{"id":828,"date":"2003-11-29T22:26:22","date_gmt":"2003-11-29T20:26:22","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=828"},"modified":"2012-01-03T22:35:45","modified_gmt":"2012-01-03T20:35:45","slug":"glentana-gouritsmond-gala-2003","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2003\/11\/glentana-gouritsmond-gala-2003\/","title":{"rendered":"Glentana-Gouritsmond Gala 2003"},"content":{"rendered":"<p><strong>Saterdag, 22 November<\/strong><\/p>\n<p>Quotes of the day:<br \/>\n\u201cNet lelike meisies dra spie\u00ebls saam.\u201d \u2013 Minkie de Wet<br \/>\nElbie Rossouw: \u201cRetha, ek het vir ons die beste slaapplek gekry!\u201d<br \/>\nRetha Heymann: \u201cWonderlik. Is dit in manskamp?\u201d<br \/>\n\u201cEk gaan baie vuil kerk toe.\u201d \u2013 Gretha van Niekerk<!--more--><\/p>\n<p>Die Neelsie parkeerterrein is na vele toere nou al bekend as die beginpunt van goeie tye. Toe die klomp eksamenbevryde studente net na ag-uur daar begin aankom en die oggendkoeligheid uit die lug weggebak word, weet ons hierdie gaan geen uitsondering wees nie.<\/p>\n<p>Werfbobbejaan (sekretaris Piet le Roux) flenter rond op sy werf en probeer al die nuwelinge en ouerlinge op sy lysie identifiseer. Koningin Leeu (kosma Minkie de Wet) deel goed beplande bevele uit aan lede van haar spysenierings-gevolg. Koning Leeu (voorsitter Johan Breytenbach) brul vir aandag en alle ore spits. Ons moet roer dat ons kan wegkom! Stuk-stuk kom al die bagasie en die dieretuin diere op die wa en met \u2018n sug en \u2018n kreun vertrek ons na natuurliker habitat.<\/p>\n<p>Laat inpakkery, verstandelike uitputting en die gegrom van die Wynland-wa sorg dat daar baie uiltjies geknip word oppad. Tussenin word geselsies ingehaal na die lang periode van isolasie en nuwe kennisse knoop gesprekkies aan. Die dag word warmer en warmer tot die sleepwaentjie van die voorste bus besluit dat dit nou \u2018n goeie blaas kans sal wees as sy wiel bars so paar minute voor Heidelberg. Gelukkig wag Henk Louw daar om opgelaai te word en toe ons \u00e9\u00e9rs besef dat die regte gereedskap vir die operasie nie op die bus is nie en toe dat die spaarwiel nie pas nie, word daar vinnig heen en weer gerits en vouala! \u2018n BTKaner maak \u2018n plan. Elbie Rossouw was \u2018n heldin oor sy die regte bus gekies het om in te ry \u2013 die ander bus wat toe by die garage in die koelte kon gaan wag.<\/p>\n<p>Later die dag kom die vreemdste gerugte van gebeure langs die N2 uit. Baie geskok, is daar vertel hoe Lisa Hendriks en Jaco Esterhuysen sommer helder oordag so op die geel streep skielik op \u2018n raaiselagtige manier mekaar se hemde aangehad het. Ter wille van die BTK se naam sal die voorval van die N2-transvestuut verder ondersoek moet word.<\/p>\n<p>Agter in die bus sit Koningin Leeu met Koning Leeu wat op haar skoot l\u00ea en slaap: die vrou wat in beheer is van die man wat in beheer is van die toer\u2026<\/p>\n<p>Die laaste end se mis en die lowergroen kampterrein van Glentana bring verligting vir die klomp warm, taai wa-ryers. Vinnig-vinnig spring kokke, groenteskillers en stokers aan die gang met aandete terwyl die res van die dieretuin dit goed dink om die lang rit in die branders te gaan afspoel en sommer dadelik deel te word van die nuwe habitat. Met vol magies in die die bondelslee kyk ons toe hoe Flip du Plessis duik om vir Annemie du Plessis te skiet. Mis! Toemaar Flip, selfs die beste jagter moet partykeer weer mik.