat vas en durf die rots aan &#8211; huig en snik na asem. Tree vir tree, al moet \u2018n man ons dames van agter af stoot. Op verskeie plekke van ons 400 m klim droom ons oor \u2018n yskoue bier en \u2018n jakuzi wat uitkyk oor die vallei.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Dis uiteindelik game break op die bokant van die rots, en \u2018n tevredenheid spoel oor ons. Die wit vlinders dans om ons en ons kyk terug om te sien hoe ver ons al geklim het.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Na ons \u201cseven stages of grief\u201d, is dit \u201csuns out, bu\u2026 guns out,\u201d en die peak van human performance (minder bekend as Frederick Botha), stel voor dat as ons val \u201cval ons aan\u201d. Dat sulke wysheid eendag tot niet moet gaan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ons stap in die kloof in, om oor middagete \u2018n seil neer te l\u00ea en middag broodjies te eet. \u2018n Sagte sny witbrood, roomkaas, en vyf snye salami\u2026 Dit se genoeg. Diep vreugde.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Nog broodjies word gesmeer met peanut butter en kondensmelk. Magies vol, ogies toe. Salig l\u00ea ons onder \u2018n boom se skaduwee. Omring deur skakerings van geel-goud en oranje. \u2018n Koel, sagte windjie koel ons af en die gefluit van \u2018n vo\u00ebltjie sorg vir \u2018n goeie middag slapie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cSakke op\u201d en ons stap weer verder. Ons leer Portugees, praat oor ons drome en lag oor die eenvoud van die lewe. Die son bak warm op ons skouers, enkele bye bestuig die helder blommetjies wat ons omring. Aanvanklik luister ons net na hul soet, monotone gesang, maar die kalm bars binne oomblikke wanneer \u2018n voet onverwags die korf tref. Ons is omsingel met \u2018n storm vlerke, angels en paniek. Brandpyn waar die bye ons steek. Vinnig probeer ons na veiligheid hardloop, en is ontmoet met Allergex en game om te kalmeer en die angels versigtig te verwyder.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Nog so \u2018n paar BTK eenhede en ons arriveer by ons slaapplek vir die aand. Na die chaos van die middag\u00a0 besef die Botha boeties hul tent het iewers langs die pad weggeraak. Hoopvol pak hulle die berg weer aan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Met geen lopende water nie, maar \u2018n groot dam vol waterlelies hoop ons maar dat die water-suiwerings tablette hul werk doen. Tente word in die oop veld opgeslaan, en \u2018n verfrissende bad in die dam sorg dat ons skoon en vars voel na die dag se stap.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Na 600 m se klim en 40 minute se soektog, kom die Botha boeties uiteindelik, kort voor donker, by die kamp aan. Verlig en dankbaar. Almal is klaar gebad en skoon, die stokers se stofies suis alweer.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Daar is net nog \u201c1 uur, 20 minute en eitlike sekondes\u2026\u201d Intussen staar ons in bewondering op na die sterrestel en maan verduistering- bloedrooi en volrond.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Tydens aandete kan SW nie genoeg beklemtoon hoe werklik dankbaar hy is dat die knoffel gebruik word nie. Die \u201chot girl walk\u201d van vandag het meestal bestaan uit knoffel deur die manne se sake ruik. Kehan se 10 jaaroue whiskey is darem meer as genoeg om \u201cdie edge\u201d af te vat, terwyl ons in afwagting uit sien na Pesto en Sundried Tomato Pasta. Soos die kokke pasta skep, pak die kosgroepies af oor die dag. Dis ongelukkig weer \u201croast Talitha tyd\u201d\u00a0 in die Sewejaartjies groepie en SW probeer weer matchmaker speel met Kyan-ti en Ke-han (want hulle name is blykbaar baie eenders). SW se pogings is nie suksesvol nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Theuns Jordaan sing vir Demi Levato, \u201cwhat a power couple\u201d. \u2018n Tap danser sonder ritme vlei vir Money Money Mister Crabs. Die Arabier, sonder \u2018n toon, vind liefde in \u2018n slap tjippie. Jacobus-en-Pieter-se-alter ego raak beste maats met die Hoender met asma, en ou Liewe Heksie, of wel, Stoute Heksie, wil \u2018n sigaret koop, maar vind liefde in die winkeleienaar\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Wat items betref kyk almal stuk-stuk Blou-Yskas. Niemand onthou eintlik enige iets verder nie, tussen die gesnork en ligte gape- aanduiding van \u2018n lang rowwe dag se stap.