{"id":694,"date":"2011-07-15T13:53:03","date_gmt":"2011-07-15T11:53:03","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=694"},"modified":"2012-08-05T11:47:22","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:22","slug":"oranjerivier-julie-2011","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/07\/oranjerivier-julie-2011\/","title":{"rendered":"Oranjerivier Julie 2011"},"content":{"rendered":"<p><strong>DAG 0 10\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Die lang Junie-vakansie staan einde se kant toe en dis weer tyd vir vroeg opstaan, maar niemand staan ooit so vroeg op nie selfs nie eers in die kwartaal nie! Dis 4:15 en daar is alreeds lewe by die Neelsie se parkeerterrein. Die manne word opgekommandeerom die bus te laai en kort voor lank suiker die bus vol studente by die Neelsie se parkeerterrein uit oppad Oranjerivier toe. Die eerste been van die rit word in stilte afgehandel terwyl almal vir oulaas laat probeer slaap. Na die son op is is daar egter geen genade nie en dit klink of jy jouself tans in een van Stellenbosch se kuierplekke bevind.<!--more--> Jy wonder by jouself of die stap dan so uitmergelend gaan wees dat jy nou al voorberei word want jy hoor net die heeltyd \u201cEveryday I\u2019m shuffling\u201d. Langs die pad word daar kennis gemaak met van die nuwe gesigte alhoewel meeste nog eers die kat uit die boom uit kyk\u2026 nie die laaste uitkyk wat in die volgende paar dae gaan gebeur nie. Die pad raak by tye bietjie lank en eentonig want soos Jacques le Roux s\u00ea gaan daar stukke pad verby waar jy \u2018n bobbejaan voor in die pad sien sit en eers 15 min later by hom verby ry. Gelukkig is die Awesome Foursome boyband Charlie, Christiaan en Dupie daar om die eentonigheid bietjie te verbreek.<\/p>\n<p>By die Raap-en-Skraap (of Haak-en-Steek soos Magriet Muller hom roep) kampterrein aangekom word nes geskrop en \u2018n paar van die brawer manne, Pieter Smit, Danielle Toros en Julian van Zyl, durf die yskoue Oranje aan vir \u2018n eerste lyf natmaak. Die tente opgeslaan word gou gou opgeslaan en \u2018n grootskaalse worsbraai word van stapel gestuur. Nadat almal se mae gevul is word daar \u2018n paar begrippe wat vreemd vir die grootste gedeelte van die geselskap is verduidelik. Woorde soos slee, skiet, hekel en item kry nuwe betekenis. Daar word aangekondig dat daar deur Edelagbare Rabie gehekel sal word en ter illustrasie word daar losgetrek:<\/p>\n<p>Christiaan: \u201cEdelagbare Rabie ek wil graag weet wat Niel Anderson bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u2018Wil jy op my l\u00ea of moet ek op jou l\u00ea. Of moet ek jou oor my skoot trek!\u2019\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by George weet wat hy bedoel het toe hy sy onderbroek vir haar aangegee het en ges\u00ea het \u201cHou gou hier.\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Rensa weet wat sy dan bedoel het toe sy ges\u00ea het dat hy nie sal weet hoe biesmelk proe nie. Blykbaar het sy bies- en moedersmelk bietjie verwar.<\/p>\n<p>Magriet wil weet wat Kara bedoel het toe sy ges\u00ea het sy en Rensa sal moet kies tussen \u2018n lesbiese verhouding of \u2018n threesome met Dupie. Daar word egter uitgewys dat dit Magriet was wat hulle die keuse gegee het. As totale objektiewe sketskrywer is ek van mening dat dit eintlik \u2018n baie dom vraag is aangesien die antwoord so voor die hand liggend is!<\/p>\n<p>Christiaan hanteer aandgodsdiens en met die laaste note van die Magaliesbergse aandlied vars in die lug gaan kruip almal vroeg in want more begin die groot stap!<\/p>\n<p><strong>DAG 1 11\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Die son het nog nie lekker sy verskyning gemaak nie of jy moet hoor hoe bobbejaan die berg klim. Jy dink waarskynlik by jouself dat hierdie gesingery so vroeg in die more \u2018n baie slinkse taktiek is om jou aan die gang te kry want wie kan dan nou slaap met so \u2018n rumoer? Die son verrys met helder glans en jy pop uit die bed soos \u2018n stuk toast uit \u2018n toaster. Almal is baie opgewonde en ywerig om te begin stap. Heel voor in die koor is natuurlik Hanno Bouwer want sy alarm het reeds 3:20 vanmore afgegaan. Hy is egter salig onbewus daarvan en Charlie de la Harpe is op die ou end die held in die verhaal wat die alarm tot swye bring.<\/p>\n<p>Die kamp word opgeslaan en kort voor lank word daar \u2018n kring gevorm om bietjie te sing en Christiaan lees uit Jesaja 43.<\/p>\n<p>Op die bus gekom wag daar \u2018n verassing in die vorm van \u2018n vo\u00ebl wat gereken het dis \u2018n goeie oornag stop. Ohna Schoombie voel bedreig en wil net seker maak hys alleen.<\/p>\n<p>Die bus sukkel bietjie om weg te kom maar na \u2018n gesukkel waar die waentjie eers afgehaak word kom die bus darem op die pad vir die laaste skof voor daar begin stap word.