{"id":818,"date":"2006-04-05T21:57:58","date_gmt":"2006-04-05T19:57:58","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=818"},"modified":"2012-01-03T22:05:46","modified_gmt":"2012-01-03T20:05:46","slug":"kringe-in-n-bos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2006\/04\/kringe-in-n-bos\/","title":{"rendered":"Kringe in &#8216;n Bos"},"content":{"rendered":"<p><strong>1 April: Kringe met &#8216;n Bus<\/strong><\/p>\n<p><strong>Quotes van die dag<\/strong><br \/>\nPiet le Roux: Dis nie &#8216;n goeie pad nie, maar die bus sal hom kan ry.<br \/>\nJohannes Swart: Een van die groepies is sonder vleis! Watter groepie het nie vleis nie?&#8230;<br \/>\nFrances (Van der Merwe), jy het nie ons vleis nie, n\u00ea?<br \/>\nAntone Badenhorst: Ek het gedink hekel is soos jodeling.<!--more--><\/p>\n<p>Superman dra Chuck Norris pajamas, tjek kopliggie, tjek sleelekkers, tjek slaapsak, Chuck Norris dra Saul Barnard pajamas, tjek beker, tjek knipmes, tjek die vervlakste tentpaaltjies wat onder die bed in gerol het, jy hoop nie dis Piet se idee van &#8216;n April joke om hierdie tyd van die oggend te ry nie, tjek weer horlosie. Ja, pajamas klink inderdaad nou beter as hiteks en die bus. O, flip, tjek hiteks. Maar hierdie is nie Saul Barnard se storie nie., huh-uh.<\/p>\n<p>Jy tuimel uit Anne-Mart Lemmer se Volla by die goeie ou Neelsie parkeerterrein en namate jou o\u00eb die donker gewoond raak, sien jy darem die ou grys merrie en Arthur en &#8216;n klomp halfgeslaapte, halfgebondelde BTKners en hulle halfgebondelde bondels en halfgeslaapte toerlyste in die stikdonker. Die oggendstond het ons slaappatroon gewond -maar dit was gelukkig nie &#8216;n Aprilgrap nie.<\/p>\n<p>So tussen al die gerugte van mense wat nie wakker geword het nie, en twee toerlyste en stokers wat toe nie stokers was nie en Hanno Botha wat die koue sensualiteit van die bus se vensterruite besing, weerklink Retief Swart (wat hiermee sy hertoetrede tot BTK sketse maak) se pleidooie om die busligte te doof. Wel, wie anders kon dit gewees het? Jou oog val weer op die toerlys en net toe jy dink die drie Pieters en twee Thinusse gaan probleme oplewer, sien jy daar is boonop \u2018n Stefanie (Zaaiman) en \u2018n Stephanie (Uhlig), \u2018n Stefan (Fritsch) en \u2018n Stefan (Prins) en, behalwe vir die twee Heleens, \u2018n Helene Rabie en Helena Jacobs. Praat van Kringe. Jy het ook gedink Lee-Ann Morris en Adi Ansems is die enigste andertaliges op die bus tot jy die Europese unie op die voorste sitplekke gewaar het. Jy tuur met mening deur jou venster vir die eerste stopplek wat lyk na koffie. Jy is seker jy sal darem &#8216;n goodfor kan kry vir koffie. Nee, Retief, Riviersonderend het nie slaap op hulle menu nie &#8211; selfs al het jy &#8216;n goodfor. Jy sien een van die plaaslike inwoners het uit Kalanders geraak en sommer twee pampoene so groot soos varkbere agterop sy bakkie staangemaak terwyl hy met die houtkopers gaan onderhandel. (Nie Mister Macdonald nie, Mister Wimpy) Dit kon maar twee olifante ook gewees het vir al wat jy omgee, dis koud na die kort nag en ons het ko-o-o-offie.<\/p>\n<p>Heidelberg se kant bevind jy jou tussen twee Mafias aangevoer deur Tinus de Wet en Thinus Slabber. Ag, ja, altyd goed om &#8216;n aanduiding te kry van hoe lank die pad nog gaan wees. Iewers langs die lang pad, meer die ou grys merrie dan ook vas om die toerouers, Oom Rheinholdt en Tannie Ri\u00ebtte de Villiers, aan boord te bring. En so vaar die ou grys merrie toe ook Knysna binne teen die spoed van kreupel weerlig: Knysna, die dorp waar die loerie fluit en die bosslapers net cocktails drink.<\/p>\n<p>En dis hier waar die kringe met die bus ook begin het so al langs die skuins paadjies deur die kreupelhout onder die kruine van die kalanders deur. Hier en daar lyk \u2018n naam bekend. Hier en daar kan jy nog jou o\u00eb toemaak en die geknars van osse met wavragte boomstompe teen die skuinstes hoor. En jy ry verby die klompies-klompies houthuisies met hul spazzas en shebeens en wonder of daar regtig goud skuil in die wegkruipstroompie. Na &#8216;n stop by die verkeerde kampplek en nog &#8216;n omslagtige omdraai van die ou grys os en sy sleepwa met die span gekonfyte touleiers, het die kringe julle uiteindelik by die Gouna Piekniekparkeerterrein gebring. Dit reflekteer sleg op Piet dat niemand &#8216;n oog knip van verbasing toe hy aankondig dat die kamp moet afgeslaan word en skuif na die regte kampplek 500m verder nie. Dis nou wel nie elke dag Kersfees nie, maar dit kan elke dag 1 April wees&#8230;<\/p>\n<p>Na middagete begin die geskarrel na waterbottels en re\u00ebnbaadjies vir die eerste tog die bos in. Of te wel, die tweede kring. (Iets s\u00ea vir jou julle het in matriek te veel tyd aan &#8216;n sekere boek spandeer, maar dalk verbeel jy jou net.) So uiteindelik is julle nou regtig in die bos waar die paddastoele in elke denkbare vorm en kleur oor die vrot stompe loer en die mos in die blaarkolle klou aan bome waarteen die dinosaurs waarskynlik nog gestamp het as hule nie mooi gekyk het waar hulle loop nie. En een na die ander begin die bos sy gesig wys vir sy gaste, maar ook sy uitdagings. Ordentlikheidspraatjietyd hoor jy die eerste gebrom van vrees uit manskamp: &#8220;N\u00f3u sal julle sien hoe in die minderheid ons is!&#8221;. Om koning in die dwarste van &#8216;n skuins pad in te pas, was ook nog nooit maklik nie. Twee swarthoute later maak jy ook vir die eerste keer kennis met Piet se interpretasie van bos-etiket:&#8221;As ek s\u00ea aan my regterkant, bedoel ek aan julle linkerkant!&#8221; Aan iemand se linkerkant en iemand anders se regterkant draai die nou paadjie oor die swart grond tussen die bome in wat te hoog is om af te neem. En met die kraak van elke klam blaar stap en struikel jy vir elke toets en opstel weg die skadu&#8217;s in. Hey, daai radio is nie &#8216;n speelding nie!<\/p>\n<p>Terug by die Gouna piekniekpretparkeerparkplek ruk die barbaarse hordes op vir aandete. Sowat van kringe om die kospotte het jy lanklaas beleef. Behalwe vir die kreatiewe logistiek wat &#8216;n onverwagse vegetari\u00ebr of twee meebring, sweef die reuk van gerookte rys om jou kop en in die verbygaan sien jy Fred Steenkamp in \u2018n ching-chong-cha tweestryd om oorlewing \u2013die verloorder moet eet. Boonop hoor jy boonop veel meer Nederlands as Engels wat jou heel ver van Stellenbosch af laat voel. Kom jy mos toe agter dat die gejil en gemor wat in die koskringetjies opklink nie die reslutaat van &#8216;n gestruktureerde kultuurskok is nie, maar veroorsaak is deur die feit dat onze stoorman Hanno Botha voortaan Hanno Tweepot sal heet.<\/p>\n<p>Na aandete wat dit tyd vir die gebruiklike VVV (Verduidelikings, Vermanings, Vermaak). Sonder die T-opsie natuurlik. Die word blykbaar van aangesig tot aangesig op individuele basis verskaf, mens kan nie die logistiek te ingewikkeld maak met net twee potte en vier voertale nie. Die skiet-demo is vir &#8216;n verandering &#8216;n damesskiet met Heleen Mills en Retief as die partydige partye. Van demo&#8217;s gepraat kom hekels en aaitems toe aan die beurt. As Leon de Wit gedink het hy gaan uit hekels verdwyn as hy ophou toer, het hy &#8216;n groot fout begaan. Nes met meeste hekels, is jy nou nog nie seker wat werklik gebeur het nie, iets van Heleen Mills wat dink Pieter Avenant lyk soos Leon. Maar voor jy daardie een kon uitpluis, het Piet iemand daarop gewys dat daar nie uit die recce uit gehekel kan word nie en toe het die recce aaitem begin. Heel erg verwarrend. Problematiese rolverdeling boonop by hierdie aaitem met die dat Retief &#8216;n broer en Colyn de Villiers sy ouers in die skare het om te betrek by hierdie ontstellende skiet. Nog meer ontstellend was die lot van die arme plante, soos ons eie Joegoeslawiese Plantsielkundige aan die hand van die voorbeeld van pampoenifisering aan ons verduidelik het. Ook die samoeraais is aan die uitsterf, vanaand weer amper een gesneuwel in &#8216;n gaslamp. En toe Piet en Gerrie le Roux, met die sporadiese hulp van Esterbeth le Roux, losstrek met &#8216;n spraakkoor sou jy nooit kon raai dat eerstens, dit die aaitem van die toer sou word, tweedens dat Piet se hoendernabootsing eintlik &#8216;n duif is en derdens dat hulle eintlik die storie van Snow White vertel nie. Maar julle het nie geweet wanneer julle weer vir Piet so baie gaan hoor Engels praat nie, so jy het maar probeer bybly met die kringende vertelling en die vrot tamaties vir die groen wurm geb\u00eare.