{"id":639,"date":"2009-11-30T21:32:50","date_gmt":"2009-11-30T19:32:50","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=639"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"gala-grootbrak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2009\/11\/gala-grootbrak\/","title":{"rendered":"Gala 2009 Grootbrak na Jongensfontein"},"content":{"rendered":"<p>Wat is die storie?<\/p>\n<p>Die lewe kan op \u2018n baie \u201clame\u201d manier teoreties met \u2018n boek vergelyk word. En dit is: \u201cDaardie persone wat nie reis nie, lees slegs die eerste bladsy\u201d<\/p>\n<p><strong>Dag 1: Donderdag 19 November 2009 Ontmoetings en afwagtings<\/strong><\/p>\n<p>\u2018n Oomblik aan die kus is \u2018n leeftyd op die bus.<!--more--><\/p>\n<p>Die BTK toerusting word uit die stoor gedra om gelaai te word en almal staan in afwagting vir die toerbusse om die teerpad te slaan, see se kant toe. Phil du Plessis staan waaragtig ook daar as gewese stoorman om die toergroep suksesvol af te sien, en ek kan dit skaars glo sienende ek hom \u2018n etlikke paar ure gelede verlaat het waar hy net ook gou vir Catwalk suksesvol wou afsien die vorige aand. Johan Widd vergesel my gou vinnig Neelsie toe waar \u2018n sketsboekkie en pen aangeskaf word. Baai baai Stellenbosch, baai baai mense wat moet her, baai baai Phil en lekker verder slaap. Nou toer ons!!<\/p>\n<p>Gekom by die Kampterrein met groot groen grasperke teen die Grootbrak se oewer wys Jacques Kriel die Amerikaner vir \u2018n paar manne Ultimate frizbee en die is noggal \u2018n treffer. Vir die persone wat dit nie lekker verstaan het nie is daar toe ook touchrugby begin speel, en \u2018n rukkie later is al die BTK mans besig om onproduktief te wees met een van die twee aktiwiteite. Die tentespan vat verewig om die agter die kap van die byl te kom en uiteindelik word die kostent eerste gelig om Santos se nerwe te laat ontspan. Waar is die Ysbeertjie wil almal weet, dis nou die koelhouer met al die lekker vleise en koeldranke ens. Die staan toe nog in die stoor en ou Phil se poging tot afsien was toe nie so heeltemal suksesvol soos wat hy graag sou wou he nie. Nietemin, kos word gemaak. Toe brand die kokke die rys maar gelukkig daag die stokers op, haal die kalf uit die put en die bransels uit die pot en is weer terug om die gaping te slaan vir \u2018n drie&#8230;alles in een beweging! Stokers 1 &#8211; Kokke 0(\u201cfreaks\u201d is die beskrywende word vanuit die stokers sirkel). Derik: \u201cBTK pickupline van die dag: Kan jy tel?,\u201d en wys toe na sy maag met die woorde wat volg\u2026\u201d1, 2, 3, 4, 5, 6\u201d<\/p>\n<p>Slegs die item met die meeste waarheid in is opgeteken weens moeitevolle arbeid en dit lui as volg. Die seun vra vir sy pa: \u201cPa waar word vrouens gemaak?\u201d Sonder huiwer antwoord sy pa: \u201cFatti\u2019s en Moni\u2019s ou seun, Fatti\u2019s en Moni\u2019s\u201d. Die kamp word stiller en met ligte uit was jou ligte ook maar basies uit. Nag Dames<\/p>\n<p>Mareli aka.Texas saag gedurende die nag bome af daar vanuit dameskamp, en waarom iemand haar nie net in die heup met \u2018n elmboog kan bykom nie, weet nugter alleen.<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd.<\/p>\n<p><strong>Dag 2: Vrydag 20 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>Dis half 6 en opstaantyd, wel nie goeie m\u00f4re nie. Net m\u00f4re. Dis darem windstil en die strelende woorde opstaan, opstaan, dis \u2018n heerlikke dag dra deur die kampterrein uit die pragtigge basstemme van die besonderse talentvolle Toerleier Dana Vetkop Pretorius, Hendrik Soldaat Retief, Cor van Deventer, Vicci Die Dunman Schoeman, Gerrie le Roux, Derik gerber en Dirk bosman&#8230;<\/p>\n<p>Vicci oorkook die hawermout, dis nou nie oor die rand van die pot nie, maar net te lank in terme van tyd wat verloop van begin tot einde, dis die opinnie van sommige van die stokers. Hy bly van mening die pap is rou. En vanuit die stokers se gesprekke volg die woorde \u201ctrou is nie perde koop nie\u201d\u2026waarop Derik antwoord: \u201cDit is!\u201d<\/p>\n<p>Sanmari Santos Muller is hoogs ontsteld, Dana het die storie bedink en vir haar die opdrag gegee dat sy moet sorg dat die goed wat hulle eerste gaan nodig kry vanaand by die kamp dan in die bakkie gepak moet word \u2013 hy dink dis maklik, sy nie! Maar in haar nedirige natuur het sy nie die moed om met die Vekop koppe te stamp nie en gevolglik is Dana se wish Santos se command.