<\/p>\n<p>\u2018n Laaste stop word gemaak by Onseepkans en terwyl George \u2018n paar laaste dinge uitsorteer glip die manne gou in by Onseepkans bottelstoor om \u2018n ietsie vir die koue nagte op te tel.<\/p>\n<p>Uiteindelik stop die bus en almal sorteer gou vir oulaas uit wat moet bly en wat gaan saam. \u2018n Paar vriendelike locals sien ons af en die stappery begin! Hugo Minnaar as slot en Janneke Lotter as sy sleuteltjie vat agter. George speel sommer gou gou sy lei-my-om-die-bos-kaart en nie te lank daarna nie die lei-my-oor-die-berg-kaart. Gelukkig weet jy jy sal oraait wees as jy verlore sou raak solank jy net naby Bianca Grotepass bly. Sy is toegerus met \u2018n kompas om die pad terug te vind, termometer om te waarsku as jy moet skuiling soek teen die elemente en die nodige medikasie vir enigiets van geelkoors tot malaria. Sou dit nie voldoende wees nie het sy ook \u2018n fluitjie om te blaas om hulp te ontbied. Sou daar \u2018n probleem ontstaan met hierdie fluitjie het sy ook \u2018n spaar fluitjie waarop daar terug geval kan word. Sou daar \u2018n probleem wees met beide die hoof en die spaar fluitjie hoef jy steeds nie bekommerd wees nie want dan speel sy haar troefkaart \u2013 \u2018n spaar spaar fluitjie. Sou daar egter \u2018n probleem wees met die spaar spaar fluitjie\u2026 wel dan is jy in jou kis\/moer!<\/p>\n<p>Jy verwonder jou aan die pragtige doringbome en die magtige Oranje. Jy kom sommer ook gou agter hie by die bee tee ka is die mense lekker mens mense en die mense \u2013 hulle like dit! Daar word dan sommer ook vir Nina Keyeser en Carmen Smit besluit dat hulle eendag in \u2018n vennootskap moet ingaan om wyn en Fransmanne in Suid-Afrika in te voer. Christelle Leuvenink dien as die komiese afleiding toe sy ten aanskoue van almal besluit om in die modder te gaan sit. Kara Muller wil nie afsteek nie en wys \u2018n bietjie later hoe dit eintlik gedoen moet word.<\/p>\n<p>\u2018n Paar van die manne se sakke is duidelik te swaar en dis nie lank nie of Ben Cilliers, Jaco Cilliers en Nico Russouw knak \u2018n koue enetjie. Die manne is duidelik nie net goed voorberei vir die warm dae nie maar ook vir die koue nagte want Jaco laat hoor dat die mense maar kan verby hou aangesien EEN van sy bottels whiskey aan die lek is en hy die situasie moet beredder.<\/p>\n<p>Jy sal vergewe word as jy by jouself wonder of hierdie dan nou \u2018n hengelekspidisie is aangesien daar by elke geleentheid, selfs in die loop, lyn natgemaak word maar jy nooit rerig sien dat iets uitgetrek word nie. Charlie de la Harpe en Christiaan Rabie vat voor maar sonder enige sukses. Die manne is egter duidelik redelik optimisties want daar word nie minder as twee roosters saamgedra nie.<\/p>\n<p>By gamebreak maak van die senior manne \u2018n kring en Helgard Meyer word ontbied. Die uitkyk begin en Helgard word as eerste-toeris konvenor gekies.<\/p>\n<p>By die kamp aangekom word daar afgesaal en Charl Etsebeth kom agter dat sy sak \u2018n paar kilometer terug by die groep foto l\u00ea aangesien hy per ongeluk Gerhard Fouchee se sak gevat het. Gerhard is baie in sy noppies met homself dat hy dan nou glad nie eers \u2018n sak hoef te gedra het nie en jy dink tipies Simonsberg! George en Lilibet staan in vir die afwesige toerouers en hanteer die ordentlikheidspraatjie. Kort daarna styg \u2018n reuse stofwolk bo die kamp op saam met die note van De Magtige Koning. Skiet is oop!<\/p>\n<p>Dis die eerste aand en standaarde is nog hoog wat higi\u00ebne betref en dus suiker almal af water toe om die eerste dag se klankie af te spoel. In manne kamp gaan dit goed en daar word selfs \u2018n bring en braai kompleet met bier langs die badwaters gehou. Vermoedelik het die meisies ook gaan was. Dit het waarskynlik in Onseepkans gebeur want dis al goed donker voor die laaste dame weer haar opwagting by die algemene stokersarea maak. Intussen reken Dupie hy kan sommer Rambo genoem word vir die res van die toer aangesien hy groepie lei, water werk, stook en kook (soos sy ma hom geleer het) alles tegerlykertyd. Dis nie lank nie of hy verdien werklik die naam toe twee van hy sy eie groepielede, Malan Jacobs en Eliana Boshoff, uithaal met \u2018n vla-granaat!<\/p>\n<p>Dis tyd om te slee en die ou-manne wys die onervare jeug hoe om \u2018n slee te bou met klas!<\/p>\n<p>Items is oop:<\/p>\n<p>Dupie, Charlie en Christiaan se vliegtuig val en Christiaan gaan soek supplies.<\/p>\n<p>Volgende is dit Hanno, George, Dupie, Charlie en Izak wat dien in \u2018n peleton op die grens wat se moeders deur \u2018n epidemie getref word.<\/p>\n<p>Magriet, Rensa en Kara pak \u2018n visvang ekspidisie op Chantelle se ysskaatsbaan aan. En het hulle nie \u2018n paar MONSTERS uitgetrek nie!