{"id":826,"date":"2004-04-06T22:22:04","date_gmt":"2004-04-06T20:22:04","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=826"},"modified":"2012-01-03T22:25:32","modified_gmt":"2012-01-03T20:25:32","slug":"overberg-roeitoer-april-2004","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2004\/04\/overberg-roeitoer-april-2004\/","title":{"rendered":"Overberg Roeitoer April 2004"},"content":{"rendered":"<p><strong>Vrydag, 2 April<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie storie begin, soos vele van sy voorgangers, by die Neelsie parkeerterrein. Sommige van die bestuurslede is al reeds besig om die kratte in die bus te laai toe toeriste een vir een hul verskyning maak. Oud toeriste is gretig om die verlore kuiertjies in te haal terwyl eerste toeriste skugterig geselsies maak met die wat hul reeds ken. Kort voor lank is alle bagasie ook gepak en \u2018n bus vol afwagtende studente is oppad, weg van die kwartaal se bedrywighede, oppad na die Overberg Roeitoer 2003.<!--more--><\/p>\n<p>In die bus was dinge heel rustig\u2026 onbekende gesigte is uitgesoek en ontmoet en daar is verder kennis gemaak met die ander waarmee die volgende paar dae spandeer gaan word. Die pragtige sonsondergang oor verbygaande wynlande was \u2018n perfekte afskop vir dit wat die toer nog sou inhou. Aan die anderkant van die tonnel is sekere seer harte gesus deur die feit dant dit nie net Stellenboschberg is wat brand nie, maar die Worcesterberge ook \u2013 Ernest het selfs oor die radio gehoor dat Heemstede afgebrand het\u2026 maar dis Ernest, ons vra maar eerder nie vrae nie. Mae het begin grom en voordat ons by Worcester uitgekom het, het Kosma Minkie gesorg vir smullekker boereworsrolle.<\/p>\n<p>Daar was \u2018n vinnige stop by Worcester Shell. Paar het geskarrel na die badkamers en ander na die winkeltjie, terwyl Leon te Wit Baardloos, die Wraakkaptein, nie op hom laat wag het nie en daar stil-stil begin is met die uitkyk. Sommer direk daarna is eerste toeriste toegerus met de Magtige Koning se woorde en daar is in die bus gretig begin oefen\u2026 needless to say, dit was \u2018n power poging, maar tot die vermaak van die oudtoeriste.<\/p>\n<p>Aangekom by ons oorslaapplek op \u2018n plaas naby Robertson, is daar verward onder die ligte van die bus gesoek na bagasie en George het ons die duisternis ingelei op \u2018n kronkelende paadjie na ons slaapplek. Paar van die katte met dik sterte (en van die ander wat slim was) het later met \u2018n bakkie daar opgedaag, glo om die koskratte te bring, maar dit het vir my meer na hul eie bagasie gelyk as iets anders. Dit was natuurlik tot groot ontsteltenis van die wat amper skouerspasmas gekry het van hul swaar bagasie wat hul sonder hulp tot daar moes kry.<\/p>\n<p>Daar was \u2018n fancy lapa en \u2018n badkamer &#8211; veel meer as wat die gewone BTKner aan gewoond is. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die BTK is die sle\u00ebkring in Dameskamp. Almal is vinnig in hul sle\u00ebs ingejaag, sonder \u2018n sle\u00ebmaatjie. Volgens my was dit maar \u2018n ongemaklike en stowwerige spul sonder \u2018n ou wat vir my \u2018n ordentlike sle\u00eb kon gebou het. Tannie Miems het ook nie op haar laat wag nie en het sommer dadelik ons almal opgebeur met haar manewales. Nadat Johan sy spreekwoordelike en figuurlike uitleg van die BTK se tradisies aan die eerste toeriste gegee het, is daar gewys wat bedoel word met Item en paar van die Classics is uitgeruk.<\/p>\n<p>Oom Wynand het afgesluit en na \u201cNag Dames\u201d is almal weg om vir hul die geskikte slaapplekkie onder die sterrehemel te vind en aan die slaap te raak met die sussende geluid van kriekies en naggeluide in die agtergrond.