{"id":698,"date":"2011-06-22T14:06:33","date_gmt":"2011-06-22T12:06:33","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=698"},"modified":"2012-08-05T11:47:22","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:22","slug":"drakensberge-junie-2011","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/06\/drakensberge-junie-2011\/","title":{"rendered":"Drakensberge Junie 2011"},"content":{"rendered":"<p><strong>Dinsdag, 7 Junie<\/strong><\/p>\n<p>03:30 die oggend kom ongeveer 40 opgewonde, maar tog baie deur die mis, studente bymekaar op die Neelsie se parkeerarea. Bekendes groet mekaar en nuwelinge word voorgestel. Almal vertel watter warm klere hulle het en probeer vasstel of dit genoeg is. Party is minder gepla en praat net oor hulle laaste eksamenvraestel. Ander vergelyk weer die verskillende weervoorspellings wat hulle gehoor het en jy kan nie help om te wonder: Is ons regtig so mal soos wat almal al van die inskrywings af s\u00ea? Nee man, ons is braaf en avontuurlustig, ne?<!--more--><\/p>\n<p>Die kossakke word uitgedeel vir elke groeplid en rugsakke word in onderskeie motors gepak. Ja, motors. Volgens die toerleier, George Diener, doen ons dinge soos in die ou dae en word daar beplan om met agt motors die pad aan te pak. Toe alles klaar gepak, gere\u00ebl en gesluit is, word \u2018n kring gemaak en ons word ordentlik verwelkom. George vra se\u00ebn vir die lang pad en ons spring in die karre. Ons vertrek 04:30.<\/p>\n<p>Die eerste stop is teen dagbreek by Laingsburg. Volgens termometer is dit 2 grade celsius, maar dit is dan nie so erg nie, ons sal seker oraait wees?<\/p>\n<p>Hoe verder noord daar gery word op die N1, hoe meer besef jy dat dit tog maar net Afrika kan wees. As dit nie vir die slaggate is nie, is daar elke nou en dan padwerke. Padwerke gee darem kans vir Jaques du Plessis om te sien dat hy ses missed calls en nie ander oproepe van Johan Wiid het.<\/p>\n<p>Ons kry mekaar weer by Beaufort-Wes, \u00earens naby die sirkel, party bestel ontbyt by die Wimpy en ander wil vinnig weer op die pad kom. Net soos wat Charlie de la Harpe se reis-genote gedink het hulle is oppad, besef hulle dat hy egter ook een van die was wat ontbyt bestel het. George, Charlotte en Jacomien Hauman kyk in die toekoms in en verbeel hulle hoe vakansies sal gaan met Magriet Muller en Charlie.<\/p>\n<p>Wat presies van Beaufort Wes tot by Sterkfontein in die verskillende motors gebeur het, is ongelukkig herhinneringe wat in die motors sal bly en hopelik op kamera vasgevang is. In Magriet se woorde:\u201dOf ons nou of later ry, dit bly \u2018n lang pad.\u201d En ja, dit WAS \u2018n lang pad. Een ding wat egter \u2018n algemene herhinnering sal wees, is definitief die re\u00ebn wat neergesif het en dit in die donkerte nog moeiliker gemaak het om oor al die gate te kom. George is egter van mening dat dit nog nie so erg soos Mosambiek kan wees waar jy gelyk is met die pad as jy in die gat is nie. Gelukkig het ons bekwame bestuurders gehad, net jammer almal se enjinkrag was nie so sterk was teen die bulte nie, ne Esther McFarlane?<\/p>\n<p>By Sterkfonteindam het die renjaers solank begin met die vuurmaak en wors braai, terwyl tente opgeslaan is in die re\u00ebn en gewonder is oor hoe die re\u00ebn ons stapplanne sal be\u00efnvloed. Toe die laaste vier motors uiteindelik, nadat Herman van Zyl opgelaai is, Hugo Minnaar nuwe liggies gekry het en Charlie weer olie gekry het, ook by die natuurreservaat opdaag, word laaste tente opgeslaan en daar word hotdogs ge\u00ebet.<\/p>\n<p>21 ure later, en ons vorm weer \u2018n kring en ontmoet ons toerouers, Gerrit en Marlise Kotze. Ons dank die Hemelse Vader dat Hy ons veilig bewaar het op die pad en gaan bedtoe.<\/p>\n<p>Die meisies vertoef nog \u2018n hele ruk indie badkamer en oorweeg dit om sommer daar te slaap. Tussendeur het Anina Botha en Esther veel te s\u00ea oor die ander een se toerusting. Finale besluit is dat ons tog op \u2018n BTK toer is en daar word in die tente geslaap.<\/p>\n<p>Die kampterein word uiteindelik stil, met re\u00ebn wat val, en donderweer wat in die verte slaan.<\/p>\n<p><strong>Woensdag 8 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Die son vereis ongelukig nie met \u2018n helder glans vanoggend nadat dit die hele nag gere\u00ebn het nie. Daar word lekker laat geslaap, nog \u2018n eerste vir die BTK. George roep almal uit die tente uit om die re\u00eblings van die dag deur te gee. Daar is besluit dat ons nie meer die daguitstappie na Mount-Aux-Sources gaan doen nie, ons gaan nog by die kampterein bly en kyk wat die weer maak na more toe. Daar word water gekook in die waskamer vir iets te drinke en lekker BTK-muesli.