<\/p>\n<p>Retha Roos weier om haar oupa George op te help aangesien hy haar verbied het om ou goed op te tel.<\/p>\n<p>Die algemene gevoel is egter dat almal moet slaap want daar word nie vreeslik intens gelag nie.<\/p>\n<p>Items is toe.<\/p>\n<p>Hekels is oop:<\/p>\n<p>George wil by Christelle weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJou onter skree vir my!\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk kan nie nou visvang nie die mense koek om my soos vlie\u00eb om \u2018n drol!\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Dupie weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cHugo ek wil met jou slee\u201d<\/p>\n<p>Dupie s\u00ea dat hy graag algemene bemarking wil doen vir Hugo, want hy het die beste sleesous en sleelekkers.<\/p>\n<p>Gerhard wil by George weet wat hy bedoel het toe hy gevra het: \u201cIs jy steriel?\u201d<\/p>\n<p>Marthinus van Niekerk wil by Christelle weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDarem is my broek nie meer vuil nie.\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar het sy vroe\u00ebr die dag \u2018n glipsie gehad.<\/p>\n<p>Johan Carinus wil by Conrnelius Smith weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk gaan aan jou klou soos \u2018n borsluis\u201d<\/p>\n<p>Cornelius verduidelik dat hy eintlik bedoel het dat hy hom gaan beetkry en aan hom klou soos \u2018n bosluis as Johan nie ophou om die lig in sy o\u00eb te skyn nie.<\/p>\n<p>Hekels is toe.<\/p>\n<p>Niel lees uit Psalm 139. Hy s\u00ea ons die pragtige natuurskoon moet waardeer.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Boesmantelevisie<\/strong><br \/>\nIewers in \u2018n drif<br \/>\nskryf \u2018n man sonder skrif<br \/>\nhomself in vir \u2018n kompetisie,<br \/>\ndie prys \u2018n boesmantelevisie.<br \/>\nIn die lig van die maan<br \/>\nkondig hul die wenners aan:<br \/>\nHelgard, George en Dup.<br \/>\nEn Charlie? Hy sit in die donker en poep!<br \/>\nKwi, Kwo en Kwit<br \/>\nEn Kwe? Hy moet in die donker sit!<\/p>\n<p><strong>DAG 2 11\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Dis vroeg in die dag op Blouberg se strand en die son verrys met helder glans. Eintlik is dit nie so vroeg nie en die son het alreeds verrys want Christiaan het besluit om almal te bederf met \u2018n bietjie laat l\u00ea.<\/p>\n<p>Dis steeds vroeg genoeg en Vonli van Eeden is geskok dat daar nou al van papsakke gepraat word. Malan Jacobs help haar reg deur haar albei sy sakke vol pap te wys wat hy reeds van die begin af saamdra. Hy besluit om \u2018n bos te bederf met ontbyt. In \u2018n nie-verwante voorval bedel Dupie die res van die toer ontbyt.<\/p>\n<p>Groepie 2 het sy eie probleme want dit kom aan die lig dat Rensa se Pronk pantoffels vars uit Springbok nie alleenlik haar pap vergiftig het nie maar ook haar groepie se brood! Gelukkig is Elsmarie Dippenaar en Michelle Tait byderhand om enige hartmasserings en dies meer uit te voer sou hartversaking of epiletiese aanvalle op die tafel kom. Rensa weier egter om te reageer en kruip dieper in haar nuwe slaapsak in.<\/p>\n<p>Jacques is slot vir die dag en Carike Bijker en Lillibet Olivier trek saam met hom in die outehuis in as jy so na George luister.<\/p>\n<p>Magriet lees uit Mat 8:23-27 waar Jesus die storm stil maak en wys ons daarop dat ons die Almagtige God dien en dus geen rede het om bekommerd te wees nie.<\/p>\n<p>Stap nou!<\/p>\n<p>Die eerste toeriste hang agter rond en oefen hulle liedjies. Gelukkig is die slot en sleutels al redelik doof.<\/p>\n<p>Die ou toeriste steek egter nie af nie en elkeen sing die lied in sy hart terwyl daar in die pragtige omgewing gewandel word.<\/p>\n<p>By middagete word daar gespekuleer of Groepie 1 daai groepie van die toer gaan wees aangesien hulle nie eers hulle sjokolade kan baas raak nie! Daar word \u2018n algemene massage-garage aan die gang gesit en na die vryf-bedryf verby is sien jy kans vir die laaste skof van die dag.<\/p>\n<p>Die aand kamp ons by \u2018n rivier wat so sout is dat Ohna sommer haar spesiale braaisout waarmee sy haar groepie bederf uit die rivier kan aanvul. Daar word ook ontdek dat daar \u2018n algemene pasta tekort in die kamp heers. By verdere ondersoek is daar ook \u2018n brood tekort, maar gelukkig is dit die BTK en niemand lei honger nie.<\/p>\n<p>Dis tyd vir die eerste-toeriste konsert en Johan se haredos word veelsydig ingespan as Europese onderarmhare en \u2018n floorwhiz pro. Dorette Vermeulen as Eldine Jantjies bedien ertjies en die manne probeer tevergeefs vir blinde Chantel Carrol be\u00efndruk. Christelle se rol in die busrit hiernatoe word heel komies uitgebeeld.<\/p>\n<p>Na die soetheid van die wraak verby is word daar weer na hartelus ge-item en Rensa en Grietjie le Roux steek Jaco Cilliers se vuurtoring aan. Hy put egter heelwat meer genot uit die ervaring en dit lyk asof hy hulle vuurtoring aangesteek het!