<\/p>\n<p>Robert hou Godsdiens: Phillipense 4:4: Met die kernboodskap wees bly! En Santos voel verplig om beter te voel. Rachel verjaar en die Stokers saam met die res van die onbenullige toergroep sing \u2018n verjaarsdag liedjie laf. Suzi en Edd het 20 tone, is twee tone en moet omsien na 800 tone op die toer en heel verstaanbaar vra hulle dat jy bietjie meer aandag as gewoonlik aan jou voete bestee. Derik Gerber is slot.<\/p>\n<p>Grootbrak se water is ysig koud waar ons deurstap, en alhoewel daar hoe verwagtinge geskep is voor gamebreak, is \u2018n rondte touchrugby die naaste wat daar aan \u201cgame break\u201d gekom word. Sommiges durf die bibberende water aan. Ons is kniediep deur Kleinbrak. Die wraak kaptein Goege Catch and release Diener roep \u2018n kringetjie op en \u2018n paar slagoffers word vuil uitgekyk en julle weet nie, weet nie wat op julle wag nie, wag nie. Ilana lag soos \u2018n seemeeu en iemand wil by Dana weet hoe ver mens stap aan een kilometer. Die wind is steeds stil en dit is \u2018n lekker sonnige dag. Op \u2018n klipplaat praat Dana se maag en hy gee in: \u201cMiddag ete!\u201d Vir die meeste is dit goeie nuus maar vir die middagbroodjies self is dit nie so \u2018n welkome geleentheid nie. Dis \u2018n ongemaklikke sit met \u2018n lus vir swem of net voete in die water sit soos net \u2018n middagbroodjie dit kan ervaar. Nietemin roep Carike Byker en Imke Bezuidenhout die middagbroodjies maar nader. Soos hulle smeer deel hulle die game nagmaalbeker wat in die rondte gestuur word. Ek het seker gemaak niemand word oorgeslaan nie. Na gevoelens uitgeruil is, se Dirk hy voel nie hoe nie, hy voel\u2026Pikkewyn. Dis nou met sy alie op \u2018n klip en sy voete in een van daai vervrissende seepoele. Dit klink toe so aanloklik date ek dit toe maar self beproef en ja, ek kon dit bevestig\u2026Pikkewyn. Daar is weereens uitgekyk en Marie word weggestuur. Sy het goed gevaar tot sy by Edd se gesig gekom het en dit snaaks gevind het, wel, ons verstaan Marie. Ete was lekker. Ek persoonlik weet van iemand wat 12 broodjies verorber het, wat \u2018n vraat as jy my vra. Hendrik ruk die dam onder die eend uit toe hy \u2018n kollosale klip in die poel laat val waarin almal hulle voete bietjie vertroosting gee. Die game was darm die keer wel daar maar te min, \u2018n rondte touchies moes maar die tekortkoming aan \u201cgame\u201d aanvul. Ek besef nounet dis nie omdat Santos te min game gekoop het nie want verlede week toe ek in die stoor kom, wys Annejan vir my die verlore vol gameblikke wat in die stoor agter gebly het. Fooiitog, Phil het seker regteg sleg gevoel daai oggend. Dis amper al weer tyd vir&#8230;op met die sakke!!, Heroldsbaai le net om die draai. Cor smeer San-merie se KUITE met sonbrand olie&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;TWEE botteltjies later kry hy \u2018n soen en \u2018n drukkie. \u2018n Seemeeu wag in spanning op een been dat ons moet loop. Hy eyeball \u2018n korsie wat daar op die kipplaat bly le het. Twee ander meeus is op sy hakke. Dana uiter weer \u2018n paar onvanpaste woorde \u201cOp met die sakke, stap nou!\u201d en ook net betyds want \u2018n brander oorrompel byna die klipplaat waar die BTKaners so-pas \u2018n feesmaal beleef het. Ham en kaas. Franshendrik is toe die laaste skaap uit die kraal en kan die versoekking nie weerstaan om \u2018n klip op te tel, en die arme eyeballer se oog uit te gooi nie. Skaamteloos&#8230;En nadat daar hardop uitgelees word terwyl Gerrie in die sketsboekkie skryf \u201cTheo deel met Gerrie sy fizzer\u201d gee Theo vir Gerrie \u2018n stuk van sy fizzer. Marrietjie speel kastellet met \u2018n witmossel skulp en vind dit baie vermaaklik. Cor het gevoel hy wil \u2018n invoegsel maak \u201cSantos huppel in die water soos huppelkind se suster, elegant soos \u2018n jong nagtergal in die volmaan. Op \u2018n lukrake plek op die dag se staproete ontvang Dana \u2018n oproep&#8230;ek het so \u2018n vemoede dis die oom met die boot wat al van die vorige dag vir die BTKaners by die rivieroorgang wag. Na die oproep raak hy so stil en kry daai dana uitdrukking&#8230;&#8230;SKIET IS OOP! Dirk maak \u2018n invoegsel: P.S moenie vir Mareli Texas jag nie&#8230;sjoe sy is vinnig!!