{"id":690,"date":"2010-09-22T13:32:54","date_gmt":"2010-09-22T11:32:54","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=690"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"uitstappie-beskrywings-20102011","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2010\/09\/uitstappie-beskrywings-20102011\/","title":{"rendered":"Uitstappie beskrywings 2010\/2011"},"content":{"rendered":"<p><strong>NAWEEKUITSTAPPIES:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Stellenboschberg \/ Haelkop \u2013 16-18 Okt 2010<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie lekker roete is sommer gele\u00eb in ons eie agterplaas. Ons begin by Paradyskloof en stap dan met \u2018n steil paadjie tot op Stellenboschberg waar ons kamp opslaan. As dit nie te dynserig is nie, behoort ons die son agter Tafelberg te sien wegsak. Die volgende dag klim ons Haelkop uit en geniet die uitsigte oor Valsbaai, Stellenbosch en die Kaapse vlakte vanwaar ons met die selfde roete weer tot onder stap.<!--more--><\/p>\n<p><strong>Waterval (Porterville) \u2013 17-20 Feb 2011<\/strong><\/p>\n<p>Die kampplek naby Porterville se naam is Waterval. Die naweek sluit \u2018n avontuurlike 8 uur stap in deur \u2018n woudagtige ravyn met meer as 20 watervalle en swempoele! Daar is hope geleentheid vir swem en baljaar in die helder verfrissende water. Hierdie is \u2018n rustiger tipe roete en geskik vir almal.<\/p>\n<p><strong>Arangieskop \u2013 8-10 April 2011<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie roete is gele\u00eb in die Dassieshoek-natuurreservaat naby Robertson. Die eerste dag behels \u2018n styging van meer as 1100 m na die luukse oornag hut wat oor die Koovallei uitkyk. Die tweede dag se roete begin met \u2018n klim na die 1850 m ho\u00eb Arangieskop wat asemrowende uitsigte verskaf. Daarna daal die roete redelik vinnig terwyl dit in \u2018n ravyn met \u2018n aanloklike swemkuil afkronkel. Daar is ook \u2018n hele paar geleenthede vir swem langs die pad. Hierdie is \u2018n meer uitdagende tipe roete vir fikse stappers.<\/p>\n<p><strong>Fonteintjiesberg \u2013 29-31 April 2011<\/strong><\/p>\n<p>Fonteintjiesberg is gele\u00eb aan die die Noord-Oostelike kant van Worcester in die Breederiviervallei. Die stap begin aan die voet van die berg, binne die Fairy Glen natuurreservaat. Aanvanklik is dit \u2018n stewige klim teen die hang van die berg, maar wanneer jy die bekende Lemoendraai bereik, is dit \u2018n rustige stap tot by die Thomas hut. Die hut is goed ingerig met meeste van die basiese benodighede bv. matrasse, lopende water, toilet en eetgerei. Die rugsakke word by die hut gelos om tot by Fonteintjeisbergpiek te stap waar jy \u2018n asemrowende 360 grade uitsig oor die hele Breederiviervallei, Hexriviervallei en in die rigting van Ceres het.<\/p>\n<p><strong>Matroosberg (5-7 Augustus 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie is beslis \u2018n piek wat jy agter jou naam kan skryf aangesien dit die hoogste een in die Weskaap is. As moedernatuur saamspeel gaan daar sneeu wees om teen af te gly, sneeumanne mee te bou en mekaar met sneeuballe te peper. Ons slaap twee nagte in De Doorns vanwaar ons die berg sal aandurf. Ons gaan slegs met dagsakkies stap, so \u2018n rugsak is nie nodig nie. Fiksheid word vereis vir die byna 2 km se vertikale styging.<\/p>\n<p><strong>Hottentots Holland (14-16 Oktober 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie roete is die naaste naweekstap aan Stellenbosch en tog het so min mense dit al gedoen. Die begin van die roete is naby Grabouw. Ons slaap in die Landroskop hut en stap deur ongelooflike mooi bergfynbos, rotspoele en watervalle.<\/p>\n<p><strong>DAGUITSTAPPIES:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Katedraal \u2013 18 Sep 2010<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebr as die Pieke<\/p>\n<p>Kom klim een van die indrukwekkendste berge in Jonkershoek, 1515 meter bo seespie\u00ebl, en ho\u00ebr as die Pieke! Dis \u00b4n vol dag se klim en jy moet verkieslik nie te kwaai bang wees vir hoogtes nie, en relatiewe fiksheid word vereis&#8230; m.a.w. as jy meer as tien series per week kyk, moet jy maar tuis bly! Dit beloof asemrowende uitsigte oor die Kaapse berge, so moenie jou kamera vergeet nie!