{"id":674,"date":"2007-11-29T23:43:57","date_gmt":"2007-11-29T21:43:57","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=674"},"modified":"2012-01-04T15:00:09","modified_gmt":"2012-01-04T13:00:09","slug":"gala-2007","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2007\/11\/gala-2007\/","title":{"rendered":"Gala 2007"},"content":{"rendered":"<p><strong>Donderdag 22 November<\/strong><\/p>\n<p>Die Neelsie-parkeerterrein moes al getuie wees vir vr\u00e9\u00e9mde goed. Maar jy dink die jaarlikse saamtrek van BTKaners op pad gala toe moet onder die vreemdstes tel. Ongeveer 120 studente, uitgeput na \u2019n jaar en \u2019n eksamen sak op \u2019n bestemde tyd op die parkeerterrein toe met bagasie van wisselende grootte en vorm, en kort voor lank begin hul \u2019n vreemde versameling kiste en tente en pale en kombuistoerusting ook inlaai. Hierdie jaar is geen uitsondering nie.<!--more--> Inteendeel, dit kan selfs nog erger as gewoonlik wees. Daar is byvoorbeeld nog die bykomende verskynsel van \u2019n paar snorre ook. Toe julle (en al die bagasie) uiteindelik in die twee busse en bussie inpas, sien jy iemand het vir Retief Swart \u2019n permanent marker geleen, sodat hy darem nie t\u00e9 uit hoef te voel nie. Verder kan jy nie die karakter in die\u2026 kakie-pakkie miskyk nie. Dis Jaco Smit wat met \u2019n \u2018oranje-blanje-blou\u2019pet en \u2019n snor van sy eie homself as Sabel Steenekamp voorstel \u2013 \u2019n polities-uiters-onkorrekte varkboer. En om te dink jy\u2019t gedink s\u00fd te-klein-skoolbroekie is die ergste van die hospice-broekies wat julle sou moes verduur..<\/p>\n<p>Met nuus van re\u00ebn en verspoelings wat vooraf die bestuur laat noodplanne opstel het, is vandag ook \u2019n koeler dag. Toe julle byvoorbeeld by Bredasdorp stop, is daar aansienlik meer warm tops sigbaar as wat normaal is vir \u2019n gala. Dit kan egter nie die gees keer nie, en nadat die Spar gestroop is deur klomp middag-etesoekers, vind daar \u2019n busruiling plaas. Seker sodat meer mense blootgestel kan word aan Tannie Miems se sanglesse: geen BTKaner behoort \u2019n toer in te gaan sonder kennis van \u201cons hoenderhaan is dood, is dood\u201d nie. Intussen sluit die toerouers tannie Elmarie en oom Frans Marais hulle ook by julle aan<\/p>\n<p>By Waenhuiskrans gekom, skop die galamasjien in rat: die walaaiers probeer \u2019n effektiewe manier van aflaai uitwerk; die tentekomitee, onder leiding van Phil du Plessis, begin om \u2013 met moeite \u2013 die tente op te slaan; die groenteskillers, stokers en kokke spring aan die werk vir die eerste aandete, onder die ysterhand van kosma Mignon Crous. En terwyl die stokers houtlepels op mekaar se agterstewes stukkend slaan \u2026 geen kommentaar\u2026 haal die res van julle jul sportapparaat uit en kort voor lank word \u2019n rugbybal geskop, \u2019n frisbee gegooi, kings and toilets en krieket gespeel. Vir jou en die ander minder-sportiewes l\u00ea die see gelukkig nie ver nie, en julle gaan neem \u2019n rustige wandeling. Dit lyk dus soos n doodgewone gala-middag \u2013 behalwe dat nie een van julle r\u00earig wil swem nie: dis steeds kouer en die re\u00ebn nie ver weg nie. Jy sluit natuurlik nie vir Sabel hierby in nie, so \u2019n geharde man laat hom seker nie afskrik deur \u2019n bietjie koue water nie.<\/p>\n<p>Met aandete sorg tannie Miems dat di\u00e9 wat haar n\u00f3g nie gehoor\/gesien het nie dit wel doen, toe sy haar immergewilde massage garage\/vryfbedryf\/streelperseel bekendstel, met die dieretuin-demonstrasie, hierdie keer op Kobus du Plessis se rug. Julle het julself egter skaars in \u2019n kring georganiseer vir effektiewe massering, toe sy \u2019n ander tipe kring bymekaar roep\u2026 vir volkspele! Dit raak heel jolig, maar Cobus Pieterse rebelleer en verklaar: \u201c ek sing sommer shosholoza!