{"id":606,"date":"2011-09-10T14:03:08","date_gmt":"2011-09-10T12:03:08","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=606"},"modified":"2013-02-07T12:30:19","modified_gmt":"2013-02-07T10:30:19","slug":"weskus-toer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/09\/weskus-toer\/","title":{"rendered":"Weskus Toer"},"content":{"rendered":"<p>Sien foto&#8217;s van hierdie toer onderaan.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 3 September: Waai my jas in \u2018n taaibos vas<\/strong><\/p>\n<p>PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE\u2026..dis die eerste klanke wat jy hoor na \u2018n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen \u2018n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken en jy sien nuwe gesigte, ou gesigte, moe\u00eb gesigte, mooi gesigte en een gesig wat sleg tweede gekom het in \u2018n barfight. Eers later vind jy uit Evans Coetzee het eintlik derde gekom. Dis skielik nie meer donker nie en jy wonder by jouself hoe jy die donker oorleef het met drie gingers op die bus.<!--more--><\/p>\n<p>Na selfs nie Worsie Visser vir Jan Greyling en Rone McFarlane uit mekaar se arms kon kry nie reken Simon Streicher genoeg is genoeg en besluit dat daar met hulle gemaak moet word soos sy pa met hul honde maak wat mekaar te goed leer ken. Gelukkig het George Dienern MOS vir ons ges\u00ea ons moet ons waterbottels volmaak voor ons op die bus klim.<\/p>\n<p>Gerhard Fouche is lus vir \u2018n plaasontbyt en wil die skapies langs die pad slag vir spek. Saam met \u2018n goeie plaasontbyt gaan \u2018n stukkie vars nuus goed af. Die nuus is egter nie so vars nie nadat dit \u2018n rukkie in die Son gel\u00ea het nie. By die Piekenierskloofpas af ontmoet jy vir Julian en jy wil net vir hom s\u00ea: \u201cLook it\u2019s more fun when you do it like this!\u201d<\/p>\n<p>Op \u2018n stof paadjie iewers tussen Hondeklipbaai, Garies en n\u00earens stop die bus en jy dink by jouself. En dit maak seer. En jy hou op dink vir die volgende 5 dae\u2026 want nous jy by die Weskus. Sommer vinnig kom jy agter die kospakkers is jou enetjie voor met die ophou dink ding, want deur die toer kom jy agter die sop, pasta sous, groepie 7 se stofies, Dupie se pap, die derde blikkie kondensmelk, die perlemoen, aarbeie en room, sjampanje en kreef is als in Stellenbosch agtergelaat.<\/p>\n<p>Gelukkig is daar \u2018n silwer randjie om die donker wolk, want nous die sakke darem bietjie ligter soos jy gou agtergekom het met Anton Kraemer se vernuftige skaaltjie. Sommer gou is jy spyt oor die kristalglase, Johnnie Walker blue label, lazyboy en DSTV skottel wat jy by die huis gelos het.<\/p>\n<p>Charlie de la Harpe en Magriet Muller verduidelik hoe skiet werk. Maar Charlie is nie entoesiasties genoeg na Magriet se sin nie en sy verduidelik: \u201cJy VAT haar!\u201d Hierna vertrek Pieter Retief, Doepie en Gerrit Coetzee Angola toe om items te verduidelik. Anton Kraemer verduidelik hekels deur vir oom Francois Loedolf te vra hoekom Andrea Burger eerder kruppels as gingers wil uithaal.<\/p>\n<p>OP MET DIE SAKKE!!! Jou sak pla maar effens, maar gelukkig is die BTK manne daar om te help met die inbreek van die sak. Nes jy jou ritme vind is dit tyd vir middagete. Jana de Wet spring sommer dadelik in en doop haar Harmonie hoedjie in die tamatiesous. Wraakkaptein Daniel Kots Kotze dwing sommer gou sy gesag af deur vir Neall Visser te ontbied na die uitkykkring. As seun van die Weskus word Neall gekroon as eerstetoeris convenor. Hys egter nowhere en vind eers op die aand van die wraak uit dat items gelewer moet word. Meer hiervan later.<\/p>\n<p>Magie vol, skoene uit en ons vat weer die pad. Jy haal diep asem en trek die vars weskus seelug deur jou neusgate in, luister na hoe die weskus branders breek soos Septunus die seegod van die Weskus asemhaal en jou siel kry vlerkies soos die van \u2018n weskus suikerbekkie wat hom verlustig in die soet nektar van die kleurryke weskus blommetjies. Soos die weskus sandstrand seesand jou tone kielie kyk jy op en jy wonder nie meer waars Wallie die walvis nie, want hy waai vir jou.