<\/p>\n<p><strong>City Rock \u2013 25 Sep 2010<\/strong><\/p>\n<p>Vir al die rotsklimmers<\/p>\n<p>Ons beplan om \u2018n inleidings \u201ctop rope\u201d kurses by City Rock in Kaapstad te doen. Die kurses is 2 ure lank en daar gaan na die tyd \u2018n (verniet) halfuur lange inleidende \u201cbouldering\u201d kurses wees.Verder gaan almal wat deelneem \u2018n verniet 7 dag vrye toegang pas kry. (\u2018n dag pas is R60!) Ons vat die trein, so maak reg vir grootskaalse avontuur!<\/p>\n<p><strong>Tafelberg \u2013 3 Okt 2010<\/strong><\/p>\n<p>Ons gaan Tafelberg in twee groepe klim. Een groep gaan van Kampsbaai se kant af (via Corridor Ravine) by die berg op om die Tranquility Cracks en versteekte geelhoutbome te soek. Van hier gaan ons na die Hutchinson-Hely dam en dan af by Nursery Ravine tot in Kirstenbosch. Die tweede groep stap teen die gesig van die berg uit met die bekende Platteklip Gorge paadjie tot by die hoogste punt op Tafelberg, MacClear\u2019s Beacon, en gaan dan af via Skeleton Gorge tot in Kirstenbosch.<\/p>\n<p><strong>Bothmaskop volmaan \u2013 24 Okt 2010<\/strong><\/p>\n<p>Ons beplan om met volmaan \u2018n soortgelyke uitstappie te doen as die Kapenaars en Bothmaskop in plaas van Leeukop te klim. Dit sal die BTK se eerste naguitstappie wees so moet dit nie mis nie!<\/p>\n<p><strong>Sjampanje Ontbyt (30 Januarie 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie is \u2018n \u2018welkom terug\u2019 uitstappie en is gratis vir alle lede van die BTK. Kom kyk hoe kom die son op oor Bothmaskop met die BTK se eerste uitstappie van die jaar. Ontmoet ook die BTK bestuur en hoor wat beplan ons vir die jaar!<\/p>\n<p><strong>Happy Valley (Bainskloof) (13 Februarie 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Die Happy Valley staproete begin so 10km buite Wellington in Bainskloof. Die 9km roete bevat &#8216;n hele paar indrukwekkende bergpoele en die Junction Pool, aan die einde van die roete, is baie gewild. Die roete is geskik vir stappers van alle vlakke en\u00a0fikshede en dit is veral beginners wat dit sal geniet.<\/p>\n<p><strong>Rock Hopper (Bainskloof) (13 Februarie 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Die Rock Hopper roete is \u2018n kort, maar avontuurlike roete in Bainskloof. Stappers moet van rots-tot-rots spring en selfs by plekke swem om deur hierdie 6km lange kloof te beweeg. Dit beloof om groot pret te wees in die somer!<\/p>\n<p><strong>Crystal Pools \u2013 26 Februarie 2011<\/strong><\/p>\n<p>Crystal Pools is &#8216;n rustige staproete 7km buite Gordons Baai.\u00a0Die 8km roete begin by die mond van die Steenbras rivier en neem stappers deur die Steenbras Reservaat tot by asemrowende poele en watervalle. Daar is &#8216;n hele paar poelspronge vir die brawes daar buite.<\/p>\n<p><strong>Helderberg (30 Maart 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Die Helderberg Natuurreservaat in Somerset-Wes is gele\u00eb teen die pragtige Helderberg. Daar is &#8216;n 8km staproete wat tot heel bo op die berg gaan en &#8216;n ongelooflike uitsig oor Valsbaai bied. Die stap is rustig, maar &#8216;n matige fiksheidsvlak is nodig vir die styl dele.<\/p>\n<p><strong>Pieke \u2013 16 April 2011<\/strong><\/p>\n<p>Kom stap die legendaries Pieke, een van die hoogste berge in Jonkershoek! Dis \u00b4n vol dag se klim en relatiewe fiksheid is &#8216;n vereiste! Dit is verseker nie &#8216;n rustige stap nie en jy moet verkieslik nie te kwaai bang wees vir hoogtes nie.<\/p>\n<p><strong>Somerset Sneeukop \u2013 23 Julie 2011<\/strong><\/p>\n<p>Ons beplan om die hoogste piek in die Boland, Somerset Sneeukop, te klim! Dis \u00b4n vol dag se klim, maar nie tegnies moeilik nie. Die roete is besonders mooi met uitsigte soos min. Ons begin in Jonkershoek en gaan verby Eerste- en Tweede Waterval en by Kurktrekkersnek op.<\/p>\n<p><strong>Devon Valley wingerdstap\/wynproe \u2013 6 Aug 2011<\/strong><\/p>\n<p>Devon Valley is &#8216;n wynplaas net buite Stellenbosch. Die baie rustige staproete kronkel tussen deur hul wynlande en eindig met &#8216;n lekker wynproe.