&#8230;en saag potensieel bome in die slee&#8230; Hartenbos: Wel die tente manne onthou seker net dat hulle tente opgeslaan het tot donker, maar vir die res was daar vele vermaaklikhede. Padpad is gespeel, daar is geswem in die see of in die swembad of daar is net gestort. Karlien Steenkamp maak haar enkel seer en nie hoekom nie&#8230;omdat die kennisgewing bord met net 2 reels op mos geignoreer moet word. Moenie twee op \u2018n springmat spring nie en moenie van een springmat na \u2018n ander een spring nie. Sy moes toe maar die volgende dag saam met Johan ry. Daar is bier gedrink in Takoda Spur-hoe salig was dit nie met daardie mooi seeuitsig en die vriendelikke kelnerin, Suzanne het glo \u2018n ou opgechat en merietjie het definitief gekroek in padpad.Gekom by kosmaak vra Merietjie die ingewikkelde vraag&#8230;is 0.5 \u2018n vyfde van 2.5? Die ordentlikheidspraatjie volg en Tannie Miems Swanepoel en oom Francois Floedolff draf die lysie deur van moenie mors nie en behulpsaamheid tot hoe diep mens nou einlik mag slee. Konings word gesing en die geesvlakke loop hoog. \u2018 n Item is nie \u2018n skaam ding nie en steek kop uit nog voor almal behoorlik slee geskop het. Tannie Miems open die vloer met \u2018n komp gekke agter haar&#8230;en daarna lui die klok van Rasjismagad Primer. Magammagad(Nico de Wet) Bagdammagad (Dirk Bosman) en Obammagad(Derik Gerber)en Jan de Wet (Ekself) moet die maaltafels opse, dis omtrent \u2018n geweenery tussen die gadte en Jan snap gou. So is hulle huistoe onder opdrag van die onderwyseres (Miems Swanepoel) om die maaltafels te leer. Dit was aand en dit was more en dis die volgende dag. Terug by Rasjismagad Primer is Jan de Wet vandag die enigste gad in die klas, aangesien hy slegs die wysie maar nie die woorde van die 12 maal tafel kan onthou nie. Edd Delport doen\u2019n liedjie so na aan sy hart en toe roep hy vir Suzanne op die verhoog en sy kom sit langs hom, na \u2018n ongemaklikke stilte ruk hy \u2018n lepel uit in haar rigting en vra&#8230;lepel he? Big joe little joe volg en die venue skuif na Hapatji country. Daar word Indiana of Hapatjies waargeneem ek is nie seker watter een dit was nie, maar soos dit op \u2018n stadium daar aangegaan het en teen die pas wat die perde geharloop het dink ek daar was op een stadium Hapatjies en indiane gelyktydig wat aanleiding gee tot die V-Formation as \u2018n verdedigings linnie. Onvermydelik is Litlle Joe gewond en Joe dra die slegte nuus aan Big Joe oor wat dit weer aan Pappa Joe moet breek. Die kort en die lank van die storie is dat Little Joe nie bekommerd moet wees nie, aangesien die been waarin hy gewond is, sy \u201cwooooden leg\u201d is. Dana kondig af&#8230;5 uur opstaan en almal dink in stilte saam oor hoe hulle oor die situasie voel..Dankie vir jou sjokkelades Nico dit was my en my sleegenote se voorreg om dit te verslind. Die wind het uiteindelik gaan le, wat beteken dat dit iewers op \u2018n onopgetekende stadium in die skets weer begin waai het. En ja San-marie, die kos was baie lekker, ons was baie honger. Nico de Wet moet die volgende oggend terug vir \u2018n her en daar word besluit dat \u2018n laataand vleeslikke lekker swem net die ding is om die beste te maak van die tyd wat hy hier saam met ons het. Andre het die storie net van \u2018n afstand af bedink en ou Edd, ja wel hy oorweeg nou nog of dit nou einlik die moete werd sal wees. Nag dames.<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n<p><strong>Dag 3: Saterdag 21 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>As die son opkom in die Ooste is BTKners op hul goorste. Daar is weer \u2018n wind aan die opsteek&#8230;en van die ouer garde BTKaners voel dat ek die boekie die vertes in moet slinger en die tyd meer pro-aktief saam met hulle geniet, en as my linkerhand nie gekeer het nie, sou dit die geval gewees het. Dalene Conradie en Charlie de la Kitaar verjaar en die Stokers saam met die res van die onbenullige toergroep sing weer \u2018n verjaarsdag liedjie laf. Charlie de la Harpe kry \u2018n tydjie in sy besig toerskedulle ingewerk vir \u2018n paar soenne, en die besige stokers en die wraakkaptein en dana en hendrik en basies soveel ouens as wat om een ou kan staan kry \u2018n tydjie in hulle besigge toeskedulle om \u2018n hou of twee in te werk sodat die glimlag wat op sy gesig hang asof hy die player van die maand is, terug in sy lagsakkie te stuur. Oppad verskaf \u2018n babawalvis oftewel dit wat oor was, iets om te bewonder, en dan iets waaroor mens wonder en \u2018n rukkie later laat wonder hoekom mens nou einlik nogsteeds die ding staan en bekyk. Middag ete in die wind en dis \u2018n gesmeer en geplak met sand uit alle rigtings wat soos magneet korrels in die naaste broodjie wil vasplak&#8230;mmmm room en komkommer ongeveer R2.50 \u2018n broodjie. Room en komkommer en sand&#8230;Priseless!