{"id":621,"date":"2010-06-20T16:46:29","date_gmt":"2010-06-20T14:46:29","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=621"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"wildekus-2010","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2010\/06\/wildekus-2010\/","title":{"rendered":"Wildekus Junie 2010"},"content":{"rendered":"<p><strong>Donderdag D-dag:<\/strong><\/p>\n<p>Nouja, volgens BTK tyd was die bus betyds, maar in werklikheid was die Bus 2 ure laat, eintlik nie so seer die bus nie maar die waantjie. Nietemin niemand is kwaad nie want dit is niks nuut nie. \u2018n Btk toer wat betyds afskop is \u2018n rare geleentheid, dit is soos \u2018n skrikkeljaar wat elke vier jaar plaasvind, en jy kan jouself as een van die gelukkiges beskou indien jy so \u2018n geleentheid beleef in jou Stellenbos studente termyn.<!--more--><\/p>\n<p>Op die ou ent skop Aloe darrem die bus af met \u2018n gedreun en \u2018n kombinasie van emosies tussen opgewondenheid en klasvakie-sindroom heers op die bus.<\/p>\n<p>Die vraag van wie nou die toer se vertroue verdien word reeds vroeg op die tafel gegooi en dit is Kandidaat Dana Vetkop vs. Hendrik soldat Retief. Met hul Facebook profile fotos as aanduiding van wie is wie vir daardie gelukkige eerste toeriste wat hulle teen die tyd nog nie geken het nie. Daar is later bepaal dat Dana algehele meerderheid gewen het. Ek dink die toer sien hom as \u2018n statusfiguur as gevolg van sy groot kop. Ek wil net voorlopig al sterkte se vir die mense wat Sederberge gaan stap, want dan moet julle julle vertroue in hendrik plaas, vetkop gaan afwesig wees.<\/p>\n<p>Hoe breek mens \u2018n ou se moed? Gee vir hom \u2018n 30 rou hoenders na \u2018n 12 ure lange busrit. Dit is nou met ander woorde aandete. Daar is Kaart gespeel, maar vertrouelose-Hendrik en Theo kroek.<\/p>\n<p>Dit is alreeds 10 voor 3 en Almal eet ietsie, Snt Elmos tot KFC&#8230;eintlik snt Elmos of KFC. Margot gil dat die mense om haar hulle skoon regop in hulle stoele skrik toe sy dink die bus gaan \u2018n blou commen golfie vertrap, amper soos die swart een van kommen Walter . Later word 30 sekondes gespeel vir ten minste 30 minute op \u2018n slag. Die Tweeling probeer vir mekaar in 30 sekondes \u2018n antwoord verduidelik met die woorde \u201cdie plek waarheen ons die heel graagste wil gaan\u201d waarop die ander een antwoord&#8230;USA! Tot Magriet se skok wat dog die antwoord is die hemel.<\/p>\n<p>Daniel&#8230;big buts vs. Attie doen \u2018n rapp-off, kommen Walter beat boks soos net \u2018n kommen ou kan en dit was noggal indrukwekkend. Die stadion in PE dien as baken dat ons nou amper daar is. Gekom by die skoolhek is dit die Bus vs. die Paal, Waarop die paal die algehele wenner was met die woorde&#8230;vat so bus!<\/p>\n<p>Dit is 10 oor 7 en die rou hoenders het reeds begin om die manne se moed te breek. Johan Widd wat vir ons by die skool gewag het word sommer dadelik opgesaal en begin die rou hoenders se moed te breek deur vuur onder hulle gat te maak.<\/p>\n<p>Daar is Raakrugby op die nuwe blou netbalbane gespeel en daarna is daar gestort. Oppad stort toe dink mens terug aan die toervergadering en wonder hoekom hulle dan gese het dat die stappery dan eers die derde dag gaan begin terwyl jy die storte se liggie, basies vuurvlieggie grootte, in die verte sien nader kom.<\/p>\n<p>Charlie wil weet of die blou springmat matras nou die honeymoon suite is, maar sal later besef dat dit nie kan wees nie, aangesien daar drie ouens op geslaap het.<\/p>\n<p>Daniel en Judy demonstreer skiet en ek personifiseer Dana, wat as ek dan nou self moet se noggals moeilik was, want daardie is noggals \u2018n groot kop om te vul.<\/p>\n<p>Ek Daniel, Jacques, Attie en Hendrik demonstreer die skilpaadjie as \u2018n grondslag aaitim. Die mense wat nie lekker verstaan het wat aangegaan het nie, moenie bekommerd wees nie, arme ou skilpaadjie was ook uit die veld geslaan sienende alles so vinnig gebeur het.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Vrydag Dag 2<\/strong><\/p>\n<p>4 uur sal daar dan opgestaan word, en so begin dag 2.<\/p>\n<p>Danie hou bybelstudie en lees 2Tim 2 Eff 5&#8230;opregtheid geloof liefde en vrede is die riglyne vir die dag.