<\/p>\n<p>Hekels is oop:<\/p>\n<p>Grietjie wil by Helgard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cI almost fell backwards on my face\u201d<\/p>\n<p>Helgard verduidelik breedvoerig dat sou hy val dit sy \u201ccat like reflexes\u201d wat hom sal toelaat om terug te val en steeds op sy gesig te val.<\/p>\n<p>Pieter Smit wil by Julian weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cBreek my tot ek huil\u201d<\/p>\n<p>Julian bieg dat dit glad nie sin maak nie.<\/p>\n<p>Retha wil by Dupie weet wat hy bedoel het toe hy vir George ges\u00ea het: \u201cOns kan in die donker gaan vry\u201d<\/p>\n<p>Carike wil by Dupie weet wat hy bedoel het toe hy aan Charlie ges\u00ea het: \u201cEk wens my meisie was so vuil soos joune\u201d<\/p>\n<p>Vuil meisies het lewenslus.<\/p>\n<p>Grietjie wil by George weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wil vir Grietjie ook \u2018n kans gee om bo te kan wees.\u201d<\/p>\n<p>Cornelius wil by Carike weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJou water het gebreek\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Bianca weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk sny GRAAG uie in die donker want dan traan my o\u00eb minder\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Eliana weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cBianca sal nie ja s\u00ea as jy haar vra om met haar te trou nie\u201d<\/p>\n<p>Almal wil by Grietjie weet wat sy bedoel het toe sy gevra is wie haar slee date die vorige aand was en sy gesantwoord het: \u201cEk weet nie\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat dit Jaco was en sy slee GRAAG met hom.<\/p>\n<p>Almal wil by George weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJulle gaan paar\u201d<\/p>\n<p>Die mense wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe Geroge hom gevryf het en hy ges\u00ea het: \u201cOe George maak so\u201d<\/p>\n<p>Hieruit en uit vorige hekels kom dit aan die lig dat Christiaan, George en Dup \u2018n oop verhouding het en graag jelly op die kant vat.<\/p>\n<p>Christelle wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe sy hom masseer het en hy ges\u00ea het: \u201cEk sou graag wou help maar ek is buite orde\u201d<\/p>\n<p>Chantelle wil by Lydia van der Brink weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cIs dit die Oranjerivier?\u201d<\/p>\n<p>Hekels is toe.<\/p>\n<p>Francois lees uit Psalm 91 en vertel dat God altyd by ons is maar ons Hom nou hier in die natuur naby kan ervaar en hierdie tyd moet waardeer.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>DAG 3 12\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Morning has broken like the first morning en toe verrys die son met helder glans. Nadat die amateurs van die verhoog verwyder is vermaak George en Dupie op spesiale aanvraag onder luide toejuiging van die gehoor die dames met Worsie Visser se treffer in Suid Wes wil ek graag bly!<\/p>\n<p>Ohna open met \u2018n stukkie uit Job en die dag word begin met die gebruiklike samesang.<\/p>\n<p>Hierdie was \u2018n lang dag. Die langste stapdag op die toer. Terwyl daar gestap word moet daar biejtie meer gefokus word om die eindpunt te haal. Mens kan nie help om by jouself te dink nie \u2013 dis hoekom hulle heeltyd daai shuffling liedjie gespeel het! Daar moet selfs oor \u2018n krans geklouter word om aan die anderkant te kom. Respek vir elkeen wat dit gemaak het veral die wat effens platgetrek was deur siekte.<\/p>\n<p>Uiteindelik by die kamp aangekom is \u2018n daar dadelik weer massage-garages aan die gang en Gerhard tugtig Kara wat hom masseer as volg: \u201cHierdie is nie \u2018n motorfiets nie, albei hande kan maar werk!\u201d<\/p>\n<p>Daar word gewas en die manne besluit dat die beste manier om droog te raak is om heeltemal oorboord te gaan deur \u2018n hele bos aan die brand te steek.<\/p>\n<p>Die tyd breek aan om kos te maak en Groepie 6 ontdek dat hulle wel nie hulle salami saam gebring het nie. By navraag word daar vasgestel dat Jaco du Plessis gereken het dat die salami vir \u2018n rede so alleen alleen in die saam-gaan boks gel\u00ea het. Ons kan nou onthul wat die rede was \u2013 dit moes saam! Gelukkig, weereens aangesien hierdie die BTK is help Groepie 1 en Groepie 3 vir Groepie 6 uit. Groepie 1 se leier, Isak Bosman, besluit egter om die situasie uit te buit en ding nie net mee in Groepie 6 se Ching vir ekstra poeding nie maar wen dit sommer ook!<\/p>\n<p>Terwyl Groepie 1 fantaseer oor watter drankie hulle gaan geniet as hulle terug kom in die beskawing verkeer Groepie 3 in die land van kondensmelk en stroop. Na hulle mening is melk en heuning niks teen dit nie!