<\/p>\n<p>Dalene se verjaarsdag lys van versoeke: Goerge moet aftersun insmeer en Frans-hendrik skuld haar \u2018n surfles en tee, alhoewel ek dink dit vanaand verruil kan word met \u2018n dop en \u2018n dans. Ek laat dit oor aan haar. Daar is ver geloop vandag en die laaste steil bult na die kampeerplek is \u2018n worstelsrtryd. Veral omdat die lang wit toring na elke huis verder lyk as wat dit nounet was. Dit is egter \u2018n fraai uitsig en mens kan die roete van die dag se stap in aanskouing bewonder vanuit \u2018n hoogte op \u2018n houtbankie op die dek. Johan Widd het vandag die bussie van punt A na punt B verplaas en was ook so gaaf om die snoekke ens. aan te koop. Van \u2018n pofadder tot \u2018n Jellyvis wat deur slake gevreet word en \u2018n geel en swartstreep slang, swart tobies in die swart tobie bewaringsgebied en \u2018n pikkewyn en \u2018n rob was almal vandag spesiaal langs die roete en mens wonder of Dana se organiseringsvermoe enige iets daarmee uit te waai het. Na \u2018n ruk het die skets vir jou begin blur in woorde soos ver ent, moerse draai, die wind waai, ver ent, groot draai, nogsteeds wind, ver ent, groot draai. Jan-Daniel van Deventer en ek moes na ongeveer 2km van die laaste stukkie stap weer terugdraai en \u2018n draffie vang om die slot se radio te gaan haal. Die slot se slot broekkie was nie so handskoen-pas nie aangesien Tinus de Wett ook al vorheen dieselfde slotbroekkie gedra het (nou dis \u2018n bul van \u2018n mens vir die wat hom nie ken nie), en die fisiese slot wat agteraan die broek hang help ook nie dat die verdomde ding bo jou kniee bly nie. Gevolglik is daar van die broek ontslae geraak en op die strand gelos, die radio is gaan haal en die broek weer met die teugkomslag aangetrek. 4 uur strompel jy die kampplek binne en almal chillax. Die tentespan en Sameroepers Robert Behrens en Frans-Hendrik is in sewende hemel aangesien hulle nie die kostent hoef op te slaan nie en Johan is ewe in ekstase aangesien die manskamp \u2018n krip het asof dit enigsins saak maak&#8230;die meeste ouens soek sommer die eerste beste droe bos in die area waarvoor hulle die meeste jammer voel en gooi. Skiet is oop en daarna doen Dana die kampindeling. Edd weet nie wat aangaan nie en die walaaiers skree ewe vir die tentemanne dat die tentemanne hulle eie tente moet gaan haal aangesien die walaaiers nie tyd het nie. Die vermetelheid. Tussen netnou en nou was \u2018n lang paal die fokuspunt in die vermaaklikheidsafdeling en twee twee op die stomp, een aan elke kant probeer jy die ander person van ballans af gooi dat hy val. Rudolf Retief is die wenner en word aangewys as die \u201cstompste\u201d persoon. Hendrik Retief druk sy gesig in die brandblusemmer vol water, ek dink hy het geskrik vir die refleksie en die ou dadelik probeer verdrink. Anke verlaat ons saam met Nico de wet&#8230;soos die liedjie se, om te her en te BTK! Merie het die grootste lemmetjie groen tas ooit. Ek het dit nog nooit self gesien nie, maar dis hoe ek nog altyd gedink het iemand soos Linsey lohan se tas sal lyk. Die tas beslaan basies \u2018n hele pak kompartement in die bus. Die walaaiers moes moes klaarblyklik vir dana persoonlik laat kom om die kollosale taak uit te rig om die tas te verplaas tussen die bus en merie se slaapplek. As vleesbaai \u2018n drankwinkel op hierdie saterdag middag gehad het wat oop was sou dit spesiaal elke jaar op die 16de November spesiaal nog voorraad aankoop om aan die vraag te voorsien. Toe dit uiteindelik kom by ete en almal in \u2018n ry staan voel mens \u201cvir spys en drank\u201d vat te lank, maar niemand was darm dood van die honger nie. Die stokers het weereens hulle self oortref en snoek is warm en gelyk bedien saam met pattat wat ook oraait gesmaak het&#8230;maar die kokke, ek gaan nou nie vir Stephanie Kock en Suzanne du Toit uitsonder nie, het in hierdie geval ook \u2018n hand in die pot gehad. Die stokers het die vis op hul vlees in vleesbaai gaan afwas met net hul vlees om hul lywe&#8230;en so \u2018n 150 m sprint teen die strand langs jag die liggaamstemperatuur