{"id":821,"date":"2004-09-08T22:09:34","date_gmt":"2004-09-08T20:09:34","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=821"},"modified":"2012-01-03T22:18:30","modified_gmt":"2012-01-03T20:18:30","slug":"twee-riviere-september-2004","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2004\/09\/twee-riviere-september-2004\/","title":{"rendered":"Twee Riviere September 2004"},"content":{"rendered":"<p><strong>Vrydag 3 September: Eendag in 1969<\/strong><\/p>\n<p>Op die Neelsieparkeerterrein roep jy uitasem halt en laat sak die skommelende, eiewys rugsak op die teerblad terwyl jy rondkyk vir \u2019n bekende gesig of dertig. Dis terwyl jy die ding probeer balanseer tussen die obskure versameling plastiekverpakte objekte, wat jy nog \u201ceen of ander tyd\u201d daarin gaan stop, dat jy bewus raak van \u2019n eienaardige gewaarwording. Dan tref dit jou, sodra jy die hoop kratte vol wit, geperforeerde en nie-wit, nie-geperforeerde items sien: die bus is nog nie hier nie. W\u00e9l. Voorbodes kom seker nie duideliker as d\u00edt nie.<!--more--><\/p>\n<p>Ja, of ni\u00e9. Blatant soos die 1969 op die toerlys kon \u2019n laat bus darem seker ook nou nie wees nie, ek meen: as jy jouself begewe op \u2018n toer wat 34 jaar gelede begin is met Brian Adams as die toerleier\u2026<\/p>\n<p>So laat ons nou nie s\u00ea ons is nie gewaarsku nie. Dis egter verblydend om te sien dat sulke onvoorbereidheid eerder die uitsondering as die re\u00ebl is. Jy het nog so met die koue wind wat deur die skrefieruit in jou gesig blaas, getuur deur die vingermerke om te kyk of daardie bos langs die pad nie dalk \u2019n dorp of \u2019n Caltex is nie, toe jy die stem van gesag teen die sitplek agter jou hoor vasslaan:<\/p>\n<p>Jy sien, mens moet jou stofie leer k\u00e9n.<\/p>\n<p>Die stem van gesag is \u2019n stoker?<\/p>\n<p>Jou stofie is soos jou kar: maar nie \u2019n outomatiese kar nie, hyt \u2019n clutch en als.<\/p>\n<p>Ja, dis Charles Hopkins, met Hugo van der Merwe en Katrien Heymann as gewillige gehoor, sy eerste maal as stoker:<\/p>\n<p>Nee, nee, jou stofie is soos \u2019n vrou. D\u00edt werk vir daai een, en d\u00edt werk nie vir daai een nie. Jy moet weet presi\u00e9s wat dit is wat jou spesifieke stofie laat brand.<\/p>\n<p>Dis natuurlik toe dat jou vriendin, Carla Potgieter, omdraai om \u2018n stuiwer in die armbeurs te gooi:<\/p>\n<p>Dit hang af wie dit is wat die stoof aan die brand steek.<\/p>\n<p>So moenie laat ek jou vertel dat die BTK nie voorbereid was nie, eerder\u2026 moeg na \u2018n lang kwartaal, bly om mekaar weer te sien, senuagtig oor die eerste toer.. en half vrek van die honger.<\/p>\n<p>So raak dit voergeetyd vir die honger menigte en Leon de Wit ,die potstaander, wat terloops opgemerk het dat hy op hierdie toer niks kontroversieel gaan s\u00ea nie &#8211; en dit toe ook glad nie gedoen het nie &#8211; verlaat sy pos as Oom Peter-Jan Randewijk se beskermdwergie om Judith Delport en Annemie du Plessis die nodige te help doen. En jy wonder onderlangs hoekom jy nie so slim soos Suzanne Haumann was om Herman Steyn, sonder sy medewete, te laat aanbied om jou rugsak te dra nie. Nie lank nadat jou vierde worsbroodjie die weg van alle aardse vlees gevolg het nie, doem die onmiskenbare liggies van \u2018n Ultra City aan die linkerkant van die pad op. Na \u2018n hewige debat van lustelose raaiskote word Riviersonderend ge\u00efdentifiseer &#8211; Peperduursonderend soos jy later uitvind toe jy in die kil Overbergluggie teug aan jou laaste sigaret en jou laaste gaskoeldrank wat jy met jou laaste geld deur jou nek gekoop het.