<\/p>\n<p>Quote of the day: \u201cHoe oud is Oom Wynand regtig??\u201d<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 3 April<\/strong><\/p>\n<p>Die kamp is wakker gesing en daar is vinnig begin skarrel: mueslie is geniet (of afgewurg), koffie gesluk, slaapsakke ingedruk en tande is geborsel \u2013 of ten minste helfte van ons\u2026 want die water het opgeraak. Die weer het ons ook net \u2018n halwe kans gegee, daar is nog laaste draaie gemaak toe dit begin drup-drup het en almal het laat spaander na die bus, waar daar darem is lopende water voorsien. Die kwaliteit daarvan sou egter eers later ontdek word\u2026 of dit nou vrot was of net BAIE brak, is \u2018n saak steeds onder bespiegeling.<\/p>\n<p>Opgewonde stappers is teleurgestel (of is dit nou verlig) toe Johan die nuus breek dat dit te veel re\u00ebn op die berg en dat ons sommer direk gaan deurskiet na ons slaapplek vir die aand. Die goeie gees word egter veel moeiliker gedemp as dit, en daar is onder leiding van Tannie Miems en Leon te Wit (en tot ontsteltenis van George) lekker gesing in die bus.<\/p>\n<p>Op die plaas was die weer opgeklaar. \u2018n Plan is vlugtig uitgedink om die BTKners besig te hou vir die dag en \u2018n sirkelroete is aangepak. Johan was \u2018n slawedrywer en vele skimpe vir gamebreak is summier ge\u00efgnoreer. Middagete het uiteindelik aangebreek bo-op die langste en stylste bult wat vele van ons laat besef het hoe onfiks ons werklik is. Retief het nie \u2018n oomblik laat verlore gaan nie en hierdie geleentheid aangegryp om verder te werk aan die verlore slaap wat ingehaal moes word. Die henne is van die hane geskei vir die ordentlikheidspraatjie, en in goeie BTK-gees is daar gekoning.<\/p>\n<p>Tot meeste van ons se verligting het ons \u2018n paar tree later klaargemaak en kon ons uitspan op \u2018n groot groen grasperk langs \u2018n dam. Mense het in verskillende rigtings gespat: party is af kamp toe om hul swembroeke te gaan aantrek, Elbie, Annemie, Judith en Kate het dit egter nie nodig geag nie en het sommer met hul klere die duikplanke uitgetoets en baljaar in die water. Intussen is Leon en sy spannetjie druk besig met die eerste toeriste. Tannie Miems het ook amper onder die uitkykers deurgeloop toe sy hulle probeer kielie het. Hul wraak was egter ongeslaag en sy kon wegkom net met \u2018n halwe kielie en geen uitkyk. Almal (behalwe die normale een of twee meer avontuurlustiges) was net-net betyds onder die veilige skuiling van ons dormitory voordat hael ons getref het.<\/p>\n<p>Daardie middag was lui-lekker. Daar is geslaap, gestort, gewerk aan eerstetoeris items, gefoefieslide, krieket gespeel, koffie gedrink, gekuier en nogmaals gekuier.<\/p>\n<p>Retief, Johannes, Abrie en Francios wou nie uit voel nie, en het hulself ook gaan reinig, maar in die dam, want hulle het nie geweet dat daar storte is nie. Dit het egter nie veel gehelp nie, want Retief het gegly en geval in die modder &#8211; met handoek en al.<\/p>\n<p>Koeki was ook baie opgewonde oor sy nuwe baba steffie wat hy present gekry het. Ons het later ontdek dat dit \u2018n baie meer bruikbare produk is: muskadel wat die oom vir ons geskenk het! Dit is net jammer groepie een het die beskuit, wat ook bedoel was vir almal van ons, vir hulself gehou en heerlik daaraan gesmul, alleen. Toemaar, ons onthou\u2026<\/p>\n<p>Nadat Lou-Ann amper haar hele groepie beseer het met brandwonde, het almal met vol mae in die sle\u00ebs geklim, opgewonde oor die aand se gebeure: eerste toeriste het redelike kwaliteit items gelewer en op \u2018n heelwat laer kwaliteit gesing, maar na die soetheid van die wraak is almal gelukkig terug in die sle\u00ebs en is verder geitem. Hekeltyd het vermaak vir baie verskaf toe Lou-Ann haar net verder in die moeilikheid gepraat en ons almal oorreed het dat sy werklik enige iets sal doen vir Baardloos se aandag. Ernest het verder ons verstande aan die gang probeer kry met grafieke, vraag en aanbod en ewewigstoestande.