so \u2018n bietjie op om te kompeseer vir die yskoue water. Christa lees bybel: Kernboodskap&#8230;die here is altyd by jou. Items: Ek en Vicci het \u2018n interressante gesprek aan die gang&#8230;Ja&#8230;nee&#8230;ja&#8230;iemand gooi \u2018n suurwurm en ek proe aan die ding&#8230;nee&#8230;en die volgende oomblik bars daar \u2018n vroumens in, dit is nou Jean-merie en sy se&#8230;janee! met die verstaanbare reaksie van Vicci&#8230;Jy weet, vroumense kan darm doners baie praat! Ek tannie miems en vicci. Die murg van die storie was dat die bruid alle planne beraam om haar liefling in die bed in te smokkel op hul trou-aand, en sy kerm en klae van die koue, dat selfs die hotelopsigter van Danabaai Dunes raadop en moeg is van kommunikeer op die interkomstelsel. Baie later die aand ruk die man hom op toe dit vir hom klink asof hy nou nog haar ma op Barrydale moet gaan haal om agter haar rug in te kruip vir die koue! Ek, Cristiaan Rabie, Derik die Chinees en Dirk saam met Edd maak pyp reg&#8230;na elkeen se pos aan hom duidelik gemaak en watter supplys alles gaan haal moet word vir die herstelproses breek hulle op en kry mekaar weer by die stkkende pyp. Die volgende oomblik spring die Chinees met die brilletjies agter \u2018n bos uit en skree Supplies! Leandri Erwee, Cristiaan en Goerge item&#8230;Hule het 5 aartappels en 4 mense wat wil eet, juffrou vra vir Cristiaan hoe moet sy dit deel? Na \u2018n rukkie antwoord Christiaan 1 en \u2018n kwart. Juffrou vra vir Goerge of hy dink dis reg? Ag juffrou! My ma is slim sy maak mash! Derik Dirk en Edd doen speedkop. Die boer trap die rooi lig en die Spoedkop trek hom af en konfronteer hom. Hoekom jag jy oor die rooi lig. Ek het nie rooi lig gesien nie meneer, ek is kleurblind, die spoedkop kyk na die passasierskant en vra, is dit waar?&#8230;Dja hey es baas. Juffrou (Lirene du toit), Derik, Dirk en Edd die Australianer. Derik, hey Cheese my sister liver alone. Marli hendrik en vicci en oon Francois item, vicci se ja hy kan sien oom moes nog in die donker vry en flist in \u2018n arme eerste toeris dame se oe. Hasie: ek merie en marlie, die moral van die storie is die kannetjie wat die ou vrou uit haar handsak ruk en op die hasie spuit en daar spring die hasie op en waai mal springlewendig. Die oom staan in aanskouing en gryp die botteltjie om te lees waste brousel die ou vrou dan nou uit haar handsk ruk. \u201cRivive dead hair adds permanent wave\u201d. Kanoo item: Christiaan, Goerge, Charlie, Jacques du Plessis en Pieter Retief Pieter vang die toeriste in die Amazone en om \u2018n kanoo uit elkeen te maak, van racing tot combat en doen dan ook so voort. Toe hy by Christian van die Cape flats kom kry hy dreigemente \u201cek stiek djou meti mes\u201d maar Pieter wil hom nietemin uitkerf&#8230;soos hy nadergaan raak die Cape flat brother mal en steek himself vol gate, met sy laaste woorde \u201cdjy maaki \u2018n kanoo van my nie\u201d. Die item daarna kon ek ongelukkig nie hoor nie so ek kan dit nou nie in die skets sit nie, eks regtig jammer julle&#8230;maar daar was \u2018n piesang in my oor. Hekkels: Goerge wil by Stefanie hoor wat sy bedoel het toe sy gese het \u201csy is altyd gewillig om gebruik te word\u201d waarop haar antwoord is:&#8230;sy los dit aan hom om daarmee te maak wat hy wil. Magalliesberg se aandlied volg. Tannie Miems dra die Chapperone amp aan my oor met die volste vertroue&#8230;en so ongeveer 2 uur is die laaste rondte deur die kamp gedoen om alle onheil wat moonlik kan plaasvind twee rigtings in te stuur, die een manskamp toe en die ander een dameskamp toe. Kom ons noem die onderskeie rigtings sommer Cor en San-merie. Nag San-Merie<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n<p><strong>Dag 4: Sondag 22 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>\u201cGerrie het al weer sy sketsboekkie op die toilet vergeet&#8230;hihihi\u201d Van die ou op die toilet. Almal slaap laat tot 8 uur, maar `n sekere stoker is al 7 uur aan die woel om koffie in die bed te bewerkstellig. Die BTK dames word wakker gesing met die strelende woorde van \u201cGoeie more my sonskyn&#8230;goeie more my kind\u201d en verder ontwaak met \u201cDie son verrys met helder glans&#8230;\u201d Tannie Miems is hoogs ontsteld nadat sy gehoor het dat die BTK dames het koffie in die bed gekry en wil by Vicci weet waar die fout dan ingekom het dat sy nie gekry het nie. Vicci antwoord: \u201cDaar is `n ouderdomsbeperking op koffie in die bed tannie Miems!