{"id":634,"date":"2009-06-20T21:12:20","date_gmt":"2009-06-20T19:12:20","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=634"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"visrivier-canyon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2009\/06\/visrivier-canyon\/","title":{"rendered":"Visrivier Canyon Junie 2009"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: left;\">Klik <a href=\"http:\/\/youtu.be\/NPtfWO1OFK0\" target=\"_blank\">hier<\/a> vir toer video op youtube.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em>\u201cviskriklik lekker\u201d<\/em><br \/>\n<em><strong>\u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman<\/strong><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">\u00a0<strong>Woensdag 10 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Snorre en sakke<\/strong><\/p>\n<p>Die laaang ry toe die inskrywings vir die toer oopgemaak het het jou \u2018n idee gegee hoe gelukkig jy is om hierdie toer van die BTK te kan meemaak. Maar jy is nie so positief vanoggend nie, dit is TE vroeg dink jy, terwyl jy vir oulaas kyk of jy die nodigste in het, paspoort, stapskoene, tandeborsel\u2026<!--more--> Wanneer jy by die Neelsie parkeerterrein kom is dit moeilik om die mense deur die slaap in jou o\u00eb te herken en jy sit so half in \u2018n dwaal jou sak neer. Jy wonder wie die oom is wat met sy bril, mussie en snor amper lyk of hy belangrik moet wees, tot jy besef dat dit einste toerleier Lodi Muller is wat met sy uhm, grappies en spelfoute julle by die toervergadering gewaarsku het oor hoe fiks jy moet wees vir die groot Vis. Jy\u2019t op daai stadium gedink dit is net jy wat bietjie deur die mis is so vroeg in die oggend\u2026 Jy sou later besef hy lyk maar so in die daglig ook. Nie te min het almal toe maar \u2018n gaatjie gekry op die bus, selfs die wat eers op Piketberg en Malmesbury opklim. Met die dat julle in die donker opgeklim het, is jy verbaas toe jy by Vanrhynsdorp party mense vir die eerste keer sien.<\/p>\n<p>Die lang rit gaan natuurlik gepaard met interessante gesprekke, jy is vir \u2018n oomblik verward oor hoeveel padda\u2019s nodig is vir optimale voortplanting, en julle wonder of krewe hartkloppe het. Anneli Kleyn glo weer vas dat \u201cvandat central locking daar is, maak mans nie meer die deur oop nie\u201d. Gelukkig is daar nie deure in die canyon nie, dink jy. Klink my sy is moeilik om te be\u00efndruk!<\/p>\n<p>Jy kom nie regtig agter dat julle verskriklik lank vat om deur die Noord-Kaap te vorder nie (alles lyk immers presies dieselfde) maar toe Lodi julle meedeel dat die bus nie \u2018n Turbo het nie kan jy net jou kop skud, die hoop beskaam nie dat erens in die nie-so-ver toekoms die BTK met \u2018n 5ster-bus toere sal aanpak nie. Al moet jy toegee, die 80\u2019s musiek wat deur die luidsprekers pomp is genoeg om almal se litte los te kry. By Springbok is daar \u2018n tydjie om die laaste goed wat net in beskawing te kry is aan te skaf, Gerrie le Roux kry dit glo reg om by die ko\u00f6perasie die prys van sy stoeltjie af te stry.<\/p>\n<p>By die grenspos aangekom maan Lodi almal om tog net ordentlik op te tree, en merk dan op \u201cNiemand is mos onwettig hier nie\u201d, en gee dan, om die minste te s\u00ea, \u2018n skuldige giggel. Jy moet s\u00ea, as jy so snor gehad het sou jy ook bekommerd wees oor of hulle die snorboelie sou toelaat om die grens te kruis. Karien Malan aan die ander kant is so opgewonde oor die grenspos en haar paspoort dat sy sommer foto\u2019s neem van die geskiedkundige oomblik.