<\/p>\n<p>So is ons weer op die bus en in my agterkop kou die feit dat die Noodhulp sakkie weg is, aan my gedagtes. Met \u2018n poging tot krisisbeheer het tannie Ina Diener vir ons die nodige pleisters aangekoop wat tot Christa se redding as tone sou dien. Kommen walter het ook darrem \u2018n salfie vir sy omloop tussendeur bewerkstellig.<\/p>\n<p>Die gedig van die toer gaan dan loshande aan Daniel beer-rooster (baer grills) en dit lui as volg:<\/p>\n<p>Die doekie van witrooi op my skouers met trots getooi<\/p>\n<p>Sit ek hier op die bus langs \u2018n beeldskone nooi<\/p>\n<p>Met verveeldheid, wat my byt soos \u2018n vlooi.<\/p>\n<p>Gerrie skryf baaaaie lelik, is al bydrae wat Afgetrede sketskryfster Charlotte in die sketsboekkie kon aanbring. Baie dankie vir jou onbaatsigte onverruilbare hulp, ek meen wow, jy het jouself weereens oortef. Welgedaan<\/p>\n<p>So kom ons sleepgat deur die ingang op aand twee in die kampeerterrein aan. Ons is skaars buite en daar trap ek \u2018n landmyn. Eers vat so voet&#8230;en toe&#8230;vat so wasbak&#8230;en toe&#8230;vat so blaar bo-op die landmyn.<\/p>\n<p>Dit is maar weer dieselfde ou storie, raakrugby, deel die kos uit in die groepe en kommen walter wat rondloop om te kyk waar hy kan amok saai, tente wat staangemaak word en vetkop wat sy kop onopsetlik in alle rigtings rondswaai. Vicci se vir sy groepie, dik ernstig hey julle LUISTER gou, waarop Leander se reaksie is NEE!! Heel uit die veld geslaan verneem Vicci dat dit darrem met hond was met wie Leander nie saamgestem het nie, maar net op die regte oomblik dat Vicci sy eie gesag betwyfel.<\/p>\n<p>Dis tyd om te gaan stort en Christiaan, Vicci en Goerge speel gelykop in \u2018n swaardgeveg in rondte een. In rondte twee gee Vicci egter die doodsteek. Vicci kan bly wees hendrik het nie saamgespeel nie.<\/p>\n<p>Reiv Eipoerg worry nie wat Charlotte dink of se nie, sy dink sy dwing gesag af maar al wat Reif eipoerg gehoor het was \u201cWhite noise\u201d.<\/p>\n<p>Die kos is gemaak en mens besef jy is nie meer in jou ma se huis nie. Die BTK se kos situasie is ook soos die skrikkeljaar geval, waar dit een maal in vier jaar seepglad verloop, eintlik moet ek dit anders stel, aangesien die kos altyd seepglad loop. Kom ons se die kos was goed georganiseerd. Mooi Sanmarie, ons weet jy het hard probeer om weer \u2018n kondensmelk iunsident te vermy, en daar was nie een nie, maar ek wonder steeds of dit nie maar net miskien was omdat Kuno nie op die toer was nie.<\/p>\n<p>Die aand is daar onwettig \u2018n vuurtjie gemaak sonder vetkop se toestemming, maar die houtlepel van die Gala het gelukkig in die stoor agter gebly, anders sou ek noggals bekommerd gewees het.<\/p>\n<p>Charlotte kan net fokus op kosmaak, sy raak vreeslik geirriteerd as jy vir haar oor meer as een ding op\u2019n slag laat dink. Jy wil nie weet hoe klink \u201cwhite noise\u201d uit volle bors in jou linker oor af nie.<\/p>\n<p>Topanie skets elke heuwel en geuwel. Ek dink dit sal goed wees as daar \u2018n paar van sy sketsboekkie se bladsye gekopieer word en in die argief geplaas word.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Saterdag Dag 3<\/strong><\/p>\n<p>Stap nou!<\/p>\n<p>Judy lees Jesaja op \u2018n heuweltjie met \u2018n uitsig oor piesangbome en magtigge branders in die verte wat getooi word deur die vreugdevolle aktiwwiteite van \u2018n swerm dolfyne en \u2018n skool voels in die lug: Judy se boodskap is dat Mense wat skuil by die Here word nie moeg en afgemat nie, want selfs jong manne in hulle vleur raak moeg en afgemat en struikel en val.<\/p>\n<p>Dana sing die liedjie van bosluise en sonbrandolie en dat jy willie sonsteek kry nie en drink gereeld water, wat mens dan teen die einde van die toer uit jou kop sal ken.<\/p>\n<p>Na die liedjie vra Dana, Enige vrae? Die oom steek sy hand op, en Dana vra ja oom? Toe se oom Roelof&#8230;nee Dana, daar het mense gewaai!<\/p>\n<p>Slot en sleutel word verduidelik, \u2018n sleutel is basies \u2018n handlanger. Niemand stap agter die slot nie. Maar as jy mooi daaraan dink stap almal agter die slot as hulle om die wereld sou stap tot hulle weer by die slot sou uitkom.<\/p>\n<p>Tembile is darrem veilig by ons na daar ook krissise aan sy kant was, en so begin ons stap in die rigting van die lang uitgestrekte strand, min wetend dat die eerste heuwel baie naby aan \u2018n rou hoender sou kom.