<\/p>\n<p>Wie weet waar VanWyksdorpers woon? VanWyksdorpers woon waar wiele.. Nou ja, kom ons s\u00ea maar net jou o\u00eb het nog so oor die grondpad verby die monumentale NG Kerk en telkomhokkie gewip toe jy dit sien. Ja, \u2018n kerksaaltjie in die middel van na middernag, in die middel van die berge, in die middel van VanWyksdorp. Sal maar later vanoggend, wanneer hulle weer die strate uitpak en die mall oppomp, kyk of dit in die middel van absoluut niks ook is. Nie dat jy kla nie: plank onder die slaapsak, porselein agter die houtdeur, sinkplaat bokant die kop.<\/p>\n<p>Jys aan die slaap voor jy enige iemand kan nags\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 4 September : Geel Madeliefies tussen Dorings en Uitkykpunte<\/strong><\/p>\n<p>Inderdaad Saterdag 4 September. Ek herhaal, Saterdag vier September. Ah, wag\u2026 daaaar roer \u2018n slaapsak\u2026<\/p>\n<p>So d\u00eds nou VanWyksdorp. Die plekkie met die mankoliekerige swart baaisiekel wat leun teen die piepklein poskantoortjie met \u2019n telefoon, \u2019n till en \u2019n tannie. Jy staan daar en pass die nekdoekies tjap-tjap na Lize Joubert aan, of sy na jou \u2013 jy\u2019t half vergeet, dis vroeg. Die dat Joyce Marais se nekdoekie amper in die slag gebly het, nou nie dat jy gewoonlik na \u2019n poskantoor verwys as \u2019n slag nie. Dit kon die klein dorpie op Ko\u00f6perasie Stories gewees het: behalwe nou vir die feit dat dit opgekrul l\u00ea tussen \u2019n paar berge met met \u2019n binneste wat wriemel van \u2019n kokende, instoppende en, plek-plek, slapende BTK.<\/p>\n<p>En jy het uitgevind wat gebeur indien die bus se knormoer opsluit weier om sy samewerking te verleen: jy gooi n\u00f3g knormoer in jou beker en maak gereed om nog \u2019n bietjie te stap. Jy het al dikwels gewonder wat die langste moontlike afstand tussen \u2019n slot en \u2019n toerleier kan wees, nou weet jy: dis drie plaashuisies, vier graspolle en twee uitkykpunte \u2013 hierdie vergelyking geld egter slegs indien die slot voor en die toerleier agter stap. Plaaspad, lusernlande en voor jy weet is dit die eerste waterbreek.<\/p>\n<p>Jy sou later terugdink aan dag een as as die dag van dorings, blommetjies en uitkykpunte. Nou nie dat jy toe al kon weet wat op jou wag nie, wag nie\u2026 Maar ja, hier is baie blommetjies: sulke daisy-agtige goedjies in al drie skakerings van geel, wit en pers. Met elke tree wat jy neem, stuif die geur van die vroe\u00eb lente in jou neusgate op \u2013 so wat is fout met hierdie prentjie? O, ja! Dis so warm soos net \u2019n somersdag in die Klein Karoo kan wees, behalwe nou vir die feit dat dit nie somer is nie en dat die aircon nie werk nie.<\/p>\n<p>Van die dorings sal Hugo meer weet as jy, hy is immers die een wat met rugsak en al in \u2019n swetterjoel daarvan gaan sit het nadat \u2019n oulike graspolletjie hom na en om die bos gelei het. Dalk sal jy later wens dat jy ook paddavoete saamgedra het soos dapper George Gerber, maar later is beslis nie vandag nie.<\/p>\n<p>Die rivier maak toe ook sy opwagting so klip vir klip en doring vir doring. Dis hoeka in die smal, klipperige paadjie wat daar toe gestop word vir Oom Peter-Jan en Tannie Marelie Randewijk se ordentlikheidspraatjie \u2013 in stereo. Jy het mos nog altyd gewonder wat altyd so vreeslik lank neem om te s\u00ea in hulle s\u2019n.. Jou oproep na die beamptes van die Guinness Book of Records het egter nie veel vrugte afgewerp nie, en die nouste Koning ooit moes ongelukkig sonder die medewete van die w\u00eareld daar buite verbygaan.