<\/p>\n<p>En so tussen die geruis van die oumansbaard in die boomtoppe van die Gouna Pretpiekparkniekeerpadterrein het dit stil geraak na die lang dag se donker kringe onder die o\u00eb.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>2 April: Braambos<\/strong><\/p>\n<p><strong>Quotes van die dag<\/strong><br \/>\nHeleen Mills (Oor die fietsryers):&#8221;Kyk hoe dril hulle boude!&#8221;<br \/>\nJeanne-Miriam Kirsten: &#8220;Ek gaan my kinders van kleins af bang maak met &#8216;n blaar.&#8221;<br \/>\nCaitlin Tredoux:&#8221;Ek dink ons moet &#8216;n boek daaroor skryf: The Hitchhikers Guide to the BTK.&#8221;<br \/>\nLisl Labuschagne: \u201cVir spys en drank vat te lank.\u201d<br \/>\nJosh Reinecke: \u201cMan in dameskamp: deal with it.\u201d<\/p>\n<p>Klink vir jou die stokers is krank vanm\u00f4re. Geen bylhoue, geen treksae, geen blaasbalke geen opstaanliedjie. Eers annerkant die longdrop en terug klink die sangnote op. En sommer die roep dat die water reg is. Jy skud jou kop en soek jou beker terwyl die sonstrale bane tussen die boomblare trek en die geskarrel om betyds weg te kom begin. Julle praat maar met julleself terwyl Piet met die eerste toeriste praat, maar eintlik weet niemand wat in die kringe van die bos op hulle wag nie, wag nie&#8230; dalk &#8216;n watergat?<\/p>\n<p>Die eerste opdraand later steek jy vas voor die varings wat glinster onder die doudruppels en die dennenaalde wat knars onder jou sole en die pragtige uitsig &#8211; nie vir te lank nie want julle bevind julleself blykbaar in die hartjie van die bosspitstyd. Eers moet jy blitsig padgee vir die ou grys merrie, en toe vir &#8216;n le\u00ebrskare bergfietse en nog drie. Jy het nog nooit vantevore gewonder oor wat fietse eet nie, maar so ver as wat jy loop hoor jy: Sop vir die fietse! Die fietsers moes toe ook maar daarmee verlief neem dat die barbaarse hordes hulle luid aanmoedig op hul segetog.<\/p>\n<p>Daar het dadels van Game break gekom en halftwaalf was julle al by die stroompie waar middagete moes wees. Sal ons maar nog so twee kilometer aanstap tot middagete? Die tog langs die smal modderpaadjie tussen die dik blare en gladde boomwortels deur verloop hortend, maar &#8216;n welkome ruskansie op die klam bosvloer om die bas en die mos en die modder te bekyk gaan nie onbenut verby nie. Jy kan altyd weer probeer om die bos af te neem -en jou asem te soek.<\/p>\n<p>Hindernussius doringdradius staan slaggereed op die randjie van die mistige bos en kort voor lank tree die braambosse, minus die ryp brame, tot die stryd toe onder die luide aanmoediging van \u2018n blaffende hond. Die misvlae het aangehou om die bos binne te waai en \u2018n dik wit stilte daal tussen die krakende takkies neer. Die sandsteengeboutjie is gelukkig nie te diep weggesteek in die koue nie en hierdie keer verdwyn die brood teen \u2018n gesonde spoed terwyl die koffie kook en die tente opskiet.<\/p>\n<p>Die versoeking om eerder melktert en skuiling op te soek, was aanloklik. Maar so gou soos nou staan jy onder \u2018n rooi-els by die selfuitreikpermitboks om \u2018n kring deur die mistige bos te gaan stap. Of te wel, om in die pad te sit en karre kyk. Maar die BTK is mos nes Fanta: The fun will find you! Kort voor lank moet die locals koes vir stokkrieketklippe en sal een van die karre toe nou nie sowaar Joyce Marais s\u2019n wees nie!<\/p>\n<p>Uiteindelik knars die sole die bos binne langs die rooi olifantpaadjie. Hierdie steil afdraande moet natuurlik iewers weer opgaan, so werk die kringe in die bos mos maar. Opdraande is niks, toe is die plek mos nog vol stompe ook. Jy was aan die klouter oor \u2018n klam mosbegroeide een toe jy Carla Venter agter jou hoor:<\/p>\n<p>Ek kan nie hier oor nie, die goggas gaan op my klim!<\/p>\n<p>Nie almal sien egter die stompe as \u2018n bedreiging nie, Thinus de Wet het sonder sy vriend Bertie die Bewer sy kans waargeneem om die water op te dam en van die paadjie weg te keer met een.<\/p>\n<p>Maar stompe is nie al hout in hierdie bos nie, en die wat nie plat l\u00ea nie, groei, soos hierdie een hier voor jou, tot daar do\u00e9r bo. Soos Pieter Taljaard s\u00ea:<\/p>\n<p>Julle, hy kan nie help hy lyk so nie.<\/p>\n<p>En jy laat sak jou kamera voor \u2018n magtige woudreus wat al vir 600jaar afkyk op hierdie kolletjie grond waar jy om sy stam probeer kyk en wonder hoe om 47meter af te neem. \u2018n Ent verder in die pad staan nog een en mens kan nie regtig oorvertel hoe groot hulle is nie, net hoe klein jy is.<\/p>\n<p>Terug by die melktertlose teetuin vol ystervarkies raak dit \u2018n stort later tyd vir aandete. En die geluide uit die stoor in die mistige aanddonkerte klink vir jou al te veel na die eerte toeriste wat aaitems oefen met hul konvenor, Colyn. En toe is dit ook sulke tyd en jy skuif reg teen die damwal vir die eerste groep aaitem: Die B-opsie \u2013 ook bekend as die Eskom Chris Brinke teen die Global Tracker Piet le Rouxs. Aan ander celebrities ontbreek dit nie, ook Stean Fritsch maak sy verskyning as Chuck Forest. En vir elke celebrity is daar \u2018n ander styl, maar met die impronto BTK-styl kon selfs regisseur Thinus Slabbert nie foutvind nie. Jy het net te veel gelag om alles te onthou. Na al die vreemde style was dit seker ook nie vreemd toe Ingrid Knoet, Tessel Peperkamp, Laura Caulen, Stefani Uhlig en Marlies Haupt lostrek met \u2018n demonstrasie van \u2018n liedjie van oor die water nie. Maar De Machtige Koning het egter nie verraai dat daar mense op die toer is wat Nerderlands machtig is nie.<\/p>\n<p>\u2018n Gekolde lap of wat later bly daar van die eerste toeriste net \u2018n gerug in die bos oor en ou en nuwe BTKaners sit in die slees en murmureer oor hoe \u2018n mens ALTYD jou mond brand met die eerste sluk warm tjoklit. By soetgoed bly dit nie, en wie het ges\u00ea daar is net patats in die bos se groentetuine? Retief is in sy skik met sy groentetuin, maar in sy slee kondig Sme aan dat sy \u2018n aaitemweduwee is.<\/p>\n<p>Die vriendelike Le Rouxs probeer \u2018n rerun van snow white, en nee, jy gaan nie onverskillig om met die woord \u201cprobeer\u201dnie. Nes met hulle aaitem het jy ook gedink vanaand is die laaste keer wat jy Suzaan Haumann, Pieter Avenant, Heleen Marais en Josh in die Mama Joe, of liewer Joe Mama, aaitem sien. Jy het natuurlik nie geweet wat moreaand op jou wag nie, wag nie.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>3 April: Kringe in \u2018n Bos II: Opdraand in \u2018n Plantasie<\/strong><\/p>\n<p><strong>Quotes van die dag<\/strong><br \/>\nRikus Ferreira: \u201cNie olifante of ysbere kan boomklim nie.\u201d<br \/>\nJohan Jooste: \u201cDalk moet ons ander boomwassers aanstel.\u201d<br \/>\nAmal tydens aaitems: \u201cPiet, is dit \u2018n d\u00faif daai?\u201d<br \/>\nPiet: \u201cOns gaan so \u00be van vaoggend stap, maar minder op en af.\u201d<br \/>\nPiet (7km later): \u201cEkt mos ges\u00ea dis nie op en af nie, dis n\u00e9t op.