<\/p>\n<p>Ons leer mekaar ken en so vind Judy le Roux en Daniel Kots Kotze uit dat Simon interplanet\u00eare kommunikasie swot. Dis blykbaar ekwivalent aan \u2018n ingenieursgraad. Jy wonder by jouself wat gaan eendag van daai twee se kindertjies word\u2026<\/p>\n<p>By die kampterrein aangekom moet Christiaan Rabie eers wakker gemaak word waar hy in die bakkie l\u00ea en slaap. As jy geweet het wat jy nou weet sou jy \u2018n emmer water saam Anton en Charlie gestuur het. Oom Francois en Anna-Marie Muller praat ordentlik en herhinner die mense dat die BTK net voetspore agter laat.<\/p>\n<p>Na ure se spekulasie oor wat presies die delwers gaan delf, word dit bekend gemaak dat hulle wel diamante gaan delf. So ges\u00ea, so gedaan\u2026 en die pouhokke staan, te danke aan Gerhard Fouche, Bernard Meyer, Jarret Engelbrecht, Armand Heymans en Jacques Smidt. Jy wonder by jouself hoekom hierdie taak in die hande van \u2018n spul elektriese ingenieurs en rekenmeesters onder die leiding van \u2018n regsgeleerde gelaat is? Hoekom dan nie eerder in die bekwame hande van aspirerende siviele ingenieurs soos Leroi Pols, Conrad de Kock of Diederick Dippenaar nie?<\/p>\n<p>Die rugsakke is nog skaars van die rue af en Gerrit, Dupie, Pieter Retief, Leandri Groeneveld, Sanmarie Malan en Nina van Schalkwyk steek pyp op en raak warm van binne met \u2018n stoute whiskeytjie. Neall staan nader met sy \u201cice tea\u201d.<\/p>\n<p>Met net 12 stofies tussen sewe groepies is die stokers MD Greyling, Rigardt Hoving, Hugo Minnaar, Reinhardt Venter, Simon, Diederick en Conrad in \u2018n stryd gewikkel om eerste klaar gestook te wees. Reinhardt vat goud vir Groepie 6 en hulle wen die voorreg om te kyk hoe die res van die groep eet. Hulle is bly hulle het hul skottelgoedwasser ingepak, totdat sy, Vasti de Lange,terugkom sonder die helfde van hul skottelgoed, insluitend Bianca Grotepass se lepel en Christelle Leuvennink se spork. Hulle is seker spyt hulle het nie vir Neall gestuur nie, aangesien hy dit skoon sou gewishy washy het.<\/p>\n<p>Die sleekring word ingewy en sommer gou-gou die itemverhoog ook. \u2018n Paar ou hande maak die verhoog sommer snotglad as \u2018n bende slakke wat \u2018n skilpaadjie beroof. Murray Heymann kyk hoe Anton se vrou stuksgewys verbydryf, waarop Anton vir sy vrou skree \u201cMaria, pull yourself together!\u201d<\/p>\n<p>\u2018n Onverwagte swart beer maak sy verskyning in \u2018n kroeg. Apparently he eats, shoots and leaves.<\/p>\n<p>Hekels maak soos rooikappie se tuinhekkie: oop en toe\u2026 Christiaan sluit die aand af deur uit Psalm 133 te lees. Soos die laaste klanke van Die Magaliesberg se Aandlied die nag indryf l\u00ea jy terug in jou slee en kyk hoe \u2018n ster verskiet. More oggend mag jy dalk nat gedou wees maar dis ook oraait want die sterre skitter nie so as jy in jou bed by die huis l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Sondag 4 September: Dis julle wat die wind, dis julle wat die wind, dis julle wat die wind laat waai!<\/strong><\/p>\n<p>\u201cGroepie x, julle muesliwater brand!!!\u201d waar die veranderlike x enige gegewe groepie nommer verteenwoordig en julle die is wat nog slaap.<\/p>\n<p>Dis die eerste oggend van toer en jy is redelik laks om jou warm slaapsak te verruil vir die berugte BTK-meusli. Na jy die snooze-knoppie al so twee keer gedruk het besluit jy dis dalk tog tyd om op te staan want net gister nog het Christiaan Rabie vir jou vertel hoe hy graag laatslapers nat gooi.<\/p>\n<p>Tussen die etery deur sien jy hoe Bianca en Christelle rondsluip met eetgerei. Of dit gesteelde goedere was en of hulle bloot hulle blikwassers verkeerdelik van nalatigheid beskuldig het sal ons seker nooit weet nie.<\/p>\n<p>Soos jy jou goedjies pak begin die wat nie laat geslaap het nie saamkom en begin die dag met samesang. Judy lees \u2018n gedeelte uit Job se lewensverhaal en dan is dit weer: \u201cOp met die sakke!\u201d<\/p>\n<p>Dani\u00ebl Kots Kotze en sy squeeze Juicy Judy vat slot en sleuteltjie. Charlie los sy squeeze agter vir die dag en gebruik vandag wat hy geleer het in Bing Bakkie-bestuur.<\/p>\n<p>Sommer gou-gou is dit gamebreak en groepie 7 se game is eerste opgelos en word teen \u2018n perfekte 5\u00b0C bedien. Waterdraer Evans kon egter nie die sand en stokkies oplos nie. Dupie verduidelik die veelsydigheid van \u2018n snor en hoe dit gebruik kan word om jou game mee te filter.<\/p>\n<p>Op met die sakke!<\/p>\n<p>Na jy \u2018n mooi entjie verder gestap het sien jy vir Charlie in die verte aangestap kom en nie te lank daarna word middagete aangekondig. Jy dink by jouself dis seker nie toevallig dat Charlie juis NOU hier moes aankom nie.