\u201d Die vermetelheid. Vicci maak die lekkerste lekker van mieliepappe, wat eers deur person X en toe weer van vooraf deur myself gesout is. Kyk sy hawermout oorkook hy maar mieliepap, daarvan wee thy \u2018n ding of twee. Lofsang: Hendrik lees bybel met die kerngedagte: Wees vreugdevol en dankbaar. Duine toe: Die borde word gewax en Goerge maak die duine oop met \u2018n stink spoed. Ywerige kanidate volg met bollemakiessies en wawielle, dis nou onbeheersd natuurlik. Na \u2018n paar proeflopies is daar besluit dat van sit en staan werk le die lekkerste. TinusLabuschagne het die X-streme duinsprong gewen met \u2018n benaderde afstand van 4m. Oorstokies word deur Franshendrik versprei terwyl die busdrywers dikrustig rummycub speel steeds volmaag van die vorige aand se potjiekos (Terloops Dana, wat het jy die vorige aand met die busdrywers vir \u2018n halfuur lank bespreek tussen half 8uur en 8 uur?&#8230;). Koos word oopgemaak na die duin ekspedissie en as die BTK winsgedrewe was sou dit \u2018n paar rand in die sak gesteek het met die rekord koeldrankverkope. Middagslapies&#8230;.By die kampvuur bou die stokers \u2018n amfiteater met dit wat oor is van die sandboards en die tentpenkratte. Af see toe: Daar is branderplank gerydeur Franshendrik, volley bal gespeel, Frisbee gegooi, en weereens touchies gespeel. Michelle Duncan was agter die kammera. Ian Smuts het klaarblyklik gekyk of hy \u2018n Jelylyvis op sy gesig kan ballenseer&#8230;en hy kon wel, die rooi uitslag het van sy algehele sukses getuig. Terug by die kampterrein word \u2018n buisie Antisan op sy gesig leeggemaak en hy voel beter, maar lyk egter nog belaglikker as voorheen. Wraakaand Items: Eerstens doen hulle \u2018n harmonieuse stuk (slegs enkelles het was van opinie dat hulle geraas het) Herlo Visagie en Johan Gerber doen \u2018n Jan van Riebeeck improve. Die wraaaaak!!&#8230;Johan Widd verdwaal met \u2018n derde van die eerste toeriste terwyl die ander al gelukgewens word voor Dana die fatale fout besef en tot sy ontsteltenis agterkom dat daar is 13 mense weg is. Volgens my Kennis strek is dit die eerste toer waar die wraak twee keer gedoen is. \u2018n Kring word gemaak en die sterre word bewonder&#8230;na \u2018n rukkie gooi Merietjie \u201cMake new friend but keep the old ones\u201d en die klank dwaal die vertes in\u201d Die Magtige koning volg in al sy glorie. Tannie Miems sing \u201cHello, hello, hello\u201d 3 telling te vinnig en almal wonder wat de hello gaan aan! Hierna kon daar net een ding op die program wees, die bitterheid, wag, nee wag die suurheid&#8230;hu ah nee&#8230;die soetheid!! Van die Wraaak gaan ons nou smaak, en almal slaan in die hotspot se rigting&#8230;Die hotspot is basies enige plek waar meer as 3 stokers saamdrom, presies die teenoorgestelde as die Vrotspot&#8230;waar daar 3 of meer kokke saamdrom. Soos gewoonlik brand al die eerste toeriste hul monde en so ook die helfte van die ou toeriste wie se geheue hul in die steek laat. Jauqes doen godsdiens. Tannie miems jaag die laaste mense bed toe sodat sy met \u2018n skoon gewete kan gaan bome saag, ja dis reg, sy is ook \u2018n skrynwerker, oom Francois sal dit met sekerheid kan bevestig. Dana vra vir Rachelle Strydom om te slee&#8230;en duidelik laat iets van haar hom nie fokus nie want hy van alle mense behoort goed te weet hy kan nie \u2018n eerste toeris op wraakaand skiet nie. Hendrik herhinnder hom tot sy telleurstelling van die realiteite. Nag dames<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n<p><strong>Dag 5: Maandag 23 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>Saans Gousblom&#8230;smorens molshoop soos my ouma sal se want 6 uur word almal wakker gemaak en Rozanne van Deventer dink sy het al op beter maniere op haar verjaarsdag wakker geword. Die tente sak vinnig en lofliedere word gesing. Cor se: \u201cdie kok se ete is organized chaos\u201d Dana moet omdraai vir sy boekkie. Gekom by die kampterrein, toe ry die bus \u2018n waterpyp stukkend, die eerste negatiewe situasie wat die busdrywers in 5 dae ervaar het. Edd is pas in die stort en op hierdie oomblik besluit hulle om die water af te sny&#8230;en as Edd by die huis was terwyl dit gebeur is ek seker hy sou frustrasie meer suksesvol verbal illustreer. Tannie miems leer \u2018n paar gewillige en daarby gese ook \u2018n paar ongewillige kandidate \u201cons het koeie swart en bont, ons drink baie koeimelk dis gesond\u201d en \u201cons koop aartappels op Nelspruit, ons gooi dit op die solder uit\u201d en ook \u201ceendag se ek vir my maat, kyk hier&#8230;kom maak my wakker om kwart voor vier\u201d terwyl die sterre en sekelmaan heel edillies in die agtergrond hang.Ons eet lekker spaghetti met witsous en groente waarvan die brokkolie water gesorg het dat mens nooit onder die wind sit vanwaar die water afgetap is nie&#8230;vrot verby, alhoewel ek amper seker is ek het 3 kokke op \u2018n stadium daar sien saamdrom. Hierna is die lywe opgewarm met koffie en tee so van sy stoker af. Daar is geslee hier en daar vlakker maar plek plek darem ook dieper as gewoonlik. Twee lampe is in die bome gehang en die wind het gaan le. Dis weer een van daai aande waar die sketsboekkie iewers bly le het of Dirk aan \u2018n splinternuwe liedjie se lerieke gewerk het, ek weet nie, maar die enigste Item wat in my gedagtes verby hardloop is SKKKKKip op die kim met sy KKKKajuitknaap, KKKKKraaines, KKKKKKanonnier en KKKKKKKaptein en KKKKKok. Maar niemand het regtig oor die KKKKKok omgegee nie, dis maar \u2018n onbenullige amp. \u2018n Ander een was die hoerskoolvriende wat na 25 jaar se ongelukkige ervarings weer saamkom en hulle reis wat hulle al van skool af beplan aanpak. Die moral was dat die ou wat die deur van die Jeep i die woestyn gekies het darm die ruit kan afdraai as hy warm kry. Tentpartydjie is vir die bestuur gehou en Christa Rhower met haar karate het gesorg vir die afterparty. Kaart is tot laat aand gespeel en aangesien lepels nie vollop is nie is die spel lepel herdoop na mellow. Nag dames<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n<p><strong>Dag 6: Dinsdag 24 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>Staan 8 uur op eet hawermout en spaghetti van die vorige aand. Die brokkolie klankie le maar vlak op die neus so vroeg in die oggend. Franshendrik en Liezl Gross groet ons ook vroegmore. Danie die seuntjie van Jongensfontein vergesel ons vir die dag se vermaaklikheid, nie eers gepraat van die vermaaklikheid wat deur hom verskaf is nie. Almal gaan see toe en speel volleyball strand tennis en Christa neem dit bietjie erstig op en vergruis byna haar knie. \u2018n Paar van die binnelanders wat die see nie so gereeld sien nie bou \u2018n dam in die stroompie wat inloop. \u2018n Paar cool kids sit soos hollywoodsterre onder die rondawels en sommiges werk aan hulle tan. Danie se ma kom histeries daar aan want ons nuwe beste vriend Danie het nie een nie, nie twee nie, maar die hele BTK boksomdais genooi vir koeldrank en koekies, en sy ma moet die slegte nus kom breek dat dit nou nie eintlik gaan gebeur nie. Frisbees word rondgegooi en die son trek water&#8230;Dis BTK sondag en die Dominee het nie opgedaag nie. Dana soek \u2018n dominee soos wat \u2018n kok \u2018n lewe soek, met alle geweld. Pitspoeg sorg vir \u2018n bietjie opwinding en Leandrie Erwee en Gawie Louw wen en tannie Miems propel ook \u2018n pruimpit of twee die lug in. By die kerk gekom maak Dana die hele groep buite voor die kerk stil, net om vir die eerste ou te se hy kan maar inloop. Gekom in die kerk voel Kirsten daar is iets ongewoon aan die kerk met die kommentaar \u201cits hot in here\u201d en was dit nie! Die dominee skop af: Wat se probleme het \u2018n student alles? Uit die gehoor kom \u2018n eentonigge gebrom&#8230;geld. Rudolf besluit hy vat die punch en gooi dit op die tafel: Meisies! En etlikke oomblikke later smelt Rudolf se gesig van die skaamte toe die dominee vir hom se hy het die gesprek oor seks geopen, en as die dominee \u2018n kind was het hy op en af gespring van opgewondenheid. Op die 21ste jaar van iets vlieg die dominee Angola toe, hy en twee ander ouens&#8230;en twee ander ouens, hulle was 5 ouens. Die dominee maak \u2018n draai by oorlewing en Pieter se hy was al vir twee weke op \u2018n oorlewingstog by Wildernis&#8230;nou wat het jy geeet? Mmmmm&#8230;worsbroodjie. Dominee vra waste tipe gif het \u2018n pofadder. Mari Coetsee antwoord dadelik Venomous! Toe verduidelik die dominee eers die verskil tussen venoumous en poisonous. Die een steek of byt jou en die ander een eet jy. Danie die seuntjie tik op Franco se skouer en se vir hom: \u201cSooo&#8230; as jy saam met my af see toe kom sal ek vir jou \u2018n sjokkolade geee&#8230;\u201d. En die volgende paar uur het Dirk weer liedjies geskryf. Nag dames.