\u201d<\/p>\n<p>Diepwalle is regtig diep. Gelukkig het die re\u00ebntjie wat laasnag geval het, nou opgehou anders het jy ook hier neergeslaan soos Mari Hugo. In hierdie steil, smal stukkie modder is dit net pype en stompe waar jy kyk. Later vandag sou jy die afdraand mis.<\/p>\n<p>Oppad weerklink die geblaf van bobbejane en die dreuning van kettingsae, en by die eerste waterbreek na die eerste waterkruising maak jy kennis met Hanneke Botha en Gerrrie die Sailorsiblings van die Suidsee. Dit was nog nie so vreemd soos die akkerboom waaronder julle middagete eet met, waarskynlik, die wydste kroonspan in die land of Piet se aanwysings na Dameskamp nie:<\/p>\n<p>Dameskamp is nou meer af aan as aan af want die swemplek is aan en nou skuif dameskamp af.<\/p>\n<p>So terwyl party die splashplek gaan uittoets en ander deur doringdrade klouer en hul geduld uittoets, het Nick Joubert en Pieter Taljaard meer gewigtige dinge om aan andag te skenk:<\/p>\n<p>Nick: My sak se naam is Stefaans.<\/p>\n<p>Pieter: Nee, ek dink myne se naam is Sakkie.<\/p>\n<p>Wat van \u201cSak Norris\u201d?, wonder jy.<\/p>\n<p>Jy hoop nie iemand vra na die tyd dat jy die res van die middag se stap in die skets moet sit nie. Netnou laat jy een van die goeie jong mans wat terruggehardloop het om sakke te help dra se naam uit. En of die groep toe op die ou end wel in twee gesplit het of nie, kan jy ook nie so lekker onthou noudat jy hier sit en al Chanelle Coetzee se water uitdrink nie. Vir Thinus de Wet, Juli de Villiers en Antone kan jy net s\u00ea: om die sketsskrywer se stuff te dra, was nog nooit \u2018n slegte plan nie.<\/p>\n<p>By Buffelsnekbosboustasie is die gras groen en die re\u00ebnboog bont en die yskoue houspaaip \u2018n vyfsterstort. Groepies 1 tot 23 begin die aandete en die uile roep en agter \u2018n tent hoor jy hoe Heleen Mills en Helene Rabie en Mari vir ene Jaco oor die foon die verjaarsdagliedjie sing. En is daar sowaar \u2018n vuurmakery aan die gang? Na aandete ondruk jy \u2018n lagbui toe jy jou bord gaan afspoel en \u2018n stem op die huis se stoep hoor:<\/p>\n<p>Ek kry hierdie klomp pasta-eters net jammer.<\/p>\n<p>Jy het in die sleekring gedink jy\u2019t toe wraggies sonsteek ook nog opgedoen toe gisteraand se Joe Mama aaitem weer opstaan. En as dit begin lyk of iemand \u2018n tv saamgedra het, is dit defnitief dehidrasie. 50\/50 was nog niks maar toe Adi haar opwagting maak met \u2018n Groepie 3 gameshow waarin al die deelnemers se naam regtig Pieter is, het jy so half begin rondkyk of jy nie vir Tone gewaar nie. Tot die wind natuurlik besluit om jou en Sme en Hanneke se tent uit die grond te ruk en jy net betyds terugkom om te sien hoe Retief vir Josh vol water spoeg \u2013 nee wat, als is normaal.<\/p>\n<p>Oom Reinhold: Nag Dames<\/p>\n<p>Annare Agenbag: (Word wakker in slee): Nou wanneer is hekel dan?<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>4 April: Toorbos<\/strong><\/p>\n<p><strong>Quotes van die dag<\/strong><br \/>\nHanneke: (Aan Retief en sy sonbril) \u201cJa, dit lyk goed, dit maak meeste van jou gesig toe.<br \/>\nThinus de Wet: (In die yskoue water) \u201cEk voel weer soos toe ek 10 jaar oud was!\u201d<br \/>\nMarelize Coetzee: \u201cO shit, skryf JY die skets?\u201d<br \/>\nHeleen Mills: (Oor twee&#8230; uhm&#8230; besige naaldekokers) \u201cLekkerrr, lekkerrrr!!!\u201d<br \/>\nRikus: \u201cJurie Els is my man.\u201d<br \/>\nRetief: \u201cIs hy \u2018n man?\u201d<br \/>\nHanno Roelofse: \u201cJurie Els of Rickus?\u201d<br \/>\nAnsofi van der Merwe: \u201cToe ek ges\u00ea het ek wil graag in \u2018n aaitem wees, het ek nie bedoel as \u2018n kroegdeur nie!\u201d<\/p>\n<p>Arthur en die bus en die son daag omtrent gelyk op vanm\u00f4re. Jy het die pragtige rooi wolke in die lens geprop en jou goed in jou sak en op die wa geprop en nadergegly om jouself in die groot groepfoto te prop. Julle laat Gideon de Machtige bosbouer agter met \u2018n bottel wyn en vat die pad tot by die kruispad met die ou grys merrie verby \u2018n ou grys merrie wat op Nuweland staan en wei.<\/p>\n<p>Teen die afdraand maak jy nie vandag beswaar nie en jy loer kort-kort na die dennebome om te sien of die regte bos nog nie weer met ons is nie. Maar voor dan was daar ander sake om af te handel, soos om Petrus Janse van Rensburg te laat lekker verjaar ou maat.<\/p>\n<p>Vers 1:Petrus: Ek hou hiervan, kan ek maar weer verjaar?<\/p>\n<p>Vers 2:Stefan Fritsch: You guys are crazy.<\/p>\n<p>\u2018n Klomp reuse paddastoele later was dit tyd vir gamebreak en die gevreesde damesuitkyk. Jy en Adi, Heleen Marais, Ansofi, Suzanne en Sme is Johannes gespaar en hy vir julle, maar Piet, Pieter Avenant en Thinus de Wet moes dit ontgeld. Toe was dit weer sakke op vir Piet se kortste 2 kilometer ooit. 10 Minute later het jy in \u2018n oop kol in die digte inheemse bos langs \u2018n kalander gaan staan: vanaand slaap julle in die olifant se blyplek. Jy sal dit onthou van \u2018n kampplek van ekstreme. Jou tent staan nouwel nie s\u00f3 skuins teen die opdraand soos Sonia Woudberg s\u2019n nie, maar waterpas gaan hier nie geslaap word vanaand in die olifantpad nie.<\/p>\n<p>Dit bly nie by onder die bome nie, jy het mos ges\u00ea te veel van julle het Kringe in \u2018n Bos al te veel gelees, dit moet die rede wees hoekom Pieter Avenant en Colyn nou daar teen die kalanders uitseil. Dit was nie die einde van die middag se ekstreme avonture nie, vanuit die ysige water sou jy later die Beegees \u201cStaying Alive\u201d hoor sing&#8230; Ander mense se idee van ekstreem, is te veel dark chocolate vir middagete terwyl ander verkies om Gladiators te speel op die gladde stompe. Jy\u2019t eers gedink dis net Pieter Holzhausen en Gerrie, maar toe jy weer sien was Pieter Taljaard, Thinus Slabber, Stefan en Rickus ook aan die steier op die omgevalle bome. Gou het de Koning en ander liedjies begin opklink, en so wat van dieregeluide het die bos lanklaas gehoor. Die bobbejaantouswaaiery het meer na jou soort aktiwiteit gelyk. Marelize Coetzee, Hanno 2Pot, Adri Gilliomee, Lisl en Carla het later selfs teruggekom vir nog.<\/p>\n<p>Terug by die kampplek, na die stappie sonder roete met die walkietalkies heel goed afgeloop het, het die groot wag vir die nag bestaan uit splash, slaap, klapspeletjies en houtkerf. So van ekstreem gepraat, met die skietery hoor jy dat die standaarde hier ook gelig het:<\/p>\n<p>Pieter Taljaard: \u201cChuck Norris slee met 12 meisies gelyk.\u201d<\/p>\n<p>Antone: \u201cHy skiet net een keer.\u201d<\/p>\n<p>Ook Hanno 2Pot hou van ekstreem en gan was die hele Groepie een se skottelgoed so ching en \u2018n chong en \u2018n cha later. Toe julle later die aand by Gideon van Lille hoor dat daar wel spoelgoud in die rivier is, het jy besef hoekom hy nie eintlik gekla het nie. Meeste aaitems wat jy ook in \u2018n lang tyd gesien het, hier onder die bome wat so hoog is dat dit lyk of hulle die sterre nog opper druk. Nick weet nie hoe sy hoed daar voor beland het nie, maar toe hy weer sien, is hy deel van Juli, Izeldi van der Linde, Helene, Hanneke en Janet Rossouw se Jode uitwissings aaitem. Toe was dit tyd vir \u2018n dubbelperiode Woudkunde 778, die keer nie met \u2018n Plantsielkundige uit die Oosblok nie, maar met Gideon, wat hierdie 80Ha bykans ongerepte bos kom uitl\u00ea aan \u2018n gehoor wat al dae lank wonder oor hierdie toorbos. Ysnabere en Olibere maak nou wel goeie aaitems, maar toe die lesing begin dwaal na olifante en luiperd, was jy nie al een wat so half na die donker Kruisrivier-se-bos geloer het nie.<\/p>\n<p>Na afloop van die lesuur, vat aaitems weer \u2018n rukkie om op dreef te kom. Maar dis weer sulke tyd op Noot vir Noot en hier is u gasheer, Thinus Slabber. Dit is tyd vir die Wilgenhof semi-finaal en Pieter Holzhausen kry die Boscar vir beste komedie akteur as Daantjie. Jy wonder al heel toer hoe vang mens \u2018n ysnabeer, Johan Jooste reken hy het die antwoord, maar jy weet nie so mooi van die foksterri\u00ebr nie. Dalk moet Dirkie hom sommer net wurgh. Thinus de Wet en Retief is vanaand die Halwe Kragtige Kragtige Kruisbos Kwartet en weereens daarop uit om wie ook al hulle sleemaatjies is, op die bosoorlogspad te sit.