<\/p>\n<p>George was op die regte tyd by die kantoor toe \u2018n oproep deurkom van \u2018n tannie in Harrismith wat ons soontoe nooi vir die dag. Alle dank aan Chantel Kets wat toevallig met die tannie begin gesels het voor die vakansie, \u2018n ware primaria. Charlie dink egter dat die enigste rede waarom met soontoe sal wil gaan is omdat daar \u2018n kroeg is. Jana de Wet vra vir George om sy skoene aan te trek, hy reageer verontwaardig en vra: \u201cWat? Moet ek my broek aftrek?\u201d Charlotte antwoord vinnig: \u201cIn jou drome, George\u201d.<\/p>\n<p>Tente word afgeslaan, sakke word gepak en in die karre gelaai. Anina dink sy\u2019s klaskaptein en jaag almal aan. Daar word vir oulaas na die dam gekyk en ons vertrek in \u2018n konvooi na Harrismith.<\/p>\n<p>Wat? Laat hierdie tannie veertig studente in haar huis toe? Verbasing word groter hoe verder daar in huis ingestap word, kaggelvure, koek en koeldrank is maar net die begin. Iemand vra wat die tannie se naam is, Hanno Oostenbrink antwoord: \u201cAwesome\u201d. Toe Chantel afkondig dat ons maar kan nader staan vir pannekoek, maak Anina die opmerking dat ons definitief waarde vir ons geld kry. Ons sit omtrent by \u2018n feesmaal aan, regdeur van koek vir voorgereg, pannekoek, spagetti en broodrolletjies en nog pannekoek. Anina en Esther sorg mooi vir Adriaan Zeeman en skep vir hom \u2018n groot bord spagetti, wat hy, soos hy grootgemaak is, met groot moeite opeet.<\/p>\n<p>Tente word weer in die tuin opgeslaan om \u2018n bietjie uit te droog. En natuurlik, kan daar ook net so lank stilgesit word, so \u2018n spel touchies word begin op die nat gras, nodeloos om te s\u00ea, dat dit net \u2018n groot moeras was toe dit tot \u2018n einde kom. In die sitkamer vlieg voorstelle van speletjies wat gespeel kan word heen en weer, daar word uiteindelik op alien besluit. Ongelukkig sukkel die konsentrasie so bietjie, en word die alien verveeld en besluit om terug te keer na sy tuiste. Vermaak word ook verskaf deur die ketel waarin daar lekkertjies verskyn as dit gevryf word. En raaiskote waaroor George en die tannie so diep gesels.<\/p>\n<p>Teen laatmiddag word die tente weer afgeslaan en rugsakke gepak. Daar word besluit om die Pinksterdiens te gaan bywoon. Ons is egter \u2018n bietjie laat, en moet met ons uitrustings wat wissel van jeans en boots na sweetpakke en stoakies heel voor in die kerk gaan sit. Die preek gaan oor verskillende gedagtes wat ons het oor die hemel, Jesus en die wederkoms en hoe dit miskien vernuwe moet word. Soos wat ons sit in die kerk, besef jy net weer, hierdie mense van Harrismith, hulle is ware mens-mense.<\/p>\n<p>Terug by die huis wat nou al soos \u2018n regte tuiste voel, word rugsakke finaal gepak, geweeg en in party gevalle weer gepak. Ons eet ons eerste BTK-ete, baie dankie kokke.<\/p>\n<p>As jy gedink het 40 mense in een huis is erg, dink net hoe is dit as dit 40 mense in een kamer is, waar daar nog gasse van \u2018n kaggelvuur ook is, bymekaar is. Ons bedank die tannie en oom vir hulle gasvryheid. George gee die planne van more deur. Francois du Plessis maak die opmerking dat daar more-oggend uit die slaapsakke geskiet moet word soos \u2018n broodrooster. Skiet, slee, items en hekels word verduidelik. Beaula Buitendag raak baie bekommerd oor die woord: skiet. Gelukkig volg daar \u2018n demonstrasie deur Magriet en Charlie. Jana word heeltemal deurmekaar met hoe die geslagte werk met skiet en damesskiet, maar sy word darem reggehelp. Charlie, Francois en Hendrik Smith demonstreer \u2018n item. En laastens word hekels deur Hugo Minnaar verduidelik. Hekels wat volg: Margo Slabbert hekel vir Charlie wat ges\u00ea het: \u201cShit, kom ons gaan\u201d toe die tannie die honde uitjaag. Hy antwoord dat hy in iets getrap het en skuldig gevoel het dat die tannie nou die honde blameer vir die reuk. Hendrik vra vir Jacques du Plessis wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat Renee Crous maklik is. Jacques s\u00ea dat hy net bedoel het dat dit maklik is om met haar gek te skeer. Magriet hekel Esther vir haar opmerking: \u201cOns meisies sou verlore gewees het sonder AD\u201d terwyl Hanno saam met haar gery het. Esther s\u00ea dat sy hierdie opmerking gemaak het toe hy geslaap het. George wil dadelik hoor hoe hulle dan verdwaal het as AD dan so goed is met die paaie, AD glimlag verle\u00eb en s\u00ea: Dis \u2018n baie mooi pad. Hekels toe.<\/p>\n<p>Charlotte hou aandgodsdiens en lees vir ons uit Matteus 7 oor die sorge van die lewe. Asook Psalm 121 en \u2018n stukkie uit Efesi\u00ebrs. Sy daag ons uit om in die tyd wat kom bietjie te dink en vas te stel waarop ons hoop gerig is.