<\/p>\n<p>O, en die antwoord op alle vrae: \u201cKyk net links bo.\u201d &#8211; Piet<\/p>\n<p><strong>\u201cSaterdag\u201d, 23 November<\/strong><\/p>\n<p>Quote of the day:<br \/>\n\u201cEk kan jou sl\u00e1\u00e1n tot dit nodig is dat ek jou help.\u201d \u2013 Lisa Hendriks (Mammabeer\/Tone)<\/p>\n<p>Joyce Marais se Oggendbroodjies is \u2018n flukse spesie wat half ses al uit die vere is en half sewe kan die res nader staan om te eet. Die pap raak op en laatkommers kyk met meer as \u2018n bietjie ongeloof hoe Stoker Leon de Wit die waterige hawermout pap roer terwyl hy ons verseker dat dit nog gaan styf word.<\/p>\n<p>Janita en Cecile beteul hul gille toe elkeen \u2018n padda in hul sakke ontdek. Vinnige speurwerk lei tot die skulderkenning van Amo O\u2019Kennedy. Medepligtiges tot dusver nog op vrye voet\u2026<\/p>\n<p>Oggendgodsdiens word behartig deur Lambert de Wet, wie se versie skielik soek raak en hy beluit om maar net te deel wat op sy hart is. Blikwassers was en Walaaiers laai en toe ons ons kom kry, is ons 20minute vroeg klaar. Geskiedenis word nog gemaak in die BTK!<\/p>\n<p>By die eerste rus kom die sandluise te voorskyn. Die ho\u00eb sandwal word met gille van plesier en wraakbeloftes goed benut. Karen van der Westhuizen kan verseker nie onthou hoeveel keer sy opgeklim het en afgespring of -gegooi is nie.<\/p>\n<p>Met gamebreak kom ons by die eerste groot riviermond \u2013 die Groot Brak. Versigtig betree die voorste stappers die water om te kyk hoe diep ons gaan moet deurswem, maar besef gou die waarskuwings was net toerleiersvoorsorg. Veilig aan die ander kant, moet ons almal terugdraai en weer deurgaan. Watter kant van die rivier wil julle mense wees?!<\/p>\n<p>Koekie dryf ons voort, want dis nog v\u00ear. Middagete word berei en bedien op die inrit van \u2018n le\u00eb vakansie huis. Skaduwee van oorhangstoepe is gou gepak met warm lywe. Hier dan ook die agtergrond vir die Stryd van die Speckham worsies. Manne bewys hul kapasiteite om Zann\u00e9 Steenkamp te verlos van die laaste 4 worsies.<\/p>\n<p>Gehoor in die kosry (Annemie): \u201cJa Leon, jy het nou v\u00e1n my anatomie waargeneem.\u201d Leon draai vinnig weg.<\/p>\n<p>Dit is toe nie die afstand nie, maar die ploeg deur los sand wat die laaste ent se toets is. Annemie boet met die straf van totale onderdompeling toe sy Koning Leeu se vlag-mantel probeer steel.<\/p>\n<p>Met heelwat rooi kuite en seer voetspiertjies waarvan mens nie tevore bewus was nie, word ons na Riverside kampterrein gekarwy waar \u2018n volle dag van kanoo-ry en put-put teen studente-pryse (heeltemal verniet!), groen gras en warm storte ons voorland is. Daar spoel die louwarm rivierwater elke laaste eksamensorg see toe.<\/p>\n<p>Koeki betrap ons almal onvankant toe hy sommer vroeg al skiet oopmaak. Hy was seker net t\u00e9 gretig om vir Minkie te skiet. So tussen die jaag en pakkette vormry, is daar nog weer aan onseker eerstetoeriste verduidelik hoe hierdie jag-tradisie werk en wat gebeur as jy die skote ontwyk het.<\/p>\n<p>Koos (Petri van der Merwe) en Tone (Lisa\/Mammabeer) begin wedywer vir die meeste kli\u00ebnte. Ben Ludick, Wynand Singels en Leo Herselman sit bietjie en jam met die kitare en bongo-dromme terwyl ete voorberei word en weerlig so nou en dan die lug ophelder.