<\/p>\n<p>Die laaste bulte na die kampterrein word begroet met \u2018n paar gille, die bus het dalk nie turbo nie, maar julle verbeel julle dit is \u2018n rollercoaster. Dit is al donker wanneer julle by Abiqua stop en \u2018n gesukkel om al die groepies bymekaar te kry. Kobus du Plessis is so luidrugtig dat Du Toit Malherbe terloops opmerk, \u201cJy praat genoeg vir ons almal\u201d.<\/p>\n<p>Almal wonder oor hulle sakke en of dit reggepak is, hier en daar gee iemand raad. Nadia van Biljon wonder nie oor haar sak nie, en gee uiting aan haar bekommernis as sy vra \u201cIs daar dan muggies in die canyon julle?\u201d Jy\u2019t gedink jou sak is heel billik gepak, totdat jy die kossak sien wat jy nog moet inkry. Dit help natuurlik nie dat Gerrie ewe \u2018n skaaltjie saamgebring het om presies te kyk of die sakke ewe swaar weeg nie. Daar is iets aan daai mooi ronde getal wat jou moed sommer in jou Hi-Tec skoene laat sak.<\/p>\n<p>Met die sakke vir eers vergete kuier julle lekker om die vuur, en die hele skiet-proses word verduidelik. Karien is glo Lodi se \u201cwuif\u201d, of altans, volgens Francois du Plessis wat as storieverteller optree. Gerrie wil by sy meisie gaan kuier, maar loop seker 10 keer om die vuur, min het julle geweet dat dit een van sy kortste items sou wees. \u2018n Eerste poging tot die Magaliesburg se aandlied is nie juis geslaag nie, inteendeel, jy dink van die ou BTK-legendes het \u2018n paar keer in hulle graf omgedraai.<\/p>\n<p>Julle is maar \u2018n paar uur in Namibi\u00eb en Lodi is klaar verward oor of dit nou Suid Afrikaanse of Namibiese tyd is. Nie asof daar vreeslike beskawing vir julle in die Canyon wag nie, en asof die son skielike ander patrone volg nie. Maar nie te min word julle belowe dat die verandering van tyd wel met \u2018n gepaste seremonie ingewy sal word. Ja, never a dull moment by die BTK dink jy, terwyl jy met die dreuning van die Oranjerivier en \u2018n paar luidrugtige stemme in die agtergrond aan die slaap raak.<\/p>\n<p><strong>Donderdag 11 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Combo\u2019s en die Canyon<\/strong><\/p>\n<p>Julle het al \u2018n hele ent gery toe die son met helder glans verrys oor die Namibiese vlaktes en die slapende bus so stuk stuk wakker word. Die ironie ontgaan jou nie dat die bus dit reg kry om lugre\u00ebling so vroeg in die oggend te h\u00ea, maar nie eens \u2018n turbo nie. Nadia van Biljon is gou om te verduidelik dat die verskil tussen die twee Nadia en Carine\u2019s is dat sy en Carine Nel die combo is met die kiwi\u2019s, terwyl Nadia van der Merwe en Karien Malan die combo is met die kerels. Jy wonder nou nog wat presies sy verwag het inruil vir \u2018n happie kiwi. By Hobas is jy verbaas deur die, wel, niksheid. Jy weet nie wat jy verwag het nie, maar terwyl die laaste vorms geteken en geld ingeneem word is daar tyd om jou eerste bietjie muesli te probeer. En natuurlik vir die stokers om hulle stofies uit te toets. Jy is bly jy\u2019s nie in Christiaan Rabie se groepie nie, want die word sommer heel verward en noem die Billie \u2018n Eddy. \u201cHulle is boeties\u201d is sy verskoning.<\/p>\n<p>Met almal gesak en gevoed ry julle die laaste paar kilometers tot by die begin van die stap waar jy hier en daar \u2018n glimpsie kry van wat vir julle wag die volgende 5 dae. Maar niks kon jou regtig voorberei op die grootsheid van die uitsig nie. \u2018n Sketskrywer se woorde raak min as mens die uitgestrekte vlaktes en die masjestieuse gevolge van die natuurkragte probeer inneem. Van bo-af lyk die Canyon amper onwerklik, iets wat net ons God sou kon maak. Selfs jou kamera is nie opgewasse vir die taak nie, maar almal neem tog maar \u2018n fototjie of twee. Julle hou oggendgodsdiens met die son wat die kranse onder julle verlig, en dan los julle die toeriste en laaste