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Donderdag 9 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Meisies kom stuk-stuk terug van hul verskeie huise af. Ons eet \u2018n ontbyt wat voel asof dit nie ophou nie. Ons kry die gevoel dat tannie Koers ons probeer volmaak vir die volgende paar dae en dat sy duidelik nie weet hoe daar ge\u00ebet word by die BTK nie. Francois s\u00ea \u2018n tandeborsel rympie op:<\/p>\n<p>Ek borsel my tande terips teraps<br \/>\nek borsel my tande terou<br \/>\nek borsel my tande hier bo en onder<br \/>\nsodat hulle langer kan hou!<\/p>\n<p>Sakke word gelaai en ons wend \u2018n poging aan om die huis aan die kant te maak. Ons kom buite bymekaar en bedank vir oulaas die famlie Fourie\u2019s. Ons vertrek net soos wat dit weer liggies begin re\u00ebn.<\/p>\n<p>Ons het nog nie baie ver gery toe ons begin om die sneeu op die berge te sien nie, NOU TOER ONS! Foto\u2019s word geneem, minwetend oor hoe naby ons nog daaraan gaan kom! Ons arriveer by Mnweni. Johan het van die pad af gery om om te draai, net om die waarde van sy 4&#215;4 te bewys. Toe een van die locals vir Mariaan Zeeman vra van waar ons kom, is sy so in verwondering oor die mooi om haar en antwoord sy baie entoesiasties: \u201cWe\u2019re from South Africa!\u201d<\/p>\n<p>Ons toer al twee dae lank, en hoor vir die eerste keer die woorde: \u201cStap nou!\u201d Die grondpad word aangedurf en daar\u2019s is \u2018n paar noue ontkomings in die modder. Gelukkig het ons stapstokke gekry by die vriendelike Mnweni-werkers. Anina en Charlotte het sommer dadelik \u2018n wedenskap aangegaan om te kyk wie kan die langste hulle stokke hou, verloorder moet vir die wenner steers chips of burger koop, en \u2018n roomys word sommer ook ingegooi. Elke keer as Charlotte haar kom kry, is sy agter by die slot, Francois en sy sleuteltjie, Jana. Daar ontstaan verwarring of sy \u2018n ouvrou of houvrou is.<\/p>\n<p>Middagbroodjies met cream cheese word geniet by \u2018n mooi waterstroompie. Party groepies hou vir hulle oulik om nog komkommer ook by te sit. Dawie le Roux, wraakkaptein, begin met die uitkyk. Toe Reinhardt Venter geroep word, sit hy nog eers \u2018n rukkie voordat hy opspring. \u2018n Poging tot middagslapies word aangewend, maar word kort geknip. Stap nou!<\/p>\n<p>Nie baie verder nie, word die ordentlikheidpraatjies gehou, en skreeusnaaksse grappies word in onderskeie geslagsgroepe vertel. De magtige koning word gedoen op die stuk oop veld, en veroorsaak groot vermaak, net jammer vir die sloot. Stap weer en Mariaan vra baie besorgd vir Adriaan of hy al \u2018n foto geneem het van die sneeu.<\/p>\n<p>Klim die laaste bietjie tot by Dassiekop. George s\u00ea dat as hy \u2018n tent was, het hy nou daar gel\u00ea. Skiet word oopgemaak voordat die slot by is, en veroorsaak groot drama vir al Francois se sleuteltjies.<\/p>\n<p>Daar word kamp opgeslaan en kos gestook. Almal geniet hulle sop, kos en poeding en kuier lekker saam in die apparte groepies. En toe word daar vir die eerste keer geslee.<\/p>\n<p>Items sluit in die blondine grappie oor die gloeilampie deur die Hauman-susters en Anina, Jana en Marguerite le Roux voer vir Maria, pull yourself together man op, Doepie en Babes doen Hildebrandt-voete en trou in Brakpan met \u2018n wit sweetpak, George en Yolandi Maritz as hulle ouers en \u2018n spitbraai vir \u2018n onthaal en Anina en Hugo is \u2018n paartjie wat aan die verkeerde kant van die pad ry.<\/p>\n<p>Hekels maak oop. Francois wil by Pieter van Rooyen hoor hoekom hy so teleurgesteld is dat hy nie tent in die son kan opslaan nie. Pieter verduidelik dat daar op die tent staan dat mens dit nie in direkte sonlig moet opslaan nie. Reinhardt word uitgevra oor sy verwarring met vitamien C pille, hy vertel dat hy by toervergadering gedink het dat sleepille eintlik seepille is, soos vir skeurbuik en dat hy dus super C\u2019s saamgebring het vir sleelekkers. Daar word vasgestel dat Renee nie baie goeie rigting het nie, aangesien sy oor die telefoon net ges\u00ea het dat ons naby die Drakensberge is.<\/p>\n<p>Magriet lees vir ons uit Prediker en s\u00ea dat God wil h\u00ea ons moet die lewe geniet.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Vrdag 10 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Die opstaan gebeur redelik vinnig en daar word ge\u00ebet en afgeslaan. As dit moontlik is, is die sneeu vanoggend nog mooier. Oggendgodsdiens word gehou en daar word vir die eerste keer gesing terwyl mense stuk-stuk bykom en inval. Danie Malan lees vir ons Esegi\u00ebl 47:2 en s\u00ea dat God ons nie verder gaan forseer nie, dit gaan oor ons verwagting. En dit gaan van jou afhang hoe oorvloedig gese\u00ebn jy word. Hy gebruik ook voorbeelde uit Romeine 12 oor die riglyne vir liefde.<\/p>\n<p>Stap nou!