{"id":5864,"date":"2023-09-03T12:09:00","date_gmt":"2023-09-03T10:09:00","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=5864"},"modified":"2026-07-03T12:09:54","modified_gmt":"2026-07-03T10:09:54","slug":"twee-riviere-2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2023\/09\/twee-riviere-2023\/","title":{"rendered":"Twee Riviere 2023"},"content":{"rendered":"<h2><b>BTK: Twee Riviere<\/b><\/h2>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u2019n Skets van gebeure deur Maja Smith<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 0.5<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Soos SW sal s\u00ea, \u201c Nie net een nie, maar TWEE riviere.\u201d Ons het Sondagmiddag ons pad Vanwyksdorp toe gemaak. &#8220;Waar is Vanwyksdorp?&#8221; vra jy: daar tussen niks en n\u00earens. Meeste van ons vermoed dat Petri \u2018n groep mense gekry het om \u2018n dorp impromptu op te slaan net vir die toer &#8211; die tannie van die restaurant het hoeka nes die tannie van die kerk gelyk. Toe ons langs een van die enigste geboue stop word ons aangejaag om af te pak en ons spaghetti bolognaise soos \u2018n trail running snack te chow sodat die rugby-aanhangers die bokke se skrumsessies met Skotland kan gaan dophou. Agter die skerms probeer julle uwe sketsskrywer en Tone die pad na die rugby deur die seinlose Vanwyksdorp vind met net die yl cheergeluide wat elke nou en dan rigting aanwys &#8211; dit was wel suksesvol, want dis r\u00earig hoe klein Vanwyksdorp is. Na ons suksesvolle spel van Marko-polo sluit ons by die res aan wat hulself alreeds in stewige pawiljoenformaat rangskik het. Vanwyksdorp het nog nooit so baie aksie gesien nie, die kampstoele is op die tafels geplant sodat almal kan sien, en al die hot chocolates verkoop heeltemal te vining uit omdat die tannie normaalweg blykbaar net 7 aanhou. Die BTKaners gil en gesels so tussendeur dat die hele Vanwyksdorp weet van \u201cal die jong mense\u201d. Toe almal terug by die kerksaaltjie kom, verdeel die groep in twee, die eerste groep gaan rus, verantwoordelik, om voor te berei vir die week na \u2018n lang kwartaal en die ander gaan sit die kombuis vol en gil \u201cDutch blitz\u201d dat die vloerplanke skud.<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 1<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Toe die stokers 6-uur die volgende oggend by die dames se saaldeurtjie sing, kreun almal eers so bietjie vir die onverwagte koue weer en vir die oorgangslaap wat nie so vas was soos wat mens sou voor hoop nie. Die oggend verloop nog heel luuks soos wat almal die ketel gebruik om te koffie, te tee, te pap en om natuurlik gesellig rond te staan. Die kerksaaltjie is uitgevee en opgemop vir die uitspattige konsert van Vanwyksdorp, wat almal baie hartseer was om te mis. Soos op alle BTK-toere het ons dag een se stap afgeskop met verskillende geselssirkels en dan \u2019n algemene skrumsessie tussen die ouens en die meisies waar hoede soos frisbees die lug ingevaar het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die meeste van daardie dag se stap was op \u2018n jeep-pad met die weer wat bipol\u00ear tussen re\u00ebn en sonnig spring. Daar was na die game break se storting \u2018n paar quasimoto karakature soos wat re\u00ebnbaadjies oor stappers se lywe en sakke gedrapeer is. Die geel blommetjies was egter lieflik en verskeie stappers kon nie help om te begin huppel nie. Almal was vreeslik opgewonde oor die aandete, want oor die algemeen hou BTKaners van kos en ook, niemand kla ooit oor nachos nie. Nadat al die groepies saam die kos geniet het en mekaar so bietjie beter leer ken het tussen deur die crunch (van opregte nachos tjips, baie dankie), maak almal reg vir slee. Petri se laaste ballade word na \u2018n hewige oploop van die hele gehoor wat eers op hulle r\u00fbe moes l\u00ea om na die sterre te kyk, geslaag met \u2018n vry val en \u2018n indrukwekkende jodelpoging. Die dokter word ook besoek met siektes wat eksponensiel meer word en die skaamte wat al hoe minder word (ek sal persoonlik nooit weer dieselfde na PF kan kyk nie). Mario and Luigi was verskriklik deurmekaar op hierdie rivier, ek vermoed hulle is meer gewoond aan strandlangs verkeer, want op \u2018n stadium het Mario gevra, \u201cWait, you are Mario? No, I am Mario.\u201d Maria was eerlikwaar die enigste een wat haar things together gehad het in daai aitem. Blou yskas was briljant met Jian as die getroue fiefie, PF as die vlie\u00ebnier met die digte zimbabwean aksent, Jo-an en Amy wat almal laat \u201caagh\u201d het ten spyte van hul pogings om cringy te wees, en Gerhard en Cara wat die standaard ouma en oupa karakters van die toer sou word. Wie was Candace nou weer &#8211; dit was seker so goed dat ek nie die karakter van die mens kon skei nie. Nag dames.