<\/p>\n<p>Toer het skaars begin en Danie hol in verkeerde rigting, maar dis net soos die bus wat laat is nie \u2018n vreemde verskynsel nie, want dis hoe ons almal vir ou Danie ken.<\/p>\n<p>Brendon ry in en uit met die oom en die tannie se bagasie. Hulle het bietjie nie mooi verstaan dat jy jou sak self moet dra nie, want kyk, lank terug, en ek bedoel nou baie lank terug, in hulle dae, was hulle sakke en alles elke dag vir hulle aangery met \u2018n trok. So dit is nie omdat hulle lui was of nie die sakke kon dra nie, dit was bloot \u2018n ordereling.<\/p>\n<p>Op die stap besef jy jy is nie meer in die beskawing soos jy dit ken nie met aanmerkings soos die van Dawie: \u201cHey kyk julle!! daar is \u2018n huis met geute&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Buldjie op en buldjie af&#8230;mooi piesangbome. Buldjie op en buldjie af&#8230;mooi piesangbome. Buldjie op en buldjie af&#8230;mooi piesangbome. Buldjie op en buldjie af&#8230;nie meer piesangbome nie maar strand, en soos jy terugkyk is daar \u2018n paar tjokkertjies wat agter die groep aandraf, en dit is verstaanbaar&#8230;hulle soek iets om tee et, en hulle hoop en bid jy gee nie vir hulle, wel, \u2018n piesang gegeurde lekker of \u2018n stukkie&#8230;piesangbrood nie&#8230;of in die mees ekstreme geval van teleurstelling&#8230;\u2019n hele piesang nie<\/p>\n<p>So kom ons op \u2018n grondpad en \u2018n bakkie kom verby met twee mans wat bietjie die BTKanners met \u2018n oorsese toergroep van die Sokkerwereldbeker verwar. Hulle stop langs ons en na niemand iets se nie vra die een man heel vriendelik en opgewonde&#8230;\u201dare you guys enjoying South Africa!\u201d Waarop ek toe antwoord \u201c Ja dankie!, dis lekker hier by julle\u201d En mens kan net sien hoe die ou se selfbeeld in sy skoene sak en toe begin hulle maar stadig wegry.<\/p>\n<p>Gawie vat bietjie \u2018n blaaskans in die stap by \u2018n rots op die strand en bekyk die mense wat een vir een verby waggel.<\/p>\n<p>Middag ete geskied oorkant die rivier en Daniel se groepie spoel amper weg. Jacques se groepie hopie hom wakker vir middag ete Bo-op hom duik Charlotte Hauman, Charlie de la Harpe, Dawie le Roux, Brink van Eden, Marcelle le Grange, Anna-Marie M\u00fcller, Jurene Kemp, Janke Eloff en Stephan Burger. Alhoewel hy bekend is as \u201cThe Picc Upp\u201d, was hierdie hoop mense maar net eens te veel.<\/p>\n<p>As jy om jou kyk, nie nou nie Sanmarie, ek praat van op die toer&#8230;dan sien mens \u2018n riviermond met welige plantegroei en palm bome op \u2018n horizon van heuwels. Ek meen, nie eers topanie se sketsboek kan besryf hoe mooi dit nou werklik was nie.<\/p>\n<p>Jacques se groepie en Reiv eipoerg spoel volgende weg en klaar gesmeerde broodjies is die nuwe aanwduiding van die hoogwatermerk. Charlotte se gesigsuitdrukking lyk soos \u2018n hond wat se kos afgevat is, haar skoene het natgeword. \u201cWhite noise\u201d het gevolg.<\/p>\n<p>Die ordentlikheidspraatjie, het daar teen die oewer op \u2018n uitgestrekte sandbank geskied en alhoewel van kardinale belang, hoor mens na jou 14de toer net Blabla blab la blatrala.<\/p>\n<p>Die magtige koning volg, en hoede waai. Hierna stap almal kaalvoet op die strand en dit was lekker. Almal het teen die tyd al vergeet van die uitmergelende busrit en vogelgesang vanuit die bome op linkerhand lawe almal se siele.<\/p>\n<p>Gekom by die kamp en nes word geskrop. Isak Bosman en ander geesdriftigge manlike blikwassers vergaar hout, onder opdrag, vir die slee. Nie sommer enige slee nie, die slee van daai keer toe J.D dit uitgekap het in \u2018n Zuit vir niemand anders as Stefanie kok, die enigste kok wat sy pot laat kook.<\/p>\n<p>Items van die aand was vermaaklik soos gewoonlik. Onbruikbare bulle is vervang met \u2018n stoetbees van die skou. Koeie in die agtergrond het staan en mooi lyk en die plaabaas was raadop met sy kalfpersentasie. So het die bul met die laagste opbrengspotensiaal die skoubul gestorm en in die heup gesteek, want hy wil tog asseblief net seker maak die stoetbul besef hy is nie \u2018n koei nie.<\/p>\n<p>Charlotte verwag \u2018n kind ek is nie seker wat die punchline was nie, but hey, thats just me! en \u2018n ligtoring Dilene word aangesteek en die toring glo dit of nie, brand nogsteeds.