<\/p>\n<p>Neem eerste groepfoto, na waarskuwing, goed anderkant dameskamp. Ons gaan oor die rivier en oorweeg dit om te swem, maar ons is eintlik ook haastig om by die slaapplek en sneeu uit te kom. Die eerste toeriste begin oefen aan die liedjies. Ons hou gamebreak waar die riviere bymekaar kom. Geneke du Plessis se skoene word gemodifiseer met rooi tape, net om in te pas by die BTK. Esther en Jacomien dink \u2018n nuwe patent uit vir mense wat nie waterdigskoene het nie, en Esther probeer dit. Die patent: Trek aan jou sokkie, sit jou voet in \u2018n plastieksak en sit dan jou voet met sak en al in jou skoen.<\/p>\n<p>Stap die laaste bietjie na kampterein en slaan, na baie stryery oor die lyn tussen mans- en dameskamp, staan al die tente. Anina se dag word gemaak toe Charlotte met skok agterkom dat sy haar stok verloor het. Ons stap sonder sakke, maar toegerus vir die sneeu, terug op die padjie&#8230; ons gaan sneeu toe! Ons stap nogals met \u2018n redelike spoed deur ho\u00eb plante en takke wat skraap, maar ons sien net die sneeu daar in die verte, wat ook nie eintlik nader kom nie. Jacomien val nie net eenkeer nie, maar twee keer op dieselfde modderige plek, dis regtig moeilik met kortbene. Realiteit skop in en daar word besef dat die sneeu nie gou gehaal gaan word nie, so ons eet middagete. Mmmm, die reuk van kerrievismiddagete heers oor die groep. Margo het die ilussie dat hoe stywer jy jou o\u00eb toeknyp hoe vinniger gaan die gebed wees. Oppad terug word Jacomien aangemoedig om nie weer te val nie, en Mariaan val en maak \u2018n bollemakasie of twee.<\/p>\n<p>Ons klim, soos in klim soos \u2018n bobbejaan, op na \u2018n grot met boesmantekeninge. Daar ontstaan groot sports om die vreemde bolletjies van \u2018n plant aanmekaar se klere en hare te sit.<\/p>\n<p>Kom terug by kamp, skiet is oop!<\/p>\n<p>Daar word lekker in die rivier gebad, gesing terwyl kos voorberei word en ge\u00ebet. Groepie 3 is so teleurgesteld dat daar nie poeding is nie, dat elkeen iets uit eie sak gaan haal onder leiding van Renee. Vanaand is wraakaand en almal kom vinnig in die slee\u2019s om te sien wat die eerstetoeriste kan bied. Hulle konsert het iets te doen met \u2018n time-machine wat ons terugvat na verskillende mense se verledes in die weermag of Harley Davidson klub. Manrich van Greunen dra ook \u2018n gedig voor van die toer so ver. Nadat die sing oraait klink, word hulle weggelei, als verloop volgens plan, totdat George so bietjie struikel. Hulle word gewraak en 15 lede word ook welkom geheet by die BTK deur die ou-toeriste. Uiteindelik proe hulle die soetheid van die wraak en slee gaan verder. Die eerste-toeris groentetuin bestaan uit die volgende: Jaco-Chris Koorts: \u2018n Rooi brand rissie. Renee: Rrromantiese rrrooi rrrissie. Reinhard: Rooi radys. Helene Booyens:is Helene die Green bean. Beaula: Beste boude blom. Christiaan Scholtz: Die boontjierank. En Leandri Groeneveld: Spinasie. Christelle Leuvenink, Grietjie, Jana, Magriet, Esther, Charlotte, Anina en Jacomien vertel die storie van hoe Tim in sy wooden leg gewounded is, hulle oorleef tot nog \u2018n aanval van \u2018n klomp makkers wat bietjie moeilik was om te identifiseer in die donkerte. Ons leef weer in die dae van die army en troepe. George besoek Francois se Abdulakopwinkel en Jaco-Chris is die kop wat die meeste werd is. Ligtoring Renee word aangesteek deur Francois en Hendrik.<\/p>\n<p>Vanaand is daar weer \u2018n klomp hekels wat heen en weer vlieg. Soos bv. Christelle: Jaco-Chris is die beste conveiner, en ek\u2019t al baie gehad. Sy gee duidelikheid dat sy lekker saam met hom gewerk het i.v.m. ander conveiners. Francois redeneer dat ons \u00earens met nuwe tradisies moet begin en wil weet wanneer ons begin met soen in die slee.<\/p>\n<p>Esther lees Romeine 12:1-2 en s\u00ea vir ons om hemelse burgerskap te kry, moet ons nou aan onsself sterf en dat ons moet doen aan onsself wat ons wil h\u00ea ander moet aan ons doen.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p>Die dames word egter nie gou stil nie, en skree nog opmerkings oor hoe ongemaklik hulle l\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 11 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Almal staan vinnig op om die sonsopkoms te sien, maar eintlik wil die meisies net uit die ongelyke dameskamp kom. George vertel ons dat ons vandag 900m gaan styg binne 1,5km soos wat ons met die Mnweni pas gaan opgaan, hy\u2019t egter dadelik \u2018n aanhaling vir aanmoediging: \u201cPain is weakness leaving the body\u201d. Ons sing lekker saam en Anina lees vir ons Psalm 121. Sy herhinner ons dat God, ten spyte van sy ongelooflike grootheid, ons elkeen op \u2018n spesifieke manier wil gebruik om \u2018n rol te speel in sy groter plan en dat ons sy liefde moet uitdra deur hierdie rol te vervul.