<\/p>\n<p>Die ou manne besef daar is nog net geen dae sewe ure, 13 minute en etlike sekondes oor voor die soetheid van die wraak. Spontaan word \u2018n sirkel gevorm en die manne besluit dis tyd om vir Annika Pieterse, Annika Pieterse, Annika Pieterse, ANNIKA PIETERSE uit te kyk.<\/p>\n<p>Soos die toer vorder begin die groepies begin elk \u2018n identiteit ontwikkel. Met bewarings-ekolo\u00eb soos Anna Marie, Eleonore en Annika is groepie 2 so groen dat hulle nie eers voetspore agterlaat nie. Jy wonder by jouself waarom Michelle Duncan dan nie ook in die groepie is nie, maar dan besef jy dat sy tien teen een uitgeskop is toe dit rugbaar word dat sy van kursus verander het.<\/p>\n<p>Anton reken weer sy groepie is nie sosiaal genoeg nie en kontrakteer ekstroverte van ander groepies om die geselswerk in groepie 5 te kom doen. Sy plan misluk egter en die ekstroverte begin om met mekaar te gesels.<\/p>\n<p>Die pad langs die strand word weer gevat. Jy kan nie besluit of jy jou plakkies of skoene moet aan trek nie\u2026 Right weskus-nikes sal dit wees!<\/p>\n<p>Voor in die pad in die pad is egter \u2018n oponthoud. Jy kom by \u2018n bamboes-drukgang aan en wonder hoekom net sommige mense mag deurgaan. Dan besef jy dis maar net Gerrit en Anton se manier om almal op die toer se name te leer.<\/p>\n<p>Op die lang wit strande rek die groep sommer gou gou uit. Jy hoor gereelde \u201cOe kyk die mooi blommetjies\u201d en \u201cHaai, was daai \u2018n walvis?\u201d. Jy wonder of daar \u2018n direkte verwantskap is tussen hoe fiks jy is en hoe gereeld jy dit s\u00ea. Jy kom ook sommer gou agter dat nie net Neall van die Weskus is nie maar Rensa Pronk ook want elke keer as iemand noem hoe mooi die w\u00eareld is s\u00ea sy dankie.<\/p>\n<p>Terwyl gewag word vir die gatkant van die groep om in te haal vervaardig Neall die weskusklong \u2018n bambuzella. Gerrie laat nie op hom wag nie en speel die bambuzella soos \u2018n franse horing \u2013 weskus style! Kort daarna vra Simon\u00e9 van Tonder vir San-Marie Malan of sy haar hande tussen haar bene kan sit. San-Marie weier summier. Simon\u00e9 s\u00ea verontwaardog: \u201cHoekom nie, jy wil my dan die heeltyd wil soen!\u201d<\/p>\n<p>By die kamp aangekom lyk dit of al die manne goed raakgeskiet het want konstruksie aan die Wolleseum o.b.a. die Weskus Kolloseum begin dadelik. Daar is duidelik groot verwagtinge vir die eerste-toeris konsert aangesien \u2018n hele amfiteater uitgel\u00ea word.<\/p>\n<p>Na die Wolleseum voltooi is suiker die manne af strand toe vir \u2018n rondte raakrugby. Al die ware manne speel saam insluitende Simon\u00e9, Janneke, Sanmarie Malan, Rene en Leandri.<\/p>\n<p>Verder langs die strand af besluit Jana, Grietjie en Christelle om te gaan was en benut die natuurlike fasiliteite oppad terug. Hulle word egter herhaaldelik onderbreek deur \u2018n bakkie wat die strand patroleer.<\/p>\n<p>Na aandete verby is begin Groepie 4 die Copa Cabana liedjie sing en verbeel hulle hulle is weer terug op hulle eerstejaarskamp en speel ken mekaar speletjies.<\/p>\n<p>Daar is nog net geen dae geen ure, geen minute en geen sekondes oor nie \u2013 die wraak het aangebreek.<\/p>\n<p>Die eerste-toeris konsert begin en regverdig beslis die bou van die Wolleseum.<\/p>\n<p>Nina van Schalkwyk is \u2018n dieretuin bestuurder met Armand as haar toerleier. Sy gooi vir Arie wat paradeer as \u2018n gorilla in die hok saam met Ricus die Gemmerkat wat paradeer as \u2018n leeu. Ricus is meer ontsteld as Arie want hulle gaan dan nou albei hulle werk verloor.<\/p>\n<p>Neall probeer die feit dat daar nie juis items voorberei is nie toesmeer en verbeel hom hy is Tolla van der Merwe wat geselsies maak om die kampvuur om die ander eerste-toeriste tyd te gee om vir oulaas aan hulle items te skaaf.<\/p>\n<p>Die onverwagte sukses van die items gaan egter na die eerste-toeriste se kop toe en gevolgik kort hulle hulp met die sing gedeelte van die vertoning. Dit kry hulle van Simon wat homself voordoen as \u2018n eerste toeris. Dit is egter nie genoeg nie en na hulle die vierde keer probeer om De Machtige Koning te sing moet hulle eers weer gaan oefen. Dis blykbaar die multi-tasking wat hulle ondergekry het.