<\/p>\n<p>\u2018n Oomblik word na aaitems geneem om die donker bos te beleef sonder kopliggies en cadac. Jy\u2019s nie net sonder lig tussen hierdie ho\u00eb swart skaduwees nie, maar sonder woorde ook, dis egter nie almal se probleem nie:<\/p>\n<p>Colyn: \u201cN\u00f3u moet ons daai boom afkap!\u201d<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>5 April: Baai, Bos<\/strong><\/p>\n<p>Quote van die dag<\/p>\n<p>Retief: (Tydens stilhou by vulstasie): Jy moenie \u2018n trickle h\u00ea nie, jy moet \u2018n hele stroom h\u00ea.<\/p>\n<p>Vandag is weer een van daai meer op as af dae omdat gister meer af as op en minder op as af was en ons nou met gister se af pad weer gaan op stap. Jy sit in die sonkolletjies onder die ho\u00eb bome en kyk rond na al die tentjies wat nog staan, hier gaan nie vandag gou gemaak word nie. Die bobbejane het egter ander planne om die oggend se verrigtinge bietjie sneller te laat verloop. Die walkietalkie se sneller wou egter glad nie verloop, maar met behulp van die baboon vine het die \u201cbattery is pap!\u201d Johannes en sy handvol batterye na die voorpunt van die linies laat haas. Julle moet gou maak, Victoriabaai se branders wag.<\/p>\n<p>Langer as gister voel hierdie stukkie pad vandag, maar dis \u2018n pragtige oggend en jy kyk vir oulaas hoe die doudruppels wip op die spinnerakke langs die oranje paddastoele. En neem sommer nog \u2018n boom af. En wanneer laas het \u2018n staptog met \u2018n opdraand ge\u00ebeindig? Jy het jou sak onderstebo in die stof neergesit en omgekyk oor die dennebome na die toorbos waar die tyd nog stilstaan.<\/p>\n<p>Terug op die bus tuit jou ore soos die voorste helfte en die agterste helte mekaar opdreun met verskillende liedjies. Die ou grys merrie skuifel verby die name wat die afgelope paar dae kringe in jou kop geloop het: Gouna, Diepwalle, Velbroeksdraai tot uiteindelik in Knysna. Hier is die eerste plek waar die lang gegroet begin, onder andere die De Villierse verlaat julle hier.<\/p>\n<p>Luid en vuil tuimel die barbaarse hordes uit die bus by Vicbaai, en jy wonder of almal oor \u2018n uur weer gaan terug wees. Jy het de Machtige Spur onderskat. Netjies op tyd na stampvol aantrekhokkies, kwaai ooms en tannies, gate en rotse op die seebodem en heerlike branders, is die bus vol, die mae leeg en die wiele aan die rol \u2013 en die oophou van die vensters \u00e9ffens minder noodsaaklik. Julle sit solank en dink watse koeldrank en sous julle wil h\u00ea terwyl die ou grys merrie knipoog vir \u2018n rooi lig.<\/p>\n<p>\u201cTafel 3: Muesliwater is reg!\u201d<\/p>\n<p>Janee, yet another Spur wat nie weet wat op hulle wag nie, wag nie. Jyt gedink die groep was bietjie stiller as gewoonlik, maar aan aksie het dit darem nie ontbreek nie. Julle het \u2018n celebrity inval deur Cecilia du Toit gehad, balongevegte gehou, geKoning, vir Piet laat verjaar en vir Piet weer laat verjaar. Daar is net een vraag wat jou kwel: Het iemand spesiaal daardie helderpienk lipstiek gaan koop, of is dit saamgedra dwarsdeur die bos?<\/p>\n<p>Jy en die skets het afgeklim by die Voorbaai Truckstop en die ou grys merrie met sy vrolike vuil vrag agterna gekyk en jou goodfors begin bymekaartel:<\/p>\n<p>Pen: R2, Toer: R400, Die feit dat daar tog iets van jou skoolloopbaan in jou kop vasgesteek het, selfs al is dit net \u2018n Kring in \u2018n Bos: Priceless<\/p>\n<p>Nag, Dames<\/p>\n<h3 class=\"western\"><span lang=\"af-ZA\">1<\/span><span lang=\"af-ZA\">April:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Kringe<\/span><span lang=\"af-ZA\">met<\/span><span lang=\"af-ZA\">&#8216;n<\/span><span lang=\"af-ZA\">Bus<\/span><\/h3>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\"><strong>Quotes van die dag<\/strong><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Piet le Roux:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> Dis nie &#8216;n goeie pad nie, maar die bus sal hom kan ry. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Johannes Swart:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> Een van die groepies is sonder vleis! Watter groepie het nie vleis nie?&#8230; Frances (Van der Merwe), jy het nie ons vleis nie, n\u00ea?<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Antone<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Badenhorst:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> Ek het gedink hekel is soos jodeling.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Superman dra Chuck Norris pajamas, tjek kopliggie, tjek sleelekkers, tjek slaapsak, Chuck Norris dra Saul Barnard pajamas, tjek beker, tjek knipmes, tjek die vervlakste tentpaaltjies wat onder die bed in gerol het, jy hoop nie dis Piet se idee van &#8216;n April joke om hierdie tyd van die oggend te ry nie, tjek weer horlosie. Ja, pajamas klink inderdaad nou beter as hiteks en die bus. O, flip, tjek hiteks. Maar hierdie is nie Saul Barnard se storie <\/span><span lang=\"af-ZA\">nie., huh-uh. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Jy tuimel uit Anne-Mart Lemmer se Volla by die goeie ou Neelsie parkeerterrein en namate jou o\u00eb die donker gewoond raak, sien jy darem die ou grys merrie en Arthur en &#8216;n klomp halfgeslaapte, halfgebondelde BTKners en hulle halfgebondelde bondels en halfgeslaapte toerlyste in die stikdonker. Die oggendstond het ons slaappatroon gewond -maar dit was gelukkig nie &#8216;n Aprilgrap nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">So tussen al die gerugte van mense wat nie wakker geword het nie, en twee toerlyste en stokers wat toe nie stokers was nie en Hanno Botha wat die koue sensualiteit van die bus se vensterruite besing, weerklink Retief Swart<\/span><span lang=\"af-ZA\"> (wat hiermee sy hertoetrede tot BTK sketse maak) se pleidooie om die busligte te doof. Wel, wie anders kon dit gewees het? Jou oog val weer op die toerlys en net toe jy dink die drie Pieters en twee Thinusse gaan probleme oplewer, sien jy daar is boonop \u2018n Stefanie (Zaaiman) en \u2018n Stephanie (Uhlig), \u2018n Stefan (Fritsch) en \u2018n Stefan (Prins) en, behalwe vir die twee Heleens, \u2018n Helene Rabie en Helena Jacobs. Praat van Kringe. Jy het ook gedink Lee-Ann Morris en Adi Ansems is die enigste andertaliges op die bus tot jy die Europese unie op die voorste sitplekke gewaar het. Jy tuur met mening deur jou venster vir die eerste stopplek wat lyk na koffie. Jy is seker jy sal darem &#8216;n goodfor kan kry vir koffie. Nee, Retief, Riviersonderend het nie slaap op hulle menu nie &#8211; selfs al het jy &#8216;n goodfor. Jy sien een van die plaaslike inwoners het uit Kalanders geraak en sommer twee pampoene so groot soos varkbere agterop sy bakkie staangemaak terwyl hy met die houtkopers gaan onderhandel. (Nie Mister Macdonald nie, Mister Wimpy) Dit kon maar twee olifante ook gewees het vir al wat jy omgee, dis koud na die kort nag en ons het ko-o-o-offie. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Heidelberg se kant bevind jy jou tussen twee Mafias aangevoer deur Tinus de Wet en Thinus Slabber. Ag, ja, altyd goed om &#8216;n aanduiding te kry van hoe lank die pad nog gaan wees. Iewers langs die lang pad, meer die ou grys merrie dan ook vas om die toerouers, Oom Rheinholdt en Tannie Ri\u00ebtte de Villiers, aan boord te bring. En so vaar die ou grys merrie toe ook Knysna binne teen die spoed van kreupel weerlig: Knysna, die dorp waar die loerie fluit en die bosslapers net cocktails drink.