<\/p>\n<p>Vele blomme, dorings en uitkykpunte later bereik die gelui van huweliksklokkies jou ore. Nie dat jy nou al ooit gehoor het van \u2018n bruidegom wat soos Leon eers tydens die neem van die troufoto\u2019s wakkerskrik nie &#8211; maar dis ook nou nie dat jy \u2018n mooi storie en Annemie se stralende verontwaardiging met vrae will bederf nie. Sy\u2019t dit immers swaar genoeg om Leon te oortuig\u2026 Jy dink natuurlik hulle moet by Retief Swart en Heleen Marais gaan kersopsteek, Apriltoer (waar die vorige, onbewustelike kitshuwelik plaasgevind het) is immers nie sooo lank gelede nie.<\/p>\n<p>So daar langs die rivier sak die barbaarse hordes toe neer vir middagete vir wat een van baie waterfront maaltye sou word. Die VanWyksdorpbrood is toe nie uitgevote nie, inteendeel\u2026 watse brood?<\/p>\n<p>By Kamp Graswal roep Piet le Roux halt vir die nag en na vele plons, pitch en pot word skiet oopgedawer. Sanet Vermeulen se klagte dat Riaan du Toit haar noodlottig gewond het lok ongelukkig nie die gewensde simpatie by Groepie 1 uit nie. En die nimlike Patience (Sun\u00e9 Pieterse) maak \u2018n comeback saam met die doodgewaande Apartheid: Groepie 2 het taktvol gesorg dat haar sop in \u2018n aparte billie gemaak word.<\/p>\n<p>So nou l\u00ea jy heerlik agteroor in jou slee, toe die drie jagters die eerste van vele opwagtings maak. Pablo en Pedro se bacontree, wat toe al die tyd \u2018n hambush was, verdien \u2018n plek in die geheue van die gehoor. Petrie van der Merwe en Eberhard Steinmann was weereens ook nie links nie, en as jy al ooit gewonder het wat jy moet doen as jou lepel te groot is: soek \u2018n piesang!<\/p>\n<p>Nadat Leon en Annemie goed die spit moes afbyt vir hul kitshuwelik en gewaande egskeiding, kom die hekel wat jou altyd sal bybly &#8211; die strikvraag van Anni Loots:<\/p>\n<p>Oom Peter-Jan, ek will net graag by Piet weet wat hy bedoel met \u201eRecc\u00e9 \u201c<\/p>\n<p>Na \u2019n juweel soos daai, kan jy ook maar net s\u00ea: nag dames<\/p>\n<p><strong>Sondag 5 September: Die pelgrimstog van die plaasimplemente<\/strong><\/p>\n<p>Kamp Opdrifsel is toe die oggend verlaat op \u2018n pelgrimstog van plaasimplemente. Net toe Johannes Swart en Doret Jordaan, twee van die locals, begin liries raak oor die omgewing, word hulle toerie\u00eb effens omvergewerp deur \u2018n VNVVV (Vreemde Nie- vlieende Voorwerp) op die horison. Dis \u2018n vliegtuig, dis \u2018n vo\u00ebl, dis \u2018n plakkershut \u2013 nee, dis regte \u2018n Claas stroper uit Harsewinkel! \u2018n Trekker, \u2018n ploeg \u201a\u2018n troppie skattige bergbokkies en etlike, nee dis ni\u00e9 koring nie, lusernlande later stap jy van erdvarkgat tot erdvarkgat tussen die blommetjies deur met een gedagte in jou kop: skooltjie.<\/p>\n<p>So van skool gepraat: jy sal nou nie lekker kan onthou waar die slagspreuk van die toer sy oorsprong gehad het nie, alhoewel jy die hand van die onderwys daarin bespeur. Dit het inslag gevind waar dit die eerste groot epiese rivieroorsteek met \u2018n gewankel, geplons en gegil die gamebreak ingelui het: Moet net nie ophou dink nie! Maar hoe kan \u2018n mens dink terwyl jy nog in \u2018n skoktoestand verkeer omdat jy sowaar Herman (Die toer se verjaarsdagmaatjie) se verjaarsdag vergeet het? Jou futiele rondkyk na waar die skrum nou eintlik gesak het, eindig by Piet se fluitjie, die einde van nog \u2018n gamebreak.