tekens van beskawing agter. Die groot aftog is nie bedoel vir iemand met hoogtevrees nie, en iets wat verbasend baie soos Kurt Darren se stem klink maal in jou kop as iemand kla oor die af-af-af. Elkeen probeer maar sy eie styl, paar van julle het\u2019n stapstok. Jy\u2019s effens bekommerd oor Francois se morele waardes, die kruk wat omskep is in \u2018n stapstok is glo by die ouetehuis gesteel. Oppad af kry julle ook die eerste en wonderbaarlik enigste ernstige teenspoed wanneer Chantelle Loots val en haar knie en voet seermaak. Sy stap egter self verder, en die eerste sig van die rivier wat verantwoordelik is vir die canyon is genoeg om enige iemand \u2018n juig van verligting te gee. Die tropiese groen water herinner sterk aan \u2018n oase, en middagbroodjies word sommer net daar genuttig.<\/p>\n<p>Die Super Sensasionele Sewe (so gedoop deur hulself, praat van vain) moet besluit oor Chantelle se lot, al wat jy weet is dat jy dit nie vir enigeiemand toewens om op te gaan waar julle nou net af gekom het nie, dit is ver en steil. Almal is dankbaar toe Chantelle verder kan stap. Jy weet nie wat dit met die manne, alliterasie en \u2018n onverklaarbare drang om hulleself te benoem is nie, maar erens deur die dag maak jy ook kennis met Dani\u00ebl en die Duidelike Drie. Of Dani\u00ebl die een is wat uitgesluit is weet jy nie, maar Judy le Roux herinner elke nou en dan dat sy eintlik die \u201cplus 1\u201d is.<\/p>\n<p>Die radio\u2019s sorg nogal vir vermaak, slot Du Toit moet gereeld aanhoor kommin du Toit kommin du Toit, terwyl jy nou nog wonder wat Nicolene bedoel het toe sy aan die einde van die dag s\u00ea \u201cEk het uiteindelik die slot oopgesluit\u201d.<\/p>\n<p>Die eerste aand van skiet verloop nie sonder insident nie, Didi Roos het haarself glo bietjie misgis met die terrein, die gevolg is dat sy \u2018n ernstige besering opdoen. Karien Malan besluit om Lodi te spot en loop toe self met haar thermal underwear en \u2018n kort broekie rond.<\/p>\n<p>Dit is die eerste aand in die canyon en julle asem word weggeslaan deur die helderheid van die sterre. Aandete word gemaak op \u2018n groot klipbank, die groepies is besig om mekaar te leer ken, en elke nou en dan is daar skaterlag wat opklink.<\/p>\n<p>Die items neem vanaand \u2018n Asiese tema aan, met Derik aan die voorpunt. Ten spyte van al sy grappies sukkel hy tog om Nicolene se Japanese klas te volg. Nicolene en Hanneke besluit om nie eers woorde te gebruik nie as hulle vir die afwesige maan huil. Jy\u2019t gedink jy\u2019t als gesien, tot die Muller broers die verhoog of altans die catwalk betree. Jy wonder of jy hulle die volgende dag in die o\u00eb sal kan kyk.<\/p>\n<p>Toe die groep vir 5minute stil raak is dit asof die stilte jou ore seermaak. Die maan kom net op in al sy glorie, toe jy wegraak vir die eerste nagrus in die canyon.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Vrydag 12 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Vespa\u2019s, vetplante en visse<\/strong><\/p>\n<p>Jy weet julle is nou op Namibiese tyd, maar dit is nog donker, en jy\u2019s taamlik seker dit is nog winter toe julle wakker gesing word met \u201cDis heerlike lente\u201d\u2026 Toegegee, daar was \u2018n poging om die woorde te verander maar jy sukkel steeds om uit jou slaapsak te klim.<\/p>\n<p>Julle stap redelik vinnig vanoggend, en nie lank nie of julle is by die gewilde vespa. Daar word verskeie foto\u2019s geneem, en almal wonder weereens hoekom iemand gedink het hy gaan met \u2018n vespa hieronder kan rondry. Jy hoor eers heelwat later dat Marli du Plessis, by \u2018n gebrek aan haar kontaklense, aanvanklink gedink het die vespa is een of ander bekende vetplant.