{"id":661,"date":"2008-07-20T22:53:34","date_gmt":"2008-07-20T20:53:34","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=661"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"wildekus-julie-2008","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2008\/07\/wildekus-julie-2008\/","title":{"rendered":"Wildekus Julie 2008"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>\u201cWilder as die Wildtuin\u201d<\/em><br \/>\n<em><strong>\u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman<\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u201cI\u2019m looking over, a four-leaf clover\u201d \u2026 Julle ken die res!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Vrydag 11 Julie<br \/>\nOntmoetings en afwagtings<\/strong><\/p>\n<p>Dit is al laterig Vrydagaand wanneer die toergroep Port Elizabeth binne ry, ten spyte van een, \u2018n bus wat betyds was; twee, \u2018n belaglike vroe\u00eb vertrektyd en drie, kom ons wees eerlik, \u2018n verbasend goeie spoed vir \u2018n BTK-bus. Julle trek by D.F. Malherbe se skoolgronde in en die bus moet omtrent sy draai ken. Gou is julle afgepak en begin jy die name leer. 60 mense is baie, maar jy voel positief. Tussen name soos Bart en Paula voel jy sommer tuis.<!--more--><\/p>\n<p>Toerleier Nick Joubert probeer julle oortuig van die lyn wat in die middel van die skoolsaal afloop, maar Kobus du Plessis wonder hardop of die lyn ook dien as \u2018n muur en of hy maar in manskamp kan uittrek.<\/p>\n<p>Terwyl die braaivleisvure gestook word, word daar groot vermaak gevind in die gimnastiek-matte. Janee, dis heeltyd speeltyd by die die BTK. Jy wonder saam met Phil du Plessis, Retief Swart en Anthonie Badenhorst wie is nou eintlik wie se stortmaatjie maar is bly jy hoef nie die einde van daai debat te hoor nie.<\/p>\n<p>Dis tyd vir bondelslee en Gerrie le Roux maak sy eerste van vele verskynings by die items as hy as skilpad aangeval word. Magdelien Spies en Kobus sukkel bietjie om die skietproses aan die eerstetoeriste verduidelik.<\/p>\n<p>Phil word herdoop as Vulletjie\u2026 en dit nogal deur homself. Iets te doen met of hy \u2018n player is of nie, maar dit pas nie juis vir jou by die Wraakkaptein nie, maar nou ja, julle weet nie, weet nie wat op julle wag nie, wag nie.<\/p>\n<p>Die klanke van Magaliesberg se aandlied vul die saal voor julle die laaste marshmallows eet en jy jou slaapsak uitskud. Die Transkei en sy heuwels wag vir julle, en jy gaan slaap met afwagting.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Saterdag, 12 Julie<\/strong><br \/>\n<strong>Springbokke en duur koffie<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Julle maak julle eerste kennis met die sogenaamde moesli en eindig op een of ander manier in die industri\u00eble gebied van Port Elizabeth.<\/p>\n<p>Na \u2018n tydjie maak die son waarvan die stokers vroe\u00ebr gesing het jou wakker, en terwyl jy probeer om die ergste strale te vermy is een ding tog seker, julle is defnitief besig om oos te ry.<\/p>\n<p>In Grahamstad is Dana Pretorius ingenome deur die ou geboue, of soos hy dit stel \u201cDis soos om oorsee te wees, ou\u201d. Julle is egter minder ingenome met die toiletfasiliteite\u2026 of eerder die toiletfasiliteit. 60 mense in \u2018n ry vir EEN toilet is nie \u2018n grap nie. Terwyl julle die laaste tekens van \u2018n eerste w\u00eareld agterlaat begin julle werk aan die buildup vir die rugbytoets &#8211; Springbokke teen die All Blacks. Kobus is opsoek na \u2018n CD met rugbyliedjies van die vorige dag. Interessant, dink jy. Net om te hoor dat die vorige dag se musiek ook \u2018n Tolla CD en \u2018n hele paar treffers van \u2018n paar dekades gelede ingesluit het. Maar nou ja, met die CD soek laat julle julle oor aan die radio en sing luidrugtig landslied saam, net om toe vermaak te word deur Nicky se \u201cbrutale\u201d kommentaar. Nie lank nie of julle stop op King Williams Town en vaar die strate in om \u2018n geskikte rugby-kyk plek te kry. En nodeloos om te s\u00ea, maar tussen Archie\u2019s Pub en die Grosvenor Lodge is die opsies effe beperk. Jy sou vir die eerste van vele kere op hierdie toer dink \u201cThis is Africa\u201d. Party bekyk eerder die monument, en ander vind wel \u2018n \u201cbaie dodgy\u201d plekkie om die laaste spannende oomblikke te kyk. Met die Springbokke se legendariese oorwinning nog op almal se lippe is julle weer oppad.