\u201d. En as jy so na die ander eerstetoeriste se verskrikte gesigte kyk, kan jy nie help om te wonder of die eerste aand nie bietjie gou is om sulke\u2026 intense aktiwiteite te re\u00ebl nie. Jou enigste troos aan hulle is die woorde van iemand op j\u00f3\u00fa eerste toer, toe jy seker net so verward gelyk het: toemaar, na \u2019n rukkie dink jy nie meer die mense is vreemd nie. Of dit troos is weet jy nie, veral nie na die gewone verduidelik-sessie van skiet en die eerste aaitems nie.<\/p>\n<p>Maar nouja m\u00f4re kry hulle nog \u2019n dag om te BTKlimatiseer<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Vrydag 23 November<\/strong><\/p>\n<p>Met alles uiteindelik ingepak, vertrek julle na De Mond-natuurreservaat vir die eerste stapdag. Julle los die busse om hul 23puntdraai klaar te maak en volg toerleier Nick Joubert oor die bruggie, oor die meer. Lodi Muller is die eerste slot om die \u2018baie ou BTK-tradisie\u2019\u2026 um voort te sit, toe hy die hospice-broekie met die slot aan dra. Nog \u2019n tradisie \u2013 nie heeltemal so oud nie, maar net so gerespekteerd, is natuurlik die hoed wat sy sleutel moet dra.<\/p>\n<p>Die slotbroekie is egter nog mak wanneer jy dit vergelyk met Tinus s\u2019n. Jy wens dat iemand tog net vir hom sal s\u00ea die band-die-kop\/mullet-en-snor\/l\u00edg-geel, ja, l\u00edgg\u00e9\u00e9l broek nie r\u00earig meer in die mode is nie. Elkeen op sy eie kon d\u00e1lk nog hanteer word, maar in kombinasie is dit bietjie\u2026 oorweldigend. Behalwe vir die mode-kwessie, is die uitrusting nie heeltemal gala-vriendelik nie.<\/p>\n<p>Na die ordentlikheidspraatjie en die eerste, baie chaotiese koning, is daar \u2019n eerste vinnige swemgeleentheid vir sommige. Die dag se stap L\u2019Agulhas toe is op die oog af \u2019n mooi stuk plat sandstrand en julle kom heelwat visvangers tee. Die sand steek egter heelwat klippe weg, en Tone Heleen Marais is sommer vroeg al aan die tone toeplak. Een minder ding waaroor die eerstetoeriste hoef te wonder, naamlik hoekom noodhulp Tone is, hoef dus verduidelik te word. Intussen wys Sabel hoe onverskrokke hy is en drapeer vreesloos \u2019n stinkende snoek oor sy skouers. Ed som die BTK as volg op: \u201cdie BTK is vol eufemismes soos skiet en slee. Soos byvoorbeeld sleesous wat eintlik maar net drank beteken.\u201d Jy\u2019t nou nie gevra waarvoor slee \u2019n eufemisme is nie.<\/p>\n<p>By Agulhas sukkel die busse bietjie om by die kampterrein in te kom. Jy moet erken: dit lyk selfs vir jou, wat n\u00ed\u00e9 daggarook nie, na \u2019n uitdaging, so die busbestuurders behoort gelukgewens te word met hul manouver-vermo\u00ebns. Aangevuur deur die uitkykery wat vandag begin is deur wraakkaptein Kobus en sy span, is die eerstetoeriste gou aan die oefen aan hul liedjies, onder leiding van konvenor Koop Lubbinge en die altyd-gewillige leermeester Eberhard Steinmann.<\/p>\n<p>Terwyl die res van julle stort of swem in die heerlike getypoel, begin die kokke met een van di\u00e9 etes van die gala naamlik die snoek-en-patat-kombinasie. Jy steur jou nie aan die stories van fudge-vorming tysdens die patatvoorbereiding nie, dis heeltemal te lekker om om te gee. Vanaand sluit van die ouer garde by julle aan: Petrie v d Merwe en Pieter Avenant het vir die naweek kom kuier en sommer vir Magdel Nel en Helene Rabie gebring. Later kom maak ook Joyce Marais \u2019n draai. Tipies ou BTKaners het hul natuurlik perfekte tydsberekening en kom net mooi met aandete daar aan. Flip du Plessis is nou Dokter Flip en Phil du Plessis gebruik die kans om almal te s\u00ea dat hy ni\u00e9 Dr Phil is nie.<\/p>\n<p>Vanaand is die eerste volwaardige slee en die aaitems verloop nie teen \u2019n besondere ho\u00eb spoed nie. Veral die tandeborsel-aaitem geskied baie stadig: stadig genoeg om julle tot in julle tone te laat gril. Suzaan Hauman en Ileana Smit wend \u2019n poging aan om die ninja en samurai op te voer, maar tensy dit as advertensie vir lag-gas beskou word, is dit nie baie suksesvol nie. Daar is ook \u2019n poging om die Oranjerivier-hasiegrappies weer te laat leef wat vinnig afgeskiet word.