<\/p>\n<p>Die sand by game-break lyk vir jou heel toeganklik, die geel frisbee maak ook sy verskyning. Charlotte Hauman is so opgewonde oor die speletjie dat sy sommer vir haar \u2018n stukkie Vis-grond koop as sy neerploeg in \u2018n poging om die frisbee te vang. Julle eet altyd baie en genoeg by die BTK, maar jy wonder hoe gereeld dit gebeur dat die groepies sukkel om hulle enorme sak grondboontjies op te eet, en dit dan aan \u2018n ander niksvermoedende groepie af te smeer nie. Minwetend dat hulle self die volgende dag gaan dink hulle wil nooit weer \u2018n grondboontjie sien nie.<\/p>\n<p>Die dames is omtrent aan die val, want toe julle oor \u2018n natterige stukkie moet kom val Karien Malan gesig eerste, net jammer dat dit die keer sinksand is en sy vinnig moet opstaan.<\/p>\n<p>So in die stap begin jy wonder wie se idee dit is om middagete by die beroemde swaelbronne te eet. Die reuk is glo genoeg om enige eetlus vir middagbroodjies \u2018n vroe\u00eb dood te laat sterf. Snaaks genoeg ruik julle niks nie, en dit is met verbasing dat julle palmbome gewaar. Gepraat van \u2018n oase. Die bronne is bietjie van \u2018n teleurstelling, jy weet nie hoekom jy visioene van \u2018n vulkaan gehad het nie. Maar die groepie swemmers kry gou die optimale formasie reg om die kokende water af te keer, en dan is dit nogal heel lekker. Dit is nou as jy die reuke kan weerstaan. Ironies genoeg is dit ook die immergewilde kerrievis op die spyskaart vanmiddag. En om by die Vis-tema aan te sluit is George en Gerrie hard aan die visvang. Kobus du Plessis kry amper \u2018n hartaanval so bly is hy oor sy, kom ons wees nou maar eerlik, effe klein vissie. Jy\u2019t gedink om \u2018n vis in die Visrivier te vang is nie rerig \u2018n kuns nie, maar nou ja, jy gun hom sy oomblik van glorie terwyl jy vir oulaas \u2018n bietjie in swael bad. Heerlik\u2026<\/p>\n<p>Siviele ingenieurs is darem goed vir een ding, dink jy, terwyl daar spesiaal vir julle \u2018n brug van gladde klippe gebou word. Arme Heleen dink egter nie dit is so slim nie, want sy is papsopnat soos die klippe gegooi word, en dit terwyl helfte van die groep inelkgeval \u2018n ander pad kry, ten spyte van Lodi se vermanings.<\/p>\n<p>By kamp aangekom die aand kan jy jou net verkyk aan Hanneke en Nicolene wat hulself weer oortref met die oeroue \u201ctradisionele\u201d bewegings vir De Machtige Koning wat hulle vir die eerste toeriste aanleer. Trent Payton dink glad nie die vreemde taal en danspassies is amusant nie. \u201cI\u2019m a male, I can\u2019t sing and dance at the same time!\u201d Dani\u00ebl en die Duidelike Drie gebruik die geleentheid om die berg aan die ander kant van die rivier uit te klim, tot Lodi se groot ontsteltenis. Jy wonder hoekom mens so iets doen, miskien in \u2018n poging om hulle manlikheid te bewys? Of miskien voel hulle hulle kan van bo-af duideliker sien?<\/p>\n<p>Jy sien vir Elene Lourens en Naomi Brand in die verte aankom van hulle drafsessie af en kyk effe skuldig na die matrassie onder jou, jy\u2019t dan gedink vandag se stap regverdig \u2018n kort middagslapie, maar hulle is heel duidelik in \u2018n klas van hul eie.<\/p>\n<p>Kobus en Nadia van Biljon is in mekaar se hare. Jy weet nou nog nie wie vir wie met salamivet of tamatiesous gegooi het nie, maar \u2018n tekort aan vermaak is daar beslis nie.<\/p>\n<p>Jy vergeet vir \u2018n oomblik van die konsert wat voor jou op die klippe afspeel, wanneer jy besef dat daar letterlik in elke rigting wat jy kyk \u2018n asemrowende gesig is. Julle kamp weer op \u2018n pragtige plek, en jy kan jou net verkyk aan die skoonheid.