<\/p>\n<p>Die enigste ewewigstoestand wat ek egter kon aan dink is droomland\u2026 kort voor lank is dit waar almal van ons ons bevind het (behawe, weereens, die normale een of twee avontuurlustiges wat gaan foefie het)<\/p>\n<p><strong>Sondag, 4 April<\/strong><\/p>\n<p>Met Wynand se komposisie vir die BTK girls het ons daardie oggend ontwaak, of almal behalwe George wat geslaap het totdat hy wakker gespring is net voor oggendgodsdiens. Arangieskop is aangedurf. Van vroeg oggend af het die wolke en misbank kort-kort gelig en kon ons die asemrowende uitsig bewonder.<\/p>\n<p>Tannie Miems se sort cuts het baie gehelp en ons het \u2018n uur vroeg by die halfwayhouse uitgekom\u2026 daar is dus voldoende gepartytjie. Gamebreak was lank en lekker en redelik warm, behalwe vir groepie 4 lede wat nie kon stook nie aangesien Leon de Baard nie die stofies ingepak het nie. Die 2 Leons en Koeki het die res van ons groen van jaloesie gehad met kondensmelk wat hul uit die stoor gezop het. Die dames het Sarie gelees en van die ouens het hul rotsklimvermo\u00eb op die proef gestel. Die geleentheid is aangegryp om foto\u2019s te neem met die Koo-vallei in die agtergrond. Vol energie het ons daarvandaan vertrek om maar net vinnig weer te stop vir \u2018n vergete verjaarsdagmaatjie &#8211; Corn\u00e8!<\/p>\n<p>Middagete was die weersomstandighede dreigend &#8211; toe dit begin drup-drup het Johan ons vinnig opgejaag. Hambroodjies is opgeveil deur groepie 1\u2026 wonder wat het van die koekimonstir se kapasiteit geword?? Elbie en Judith het die bondelverwarmingsisteem aan die gang gekry en daar het vinnig ander koue stappers aangesluit terwyl daar vir die res gewag is.<\/p>\n<p>Die res van die dag was, om Heleen se woorde te gebruik, \u201casemwegrapend verruklik mooi\u201d Ons het die berg afgestap langs kranse en waterstrome. Zach was die enigste brawe en het geswem; Henk, Leon en hul klang het gesing; daar is gesels en gebou aan vriendskappe wat sal strek lank nadat hierdie skets vergete l\u00ea.<\/p>\n<p>Met die einde in sig wou paar mense bietjie grond koop: Koeki het gegly, Tannie Miems het gegly, Retief het gegly en soos Lou-Ann haar verlustig in al hierdie geglyery het sy al laggende op die selfde plek \u00f3\u00f3k gegly!<\/p>\n<p>By die bus het Tannie Miems woorde van wysheid met ons gedeel wat verklaar hoekom \u2018n amper 70 jarige dame nog berge op en af kan hardloop. \u201cKlim op die bus van die lewe\u201d, \u201cMoenie wag vir geleenthede nie, attack life!\u201d Moeg het ons op die bus geklim en \u2018n rukkie later vir Tannie Miems, Elbie en Heleen vaarwel gewuif by die Worcester vultstasie.<\/p>\n<p>By die kampterrein was die bootjies vir die volgede dag al opgeblaas, maar daar was geen sprake van die Bre\u00ebrivier nie. Dit sou hopelik later gevind word. Ons het tente opgeslaan, kos gemaak en so ver moontlik van die vuil badkamers af weg gebly. Terwyl almal gekuier het, het die getroue stoorman, Leon de Baard, soos die vorige, \u00e9n die vorige aand gewerskaf aan stofies wat nie hul samewerking wou gee nie.