<\/p>\n<p>So sny jy dan ook kortpad oor die rante, met die entoesiastiese verjaarsdagliedjie wat teen jou voetstappe vasstamp terwyl die twee Nederlandse konsultante, Mark van Ommen en Mattijs Heeren, aan hul paneel eerste toeriste die fynere kunsies van \u201chet Nederlandse uitpraak\u201d van De Machtige Koning voorl\u00ea. En toe jy nou uiteindelik op die ho\u00eb rand staan, maak jy maar beleefd asof jy ook daar opgeklouter het vir die uitsig en nie omdat jy graag uitkykpuntekspedisie nommer 486 wou join nie. Jy waardeer nietemin die pragtige uitsig, dis immers hoekom jy BTK en nie stap nie.<\/p>\n<p>Maar daar is altyd \u2018n waentjie langs die pad as die vrag te swaar word en bosluise en verdwene paadjies om die wegsyferende gespreksonderwerpe aan te vul, so dis nou nie asof jy gaan kla nie.<\/p>\n<p>Jy kry uiteindelik die skoolgeboutjie in die oog: \u2018n sink en plank tweevertrekkonstruksie met goeie grondvrye hoogte en ventilasiekapasiteit. Dis mos dan wanneer die koue wind deur jou gebeente begin sny en jy en Elbie Rossouw en Katrien en Minette van der Merwe en wie\u2019s-daar-doooeeer-anderkant julleself afvra: hoe ver agter die sementdam l\u00ea die eerste bossie ho\u00ebr as enkelhoogte? Jy onthou skielik dat die Klein Karoo nie altyd klein is nie, en ook nie altyd warm nie.<\/p>\n<p>So na \u2018n onderdakaandete is dit sulke tyd. Jy lag diep uit jou maag vir Dawid Morris se kwinkslag oor die back-to-school slee: maar behalwe vir die skoolgebou en die duisternis laat niks jou aan skool dink nie &#8211; veral nie as jy die feit in ag neem dat Eerste Toeris Items baie meer leersaam is as daai ander wiskundeklas waarvan jy net die bordkrytstof en die klok se geskal kan onthou nie.<\/p>\n<p>Hoeveel mense kan byvoorbeeld s\u00ea dat hulle al die Nederlandse volkslied eerstehands beleef het op stowwerige planke in die suisende lig van \u2018n gaslamp? Om nie te praat van gesing nie. Willie Krige het gewys dat die kosmopolitaanse aspek van die BTK hom geensins afskrik nie en hy het heerlik ge-\u201cHiep Hiep Holland\u201d saam met Mark en Mattijs, wat flussies nog die dieretuin na Afrika gebring het. Boonop het die latynse Pablo en Pedro (wat met daardie beligting en aksente enigeiemand van Nic Joubert tot Herman S. kon gewees het sonder dat jy dit agterkom)\u2018n visvang-comeback gemaak nadat die hambush oneetbaar blyk te gewees het. Nie dat dit is waar die Aardrykskundeles ge\u00ebindig het nie: ook die Republiek van China het die Items binnegeval toe Cherie Crous, Dawid en Hans Heunis ons \u201cSuplaais!\u201d het. Na \u2018n voortreflike vertoning van die verpligte liedjies, waar wraakkaptein Pieter Avenant sy stem dikgemaak het, was die akademiese verrigtinge van die aand eers op \u2018n end en het die geskarrel na natwordbare klere vir die yskoue vlakte begin. Weens \u2018n tekort aan boekies en \u2018n oormaat nekdoekies was die geskarrel agter die skerms selfs mooier. Jy\u2019t later maar net gaan staan en saam met die res gegiggel oor Annie-Loots-weet, en gehoop almal is geholpe.<\/p>\n<p>Na die soetheid van die wraak het Leonora (Leon de Wit) haarself in die sewende eendehemel bevind terwyl Hugo sy vlerkies as die beautiful butterfly gesprei het. Oom Tielman Roos, ons weldoener, het ook na sy heerlike aand in herinneringlaan die vereniging wat ouer as die NNP is en heelwat langer gaan hou, gegroet. En jy dink natuurlik die beste hekel van die aand was beslis Thinus Basson wat vir Marianne Heyns die Bassonkant van die lewe wou wys.