<\/p>\n<p>Cornelius is die aand se bachelor. Hy verstaan nie die begrip so duidelik nie en i.p.v. om slee pille te steel deel die man mildelik uit aan ieder en elk. Die spinnies onder leiding van Christelle verstaan egter die konsep heelwat beter en niemand se sleepille is veilig nie! Hulle grootste sonde is egter nie hulle blatante sleepil diefstal nie, maar die feit dat hulle heel dwarstrekkerig hulle slee dwars opslaan teenoor die algemene ori\u00ebntasie van die reeds bestaande slees en m.b.t. die item verhoog!<\/p>\n<p>Items is oop:<\/p>\n<p>Die spinnies neem redelik die verhoog oor.<\/p>\n<p>Items is toe.<\/p>\n<p>Hekels is oop:<\/p>\n<p>Vonli wil by Dupie weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cBianca nous dit ek en jy\u201d<\/p>\n<p>Gerhard wil by Rensa weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDowe katjies het nie ore nie\u201d<\/p>\n<p>Julian wil by Dorette weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk is maklik\u201d<\/p>\n<p>Dorette s\u00ea dat sy net dit bedoel het.<\/p>\n<p>Danielle wil by Ohna weet wat sy bedoel het toe sy gebid het: \u201cHere asb laat die kos nie na sand proe nie\u201d. Haar groepie is dit eens dat haar gebed wel nie verhoor was nie.<\/p>\n<p>Magriet wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cI like the smell of metroman\u201d<\/p>\n<p>Charlie wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEat mine and I\u2019ll eat yours\u201d<\/p>\n<p>Kara wou gehad het dat Charlie die bosluise uit haar kop moes eet en dan sou dieselfde vir hom doen.<\/p>\n<p>Marlise Stalmans wil by Helgard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cRetha, ek sal weer later vanaand rillings by jou rugraat laat afrol\u201d<\/p>\n<p>Kara wil by Gerhard weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHermafrodite? Ek hoop nie dis ek nie\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJis die ouens se onties lyk lekker\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Rensa weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cReinhard vanaand!\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar is die enigste probleem wat die dames met Reinhard Venter het die feit dat daar net een van hom is!<\/p>\n<p>Dupie wil by Marcelle la Grange weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDis jy wat agteruit gaan\u201d<\/p>\n<p>Charlie wil by Christelle weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cReinhard boudjies\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar is die enigste probleem wat die dames met Reinhard Venter het die feit dat daar net een van hom is!<\/p>\n<p>Dupie wil by Carike weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk kon nie luister watter kant dames toe is nie want al my breinselle moes ingespan word om hierdie skadukol vir die groepie uit te hou\u201d<\/p>\n<p>Kara wil by Dorette weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDis toe ek met Koos uit gegaan het. Wel nog nie uitgegaan nie maar aan die gang\u201d<\/p>\n<p>Gerhard wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJis ek het jou nog nie van agter af gesien nie \u2013 dis so groot!\u201d<\/p>\n<p>Marlise wil by Cornelius weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEks \u2018n porsche 911 en jys soos \u2018n family car. Jy lyk net die tipe!\u201d<\/p>\n<p>Gerhard wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cKan jy net gou kyk of daar nie \u2018n briekmerk sit nie?\u201d<\/p>\n<p>Marlise wil by Cornelius weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cPeanuts is soos wind kos\u201d<\/p>\n<p>Dorette wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cKan ek maar vir julle ogies maak?\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Carike weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk is baie, baie nederig\u201d<\/p>\n<p>Chantelle wil by Danielle weet wat hy bedoel het toe hy aan Cornelius gevat en ges\u00ea het: \u201cDit voel nogal lekker\u201d<\/p>\n<p>Rensa wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cSuidwes is \u2018n mooi provinsie\u201d<\/p>\n<p>Hekels is toe.<\/p>\n<p>Retha lees uit Heb 10:19 en praat oor God se voorsiening.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>DAG 4 13\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Die BTK Oranjerivier boyband sing jou wakker met \u201cYou say it best when you say nothin at all\u201d en die manne moet net keer of die papparazzi oorstroom hulle. Die manne word egter self effens verlei deur \u2018n paar bikini\u2019s waaronder \u2018n baie patriotiese ene wat uit die bome vir hulle loer.<\/p>\n<p>Wanneer die son verrys met helder glans word jy getrakteer met die pragtigste sonsopkoms soos dit net langs die magtige Oranjerivier gesien kan word.<\/p>\n<p>Die dag se stap is heelwat korter as die res van die toer. Tog kan daar nie kanse gewaag word nie en Lindi Taljaard en Gerdia lei die groep om bietjie litte los te maak en te strek.