<\/p>\n<p>Retief het sy tyd spandeer om kos by groepies te bedel en groepie een moes maar afstaan, ons weet elk geval teen di\u00e9 tyd dat daar \u2018n tekort aan kapasiteit is. Groepie drie was slim genoeg om r\u00e9g agter die bus kos te maak, dit is natuurlik buite rekening gelaat dat die bus onverwags, met \u2018n groot gedreun, aangeskakel kan word, en hulle is amper omgery\u2026<\/p>\n<p>D\u00ed\u00e9 aand is daar geitem vir die beker. Soos daar terreg opgemerk is \u201cLeon het in die pingpong item geact soos nog nooit tevore nie\u201d. Zach het egter die koek gevat met sy Slaapsak Sammo. Dit het lewe in al die slapendes in die sle\u00ebkring geblaas en daar is oor en weer gechallenge. Hugo en Marietjie het as onoorwonne sle\u00eb uit die stryd getree.<\/p>\n<p>Johan het \u2018n kort, met die klem op kort, briefing gegee oor die volgende dag se roei. Dit was egter heeltemal onvoldoende vir Ernest en Johan is gepeper met vrae, wat onbeantwoord gebly het tot die volgende dag.<\/p>\n<p><strong>Maandag, 5 April<\/strong><\/p>\n<p>Tot groot verligting, het Johan verslaap. Die stokers het nie terug gestaan om die dag vir almal van ons op \u2018n slegte noot te begin nie\u2026 Ek het \u00earens gehoor George claim dat di\u00e9 power poging deur die stokers a.g.v. sy afwesigheid was\u2026 Hoe die saak ookal staan, suiwer of vals\u2026 meeste was maar te verlig om verlos te wees van die hele land se muskiet-populasie wat daardie nag onophoudend in ons ore gezoem het.<\/p>\n<p>Flukse en vinnige hande het gehelp om die bootjies klaar op te blaas en af te dra na die rivier. \u2018n Uur later as beplan, is ons almal gereed vir die water. Judith en Annemie het die salige gewag langs die rivier as heeltemal te boring erfaar en \u2018n sandgeveg begin\u2026 dit was egter van korte duur, aangesien ons oorrompel en deeglik oorwin is deur Leon te Wit en sy makkers.<\/p>\n<p>Die guide het sy danspassies vir ons almal gewys en ges\u00ea dis glo vir safety. Kort voor lank was almal op die water en die roeiery het begin! Behalwe 360\u00b0 (ook genoem Die Wit Olifant) wat, getrou aan sy naam, die eskimo rolls van die guide horisontaal probeer namaak het. Di\u00e9 probleem is opgelos toe deeglike ondersoek bewys het dat die dames sterker roei as die ouens en hulle is na die agterkant van die boot verskuif as die enjins.<\/p>\n<p>Die spane was nog skaars nat of daar is watergevegte gehou vir lewe en dood\u2026 sekere ander het strategies hul bote v\u00ear weg gehou van die aksie en die saligheid van die Bre\u00ebrivier geniet. Retief het op een of ander slinkse manier af geval van die 360 en op die Plesierpaleis geklim waar hy daar \u2018n rustige rit geniet het tot die volgende stop. Net soos Judith wat maar te bly was toe haar bootmaatjies oorgretig was om te roei en sy het byna heeldag gel\u00ea en die uitsig oor die Bre\u00ebriviervlakte waardeer. Ernest was net so slim\u2026 ek weet nie hoe hy dit reggekry het nie, maar Constans het agter gesit en AL die roeiwerk gedoen!<\/p>\n<p>Gamebreak het aangebreek. Lou-Ann het vir haar groepie appels uitgedeel, maar Ernest dit liewer van die hand gewys aangesien: \u201cAdam glo verlei is met \u2018n appel\u201d. \u2018n Gerieflike windjie van agter het die dames \u2018n verskoning gebied om die roeiery te laat vaar en eerder seil te span\u2026 Minette se poging was al wat suksesvol was met haar tent as seil.<\/p>\n<p>Lank voor middagete was almal rasend honger. Van die meisies se blase het egter harder gepraat as hul mae en hul het gehardloop na dameskamp (wat, ek net moet noem, sub-standaard min bosse gehad het) voordat hul kom smul het aan hul peanutbutter en stroopbroodjies. Magie vol, ogies toe\u2026 en die middagsonnetjie is tot die maksimum benut voordat almal deur \u2018n haastige guide in die bote gejaag is.<\/p>\n<p>Met bietjie meer energie is ons verder die rivier af tot by \u2018n bruggie waar die ouens maar te bly was om hul spiere bietjie te bult en die bootjies oor te tel.