<\/p>\n<p>Almal slaap vanaand op \u2018n hoop, weerskante van \u2018n plank &#8211; sal nounou die aircon afsit.<\/p>\n<p>Nag Dames.<\/p>\n<p><strong>Maandag 6 September: Geen Tee, Geen Meisies, Geen Kinders<\/strong><\/p>\n<p>Toe die volgende oggend se forced removal uit die onderdak fasiliteite plaasvind, onthou jy skielik waaraan al die sinkplate jou die vorige aand laat dink het\u2026<\/p>\n<p>Jy vergeet egter jou iesegrimmigheid te midde van die feesgees, dis immers nie elke dag dat iemand min of meer r\u00e9gtig op \u2018n toer verjaar nie! Riaan se \u201cbring it on\u201d het die SHD-magte van alle kante op hom laat toesak en \u2018n versie of twee later was dit opsaaltyd.<\/p>\n<p>\u2018n Wyle later grinnik almal vir die vervalle nabankklip-murasie se room with a view terwyl \u2018n vervaarde Riaan en Hugo holderstebolder skarrel en duik vir \u2018n gaatjie op die groepfoto. En die plaasimplemente maak oudergewoonte hul opwagting tewyl jy jou oopmond vergaap aan die magnetiese houvas wat geel vragmotors op bont BTKners het. Hier en daar tuimel \u2018n druppel sporadies uit die lug, maar nou nie so dat jy sal huistoe SMS met \u2018n posduif nie.<\/p>\n<p>Jy skaats teen die sloot se wal af in \u2018n gamebreak in. Groepie 1 maak \u2018n interessante ontdekking rakende die ondeskeid tussen meel en melk: as meel jou probleme gee, is dit skoonveld \u2013 as melk jou probleme gee het jy dit steeds. Krete van vreugde styg egter op toe \u2018n ander groepie ontdek dat hulle \u2018n blikwassak het. Toegegee, daar is slegter dinge wat jou op dag drie kan oorkom.<\/p>\n<p>Jip, en een of ander tyd moet die Grootrivier ons weer vereer met sy teenwoordigheid, en die knars van kluitkloof begin. Gmf, en jyt gedink dis net die wye oop Kalahari wat toegespan is onder die draadheinings? Ons is toe nie so stoksielalleen in die kloof soos ons gedink het nie, Eskom het homself sommer genooi. Dis bo-oor, of onderdeur of om, modder modder modder om\u2026jy tel jou rugsak weer op en wonder hoe lank hierdie elektroniese uitdaging sou voortgeduur het as Hans nie daaraan gedink het om die draad sommer met klip en al op te lig nie.<\/p>\n<p>Middagete langs ons vriend rivier is \u2018n kans om weer al die skoen van die modder af te was. So al op die rivierklippe in die vallei van \u2019n duisend en een rivierkruisings besluit die krukkelys om sy klientebasis uit te brei: Doret maak seker dat Leon hierdie toer ook kan s\u00ea dat hy nie heelpad met net een russak hoef te geloop het nie terwyl die son Alex van den Berg lelik bygekom het tot op die vlak van sonsteek. Jy wil nou nie snaaks wees nie, maar Carla lyk ook nie vir jou heeltemal lekker nie\u2026<\/p>\n<p>Toe jy uiteindelik jou tentjie staanmaak op die aanloklike strandjie waar die twee riviere mekaar ontmoet, is die beeskakebeen voor jou tent se deur ook al teken dat die sonnetjie vandag gesorg het dat jy jou vriendin Carla nie voor more-oggend sien nie &#8211; en intussen beurtelings met Hamlet en Ockert Brits opgeskeep sit. Marianne, Eberhard en Cherie stel die pleisters en verbande ten tone, Pieter staar net voor hom uit met \u2018n veraf uitdrukking in sy o\u00eb: \u201cTone kan niks meer vir my doen nie\u2026\u201d<\/p>\n<p>En die swemwaters word aangedurf. Jy kruip natuurlik op die sand soos jy lag toe Piet op en af in die lug spring en armswaaiend vir Wernard Barnardo beduie dat hy uit die water moet padgee om die \u201changglider\u201d te mis \u2013 \u201changlider\u201d synde die nuwe naam vir \u2019n dameskamp in \u2019n rivierpoel. Die pragtige visarende klim ook luidkeels in. Ook Groupe Quatro se stemme deurklief later die aandlug: Marianne, waar de sop is jy?!