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Dag 4 Sondag oggend<\/strong><\/p>\n<p>Jy word wakker gesing met die son verrys met helderglans hoera hoera hoera, en \u2018n senu-tergende uitrekking van ooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooooop staaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaan en soos jou gedagtegang die gaping van 8ure probeer vul, besef jy dat jy net nadat jy jou moesnie moeslie afgewurg het, jy deur \u2018n koue rivier moet sukkel, wat vloei onder die oggend skadu van die berg aan die oorkant.<\/p>\n<p>Nagwagte wat om die vuur gesit het ervaar die situasie in \u2018n erger grad, en mens kan verstaan aangesien hulle die storie al vir \u2018n uur moet aanskou in afwagting.<\/p>\n<p>Stefanie spring agter die kitaar in en Dana soek allereers die Koningkryk van God in \u2018n kanon. Charlie lees vir ons \u2018n stukkie uit Mat 6:25&#8230;moet jou nie bekommer nie. Daar is lekker wolke in die lug wat sorg vir \u2018n warm oggend aangesien die aardradiasie nie die ruimte in skiet nie maar heen en weer weerkaats tussen die wolkekombers en die aardoppervlak, en so die heersende temperatuur op \u2018n aanvaarbare vlak handhaaf.<\/p>\n<p>J.D verloor sy varkpan in \u2018n vratsgolf aan die rivieroewer, en is effe omgekrap&#8230;maar ten minste het hy nog sy pak. Die oom arriveer weer uit die bosse om ons die dag te vergesel.<\/p>\n<p>Tone mense moet eerste oor die rivier, om tyd te bespaar, die blink voorstel kom van niemand anders as ons meer as bekwame toerleier Dana Pretorius. Dana, as jy dink jy het die keer ontsnap, dan het ek nuus vir jou, jy het nie. Ja, dis reg, ook bekend as Vetkop<\/p>\n<p>Ek is slot vandag en almal is redelik verlig toe ons slegs halflyf deur die rivier hoef te stap.<\/p>\n<p>Die aanhaling van die toer gaan ongetwyfeld aan Dilene \u201cMans is altyd reg\u201d, en ek belowe sy het dit luidriftig met haar eie mond bely.<\/p>\n<p>Daar is veral een ding wat \u2018n leier \u2018n leier maak, en dit is deligering. As leier van Reif Eipoerg het ek gevoel ek sal maar die leier van alle groepie leiers wees, en het met trots en vertroue leierskap \u2018n stappie verder geneem, deur my amp as leier van Reif Eipoerg as \u2018n packet aan J.D te oorhandig. Ek meen, kommaan mense, meer as dit kan geen leier Deligeer nie<\/p>\n<p>Dana besluit dat die gamebreak-plek van die vorige toer te naby is, so, vat so gamebreak plek van die vorige toer!..en ons stap aan.<\/p>\n<p>J.D eet droe moeslie, en ek kyk toe maar weg.<\/p>\n<p>Dis Gamebreak. Daar word geswem in die see en teen daai groot sandduin op linkerhand afgeharloop en bollemakiessies geslaan. Almal wat om die hoek kom skop drie sulke golfballe wat net daar rond le, maar soos jyopkyk sien jy teen die strand af drie ouens wat nie baie in hulle skik is met die BTK nie. Veral die ou wat voorgeloop het. Kia die hond hold ook daar rond.<\/p>\n<p>Walter stap slot, ja daai kommen ou, maar hy is nie sommer enige slot nie. Walter is \u2018n kombinasie slot. Sy woorde was \u201cKom stap agter by my en kyk of jy dalk die kombinasie is&#8230;Hy is nie \u2018n eensleutel ou nie\u201d<\/p>\n<p>In die loopdoen geselsies die rondte soos wat sal jy maak as jou beste vriend met jou suster begin uitgaan. Nouja, al wat ek weet is as dit met my gebeur sal ek seker maak die my vriend sal opstaan van die sitkamerbank reg voor die TV en op die bank in die hoek gaan sit. Ek skop sy gat.<\/p>\n<p>Middagete en Pieter sien amper sy alie op die klippe toe hy probeer water skep. Dilene vra \u201cGaan ons amper ry&#8230;\u201dtoe middagete begin lank raak, en vra, wat gaan aan met my mond vandag&#8230;maar die vraag wat almal vra, is jy seker die problem le by jou mond dilene?<\/p>\n<p>Danie swem alweer. Hy is soos \u2018n vis in die water&#8230;net jammer hy kan nie \u2018n vis uit die water haal nie&#8230;<\/p>\n<p>Gekom by die kamp daar tussen die graspolle word skiet oopgemaak en dit lyk soos \u2018n klomp springhase wat spring van graspol tot graspol. Charlotte beskuldig Reiv Eipoerg van potsteel maar moet met haar hoof omlaag verskoning vra dat sy verkeerd was etlikke oomblikke later. Die Manne vang toe gougou \u2018n draffie om hulself in \u2018n hoefysterloop om \u2018n sandbank waarop \u2018n vuur van proporsionele belang gemaak. Die vuur is so groot, dit maak tot hulle longe warm.