<\/p>\n<p>Ons stap met die rivier op, en hou gamebreak langs die rivier by al die los klippe. Nie lank na gamebreak, begin ons om te styg, maar dit word stukkie vir stukkie aangepak. Opwinding heers soos wat ons al nader aan die sneeu kom. Toe die ys so langs die padjie begin l\u00ea is dit wonderlik en word daar net links en regs foto\u2019s geneem. Hoe ho\u00ebr mens gaan, hoe mooier raak die uitsig rondom jou, hoe kouer word dit en hoe meer sneeu l\u00ea daar, totdat dit later kniediep is, dis nou Christiaan se kniediep.<\/p>\n<p>Uiteindelik kom ons bo, George wens elkeen geluk met \u2018n handdruk. WOW! Elkeen verbeel hom dat hy \u2018n top model is en glimlag, spring en gooi sneeu vir foto\u2019s. Handskoene word uitgehaal om te speel, \u2018n sneeuman word gebou en versier met \u2018n nekdoekie, \u2018n groot bol word opgerol en dan ook afgerol by die berg, ag, die kind in elkeen kom weer uit. Toe almal oor die grootste opgewondenheid is, word middagbroodjieseiltjies uitgegooi en provitas word gesmeer. Na ete word nog \u2018n groepfoto geneem en ons stap \u2018n entjie verder tot waar ons die aand gaan slaap.<\/p>\n<p>By die kamp aangekom, word daar dadelik gewerskaf om plekke te kry vir die tente. Sneeu word weggeskop of weggeskep met grawe of sommer met plastiekborde. Toe meeste tente al staan, sukkel Esther, Yolandi en Anina nog met hulle eerste mxm blokkie. Die ouens gaan bad in die oorsprong van die Oranjerivier, ja, ons was ook daar, so moenie te sleg voel as jy die tweede toer gemis het nie! Hulle hou \u2018n ook polobearchallenge. Man is man, maar ek kan nie help om eerder te dink: Man is mal, nie.<\/p>\n<p>Foto\u2019s sal nooit kan vasvang hoe ongelooflik dit daar bo gelyk het nie. En as jy \u2018n bietjie stilbly, hoor jy dat dit tjoepstil is, nie eers vo\u00ebls wat heen en weer roep nie, stilte. Maak nie saak watter kant toe jy kyk nie, jy sien net sneeu. Wat stelselmatig verlig word deur die maan. Kyk jy op, is dit \u2018n wolklose hemelruim wat jy sien, met sterre mooi wyd en helder.<\/p>\n<p>So word dit weer tyd om te eet. Groepies is wydverspreid oor die rotse en jy sien maar net die liggies in die verte. As jy die groep van die kant af dophou glimlag jy elke nou en dan as jy sien hoe iemand gly op die ys wat stuk-stuk uitsteek. Skielik is die plastieksakskoen nie meer so eienaardig nie, en almal begin dit tog doen.<\/p>\n<p>Daar word nie vannaand geslee nie, maar tog gekuier in van die tente, en dis stories en herhinneringe wat daar sal bly. Jacomien help vir groepie 3 deur kondensmelk te blaas. Hasie-grappies word vertel terwyl daar styf gesit of gestaan word om bietjie hitte te kry. Daar word liedjies gesing, regdeur van FAK-liedjies tot by Eminem.<\/p>\n<p><strong>Sondag 12 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Slaan die ge-ysde tente op met die wysie van Breek die ys in jou kop. George en Adriaan sweer hoog en laag dat dit \u2018n kraai was wat groepie 3 se jelly babies opge\u00ebet het, tot \u2018n foto is geneem as bewys, maar dit is maar moeilik om te glo. Gerugte van \u2018n benseenbottel wat oop was in een van die tente loop ook rond, en skielik verstaan mense wat daar geslee het die vorige aand waarom hulle so giggelrig was.<\/p>\n<p>Gerrit lees vir ons uit Spreuke en Genesis met die boodskap dat God alles weet wat met jou gaan en moet gebeur, al wat ons kan doen is om te vertrou.<\/p>\n<p>Stap nou! Net buite kamp versoek George dat ons \u2018n bietjie net moet stilstaan en luister. Hierdie hoendervleisoomblik word ongelukkig kortgeknip deur Johan wat herken dat hy ADD het, en skielik dink jy jy verstaan hom dalk \u2018n bietjie beter.<\/p>\n<p>Ons stap verder en sink plek-plek in. Net voordat ons weer begin afgaan met die Rockeries-pas neem ons vir oulaas nog \u2018n groepfoto in die sneeu en begin die styl, glad en klipperige pad na onder. Ons rus seker genoeg, maar George bly van mening dat hoe vinniger jy stap, hoe vinniger kom jy daar.<\/p>\n<p>Ons stop by die rivier vir middagete. Groot verwarring ontstaan in groepie 1 omdat die provitas n\u00earens te vinde is nie, maar probleem word vinnig opgelos deur \u2018n lekker pot pasta te maak. Vanaf middagete stap ons met \u2018n stewige pas tot by die grondpad. Daar gekom, stap ons nog vinniger en sing liedjies soos wat die BTK kan sing. Ons stop by \u2018n sokkerveld vir die gentlemenchallenge, en kom agter dat Charliebird, slot vir die dag, en sy sleutel, Ladybird bietjie lank vat om by te kom. Toe al die eerste-toeriste uiteindelik ook reg staan met \u2018n tweede rugsak, laat val Christelle die nekdoekie en hulle hol. Hugo kom eerste, Adriaan tweede en Jacques Taljaard kom in op derde posisie.<\/p>\n<p>Ons kom weer by Mnweni kampterrein, haal rugsakke af en maak \u2018n sirkel. George bedank almal vir hulle toewyding en dat almal fiks was en met die regte toerusting gekom het. Ons dank God ook dat ons weer veilig terug is en dat ons so gese\u00ebnd was met die weer. En natuurlik, word daar gekoning. Magriet maak damesskiet oop, nie baie hard nie, maar dame is tog dame.