<\/p>\n<p>Na Hennie en Lisa se sangspreek oor emmers water en dro\u00eb slypstene en Oliver ons almal laat wonder hoekom Koeki se been so jeuk, het Alex afgeluit met aandgodsiens oor voetspore in die sand en is gevolg deur die Magaliesberg se aandlied. Maar na \u2018n lang dag en lekker slee is dit erg onseker hoeveel BTKaners van enige iets bewus was anders as \u2018n elmboog van \u2018n sleemaatjie om te s\u00ea dat Oom Dieter al \u2018n rukkie terug \u201cNag dames\u201d ges\u00ea het.<\/p>\n<p><strong>\u201cSondag\u201d, 24 November<\/strong><\/p>\n<p>Lekker laat slaap is mos net die begin vir \u2018n goeie BTK-Sondag en ontbyt word eers ag-uur voorgesit. Hierdie voorreg is egter nie aan almal toebeskore nie, want ses-uur begin die stokers al stook en Retha (kosdogter) al die potte roer waaruit \u2018n soet geurtjie die geheim wil verklap.<\/p>\n<p>En hierin pleit Retha onskuldig: sy het lekker muelsi gemaak! Net jammer Tannie Maretha dag die soutbak is die suikerbak en meng toe die twee. Party het nie eers agtergekom dat hulle tee en koffie ook bietjie souter as gewoonlik proe nie.<\/p>\n<p>Flip en Annemie se pa, Ds Du Plessis, kom van George af en preek vir ons uit Gen. 39 van Josef.<\/p>\n<p>Dit is die dag van Koningin Leeu en haar gevolg: heel oggend is daar om die potte gewerskaf om \u2018n voortreflike maaltyd te berei. En al het die hoender opgeraak, Minkie, dit was die beste! Die BTK is ook nie die BTK as daar nie gou \u2018n oplossing gekry word dat almal gelukkig is nie. So van die een se bord na die ander een word porsies hoender uitgedeel tot elkeen darem \u2018n bietjie geproe kry.<\/p>\n<p>Terwyl die pitte trek dat die spoeg so spat in die jaarlikse pitspoegkompetisie, word die laaste voorbereidings gemaak vir nagereg. Petri van der Merwe wys dat hy hom nie hoef te bekommer as sy skietteiken effe buite bereik is nie, maar dat hy \u2018n potesni\u00eble sleemaatjie tot in dameskamp kan raakspoeg. Carel Bezuidenhout sal haar egter kan r\u00e1\u00e1k spoeg. Op damesspoeg-aand sal die manne maar moet harloop as Mia Meyer hul in die oog kry en Leo gaan moet bontstaan om Cecile Kingma se akkurate skoot vry te spring.<\/p>\n<p>Soos uit tye van ouds kom dit toe tevoorskyn: Elsa De Lux, op die haar berei volgens die einste Tannie Elsa se instruksies. Almal is dit een dat \u00e9\u00e9n stel Elsa oefeninge genoeg is. Ons is t\u00e9 lus om nog te wag! In die ry is eerstes laaste en vice versa. Gideon Bosman en Piet smee die komplot vir ekstra Elsa volgens die Aandag-aftrek-skep-en-skerm-metode. Retha wil nie vir Giddy se poging val nie, maar Elbie besef eers dat sy die slagoffer was van di\u00e9 sameswering toe Piet al d\u00f3\u00e9r trek \u2013 \u2018n paar skeppe Elsa ryker. Sy verwyt haarself vandag nog dat sy so maklik geflous is.<\/p>\n<p>Die eerste toeriste o.l.v. Emmie de Villiers verskaf die slee-vermaak vir die aand &#8211; baie getrou aan die dieretuin tema. Die oud-toeriste is toeskouers van \u2018n besonderse VeldFokus uitsending aangebied deur Sarel, sy Poeksie en hul hond Sui. Di\u00e9 straal die ene liefde teenoor JaJongJa tydens die onderhoud oor sogenaamde Japanese bergbokkies.