<\/p>\n<p>Eerste toeriste oefen hulle liedjies op \u2018n spitskoppie. Gelukkig dra die wind die klank in die teenoorgestelde rigting as die algemene kamparea. Margot voel glo soos \u2018n meermin terwyl sy was en person Anoniem se deur die kanala dat as jy in die water staan en onderdeur jou bene kyk dan lyk dit soos \u2018n paradys. Die sonsondergang was glo baie mooi<\/p>\n<p>Vicci is bobbejaan teen die berg, en doen ditjies en datjies.<\/p>\n<p>Dis kosmaaktyd en die stokers woel die bensienstofies aan die gang. Sommiges van hulle het darrem nog ooghare teen die tyd oorgehad. Sarli maak skynbaar die verkeerde gereg op mash aand&#8230;sy het verstaan hulle moet sop eet.<\/p>\n<p>Slee is volgende en Tembile dans \u2018n tadisionele dans wat Kommen Walter gese het hy sal vir almad dit weer demonstreer komende Woensdag aand in Nubar om half elf.<\/p>\n<p>Die eerste toeriste aaitem: Dit is Neil as Dana Vetkop en Leander as Hendrik soldat. Hulle het amper beter verpersonifisering van die twee karakters gemaak as die twee skermunkels in die regte lewe<\/p>\n<p>Hierop volg Jammer, baie jammer, toe die swaap ook sy tegniek ten toon stel na bond, James bond.<\/p>\n<p>Op die grond tussen die graspolle kom Topani aangekruip&#8230;water!!&#8230;water!!&#8230;water!! en kry \u2018n bakkie met biejie in. Die volgende oomblik druk hy \u2018n kam daarin en veeg die deur sy hare om \u2018n netjiese paadjie te maak.<\/p>\n<p>Daarna is \u2018n hase gedood en toe weer opgewek met \u2018n aanhoudende gewaai, met \u2018n bottle spuitgoed uit \u2018n tannie se tas met woorde op die kannetjie wat lui&#8230;Revives dead hair, adds permanent wave<\/p>\n<p>Kommen Walter word verponifiseer deur&#8230;&#8230;.., maar ek moet bieg. Ek dink nie daardie tentoonstelling kom naby aan hoe kommen hierdie ou in werklikheid is nie, maar goeie poeging nietemin.<\/p>\n<p>Tweelin Stefan en Willem roei en vang vis in die aartappel land. Daar was nie \u2018n punchline nie maar in geheel was dit noggals snaaks.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Dag 5 Maandag<\/strong><\/p>\n<p>Oooooooop Staaaaaaaan en aanstap rooies. Diegene wat reeds die toer in die verlede afgele het weet dat vandag \u2018n dag vol herhinneringe gaan wees. Inteendeel, daar was soo baie herhinneringe dat daar nie eers \u2018n sinnetjie in die sketsboek neergele is nie, vanaf sakke op in die oggend tot en met sakke af in die melkhoutbos. Daar gekom is die meeste af na die rotse waar ek een van my beste herhinneringe van my BTK geskiedenis tot my dood sal koester&#8230;al was my dood damper daar. Dit was ek, Hendrik, Snatiie AKA Kommen Walter en J.D. Christian AKA Moses was agter die kamera. Daar skiet toe \u2018n brander teen die rots op wat bedrukte fotos opgelewer het, goed en wel, maar toe die ding beging afkom, Val hendrik \u2018n paar meter terug die lafhaard wat hy is, ens so effens te laat, spring Walter oor \u2018n skeur, maar tevergeefs, die brander het sy poot en daar slaan hy neer soos \u2018n bees. Ek was weg onder wat ek nie anders kan beskryf as 5 baddens water wat op een slag oor my uitgestort is nie. Dit was Hartpompende oomblikke.<\/p>\n<p>Al die meisies skiet, en so skiet hulled an ook toe almal mis, want in die melkhoutbos is daar niks geslee nie. Wys jou, los maar die skietery vir die manne.<\/p>\n<p>En die reen slaan neer, en die algemene gevoel grens weer aan die van \u2018n rou hoender. Maar van die Manne het darrem hout voorsien, Jason, Daniel, Theo en Attie. Elana het ook gedra, dankie vir die fynhout Elana, ek is seker jou bydra het verseker dat ten minste drie van die reendruppel verdamp het voor dit die grond getref het. Jacques en sy trawante maak kos by die oom, onder soortvan \u2018n afdakkie. Die ander groepie leiers en die stokers bou afdakke vir kosmaak en skuiling, terwyl die waterdraers gaan aanklop vir niks anders as&#8230;wait for it&#8230;wait for it&#8230;WATER! Reif Eipoerg was alweer die res \u2018n stappie vooruit en die Water wat van die seil af loop is opgevang in die Billy om voorrade op te bou. Flink gedink Reif Eipoerg, Flink gedink!<\/p>\n<p>Jana en Griet bedel \u2018n warm stort en \u2018n koppie cuppachino by twee ouens. Hulle het die word bedel gebruik, maar ek dink die woord verlei pas beter in hierdie konteks.<\/p>\n<p>Nouja. Daardie hond wat so snoesig langs die vuur kom le het, het ons eers brakkenjan gedoop, maar toe later wel gekorrigeer na brakkensan.