<\/p>\n<p>Voor jy jou kan kom kry is die dag se stap reeds verby. Dit ten spyte van elle lange breke in die middel van die pad om die tyd om te kry. Middagete word dan sommer by die kampplek gehou.<\/p>\n<p>Groepies 5 en 6 hou \u2018n middagete kerrievis skakeling. Dis \u2018n wen-wen situasie Groepie 6 is bly om van die kerrievis ontslae te raak en Groepie 5 word getrakteer op die ononderhandelbare BTK kerrievis.<\/p>\n<p>Die middag word daar uitgespan op die oewers van die Oranje. Kaart speletjies is aan die orde van die dag en die manne besluit om te gaan visvang. Hengel is weereens egter \u2018n beter benaming vir wat gebeur en Reinhard Witbooi word telkens ingespan om die manne se lyn te gaan los maak.<\/p>\n<p>George is die eerste een wat enige sukses behaal. Hy moet egter maar die vissie terugstuur skool toe.<\/p>\n<p>By aandete word daar weer geskakel en groepies 2, 5 en 6 en 3 en 4 skakel. Groepie 6 word bietjie gemarganaliseer in hulle skakeling en voel soos die lelike eendjie waarmee niemand wil maatjies maak nie. Hulle kook egter moedig voort. Dit kan van ver af gesien word toe daar vlamme byna so hoog soos die vorige aan se vuur die hemel inskiet. Ja nee Malan stook soos net \u2018n Malan kan!<\/p>\n<p>Dupie moet aan Charl die nuus breek dat sy sleedate, Eliana, te siek is om te slee. Hy vind egter \u2018n taktvolle manier om die nuus oor te dra. \u201cAlmal wat sleedates het steek op julle hande. Charl wat de donder dink jy doen jy?\u201d<\/p>\n<p>Groepie 1 leen Groepie 4 se blikoopmaker en bring dit gebreek terug. Die skuld word vierkantig op die groepie leier Isak Bosman se skouers geplaas. Groepie 4 se kok Christelle word egter nie so maklik van stryk gebring nie en begin rondvra na iemand met draadjies wat kan uithelp.<\/p>\n<p>Items is oop:<\/p>\n<p>Dis weer tyd vir \u2018n marathon medley item en Isak, Hugo, Charl, Vernon Steyn, Francois, George, Gerhard, Helgard, Charlie en Christiaan vat die gehoor op \u2018n warrelwind item van kroe\u00eb in Suid-Afrika deur tot in Saudi-Arabi\u00eb op kamele en in \u2018n 4&#215;4.<\/p>\n<p>Die ster item van die aand behoort aan Lindi, Ohna en Lilibet wat op \u2018n baie onortodokse manier tandeborsel. Lilibet as ek kyk na wat gebeur wanneer mens daardie tegnieke volg hou ek maar eerder by my meer ortodokse metodes!<\/p>\n<p>Jacques wil selfmoord pleeg. Gelukkig is die held Bianca by om hom te help \u2013 om sy nota reg te kry!<\/p>\n<p>Items is toe.<\/p>\n<p>\u2018n Doelbewuste poging word van stapel gestuur om die rekord te breek vir die grootste aantal hekels vir \u2018n toer en in \u2018n enkele sessie. Soveelso dat die sketsskrywer sy sleedate moet inspan om al die hekels neer te pen a.g.v. handkrampe. Christelle kommandeer dan sommer vir edelagbare Rabie en later haar sleedate Gerhard op om haar geheime stash hekels te gaan haal op haar resepte papier.<\/p>\n<p>Hekels is oop:<\/p>\n<p>Dupie wil by Bianca weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cDaar is een worsie vir elkeen. M.a.w. vier helftes elk\u201d<\/p>\n<p>Margot wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk k\u00e9n spice girls!\u201d<\/p>\n<p>Johan wil by Lilibet weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHaai ma jyt ook \u2018n voorkop!\u201d<\/p>\n<p>Charlie wil by Helgard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cMy swart serpie het in die spinnie slee beland\u201d<\/p>\n<p>Magriet wil by Retha weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk het drie klippe vandag saamgedra\u201d<\/p>\n<p>Retha s\u00ea sy het dit vir Magriet as kopkussing saamgedra.<\/p>\n<p>Grietjie wil by Magriet weet wat sy bedoel het toe sy klippe in Retha se sak gesit het. Soos vroe\u00ebr blyk dit dat sy \u2018n kopkussing nodig gehad het.<\/p>\n<p>Cornelius wil by Gerdia weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk wil my eie worsie h\u00ea\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Helgard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk lewe vir kerrievis\u201d<\/p>\n<p>Helgard s\u00ea dat dit op daardie stadium vir hom sin gemaak het.<\/p>\n<p>Dorette wil by Charl weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cAlmal is gullible\u201d<\/p>\n<p>Dorette wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy heel bekommerd gevra het: \u201cKan lintwurms oorgedra word deur vry?\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Chantelle weet wat sy bedoel het toe sy na Dupie gekyk het en gevra het: \u201cGaan hy nie sy hemp uittrek nie?\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Grietjie weet wat sy bedoel het toe sy na \u2018n paar k\u00earels verwys het en ges\u00ea het: \u201cEk het hulle blou tonge gegee\u201d<\/p>\n<p>Christelle wil by Gerhard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cJou kos is so goed soos jou groep se sterkste maag!