<\/p>\n<p>Na die dag se stap gee jy nie r\u00earig om vir die rustige slee nie. Jy is heeltemal tevrede om te l\u00ea en saam met jou BTK-maats onder die sterre en die flits\u2026 flits\u2026. flits van die vuurtoring rustig te word.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 24 November<\/strong><\/p>\n<p>Die kompetisie tussen die walaaiers en tentekomitee is al sterk aan die broei en elke groep probeer hul werk so vinnig en effektief moontlik doen. Sommige meisies voel dat die tente-manne \u2019n bietjie t\u00e9 effektief is en tente afslaan voor hul klaar gepak is.<\/p>\n<p>Julle neem vroegoggend al die groepfoto, met die vuurtoring in die agtergrond. Op die foto verskyn Jaco weer as homself: Willie van Schalkwyk het nou die Sabel-identiteit oorgeneem. Jaco s\u00ea hy wou graag skeer, maar as jy nou moet raai, dink jy sy t\u00e9-klein broekie het\u2026 wel, te klein geword. Jou kakebeen het skaars ontspan na die groepfoto, toe is julle by die suidpunt van Afrika en nog \u2019n marathon-fotosessie vind plaas. Almal wat al ooit in een of ander mate met mekaar verband hou, word saam afgeneem: van families, tot koshuise, tot groenteskillers, tot gamedrink-vereniginglede, tot Slee Anoniem, gebruik die kans om lede-foto\u2019s te neem<\/p>\n<p>Nog \u2019n gewone galadag ontvou: julle stap verby \u2019n wrak, \u2019n ongelooflike swemplekkie wat van julle sommer so in die stap benut, nog visvangers, \u2019n uigespoelde nuttelose boei, ensovoorts. Willie van Schalkwyk sien egter die troeteldierpotensiaal raak waar die res van julle dit miskyk (jy kan nie dink hoekom nie) en neem vir hom \u2019n boei, ag ekskuus, \u2019n hond aan. Di\u00e9 word Noble gedoop, met \u2019n tou om Willie se lyf vasgemaak en stap die res van die gala saam. Jy raak bekommerd: jy is nie \u2019n eerstetoeris nie, en selfs j\u00fd dink d\u00eds bietjie vreemd<\/p>\n<p>By middagete probeer Ed Delport vergeefs om tannie Miems te wen in \u201choney if you love me, please smile\u201d. \u2019n Onmoontlike taak: mens kan mos nie anders as om vir haar te glimlag nie, \u00e9n dan het sy nog iewers \u2019n trucker cap en aviators geleen wat nogal vir \u2019n snaakse prentjie sorg. Die middagbroodspan gaan smeer brood op \u2019n stoepie d\u00e1\u00e1r bo-op die duin. Die gevolg is \u2019n broodry teen die bult op. Sommige honger mense, sien jy, gaan staan sommer dadelik na hul brood gekry het weer in die ry vir seconds. Barbaars om die minste te s\u00ea. Gepraat van barbaars, Antonie het duidelik \u2019n positiewe ervaring van die sonbrandroomaansmeer wat so gereeld moet gebeur: \u201cDis \u2019n nuwe ding in die BTK, s\u00ea hy: jy smeer net room op jou lippe en maak gereed vir aksie.\u201d Dis ook op hierdie stadium wat julle hoor dat Phil en Kobus die Sabel-storie totaal geglo het.<\/p>\n<p>Na middagete is dit \u2019n mooi, lang, plat stuk sand tot by die slaapplek op die plaas Brandfonein. Petrie en Eberhard maak die pad korter deur bordjies te wys wat die tyd tot by die kampplek aandui. Intussen, hoor jy, trap Nick amper op \u2019n pofadder. Dit sou nie die eerste keer op die gala wees wat jy wonder of jul voorsitter nie dalk \u2019n bietjie t\u00e9 diep in \u2019n sekere kosdogter se o\u00eb kyk nie.<\/p>\n<p>Bagasie-aflaai word \u2019n spanpoging toe almal die walaaiers help met \u2019n aflaai-lyn by Brandfontein. Nadat almal uitgevind het waar die storte, ag die stort, is, en die pouhokke gegrawe is, kan die eerstetoeriste verder gaan oefen, want die soete wraak kom al nader. Vanaand verskyn die kitare \u2013 onder andere Tinus en Pieter Holtshauzen s\u2019n \u2013 en Lodi se banjo vir die eerste keer r\u00earig, maar die singery is eintlik net \u2019n voorsmakie vir die volgende aande se saamsing.