<\/p>\n<p>Topanie doen sy rondtes met sy fluit, en hy lig sommer die die algemene gemoedstoestand met ten minste 15 gemoedstoestand-eenhede.<\/p>\n<p>Moenmoensop word gekook deur Jason en Ekself. Alhoewel baie skepties kan ek se dit was \u2018n redelikke sukses. En terwyl ons ons warm brousel opslurp dink ons terug aan die dag se pragtige waterval-bluf ervaring, Die katedraal, die grasheuwels, sonskyn oomblikke en die skuim van die see wat teen die kranse uitgewarrel het, daar onder die waterval. En ook daai bitterlikke koue wind daar teen die hang van die krans, Broer en suster fotos wat met oorgawe geneem is, mens sou as jy na hulle gekyk het kon sweer hulle is lief vir mekaar soos hulle voor die kammeras aangegaan het daar by kattedraalklip.<\/p>\n<p>Ek en Walter wil weet of Christa miskien ook boude behartig, en hoe lank dit nog gaan neem voor boude dan sal oopmaak. Boude het nooit oopgemaak nie.<\/p>\n<p>Tannie Ina en Brendon het die dag saamgestap, en hulle is reeds in die bed toe oom Roelof kom nag se.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Dag 6 Dinsdag<\/strong><\/p>\n<p>Daniel, Christian en Goerge dra sykouse, en nee mense, ek het nie ook nie, my bene lyk maar so. Goerge het geleer mens kan nie die boonste deel afsny nie. Dit is soos om \u2018n hoed te vat en die rand aft e sny&#8230;dit werk net nie Goerge.<\/p>\n<p>1 Kron 4:10 word aan die groep voorgele deur Jacomien. Sy is hartseer dat dit gereen het maar geniet darrem vanoggend die son. Ek is nie seker wat daar staan nie, ek weet nie of sy dit gelees het nie, maar ek dink darrem nie sy sou net se 1 Kron 4:10, en dan bid nie. Ek het seker nie gefokus nie.<\/p>\n<p>Dana kom af op Gerrie besig om die orige dieprooi moenmoen gereg van die vorige aand in \u2018n bottle in te druk en se, verskoon die engels\u201d&#8230;caught red handed!\u201d<\/p>\n<p>Die ouens speel pickup met die vullus wat rondle en die keer loop Jacques wel voor.<\/p>\n<p>Dana sing weer sy liedjie van spuit bosluisgoed en drink water en Smeer sonbrandroom, waarop die mense mekaar bietjie skeef aankyk sienende ons sopas die vorige nag uitgereen het en elke bietjie son wat in ons rigting gegooi word wil absorber.<\/p>\n<p>Dana maak sy grootste fout op die toer en ek neem hom nounog kwalik daarvoor. Hy het iets van kardinale belang vergeet. In ons midde is daar \u2018n verjaarsdagmaaitjie van wie hy vergeet het, Leander. Maar dan ook bygese, dit was Leander, wie sou nie vergeet nie!<\/p>\n<p>Stapstapstap<\/p>\n<p>Op \u2018n buld amper by die einde skree Sanmarie \u201cSkiet is oop\u201d en die wat gedink het Charlotte se \u201cWhite noise\u201d is erg, is lelik verkeerd bewys.<\/p>\n<p>Aangekom by die kampeerterrein waar ons dan twee aande sal slaap.<\/p>\n<p>Daar was dinge om te doen en plekke om te gaan en voor jy jou oe kon uitvee was dit al weer slee tyd. \u2018n Groentetuin is gemaak met eerste toeriste wat onder die indruk is hulle dien net as inleiding tot die aaitem. Margot die moerige mango, Stefan die awesome noemnoem en Wilhelm seker ook maar \u2018n awesome noemnoem was van die lekkernye wat daar aangeplant is.<\/p>\n<p>Attie en dana sing \u2018n sleeliedjie, en ek gee hulled an nou geleendheid om dit wee rte doen indien hulle wil, want almal wild it weer baie graag hoor&#8230;nie waar nie almal?<\/p>\n<p>Hendrik, Vicci, Walter en Attie doen die aaitem van die afrikaanse oudjie wat net die woorde herhaal wat die engelse troepe vir die kommendant se. Dit was iets soos: When did you join the army&#8230;21 jears ago sir, how old are you 3 weeks old sir&#8230;Are you pulling my leg&#8230;all 3 of them sir!<\/p>\n<p>Die Mullers gooi die treffer&#8230;komlpeet kompleet nes vrot vis, en ek is seker ek hoef hom nie te verduidelik nie. \u2018n Variasie op die item het wel as vermaaklikheid tot die ou toeriste gedien toe hulle Ching chong chung met hulle vlerke&#8230;sonder hande!<\/p>\n<p>Danie doen jammerjan melodie van Afrikaners is plesierig tot Dont break my heart, my akybreaky heart.<\/p>\n<p>Christian en Charlotte mimiek, Dankie tog dat ons darrem een keer gespaar is van die White Noise, wat Charlotte uiter. Terloops&#8230;as die woord Charlotte \u2018n siekte was, was die skets lankal dood.<\/p>\n<p>Attie en Vicci doen: Troep ek het jou nie by die kamofleur sessie gesien nie dankie samajoor<\/p>\n<p>Topani, Danie en Anton sing en die gehoor probeer ook. Almal is later besig om Topanie se Marbels te soek&#8230;Where did his Marbels go!!