<\/p>\n<p>Die vars brood wat opgelaai is, word later middagete op Oos-Londen se Sasol se gras. Hier kry Frans Hendrik dit amper reg om Kari Walker te oortuig dat daar 32 pampoene in \u2018n bottel All Gold is; julle koop koffie vir, ja jy\u2019t reg gehoor, R13, en daar word krieket gespeel met \u2018n blou matrassie. Die middagbroodjies praat oor die feit dat jy amper enigeiets vir die ouens kan gee om hulself mee besig te hou. MiJeanne de Villiers dink selfs \u2018n piesang of stuk brood is genoeg.<\/p>\n<p>Met die toergroep nou amper volledig ry julle die Transkei binne en die golwende heuwels sit jou omtrent in \u2018n po\u00ebtiese bui. Julle wonder hardop watter kleur julle julle huisies sou verf, want daar is omtrent verskeidenheid.<\/p>\n<p>Julle laai die laaste mense by \u2018n onuitspreeklike plek op. Niel Ackerman probeer julle oortuig om \u2018n Transkei delicacy te probeer \u2013 iets soos meel, mieliemeel en yoghurt. Jy dink jy sal eerder R13 vir koffie betaal voor jy dit vir jouself koop. Julle word bederf met jul eerste van vele mooi sonsondergange. Daar is die vreemdste spoedhobbels in die middel van die pad en die bus moet omtrent sy ry ken. Maar julle word nie afgesit nie en die eerste aitems word al uitgedink.<\/p>\n<p>By Port St Johns aangekom moet julle mooitrap om die landmyne te vermy, en daar word gou oorgeskakel na organisasie in die hoogste rat soos al die kos uitgedeel word. Daar word vir oulaas besluit wie slaap waar en oor en weer gevra hoeveel slaap in \u2018n hoeveel man tent. Jy probeer om nie te lyk of die gewig van jou kossak jou bekommer nie, Tone Eberhardt Steinmann is glo al gewoond aan SPOED en jy\u2019s seker jy sal oorleef.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Sondag, 13 Julie<\/strong><br \/>\n<strong>Bosluise en bulte<\/strong><\/p>\n<p>Jy skryf in jou sketsboekie dat julle in die donker opstaan, minwetend dat dit die eerste van vele oggende se storie is. Party stokers kort nog bietjie oefening met die skree ding, maar groepieleier Kobus het tydelik een of ander intimidasie tegniek want vanoggend is hy Koning Kobus. Arrogant, om die minste te s\u00ea.<\/p>\n<p>Julle is vanoggend verbaas deur die mooi van die kampterrein \u2013 die groenigheid en selfs die rivier was gehul in duister gisteraand. Nog iets wat vir julle bietjie duister is, is DuToit Mallherbe se second-skin en dit ontlok omtrent kommentaar.<\/p>\n<p>Na \u2018n kort busrit staan julle in vier rye om gespuit te word teen bosluise. Die meisies vergelyk ewe die vier verskillende spuittegnieke.<\/p>\n<p>Oom Charl du Plessis hou vir julle \u201ckerk\u201d op die grasperk, en met die laaste singery sit jul ook die sakke op die rug en maak vir oulaas verstellings. Ja, julle is reg vir die Wildekus in al sy glorie. Jy wil nog wonder of dit beter is om op die sagte of harde sand te stap toe die eerste bult al voor jou opduik. Die dolfyne wat in die branders baljaar help darem vir ergste kortasemheid, of so hoor jy. Nick het s\u00f3 gewaarsku teen die sogenaamde \u201ctribal people\u201d dat jy effens agterdogtig \u2018n volstruiseier aankyk wat van die \u201clocals\u201d aan julle probeer verkoop.<\/p>\n<p>Julle moet nog gewoond raak aan die gevoel van die sakke op jul rug en tog is dit reeds verskriklik mooi. Julle stap deur storieboek-gesigte met \u2018n kronkelende rivier en die kenmerkende hutjies op die randte. Jy moet jouself omtrent knyp as twee vrouens met \u2018n bondel biesies op hulle koppe verby stap.<\/p>\n<p>Gamebreak word gehou onder \u2018n rotsoorhang, en dit gee ook geleentheid vir die eerste uitkyk. Die kreet moet egter ook duidelik bietjie ingeoefen word, dit is so sag dat selfs \u2018n vulletjie nie bang sou wees daarvoor nie.