<\/p>\n<p>Dit is wraakaand, maar die eerstetoeriste vat hulle tyd om aan die gang te kom. Trent is nogal heel oortuigend met sy vark-geluide, terwyl Wikus van der Merwe geluide maak wat enige wolf sou laat bloos van skaamte.<\/p>\n<p>Jy dink vir \u2018n oomblik die maan het al opgekom, maar dan besef jy dit is net die groot hoeveelheid eerste toeriste wat besluit het dat hulle sonder hul hemde die wraak gaan trotseer. Of soos iemand uit die sleekring brom \u201cHalfkaal mans\u201d\u2026 En jy\u2019t gedink jy is wit!<\/p>\n<p>\u2018n Intense koning later is julle reg om \u2018n koppie soetheid te geniet. Maar dis asof die suiker die BTKners, oud en nuut aantas. Die groepies daag mekaar uit, en almal is besig om manies te lag.<\/p>\n<p>Terug in die slee is \u201cKobus-se-baas-groepie\u201d op die Madagascar tema, en oortref hulleself as \u201cProfessional Whistlers\u201d. Al wat jy weet is dat jy bly is jy sit vanaand ver weg, wie het ges\u00ea dit re\u00ebn min in die canyon?<\/p>\n<p>Van die res van die aand onthou jy nie veel nie, maar Anton as die aantreklike amandelboom in die groentetuin sorg vir genoeg vermaak dat dit \u2018n bynaam vir hom regverdig.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 13 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Marshmallows en diewe<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Volgens Lodi stap hy altyd die derde dag die heel lekkerste, jy raak glo gewoond aan die gevoel van jou sak, en die ergste styfheid van daai afklim is vir eers vergete; in beginsel klink dit heel goed, maar jy stem saam met Suzanne van der Merwe, dit vat \u2018n goeie 10 minute om net weer gewoond te raak aan die \u201cskilpadeffek\u201d wat die sak op jou algemene beweging het.<\/p>\n<p>Met die dat die canyon aan weerskante so hoog is, stap julle vir \u2018n groot deel van die dag nog in die skaduwee, \u2018n welkome lafenis teen die warm woestynson. Die son wil net-net sy gesig wys, of julle sien van die beroemde wilde perde. Hoe wild weet nugter, Luize Feldmann is oortuig daarvan dat hulle sal stilstaan as sy hulle wil vryf. Jy weet darem nie, hulle moes hul naam erens gekry het, en stap sommer by voorbaat \u2018n wye kring om hulle.<\/p>\n<p>Lodi sukkel met sy kontaklense, jy wil dit half half blameer op die snor, maar weet nie lekker hoe om die twee bymekaar te bring nie, en jy is te bly vir die lekker ruskansie. Julle moet glo nou een van die kortpaaie vat, en jy wonder wat is kort aan hierdie berg wat uitgeklim moet word. Maar bietjie swaarkry doen wonders vir die spangees, julle is daar uit met Shosoloza en wie weet wat nog. Dit maak dan ook dat julle sommer aanhou sing, jy is geskok in hoe goed die meeste mense die woorde van sokkietreffers ken.<\/p>\n<p>Game-break en die vorige aand se marshmellows kom te voorskyn. Die gevolg, \u2018n grootskaalse chubby-bunny kompetisie, met \u2018n skare wat hul groupie-verteenwoordiger ondersteun. En was dit nie groots nie. T.s.v. \u2018n paar uitdagers is dit die Du Plessis broers wat dit uitstry aan die einde. Kobus het egter geen probleem nie, jy\u2019t nie geweet so iets is moontlik nie, maar jy dink dit was op die ou end na aan 18 marshmellows! Defnitief nie vir onsensitiewe kykers nie, Annelie glo vas dat Kobus \u2018n hamster in sy vorige lewe was. Die meisies kry ook \u2018n beurt, en as Mi-Jeanne as wenner uit die stryd tree word die twee herdoop as die marshmallow couple, jy kan nie help om te wonder wat hulle in hul vrye tyd doen nie?