<\/p>\n<p>Wanneer laas het jy \u2018n sleekring met \u2018n regte vuur in die middel gesien? Om nie te praat van Marshmallos, soetwyn en ja sowaar, \u2018n orgieslee, nie. Maar nou ja, tydens damesskiet \u2018n mens ook enigeiets verwag. Soos \u2019n teleurgestelde Oom Peter-Jan later ontdek toe hy die vis, wat hy vroe\u00ebr vandag in die riete gevang en diplomaties langs die vuur geplaas het, gaan soek en net op \u2019n paar verkoolde stokke en grate afkom. Charles se item word gewigtig deur sy aankondiging ingelui: \u201cOkay n\u00e9, hierdie is \u2018n joke\u2026\u201d Ag, give him another chance, dis per slot van rekening die waarheid. Daardie donker nag sal ook altyd onthou word as die wedergeboorte van die ou, grys merrie. Weereens kan jy nie s\u00ea dat hierdie toer in die jaar 1969 langs die twee riviere sonder voorbodes verloop het nie.<\/p>\n<p>Piet kondig die volgende dag se planne aan en jy grinnik by die gedagte aan die paar ure slaap wat jy gaan inkry terwyl die ander suckers \u2018n ander kloof verken.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Dinsdag 7 September: So d\u00eds \u2018n splashcover\u2026<\/strong><\/p>\n<p>Piet het natuurlik \u2018n klein, onbelangrike brokkie inligting weggelaat toe hy die plan van aksie aan sy agtervolgers deurgegee het: dit verbaas jou glad nie dat g\u2019n mens die eerste uitstappie wou aandurf toe Piet deur die tentwande bulder dat \u2018n swempie deur die rivier die grootste deel van stap een uitmaak nie. So na \u2018n luilekker inpakkery het die swepe eers teen elfuur begin klap.<\/p>\n<p>Ag, jy ken die storie: modder, rotse, kruis en dwars oor die rivier. Altans, jy\u2019t ged\u00ednk jy ken die storie tot dokter Steinmann sy stem dikmaak en Petrie sy aandele by die sketsskrywer laat styg deur te sorg dat sy droogvoets oor die rivier kom. Jy\u2019t ook gedink jy ken die storie van die water: knyp o\u00eb toe, vergeet van die reeks informele nedersettings waardeur die rivier vloei en sl\u00fak, maar blykbaar is daar beter maniere om die saak aan te pak. Hugo het dadelik die potensiaal van Liske Kotz\u00e9, ons ekologiese informant, se anti-bacterial sokkies ingesien as filters. Of dit toe so aangewend is, het jou nou effens ontgaan.<\/p>\n<p>Nie lank daarna nie doem die toer se eerste swem op. Dis toe dat daardie veelkleurige seilvoorwerpe van naderby bekyk en ingespan word, altans vir die paar sakke wat hulle toe wel vir die hele dryf-ding beskikbaargestel het. Plan B: jy sit agteroor op die graswal terwyl die manne &#8216;n sakgee-treintjie oor die rivier maak. Hier en daar het &#8216;n tekkie &#8216;n duikslag of wat beleef, maar verder kon jy nou nie enige katastrofes opmerk nie. Dit was nou totdat Doret besluit het sy gaan nie soos Annemie die dokter se raad in die wind slaan en deurloop nie, en \u2019n halfverdrinkte Petrie en nog &#8216;n paar moe\u00eb mans later het sy haar toe ook sopnat en droogvoet aan die oorkant bevind.