<\/p>\n<p>Oom Roelof en tannie Ina doen die ouetehuis item van die tannie met R20.00 Nee oom, dis nie een maal op die bed nie, Jammer, maar dit is 4 maal op die grond!<\/p>\n<p>Neil vra ewe met toestemming of hy kan verduidelik waarvandaan hy sy bynaam kry. So gaan hy dan voort en eindig met Fiffie&#8230;that is not my belly button&#8230;but &#8230;&#8230;&#8230;iemand, that is not my finger!<\/p>\n<p>En die \u2018n Awkward silence vul die kampeerterrein wat nie eers vermy kon word deur Charlotte en Sanmarie se White noise saam nie.<\/p>\n<p>Hekels wat gevolg het was Boude vir Walter, Grietjiemet die opmerking oor die billike ouens en Goerge wat by Sarli wil weet&#8230;so was dit net \u2018n one nite stand? Dis was nou rakende konfyt deel<\/p>\n<p>Pak alles weg vir die scaly honde en blou apies en spokie<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Dag 7 Woensdag 14de Oorstaandag<\/strong><\/p>\n<p>Maresa lees uit Johannes 10: 9-10 Mat 12:27&#8230;lewe in oorvloed. By die Here kry die Uitgeput en oorlaaides rus.<\/p>\n<p>Ons is alreeds oppad en bo op die buld\/berg wag ons vir \u2018n uur vir die game rangers om permitte te betaal. In die loop voel Judy sy is in lion king&#8230;sy het nie gese waste dier nie&#8230;maar as ek kon raai sou ek se sy is die mal hyhiena.<\/p>\n<p>Dana voel daar is nie genoeg orde in die groep nie en stop eers om almal in vormasie te kry. Toe masjeer ons teen die buld uit op fluitfluit fluitfluitfluit fluit fluit fluit&#8230;en ook so is dit fluitfluit Dilene se go is uit.<\/p>\n<p>Wilhelm sien uit na die burger uitdaging maar min wee hy tevergeefs&#8230;Gekom by die waterval moet Hendrik erken met sy trots, die greintjie wat hy wel gehad het, dat reif eipoerg koning kraai! En was hy nie 100persent in die kol nie.<\/p>\n<p>Toe se Hendrik blablabla en maak lee dreigemente. Ander lede wat hulself saam met hom verneder het was Lisa en Ohna. Hulle het soos in die bybel hul eersgeboortereg vir \u2018n skeppie of twee grondboontjie botter verruil.<\/p>\n<p>Die dagstap was na nog \u2018n pragtige waterval en daar is geswem in die poel, wat nie so koud van bo-af lyk nie. Daar is geduik en teen die kranse afgespring. Daniel en ek se hande het geklap dat dit brand soos vuur maar ons is net ene tande om die res op die wal te oortuig dat dit verskriklik lekker was.<\/p>\n<p>En nou dat almal moet stap wil Charlie en Christian eers swem. Danie se streke het begin afsmeer. Ook na omtrent \u2018n uur se versuim wil almal eers fotos neem. groepie fotos en jaarfotos, en kommen fotos&#8230;dis nou daardie met Walter in.<\/p>\n<p>Terug by die kamp en die oom, wat hulle om een of ander onverklaarbare rede dominee noem skree daar uit die longdrop. En die keer is dit die oom wat vir charlotte \u2018n go gee.<\/p>\n<p>Die groepies skakel en Slee gebeur amper nie, niemand is regtig lus nie want vriendskapsbande is nou al so goed gesmee dat mens die mense op \u2018n meer persoonlikke vlak wil leer ken deur geselsies oor ditjies en datjies. Op die ou einde roep dana toe maar wel die slee op.<\/p>\n<p>Danie solo oor die vuur, but does he winch?&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;noo!!<\/p>\n<p>Koppe word verkoop, en tot die oom wat vir die Cheetas skree toon merkwaardige belangstelling. Die pryse was lyk my ongelukkig te hoog, want die oom wou nie koop nie.<\/p>\n<p>Attie en Vicci is kokie bytjies, na aanleiding van die kokie aaitem en die moeras water wat almal gesond maak, veral daai kokie in die wit pakkie.<\/p>\n<p>Grandpa Joe, Pappa Joe, Big Joe, Joe, Little Joe en Baby Joe, gallop deur die wildekus en V-formation word aangeneem . Die Joes was Attie Daniel Walter Christian Hendrik en Ek&#8230;en op die ou einde was dit darrem net baby joe se woooooooden leg wat gewond was.<\/p>\n<p>Anton en Maree doen klip in die sak van groep 2. Brink is die sondebok. Die Chutney was die klip nie werd nie is\u201d is die gevolgtrekking wat gemaak was.<\/p>\n<p>Danie doen nog \u2018n aaitem en Hekels maak oop. Wat het attie bedoel toe hy gese het&#8230;eeeekblllbbbaaepffff eee guuhhe, waarop hy antwoord&#8230;Hy het bedoel die water in die moeras is koud, en Deur die flicker van die vlamme kan mens sien dat die oom nie kan wag om te se nag dames nie.