<\/p>\n<p>\u2018n Nuwe kuns word ook vervolmaak as daar \u2018n mexican wave gedoen word deur \u2018n paar BTKners wat hulle sakke op \u2018n effe onkonvensionele manier opsit; dit is in die lug gooi en dan die arms deursteek. Jy weet darem nie, vir jou is dit genoeg moeite om net jou sak op te tel, en as jy so na klein en fyn Didi kyk wonder jy hoe sy hoegenaamd haar sak gedra kry. Jy\u2019t eers gedink jy\u2019t verkeerd gekyk, maar jy\u2019s taamlik seker dit is haar USN-bottel. Sy flous niemand nie, jy dink die USN-mense sal dit sien as negatiewe bemarking!<\/p>\n<p>Middagete is op die klippe en jy maak net reg om \u2018n bietjie skuins te l\u00ea of Lodi s\u00ea julle moet amper begin stap. Jy weet nie of dit dalk iets te make het met sy selfbeeld en die oom en tannie wat verby stap, en glo effe minagtend s\u00ea: \u201cO, doen julle dit in 5 dae\u201d, nie maar middagete was kort en julle stap sommer vinnig verder.<\/p>\n<p>Julle skakel almal vir aandete met \u2018n ander groepie, maar groepie 2 is in \u2018n w\u00eareld van hulle eie. Jy hoor hulle noem groepieleier en kok veldCornet en Sanmajoor, en di\u00e9 noem weer die lede troepe, maar niks kon jou voorberei op hulle gewetenloosheid nie. Hulle tuna is glo soek, en voor jy jou kon kry is \u2018n ander groepie se tuna gesteel, deur troep Emma van der Merwe, slinks; om die minste te s\u00ea! Toe \u2018n 3e groepie later erken dat hulle heeltyd groepie 2 se tuna gehad het, heers daar algehele chaos.<\/p>\n<p>Amper soos die item met die k k k kaptein, en nee, weereens nie \u2018n Kurt Darren liedjie nie. Jy het nog nooit so baie karakters gesien nie, daar\u2019s \u2018n k-k-kanonkoe\u00ebl wat kan praat, \u2018n k-k-kok wat kan jy glo k-k-kerrievis aandra en wat nog meer. Gelukkig sorg Cobus Muller vir bietjie orde as Steve Erwin. Derik brei nie veel uit oor sy Pentagon of passion nie, en Nicolene doen bietjie bemarking vir Volkskas. Janee, dink jy, terwyl jy nogsteeds sukkel om te glo waar julle is en daar hier en daar \u2018n skaterlag opklink, dis my tipe mense die!<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Sondag 14 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Modes en mimes<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Jy\u2019t nie gedink Nadia van Biljon kan jou meer verbaas nie, maar vanoggend bied sy en Emma vir julle \u2018n vinnige yoga klas aan in hulle tights. Ja, mode is \u2018n interessante onderwerp hier in die Visrivier. Johan Wiid hou vol dat hy sy crocs gekoop het \u201ctoe dit nog cool was\u201d\u2026 Jy weet nie van crocs nie, maar daai skoene agter op Charlotte se rugsak was vir seker nog nooit cool nie. Gelukkig maak vanoggend se stap op vir die gebrek aan estetika elders. Dit is besonder groen en jy word weer verbaas deur die Visrivier se vele gesigte.<\/p>\n<p>By gamebreak stap nog \u2018n paar mense by julle verby, jy\u2019t gedink julle het nogal heelwat besienswaardighede langs die pad gekry, maar toe Lodi s\u00ea: \u201cHulle het \u2018n gebreekte enkel gekry\u201d, wonder jy vir \u2018n oomblik hoe \u2018n gebreekte enkel lyk.<\/p>\n<p>Gepraat van besienswaardighede, die vier vingers sorg weer vir heelwat foto-oomblikke, Dani\u00ebl en die Duidelike Drie is so opgewonde dat hulle dit sommer van die verkeerde kant af afneem. Groepie 1 besluit dat ching chong cha nie meer voldoende is om oor kossake te besluit nie, en speel by middagete glo \u2018n rondte mafia om te bepaal wie die worsie ge\u00ebet het. \u2018n Bruggie deur die drif en \u2018n wit huisie bring die besef dat beskawing nie meer so ver is nie, maar wanneer julle vroeg by die kampplek aankom is dit weer net julle en die canyon. Een ding is seker, die genderrolle by die BTK is baie duidelik uiteengesit, terwyl die ouens bietjie frisbee speel in die water, sit die meisies op die klip en tan en hare kam, gepraat van prehistories.