<\/p>\n<p>\u2018n Roomer het versprei dat ons net 45 min. weg is van die aand se kampplek\u2026 die helfde van die groep stig toe af en bel\u00ea die ekstra tyd om \u2018n killer van \u2018n Floattilla aan mekaar te slaan. Dit was \u2018n prettige aff\u00eare \u2026 daar is lekker geselsies gemaak, maar die hoof aktiwiteit was braai in die son op \u2018n lekker warm Bre\u00ebrivier middag terwyl ons rustig in die rivier afdryf. Terloops, dankie aan Hugo en Kate wat gesorg het dat ons op koers bly met hul vernugtige stuurvermo\u00eb.<\/p>\n<p>Di\u00e9 saligheid was egter van korte duur, aangesien die guide HOOGS ontsteld was oor die feit dat hy nie die samewerking van die groep het nie\u2026 bla..bla..bla.. Niks kan, of kon nog ooit BTK se gees demp nie en die meeste van ons het maar in ons mou gelag en die toer verder geniet \u2013 hierdie keer net met bietjie meer \u201csamewerking\u201d.<\/p>\n<p>Net daarna het ons onsself vasgeroei\u2026 die probleem is egter vinnig opgelos deur, weereens, ons helde se bultende spiere, wat ons teen die stroom opgestoot het en oor die klippe gedra het. Die wat nie skoene gehad het nie se voete was maar redelik afgeskryf na hierdie eskapade.<\/p>\n<p>By die kampplek moes ons w\u00e9\u00e9r wag vir die Wit Olifant wat vasgesit het op \u2018n sandbank. Intussen het Francios, Hugo en Constanse dit gewaag om op twee wankelrige dromme te klouter tot by die Foeifieslide. Gelukkig het die boer se leer tot ons redding gekom en meer mense het dit gewaag\u2026<\/p>\n<p>Die lekker aanddis, koel aandlug en knetterende kampvuur het die ideale atmosfeer geskep vir lekker kuier tot sle\u00ebtyd. Baardloos het op een of ander onverklaarbare rede met \u2018n stink spoed agter Koeki aangehardloop net na skied oopgemaak is\u2026 gelukkig was Johan vinniger as hy. Leon, Henk en Judith het \u2018n re\u00fcnie-item gedoen van hul eerste toer twee jaar gelede en Johan kon nie daarmee wegkom om ni\u00e9 die hondjie-item te doen nie. Hy bemeester nou al die tegniek en kry dit elke keer reg om meer spiere te wys as die vorige keer.<\/p>\n<p>In hekeltyd is duidelik bevestig dat dat Marietjie opsetlik aan Retief se been gevat het\u2026 Retief se gladde bek kon hom nie eers uit die situasie kry nie. Na \u201cnag Dames\u201d is daar nog heerlik gesels in die sle\u00ebs en later het die mense stadig maar seker begin verdwyn na hul onderskeie slaapplekke vir die laaste aand se nagrus onder die sterre.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 6 April<\/strong><\/p>\n<p>Met \u2019n vir \u2018n slag op die noot opstaanliedjie, is ons betyds wakker gemaak uit \u2018n nag van uiterste koue en BAIE dou. George het w\u00e9\u00e9r verder geslaap en is w\u00e9\u00e9r wakker gespring deur Annemie en Lou-Ann. Retief het glo ook vroe\u00ebr die oggend deurgeloop, dit was egter nie verniet nie, want die stokers het dringend \u2018n ekstra stem benodig.<\/p>\n<p>Daar is lekker gesing en voor ons die laaste maal die koue water trotseer het het Carla ons voorberei met \u2018n streksessie. Een of twee het vinnig vir die laaste maal gefoefieslide en die Geel Kameel het skelm die beter wit spane van Plesier Paleis verruil vir hulle pap bloues\u2026<\/p>\n<p>Sommer dadelik is daar begin veg: Lou-Ann het een van die Plesier Paleis se spane gesteel en hulle het byna die hele dag gevat om vir haar en Hugo in te haal. Johannes het ook op een of ander stdium vir Lou-Ann oorrompel en in die proses het haar hoed verdwyn in die dieptes van die Bre\u00ebrivier. Die Bre\u00ebrivier was ook gans te breed vir die hoeveelheid water, want boot stoot oor sandbanke was aan die orde van die dag. \u2018n Sesiale dank aan al die ouens van die Geel Kameel wat elke keer so getrou afgespring het vir die stootproses.