<\/p>\n<p>Later die aand plant Esther en Gerrit hulle groente Armand die awesome arbei, Susan die sappige sampioen, Nina die nice naartjie, Jan en sy boontjierank, Annika die armsalige aartappel, Naude die nors noem-noem, Andrea die awkard aspersie en Gerrie die gomkommer.<\/p>\n<p>Daarna maak Gerrit sy koppe-winkel oop en George kom soek \u2018n nuwe kop. Die duurste kop is Nina se kop aangesien dit nog nooit gebruik is nie!<\/p>\n<p>Almal weet dat die Weskus \u2018n baie gevaarlike stuk van Suid-Afrika se kuslyn is. Gelukkig kan Andrea Streso help want sy doen diens as \u2018n vuurtoring wat deur Dupie en Gerrit aangesteek word. Die Weskus is vir eers veilig vir skepe om verby te vaar.<\/p>\n<p>Hekels is oop!<\/p>\n<p>Esther wil by Diederick weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het hy hou daarvan om in die water rond te vroetel.<\/p>\n<p>Diederick is weer reg met \u2018n hekel vir Esther en wil weet wat sy bedoel toe sy ges\u00ea het dat sy vir een toer vir Jan kry en Rone hom die volgende een.<\/p>\n<p>Michelle du Toit wil by Pieter Retief weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat BTK meisies \u2018n unieke spesie is. Hy besluit om sy eie graf nog \u2018n bietjie dieper te grawe en antwoord met: \u201cJy kry hulle nie op \u2018n ander plek nie. Hulle is mal rugged en bad min.\u201d<\/p>\n<p>Om die aandag van homself af te kry vra Pieter Retief vir Oom Francois wat Christelle bedoel het toe sy by middagete ges\u00ea het: \u201cNee sjarrap ons maak eers liefde.\u201d Dit werk egter nie besonders goed nie aangesien hy self ook betrokke was by Groepie 6 se liefdemakery oor middagete.<\/p>\n<p>Esther, vir hierdie toer, en Rone, vir volgende toer raak klein bietjie bekommerd toe hulle hoor dat daar \u2018n derde vrou in Jan se lewe is \u2013 sy room mamma.<\/p>\n<p>Pieter Retief sluit die aand af deur die bekende Joh 3:16 te lees.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Maandag 5 September: Gee die hond wind<\/strong><\/p>\n<p>Jys wakker. Dis koud. Jou slaapsak is natgedou en jou klein lepel is weg. That saves a lot of awkwardness! Te\u00ebsinnig kruip jy uit jou slaapsak uit en gaan kyk of jou stoker nie al weer die muesli water aangebrand het nie. HOE kry hulle dit reg? Dis jou gelukkige dag want die muesli water is net reg en ekstra soet in Johan Wiid se groepie.<\/p>\n<p>Ydi Coetsee lees die oggend uit Jesus se bergrede in Matteus. Anton word aangewys as die dag se slot en kies vir Kara as sy sleutel.<\/p>\n<p>\u201cOp met die sakke!\u201d en die pad word gevat. Oppad l\u00ea daar \u2018n verlore kroegyskas en sommer vining is Neall en Gerrit op hul perdjies en maak net DOODSEKER of iemand nie dalk n paar koue biertjies agtergelaat het nie.<\/p>\n<p>Sommer gou is dit gamebreak en groepie 7 bespreek die moontlikheid van vroulike groepieleiers. Siende dat Jan so dominerend is het Esther baie sterk gevoel oor die geleentheid om stem dik te maak.<\/p>\n<p>Sakke op en ons stap voort. Die vibe van die toer is skielik anders\u2026.jy kan agterkom die meisies berei hulself sielkundig voor vir die middagete wat voorle terwyl sommige van die gesoute manne verwoed onderhandel vir die moontlikheid van \u2018n ekstra stukkie kerrievis.<\/p>\n<p>Dupie se sak lek kondensmelk en jy besef ewe skielik hoekom daar alewig meisies soos brommers rondom hom hang. Van die kondensmelk beland op sy been en Magriet, wat teen die tyd al keelvol is vir Charlie se blonde beenhare, gryp die kans aan met ope arms en lek summier Dupie se been skoon.<\/p>\n<p>By middagete aangekom was jy lanklaas so dankbaar vir \u2018n stukkie skadunet. Terwyl jy luilekker agteroorl\u00ea en jou skoene uitskop sypel die geur van vars seelug by jou neusgate op. Jy word uitgebowl soos die reuke van vygies, gousblommetjies, pietsnotjies en\u2026.kerrievis jou neushare kielie. Anton se neushare is klaarblyklik te veel gekielie want hy sluk sommer man-alleen 2 blikke kerrievis af, \u2018n daad wat selfs Chuck Norris nog nie kon regkry nie.<\/p>\n<p>Christiaan gee vir Grietjie \u2018n blik kerrievis. Hy verstaan duidelik nie hoe lebola werk nie.<\/p>\n<p>Gerrit wil bewys sy groepie het AL hulle kos opgeeet en bemark die laaste broodjie aan almal. Op die ou end is Murray die slagoffer van Gerrit se Portugese verkoopsvernuf.