<\/p>\n<p>Trent is die gelukkige verjaarsdagmaatjie, en waneer die meisies nader staan is hy skielik nie meer die \u201cdapper soutie\u201d van vroe\u00ebr nie.<\/p>\n<p>Lodi is glo aan die voorpunt van \u2018n komplot: Die gevolg dat niemand vir Magdelien skiet nie, en Hendrik gebruik die \u201cvastrap\u201d-metode wanneer hy vir Nadia van Biljon skiet, die gevolg dat haar broek agterbly.<\/p>\n<p>Christiaan doen uiteindelik sy mime, en word dan niksvermoedend in 4 van die VuisVyf (nog \u2018n alliterende spul) se item ingetrek.<\/p>\n<p>Lodi, Karien, Gerrie en Heleen vat vir ewig om vir LittleJoe \u2018n boodskap te bring, een ding is seker: jy dink nie iemand gaan ooit weer vir Karien vra om deel te wees van hierdie item nie!<\/p>\n<p>Daar is \u2018n poging tot Groepie Items, maar helfte van die groep slaap reeds, en Diepslee Diener bly toe net \u2018n mite.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Maandag 15 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Kuite en kompetisies<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die laaste dag, en Lodi besluit dit is \u2018n goeie dag om almal se kuite af te neem, of wel, gebrek aan kuite vir party. \u201cJy moet flex\u201d word \u2018n paar keer beantwoord met: \u201cEk is besig\u201d, en Vicci dink die beste oplossing is om sy twee bene langs mekaar te sit. Die pad word korter gemaak met \u2018n paar raaisels wat so in die loop opgelos word, terwyl \u2018n paar mense vir oulaas in die water val. Gamebreak en Middagete word sommer saam gehou, en die groepies sit so ver uitmekaar uit dat dit omtrent moeite is om konfyt gedeel te kry. Dit is asof julle besef dat die tyd in die canyon min raak, en alles gebeur teen \u2018n rustiger tempo; vir oulaas word daar geswem en frisbee gegooi, en groepiefoto\u2019s word geneem nadat Lodi al lankal ges\u00ea het Stap Nou! Julle was nog \u2018n hele ent weg van Ai-Ais toe party se monde al begin water het vir \u2018n bier. Daar aangekom is Fredalette Uys heel onsteld oor die mense wat julle aankyk \u201cMens sou sweer ons is \u2018n sirkus\u201d. Min het hulle geweet wat julle nog als sou aanvang.<\/p>\n<p>Met \u2018n lafenis in die hand is meeste sommer reguit na die warm swembadjies toe, terwyl ander rustig op die gras uitspan. Aanvanklik het almal in een swembad probeer inpas, en daar is gewhirlpool en wie weet wat nog als, maar later is al die ander mense uit die tweede een uit; die gevolg, \u2018n grootskaalse kompetisie oor en weer. Daar is torinkies gebou, en liedjies gesing (\u201cwie maak vir ai ais lekker\u201d), gemime en ge\u201dmexican wave\u201d, weer torinkies gebou en selfs gedown. En soos die son se strale flouer geraak het, het jou maagspiere ook al seerder geraak van die lag, en die kampopsigters al meer opgewerk oor die water wat julle mors. Hulle was ook die blyste toe julle eers klaar gespeel is en toe jy droog op die bus sit dink jy: so d\u00ect is waar die terrash ontstaan het, want so iets het jy nog nie beleef nie.<\/p>\n<p>Die goeie gees het ook nie opgehou nie: Die bus is eers omskep in \u2018n catwalk: Magdelien ewe in khaki en Gerrie wat die \u201cwork with the camera\u201d bietjie oordoen het. Later is daar ook gelangarm, en toe Nadia van Biljon sien wat \u201cdie dapper soutie\u201d kan doen merk sy op: \u201cTrent is nou bo-aan die huisdans-lysie\u201d. Dinge het bietjie rustiger geword, en terug by Oranjerivier is daar eers gestort, al was die warm water vir \u2018n wyle weg, en toe heerlik ge\u00ebet aan \u2018n potjie en vir oulaas gekuier om die tafels. Dit ten spyte van die sekuriteitswag wat tot laat in die nag wou weet of julle weet hoe laat dit is\u2026 Die Namibiese tyd ding is toe ingewikkelder as wat jy gedink