<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n<p><strong>Dag 7: Woensdag 25 November 2009<\/strong><\/p>\n<p>Tannie miems doen oggend bybel en pas groepsdruk toe. Die hele groep moet mekaar druk. Die kernboodskap is die Sederberge se rotsformasies verander nie, maar moet ook nie stagneer nie&#8230; Vicci oorhandig leerbroekkie van Gen. De Wet. Dana doen \u2018 Frisbee trick en toe doen die Frisbee \u2018n trick op hom en daar skeur sy broek, hy gooi \u2018n paar posissies soos hy sy hondjie soek. Dana verkondig die doodgewone algemene ou storie: Smeer goed dra \u2018n hoed, drink water ag Dana jou ma sal trots wees jou verantwoordelikke ou seun! Hoender perade geskied terwyl Anton Kraemer op \u2018n klip sit en een of ander ingewikkelde iets in sy gedagtes probeer uitoorle. Op die staproete vir die dag se Hendrik: \u201cdie see is vol dooie goed&#8230;Christian gee \u2018n beter beskrywing \u201cdie rand is vol dooie see goed\u201d. Gekom by die kampterrien, sommiges te voet via swem deur \u2018n rivier of ander te bus. Tente skiet die lug in, vure word aangeseek en tannie Miems maak koffie vir \u2018n paar hardwerkende stokers. \u2018n Paar individue voel hulle slee sous loop lag en skiet die dorp binne vir supplies. Oppad terug knakdie manne en die busdrywers \u2018n bier of drie of \u2018n hotspot wat een van die busdrywers vir ons gewys het. Daar word lekker geeet en Dalene smokkel \u2018n stukkie kos uit die kostent vir \u2018n honger skets&#8230;dis een van die min kokke waarvoor ek altyd tyd sal he. Dis alweer tyd vir item. Die skilpaadjie word deur drie slake beroof maar kan nie juis \u2018n polissieverklaring afle nie, alles het so vinnig gebeur. Die plat hond word uiteindelik gedoen en ja, soos \u2018n paar van die meisies gese het&#8230; \u201cEk sal nooit weer dieselfde na oom Francois kyk nie\u201d maar dis hoe \u2018n ware BTKaner \u2018n item lewer. Op \u2018n stadium raak die verhoog te stil na sinne en die ou Grys Merrie word \u2018n paar toere terug gaan haal en weer deurgetrek die toekoms in tot minstens by Wildekus Junie 2010. Heukkels: Wat het Derik bedoel toe hy se hy slee enige iets&#8230;ek kon nie hoor nie maar ek dink hy het bedoel selfs kokke ook. Hendrik voel hulle moet soene terugbring. Die sleekring is verplaas na&#8230;verder weg van die res van die kamp af en daar is seker gemaak dat daar geen sleesous na die toer oorbly nie. Mellow se fanclub is uitgebrei en daar is gepraat oor ditjies en datjies. Almal sien uit na die Terusch! Daar word burgers geeet met \u2018n nuwe rekord van 1 minuut 32 sekondes, melkskommels opesuig asof dit uit die mode gaan en Merie vat geen strooi van die ander nie en maak die glas leeg met \u2018n bevestigende sllluuurrrrp. Tannie Miems suig ook saam. Die volgende oggend organiseer oom Francois \u2018n vuurtjie en \u2018n paar laaste toeriste word tragies afgesien Maan toe. Elkeen lewer \u2018n mooier toespraak as die vorige een en Edd voel amper dis sy foon werd en mik mik so na die vuur. Met \u2018n gekletter en \u2018n geklap styg die spul op en Bonvojage!<\/p>\n<p>Die amerikaner Jacques Kriel February 6 at 4:49am<\/p>\n<p>Baie Dankie, Gerrie, vir die openheid en die akseptasie deur jou en die BTK as my van deel van die volk. Ek weet dit was nie seeker &#8216;n groot gebeurtinis vir julle nie, maar vir my het dit die wereld bedoel.<\/p>\n<p>Stuur groete vir almal wat nog deel neem in die BTk, Jacques Kriel<\/p>\n<p>PS Askies dat ek onbeskof vir myself oorgetree het in die skits, ek wou net vir iets van myself (ek hou van comedy) vir die volk gegee het.<\/p>\n<p>En die busdrywers laaik dit oor \u2018n honderd!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat is die storie? Die lewe kan op \u2018n baie \u201clame\u201d manier teoreties met \u2018n boek vergelyk word. En dit is: \u201cDaardie persone wat nie reis nie, lees slegs die eerste bladsy\u201d Dag 1: Donderdag 19 November 2009 Ontmoetings en afwagtings \u2018n Oomblik aan die kus is \u2018n leeftyd op die bus.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-639","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=639"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1924,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/639\/revisions\/1924"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}