<\/p>\n<p>Bruce Barr is goed voorberei vir die geheimsinnige gebeure wat nou gaan plaasvind met \u2018n swartsak, kortbroek, toe skoene en \u00e1l. Die soetheid van die wraak het sw\u00e1\u00e1r in die lug gehang\u2026<\/p>\n<p>Spesiale erkenning word hiermee toegestaan aan Lambert as \u2018n toegewyde ingeneur \u00e9n BTKaner. Hy het vanoggend vr\u00f3\u00e9g teruggery Stellenbosch toe om sy skripsie uitstel af te handel en bring sommer ook \u2018n paar mense saam toe hy weer terug is teen laatmiddag. Waar kry mens nou nog sulke goeie mense behalwe in Japan ja?<\/p>\n<p>Die wraak is so soet dat Koeki te laat besef wat hy toelaat toe hy vir Ben en \u2018n paar ander nuwetoeriste toestemming gee om bietjie in die donker te gaan roei. Die skof see toe was glo eenvoudig genoeg, dis die doodloop op doodloop oppad terug wat die probleem was\u2026So wie het vieruur gaan slaap?<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 25 November<\/strong><\/p>\n<p>Quotes of the day:<br \/>\nEk kan nie vir altyd vir Giddy weghardloop nie. \u2013 Piet<\/p>\n<p>Almal wat ek ken, hou daarvan om aan iets te suig. \u2013 Ben<\/p>\n<p>Stuk-stuk kom daar vanoggend lewe in dameskamp. Iets skort. Wat is dit? Lin-Marie van Niekerk slaan die stoker \u00f3p die kop toe sy haar kop by haar tent uitsteek en vra: \u201cSing die ouens ons nie wakker vanoggend nie?\u201d<\/p>\n<p>Bernice van Huysteen be\u00efndruk met haar streng die\u00ebt: sy gebruik \u2018n 1L maatbeker om haar mieliepap af te meet en uit te eet.<\/p>\n<p>Terwyl ons al begin rondstaan by die busse, vang Judith Delport gou \u2018n lekker oggedstortjie kop-eerste onder die kraan. Leon de Wit hou vir ons oggendgodsdiens. Na \u2018n paar algemene woorde van Koeki, val die Wynland-waens in die pad Hartenbos toe. Nee \u2018skies! Klein Brak mond toe. Ons wil mos Hartenbos toe STAP. Minkie en die klein bussie verstaan mekaar nog nie so lekker nie. Hy\u2019s mos ook van Japan ja. Eers na \u2018n paar stote en gesukkel, kom die openbaring: mens noem dit \u2018n immobiliseerder.<\/p>\n<p>Koel luggie, rustige sonnetjie, blou branders en \u2018n lang hardesand strand wat voor jou oopstrek\u2026\u2019n sonnige-sielsgelukkige-strandloper-swewende-seemeeu-sensasie bruis in die hart.<\/p>\n<p>Die vriendelike son begin ongemaklik warm neerbak terwyl ons almal styf gepak teen die duin sit en wag vir \u2018n ou groep foto of twintig. Joyce, please step away from the camera\u2019s en kom sit! \u2018n Vriendelike ou oom met die fiets wil ook eers \u2018n geselsie aanknoop en di\u00e9 trop ontsnapte diere van Stellenbosch dieretuin op film vasl\u00ea.<\/p>\n<p>So entjie voor Hartenbos word kamera\u2019s skielik uitgeruk en die meerderheid van die sowat 110 toeriste drom saam om \u2018n trotse visserman wat die wat spog met sy reuse Mosselkraker. Jaco Esterhuysen poseer vir foto\u2019s (meestal sy eie) en het maar moeite om die ou grote op te lig.<\/p>\n<p>By Hartenbos aangekom, hoor Abr\u00e9 Goussaard dat hy vandag verjaar. Hy probeer dit eers ontken, maar dis tevergeefs.<\/p>\n<p>Die manne speel touchies met \u2018n tennisbal terwyl daar vir die middagbroodjies gewag word. Wie steek die rugbybal weg? Ons wonder nou nog of Francois Binneman regtig vergeet het sy sitplek is \u2018n rugbybal en of hy net t\u00e9 lekker gesit?<\/p>\n<p>Casper Steenkamp is die slagoffer van extreme frisby \u2013 \u2018n spel waarin jy enkels van staal moet h\u00ea.