<\/p>\n<p>Na klim- en klouter oor rotsblokke en ander hindernisse is dit middagete tyd, waartydens Anni as gevolg van &#8216;n ingewikkelde maar fynbeplande komplot in die water beland.<\/p>\n<p>Die middag se stap het ook &#8216;n ingewikkelde reeks rotsblokklouters ingesluit, jy kon jou o\u00eb nie glo toe &#8216;n stukkie beskawing uiteindelik opduik in die vorm van &#8216;n bruggie oor die rivier nie. Gou is di\u00e9 illusie egter versteur deur &#8216;n bakkie, wat bekommerd stilgehou het om te vra waarheen ons oppad is. Een ongemaklike stilte later moes hy maar die stryd gewonne gee.<\/p>\n<p>Jy kletter nog so lekker in die rivierloop af toe Judith se deurpriemende gil die ekspedisie plotseling tot stilstand ruk: &#8220;netso groot akkedis&#8221; het haar amper aan die arm gebyt. Nou trust jy hierdie rotsblokke nog minder, maar nou ja. Kampplek is seker nie meer&#8230;<\/p>\n<p>Hi\u00e9r?! Ag, wel, moegheid, skuins rivierwalletjie, rugsak.. natuurlik slaap ons vanaand hier. Een ysige windvlaag en &#8216;n onheilspellende skemer later vermoed die manne onraad toe Tannie Mareli die dames bymekaarroep &#8211; Skiet is oop! Ja, canned-lion-skiet as jy nou al ooit een gesien het.<\/p>\n<p>Patience het haar roots verraai vir &#8216;n Kaapse Meraai en aangesien dit die laaste aand is maak jy jou reg vir laat kuier. Yea, right. Na die eerste Nag Dames is jy weg&#8230; tot jy wakkerword van die tip-tip-tip-tip&#8230;<\/p>\n<p>Woensdag 8 September: Die ou silwergrysmerrie, is nie want&#8230;<\/p>\n<p>So na al die mooi weer op die toer duik die eerste en laaste nat oggend toe op toe jy in die gietende re\u00ebn onder die tentflappe uitstrompel. Darem nie vaal en grys soos jy re\u00ebndae ken nie, nie met Gysbert Muller, Wernard en Anni as die drie geel en oranje sonne nie. Nuwe rekord: omstreeks twintig voor ag gly die BTK uit hul kamp uit. Dis ongehoord stiptelik, maar wat kan jy doen&#8230;<\/p>\n<p>Dit word &#8216;n dag van fynbosvleg en nat klippe klouter soos nog nooit. Anni se val het jou groot laat skrik, so nou loop jy dubbeld so versigtig. En dit kos &#8216;n recc\u00e9 en &#8216;n half om stappie vir stappie die maklikste roete te vind noudat ons swemplannetjies effens gefnuik is. Darem toe nie heeltemal nie, met die hulp van ouens wat drywende sakke oorstoot en sinkende swemmers uitsleep, bereik ons die oorkantste wal.<\/p>\n<p>Goeie verskoning vir &#8216;n gamebreak as jy nou al ooit een gehad het! Effens dro\u00ebr BTKners met effens natter sakke doen toe weereens die dassie-ding al teen die kante van die Lord of the Rings-agtige kloof uit. Jy kan nie aan &#8216;n beter plek dink vir &#8216;n groepfoto, of aan &#8216;n moeiliker plek om die fotograaf ook in te kry nie. Na &#8216;n stresvolle paar sekondes slaak jy egter &#8216;n sug van verligting.<\/p>\n<p>Niemand kon op daardie stadium meer onthou wie dit presies ges\u00ea het nie, miskien kan jy onthou:<\/p>\n<p>As jy in hierdie vallei omkyk verander jy in &#8216;n aalwyn, nes die hele lot van hulle.<\/p>\n<p>Die laaste stuk paadjie was &#8216;n afdraand uit die boonste, die h\u00e9\u00e9l boonste rakke. Maar toe het onheilspellende klanke van die toerleier se kant af al snaakse busgerugte lat verspei: ons kry nie die ding nie&#8230; Jy gly weereens op &#8216;n modderige stomp, Willie reken dat hulle nes Leon se bek is: seepglad en behoort vermy te word sover jy kan. Toe die brug sigbaar raak het Lientjie Avenant &#8216;n spreekwoordelike traantjie van aandoening weggepink, die toer was verby.