<\/p>\n<p><strong>Simonsberg \u2013 20 Aug 2011<\/strong><\/p>\n<p>Die hoogste losstaande berg in die Wes-Kaap<\/p>\n<p>Kom klim een van die bekendste berge in Stellenbosch! Simonsberg is met \u2018n hoogte van 1399m die hoogste losstaande berg in die Wes-Kaap. Ja, mense het respek vir jou na jy hierdie reus oorwin het. Van bo sien jy die Kaap en sy plooiberge soos jy dit nog nooit gesien het nie. Die roete is relatief steil so \u2018n beginners graad van fiksheid word vereis. Ons beplan ook \u2018n moontlike skakel met EcoMaties om die \u2018n klomp jong indringer denneboompies bo-op die berg af te saag. Moenie jou kamera vergeet nie!<\/p>\n<p><strong>Duiwelskloof \u2013 17 Sep 2011<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie is een van die mooiste klowe in die Groot Drakenstein berge met inheemse bos en groot kranse weerskante. Ons begin verby die Duiwel se Tand en hoop om later die \u2018volstruis\u2019 rots te sien. Daar is een stukkie klouter om verby &#8216;n waterval te kom.<\/p>\n<p><strong>AVONTUURUITSTAPPIES:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Valskerm spring (15-18 Oktober 2010)<\/strong><\/p>\n<p>Het jy nog altyd gevoel jy wil graag vlieg? Dan is hierdie net die regte geleentheid vir jou. Die BTK gaan weer valskerm spring by Robertson. Ons gaan by die vliegveld kamp waar hulle vir ons \u2018n kursus sal gee voor die groot sprong. Dit gaan groot pret wees. LET WEL: Ons spring static line en jy spring alleen. Jy is welkom om saam te kom al waag jy dit dalk nog nie om te spring nie.<\/p>\n<p><strong>Suicide Gorge (Omkomkloof) (5 Februarie 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie outjie is maar net die begin van groot dinge vir die avontuurlustiges onder ons en wanneer jy jou matie dagboek kry is dit die outjie wat jy eerste gaan inskryf (vergeet nou maar eers van jou ouma se verjaarsdag!) Ek glo geen matie met \u2018n tikkie avontuurlustigheid kan sy loopbaan (onthou universiteit is \u2018n loopbaan nie \u2018n renbaan nie) hier afsluit sonder om Omkomkloof ten minste een keer te doen nie.<\/p>\n<p>Hierdie is nie \u2018n katjie om sonder handskoene aan te pak nie en die naam se reeds die meeste van wat jy moet weet. Die roete is egter net so mooi as wat dit gevaarlik klink. Ons gaan vroeg die oggend vertrek en dan die die dag spandeer deur in die rivier in Omkomkloof af te beweeg en by \u2018n reeks watervalle in die rivier af te spring. Wees gewaarsku dat alhoewel dit nie noodsaaklik is om by al die watervalle af te spring nie daar tog een of twee (laererige) spronge is wat gemaak moet word. Dis ook nie nodig om \u2018n olimpiese goue medalje agter jou naam te h\u00ea om hierdie uitstappie mee te maak nie, maar jy moet darem nie in jou eie badwater verdrink nie! (M.a.w. jy moet so bietjie kan swem aangesien van die dele geswem moet word). Ons begin naby Grabouw.<\/p>\n<p><strong>See Kajak (5 Maart 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Somer, son, sand en see \u2013 wat meer kan enigeen dan nou voor vra? As jy ges\u00ea het \u2018n tikkie avontuur spits jou ore!<\/p>\n<p>Die BTK gaan al hierdie lekker dinge kombineer deur \u2018n see-kayak uitstappie romdom Gordonsbaai aan te pak. Dit is \u2018n pragtige roete wat min mense die kans kry om van hierdie hoek af te beskou. Die vaardigheidsgraad van hierdie uitstappie is darem nie te hoog nie en met die son op jou gesig en die see-sproei in die lug is hierdie mos net die manier om die somer tye ten volle te benut!<\/p>\n<p><strong>Doringrivier roei (29-31 Julie 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie is weer een van daardie avonture wat jy tot op jou oudag gaan onthou en almal wat jy ken gaan later moeg wees om die storie te hoor!<\/p>\n<p>Los maar die geafdrywery in \u2018n stroompie soos die Oranjerivier, want hier gaan jy alles stewig aan jou boot moet vasbind as jy daarin belangstel om nog teen die einde van die dag enigiets behalwe die wifebeater aan jou lyf oor te h\u00ea! As dit op die regte tye re\u00ebn (begin solank bid!) bied die Doringrivier \u2018n paar lekker rapids wat op min ander plekke in Suid-Afrika in te vinde is. Hierdie is pragtige roete wat op \u2018n unieke manier waardeer kan word. Hierdie beloof om \u2018n naweek te wees met genoeg avontuur en natuurskoon om enigeen se lus vir hierdie dinge te bevredig.