<\/p>\n<p>Damesskiet is oop en die manne val soos vrot vlie\u00eb. Die gelukkige dames wat hulle skote terug gehou het kry die kans om elkeen \u2018n hunter-gatherer plat te trek soos die manne wat gaan mossels uithaal het terug kom nadat die stof reeds gaan l\u00ea het.<\/p>\n<p>Neall besluit die manne kort nog \u2018n Bambuzella om te gebruik as \u2018n waarskuwingsinstrument by die pouhok eerder as om te brul. Pieter Retief besluit toe dat die Bambuzella eerder \u2018n mishoring genoem moet word.<\/p>\n<p>By \u2018n veldjie blommetjies aangekom besluit George dat dit tyd is vir die groepsfoto. Dis dan ook een van hierdie blommetjies wat Christiaan wil h\u00ea hy en George moet in hulle monde sit en dan mekaar soen. Blykbaar het hy en George, soos op vorige toere aan die lig gekom het, \u2018n baie oop verhouding.<\/p>\n<p>Met die groepsfoto afgehandel kies die groep weer koers Suide toe. Dalk het George en Christiaan die meisies aangesteek want ewe skielik lyk hulle almal heel fraai met \u2018n blom agter die oor. Jy hoop maar hulle het weggebly van die Pietsnotjies af.<\/p>\n<p>By Waterval aangekom wonder jy \u2013 waar is die waterval?<\/p>\n<p>Jy kan sien dat damesskiet \u2018n groot geleentheid is want nie net suiker die brawe manne en dames af water toe nie, maar die dames kry selfs blomme in die pouhok en Gerhard en Dupie open \u2018n barbershop met \u2018n view. Dis net jammer hulle sleedates maak later bekend dat hulle eintlik van die rugged look hou.<\/p>\n<p>Die stofies fluit en sommige groepies s\u2019n meer as ander soos mossels hors\u2019deurves voorberei word. Jy weet dan sommer ook rerig jys nou by die Weskus want saam met jou mossels kry jy \u2018n tuna\u2019tjie. Al wat nog kort is \u2018n stoute krefie.<\/p>\n<p>Jy hoef egter nie te lank daarvoor te wag nie want skynbaar het elke item vanaand \u2018n kreef in. Dis egter Simon wat die kalklig steel met sy sokkietreffer. As jy nie in jou slee gel\u00ea het nie sou jy hom definitief staande toegejuig het. Later is jy egter baie bly jy het nie want Ooi, ooi stoom stoom warm onder die appelboom sit vir die res van die toer in almal se koppe vas.<\/p>\n<p>Dronk op sy vorige sukses gaan Simon, Diederick en Ricus voort en sing van Albie the racist dragon.<\/p>\n<p>Soos die aand aan gaan wonder jy of dit Kareoke aand is want Christelle, Grietjie, Jana, Rensa, Kara, Magriet, Sanmarie Marits, Esther en Rone sing \u2018n medley om die manne se ego te streel. Ons kon glad nie uitpluis hoe die liedjies gekies is nie aangesien nie eers een van die talle liedjies met Gerrit se naam in die medley gehaal het nie.<\/p>\n<p>Dis duidelik nie net die BTK meisies wat uniek is nie maar die manne ook, want hier by die BTK poep en burp die meisies, skeer en bad hulle glad nie en die ouens \u2013 hulle like dit!<\/p>\n<p>MD sluit die aand af en lees Jer 1:19 wat s\u00ea dat jou vyande jou nie sal oorweldig nie want die Here sal jou red.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag 6 September: Kinders van die wind<\/strong><\/p>\n<p>Dis die derde oggend van toer en jy is redelik laks om jou warm slaapsak te verruil vir die, teen hierdie tyd, gevreesde BTK-meusli. Na jy die snooze-knoppie al so twee keer gedruk het besluit jy om dit weer te druk. Dit was egter die verkeerde keuse want Christiaan voer sy dreigement van die eerste dag uit en wys vir Anton, Gerrit en Bernard presies hoe graag hy laatslapers natgooi.<\/p>\n<p>Anna Marie lees uit Jesaja om die dag te begin. MD word aangewys as slot en kies vir Rene as sy sleuteltjie. George abdikeer vir die dag en Christiaan vat voor.<\/p>\n<p>Op met die sakke en soos jy in die pad val merk jy dat Christiaan sy walvisrugwerwel ingepak het. Jy wou nou niks s\u00ea nie, selfs nie nadat eerder op dit as sy stoeltjie gesit het nie, maar skynbaar geniet hy die werwel vreeslik. Jy wonder by jouself hoe so ou vertrou kan word met die leiding van die groep maar aan die ander kant is dit dalk \u2018n verbetering.<\/p>\n<p>\u2018n Entjie af in die pad tel Jan Judy se verlore tandeborsel op. Soos hy dit teruggee breek hy dit per ongeluk waarop hy s\u00ea: \u201cKyk hoe lyk hy binne!\u201d<\/p>\n<p>Die weer speel lieflik saam en daar waai nie \u2018n windjie. Johan, wat affie strand is, is duidelik nie hierdie windstil weer gewoond nie en raak kens. Deur die loop van die dag raak hy goed kwyt soos dat Ydi \u2018n koei is, hy nie in sy groepie teel nie en dat ons sommer sy maag Doug kan noem.