<\/p>\n<p>Na nog \u2019n lekker aandete is julle in die slees vir die eerstetoeriste-konsert. Lodi paradeer met sy harem spinnies.. en later w\u00e9\u00e9r toe Lelani Pienaar sy sleegetalle nog verder uitbrei. Karien Malan laat nie op haar wag nie en kry hom terug deur al die eerstetoerismans as haar sleemaats bekend te stel. Van die aaitems sou jy later nie veel onthou nie, behalwe iets van Sneeuwitjie en Gatiepie wat nie kan engels praat nie: want die konsert is redelik oorskadu deur Nadia alias Jane Sparrow se luidrugtige arrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr wat jy seker is die Agulhas-vuurtoring kon hoor. Vir die res van die toer word enige moontlike sin met arrrrrrrrrrrrrrrrrrr opgevolg. Later kon niemand meer onthou hoekom hulle dit doen nie, maar nouja: onverstaanbare tradisies vat nogal vinnig pos in die BTK, of so hoor jy. Oom Frans Marais neem ook deel en word ook later gewraak. En Nick sou later die wraak van die bestuur voel, nadat hy heelparty se name vergeet het.<\/p>\n<p>Met \u2019n soet smaak in die mond is jul terug in die slees. Tannie Miems en Tinus voer vir Fransie en sy bruid op. Die aaitems is dus nie sonder aksie nie en\u2026 noodgevalle nie. In Gys Muller-hulle se aaitem word arme Jannie byvoorbeeld doodgeval deur \u2019n blou yskas. En toe sommige\u2026 minder-ervare toeriste\u2026 probeer om die ou grys merrie weer te gee, word hul so hard getackle deur die ouer garde, dat Du Toit met \u2019n litteken op sy voorkop daarvan afkom.<\/p>\n<p>Never a dull moment dink jy terwyl julle \u2013 nou almal ware BTKaners \u2013 die aand op die regte manier afsluit<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Sondag 25 November<\/strong><\/p>\n<p>Die melk moet op. En dis die ideale geleentheid vir down-downs! Na \u2019n hewige kompetisie met sterk eindpogings in al die uitdunne is dit Willie wat net-net vir Gerrie wen. Maar Gerrie sou sy beurt kry.Dis \u2019n emosionele oggend: julle moet afskeid van tannie Miems neem, en jy besef weer watter groot voorreg dit is om saam met haar te kan stap en een van die legendes na wie \u2019n kis vernoem is, te kan bel\u00e9\u00e9f.<\/p>\n<p>Hartseer hou egter nooit lank op \u2019n gala nie, en gou is Heleen Marais aan die zincsalf uitdeel want die son het julle gister bygekom. Van die kampplek af stap julle met \u2019n grondpad en die immer-teenwoordige sportbal, hierdie keer \u2019n rugbyballetjie, doen weer diens, sommer so in die stap. Julle verdwaal amper, tussen \u2019n paar huisies, en weer eens het jy jou bedenkinge oor Nick se konsentrasievermo\u00ebns op hierdie gala, maar julle is darem gou weer aan die gang en stap af see toe met \u2019n rotspaadjie. Nog tone word ge\u00ebis deur die klipperige paadjie: Willie Viljoen kry \u2019n stamp en Hans Heunis \u2019n sny, net om dinge interessant te hou.<\/p>\n<p>Julle hou gamebreak by rotspoeletjies en jy hoor \u2019n benoude stemmetjie: \u201cdaar\u2019s twee ouens bo-op my en nie een van hulle is my k\u00earel nie!\u201d. Geen kommentaar. Verder word \u2019n egBTKaanse ystermantoets word voorgestel: as iemand die kan game kan optel in die lug en kan skud om die game te meng, is hulle st\u00e9rk. Een van die ysterman-kandidate Frits van Zyl is later die verbaasde verjaardagmaatjie. Jy weet nie of die tweede versie veronderstel is om \u2019n straf te wees nie, maar te oordeel aan die glimlag op sy gesig geniet hy dit voluit. Later die dag voel Suzaan Hauman te sleg om Frits, op sy verjaardag, te laat sien hoe swak sy pass is. Die gevolg is dat sy\u2026 um, \u2019n stukkie strand koop in haar poging om \u2019n boei te vang. Vir die rekord: dit was \u2019n ander boei: Willie sou nooit toelaat dat julle vir Noble so heen en weer gooi nie. Dit was Santie, so gedoop deur eienaar Frits. Intussen voel Lodi en Vicci dis hul plig om die klomp vo\u00ebls te verjaag sodat julle hulle in vlug kan sien. Asof die mooi kuslyn nie genoeg is nie, is van julle nog so gelukkig om flaminke ook te gewaar.