\u201d<\/p>\n<p>Cornelius wil by Marthinus weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cWat loop op jou kop? Hare?\u201d<\/p>\n<p>Kara wil by Isak weet wat hy bedoel het toe hy die gebreekte blikoopmaker net so terug gegee het vir hulle groepie. Hy erken dat dit \u2018n baie verkeerde ding was om te doen en noem dat hy graag nou weer van die geleentheid gebruik sal wil maak om nederig om verskoning te pleit.<\/p>\n<p>Christelle wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cOuens kan ook melk produseer\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat hy net wou hoor hoe dit klink om dit te s\u00ea.<\/p>\n<p>Ohna wil by Charl weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cVebreel jou jy is op Sandy Beach en \u2018n kaal oom kom van voor af, maar nie die tipe oom waarvan jy droom nie.\u201d<\/p>\n<p>Gerhard wil by Magriet weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cHoe klink dit in my derms?\u201d<\/p>\n<p>Kara wil by Mari Smidt weet wat sy bedoel het toe sy vir Gerdia Gloria genoem het.<\/p>\n<p>Margot wil by Cornelius weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wou nie gistraand by die spinnies gel\u00ea het nie.\u201d<\/p>\n<p>Dupie wil by Ben weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cGhgrgrrrghg\u201d<\/p>\n<p>Hekels is toe.<\/p>\n<p>Simone van Tonder lees uit Eksodus 33 en vertel van God en Moses se verhouding.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>DAG 5 14\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Oh what a beautiful morning. Die dames ontwaak met die klanke van The Rose in hulle ore. Teen hierdie stadium van die toer is die verwagtinge so laag, \u2018n baie slim taktiek van die manne se kant af, dat die meisies weereens swymel voor die manne se swanesang. Die son verrys met helder glans en dis tyd om vir oulaas kamp op te slaan en jou rugsak reg te pak. Jy verkyk jou aan die brawe of seker eerder dom Helgard en Dupie wat besluit dis tyd om \u2018n voor ontbyt swempie te vang.<\/p>\n<p>Lilibet lees uit Mat 16 die verhaal van die kameel wat deur die oog van \u2018n naald moet pas en \u2018n stukkie uit Ef 5.<\/p>\n<p>Dupie is vir oulaas slot en sy sleuteltjie is Retha Roos van Riversdale!<\/p>\n<p>Voor daar gestap word is gelukwensing eers in orde. Danielle verjaar! Hy is net so verbaas om te hoor dat hy verjaar soos meeste van die toergroep. Charlie wens sommer vir Cornelius ook geluk met Danielle se verjaarsdag.<\/p>\n<p>Die laaste stukkie pad vlieg verby en daar word vir oulaas lekker gesing om die pad bietjie selfs nog korter te maak. Jy wens die tyd kan bietjie stadiger verbygaan soos jy jouself verkyk aan die pragtige canyon waarin jy jouself bevind.<\/p>\n<p>Game break word net voor Klein Pella gehou en die manne haal mannewales uit om die ene te wees wat die meeste lekkers in hulle mond gevang kan kry.<\/p>\n<p>George roep vir oulaas op met die sakke! Lilibet trek aan die kortste ent van die vorige aand se item, maar gelukkig is Jaco du Plessis byderhand om hand te gee en dra sommer haar sak ook vir die laaste stuk.<\/p>\n<p>By Klein Pella aangekom word die toer se stof sommer dadelik afgespoel met \u2018n dippie in die lieflike swembad \u2013 nie almal klim vrywillig in nie maar as jy eers in is is dit tog lekker.<\/p>\n<p>Die pret word eers onderbreek vir die gentlemen\u2019s challenge en al die manne soek naarstigtelik na die dame met die ligste sak. Twee uitdunne word gehou en op die ou end is dit Danielle en die verdedigende kampioen, Hugo Minnaar, wat meeding in die finaal. Die BTK nekdoekie fladder af grond toe en hy kan nog nie eers ordentlik grondvat nie of die manne is reeds oor die lyn. Hugo verdedig sy kroon suksesvol en tree op die as oorwinnaar uit die stryd.<\/p>\n<p>Die manne kan nou tevrede hulle middagete geniet en Hanno is die middag vermaak met \u2018n paar breakdance moves wat hy op die gras uitkap.<\/p>\n<p>Groepie 6 herwin hulle salami van die bus af en ewe skielik het al die groepies insluitend groepie 4 vir hulle salami geleen. Groepies 2 en 1 kry wel wat hulle toekom. Hulle eet provitas en salami terwyl groepie 6 salami en provitas geniet.<\/p>\n<p>Tussen die salami en provitas deur kom Nicolene du Plessis en Carike na 5 dae se stap en \u2018n dag op die bus agter dat hulle buurvroue is terug in Stellenbosch. Bianca en Simone, buurvroue in Minerva, ontmoet mekaar ook amptelik.<\/p>\n<p>Na middagete word die honde los gemaak en almal wat se ke\u00ebl nou al heel week smag vir \u2018n ietsie koels gaan maak \u2018n draai by die kroeg. \u2018n Reuse vryfbedryf word dan sommer ook van stapel gestuur langs die swembad. Die partytjie begin momentum kry \u2013 braaivleis vure word aangesteek en die musiek begin pomp vir \u2018n sokkie op die tennisbane. So tussendeur wonder jy wie is die zef nuwe outjie met die vuil snor en mallet wat saam met die mense kuier.