<\/p>\n<p>By middagete is daar weer \u2018n lieflike afdak waaronder almal hulleself gemaklik maak. Murray wil tone oopmaak maar besef dan dat hy, soos enige goeie stripklub, altyd oop is! Gerrit, Armand, Neal, Jacques, Johan en Dupie gaan sit egter eerder in die son en pak \u2018n rondte Weskus-poker uit met mossels, polisie-keps en slakkie-skulpies as chips.<\/p>\n<p>Dit lyk of nie net Johan sonsteek opgedoen het nie want by die kamp gekom besluit die manne om eers te bad en toe te gaan raakrugby speel. Dis seker ook die rede waarom hulle vlak verby die dames se wasplek stap om by die rugbyveld uit te kom. Uit die gesprek wat volg kom dit na vore dat Dani\u00ebl die enigste een is wat nie wil erken dat hy Magriet se pienk bikini gesien het nie.<\/p>\n<p>Johan bly egter agter om eers agter die sleepwa te verklee. Dis dalk die rede hoekom almal so vinnig koers gekies het rugbyveld toe. Michelle du Toit en Karen van der Linde, wat \u2018n voorete slee wil inwerk, moet net terug gehou word sodat hulle hom nie met die broek om die enkels vang nie.<\/p>\n<p>By ete word mossels weer as hors d\u2019oeuvres bedien. Ek weet egter nie hoekom ek dit noem nie want by die Weskus is dit mos standaard praktyk. Groepie-skakelings is aan die orde van die dag. Weereens \u2013 dis egter standaard praktyk.<\/p>\n<p>Items loop soos \u2018n jet! Jy wonder waar die besprekingslys is vir die verhoog. Arie open die verhoog. Dalk is my geheue soos die van \u2018n goudvissie want ek kan nie punchline onthou nie. Simon baai nog in die vorige aand se glorie en lewer die vertaalde weergawe van sy nuwe single. Dit het egter nie heeltemal die effek wat die oorspronklike weergawe gehad het nie en hy val weer terug op dit wat werk \u2013 ooi ooi, stoom stoom, warm onder die appelboom!<\/p>\n<p>Daniel Kots Kotze, Murray, Christiaan, Charlie, Anton, Adrian Mouton, Daniel Schoonwinkel en George ry trein. Jy wonder egter nou nog hoeveel kaartjies hulle gekoop het. Volgende gaan soek Sakkie en Gerrit hulp by dokter Kopenhol vir hulle slaapprobleme. In die spreek kamer word daar nie koffie bedien nie maar soetwyn uit Gerhard Fouche se ma se kristalglasies.<\/p>\n<p>Diederick soek sy verlore hondjie. Simon bring die hondjie terug want die het gespeel saam met die vo\u00ebltjies wat hy vir sy sleedate gevou het.<\/p>\n<p>Anna-Marie spandeer \u2018n nag in Naude se hotel. Dis egter \u2018n vermorsde aandjie aangesien nie een van hulle van al die beskikbare dienste gebruik gemaak het nie.<\/p>\n<p>Die BTK maak voorsiening vir almal, selfs vir die dowe Adriaan, Carolien Bogaerts, Lisa Huylenbroek, Petru Malan en Nina Keyser wat gaan kuier by Club Decibel. Die kroegman kan egter nie uitpluis wat hierdie beteken nie. Nee dis nie nog een van hierdie nie \u2013 die dowe mense sing net saam.<\/p>\n<p>Murray wil graag met Aldi Pieterse trou. Om dit reg te kry moet hy egter \u2018n slam word en kreef opgee. Arie bekeer hom met \u2018n swaai beweging van die hand en s\u00ea hy is nou \u2018n moslem. Murray reken as hy dieselfde met \u2018n kreef doen raak die \u2018n hoender.<\/p>\n<p>Ek dink Gerhard, Simon en Conrad het ook \u2018n item gelewer maar hulle beweer dat almal reeds toe geslaap het. Dit was egter nie die heel laaste item van die aand nie en Kaptein, Kraaines, Kraai, Kreef, Kok, Kannonier, Kajuitknaap, Kelner en Kkkkk maak almal wakker met die ou grys merrie vir \u2018n marathon Kapteinsitem.<\/p>\n<p>Met hekels word dit rugbaar dat Sanmarie Marits haarself graag natmaak. Dis egter nie wat julle dalk mag dink nie. Sy was net baie morsig skottelgoed.<\/p>\n<p>Pieter Visser sluit die aand af met Psalm 8 wat lof bring aan die Skepper.<\/p>\n<p>Na nag-dames gaan slaap die dag diere en die nag diere kom uit. Gerhard maak van die geleentheid gebruik om die meisies skrik te maak deur sy masker wat hy nog heeltoer dra af te haal.<\/p>\n<p>Dis duidelik dat slee vroegtydig kortgeknip is want \u2018n middernagfees breek uit rondom die kampvuur. Van die ou toeriste raak nostalgies oor hulle laaste BTK aand en pik \u2018n traantjie soos hulle terugdink.<\/p>\n<p><strong>Vrydag 7 September: Like a candle in the wind<\/strong><\/p>\n<p>Ooi ooi stoom stoom wakker onder die appelboom! Soos jy wakker word s\u00ea jy dankie dat Simon tot dusver nog nie enige ambisies geopenbaar het om \u2018n professionele loopbaan in die musiekbedryf te begin nie.