<\/p>\n<p>Groepies roomyssoekers begin na die ete van pikante slaai en kaas broodjies dorp se kant toe flenter. Riaan du Toit, Erica Raubenheimer, Nanje Willems en Mia Meyer pak die soet-koue stryd aan: \u2018n 2L bak Cookies&amp;Cream roomys word met roomysstokkies verorber. Toe die stryd gewonne gegee word, deel hulle maar twyfelagtige Cookies&amp;Cream milkshake uit.<\/p>\n<p>Alles kom tot \u2018n punt, ook die Wynland-waens tot Die Punt \u2013 die kampterrein op Mosselbaai. Na kamp opgeslaan is en die kospotte al begin prut, tree Koeki se plan in aksie: Annemie (die Rooi Kreef) word deur hom en sy 6 medepligtiges teen die lamppaal vas ge-\u2018gladwrap\u2019, want (soos Minkie dit stel) \u201cshe cooks his noodle.\u201d Dit vat \u2018n skrale 33 sekondes gevat vir die Rooi Kreef om te ontsnap.<\/p>\n<p>Ben strompel net voor aandete by die kampterrein in \u2013 dit lyk of \u2018n haai hom beetgehad het. Nee man, hy\u2019s OK. Hy en sy branderplank het net beter kennis gemaak met Mosselbaai se mosselrotse \u2013 niks wat Mammabeer nie kan regdokter nie.<\/p>\n<p>Emmie oortuig Petri in net 500 woorde om Koos n\u00e1 sluitingstyd vir haar oop te maak.<\/p>\n<p>Onder die lig van die vuurtoring en die gloeiende kruis op die koppie agter ons, groei die groentetuin welig met Phia van der Merwe die Spinnende spinasie, Thessa Sandenbergh as Flerrie die Cherry van Kambodje, Ben die Passiewe Pers Piesang en David Krige as Willie die Waardevolle Wingerdstok. Die ingeneurs loop vanaand l\u00e9lik deur soos verskeie aspekte van hul menswees in die een item na die ander aangevat word.<\/p>\n<p>Coos Diener sluit af met aandgodsdiens uit Ps. 104 en almal en skrop \u2018n l\u00ea-plekkie vir die nag uit. So kwart oor een besef die wat nie t\u00e9 deur die slaap is nie, dat dit liggies begin re\u00ebn en gaan skarrel vir skuiling.<\/p>\n<p><strong>Woensdag, 26 November<\/strong><\/p>\n<p>Gesprek van die dag:<br \/>\nLin Marie (langs Stefan): Ek is nou s\u00f3 lus vir Koos.<br \/>\nStefan Erasmus: Eh\u2026Lin Marie?<br \/>\nLin Marie: Die sn\u00f3\u00e9pie!!!<\/p>\n<p>Vanoggend word die dieretuin \u2018n sirkus vol hansworse met spierwit sinksalflippies. Kontaklenshouertjies en bakkiesleutels is nooit waar dit moet wees. Elbie hou oggendgodsdiens uit Kol.1 vanaf vers 15. Sy verduidelik hoe God se skepping soos \u2018n skildery is en mens iets van die kunstenaar in elke toneel kan sien.<\/p>\n<p>Met \u2018n Duitser genaamd Raimund Rentel, sy interessante noodpakkie en vlak twee noodhulp vernuf kan geen situasie jou flous nie \u2013 al kom dit neer op die improvisering van \u2018n draagbaar om Ronel van den Dool tedra toe sy onverklaarbaar inmekaarsak en in die hospitaal beland. Sy vertoon egter goeie BTK-samestelling en sluit later die dag weer by ons aan.<\/p>\n<p>Honger van vars lug en moe\u00eb voete, span ons in Boggomsbaai op die pragtige grasperk van \u2018n gasvrye oud-BTKner oom en tannie uit. Eens \u2018n BTKaner, altyd \u2018n BTKaner. Of hoe s\u00ea ek?<\/p>\n<p>Aangekom in Vleesbaai stap ons die bulte uit na Karmosyn ontspanningsterrein. Vermoedes word bevestig toe Minkie skree dat damesskiet oop is. Eric Moore besef eers verskrik wat gebeur toe sy skiet h\u00f3m begin jaag.<\/p>\n<p>Ten spyte van dreigende weersomstandighede, gee Koning Leeu die bevel dat slee voort gaan. Oliver demonstreer hoe hy sy vinger vir \u2018n oetser misgis het, maar wie is die jammerste? Grap is op die walaaiers \u2013 een minder laaiende hand.