<\/p>\n<p>Julle moet julle loop ken wanneer julle langs \u2018n vreesaanjaende afgrond loop. Julle verkyk julle aan die beeste wat op die strand l\u00ea, maar Kari en Didi Roos het ander idees en wonder hoe hulle die beeste kan inspan om hulle sakke te dra. By middagete word Vicci Schoeman se hare gesny, seker ter voorbereiding van die eerste rivierkruising wat vir julle wag. Die sakke is goed waterdig, maar julle hou nie rekening met die gety wanneer julle julle sakke aan die anderkant neersit nie. Julle hou ordentlikheispraatjie en ten spyte van Tannie Hermien se aanmanings is Lodi Muller traag om die dames alleen te los: \u201cEk het nou al \u2018n paar keer daai een gehoor, maar ek het nog nooit di\u00e9 een gehoor nie.\u201d Is sy redenasie.<\/p>\n<p>Wat is \u2018n BTK-toer se eerste stapdag nou sonder \u2018n Koning, en Charlotte Hauman koop sommer vir haar \u2018n stukkie grond as sy bietjie sleg van die gespelery afkom.<\/p>\n<p>Julle stap deur \u2018n gebrande stuk veld. Die plantegroei is so divers jy verbeel jou jy sien \u2018n loerie oor die woud aan julle linkerkant. \u2018n Bietjie later verkyk julle julle aan \u2018n witkruisarend wat onder julle verbyvlieg. By \u2018n hutjie stop julle vir waterbreuk, en teen die tyd begin Nick se \u201cKyk vir bosluise\u201d al kenmerkend word.<\/p>\n<p>Wanneer julle by die kampplek aankom verdwyn die laaste pienk in die wolke en julle is lekker moeg. Skiet ontaard vanaand in soveel chaos en dames in die buro. Daar word sommer gepraat van \u201cGroepie 1 se buro\u201d en Nicoline Murray sien \u2018n oplossing: \u201cAlmal wat nog nie geskiet is nie, sit jou kopliggie op rooi of flash\u201d en demonstreer dan sommer ook.<\/p>\n<p>In groepie 5 eet die meisies glo te stadig want soos stoker Vicci dit stel \u201cBy die BTK is dit survival of the fastest\u201d. Hy moet egter sy woorde sluk wanneer hy die pot kos mors en omtrent reaksie van die hele toergroep ontlok. Maar nou ja, as jou groepieleier wou gehad het jy moet hom Koning noem sou jy seker ook op jou senuwees wees. Tot sy verdediging: dit was \u2018n ongeluk, anders as die skokkende gerugte wat die rondte doen dat groepie een van hul kos weggegooi het. \u201cEn om te dink, ons kon dit ge\u00ebet het!\u201d<\/p>\n<p>Du Toit en sy nuwe spiere besorg aan hom die twyfelagtige eer om as die Chuck Norris van die toer uitgesonder te word. Hy speel selfs \u2018n rol in Eberhardt se slakkie-aitem.<\/p>\n<p>Julle lag lekker vir die maaltafels in die Wiskundeklas, maar jy kan nie help om te wonder hoekom Francois du Plessis so sukkel met die twee-maal tafel nie. Luize Feldmann en Susan Viljoen is om die minste te se skouspelagtig as die Ninja en Samurai. Susan beland amper in die vuur, en Luize val so hard dat sy haar liggie verloor.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Maandag, 14 Julie<\/strong><br \/>\n<strong>Omo en die Oorwinningslied<\/strong><\/p>\n<p>Julle word vanoggend wakker gemaak met die klanke van \u201cYou are my sunhine\u201d maar die bekfluitjie-solo flop \u2018n bietjie. Julle begin die dag met \u2018n rivier-kruising en almal is effe sarkasties oor die temperatuur, maar toe julle die Oorwinningslied uit volle bors sing vergeet jy skoon van die koue. Die sonnetjie kom net uit toe julle die koue water aandurf. Anderkant gekom probeer jy om nie te erg te bewe nie en sukkel om jou voete te voel, maar die eerste bult maak dat julle sommer gou julle tops uittrek. Een ding van die Wildekus is seker, elke bult sorg vir \u2018n uitsig wat dit die moeite werd maak. Retief besef heelwat later eers dat hy sy sonbril by die rivier vergeet het, en moet teruggaan om dit te kry. Die koue het duidelik nie veel gedoen om hom wakker te kry nie.<\/p>\n<p>By Gamebreak sukkel Susan Scheepers om haar lag te hou met die uitkyk, en van julle maak \u2018n massage-treintjie. Sanja Murray stap \u2018n hele ent met Gerrie se stok \u2013 en die stap ewe terug om die stok te soek.<\/p>\n<p>Julle hou middagete langs \u2018n rivier waar Groepie 2 (weer) vir Suzaan Eckermans wat verjaar sing en op haar drink met Game. Gerrie wys sy maag staan vir niks verkeerd nie as hy broodjie met Bovril, Konfyt, Stroop, en\u2026 ja Kerrievis opeet. Jy\u2019t al \u2018n paar snaakse kombinasies gesien maar daai een vat die prys.