<\/p>\n<p>Na \u2019n lekker dag se stap, sak julle op die kampterrein by Die Dam toe. En dis hier waar die singery eers vlamvat. Onder leiding van Dewet Spies wat vanmiddag by julle aansluit , die res van die kitaarspelers en Ed en sy jembe, sing julle die FAK en nog \u2019n paar ander volumes van voor af deur. Die singery het verskeie gevolge. Eerstens is jy semi-doof vir die volgende halfuur as gevolg van die improvisasie op percussionvlak: veral Kobus du Plessis en Gawie Roux se lepel-en-beker-kombinasie sny nogal deur jou oordromme. Tweedens klink enige liedjie wat nie begin word met \u201ceeeeeeeeeeen die apie sit en droom\u201d nie, vir die volgende twee weke net vir jou verkeerd.<\/p>\n<p>Tydens skiet wys oud-voorsitter Piet le Roux dat ouderdom nie vir hom \u2019n kwessie is nie toe hy s\u00ea: \u201cEk loop nie so ligtelik vir eerstejaar meisies nie, hul is dikwels heel vindingryk.\u201d Dit maak egter nie vanaand saak nie; geen mate van vindingrykhied van jou sleedate kan die re\u00ebn keer nie. Die twee manstente word ontruim, die een word \u2019n aaitem\/grappie-tent en in die ander word mafia gespeel. De Wet is in sy element en vertel onder andere die grappie van Sipho en \u201ctoo much\u201d. \u2019n Ander eenvoudige juweel word deur Maretha Hattingh, alias zef martha, gelewer toe sy julle wys hoe om \u2019n gay haai uit te ken. Die mafia-speletjie is \u2019n marathonsessie, goed geadministreer deur Piet, en word opgevolg deur nog \u2019n kleiner middernagterlike sessie. Tot Ed se groot onsteltenis, vat Gerrie die aand in die tent Ed se bottel Amarula en s\u00ea vir Du Toit-hulle kan dit maar drink, want dis eintlik sy (Gerrie) se bottel. Jy weet nou nie eintlik hoe laat in die aand dit moet wees voor mens enige iets wat \u2019n LeRoux-broer vir jou s\u00ea sommer net so glo nie\u2026 maar die amarula word toe gedrink. Nie sonder gevolge nie, volgens Ed het hy hulle dubbel en dwars terugbetaal. Of so hoor jy.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Maandag 26 November<\/strong><\/p>\n<p>Dis BTK-sondag en die feetjies en kabouters bring koffie en tee in die tent. Oom Frans lei \u2019n spesiale diens in die bos \u2019n entjie weg, en jy dink aan die storie van Saggeus toe jy die klomp BTKaners wat die boodskap vanuit die bome aanhoor, sien.<\/p>\n<p>Soos gewoonlik word \u2019n verskeidenheid sporte deur die dag beoefen: julle swem heerlik, speel frisbee, volleyball, touchies en sokker. Jy\u2019t gedink die sokkerwedstryd is die intenste vorm van sportbeoefening, maar dis v\u00f3\u00f3r jy gehoor het Naomi Brand draf laps sodat die manne kan beurte maak om saam te draf. En v\u00f3\u00f3r jy gehoor het van die stoeiery in Nadia-hulle se tent!<\/p>\n<p>Dit is \u2019n koeler dag as wat normaal is op \u2019n gala, en jy weet nie of die klomp duikers hul duikpakke aangetrek het vir die duikslag of om droog te bly in die ligte re\u00ebntjie nie. Dit lyk vir jou na \u2019n slim plan. Nicoline Murray is ook oortuig van die duikers se intelligensie, want toe Retief en Piet later aan haar verduidelik dat alikreukels eintlik kreeflarwes is, val sy daarvoor, hook, line and sinker. Hulle spin \u2019n uitgebreide storie, soos net hulle kan, en verwys haar selfs na die \u201cbioloog\u201d Dan Barnard om hul feite te verifieer.