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Hekels maak oop en edelagbare oom Karl is gevra wat Marialle bedoel het toe sy se, \u201cEk boer in Eendrag.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cDit is wat dit is\u2026\u201d. Iemand wonder, \u201cHoe was die oes?\u201d. *stilte*<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ons bevestig dat Fred bekend staan as die Peak of Male performance (ug uhm, dankie Muller vir daardie opmerking\u2026)<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">SW verduidelik aan ons hoe om na 10, 20, 30, 40 jaar verlief te bly, \u201cJy raak net weer en weer verlief.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Martin spog liggies oor sy glutes wat \u201cunmatched\u201d is, en Marialle se voet-fetish, wel, kom ons se maar net, \u201cMoenie haar kwaad maak nie, want anders byt sy jou tone\u2026\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Edelagbare oom Karl, ons is almal baie moeg, hekels moet nou maar toemaak sodat ons net kan gaan slaap\u2026<\/p>\n<h2>Dag 3: \u2018n Meisie op jou \u201chande\u201d dra<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">Dagbreek en ons proe klaar die warm, sterk koffie. \u201cPampoen\u201d en \u201cMy Hartjie my Liefie\u201d weergalm deur die vroe\u00eb oggend lig. BTK pap en swart koffie in bialetties, filters en aeropresses word aangemaak en gedeel. SW het alweer iets te se oor \u201cdie Bothas\u201d wat nie boundaries het nie&#8230;<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Tente word afgeslaan, waterdraers maak hulle papsakke vol, sonroom is gesmeer en hare word in \u2018n treintjie gevleg. Jacobus vleg Carla se hare, Carla vleg Hannah se hare, \u2018n kombinasie van Duitse- en Fransevlegsels.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Bucket hat secured, shades aan, sonbrandroom gesmeer en vandag verjaar Kobus \u201cmoney, money\u201d van der Westhuizen! \u201cYass queen, today is your day,\u201d a classic Kobus one-liner.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ons \u201cslay-day\u201d begin met \u2018n lekker stappie tot by die oorblyfsels van die oorspronklike Kamieskroon kerkie. Blykbaar, eers nadat hulle die kerkie gebou het, en die dorpie probeer vestig het, het hulle besef die stuk grond is te klein vir \u2018n hele dorp, en begin toe \u00earens anders bou. Spie\u00eblkop kan nog van hier af gesien word, en ons staar in bewondering op na die res van die bergreeks wat ons omring.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Van die historiese oorblyfsels dra die manne ons dames op hul r\u00fbe om dorings te vermy en veilig weer by ons sitplek onder die boom te kom. Hier word skiet oop gemaak in die stof en sand. Eers dink ons, mense word weer deur bye gejaag (mmm, bietjie PTSD na gister se \u201cinsident\u201d), maar besef vinnig dat dames-skiet oopgemaak is. Carla gee nie eers vir SW \u2018n sekonde se kans om weg te hardloop nie, voordat sy hom vinnig in \u2018n hoek druk en vra, \u201csal jy met my slee\u2026\u201d Marialle \u201cCOMMIT!!!\u201d en hardloop heen en weer, in sirkels, om vir Muller te vang.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En toe, die oomblik waarvoor ons almal uitsien\u2026 \u2018n Afkoel- en haarwas sessie in die dam, tuna en mayo broodjies eet ons onder \u2018n seil (een man per stapstok-poot),\u00a0 en stilte\u2026 Of wel, 11 minute en 41 sekondes van stilte- \u2018n rekordtyd vir Marialle. Gustav gaan op \u2018n \u201csoul-searching\u201d avontuur en bederf ons meisies met blomme, \u201cwhat a lad\u201d, hy vlei ons. Tip nommer een, manne: dis nie so moeilik om \u2018n meisie se hart te wen nie, dis die klein goed wat raakgesien word\u2026 Kyanti soek graag \u2018n aandeel in Muller, en Muller vang nie die \u201chint\u201d nie. Hy soek eerder graag \u2018n aandeel in Fred se oormaat geblikte pilchards en tamatiesous.