<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 2<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hierdie dag het heerlik warm uitgedraai, ten spyte van die ys wat die oggend ons tente versier het. Die lekker sonnetjie het ook die geel en pers blommetjies en die rivier nog meer aanloklik laat lyk. Daar is tydens middagete alreeds dippies gevang. Dit was ook natuurlik die dag van die wraak &#8211; daai woord wat al heel toer die eerste toeriste met \u2018n halwe lag en \u2018n halwe frons agterlos (iets soos dit). Hulle was seker maar bang, want lanklaas is die liedjies so getrou geleer met die eerste toeriste wat heel dag agteraan die groep De Machtige Koning en ander laat klink. Ou toeriste en Iz\u00e9l het almal baie geduldig geleer. Na die dag se opbou was al die ou toeriste baie opgewonde om die wraak-konsert te aanskou, hier is \u2018n paar hoogtepunte: \u201cEk is \u2018n perd, pffff, en my naam is gat, want ek gaan my naam gat maak\u201d, die epileptiese see-anemoon wat \u2018n absolute traumatiese tyd op die verhoog gehad het en natuurlik die baguette wat eenvoudig net \u201cbaguette\u201d moes s\u00ea om \u2018n properse uitbarsting van die gehoor af te kry. Na die opvoering van die liedjies wat al die eerste toeriste met bre\u00eb glimlagte gelos het, maak Petri hulle weer bekaf met die aankondiging dat hulle asseblief iets moet gaan aantrek wat nat en vuil kan raak. Party toeriste was so gestres dat hulle sommer hulle speedos gaan aantrek het. Na die gepot van die wraak, verwelkom ons hartlik 20 nuwe toeriste met drukke en gesang. Almal voel so bietjie warmer na die soetheid en die dik laag malvalekkers bo-op.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die lekker gevoel spoel toe sommer oor in \u2018n hartgevulde Praise en Worship onder die sterre met snare, tromme en stemme wat Sy naam verkondig lied na lied. Hoe asemrowend dat ons daardie voorreg het om van elke kerk onder die Stellenboschson af saam te kom langs \u2018n rivierbed tussen niks en n\u00earens en saam ons God te dien. Hans en Mans se aandag was so bietjie afgelei met die \u201cintrusive thought\u201d dat daar vir een of ander rede \u2018n blou yskas uit die lug uit gaan val. Hulle is so oorweldig met hierdie vrees, dat Mans\/Hans\/LT sommer na die eerste sessie in die vrot vis trap. Die slee is afgesluit met Lippe waar Iz\u00e9l mooi vir LT laat verstaan het dat hy ook nie \u2018n kans by haar sal kry nie. Almal het regop gesit vir die Magaliesburg se naglied; nag Manne.<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 3<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Hierdie dag was die dag van die groot verrassing wat almal se monde nogsteeds sal laat water as hulle nou daaraan dink. Julle weet waarvan ek praat. Dit was besonders warm en \u2018n hele paar stappers het kleur gevang, veral dies wat \u2018n ekstra 4 kilos gedraf het om hulle behuising by die game break te gaan terugkry. Almal het hulle weereens verkyk aan die blomme wat soos properse Sound-of-music heuwels aan weerskante verbygegaan het. Daar was ook elke nou en dan \u2018n wit-en-swart skapie om te aanskou. Toe ons by die kamp aankom het al die dames gaan bad en opdollie vir damesskiet. Toe was dit eers tyd vir fotos neem met beblomde dames voor en die die sonsakberge agter (die manne het ook nie te sleg gelyk nie, maar estetika was definitief nie die eerste prioriteit toe dit kom by foto&#8217;s neem nie). En toe die verrassing wat niemand sien kom het nie: vars water, wat vir almal nuwe dors gegee het; koelerbokse vol bier en tjops waaragter die standaardgrote gesig sal kan wegkruip. \u2018n Groot vuur is gepak en almal het sonder beplanning drankies geniet terwyl die son oranje-pienk gesak het. Toe dit tyd was om te braai, het die manne definitief die uitdaging in die o\u00eb gestaar en gebraai. Met \u2018n rooster so groot soos \u2018n vensterraam wat met momentum omgeswaai moet word, het hulle die taak hartlik aangepak (Pieter se mullet was nog nooit so gepas vir \u2018n situasie nie). Almal het eerlikwaar net die aff\u00eare bekyk en net gekoes om nie vol vet gespat te word soos wat ons aandete oor die kole geflikflak het nie. Uiteindelik kon ons Oom Teelman se geskenk en die braaiers se harde werk geniet met nog \u2018n bonus van aartappelslaai en wortelslaai, wat nes poeding geproe en gelyk het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Na aandete was almal goed gesout en wel-tevrede, en