<\/p>\n<p>Verby!? Toe jy saam met al die ander gelyktydig jou rugsak afhaal, het die volle impak van wat gebeur het jou nog nie getref nie, of enige iemand anders nie &#8211; middagete is immers &#8216;n beter plan as tob&#8230;<\/p>\n<p>Tot Piet en Eberhard na &#8216;n ekskursie na &#8216;n foon en sein op &#8216;n naburige plaas aankondig dat die polisie op Albertinia aan die soek is na die silwergrysmerrie, soos die bus terstond gedoop is. Ja, vir wat sal &#8216;n BTK bus nou breek as hy kan wegraak? En dit word aand&#8230; en busse word verpas.. en ouers raak histeries&#8230; en die BTK speel brug.<\/p>\n<p>Hoe dit heeltemal gebeur het en kan jy nie meer so mooi onthou nie, maar na \u2018n paar keer se plaasbakkie-pendel met ene Meneer Jordaan, die eienaar van die plaas \u201cDie Poort\u201d en nog \u2018n paar verskuiwings van mense is ons toe almal by die plaashuis. Jy voel die pluk aan jou lagspiere toe die baas van die plaas se 1983 Soetwyn uit die kelder te voorskyn kom \u2013 surrealisme op sy beste. Maar toe die bakkie van die dorp af stop met vleis, brood en bier en bier en bier, vee jy die grinnik met \u2019n snak van jou asem weg &#8211; Spur? Watse Spur?<\/p>\n<p>\u2018n Interessante toevoeging tot die aand was die seun des huises se elektriese kitaar wat, in sy eienaar se afwesigheid, soos dit op \u2018n toer van 1969 hoort deur Willie bespeel is \u201ctill his fingers bled\u201d. Jy het nog so jou kop geskud en gedink dat dit darem net die toppunt van ironie moet wees, toe jy te hore kom dat die braaier, waarop Johannes aan die opereer was, \u201cTerrace\u201d heet. W\u00e9l.<\/p>\n<p>Die ou silwergrys merrie het die aand elfuur uiteindelik haar opwagting gemaak na die busbestuurder se rustige uitkamp by die verkeerde Gouritsbrug. Jy en jou maters maak julself maar weer gereed vir \u2018n ongemaklike nag se \u201cslaap\u201d. Op Stellenbosch arriveer ons vroeg, Rekenaarwetenskap-projek-moet-more-in-wees vroeg. Vaarwel Toermaters en De Machtige Koning weergalm oudergewoonte oor daardie einste parkeerterrein wat jy laas in 1969 onder o\u00eb gehad het en elkeen strompel na sy slaapplekkie terwyl jy dink aan die lekker toer en die Plaaschterraasch.<\/p>\n<p>Want selfs al het jy die ou silwergrysmerrie bestyg en voorbode op voorbode ge\u00efgnoreer, het jy jou som klaar gemaak:<\/p>\n<p>Nuwe pen = R5, Nuwe tekkies= R500, \u2018n foto waarop Retief st\u00e1\u00e1n=Priceless.<\/p>\n<p>Moet net nie ophou dink nie!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrydag 3 September: Eendag in 1969 Op die Neelsieparkeerterrein roep jy uitasem halt en laat sak die skommelende, eiewys rugsak op die teerblad terwyl jy rondkyk vir \u2019n bekende gesig of dertig. Dis terwyl jy die ding probeer balanseer tussen die obskure versameling plastiekverpakte objekte, wat jy nog \u201ceen of ander tyd\u201d daarin gaan stop, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-821","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/821","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=821"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/821\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":825,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/821\/revisions\/825"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=821"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=821"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=821"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}