<\/p>\n<p>Daar word gestort! Net bietjie gesukkel met die waterdruk en geaser, so meisies is toe nie so vinnig soos verwag nie.<\/p>\n<p>Ons kamp op gelyke grond. As jy gewonder het of die toergroep nader aanmekaar gegroei het, kan jy maar net vannaand kyk hoe daar kosgemaak word: Al is daar \u2018n groot grasperk, wat orals gelyk is en beter is as enige plek wat ons die afgelope paar aande was, sit al 4 groepies styf teen mekaar in \u2018n ry. Groepie 1 word bederf met Johan se gasverwarmer, luuks.<\/p>\n<p>Doepie begin kitaar speel en Jaco-Chris herken dat hy so verlief is op die kitaar dat hy sommer van die tent af nader gestap het. Ons geniet die bekende BTK-biltonggereg en eet lekker warm vla vir poeding.<\/p>\n<p>Dit is asof mense besef dit is die laaste kans om te item en die items hou net aan. Die yskas-dokterbesoek word gedoen, met Johan as die dokter, George die man wat verneuk word deur Magriet, Charlie die werkende wat laat is vir werk en Francois wat regop gehou moet word deur Babes die sekretaresse. Ons is Saudi-Arabie met Avis-kamele, wat verby \u2018n gesin ry wat stry oor wie wat in\/van die kar gaan kry, nog mense wat in \u2018n kar ry, is die blonde Jacomien wat afgetrek word deur \u2018n nog blonder speedkop \u2013 Charlotte. Magriet en Grietjie is op hulle wittebrood in die ooste waar Ninja en Sumurai stry oor watter dag hulle gekom het. Anina en Hugo is Magriet en Charlie wat praat oor wat Charlie gaan doen met al Magriet se goed as sy voor hom moet sterf, hy s\u00ea hy sal als hou, behalwe die gholf-stokke, aangesien Jacomien nie gholf speel nie. Grietjie poog om die hasie en eend te wees wat die kroeg besoek vir onderskeidelik wortelsappies en spyker, maar getrou aan die Le Roux-gewoonte, vergeet sy die punchline. Yolandi doen Oscar-werk met haar vertolking as \u2018n deur.<\/p>\n<p>Hekels sluit in Johan wat vir Geneke vra hoekom sy s\u00ea dat sy ook \u2018n man is, as sy al haar klere aanhet. Al wat sy bedoel het is dat sy ook dan kan deelneem aan dei polobear-challenge. Esther soek duidelikheid by George oor sy opmerking: \u201cDit was nou mooi\u201d toe Leandri en Sanmarie Malan terugkom van dameskamp. George was eintlik net tevrede dat hulle so spoedig was. Esther loop ook deur, Yolandi wil weet waarom sy bly is sy\u2019t vandag \u2018n broek aangetrek. Esther verduidelik dat sy bang was vir die koue, endus bly was dat sy \u2018n langbroek aangetrek het. Esther word ook gehekel deur Christelle, \u201cWat gaan daar voor aan, kan ek solank my broek uittrek?\u201d Blykbaar was die sweetpakbroek net lekker, totdat dit begin warm raak het. Magriet vra vir Francois wat hy bedoel het toe hy reageer met: \u201cWat het jy aan?\u201d nadat Yolandi vir hom gevra het wat hy van haar wil h\u00ea. Hy erken dat hy bietjie koud gekry het en eintlik nog \u2018n warm iets gesoek het. Hendrik vra vir Jacques Taljaardt waarom hy ges\u00ea het: Back your boudjies, Jacques vertel dat dit maar net \u2018n spontane uitlating van woorde was.<\/p>\n<p>Jacomien lees uit Psalm 139 en 8 vertel hoe dankbaar ons moet wees vir die feit dat God ons so fyn aanmekaar geweef het met die nodige reflekse om nie ernstige beserings opgedoen het met die pad af nie. En ook hoe gese\u00ebnd ons is om die afgelope paar dae te kon ervaar in ons leeftyd.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Maandag 13 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Ons word wakker gesing met \u2018n BTK-weergawe van Stand by me, met BTK-weergawe bedoel ek: \u2018n lae toonhoogte, wat ook plek-plek sukkel om te haal. Grietjie is dadelik ontsteld oor die moontlikheid dat Jana dalk in die sleekring geslaap het, nadat sy weggejaag is, darem het Jana, soos \u2018n paar ander, die koue trotseer en buite, veilig in dameskamp, geslaap.<\/p>\n<p>Ons sing met die kitaar en Margo lees uit Matteus 18 en moedig almal aan om weer geloof soos kinders te h\u00ea en God se wonders orals om ons raak te sien.<\/p>\n<p>Ons klim in die karre en vertrek om Mount-Aux-Sources te gaan klim. Mens probeer om vir oulaas die prentjie vas te l\u00ea, maar dit bly onmoontlik, gelukkig het ons kameras wat ons bietjie kan help. Ry deur interessante dorpe en sien vreemde goed, TIA.<\/p>\n<p>Kom uiteindelik by die natuurreservaat aan en ry op iets wat lyk soos \u2018n pad, maar dink nie mens gaan ooit kan seker wees nie.