boonop reg om te slee. Troepe is vlugtig geonderbreek toe PF vir Oom Teelman groet met \u201cAlles van die Beeste, stuur groente by die huis\u201d. Hierdie vaarwel was egter net die begin van die chaos: Fiefie het natuurlik skaamteloos die ander karakters outshine, alhoewel Pretorius se onverwagte ho\u00eb stem \u2018n redelike ho\u00eb noot was (huh!). Pieter was weer in die hondehok vasgekeer, wat hierdie keer ongelukkig voor \u2018n massiewe landmyn gele\u00eb was. Jo-an kon ook nie die landmyn vermy nie en sy mis-hand wat hy teen alles en almal vir die res van die aitem gesmeer en aan geruik het, het die laaste bietjie orde heeltemal versteur. Generaal Botha het ook nie enigiets uitgerig gekry met sy troepe wat wou slee toe hy s\u00ea hulle gaan skietbaan toe nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Nag dames.<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 4<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Op hierdie dag kon ons Hugo se verjaarsdag vier &#8211; hy was net so verbaas soos almal anders. Die manne het hom hartlik getackle, maar dit het hom glad nie ondergekry nie. Die roete van hierdie dag was jul uwe sketsskrywer se gunsteling en om elke hoek en draai het dit gelyk of daar \u2018n hobbit huisie moet wees. Later was die berge en die riviere aan weerskante van die stappers en dit is net daar waar ons vir \u2018n game break gestop het. Grahamstad het ons toe soveel bederf met die getroue BTKitaar wat hy soos \u2018n klavier getokkel het en almal se respek gewen het. Tot Petri se spyt het ons Suiderkruis tussen die berge en die riviere laat weergalm. Jo-an het iewers deur die dag \u2018n koei \u2018n seekoei gemaak nadat hy hom in die rivier ingejaag het. Hy het ook saam met party van die ander apies in die kranse ingewandel om ons kampplek te vind wat klaarblyklik weggespoel het. Helene het verklaar dat die lekkerste deel van die dag was om blommetjies in haar hare te sit. Daardie aand kon almal na hulle swem\/badsessie by die groot bonfire droog word, wat langs die bank van die Gouritsrivier gebrand het. Ons is bederf met nog pragtige sterre daardie aand en ons het mildelik vir hulle \u2019n liefdeslied gesing, \u201cSalomieee\u2026\u201d. Kaptein het ook \u2018n verskyning gemaak, die kanoe-mense hulle alles gegee, en arme klippies is nie net in die water gegooi nie maar sommer in die rivier gelos terwyl hy \u2019n aaitem moes uitwag (well done, Pieter). Jill was ekstra deurmekaar wat dit skreeusnaaks gemaak het, en Gerhard het ons harte warm gemaak met sy cowboystem.\u00a0<\/span><\/p>\n<h3><b>Dag 5<\/b><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Op die laaste dag was dit onverwags re\u00ebnerig soos wat Petri met \u2018n vol hart sy fluitjie vir LT oorgegee het. Helene is maan toe gestuur, en voordat ons in die pad kon val spoel ons harte weer oor met Praise en Worship &#8211; dankbaar vir \u2018n jaar van mooi toere en dankbaar vir hierdie toer wat vir ons almal diepe rus en eenvoudige vreugde gegee het. Soos wat ons die lang pad aangedurf het verby die brug wat die kamma mikpunt was, het ons hoi-hoi uit die ou liedere gesing, wat Petri die vorige aand vir ons in kanon begelei het. Toe die bus uiteindelik in sig is, is dit sakke af vir die dames, maar dubbelsakke op vir die here. Jian, Jo-an en toe Petri. Die sitplekke van die bus het ekstra sag gevoel tot by Terrash waar nog \u2018n tradisie aangepak moes word. Die roeiers was Graham, Willie-an, Hugo, Gerhard, LT en Eddie. Graham het sy woord nagekom en vir LT ore aangesit (letterlik\u2026) Na ons mae gevul is, was dit magies vol en ogies net oop genoeg om rustig te gesels met die nuwe vriende wat almal gewen het. Nog \u2018n toer is verstreke, en met vol harte groet ons mekaar met die wete dat daar nog baie avonture voorl\u00ea!<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>BTK: Twee Riviere \u2019n Skets van gebeure deur Maja Smith Dag 0.5 Soos SW sal s\u00ea, \u201c Nie net een nie, maar TWEE riviere.\u201d Ons het Sondagmiddag ons pad Vanwyksdorp toe gemaak. &#8220;Waar is Vanwyksdorp?&#8221; vra jy: daar tussen niks en n\u00earens. Meeste van ons vermoed dat Petri \u2018n groep mense gekry het om \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-5864","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5864","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5864"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5864\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5872,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5864\/revisions\/5872"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}