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">En dis hier waar die kringe met die bus ook begin het so al langs die skuins paadj<\/span><span lang=\"af-ZA\">ies deur die kreupelhout onder die kruine van die kalanders deur. Hier en daar lyk \u2018n naam bekend. Hier en daar kan jy nog jou o\u00eb toemaak en die geknars van osse met wavragte boomstompe teen die skuinstes hoor. En jy ry verby die klompies-klompies houthuisies met hul spazzas en shebeens en wonder of daar regtig goud skuil in die wegkruipstroompie. Na &#8216;n stop by die verkeerde kampplek en nog &#8216;n omslagtige omdraai van die ou grys os en sy sleepwa met die span gekonfyte touleiers, het die kringe julle uiteindelik by die Gouna Piekniekparkeerterrein gebring. Dit reflekteer sleg op Piet dat niemand &#8216;n oog knip van verbasing toe hy aankondig dat die kamp moet afgeslaan word en skuif na die regte kampplek 500m verder nie. Dis nou wel nie elke dag Kersfees nie, maar dit kan elke dag 1 April wees&#8230; <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Na middagete begin die geskarrel na waterbottels en re\u00ebnbaadjies vir die eerste tog die bos in. Of te wel, die tweede kring. (Iets s\u00ea vir jou julle het in matriek te veel tyd aan &#8216;n sekere boek spandeer, maar dalk verbeel jy jou net.) <\/span><span lang=\"af-ZA\">So uiteindelik is julle nou regtig in die bos waar die paddastoele in elke denkbare vorm en kleur oor die vrot stompe loer en die mos in die blaarkolle klou aan bome waarteen die dinosaurs waarskynlik nog gestamp het as hule nie mooi gekyk het waar hulle loop nie. En een na die ander begin die bos sy gesig wys vir sy gaste, maar ook sy uitdagings. Ordentlikheidspraatjietyd hoor jy die eerste gebrom van vrees uit manskamp: &#8220;N\u00f3u sal julle sien hoe in die minderheid ons is!&#8221;. Om koning in die dwarste van &#8216;n skuins pad in te pas, was ook nog nooit maklik nie. Twee swarthoute later maak jy ook vir die eerste keer kennis met Piet se interpretasie van bos-etiket:&#8221;As ek s\u00ea aan my regterkant, bedoel ek aan julle linkerkant!&#8221; Aan iemand se linkerkant en iemand anders se regterkant draai die nou paadjie oor die swart grond tussen die bome in wat te hoog is om af te neem. En met die kraak van elke klam blaar stap en struikel jy vir elke toets en opstel weg die skadu&#8217;s in. Hey, daai radio is nie &#8216;n speelding nie!<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Terug by die Gouna piekniekpretparkeerparkplek ruk die barbaarse hordes op vir aandete. <\/span><span lang=\"af-ZA\">Sowat van kringe om die kospotte het jy lanklaas beleef. Behalwe vir die kreatiewe logistiek wat &#8216;n onverwagse vegetari\u00ebr of twee meebring, sweef die reuk van gerookte rys om jou kop en in die verbygaan sien jy Fred Steenkamp in \u2018n ching-chong-cha tweestryd om oorlewing \u2013die verloorder moet eet. Boonop hoor jy boonop veel meer Nederlands as Engels wat jou heel ver van Stellenbosch af laat voel. Kom jy mos toe agter dat die gejil en gemor wat in die koskringetjies opklink nie die reslutaat van &#8216;n gestruktureerde kultuurskok is nie, maar veroorsaak is deur die feit dat onze stoorman Hanno Botha voortaan Hanno Tweepot sal heet. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\">\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Na aandete wat dit tyd vir die gebruiklike VVV (Verduid<\/span><span lang=\"af-ZA\">elikings, Vermanings, Vermaak). Sonder die T-opsie natuurlik. Die word blykbaar van aangesig tot aangesig op individuele basis verskaf, mens kan nie die logistiek te ingewikkeld maak met net twee potte en vier voertale nie. Die skiet-demo is vir &#8216;n verandering &#8216;n damesskiet met Heleen Mills en Retief as die partydige partye. Van demo&#8217;s gepraat kom hekels en aaitems toe aan die beurt. As Leon de Wit gedink het hy gaan uit hekels verdwyn as hy ophou toer, het hy &#8216;n groot fout begaan. Nes met meeste hekels, is jy nou nog nie seker wat werklik gebeur het nie, iets van Heleen Mills wat dink Pieter Avenant lyk soos Leon. Maar voor jy daardie een kon uitpluis, het Piet iemand daarop gewys dat daar nie uit die recce uit gehekel kan word nie en toe het die recce aaitem begin. Heel erg verwarrend. Problematiese rolverdeling boonop by hierdie aaitem met die dat Retief &#8216;n broer en Colyn de Villiers sy ouers in die skare het om te betrek by hierdie ontstellende skiet. Nog meer ontstellend was die lot van die arme plante, soos ons eie Joegoeslawiese Plantsielkundige aan die hand van die voorbeeld van pampoenifisering aan ons verduidelik het. Ook die samoeraais is aan die uitsterf, vanaand weer amper een gesneuwel in &#8216;n gaslamp. En toe Piet en Gerrie le Roux, met die sporadiese hulp van Esterbeth le Roux, losstrek met &#8216;n spraakkoor sou jy nooit kon raai dat eerstens, dit die aaitem van die toer sou word, tweedens dat Piet se hoendernabootsing eintlik &#8216;n duif is en derdens dat hulle eintlik die storie van Snow White vertel nie. Maar julle het nie geweet wanneer julle weer vir Piet so baie gaan hoor Engels praat nie, so jy het maar probeer bybly met die kringende vertelling en die vrot tamaties vir die groen wurm geb\u00eare. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">En so tussen die g<\/span><span lang=\"af-ZA\">eruis van die oumansbaard in die boomtoppe van die Gouna Pretpiekparkniekeerpadterrein het dit stil geraak na die lang dag se donker kringe onder die o\u00eb.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Nag dames<\/p>\n<h3 class=\"western\"><span lang=\"af-ZA\">2<\/span><span lang=\"af-ZA\">April:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Braambos<\/span><\/h3>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\"><strong>Quotes van die dag<\/strong><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Heleen Mills<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> (Oor die fietsryers):&#8221;Kyk hoe dril hulle boude!&#8221;<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Jeanne-Miriam<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Kirsten<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">: &#8220;Ek gaan my kinders van kleins af bang maak met &#8216;n blaar.&#8221;<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Caitlin<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Tredoux<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">:&#8221;Ek dink ons moet &#8216;n boek daaroor skryf: <\/span><span lang=\"af-ZA\"><em>The Hitchhikers Guide to the BTK<\/em><\/span><span lang=\"af-ZA\">.&#8221;<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Lisl<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Labuschagne<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">: \u201cVir spys en drank vat te lank.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Josh<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Reinecke<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">: \u201cMan in dameskamp: deal with it.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Klink vir jou die stokers is krank vanm\u00f4re. Geen bylhoue, geen treksae, geen blaasbalke geen opstaanliedjie. Eers annerkant die longdrop en terug klink die sangnote op. En sommer die roep dat die water reg is. Jy skud jou kop en soek jou beker terwyl die sonstrale bane tussen die boomblare trek en die geskarrel om betyds weg te kom begin. Julle praat maar met jullesel<\/span><span lang=\"af-ZA\">f terwyl Piet met die eerste toeriste praat, maar eintlik weet niemand wat in die kringe van die bos op hulle wag nie, wag nie&#8230; dalk &#8216;n watergat? <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Die eerste opdraand later steek jy vas voor die varings wat glinster onder die doudruppels en die dennenaalde wat knars onder jou sole en die pragtige uitsig &#8211; nie vir te lank nie want julle bevind julleself blykbaar in die hartjie van die bosspitstyd. Eers moet jy blitsig padgee vir die ou grys merrie, en toe vir &#8216;n le\u00ebrskare bergfietse en nog drie. Jy het nog nooit vantevore gewonder oor wat fietse eet nie, maar so ver as wat jy loop hoor jy: Sop vir die fietse! Die fietsers moes toe ook maar daarmee verlief neem dat die barbaarse hordes hulle luid aanmoedig op hul segetog. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Daar het dadels van Game break gekom en halftwaalf was julle al by die stroompie waar middagete moes wees. Sal ons maar nog so twee kilometer aanstap tot middagete? Die tog langs die smal modderpaadjie tussen die dik blare en gladde boomwortels deur verloop hortend, maar &#8216;n welkome ruskansie op die klam bosvloer om die bas en die mos en die modder te bekyk gaan nie onbenut verby nie. Jy kan altyd weer probeer om die bos af te neem -en jou asem te soek.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><em>Hindernussius doringdradius<\/em><\/span><span lang=\"af-ZA\"> staan slaggereed op die randjie van die mistige bos en kort voor lank tree die braambosse, minus die ryp brame, tot die stryd toe onder die luide aanmoediging van \u2018n blaffende hond. Die misvlae het aangehou om die bos binne te waai en \u2018n dik wit stilte daal tussen die krakende takkies neer. Die sandsteengeboutjie is gelukkig nie te diep weggesteek in die koue nie en hierdie keer verdwyn die brood teen \u2018n gesonde spoed terwyl die koffie kook en die tente opskiet.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Die versoeking om eerder melktert en skuiling op te soek, was aanloklik. Maar so gou soos nou staan jy onder \u2018n rooi-els by die selfuitreikpermitboks om \u2018n kring deur die mistige bos te gaan stap. Of te wel, om in die pad te sit en karre kyk. Maar die BTK is mos nes Fanta: The fun will find you! Kort voor lank moet die locals koes vir stokkrieketklippe en sal een van die karre toe nou nie s<\/span><span lang=\"af-ZA\">owaar Joyce Marais s\u2019n wees nie!<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Uiteindelik knars die sole die bos binne langs die rooi olifantpaadjie. Hierdie steil afdraande moet natuurlik iewers weer opgaan, so werk die kringe in die bos mos maar. Opdraande is niks, toe is die plek mos nog vol stompe ook. Jy was aan die klouter oor \u2018n klam mosbegroeide een toe jy Carla Venter agter jou hoor:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Ek kan nie hier oor nie, die goggas gaan op my klim!<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Nie almal sien egter die stompe as \u2018n bedreiging nie, Thinus de Wet het sonder sy v<\/span><span lang=\"af-ZA\">riend Bertie die Bewer sy kans waargeneem om die water op te dam en van die paadjie weg te keer met een.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Maar stompe is nie al hout in hierdie bos nie, en die wat nie plat l\u00ea nie, groei, soos hierdie een hier voor jou, tot daar do\u00e9r bo. Soos Pieter Taljaard s\u00ea:<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Julle, hy kan nie help hy lyk so nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">En jy laat sak jou kamera voor \u2018n magtige woudreus wat al vir 600jaar afkyk op hierdie kolletjie grond waar jy om sy stam probeer kyk en wonder hoe om 47meter af te neem. \u2018n Ent verder in die pad staan nog een <\/span><span lang=\"af-ZA\">en mens kan nie regtig oorvertel hoe groot hulle is nie, net hoe klein jy is.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Terug by die melktertlose teetuin vol ystervarkies raak dit \u2018n stort later tyd vir aandete. En die geluide uit die stoor in die mistige aanddonkerte klink vir jou al te veel na die eerte toeriste wat aaitems oefen met hul konvenor, Colyn. <\/span><span lang=\"af-ZA\">En toe is dit ook sulke tyd en jy skuif reg teen die damwal vir die eerste groep aaitem: Die B-opsie \u2013 ook bekend as die Eskom Chris Brinke teen die Global Tracker Piet le Rouxs. Aan ander celebrities ontbreek dit nie, ook Stean Fritsch maak sy verskyning as Chuck Forest. En vir elke celebrity is daar \u2018n ander styl, maar met die impronto BTK-styl kon selfs regisseur Thinus Slabbert nie foutvind nie. Jy het net te veel gelag om alles te onthou. Na al die vreemde style was dit seker ook nie vreemd toe Ingrid Knoet, Tessel Peperkamp, Laura Caulen, Stefani Uhlig en Marlies Haupt lostrek met \u2018n demonstrasie van \u2018n liedjie van oor die water nie. Maar De Machtige Koning het egter nie verraai dat daar mense op die toer is wat Nerderlands machtig is nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\">\u2018<span lang=\"af-ZA\">n Gekolde lap of wat later <\/span><span lang=\"af-ZA\">bly daar van die eerste toeriste net \u2018n gerug in die bos oor en ou en nuwe BTKaners sit in die slees en murmureer oor hoe \u2018n mens ALTYD jou mond brand met die eerste sluk warm tjoklit. By soetgoed bly dit nie, en wie het ges\u00ea daar is net patats in die bos se groentetuine? Retief is in sy skik met sy groentetuin, maar in sy slee kondig Sme aan dat sy \u2018n aaitemweduwee is.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Die vriendelike Le Rouxs probeer \u2018n rerun van snow white, en nee, jy gaan nie onverskillig om met die woord \u201cprobeer\u201dnie. Nes met hulle aaitem het jy ook gedink vanaand is die laaste keer wat jy Suzaan Haumann, Pieter Avenant, Heleen Marais en Josh in die Mama Joe, of liewer Joe Mama, aaitem sien. Jy het natuurlik nie geweet wat moreaand op jou wag nie, wag nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Nag Dames<\/p>\n<h3 class=\"western\"><span lang=\"af-ZA\">3<\/span><span lang=\"af-ZA\">April:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Kringe<\/span><span lang=\"af-ZA\">in<\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u2018<\/span><span lang=\"af-ZA\">n<\/span><span lang=\"af-ZA\">Bos<\/span><span lang=\"af-ZA\">II:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Opdraand<\/span><span lang=\"af-ZA\">in<\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u2018<\/span><span lang=\"af-ZA\">n<\/span><span lang=\"af-ZA\">Plantasie<\/span><\/h3>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\"><strong>Quotes van die dag<\/strong><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Ri<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong>kus Ferreira:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u201cNie olifante of ysbere kan boomklim nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Johan<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> Jooste: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">\u201cDalk moet ons ander boomwassers aanstel.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Amal tydens aaitems:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u201cPiet, is dit \u2018n d\u00faif daai?\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Piet<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">: \u201cOns gaan so \u00be van vaoggend stap, maar minder op en af.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Piet <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">(7km later): \u201cEkt mos ges\u00ea dis nie op en af nie, dis n\u00e9t op.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Diepwalle is regtig diep. Gelukkig het die re\u00ebntjie wat laasnag geval het, nou opgeho<\/span><span lang=\"af-ZA\">u anders het jy ook hier neergeslaan soos Mari Hugo. In hierdie steil, smal stukkie modder is dit net pype en stompe waar jy kyk. Later vandag sou jy die afdraand mis. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Oppad weerklink die geblaf van bobbejane en die dreuning van kettingsae, en by die eerste waterbreek na die eerste waterkruising maak jy kennis met Hanneke Botha en Gerrrie die Sailorsiblings van die Suidsee. Dit was nog nie so vreemd soos die akkerboom waaronder julle middagete eet met, waarskynlik, die wydste kroonspan in die land of Piet se aanwysings na Dameskamp nie:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-left: 1.27cm; margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Dameskamp is nou meer af aan as aan af want die swemplek is aan en nou skuif dameskamp af.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">So terwyl party die splashplek gaan uittoets en ander deur doringdrade klouer en hul geduld uittoets, het Nic<\/span><span lang=\"af-ZA\">k Joubert en Pieter Taljaard meer gewigtige dinge om aan andag te skenk:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"> Nick: My sak se naam is Stefaans.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-indent: 1.27cm; margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Pieter: Nee, ek dink myne se naam is Sakkie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Wat van \u201cSak Norris\u201d?, wonder jy.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Jy hoop nie iemand vra na die tyd dat jy die res van die middag se stap in die skets moet sit nie. Net<\/span><span lang=\"af-ZA\">nou laat jy een van die goeie jong mans wat terruggehardloop het om sakke te help dra se naam uit. En of die groep toe op die ou end wel in twee gesplit het of nie, kan jy ook nie so lekker onthou noudat jy hier sit en al Chanelle Coetzee se water uitdrink nie. Vir Thinus de Wet, Juli de Villiers en Antone kan jy net s\u00ea: om die sketsskrywer se stuff te dra, was nog nooit \u2018n slegte plan nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">By Buffelsnekbosboustasie is die gras groen en die re\u00ebnboog bont en die yskoue houspaaip \u2018n vyfsterstort. Groepies 1 tot 23 begin die aandete en die uile roep en agter \u2018n tent hoor jy hoe Heleen Mills en Helene Rabie en Mari vir ene Jaco oor die foon die verjaarsdagliedjie sing. En is daar sowaar \u2018n vuurmakery aan die gang? Na aandete ondruk jy \u2018n lagbui toe jy jou bord gaan afspoel en \u2018n stem op die huis se stoep hoor:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Ek kry hierdie klomp pasta-eters net jammer.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Jy het in die sleekring gedink jy\u2019t toe wraggies sonsteek ook nog opgedoen toe gisteraand se Joe Mama aaitem weer opstaan. <\/span><span lang=\"af-ZA\">En as dit begin lyk of iemand \u2018n tv saamgedra het, is dit defnitief dehidrasie. 50\/50 was nog niks maar toe Adi haar opwagting maak met \u2018n Groepie 3 gameshow waarin al die deelnemers se naam regtig Pieter is, het jy so half begin rondkyk of jy nie vir Tone gewaar nie. Tot die wind natuurlik besluit om jou en Sme en Hanneke se tent uit die grond te ruk en jy net betyds terugkom om te sien hoe Retief vir Josh vol water spoeg \u2013 nee wat, als is normaal. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-indent: 1.27cm; margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Oom Reinhold: <\/span><span lang=\"af-ZA\">Nag Dames <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"> Annare <\/span><span lang=\"af-ZA\">Agenbag: (Word wakker in slee): Nou wanneer is hekel dan?<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Nag Dames<\/p>\n<h3 class=\"western\"><span lang=\"af-ZA\">4<\/span><span lang=\"af-ZA\">April:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Toorbos<\/span><\/h3>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\"><strong>Quotes van die dag<\/strong><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Hanneke: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">(Aan Retief en sy sonbril) \u201cJa, dit lyk goed, dit maak meeste van jou gesig toe.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Thinus de Wet: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">(In die yskoue water) \u201cEk voel weer soos toe ek 10 jaar oud was!\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Marelize Coetzee: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">\u201cO shit, skryf JY die skets?\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Heleen Mills: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">(Oor twee&#8230; uhm&#8230; besige naaldekokers) \u201cLekkerrr, lekkerrrr!!!\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Ri<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong>kus: \u201c<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">Jurie Els is my man.\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Retief:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u201cIs hy \u2018n man?\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Hanno Roelofse<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">: \u201cJurie Els of Rickus?\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Ansofi<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> van der Merwe:<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"> \u201cToe ek ges\u00ea het ek wil graag in \u2018n aaitem wees, het ek nie bedoel as \u2018n kroegdeur nie!\u201d<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Arthur en die bus en die son daag omtrent gelyk op vanm\u00f4re. Jy het die pragtige rooi wolke in die lens geprop en jou goed in jou sak en op die wa geprop en nadergegly om jouself in die groot groepfoto te prop. Julle laat Gideon de Machtige bosbouer agter met \u2018n bottel wyn en vat die pad tot by die kruispad met die ou grys merrie verby \u2018n ou grys merrie wat op Nuweland staan en wei.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Teen die afdraand maak jy nie vandag beswaar nie en jy loer kort-kort na die dennebome om te sien of die regte bos nog nie weer met ons is nie. Maar voor dan was daar ander sake om af te handel, soos om Petrus Janse van Rensburg te laat lekker verjaar ou maat.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Vers 1:Petrus: Ek hou hiervan, kan ek maar weer verjaar?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"> Vers 2:Stefan Fritsch: You guys are crazy.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\">\u2018<span lang=\"af-ZA\">n Klomp reuse paddastoele later was dit tyd vir gamebreak en die gevreesde damesuitkyk. Jy en Adi, Heleen Marais, Ansofi, Suzanne en Sme is Johannes gespaar en hy vir julle, maar Piet, Pieter Avenant en Thinus de Wet moes dit ontgeld. Toe was dit weer sakke op vir Piet se kortste 2 kilometer ooit. 10 Minute later het jy in \u2018n oop kol in die digte inheemse bos langs \u2018n kalander gaan staan: vanaand slaap julle in die olifant se blyplek.<\/span><span lang=\"af-ZA\"> Jy sal dit onthou van \u2018n kampplek van ekstreme. Jou tent staan nouwel nie s\u00f3 skuins teen die opdraand soos Sonia Woudberg s\u2019n nie, maar waterpas gaan hier nie geslaap word vanaand in die olifantpad nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Dit bly nie by onder die bome<\/span><span lang=\"af-ZA\"> nie, jy het mos ges\u00ea te veel van julle het <\/span><span lang=\"af-ZA\"><em>Kringe in \u2018n Bos<\/em><\/span><span lang=\"af-ZA\"> al te veel gelees, dit moet die rede wees hoekom Pieter Avenant en Colyn nou daar teen die kalanders uitseil. Dit was nie die einde van die middag se ekstreme avonture nie, vanuit die ysige water sou jy later die Beegees \u201cStaying Alive\u201d hoor sing&#8230; Ander mense se idee van ekstreem, is te veel dark chocolate vir middagete terwyl ander verkies om Gladiators te speel op die gladde stompe. Jy\u2019t eers gedink dis net Pieter Holzhausen en Gerrie, maar toe jy weer sien was Pieter Taljaard, Thinus Slabber, Stefan en Rickus ook aan die steier op die omgevalle bome. Gou het de Koning en ander liedjies begin opklink, en so wat van dieregeluide het die bos lanklaas gehoor. Die bobbejaantouswaaiery het meer na jou soort aktiwiteit gelyk. Marelize Coetzee, Hanno 2Pot, Adri Gilliomee, Lisl en Carla het later selfs teruggekom vir nog. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Terug by die kampplek, na die stappie sonder roete met die walkietalkies heel goed afgeloop het, het die groot wag vir die nag bestaan uit splash, slaap, klapspeletjies en houtkerf. So van ekstreem gepraat, met die skietery hoor jy dat die standaarde hier ook gelig het:<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Pieter Taljaard: \u201cChuck Norris slee met 12 meisies gelyk.\u201d<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Antone: \u201cHy skiet net een keer.\u201d<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Ook Hanno 2P<\/span><span lang=\"af-ZA\">ot hou van ekstreem en gan was die hele Groepie een se skottelgoed so ching en \u2018n chong en \u2018n cha later. Toe julle later die aand by Gideon van Lille hoor dat daar wel spoelgoud in die rivier is, het jy besef hoekom hy nie eintlik gekla het nie. Meeste aaitems wat jy ook in \u2018n lang tyd gesien het, hier onder die bome wat so hoog is dat dit lyk of hulle die sterre nog opper druk. Nick weet nie hoe sy hoed daar voor beland het nie, maar toe hy weer sien, is hy deel van Juli, Izeldi van der Linde, Helene, Hanneke en Janet Rossouw se Jode uitwissings aaitem. Toe was dit tyd vir \u2018n dubbelperiode Woudkunde 778, die keer nie met \u2018n Plantsielkundige uit die Oosblok nie, maar met Gideon, wat hierdie 80Ha bykans ongerepte bos kom uitl\u00ea aan \u2018n gehoor wat al dae lank wonder oor hierdie toorbos. Ysnabere en Olibere maak nou wel goeie aaitems, maar toe die lesing begin dwaal na olifante en luiperd, was jy nie al een wat so half na die donker Kruisrivier-se-bos geloer het nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Na afloop van die lesuur, vat aaitems weer \u2018n rukkie om op dreef te kom. Maar dis weer sulke tyd op Noot vir Noot en hier is u gasheer, Thinus Slabber. Dit is tyd vir die Wilgenhof semi-finaal en Pieter Holzhausen kry die Boscar vir beste komedie akteur as Daantjie. Jy wonder al heel toer hoe vang mens \u2018n ysnabeer, Johan Jooste reken hy het die antwoord, maar jy weet nie so mooi van die foksterri\u00ebr nie. Dalk moet Dirkie hom sommer net wurgh. Thinus de Wet en Retief is vanaand die Halwe Kragtige Kragtige Kruisbos Kwartet en weereens daarop uit om wie ook al hulle sleemaatjies is, op die bosoorlogspad te sit.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">\u2018n Oomblik word na aaitems geneem om die donker bos te beleef sonder kopliggies en cadac. Jy\u2019s nie net sonder lig tussen hierdie ho\u00eb swart skaduwees nie, maar sonder woorde ook, dis egter nie almal se probleem nie:<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Colyn: \u201cN\u00f3u moet ons daai boom afkap!\u201d<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Nag Dames<\/p>\n<h3 class=\"western\"><span lang=\"af-ZA\">5<\/span><span lang=\"af-ZA\">April:<\/span><span lang=\"af-ZA\">Baai,<\/span><span lang=\"af-ZA\">Bos<\/span><\/h3>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Quote<\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\"><strong> van die dag<\/strong><\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\"><strong>Retief: <\/strong><\/span><span lang=\"af-ZA\">(Tydens stilhou by vulstasie): Jy moenie \u2018n trickle h\u00ea nie, jy moet \u2018n hele stroom h\u00ea.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Vandag is weer een van daai meer op as af dae omdat gister meer af as op en minder op as af was en ons nou met gister se af pad weer gaan op stap. Jy sit in die sonkolletjies onder die ho\u00eb bome en kyk rond na al die tentjies wat nog staan, hier gaan nie vandag gou gemaak word nie. Die bobbejane het egter ander planne om die oggend se verrigtinge bietjie sneller te laat verloop.<\/span><span lang=\"af-ZA\"> Die walkietalkie se sneller wou egter glad nie verloop, maar met behulp van die baboon vine het die \u201cbattery is pap!\u201d Johannes en sy handvol batterye na die voorpunt van die linies laat haas. Julle moet gou maak, Victoriabaai se branders wag.<\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Langer as gister voel hierdie stukkie pad vandag, maar dis \u2018n pragtige oggend en jy kyk vir oulaas hoe die doudruppels wip op die spinnerakke langs die oranje paddastoele. En neem sommer nog \u2018n boom af. En wanneer laas het \u2018n staptog met \u2018n opdraand ge\u00ebeindig? Jy het jou sak onderstebo in die stof neergesit en omgekyk oor die dennebome na die toorbos waar die tyd nog stilstaan.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Terug op die bus tuit jou ore soos die voorste helfte en die agterste helte mekaar opdreun met verskillende liedjies. Die ou grys merrie skuifel verby die name wat die afgelope paar dae kringe in jou kop geloop het: Gouna, Diepwalle, Velbroeksdraai tot uiteindelik in Knysna. Hier is die eerste plek waar die lang gegroet begin, onder andere die De Villierse verlaat julle hier. <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Luid en vuil tuimel die barbaarse hordes uit die bus by Vicbaai, en jy wonder of almal oor \u2018n uur weer gaan terug wees. Jy het de Machtige Spur onderskat. Netjies op tyd na stampvol aantrekhokkies, kwaai ooms en tannies, gate en rotse op die seebodem en heerlike branders, is die bus vol, die mae leeg en die wiele aan die rol \u2013 en die oophou van die vensters \u00e9ffens minder noodsaaklik. Julle sit solank en dink watse koeldrank en sous julle wil h\u00ea terwyl die ou grys merrie knipoog vir \u2018n rooi lig.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-indent: 1.27cm; margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">\u201cTafel 3: Muesliwater is reg!\u201d<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Janee, yet another Spur wat nie weet wat op hulle wag nie, wag nie. Jyt gedink die groep was bietjie stiller as gewoonlik, maar aan aksie het dit darem nie ontbreek nie. Julle het \u2018n celebrity inval deur Cecilia du Toit gehad, balongevegte gehou, geKoning, vir Piet laat verjaar en vir Piet weer laat verjaar. Daar is net een vraag wat jou kwel: Het iemand spesiaal daardie helderpienk lipstiek gaan koop, of is dit saamgedra dwarsdeur die bos?<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Jy en die skets het afgeklim by die Voorbaai Truckstop en die ou grys merrie met sy vrolike vuil vrag agterna gekyk en jou goodfors begin bymekaartel:<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">Pen: R2, Toer: R400, Die feit dat daar tog iets van jou skoolloopbaan in jou kop vasgesteek het, selfs al is dit net \u2018n Kring in \u2018n Bos: Priceless<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" align=\"JUSTIFY\"><span lang=\"af-ZA\">Nag, Dames <\/span><\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm;\" lang=\"af-ZA\" align=\"JUSTIFY\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1 April: Kringe met &#8216;n Bus Quotes van die dag Piet le Roux: Dis nie &#8216;n goeie pad nie, maar die bus sal hom kan ry. Johannes Swart: Een van die groepies is sonder vleis! Watter groepie het nie vleis nie?&#8230; Frances (Van der Merwe), jy het nie ons vleis nie, n\u00ea? Antone Badenhorst: Ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-818","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=818"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/818\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":820,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/818\/revisions\/820"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}