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Na middagete durf ons weer die hitte aan, maar nie voordat ons, ons quick-dry handdoekies nat maak en soos Shaylas om ons koppe bind nie (soos \u0149 serp om ons gesigte gevou) &#8211; \u2018n stukkie Midde Ooste hier in die Namakwaland.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Dis net berge en blomme en kunstenaars. Ons sing. Ons dans. Ukelele. Bekfluitjie. Engelstemme.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En wanneer die dag lank word, weet \u2018n BTK-man hoe om \u2018n meisie op sy \u201chande\u201d te dra. Sonder moeite dra Schutte, letterlik, vir Ingrid op sy skouers (ter selfde tyd dra hy ook sy Stoorman-rugsak!). Tip nommer twee, manne: \u201cdie ekstra moeite is altyd die moeite werd\u201d\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ons slaan tent op tussen skakerings van helder geel en oranje blomme. Die riviertjie is opgedroog, maar die dames maak steeds mooi\u2026 want vanaand is dameskiet.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Die son het ons wange rooi gekleur- natuurlike blos. Ons lippies- glans warmrooi van \u201dJuicy Bomb\u201d. Rooi nekdoekies is soos kopbande gebind, reg om die oomblik in fotos vas te vang, terwyl die daglig sy laaste asem uitblaas. \u2018n Sielsrus hang in die koel aandlug. Vanaand sien ons die melkweg en \u2018n sterrestel wat ons herinner aan die Here se beloftes. Matthys speel kitaar, ons sing saam, \u201cBless the LORD oh my soul, we\u2019ll worship His Holy Name.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cTalitha, vertel ons \u2018n storie!\u201d \u2018n gewilde opmerking onder ons groep. En so word Switserland se stories vertel oor \u2018n oorvol bakkie Alles-Wat-Lekker-Is\u2026 Biltong, chutney, rys en kips! Gevolg deur die geliefde Beertjie Poeding- ryk en romerige sjokolade poeding met Biscoff koekies.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vanaand se slee is afgeskop met \u201cHans en Mans\u201d. Muller (Hans) proe die vrot vis en is verskrik deur \u2018n mondvol sand. \u2018n Wille tweeling (Talyah en Marialle) skop en skree vir Princess en Rainbow gegeurde roomys, terwyl hulle hang op die \u201c2 suckers op \u2018n stick\u201d. \u201cThe Jills\u201d bring nog meer vermaaktheid, toe \u201cLittle Joe\u201d shot, shot, shot, shot, shoshotttt is\u2026 in haar houtbeen. Flip, Flippert, Frik, Frikkert (watookal sy naam was) sit vas in meneer Fourie se drankwinkel, hy rook \u2018n lekker sigaret en suip Amarula tot die vroe\u00eb oggend ure\u2026\u00a0 \u201cEdelagbare oom Karl\u201d sonder konteks:<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cWat het Jian bedoel toe hy vir Stefani \u2018n vet vark genoem het? Of toe hy vir Kobus se om te dink aan \u2018n zyn in sy mond sit wanneer hy De Magtige koning sing?\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cEk soek \u2018n aandeel in Muller\u2026\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cEk dink jy het genoeg ge\u00ebet.\u201d (Daar\u2019s geen tuna in die sewejaartjies groepie nie, net BEEF\u2026)<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En so kom nog \u2018n heerlike aand in die Namakwaland tot \u2018n einde. \u201cDan l\u00ea ek my rustig neer, dood of hel sal ek nie vrees nie, want U is my Rotssteen Heer.\u201d<\/p>\n<h2>Dag 4: Lofprys aan Hom<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u2018n Vroegoggend vuurtjie brand, en die son begin stadig oor die berge loer. Ons sit, knus toegedraai in ons slaapsakke, en staar in bewondering uit na die berge wat ons omring. Stokers se lofliedere \u201cloof Hom, prys Hom Hallelujah\u201d, hang salig in die lig. Tente word opgepak, en \u2018n ligte mis trek oor ons toe. Hare word weer gevleg en Bobby van Jaarsveld, One Direction, Mamma Mia classics en golden oldies soos Toto speel oor Kyanti se luidspreker.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Tannie Theresa lees uit Psalm 33, \u201cDank die Here met begeleiding van liere, besing Hom met tiensnarige harpe. Sing vir Hom \u2018n nuwe lied; speel mooi snaarinstrumente met uitroepe van vreugde.