<\/p>\n<p>Wynand en Ben se uitvoering van Tears in Heaven word kortgeknip toe almal opvlieg en mik vir die tente om die skielike Tears from Heaven vry te ontspring. Na die re\u00ebn en Judith se beangste gille bedaar en die spinnekop deur \u2018n tawwe man uit hulle tent verwyder is, daal \u2018n heerlike nagrus oor die kamp neer.<\/p>\n<p><strong>Donderdag, 27 November<\/strong><\/p>\n<p>Quotes of the day:<br \/>\nIt\u2019s all about the game. \u2013 Lambert (gelukkige wenner van agt ontbyt borde met ching-chong-cha)<br \/>\nEberhard (aan Judith): Wat, pla dit jou dat dit re\u00ebn?<br \/>\nJudith (die enigste een sonder \u2018n re\u00ebnjas): Ja! My lekkertjies re\u00ebn nat.<\/p>\n<p>Anner meisies vang mans met bakgoed, maar ek vang hulle met plakgoed. \u2013 Lisa Tone<\/p>\n<p>Vir so paar van ons begin die tweede oorstaandag op Vleesbaai met \u2018n vroe\u00eb swem en bietjie bibberende praise&amp;worship op die rotse.<\/p>\n<p>Lank voor die \u201cKry julle borde en kom eet!\u201d-roep staan die honger lywe al in die kosry. Die Stap Nou! word uitgedeel saam met die ontbyt en word met gelyke entoesiasme verslind. Dis \u2018n rustige dag. Kitaar en die bongo-dromme klop rustig die ritme van die dag voort\u2026<\/p>\n<p>Die weer lyk renerig en enkeles vertrek af strand toe in hul re\u00ebngewaad. Haai, kyk! Daar\u2019s walvisse! Kom nou, wie\u2019t geval vir Piet se grap?<\/p>\n<p>Daar is praise&amp;worship in die volgepakte kostent voor middagete, l\u00e1nk na die re\u00ebn al opgehou het. Die middag verander in \u2018n pragtige sonskyn dag.<\/p>\n<p>Die Groot Swem gebeur vanmiddag. Met vol mae pak die swemmers die watertog aan van die rotse onder die kampterrein tot by die strand. Luilekker son, see en volleyball rond die res van die oorstaandag se aktiwiteite af. Groenteskillers moet 16:30 al op hul pos wees om die stero\u00efed-patats vir vanaand se soetpatats te gaan skil en sny. Leon word op sy plek gesit toe hy hulle met beaamende opmerkings kombuis toe jaag van die strand af.<\/p>\n<p>Petri beskryf Koos se handelstye as eintlik maar enige tyd \u201cwanneer die liefde van die saak dit daartoe dryf \u00f3f wanneer Riaan du Toit net t\u00e9 irriterend raak. Andersins, so tussen 4uur en 7uur.\u201d Meeste Tone-pasi\u00ebnte verstaan ook nie mooi wat: \u201cTone is nou TOE!\u201d beteken nie en Mammabeer moet maar weer en weer geduldig sit en as n\u00f3g \u2018n beseerde of kreupele haar TLC aanvra. Mariaan Heyns (Bababeer) het ook begin met intensiewe Tone-opleiding.<\/p>\n<p>Na die Kosma en Kosdogter se lepels deur Bernice en Zann\u00e9 aan Minkie en Retha oorhandig is, word \u2018n paar mense so vroeg-vroeg van hul sleemaatjies beroof as die ou en nuwe bestuur in die kostent in verdwyn.<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 28 November<\/strong><\/p>\n<p>Op die winderige Vrydagoggend lees Katrien Heymann tydens oggendgodsdiens uit Heb.4:15, Luk.13:6-9 en Sef. 3:17. Koning Leeu het die voorreg om in dieberugte leerbroekie te pronk vandag. Minkie glimlag net en skud haar kop.<\/p>\n<p>By \u2018n vroe\u00eb gamebreak kom Jaco Esterhuysen nie eers agter hoe hard die wind en die sand waai nie, want vandag is (uiteindelik!) sy verjaarsdag! Hy probeer regtig hard om verbaas te lyk, maar bieg hy het dit voel kom.