<\/p>\n<p>Ons begin die klim, en wonder so bietjie hoe erg die kettingleer nou r\u00earig kan wees. Maar dit sal ons ook nooit weet nie, aangesien daar ys op die padjie is en dit baie gevaarlik kan raak om op hierdie gladde besigheid te loop. In plaas daarvan neem ons maar groepfoto\u2019s en stap terug na die uitkykpunt toe. Die uitkykpunt is ook moeilik om te verduidelik, as jy af in die kloof kyk kan jy nie glo hierdie skoonheid l\u00ea in Suid-Afrika nie. Na die eenkant toe is dit net vou op vou en groen, en anderkant toe is dit weer berg op berg wat versier word met die wit sneeu. Ons eet vir oulaas middagete en begin dan weer terugstap.<\/p>\n<p>Terug in die parkeerterein, word daar weer \u2018n sirkel gemaak. Ons bedank die toerouers vir hulle betrokkenheid en goeie gees in die groep en val sommer dadelik in met de magtige koning. Daar word afskeid geneem van die toerouers, Christiaan, Sanmari en Jacomien wat verder noord moet gaan.<\/p>\n<p>Dis met die wysie van nog \u2018n toer is verstreke in my kop en \u2018n seer hart dat Jacomien Babes Hauman, sketsskrywer vir Drakensberge, moet afskeid neem van die groep, maar ek weet egter dat ek die sketsboekie in bekwame hande gelos het toe ek dit vir oud-sketsskrywer Charlotte Croconator Hauman om die storie te voltooi.<\/p>\n<p>En so het almal in die verskillende karre geklim vir die roadtrip deel 2. Jy weet nie veel van wat gebeur het nie, maar George is die aand deur Magriet gehekel: &#8220;wat het jy gedink toe jy &#8216;n kar met 5 meisies &#8216;n radio gegee het&#8221;. Jy is vir die eerste keer bly dat jy net die geselskap van die mense in jou kar gehad het.<\/p>\n<p>Op Betlehem gekom was dit tyd vir bietjie huise kyk voordat julle uiteindelik by jul slaapplek uitgekom het. George se GPS-battery was seker teen die tyd pap, dit het immers die pad gewys in die wit w\u00eareld bo-op die berg. En die idee van backpackers (bunk beds ens) is toe vinnig vervang met &#8216;n grand bed and breakfast. Na so paar aande in &#8216;n tent, waarvan ten minste een onder vriespunt was, is &#8216;n warm kombers so luuks soos wat kan kom. Om van die stort nie eers te praat nie. Die Vrystaatse koue is nie vir sissies nie, maar ons voel baie welkom by die Spur, veral aangesien daar &#8216;n spesiale plekkie vir ons afgemerk is, BTK &#8211; Private Function. Kyk, jy sou graag wou te kenne gee dat die toer nogal epic was, die Drakensberge oor met so bietjie sneeu langs die pad&#8230; Maar geen Spur burger challenge? Ek voel amper half spyt dat ek daaroor moet skets-skryf, dis asof dit afbreek doen aan enige stories wat ons by die huis kan gaan vertel. Maar die burger-special maak plek vir &#8216;n hele nuwe challenge, 2 burgers vir die prys van 1, man is man, en so &#8216;n burgertjie is mos &#8216;n lekker voorgereg. Teen die tyd het die lus vir dans almal beetgekry. Esther is die brawe een wat vir die manager van die Spur gaan vra waar in Betlehem mens &#8216;n bietjie kan gaan dans. Byges\u00ea, as jy vir 2 dae lank met sakke om jou voete en &#8216;n checkers-sak op jou rugsak rondgeloop het, het jy alle idees van wat sosiaal-aanvaarbaar is by die deur uitgegooi en staan jy nie terug as iemand moet vra of daar op &#8216;n dorpie in die middel van die Vrystaat &#8216;n dansplek op &#8216;n Maandag-aand oop is nie, en die opsies klink toe ook taamlik beroerd. Met vol mae is julle toe maar terug na die B&amp;B, en met &#8216;n gebrek aan dansplek, doen ons dit soos net die BTK kan. &#8216;n Boot-party in die oprit, ook genoem &#8216;n stokie-sokkie.<\/p>\n<p>Dis vir oulaas ook tyd vir hekel en Bybellees, en na ons geoefen het in Tannie Koers se huis, pas al 40 maklik in een van die B&amp;B kamers, en daar word lekker gekuier. Van die hekels kan jy nie veel onthou nie, behalwe dat George nogal deurgeloop het. Die idee om verder te dans is deur die bestuurders doodgeskiet, en so is daar toe maar verder gekuier in die kamers. Jy voel nie jy kan jou uitspreek oor gerugte van snow-burn behandeling nie so dit sal ongelukkig moet bly by gerugte.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag 14 Junie<\/strong><\/p>\n<p>Dis 4uur die oggend, en nie regtig &#8216;n gele\u00eb tyd om uit jou warm-kombers bed op te staan nie, maar julle is gepak en daar weg. Die lang rit word die keer aangepak in &#8216;n konvooi van al 8 karre, en daar word gereeld geruil en gekuier langs die pad; met so &#8216;n ervaring agter die blad is dit net BTK-gees waar jy kyk, en jy wil met soveel as moontlik mense vir oulaas kuier. Wel, dis nou met almal behalwe AD. Om in pas te bly met die honderde trokke langs die pad dra die vandag &#8216;n sweetpakbroek met &#8216;n belt (ja jy&#8217;t reggehoor) en daarby &#8216;n wife-beater. &#8216;n Uitrusting wat vir seker by die trokdrywer-modeparade met ten minste &#8216;n eerste plek sou kon spog.