<\/p>\n<p>Die groep sing officially vir Suzaan en die eerste toeriste skrik wakker en begin gou aan hulle liedjies oefen. Dit is nie ver tot julle kampplek nie, en die ontwikkelaar in Hans sien die gholfbaan wat sou kon wees op die heuwels.<\/p>\n<p>\u2018n Yskoue bad later maak julle kos onder bome. Retief en Anthonie was suksesvol met 3 krewe, terwyl Lodi se vissie aan een van die bome hang. Andre Haasbroek aan die anderkant\u2026 wel, kom ons s\u00ea maar net hy het ten minste lyn natgemaak. Carine Nel en Fredalette Uys probeer hul bes om tentmaatjie Susan Scheepers wys te maak oor die wraak. Met vriende en stories soos die dat sy eers haar nekdoekie moet verdien deur heeltyd voor te stap, wie het vyande nodig!<\/p>\n<p>Mignon Crous s\u00ea aan toergids Thembile \u201cMy father always says not to make a bin out of your stomach\u201d, maar ten minste eet hulle hulle kos op, dink jy, anders as Groepie 1 wie se reputasie in die verband hulle nou al vooruit loop.<\/p>\n<p>Die eerstetoeriste vermaak hier en daar met hulle opwenlag en neuse wat bloei, terwyl hulle one-liners rerig ingewikkeld voorkom. Maar dit is Andre Basson wat die show steel met sy a Jik jik jik jik Omo Blue.<\/p>\n<p>Die 20 eerstetoeriste oorleef egter die gevreesde Wraak, al het hulle op \u2018n kol vir die meisie gesing sy\u2019s \u2018n man, en julle geniet die soetheid saam. Wanneer groepie 1 luidrugtig cheer merk iemand in groepie 6 op dat hulle seker al hul warm sjokolade opgedrink het.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Dinsdag, 15 Julie<br \/>\nWatervalle en kraaineste<\/strong><\/p>\n<p>Julle sing vanoggend lank terwyl julle wag vir Tone en Jaco van Eeden voel dis nodig vir \u2018n gamebreak na julle Jabulani sing. As Sanja s\u00ea dat sy in Engels gaan Bybel lees vra Karien Malan dat iemand asb. vir Lodi moet vertaal. Sanja word egter nie afgesit nie en praat vanoggend pragtig oor die stukkende skulpies langs die strand. Vandag se stap is veronderstel om die mooiste dag te wees en jy sit met die gedagte jou sak op jou rug en val in die pad. Jy word ook nie teleurgestel nie,want julle stop gou by Castle Rock. Volgens Niel kan mens nie vir \u2018n BTK-meisie \u2018n blom gee nie want sy sal jou glo klap omdat jy die natuur so vernietig.<\/p>\n<p>Liesl se woorde dat sy net van Gamebreak tot gamebreak stap is nog skaars koud of julle stop by die bekende Cathedral Rock vir \u2018n breuk. Hier word die eerste kombinasies vir foto\u2019s al uitprobeer en julle neem ook die groepfoto hier. Party is effens oor-entoesiasties en hou die pose nog vir lank na Eberhardt klaar die foto\u2019s geneem het.<\/p>\n<p>\u2018n Entjie verder stop julle by Waterfall Bluff wat een van vier of so watervalle is wat in die see val, of altans, so s\u00ea Nick en ja, dit voel rerig soos \u2018n once-in-a-lifetime toneel. Die oorkantste kranse is indrukwekkend en die see turkoois. Hier word almal weer triggerhappy en kreatiwiteit is aan die orde van die dag. Susan Viljoen maak of sy die water drink, en die oormag Nerina-dames kry ook \u2018n beurt om foto te neem.<\/p>\n<p>Julle eet by ander, \u201cgewone\u201d watervalle en stap \u2018n entjie om na rotsoorhange te kyk. Jy\u2019s verbaas oor die feit dat skulpies tot hier voorkom. MiJeanne probeer party se teleurstelling keer deur te se dat sy rots-tekeninge sal maak as hulle so graag wil sien. Julle swem in die yskoue water en spring ook van \u2018n hoogtetjie.<\/p>\n<p>Na middagete is die pas vinnig en julle het selfs julle eie persoonlike cheerleaders wat julle aanhits met liedjies soos \u201chot agter haar agter\u201d en teen die tyd die bekende four-leaf-clover.