<\/p>\n<p>George besef hy is oud en moedig die nuwe generasie aan om die vreugde van die jeug te geniet soos die Prediker s\u00ea.<\/p>\n<p>Net daarna kom jy agter hoe oud George rerig is toe hy, Gerrit, Judy, Vasti, Esther, Arie, Karlien en Lisa maan toe gestuur word. Gerrit noem dat, na sy mening, die BTK verkeerdelik as die Bok- en Trouklub bekend staan aangesien hy as senior student na lang jare in die BTK steeds nie \u2018n vrou kon vang nie. George moedig weereens die jeugdiges onder ons aan om elke geleentheid aan te gryp en so veel as moontlik te toer. Hy wys ook daarop dat wat Gerrit ges\u00ea het nie noodwendig waar is nie.<\/p>\n<p>Hugo word aangewys as slot en kies vir Janneke as sleutel. Die laaste stukkie pad word aangedurf, maar dis egter nie te lank nie of George stop eers weer die groep. Met Hugo en Janneke se aankoms besef mens watter spesiale verhouding daar tussen \u2018n slot en sy sleuteltjie bestaan toe almal vir hulle Can you feel the love tonight sing. Na die gesingery bedaar hoor jy hoekom George nou eers weer almal gestop het \u2013 hy was vanmore so bewo\u00eb dat hy skoon vergeet het dat Adriaan Mouton verjaar.<\/p>\n<p>Soos die laaste stuk Weskus pad aangedurf word kyk jy vir oulaas rondom jou en waardeer die pragtige natuurskoon en die mense saam met wie jy gestap het. Die pad loop weg van die kus af en warm wind dreig om jou in die pylvak te knak. Man is man en vrou is vrou en gelukkig kom almal heelhuids by die bus aan. Jy dink by jouself, gelukkig was hierdie nie SO taai toer nie, dit kon erger gewees het. Dan besef jy jy was eintlik maar net gelukkig want Suzaan Louw het sommer blase vir jou part ook gekry.<\/p>\n<p>By die bus aangekom soek die manne verwoed na \u2018n meisie se sak vir die gentlemen\u2019s challenge. Die eerste toeriste kom agter dat die uitgeslape ou manne reeds lank te vore die ligste sakke geshotgun het. Adrenalien vlakke is hoog. Testosteroon vlakke is hemelhoog en Christelle staan nader met haar nekdoekie om die manne af te sit. Toe die stof gaan l\u00ea is dit Neall die Weskusklong wat op sy tuisveld al die ander in die stof laat byt het \u2013 \u2018n hele paar van die manne letterlik. Dinge kon egter heelwat anders gewees het as die resies begin het met George wat roep: \u201cSkiet is oop!\u201d Veral vir Evans want volgens hom bult sy spiere saam soos \u2018n resiesperd gereed om weg te spring as hy daardie woorde hoor.<\/p>\n<p>Al die BTK toerusting word terug gegee en Dupie het iets op die hart. Hy vertel van die Burger Challenge wat \u2018n oud en gerespekteerde tradisie van die BTK is. Almal is nog vol adrenalien en testosteroon van die Gentlemen\u2019s Challenge. Soveel so dat daar \u2018n rekord 22 kandidate is wat wil deelneem aan die Burger Challenge. Dis ook die eerste keer in menslike heugenis dat daar \u2018n meisie, Nina van Schalkwyk, deelneem.<\/p>\n<p>By Vredendal se Spur aangekom berei almal hulleself sielkundig voor \u2013 die deelnemers oor hoe hulle daardie burger so vinnig as moontlik ondertoe gaan stuur en die toeskouers vir dit wat hulle nou gaan aanskou. Dupie sit die spulletjie af en jy sien net Spursous spat. Dis \u2018n naelbyt aff\u00eare en op die ou end is dit \u2018n photo-finish met Ricus wat net-net voor Gerrit klaar maak.<\/p>\n<p>Die dames se milkshake challenge is dalk nie so \u2018n glorieryke geleentheid soos die manne en Nina se burger challenge nie maar daar is steeds groot eer op die spel. 21 dames suig op die strooitjie waaronder Nina van Schalkwyk wat besluit het om in haar eie gewigsklas ook deel te neem.<\/p>\n<p>Dit is Karen, Carolien en Petru wat gelyk die hasie oortjies maak vir \u2018n gedeelde wen.<\/p>\n<p>Die milkshake challenge is egter nie die laaste opwinding in die Spur nie en jy sien amper sommer ook \u2018n boksgeveg soos George en Christiaan spook om die rekening uitgesorteer te kry.<\/p>\n<p>Nadat dit uiteindelik afgehandel is kan die pad Stellenbosch toe aangedurf word.<\/p>\n<p>Op die bus word daar vir oulaas bietjie gesing, speletjies gespeel en saam gekuier. En jy dink by jouself\u2026 vir iemand wat aan die begin van die toer gedink het hy gaan ophou dink het ek nogal baie gedink! Gou gou is ons op Stellenbosch en nog \u2018n toer is verstreke. Jy skarrel rond om seker te maak jy groet almal en dink finaal by jouself: \u201cBy die Weskus wil ek bly dis die w\u00eareld net vir my, sorgloos en kommer vry!