<\/p>\n<p>Daar word ook spesiale vermelding gemaak van die Geel Kameel wat salig pragtige classics gesing het toe die Plesier Paleis hul kom aanrand het. Afgesien van die feit dat hul ons saligheid verbreek het met \u2018n watervermorsing, het hulle boonop die omgewing met geraas soos Waltzing Matilda besoedel.<\/p>\n<p>Ouder gewoonte, is daar weer heeltemal van Gamebreak vergeet en Fizzers en Grondboontjies is sommer oor en weer uitgedeel. Tot die groot verbasing van Chris (of beter bekend as Anton) en Jacobus het daar onverwags \u2018n vis in hul bood gespring\u2026 ??. Die wag tot middagete was hiper lank en ons het geroei laat dit klap, veral die Geel Kameel, wat a.g.v. \u2018n dringende besoek aan dameskamp v\u00ear agter geraak het. Die roeiery, bakkende son en wind van voor was maar \u2018n energiedrainer en die watergevegte is vir eers agter we\u00eb gelaat. Elke nou en dan het iemand die boot verruil vir die koel rivier, ook Annemie en George wat nie lekker gefokus het nie en onwillekeurig, onverwags in die rivier geslinger is deur \u2018n boot wat skielik tot stilstand gebring is teen \u2018n klip.<\/p>\n<p>Toe middagete uiteindelik aanbreek was dit verbasend dat Groepie 1 tussen 10 mense net een brood verorber het. Groepie 4 het baie strategies hul broodjies gaan smeer aan die ander kant van die muurtjie sodat hulle \u2018n blik Caramel kon wegsteek\u2026 gelukkig het paar van ons dit wel ontdek. Die brawes het die bote oor die wal geroei terwyl die ander die dorings aangedurf het om weer by die rivier uit te kom. Die Geel Kameel is selfs terug gedra om bietjie aksie te verskaf vir die wat dit weer wou waag om deur die maalkolk te roei.<\/p>\n<p>Verskeie roeipartners is geruil. Die middag se stretch was lank met \u2018n sterkerige wind van voor en die Geel Kameel het w\u00e9\u00e9r v\u00ear agter geraak. Henk het gelukkig tot hul redding gekom deur vir hulle \u2018n ekstra spaan te gee. Johan en Minkie het hul boot bietjie dieper in die water gesit as wat nodig was, en hulle het \u2018n puncture gekry. Jacobus het ook gedink hy\u2019s cool toe hy \u2018n kans gekry het om op die guide se kano te roei. Dit was egter veel moeiliker as wat hy verwag het en hy het gezig zack oor die rivier tot by die einde.<\/p>\n<p>Hoewel party vroe\u00ebr as ander, het almal tog by die eindbestemming aangekom. Toerusting is vinnig gewas, sakke uitgepak en boodjies afgeblaas. Paar meisies het selfs kans gekry om te gaan stort voordat ons in die bus gejaag is. Klomp moe\u00eb, honger en vuil toeriste het die Bre\u00ebrivier vaarwel gewuif en vertrek na die naaste Spur vir die Terrash.<\/p>\n<p>Zach het verjaar in die Spur en Johan kon niemand kry om hom te face in die burger kompitisie nie.<\/p>\n<p>Vir die laaste maal het almal rustig gekuier voordat ons finaal die vlaktes van die Overberg verlaat het\u2026<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrydag, 2 April Hierdie storie begin, soos vele van sy voorgangers, by die Neelsie parkeerterrein. Sommige van die bestuurslede is al reeds besig om die kratte in die bus te laai toe toeriste een vir een hul verskyning maak. Oud toeriste is gretig om die verlore kuiertjies in te haal terwyl eerste toeriste skugterig geselsies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-826","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=826"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":827,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/826\/revisions\/827"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=826"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=826"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=826"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}