<\/p>\n<p>Terwyl julle reenwater by \u2018n paar locals kry, of eerder die gevreesde \u201ctribal people\u201d, maak Ertjie \u2018n baie onverwagse damesskiet oop, so onverwags dat meeste ouens self mik om te skiet. Vanaand se kampplek is in \u2018n pragtige melkhoutbos, en dit lyk omtrent soos \u2018n feetjieland. Of soos Cor van Deventer dit stel, dit was \u201casembenewend\u201d. \u2018n Entjie aan klap die branders teen die rotse en die son gaan vinnig onder. Nick besluit sommer dat daar \u2018n ou tradisie is waar daar nie op damesskiet gebad word nie\u2026 Red nou \u2018n nasie met so leier. Niks kan egter die magiese atmosfeer demp nie, julle sing bietjie met Rooiwyn (vir oningeligtes, dit is nou die kitaar) en dit is glad nie koud nie. Francois is egter minder gelukkig wanneer hy al Groepie 6 se borde moet was na \u2018n opwindende Ching Chong Cha toernooi, ekskuus, dis nou almal behalwe Marietjie wat nie gespeel het nie, en tog probeer om haar bord saam te stuur. Skokkend, om die minste te s\u00ea.<\/p>\n<p>In die sleekring word Andre Haasbroek nogsteeds uitgehaal oor die feit dat hy niks vis gevang het nie, maar dit keer hom nie om saam met Anthonie en Retief \u2018n bier oop te maak ten aanskoue van almal nie. Die groepie leiers oordoen effens die grys merrie, en neem selfs \u2018n paar meisies \u201cgevange\u201d in hul kringetjie. Gerrie probeer vir Charlotte leer hoe om te bestuur, handrem en al, en Nicolene verdien \u2018n prys vir die oordrewe doodsnikke wat sy as haas gee.<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van die aand is egter verseker Du Toit, Kobus, Vicci en Gerrie se aitem. Die punchline, en ja, ook die storielyn was miskien missing, maar toe Gerrie, die k-k-k-raaines, of was dt nou die k-k-k-ajuitman \u2018n tak aftrap en amper sy k-k-kaptein Kobus afskryf lag julle inelkgeval meer as vir enige BTK-punchline. Die prentjie van Gerrie wat vasklou om nie in die vuur te val nie sal julle nog lank bybly.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Woensdag 16 Julie<br \/>\nVisse en verduidelikings<\/strong><\/p>\n<p>Die wind van die vorige nag waai vanoggend baie sterk en julle pak ewe in rekordtyd op, al wonder party of dit net is agv Andr\u00e9 wat kort Bybel gelees het. Julle hou lekker waterbreuk op die gras, en Sanja en Karien vermaak julle met push-ups, rugsak en al! Pieter verjaar en daar is heelwat wat nie besef dat dit nie regtig is nie.<\/p>\n<p>By middagete vang Andr\u00e9 actually vis maar dit wil voorkom of hy te skaam is om dit nader te bring. Jy neurie saggies, Kan \u2018n man dan nie, kan \u2018n man dan nie\u2026<\/p>\n<p>Omtrent al die meisies besluit om hulle hare te was terwyl die son skyn, tot ontsteltenis van Retief wat julle vergelyk met volstruise.<\/p>\n<p>Julle breuk ekstra lank en Andr\u00e9 Basson kyk hoeveel Provita\u2019s hy in sy mond kan kry; so gepraat van volstruise.<\/p>\n<p>Slaapplek is vanaand by \u2018n regte kampterrein, maar julle almal sukkel om Nick te glo as hy praat van storte. Hy wil net bekommerd wees oor die min vertroue wat julle in hom stel toe Carine Nel almal se gevoel opsom wanneer sy s\u00ea \u201cDis soos Survivor waar ons iets gewen het\u201d \u2018n Ingewikkelde verduideliking van iets soos tussen die groen en oranje huisie, af met die voetpaadjie, verby die blou huisie is egter genoeeg om almal deurmekaar te kry. Francois voel soos Huppelkind en s\u00ea julle moet onthou om 3 keer in die rondte te draai en onder deur jou bene te kyk, terwyl Eberhardt se \u201cMaar Nick, ek\u2019s kleurblind!\u201d ook probleme kan veroorsaak<\/p>\n<p>Voor julle egter die koue storte aandurf swem party in die see en \u2018n paar ander vang vis, of nee eerder, probeer vis vang. Ook maar goed, want met net een pak pasta is party groepies honger genoeg om \u2018n nuwe smashta-gereg te probeer. Jy\u2019s seker groepie 1 het geen probleem nie\u2026<\/p>\n<p>Lodi maak sy buiging as die swart-kat tydens aitems en is nogal rats so tussen-in en deur die bome. Later verskyn hy weer in die dieretuin, met o.a. Gerrie as die slang en \u2018n, kom ons s\u00ea net, interessante beweging, terwyl jy wonder of Anthonie as Mufasa regtig in die aitem is.