het\u2026<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\"><strong>Dinsdag 16 Junie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong>Grensposte en groet<\/strong><\/p>\n<p>Julle is vroegoggend aan die oppak en op die bus, maar toe julle 5uur die oggend vir \u2018n uur lank deur die polisie voorgekeer word, dink jy; never mind Namibiese of Suid-Afrikaanse tyd, Afrikatyd oorheers als. Uiteindelik is julle deur albei grensposte, en raak almal stil om bietjie verlore slaap in te haal. Maar ook nie vir lank nie, die vakansie is nog lank maar die toer amper verby. Tyd vir laaste kuier, lag, speletjies en natuurlik die tweede terrash by Piketberg. Julle is heel rustig in vergelyking met Ai-ais, maar die langnaweek-crowd in die Spur verkyk hulle nogsteeds aan julle. Jy moet s\u00ea, die SpurBurger Challenge bly iets om te aanskou. Eers wen Annelie as lid van die OVV die milkshake \u2013 challenge, en dan bereik die opwinding \u2018n hoogtepunt en is Dani\u00ebl duidelik genoeg om as wenner uit \u2018n naelbyt stryd te tree, en kan die res van julle met \u2018n bietjie meer styl julle kos geniet.<\/p>\n<p>Dis ook hier waar \u2018n paar van die gereelde BTKners sommer maan toe gestuur word, en terwyl jy so luister na die stories en die nostalgie oor vriendskappe en goeie tye besef jy net weer dat julle verskriklik bevoorreg is om te kan deel in sulke herinneringe soos ook die afgelope week, iets wat iemand wat dit nog nie ervaar het nie, moeilik sal kan begryp of verstaan.<\/p>\n<p>Die laaste ent op die bus word daar dan ook met nuwe oorgawe gekuier en kaart gespeel. Te gou is julle terug in die bekende, en skakel die bus sy enjin af, die turbo was toe minder gemis met die afdraende.<\/p>\n<p>En soos jy regmaak om nuwe en ou vriende te groet en jou sketsboekie vir die laaaaste keer toemaak, probeer jy vir oulaas om aan als dink wat jy wil onthou; jy dink aan kosmaak in \u2018n sonverligte canyon, aan slee onder die helderste sterrehemel, aan lag terwyl die maan jou verblind, aan swem in stink maar warm water, aan visvang en bovril provitas, aan kuite en sing sing sing, aan gly op \u2018n klip en styf wees, aan mal Ai-Ais en natuurlik aan tropiese bederfies, en jy besef dat jy kan aanhou en aanhou. Want 5 dae in die grootse Visrivier-canyon saam met 60 ongelooflike mense is nou maar eenmaal iets wat mens vir altyd wil vashou en bere en onthou. En iets wat jy vir min dinge sal verruil. En wat mens nie rerig aan iemand anders kan beskryf nie, al noem jy jouself \u2018n sketskrywer. En dan kyk jy maar met \u2018n halwe glimlag na die gesigte rondom jou en besef, die memories maak dat daai lang ry beslis die moeite werd was.<\/p>\n<p><strong>Visrivier 2009 &#8211; Wat \u2018n voorreg!<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Klik hier vir toer video op youtube. \u201cviskriklik lekker\u201d \u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman \u00a0Woensdag 10 Junie Snorre en sakke Die laaang ry toe die inskrywings vir die toer oopgemaak het het jou \u2018n idee gegee hoe gelukkig jy is om hierdie toer van die BTK te kan meemaak. Maar jy is nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-634","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/634","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=634"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/634\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1925,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/634\/revisions\/1925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=634"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=634"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=634"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}