\u201d- \u2018n Vooruitspelling van die gesang en dreuning van die bokant van die heuwel. Sonder sakke stap ons \u2018n sirkel roete tot bo op \u2018n koppie waar Marialle ukelele speel en sing, en ons volg. So ook volg die motre\u00ebn en \u2018n koel, verfrissende wind- die Here is hier teenwoordig\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cSakke op,\u201d is geroep nadat ons waterbottels volmaak; en die grondpad word weer aangedurf. Ons stap in die stof, en die son maak weer sy verskyning. Dit bak warm op ons gesigte, terwyl ons jolig gesels oor ons liefde vir piesangbrood en \u2018n biertjie. Game break- en ons stop om te rus onder \u2018n brug. Uiteindelik bietjie skaduwee.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Die speaker word weer aangesit en ons skoffel-skoffel op Afrikaanse musiek in die stof en sand. Kinderlik opgewonde en tevrede &#8211; dis so maklik om Stellenbosch studente gelukkig te maak! Pretzels en grondboontjie botter, nartjies en yskoue, soet game, \u201cDit is FINOMINAAALLL (in growwe-mansstem)\u201d merk Marialle op. Ons stap verder om in die dam op oom Cornelis Genis se plaas te swem en middagbroodjies te geniet.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Skiet is oopgemaak voordat ons eet. Frederick hardloop agter Karla aan. Met die duikslag eindig sy broek op sy enkels.. SW jaag vir Kyanti, hulle swem vir \u2018n paar minute net in sirkels totdat hy haar vang\u2026 En Marietjie, sy is \u201coor-it\u201d en besluit om op haar stoel te bly sit wanneer Jacobus haar vra of sy al geskiet is\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Afkoel in die dam, middagslapie op die syl, Provitas met tuna en mayo, peanut butter en jam\u2026 Dis tog te lekker om aan niks anders te dink as, \u201cwatter ander weird kombinasie kan ek op Provita eet.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Ek leer by die Daisies oor die \u201cHikersdownfall cocktail\u201d, wat beslis \u2018n resep is wat op volgende toere benut moet word:<\/p>\n<ul>\n<li>100 mL Bugu Brandewyn<\/li>\n<li>Mango &amp; Pineapple flow electrolytes (meng dit eers by die brandewyn, en wanneer dit ophou borrel kan jy die ander bestandele bygooi)<\/li>\n<li>3 x scoops Game (nartjie)<\/li>\n<li>500 mL water<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"font-weight: 400\">Met nog so kilometer om te stap voordat ons by ons slaapplek kom vir die aand, trek ons crocs en plakkies aan en stap die laaste stukkie grondpad. Vinnig verander die grondpad in \u2018n krieketveld. Pieter se stapskoen word die kolf, Jacobus bowl, en Carla bat net sesse. Wolke stof dans om ons voete terwyl ons lag en agter die bal aanhardloop.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En natuurlik, die bekende DTF (Down to Frolick) moes \u2018n verskyning maak. Kobus se Amarula word diep waardeer, en die icy zoos word vinnig opge\u00ebet. Die son sak stadig, die veld gloei in pienk en oranje. SW verras ons met bier en skaaptjoppies &#8211; \u2018n beantwoorde gebed van vroe\u00ebr vanmiddag. Vuur is weer aangesteek en ons kuier lekker terwyl die kokke op hul poste is.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vanaand eet ons mieliepap, smoor en wors. Pieter maak pap soos \u2018n swart vrou in Zambia &#8211; ervare, \u2018n ou hand met die houtlepel. Tussen die lag, stories en eenvoudige kos, besef ons dit is ons laaste aand op toer.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cLet\u2019s get the slay on the way,\u201d roep Kobus (\u201cMoney Money\u201d), sy mond nog vol taai malvalekker terwyl hy nog aan \u2019n \u201cs\u2019more\u201d kou. Vanaand maak ons die laaste van ons sleelekkers en -sous klaar. Amarula en vla &#8211; hoogs underrated, timtams en sparkling water, en \u2018n \u201cBless Aeropress\u201d\u00a0 warm koppie swart koffie sorg vir \u2018n lekker slee vanaand.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vanaand se Items:<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Talitha is switched on by the Imbiscles and Capitan. Agnes deo is \u2018n \u201cMust, so hier is ons om te sing\u2026\u201d. Jian en Jakes maak \u201c4\u201d .