<\/p>\n<p>Na \u2019n uitstekende \u201csondag\u201dmiddagete word die sportiewe neigings voortgesit met die pitspoegkompetisie. Dit is \u2019n volwaardige toernooi: Piet is organiseerder, julle almal is skeidsregters, daar is uitdunne, tegnieke word geoefen en kameras flits\u2026 met noodlottige gevolge vir party. Na \u2019n vuurwarm stryd, word onderskeidelik Marinda Bruwer en Gerrie le Roux as kampioene gekroon, en tesourier Heleen Mills is gou by met hul trofe\u00ebe: \u2019n bakdeksel as skild vir Marinda en \u2019n emmer as beker vir Gerrie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 van julle wat n\u00f3g nie opgewarm is nie, word gelei in die Elsa-oefeninge deur Anthonie, Eberhard, Piet en Retief. Die nuwe, kleiner Stapnous verskaf leesstof vir die meeste; die kitare verskyn weer; daar word kaart gespeel en ook famous people waar sommige se algemene kennis of gebrek daaraan julle verstom. Vir di\u00e9 wat nog nie genoeg Elsa gehad het nie, maak Heleen Mills vir Koos oop, met die Koos-liedjie, spesiaal vir die BTK geskryf deur Gawie Roux: Koos is jou maatjie en hy vul daai gaatjie in jou maag, wat aanhou knaag. Of die liefjie ooit h\u00e9\u00e9ltemal klaargekryf is weet jy nie, maar die stukkie wat jy gehoor het, is nogal heel oulik. Dit kort net \u2019n \u201ceeen die apie sit en droom\u201d<\/p>\n<p>Die middag- ag aandbroodjies word \u2019n rat voor die o\u00eb gedraai deur die stokers. \u2019n Spinnekop in \u2019n margarine-bak, \u2019n eenvoudige aandag-aftrek-aksie deur Gys, terwyl Anthonie die regte margarine bak vir die \u2026 interessanter weergawe ruil, het verskeie desibels vol gevolge. Marinda Bruwer is veral verontwaardig.<\/p>\n<p>Met sleetyd bevestig Rezel van der Merwe, Nielen Bottomley en Nadia van Biljon jou vermoede dat daar \u2019n kamera in hul tent ge\u00efnstalleer moet word om al die snaakse gebeure vas te vang, reg. So snaaks soos hul liedjie \u201cMy melktert bring al die seuns na die plaas, ditsem, dis beter as kaas\u201d die aand vir julle is, soveel snaakser was die oefensessie in die tent glo vroe\u00ebr vandag. \u2019n Groot hoogtepunt is Sunet Jordaan en Zaandr\u00e9 wat \u2019n ongelooflike aaitem-kombinasie maak. Jy het so idee Sunet sal nog lank onthou word vir haar wurmpie-aaitem. Hoogtyd dat \u2019n ander wurm Herbie onttroon. Intussen hoor jy hartseer-stories van sekere besnorde players, wat in die slee aan die slaap raak \u00e9n snork, en d\u00edt met meer as een date..dis seker maar harde werk om \u2019n snorboelie te wees.<\/p>\n<p>Die kampplek by Struisbaai is toe onder die sand, hoor julle vanaand, so julle slaap m\u00f4re-aand weer by Die Dam \u2013 die busse gaan jul terugbring na die stap. . Met Nag dames verkas die groot getal huidige en oudbestuurslede kostent toe vir die bestuurspartytjie, wat vir sommige later aangehou het as vir ander.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dinsdag 27 November<\/strong><\/p>\n<p>Na die rusdag is julle reg vir stap en die van julle wie se velle nog nie soos leer is nie, smeer sonbrandroom aan. In die skemer oggendlig van hul tent, en nog effens deur die mis, vra Lydia-Ann verward aan Nielen hoekom sy roll-on aan haar gesig sit. Sy verduidelik later dat sy gedink het die een-of-ander BTKgeheim is om nie te sweet nie. Na alles wat sy al op haar eerstetoer moes aanskou en aanhoor, kan jy haar nie rerig kwalik neem nie. Phil du Plessis is slot en skiet Karien Malan as sy sleutel. Nadat sy egter wil kyk of haar hoedsleutel wel die broekslot kan oopsluit \u2013 terwyl Phil die broek aanhet \u2013 raak Lodi bekommerd en effe besitlik. Die gevolg is dat Karien toe maar in \u2019n loper verander en nie heeltemal so konstant aan Phil se sy is nie.<\/p>\n<p>Die klomp arrrrr\u2019ende BTKaners is natuurlik uit jul vel van opgewondenheid toe julle nog \u2019n wrak teekom waarop jul kan klouter en jul seerowerfantasie uitleef. As hy kon, sou die wrak verseker gebloos het van al die fotografiese aandag.<\/p>\n<p>Middagete is op \u2019n punt by \u2019n paar huisies. Dis w\u00e1rm met min skaduwee, en die eienaar van die stoep waarop julle die brood smeer steek sy verbasing goed weg. Julle poog om te swem, maar Suzaan Ekermans-hulle hardloop gou uit omdat hulle \u201ciets\u201d in die branders gesien het. Di\u00e9 wat wel oor hul vrees vir die iets kan kom, kan ook nie juis lank swem nie, want die water is ys-yskoud, selfs vir die gehardste seerowers onder julle. Julle l\u00ea toe eerder in die son, en die lang ry BTK-meisies in swembroeke verskaf die ideale materiaal vir die \u2019n gala-bemarkingsfoto.