<\/p>\n<p>Sulien Coetze, of Pretoria soos sy herdoop is, feature omtrent vanaand, en nie alles ewe aangenaam nie. Nicolene leer haar \u2018n Chinese sin, of altans awhe amaching topre toria terwyl Anthonie haar aksent afmaak met \u2018n \u201cI love it when you speak foreign\u201d. Ook Didi Roos se naam word herskep as \u2018n aitem in die vorm van \u2018n liedjie, dit nadat sy heel aandete lank na die verskeie moontlikhede wat haar naam inhou moes luister.<\/p>\n<p>Met hekels is Danie so vas aan die slaap dat hy omtrent 3 keer net antwoord met \u2018n \u201challo\u201d.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Donderdag 17 Julie<br \/>\nNoodgevalle en volmaan<\/strong><\/p>\n<p>Iris van Reenen, Andre Haasbroek en Danie verlaat julle vanoggend om te wag by Port St Johns, en julle sou later met verwondering luister na die stories van verskriklik baie mense in een taxi.. Die vroee more rivieroorkruising is omtrent \u2018n gedoente want een van die locals help julle om met \u2018n bootjie die sakke oor te neem. Gelukkig skyn die son darem vanoggend. Jy\u2019t gedink jy\u2019t al als gesien, totdat Sanmarie Muller vir Du Toit, die ysterman self, vroualleen dra om sy voete skoon te hou. Dit wil nogal gedoen wees. Julle stap vanoggend met ongekende spoed deur die natuurreservaat en sien onder andere sebras, elande en bobbejane op \u2018n grasvlakte. Jy verwonder jou weereens aan die diversiteit van die omgewing. Die eerste waterbreuk onder \u2018n paar bome is welkom, en almal eet dat dit goed gaan.<\/p>\n<p>Die belofte van \u2018n lekker afspringplek by Gamebreak word gou teleurgestel wanneer julle bietjie ho\u00ebr op in die rivier as verwag stop, maar dit is nietemin mooi en julle l\u00ea versigtig en kyk af op \u2018n waterval. \u2018n Ent verder kom julle by \u2018n baie groot en sterk rivier wat volgens die ou stappers \u201cnie laas hier was nie\u201d. Julle sit solank vir middagete terwyl Thembile en Nick probeer kyk vir \u2018n plek om oor te gaan en die kaart bestudeer. Wanneer hulle egter die nuus meedeel dat julle gaan omdraai, word Groepie 2 heeltemal opgesweep deur die sogenaamde noodgeval en is oortuig daarvan dat hulle uiteindelik hulle noodvoorraad kan eet. En hoekom Retief so ongelukkig is oor die appelkooskonfyt weet niemand. Hy wen gelukkig ching chong cha wat veroorsaak dat Gerrie die laaste paar lepels konfyt moet eet.<\/p>\n<p>Julle stap verkeerde rigting, of altans so voel dit, met die see aan julle linkerkant op \u2018n strand wat so baie opdrifsels en dinge het. Lodi en Retief tel \u2018n enorme stok op en besluit om die groep van agter af te vermaak as hulle hulle verskyning as \u201cThe world\u2019s tallest hiker\u201d maak, dit is nou met Retief op Lodi se nek, en die se kop onder Retief se hemp ingedruk. Ja-nee kyk, dit is nou \u2018n teken van mense wat te veel tyd tot hulle beskikking het.<\/p>\n<p>Die onbeplande kampterrein is vanaand op \u2018n grasvlakte, met die wind wat sterk waai. Terwyl party sukkel om hulle tentjies staan te maak, gaan swem ander vir oulaas in die see en die volmaan wat agter die wolke uitloer. Teen die tyd is die groepies al gekonfyt (verskoon die woord Retief) in die kosmaakproses, en Andr\u00e9 Basson, wat vanaand \u2018n bottel Valpre water te voorskyn bring, s\u00ea, \u201cek eet so lekker by die BTK, ek het gisteraand gedroom ek kry kuite.\u201d<\/p>\n<p>Wel, kuite van \u2018n bottel water saamdra is een ding, maar Groepie 6 is baie dankbaar teenoor Gerrit wat ewe \u2018n bottel wyn te voorskyn bring. Die jaloerses onder julle wonder hoekom dra mens dit heelpad saam vir die laaste aand, maar Groepie 6 is gelukkig, en dit is net heildronke voor en agter.<\/p>\n<p>Die \u201cnoodgevalle\u201d van die dag maak dat Nick sommer vroeg inkruip maar die res van julle geniet vir oulaas die sleekring so met die volmaan saam. Sanja en Phil maak nogal goeie donkies, terwyl die world\u2019s tallest hiker ook sorg vir groot vermaak toe skiet oopgemaak word en hy sukkel om agter die world\u2019s tallest sleemaatjie aan te hardloop, dit is, Anthonie met Sulien op sy skouers.