<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Troepe hou ons op die punt van ons stoele\u2026 \u201cHier kom \u2018n \u201ctrop\u201d mansmense\u201d. Die \u201cMoney Money\u201d hond \u201cwaf waf\u201d net heeltyd. Een troep se ma is oorlede terwyl sy haar seun se khaki hemp was, \u201ctra-jic\u201d. \u201cHoekom khaki hy in sy hemp,\u201d- Troep Botha. Troep Botha se ma is toe oorlede toe die kunsmis in haar koek ontplof, \u2018n herbal-life is toe nou nie die play nie. En troep van der Westhuizen se broek skeur\u2026 Sersant lei nou nog aan PTSD\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Maar, die hoogtepunt, of wel hoofpyn punt, van die items, was Salome. SW sing saam. Nekdoekies is op die kop en om die nek gebind. Marietjie nies, headbutt vir Marialle, sy val voorentoe, en \u201cdomino-e\u201d nog drie meisies\u2026 en ja, Marialle het die volgende oggend met \u2018n hoofpyn en ligte concussion wakker geword\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cCinema\u201d volg, met die liefdes-stryd tussen Talitha en Fred, met \u2018n kwaai Kobus en Pieter tussen die twee.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">In die 6-Botha item roep Fred (pappie), \u201cMmm, uhm, uhm, Pappie bly net hier, Pappie was al by baie begrafnisse gewees,\u201d uit wanneer Carla (mammie) nie meer in die prentjie is nie\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Schalk Willemina en Jianina \u201cdebrief\u201d alweer oor die afgelope staptoer, elk met \u2018n Plato koffietjie in die hand. Hierdie BTK-meisies \u201cloveee\u201d \u2018n stukkie Nivea room en \u2018n crop-top. \u201cVriendin, daar was nooit water nie\u2026 en dan verwag hulle dat ons stilstande water drink, imagine that\u2026\u201d<\/p>\n<p>Edelagbare oom Karl\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Schutte: \u201cVolgende maak ek hom reg\u2026 (Beduie na Pieter)\u201d.\u00a0 Drakensberge 2025 bewys dat Schutte eintlik enige wilde perd kan mak maak\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Fred: \u201cMuller, jy het mooi nipples\u2026\u201d. Eintlik, Fred het gese, \u201crooi\u201d, nie mooi nie\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Guillome: \u201cWhen nature calls, and it\u2019s a missed call\u2026\u201d. Dankie tog hy het verwys na Stefan se pastei-storie!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Andrew: \u201cSit jou arms om my Jakes\u2026\u201d. Wel, \u201cdis een manier om te vra dat iemand jou rug knak\u201d\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Pieter: \u201cGee my 2 Melbrows, 12 jaar en \u2018n Henessey, dan sing ek hom vir jou\u2026\u201d. Geen konteks, dis maar net<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Pieter\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Toermaters, so kom ons laaste aand tot \u2018n einde\u2026 \u201cHoed my as ek my gaan neerl\u00ea, Grote God wat altyd waak\u2026\u201d<\/p>\n<h2 style=\"font-weight: 400\">Dag 5: die Namakwa-vlaktes<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400\">Mis hang vanoggend laag. \u2018n Vuurtjie knetter in die duisternis, en die stokers se liedere vul die lug met vreugde en soetheid. \u201cAnd then I saw her face, now I\u2019m a believer,\u201d en \u201cSweet Caroline\u201d bring aan ons genot; die beste wekker na \u2018n goeie nag se rus.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vanoggend leer ons van die THAT (Talitha se Handboek van die Afrikaanse Taal) terwyl ons ontbyt eet. Sy verduidelik aan ons wat grievels is, \u201cdie dun stukkies beskuit of koffie aan die onderkant van die koppie, wat absoluut noodsaaklik is om te meng.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vir oulaas word tente gesak, en die ligte motre\u00ebn begin val. Dames kamp is verras met \u2018n stroom water wat van die middel van die kamp af begin vloei. \u2018n Pyp is raakgeslaan met die tent-op-slaan, en toe Nikoali die tentpen uittrek, is dit net water wat volg. Vinnig skarrel ons om tente te skuif. Die manne spring vinnig in, en die situasie is binne minute onder beheer. Almal ontspan, en die meisies besluit dis weer tyd vir bietjie musiek\u2026 kort voor lank dreun Vrystaat Vlaktes oor die luidspreker, en Naude vra vir Laurika om te dans. So in die stof &#8211; \u2018n prentjie van genot en vreugde!