<\/p>\n<p>Die scenery is mooi (soos gewoonlik) toe jul verder stap, en sommer gou is julle by die bus en op pad terug na die nou-bekende kampplek vir die derde aand in \u2019n ry. Die storte is weer baie gewild en die sangsessies wat die aande kenmerk word tot die storte uitgebrei.<\/p>\n<p>Dis damesskiet vanaand en die groot getal ekstra dames maak dit \u2019n nog groter geskarrel as gewoonlik. \u2019n Paar ou aaitems word opgevoer, Eberhard is weer die eend wat spykers vra in die middel van \u2019n ander aaitem en Ileana en Suzaan is die blou yskaste wat oor die verhoog hardloop om seker te maak almal is nog wakker. Nielen is weer Prof Bottomley en beeld saam met Dr Swart die lewenssiklus van die waterdruppel uit. De Wet se \u201cone times two is twoooo\u201dlaat julle ook lekker lag.<\/p>\n<p>M\u00f4re groet julle die Dam vir die laaste stapdag en dan is die einde sommer naby. Maar jy gaan nie nou daaraan dink nie: jy sing eerder die Magaliesbergse aandlied saam en is saam dankbaar oor ongelooflike mooi stapdae soos vandag, oor lekker lag en oor daar geen teken van die voorspelde oorstromings is nie.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Woensdag 28 November<\/strong><\/p>\n<p>Die paar eerstetoeriste wat n\u00f3g nie hul bedenkinge oor die BTK gehad het nie, kry dit definitief vanoggend, toe Piet en Retief met hul leerbroekies en Retha Heymann en Hanneke Botha met hul gekolde uitrustings die kring binnetree. Na \u2019n vreeslik omslagtige verduideliking, en die skep van nog twee \u2018baie ou BTK-tradisies\u2019, naamlik die \u2018oud-voorsittersbroek\u2019 en die \u2018sekretaris strikdas\u2019, word die items aan die nuwe ampsdraers oorhandig. Die oudvoorsittersbroek word nie gedra nie, uit respek vir die huidige voorsitter en om te vir seker dat die kollig nie gesteel word nie. Die kollig is vir seker op Nick toe hy, met die broekie, sy hondjie moet soek. Jy\u2019t nie gedink enige iets kan erger as die hospicebroekies wees nie. Maar jy\u2019s weer eens verkeerd bewys.<\/p>\n<p>Die laaste stapdag Pearly Beach toe is een van die mooistes en die gees onder julle is ongelooflik. Nie eers die brood vol sand kan dit demp nie, en jy moet die middagbroodjies erkenning gee vir hul vindingryke gooi-die-toebroodjie-in-die-sak metode. Te gou is julle weer by jul bestemming, en na \u2019n toer van Pearly op die busse op pad Uilkraal toe. Toe gerugte van \u2019n dansuitstappie blyk om net gerugte te wees, besluit sommige ywerige dansers om sommer hul vaardighede langs die braaivleisvure op te skerp.<\/p>\n<p>Toe Mignon \u2019n bevel gee en die aanhoorder daaroor kla, verklaar Eberhard beslis: \u201cSy\u2019s kosma, sy kan enige iets doen sy is soos die koningin van Engeland\u201d. Jy weet nou nie daarvan nie, maar julle het verseker soos konings ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Een groot lepel-l\u00eaerige hopie word in die middel van die sleekring gevorm, en jy kan maar net jou kop skud. Die groot getal eerstetoeriste wat deelneem aan hierdie aksie laat jou ophou wonder oor of hul dink die BTK is vreemd. Duidelik het hulle nou ten volle aangepas, soveel so dat jy hulle nie meer kan uitken nie. Dit kitare word weer getokkel, roomys en sjokoladesous word geniet voor julle in die slees klim vir die laaste aaitems.<\/p>\n<p>Die tentekomitee en walaaier-kompetisie word verder gevoer tot op die verhoog vanaand, en Kobus-hulle se uitbeelding van tentopslaan is baie snaaks, alhoewel dalk nie heeltemal akkuraat nie. Lodi se Engelspraat verskaf ook groot vermaak met dele soos: My voet haak toe vas op die wortel van \u2019n boom. Ek val toe en breek my sleutelbeen. My foot hook fast on the carrot of a tree. I fall and break my keybone. Na nog \u2019n ellelang aaitem, waar dit vir jou lyk of die idee was om alle bestaande aaitems in een saam te vat, is dit tyd vir aandgodsdiens. Maar nie vir slaap nie: \u2019n sleelekkergeveg word geloods, dis nou tussen di\u00e9 wat wel nog wakker is. Dit is asof almal die laaste aand van Gala 2007 nog bietjie probeer uitrek, amper soos daai laaste aaitem.