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Vrydag 18 Julie<br \/>\nWildekuste en busse<\/strong><\/p>\n<p>Julle word vanoggend op die laaste, heelwat korter as beplande stapdag gese\u00ebn met die perfekte Afrika sonsopkoms. Julle val sommer spontaan in met die Ah, savenia van Lion King want dit lyk nes die openingstonele van die immergewilde fliek, of altans, te oordeel aan Sanja en Charlotte se uitsonderlike kennis van AL die woorde.<\/p>\n<p>Julle stap weereens baie vinnig, en hou gamebreak baie naby aan die einde. Hier word Niel deur \u2018n skerpioen gesteek, en die keer ching chong cha Anthonie en Retief oor wie die skerpioen op sy arm, of was dit nou mond gaan sit. Susan Scheepers dink die perfekte sinoniem vir diepslee, is \u2018n wildekus, maar jy wonder wat sy in gedagte het. Tyd vir die gentlemen\u2019s challenge, en terwyl die strategie\u00eb oor en weer uitgeruil word maak die meisies reg met kameras en so meer. Andr\u00e9 Basson se goeie wegspring maak dat hy loshande voor is. Tweede plek is bietjie onduidelik, of miskien tog nie vir Jaco nie. Die vra vir Retief: \u201cWas jy die een agter my?\u201d Arrogant, om die misnte te s\u00ea.<\/p>\n<p>Middagete is by die konferensiesentrum, en dit is omtrent \u2018n feesmaal want hier word die laaste noodvoorraad smash en selfs koffie- en tee gemaak, noodgeval of te not.<\/p>\n<p>Charlotte koop nog \u2018n stukkie Wildekusgrond as sy letterlik in \u2018n gat trap en julle sukkel om julle lag te sluk en Nicolene vermaak julle met haar Yodeling-vermo\u00eb. Middagslapies is aan die orde van die dag terwyl julle wag vir die taxi\u2019s, en is toe heel verras toe die geroeste Holy Cross bus by julle stop. Jy verkyk jou aan die dakrak en die draadrakkies, en terwyl jy jou kan indink hoe die bus gister nog mense met hulle hoenderhokke en mielies vervoer het prewel jy saggies die leuse wat agterop staan \u201cIn God we trust\u201d. Die bus ry egter aangenaam goed, dit is, tot julle halfpad moet stop om diesel met \u2018n, ja jy\u2019t reggekyk, gieter in te gooi. Janee, THIS is Africa. Nie lank nie of julle durf die res van die grondpad aan, die keer met \u2018n enorme singstryd wat aangevoer word agter in die bus.<\/p>\n<p>Julle eie bus voel omtrent luuks wanneer julle oorklim en by die dorpie Flagpost durf die van julle wat geld saamgedra het die strate aan, opsoek na bier en chips en ander lekker dinge, in geen spesifieke volgorde nie. En die dorpie is omtrent \u2018n ervaring.<\/p>\n<p>By die kampterrein aangekom eet julle besonder lekker aan die kos, en so stuk-stuk raak die hele groep skoon soos die warm storte waardeer word. Dis asof Danie nooit weg was as sy groepie hom vir die soveelste keer die afgelope week roep, hy was meer weg as Pauli van Wyk, wat sommer as WEG geklassifiseer is op die toerlys. Later sit almal lekker en sing voor julle sommer bondelslee hou. MiJeanne en Gerrie is die konings van improv met hulle aitem oor die yskas. Mijeanne het sommer self iets te s\u00ea oor Groepie 1 se oorblywende kos, en later moet Kobus die kreef, of altans Harde Koejawel, vir Gerrie optel na dit andersom sukkel.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Saterdag, 19 Julie<\/strong><br \/>\n<strong>Borrels en Burgers<\/strong><\/p>\n<p>Vanoggend hou julle sommer kringetjie in die bus en sing onderleiding van Luize op die kitaar terwyl ander \u2018n vroegoggendslapie inkry. Wanneer julle by Umtatha se Pick &amp; Pay stop is dit omtrent soos Kersfees soos almal se opgewondenheid oor die keuses van kos oorneem. Die werkers agter in die stoor se o\u00eb raak net al hoe groter soos die ry vir die toilet al langer raak. Teen die tyd is julle egter al gewoond aan die gesig van 30 meisies wat vir een toilet wag. Die toergroep ontlok nogal baie reaksie, met \u2018n paar van die mense wat vra of julle daar is vir Madiba se 90ste verjaarsdag.<\/p>\n<p>Toe julle later weer by Oos-Londen se Sasol stop begin julle praat oor dit die enigste deel van Oos-Londen is wat julle ken. Vir oulaas kry julle die Transkei-gevoel wanneer \u2018n paar ouens wat besig is met hulle inisiasie verbystap.