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">In vanoggend se stiltetyd lees oom Karl vir ons uit Spreuke 12: \u201cDaar is skinderpraatjies wat soos dolksteke is, maar die tong van wyses is \u2018n geneesmiddel.\u201d (AFR20 Bybelapp)<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">SW gee sy laaste toespraak as voorsitter en oorhandig sy walkie-talkie en medicsakkie aan Jian Slabber- \u201cdie BTK is in bekwame hande.\u201d So word Jacques Robbertze, Hannah Botha, SW Zeeman, Chris-Marie Olivier en Pieter Botha maan toe gestuur.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cStap so veel as wat jy kan,\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cKom terug as jy kan,\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cNatuur genees dele van jou hart wat jy nie weet is seer nie,\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cHier ontmoet jy lewenslange, hartsmense,\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cDis die Here, Sy mense, en Sy skepping\u2026\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Dis nou SW se beurt om te verjaar. Ons serenade vir SW; bietjie vals, maar uit volle bors met \u2018n oorvloed van dankbaarheid vir alles wat hy vir die BTK beteken. Die manne tel tot drie\u2026 en SW vlieg deur die lug\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cEn ons hardloop in die veld in\u201d\u2026 nog 4km se stap en ons eindig weer by die kerkbasaar op Kamieskroon. Hier tel die bus ons op, pannekoek in die een hand, \u2018n jaffel in die ander- en route tot Terrash.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">In Piketberg stop ons vir Terrash. Die eerste toeriste is almal op hulle plekke, reg vir die kompetisie. \u201cRoeiers, roei..\u201d Na bietjie meer as 2 minute is Reuben se tjips, uieringe en burger opgeeet. Heinrich is kort op sy hakke, Gustav en Danie, nie te ver agter nie. Ons klim weer op die bus, om die laaste 114 km, tot in Stellenbosch, te ry\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">\u201cEk het my hart verloor<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Langs &#8216;n stofpad in die Namakwa waar die<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Vlaktes en berge toor<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En van vreemdelinge hoofkarakters maak<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Sal jy verder skryf aan hierdie storie saam met my?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Jou hart verloor langs &#8216;n stofpad in die Namakwa\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">En so is nog \u2018n toer verstreke. Die ou lede maak klaar, en die nuwe tree nou in. Ons kyk terug oor die afgelope 5 dae, en kan bevestig, dit is wel die \u201cklein goed\u201d wat die lewe net soveel soeter maak. Eerste lig na \u2018n goeie nagrus, soetheid van die wraak na \u2018n lang dag se stap, hare was in die dam oor middagete, kondensmelk koffie en Ouma beskuit,\u00a0 en sing-sing en dans-dans deur die Namakwaland saam met vreemdelinge, nou vriende\u2026<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400\">Met trots, en \u2018n oorvloed van dankbaarheid vir drie van die bestes, se ek vir nou \u201ctotsiens, lewe lank, lewe lank, BTK.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Namakwaland 2025 Deur Hannah Botha \u00a0Proloog\u00a0 Dit gaan oor die klein dinge in die lewe, soos kondensmelk op jou vinger, 7:30 in die oggend\u2026 in \u2018n dam vol waterlelies te bad terwyl die son sak\u2026 te skoffel-skoffel in die stof en sand\u2026 of doodeenvoudig jou hart in die Namakwaland te verloor\u2026 Dag 1: Afwagting Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5839","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5839","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5839"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5839\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5845,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5839\/revisions\/5845"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5839"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5839"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}