<\/p>\n<p>Die nag begin en Danie gaan af see toe om vis te vang, of ten minste met die intensie om vis te vang. So sou hy ook amper verdwaal, maar hy is darrem nog met ons. Ons is life vir jou Danie&#8230;Sanmerie ook!<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p><strong>Dag 8 Donderdag 15 julie<\/strong><\/p>\n<p>Op met die son se verrys en my bags are packed im ready to go<\/p>\n<p>Danie lees&#8230;versterk mekaar, sanmerie, versterk mekaar. En so vertel hy vir ons\u201dHierdie toer was \u2018n rowwe toer hoor\u201d<\/p>\n<p>Dana open Lost and found<\/p>\n<p>Dana strek die groep vir die laaste bietjie stap. So begin ons stap en Marcellek dog ons ry taxi&#8230;wat 60 mense bevat&#8230;daniel lig haar toe in&#8230;mens noem dit \u2018n bus<\/p>\n<p>Daar kom \u2018n Bakkie verby met \u2018n paar valies in en laai toe die meisies se sakke op, seker omdat ek vir huklle \u2018n stuk droe wors gegee het&#8230;terwyl hendrik onder die indruk was dit is hulle groep sin. Terloops, Ian is die mees onbetroubaarste lae luis gedruis waarop ek nog in my hele lewe afgekom het. Dief. (Na die skets gelees is vind ek uit dit was Hendrik wat die keer die vark in die verhaal was en ons droe wors gesteel het, maar die feit bly staan Ian.)<\/p>\n<p>Walter draf verdedigende kampioen Charlie in die stof in die Gentelmans Challenge met \u2018n rekkord van 12sekondes, alhoewel hy natuurlik die ligste sak van al die meisies-sakke uitgesoek het. Ian is eerste van ander groep op 13 sekondes.<\/p>\n<p>Aloe gooi vullus by die bus se deur uit, assof dit so algemeen is soos opstaan in die oggend&#8230;Hy het letterlik die meganiese deur oopgemaak, en toe die lee koppie koffie daar uitgeslinger&#8230;toe kyk ek en Dana mekaar verwonderd aan. Min weet ons dat hy die volgende oomlik \u2018n hele sak vullus by die ruit gaan uitgooi. Dit was skokkend&#8230;maar selfs Dana met sy vetkop was bang om hom daaroor aan te spreek&#8230;ek meen Aloe is nou nie \u2018n speelteddy nie.<\/p>\n<p>Surieka die Kommen Chick van 7de laan wat by Walter pas teken Brink en Attie se biseps, en hulle kry haar CD&#8230;wat ek dink op die bus agtergebly het omdat niemand dit wou he nie, Ek dink Aloe het dit ook later by die deur uitgesmyt.<\/p>\n<p>Walter lewer \u2018n toespraak, en maak \u2018n paar feitlikke stellings. Meisies het in die verlede melkskommels gedrink maar daar is ondervind dat die twee breinselle wat hulle wel het, ongelukkig permanente skade opdoen&#8230;gevolglik, word daar nie meer sulke waaghaalsigge kanse gevat nie.<\/p>\n<p>Die Spur burger uitdaging is maar net een van daai dinge waar ek maar altyd onoorwonne sal moet bly. Dit is al \u2018n integrale deel van Gerrie wees, en met die nuwe amptelikke record van 1:31:34 vat ek die burger challenge&#8230;vat so Burger. Daniel sleep tweede in en Anton wys ook sy staal. Die tweelinge moes maar kyk wie is eerste tussen hulle twee klaar. Anton droog sy hare met die handdroogblaasmasjien nadat hy die apiesous uit sy hare moes het.<\/p>\n<p>Andre sorg vir die kaarte wat vermaaklikheid op die lang busrit verseker. Dankie Andre, sonder jou sou ons die heeltyd 30 sekondes moes speel.<\/p>\n<p>Nag dames, Nag oom Roelof<\/p>\n<p>Moenie stirr nie!!<\/p>\n<p>En onthou mense, Die meerkat eet nie Jam nie&#8230;!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Gerrie le Roux<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Donderdag D-dag: Nouja, volgens BTK tyd was die bus betyds, maar in werklikheid was die Bus 2 ure laat, eintlik nie so seer die bus nie maar die waantjie. Nietemin niemand is kwaad nie want dit is niks nuut nie. \u2018n Btk toer wat betyds afskop is \u2018n rare geleentheid, dit is soos \u2018n skrikkeljaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-621","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/621","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=621"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/621\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":624,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/621\/revisions\/624"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=621"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=621"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=621"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}