<\/p>\n<p>Lodi neem leiding met \u2018n lang Apie-sit-en-droom sessie in die bus. By Grahamstad vermaak Iris een en almal met haar enorme borrels wat die kinderlike kant in julle almal uitbring. Jy dink nie jy al het ooit soveel jongmense met soveel verwondering na so-iets sien kyk nie, die prentjie van Hans wat spring om die borrels onder te hou is verseker nie \u2018n alledaagse verskynsel nie. Soos die pad na PE korter word, word die afwagting vir die Spur-Burger Challenge stadig maar seker al meer. Hans hou vol dat dit net \u2018n mors van kos is, waarop \u2018n gemotiveerde Andre Haasbroek gou is om te antwoord \u201cAs jy verloor, ja\u201d. Dit is dus met groot drome vir glorie dat die sowat 10 ouens die uitdaging aanvaar en Niel slaag met vlie\u00ebnde vaandels wanneer hy \u2018n nuwe rekord van 1 minuut 34 sekondes opstel. Die ander het dapper geveg, maar of hulle voel hulle het kos gemors bly \u2018n ope vraag. Die toeskouers was bietjie omgekrap deur die minder vriendelike bestuurder wat julle verbied het om op die banke te staan. Vanaand sorg ook vir \u2018n geskiedkundige eerste as die meisie in die eerste Melkskommel-Uitdaging deel neem, en Sulien is dan ook die wenner wat met mening deur haar strooitjie gedrink het.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Sondag, 20 Julie<\/strong><br \/>\n<strong>Dankies en dansies<\/strong><\/p>\n<p>Vanoggend slaap almal heerlik op die bus en jy word wakker wanneer die laaste broodjies, appels en piesangs deur die bus gestuur word vir die ergste honger. Honger moes julle bly want by Storms is Nick omtrent ernstig dat julle nie mag winkel toe gaan nie, jy sukkel om dit te glo, maar volgens gerugte het hy selfs vir Du Toit aangevat. Wat kan jy s\u00ea, respek!<\/p>\n<p>Wanneer julle uiteindelik stop vir ontbyt by Plettenbergbaai word dit regtig geniet. Terug op die bus word veral Rapport van voor tot agter deurgelees en julle word so stadigaan minder soos meer en meer mense afklim. Kari sorg vir groot konsternasie toe \u2018n kakkerlak die algemene vrede versteur, maar verder is daar nie juis noemenswaardige gebeure nie. Dis tyd vir oulaas gesels en slaap voor die kwartaal weer begin. Die KFC by Riversdal is \u2018n middagete stop, maar Anthonie is nie so gelukkig nie, want Sanja sorg dat helfte van haar roomys op hom gesmeer word.<\/p>\n<p>Wanneer julle by Sir Lowry\u2019s Pas afry word julle met NOG \u2018n mooi uitsig bederf as die son en die liggies die lug verf. Anthonie is ingenome met die \u201cin-flight entertainment\u201d \u2013 dit is die danspassies wat uitgehaal word op daai cd met treffers waarvoor julle aanvanklik julle o\u00eb gerol het. Hoekom die 30seconds kaartjies nou eers uitgehaal word weet jy nie, maar julle speel tog lekker vir die laaste stukkie.<\/p>\n<p>Aangekom by Stellenbosch is dit tyd om te groet en met vele \u201cDankie vir JOU\u201d en dalk TE veel Nick-nick-nick- ni ni ni ni nick nick nick\u2019s later is nog \u2018n toer van die ou BTK verstreke. En terwyl julle die laaste kringetjie hou dink jy terug aan beeste op die strand, die groen heuwels en bloue see, die spesiale sonsopkomste, sonsondergange en volmaan, noodvoorraad smash, \u201ctribal people\u201d, saamsing met sonsopkoms, aan four-leaf-clovers en bosluise, en aan lag tot jou maag seer is en jy maak jou sketsboekie toe, net om die week se mooi herinneringe erens tussen jou hart se skatte te b\u00eare.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cWilder as die Wildtuin\u201d \u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman \u201cI\u2019m looking over, a four-leaf clover\u201d \u2026 Julle ken die res! Vrydag 11 Julie Ontmoetings en afwagtings Dit is al laterig Vrydagaand wanneer die toergroep Port Elizabeth binne ry, ten spyte van een, \u2018n bus wat betyds was; twee, \u2018n belaglike vroe\u00eb vertrektyd en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-661","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=661"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/661\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1928,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/661\/revisions\/1928"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}