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Donderdag 29 November<\/strong><\/p>\n<p>Dis tyd vir oppak. En dit beteken die einde is in sig. Vir \u2019n groot klomp van julle is dit darem nie die einde met \u2019n hoofletter nie, wel vir die paar wat maan toe gestuur word: Hel\u00e9ne Rabie, Lelani Pienaar, Ileana Smit, Andries van Reenen, Heleen Marais en Tinus de Wet. Om hierdie ou toeriste te hoor praat oor hul ervaringe laat jou opnuut besef hoe bevoorreg jy is om hierdie interessante, vreemde, onvergeetlike ding wat hulle die BTK noem, te kan ken.<\/p>\n<p>Tyd vir nostalgie en stilstaan is daar egter nie: daar\u2019s \u2019n terrash wat wag! En as jou naam Tinus is: \u2019n Internet caf\u00e9 om te Facebook. Die Hermanus-Spur word nie net oorval deur die hele honger, songebrande toergroep se verskeidenheid bestellings nie, en hulle moet nie net \u2019n luidrugtige weergawe van De machtige koning aanhoor nie. Nee hulle moet ook, sonder dat hulle daarvoor gevra het, die gasheer wees vir die grootste Spur Burger challenge in die geskiedenis van die BTK. Die kompetisie is intens, of so lei jy af uit die gejil van die verskillende fan clubs, jy kon nie r\u00earig veel sien nie: eerstens omdat julle nie op die banke mag staan nie, en tweedens omdat daar te veel deelnemers is om almal gelyk dop te hou. Op die ou end tree Gerrie as die oorwinnaar uit die stryd\u2026 weer. En vir di\u00e9 wat wou kla oor matchfixing is daar ongelukkig geen bewyse nie, aangesien Piet nie weer beoordelaar was nie.<\/p>\n<p>En alhoewel julle eintlik versadig is, kan julle nie die weersoeking van Prinses-roomys weerstaan nie, gala is mos somer, en somer is mos roomys.<\/p>\n<p>Die twee busse is besonder rustig, hier en daar word spontaan gesing, meeste mense slaap en almal dink terug aan \u2019n goeie week.<\/p>\n<p>Terug by die parkeerterrein wag Nick vir julle na sy voorlegging, en moet hy aanhoor hoe Gerrie alles gewen het en nie meer mag deelneem nie. Die dankies word ges\u00ea (en daar\u2019s baie) Nog \u2019n toer is verstreke gesing, en daar word gekoning. Hier en daar staan \u2019n her-skrywer op pad Neelsie toe verstom stil om die gedoente te aanskou. Maar julle kan nie minder omgee nie. Julle het n\u00f3g 7 heerlike, onvergeetlike, gese\u00ebnde BTK gala-dae ervaar, n\u00f3g herinnerings en vriende gemaak, en van \u2019n paar afskeid geneem. En julle weet daai klomp vreemde mense daar ander kant kan daai gevoel nooit verstaan nie.<\/p>\n<p>Nag dames, dit was lekker.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Suzaan Hauman<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Donderdag 22 November Die Neelsie-parkeerterrein moes al getuie wees vir vr\u00e9\u00e9mde goed. Maar jy dink die jaarlikse saamtrek van BTKaners op pad gala toe moet onder die vreemdstes tel. Ongeveer 120 studente, uitgeput na \u2019n jaar en \u2019n eksamen sak op \u2019n bestemde tyd op die parkeerterrein toe met bagasie van wisselende grootte en vorm, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-674","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/674","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=674"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/674\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":677,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/674\/revisions\/677"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=674"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=674"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=674"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}