<\/p>\n<p>Die vele Stop-and-go&#8217;s is die keer (anders as met die komslag in die reen) &#8216;n bron van vele vermaak, jy dink dis die eerste keer in jou lewe dat jy spyt is as die bordjie GO wys. Want die spesiale groep maak toe sommer &#8216;n nuwe BTK-tradisie, die stop-and-sokkie manier van dinge doen. En met 8 karre is daar natuurlik &#8216;n verskeidenheid opsies, van boere-musiek by Dawie, tot electric-avenue by Sneeuleeu George en &#8220;today I don&#8217;t feel like doing anything&#8221; by Esther. Die BTK is immers inklusief &#8211; daar is &#8216;n plekkie vir elkeen in die stop-and-go son om sy inner-style uit te leef, tot die vermaak van die werkers langs die pad. Die een vroutjie merk op &#8220;Julle is lekker mense&#8221;, nadat sy eers uit haar maag gelag het vir die moves. Dit natuurlik tot dit tyd is om weer in die kar te klim, met almal wat scatter in verskillende rigtings, party met minder gemak as ander.<\/p>\n<p>En toe die stop-and-go&#8217;s verby is, en &#8216;n laatmiddagete by Laingsburg ook agter die rug is, is dit toe afdraend huis toe om die epic-roadtrip af te sluit by die Neeslie-parkeerterrein. Dis met gemengde gevoelens wat jy daar aankom, aan die een kant bly dat die 17 uur lange rit verby is, maar aan die ander kant regtig spyt dat die toer verby is. So jy klou maar vir oulaas aan jou Mnweni-stok vas en sing verby die knop in jou keel as jy dink aan die hele nuwe, uitsonderlike spesiale ervaring wat jy by jou duisende-ervarings kan voeg, en die &#8220;lekker mense&#8221; wat dit saam met jou kon deel, in die kar, op die voetpaadjies, teen die berg, in die sneeu.<\/p>\n<p>Dis \u2018n week later, en ek vlieg bo-oor die Drakensberge. Dit voel onwerklik dat ek, saam met 40 ander mense, mense wat so baie soos ek is, wat gevoelens, perspektief en geloof met my deel, in daardie sneeu gespeel, gelag, gesing en geslaap het. Daar kom sit \u2018n knop in my keel dat ek nie die laaste bietjie saam met julle kon ervaar het nie, maar ek besef ook dat hierdie ervaring, waarvan die kanse maar skraal is om te weer te beleef, saam met julle gedeel is. Julle, wat ook volgens ander mal is om in die Drakensberge te gaan stap in Junie. Die dae het inderdaad snel verby gegaan, maar gelukkig weet ek dat die BTK nog lank in elkeen van ons gaan leef.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Jacomien Hauman<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>die Wit draak<\/strong><\/p>\n<p>veertig opgewonde harte<br \/>\nverbind verpak vervoer<br \/>\nna &#8216;n verre-weg plek<br \/>\nwaar die Wit draak waak<\/p>\n<p>veilig verreis die harte<br \/>\ndeur storms en wind,<br \/>\ndeur paaie met gate<br \/>\nen ligte wat blind<br \/>\nen ongesiens, hou die Wit<br \/>\ndraak waak<\/p>\n<p>die nag verruis verby met blitse en re\u00ebn maar met die vroeg oggend lig bring die Wit draak wat waak vir ons &#8216;n engel-se\u00ebn<\/p>\n<p>:&#8217;n liewe tante Fourie met<br \/>\n&#8216;n oop hart en hand<br \/>\ngee vir ons sluiling-<br \/>\nkaggelvuur en die<br \/>\nlekkerste pannekoek in die land<\/p>\n<p>maar vroeg volg die more<br \/>\nmet groetes en dank<br \/>\nwant v\u00ear wag Mweni<br \/>\nen die pad is nog lank<\/p>\n<p>skaars aangekom en die son hang hoog<br \/>\nflink skarrel die harte met sakke gerug die eerste tree tref hard die nat pad en v\u00ear in die verte waak die Wit draak se oog<\/p>\n<p>met stappe oor trappe<br \/>\nen klimme oor klippe<br \/>\nso stap die harte langs afgrond-krans<br \/>\nen suutjies deur grashalems wat dans<\/p>\n<p>want die donker kruip nader<br \/>\nen die kamp moet nog gemaak,<br \/>\nvure gestook en waters gedra<br \/>\ndit als terwyl die Wit draak waak<\/p>\n<p>die vroe\u00eb more verklink met sirkel-gesang &#8220;ons kyk op na die berge waar sal ons hulp van kom?&#8221;<br \/>\n&#8220;veilig gevestig soos &#8216;n ribbok&#8221;,<br \/>\nvra ons aan Hom<\/p>\n<p>en aan die einde van alles met<br \/>\nhoogtes bereik, herhinnerings herdink<br \/>\nvriendskappe geheg en harte verbind<br \/>\nis daar regtig geen verskoning<br \/>\nom aan almal te vertel<br \/>\ndat di\u00e9 Wit draak wat waak<br \/>\n\u00eds De Machtige Koning<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Manrich van Greunen<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dinsdag, 7 Junie 03:30 die oggend kom ongeveer 40 opgewonde, maar tog baie deur die mis, studente bymekaar op die Neelsie se parkeerarea. Bekendes groet mekaar en nuwelinge word voorgestel. Almal vertel watter warm klere hulle het en probeer vasstel of dit genoeg is. Party is minder gepla en praat net oor hulle laaste eksamenvraestel. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-698","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=698"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1903,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/698\/revisions\/1903"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}