<\/p>\n<p>Na ete is dit vir oulaas tyd vir slee. Almal kry hulle l\u00ea vir \u2018n bondel slee. Items loop met Gerhard wat hom telkens agter die kroegtoonbank bevind, Christiaan wat sy huis amper start en Marlise wat erg verneder voel omdat sy op \u2018n Woensdag met \u2018n pynappel op haar kop rondloop.<\/p>\n<p>Items is toe.<\/p>\n<p>Hekels is oop:<\/p>\n<p>Chantelle wil by Gerhard weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cSy moenie skoor soek nie want hy gaan begin horings stook\u201d Hy verduidelik dat hy maar sulke breinfloutes kry en eintlik gewapen was met \u2018n ystervarkpen.<\/p>\n<p>Julian wil by Tharina Breytenbach weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk wil nou net alles uittrek\u201d<\/p>\n<p>Magriet wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy verwys het na \u2018n klein piepie straaltjie wat ten minste warm is.<\/p>\n<p>Gerdia wil by Dorette weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cLydia, volgende week jaag ons mekaar met swepe rond\u201d<\/p>\n<p>Chantelle wil by Mari weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cEk is nou so gemaklik ek voel soos \u2018n man\u201d<\/p>\n<p>Hekels is toe.<\/p>\n<p>Kara lees uit 1 Kor 13 oor die liefde.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p>Die aand is egter nog \u2018n embrio en almal kuier verbete voort. Dis nou byna jou laaste kans om vir oulaas saam met die matie cheerleader, Elzaan Bouwer of die Belgiese meisie Lisa Huylenbroeck te kuier.<\/p>\n<p>Stelselmatig word die kamp lateraan tog stil. Die meeste bly sommer l\u00ea waar hulle geval het. Jy kry vir oulaas kans om onder die sterre te slaap en dit te sien soos min ander plekke moontlik is.<\/p>\n<p>Soos die stiltes oor die kamp toesak is daar egter \u2018n geritsel in die nag en dis hier in die vroe\u00eb oggendure wat die Skim toeslaan.<\/p>\n<p><strong>DAG 6 15\/07\/2011<\/strong><\/p>\n<p>Die lang Junie vakansie staan einde se kant toe en dis weer tyd vir vroeg opstaan. Maar niemand staan so vroeg op nie, selfs nie eers in die kwartaal nie! Dis net voor 5:00 en daar is alreeds lewe by Klein Pella kampterrein. Die son het definitief nog nie verrys met helder glans nie. Soos jy opstaan dink jy by jouself dat jy darem vas moes geslaap het aangesien die orkaan wat van die meisies se tente platgeswaai en hulle toilet sitplekke tot in een van die bome gewaai jou nie eers wakker gemaak het nie!<\/p>\n<p>Die bus word gelaai en kort voor lank word die slapery in die bus vervat. Op Springbok kom jy eers weer tot verhaal \u2013 net betyds vir \u2018n lekker Wimpy ontbyt. Van hier af is daar geen keer nie en dis weer disco op die bus asof dit die laaste keer is.<\/p>\n<p>Op Piketberg word daar gestop vir die gebruiklike terrash en natuurlik die burger challenge. Daar word lank taktiek gepraat maar op die ou end skop Ben Cilliers se brute krag stof in die o\u00eb van die ander deelnemers Jaco Cilliers, Vernon, Gerhard, Helgard, Pieter, Cornelius, Danielle, Neil en Johan.<\/p>\n<p>Die melkskommel challenge vind amper nie plaas nie maar op die ou end is dit die groentjie Chantelle Carrol wat die ander heelwat meer ervare deelnemers uistof vir die kroon.<\/p>\n<p>Stuk stuk begin silwer en goue vriende die geselskap verlaat tot die bus aanland terug in Stellenbosch. Almal groet met swaar harte en belowe dat ons mekaar nie by die reunie eers weer gaan sien nie. Dit is weer tyd om Stellenbosch se klasse, harde werk en lekker gejollery aan te durf, maar di\u00e9 toer was beslis nie net \u2018n mislukte hengelekspedisie nie maar oor die loop van \u2018n paar dae is vriendskappe gesmee en ervarings meegemaak waarna daar nog lank met \u2018n warm hart aan terug gedink sal word.<\/p>\n<p>En met dit is nog \u2018n toer verstreke van die ou BTK. Lewe lank lewe lank BTK!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Francois Spanner du Plessis<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DAG 0 10\/07\/2011 Die lang Junie-vakansie staan einde se kant toe en dis weer tyd vir vroeg opstaan, maar niemand staan ooit so vroeg op nie selfs nie eers in die kwartaal nie! Dis 4:15 en daar is alreeds lewe by die Neelsie se parkeerterrein. Die manne word opgekommandeerom die bus te laai en kort [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-694","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=694"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/694\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1902,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/694\/revisions\/1902"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}