<\/p>\n<p><strong>Silwermyn grotkruip (1 Oktober 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Wie\u2019s bang vir die donker?<\/p>\n<p>Kom verken saam met ons die Silwermyngrotte op Saterdag 1 Oktober! Hierdie grotte is een van daai onbekende juwele van die Kaapse plooiberge. Min mense weet van dit en selfs minder kan dit daarin waag sonder om te verdwaal. Die grotte is in die berge bo Simonstad gele\u00eb en is opgedeel in twee dele. Na die eerste korter grot (Boomslanggrot) kom jy uit op \u2018n belaglike uitsig oor die Kaapse skiereiland. Die tweede grot is die taaier een met baie nou gleufies en tonneltjies so mense met engtevrees moet liefs eerder daai oggend series kyk by die huis. As jy avontuur gesoek het, het jy sopas daarop getrap!<\/p>\n<p><strong>BERGFIETSUITTRAPPIES:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Majiek forest (19 Feb 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Is gelee in die Tygerberg en het ook \u2018n paar ongelooflike paadjies om in te gaan speel. Hierdie uitstappie is ook vir ons BTK\u2019ners op Tygerberg wat graag die roetes wat naby aan hulle gelee is te kan gaan ontdek.<\/p>\n<p><strong>Welvanpas (7 Mei 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Die Welvanpas roetes is gelee net buite wellington naby bains kloof. Daar is drie roetes van tussen 8 en 18km, waarvan ons \u2018n kombinasie gaan ry. Die roetes bestaan uit \u2018n mengsel van uitdaagende klimme en tegniese enkel spoor tot rustige vloeiende paadjies. Hierdie roete is \u2018n moet vir enige bergfiets liefhebber om te ry.<\/p>\n<p><strong>Lourensford (13 Aug 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Lourensford is gelee in die Helderberg kom en is \u2018n ongelooflike plek om met jou fiets te gaan speel. Toegang is baie beperk en daar word elke keer spesiaal gereel vir \u2018n uitstappie. Daar is +-250km se grond paaie in Lourensford van bo in die berg tussen koel waterstrome tot onder tussen die plantasies. Roetes word self bepaal die oggend van die uittrappie afhangend van die fiksheid vlakke van die betrokke mense. Vir die wat van enkelspoor paadjies hou, kom gerus saam hier is so \u2018n hele paar ongelooflike paadjies.<\/p>\n<p><strong>Oak Valley (Grabouw) (24 Sep 2011)<\/strong><\/p>\n<p>Taai 30km enkelspoor<\/p>\n<p>Hierdie is \u2018n uitdagende enkelspoor roete van ongeveer 30km op by Oak Valley, Elgin Grabouw. Oak Valley is een van die mooiste en beste plekke in Grabouw om te gaan ry. Dis \u2018n droom vir enige ryer wat lief is vir \u2018n lekker vloeiende enkelspoor paadjie. Ons gaan \u2018n kombinasie ry van \u2018n sterk amateur (rooi) en gevorderde (swart) roete. Daar is ook wel \u2018n aangrensende beginner (groen) roete vir diegene wat nog nie loshande kan ry nie. Al drie roetes oorvleuel gereeld. Daar is ook \u2018n moontlike wynproe wat by die eindstreep wag. Kom trap saam!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>NAWEEKUITSTAPPIES: Stellenboschberg \/ Haelkop \u2013 16-18 Okt 2010 Hierdie lekker roete is sommer gele\u00eb in ons eie agterplaas. Ons begin by Paradyskloof en stap dan met \u2018n steil paadjie tot op Stellenboschberg waar ons kamp opslaan. As dit nie te dynserig is nie, behoort ons die son agter Tafelberg te sien wegsak. Die volgende dag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-690","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/690","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=690"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/690\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":692,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/690\/revisions\/692"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=690"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=690"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=690"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}