\u201d en as jy dan nou nie by die Weskus kan bly nie beslis by die BTK.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Francois du Plessis<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Appelboom<\/strong><br \/>\nOns was vyf op Swellendam<br \/>\nOns het baklei om jou te vang.<br \/>\nEk was eerste in die ry<br \/>\nJou bikini\u2019t my verlei.<br \/>\nJou mamma het ges\u00ea<br \/>\nDat ek jou nooit sal h\u00ea.<br \/>\nMaar jou lippe was so lekker<br \/>\nSkelm agter die trekker.<\/p>\n<p>En jou lyfie wikkel<br \/>\nMy hande sal nie sukkel<br \/>\nMy mond is naby jou<br \/>\nOns plesier die aandjie gou<br \/>\nOoi ooi, stoom stoom<br \/>\nWarm onder die appelboom<br \/>\nHooi hooi, nooi nooi<br \/>\nVir my is jy so mooi.<\/p>\n<p>Jou weer gevind op Pofadder<br \/>\nJy\u2019t vlinders in my maag laat fladder<br \/>\nEk verlang na jou kersie soen<br \/>\nJy\u2019t dinge aan my hart gedoen.<br \/>\nJou pa het ons gejaag<br \/>\nMaar ons het dit bly waag.<br \/>\nDis net ek en jy<br \/>\nDaar waar die bokkies wei.<\/p>\n<p>En jou lyfie wikkel<br \/>\nMy hande sal nie sukkel<br \/>\nMy mond is naby jou<br \/>\nOns plesier die aandjie gou<br \/>\nOoi ooi, stoom stoom<br \/>\nWarm onder die appelboom<br \/>\nHooi hooi, nooi nooi<br \/>\nVir my is jy so mooi.<\/p>\n<p><strong>Apple tree<\/strong><br \/>\nWe were five at Swellendam<br \/>\nWe fought for your brown tan.<br \/>\nI was first in the line<br \/>\nYour bikini was so fine.<br \/>\nYour mum put down her foot<br \/>\nShe said I was no good.<br \/>\nBut your lips taste like nectar<br \/>\nSneaky behind the tractor.<\/p>\n<p>And your body moves<br \/>\nI let both my hands loose<br \/>\nMy mouth gets close to yours<br \/>\nWe\u2019ll end this night in chorus<br \/>\nSteam steam, chii chii<br \/>\nNaughty under the apple tree<br \/>\nHey hey, who who<br \/>\nTo me you\u2019re always beautiful<\/p>\n<p>Found you again in Pofadder<br \/>\nFelt butterflies sadder and sadder<br \/>\nI now long for your cherry lips<br \/>\nAs my heart sinks down to my hips<br \/>\nYour dad chased me away<br \/>\nBut we risked it anyway<br \/>\nIt is just you and me<br \/>\nThere where the goats walk free<\/p>\n<p>And your body moves<br \/>\nI let both my hands loose<br \/>\nMy mouth gets close to yours<br \/>\nWe\u2019ll end this night in chorus<br \/>\nSteam steam, chii chii<br \/>\nNaughty under the apple tree<br \/>\nHey hey, who who<br \/>\nTo me you\u2019re always beautiful<\/p>\n<p><strong>Medley<\/strong><br \/>\nJan, Jan, Jan die bielie van die bosvled<br \/>\nJan, Jan, Jan hys \u2018n man wat kan<\/p>\n<p>Ron\u00e9: Jan asseblief tog squeeze my!<\/p>\n<p>Charlie with your look so down with your big fat eyes and a big fat frown<br \/>\nThe world doesn\u2019t have to be so grey<\/p>\n<p>Ken jy vir Sakkie se Sakkie, Sakkie, Sakkie boeredans?<\/p>\n<p>Ken julle vir Dupie sy bynaam is dop<br \/>\nHy het vir die Springbokke doelgeskop!<\/p>\n<p>Didi didi didi Diederick<\/p>\n<p>Down in the jungle<br \/>\nWhere nobody goes<br \/>\nIs a big fat Neall<br \/>\nWashing his clothes<br \/>\nWith a wishy washy wishy washy wishy washy<br \/>\nThat\u2019s the way he washes his clothes!<\/p>\n<p>George, George, George of the jungle<br \/>\nGeorge, George, George of the jungle<br \/>\nStrong as he can be!<\/p>\n<p>[nggallery id=4]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sien foto&#8217;s van hierdie toer onderaan. Saterdag 3 September: Waai my jas in \u2018n taaibos vas PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE\u2026..dis die eerste klanke wat jy hoor na \u2018n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen \u2018n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-606","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/606","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=606"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/606\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2163,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/606\/revisions\/2163"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=606"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=606"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=606"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}