<\/p>\n<p>Minkie word weer uitgekyk, maar di\u00e9 vrou se sterk o\u00eb laat manne breek en die kring geruiseloos maar dubbelgevou verlaat\u2026 Dit word egter nie geduld toe Zann\u00e9 haar stand in die kring probeer verhoog met \u2018n klip in die gat nie.<\/p>\n<p>As jy nou \u2018n man wil sien w\u00e9\u00e9n, moet jy vir hom die verdroogde lyk van sy verdrinkte troetel-sandhaaitjie oorhandig. Toemaar Piet, Philip sal altyd \u2018n plekkie in jou hart h\u00ea.<\/p>\n<p>Sommige van ons klim op die bus, nog nie mooi begrypend dat die stap nou verby is nie. Ander pak die laaste ent te voet aan om deur die Gouritsrivier te swem tot by die eindpunt.<\/p>\n<p>Teen die aand ruik meeste manne verdag na common reukwater en word daar strek klasse aangebied deur Oliver. Francois skiet uiteindelik vir Jeanne Marie raak na hy haar al 3 aande gemis het.<\/p>\n<p>Met mae wat vol Banana-split poeding gestop is, suiker ons almal af na die klein saaltjie by die plaaslike biblioteek a.g.v. dreigende weer en maak gereed. Vanaand is egter (soos meeste laaste aande op \u2018n gala) ietwat op \u2018n swaarder trant. Laaste toeriste kry elkeen \u2018n spreekbeurt:<\/p>\n<p>I thought I\u2019d come here and meet new people. But I didn\u2019t. I made friends. \u2013 Bruce<\/p>\n<p>BTK rocks! \u2013 Julia Milandri<\/p>\n<p>Daar\u2019s \u2018n paar geheime op Stellenbosch; die BTK is een van hulle. \u2013 Giddy<\/p>\n<p>Here, was Eden ook so mooi? \u2013 Lambert (uit \u2018n persoonlike komposisie ge\u00efnspireer deur Wildekus toer)<\/p>\n<p>Ook Oom Dieter spreek \u2018n laaste paar woorde van wysheid voor hy uittree as ere-president. Mia M en Erica lewer ook \u2018n lang beryming van die BTK-blues. Die gala manss\u00ear maak uiteindelik hul verskyning. Hoekom het hulle dit nie lankal gedoen nie? \u2018Cause I\u2019m leaving on a Wynland. Don\u2019t know when it will break again.<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 29 November<\/strong><\/p>\n<p>Vir oulaas word die dames wakker gesing, sommer 2 keer. Vanoggend is daar genoeg pap \u2013 8kg hawermout dat niemand vir sy ma kan gaan vertel daar was te min ontbyt nie.<\/p>\n<p>Koeki doen oggendgodsdiens en rig \u2018n aanmoediging aan elkeen om uit te reik en ander mense nader aan God te lei. Hierna word laaste toeriste met die BTK Bytjie maan toe gestuur. Julle is die beste! Julle is BTKaners! Ons gaan julle baie mis.<\/p>\n<p>Wanneer breek die Wynland weer? 9km van Albertinia af, d\u00ecs waar. Ons gaan terrash toe maar in styl: die Albertinia Hotel weet seker nou nog nie wat hulle getref het nie. Ook die kafeetjie met die vyfrand-koppies roomys is effe onvankant gevang.<\/p>\n<p>Die ag ure op Albertinia word op verkeie maniere deurgebring: party slaap op die gras voor die akkomodasie buro, speel 30 seconds, gesels rustig die middag verby terwyl ander sit en peins oor hoe die hele bus-breek-situasie eintlik \u2018n komplot van die bestuurders is om verhogings te kry by Wynland en hulle ons almal eintlik gyselaar op Albertinia. Maar hey, met sulke geselskap, wie gee om?<\/p>\n<p>Na die bus met parte uit Stellenbosch reggemaak is, klim ons op en kwart voor sewe ry ons verder. Ons aanskou \u2018n pragtige sonsondergang oor koringlande v\u00ear van die huis af.<\/p>\n<p>Ons ry vir Lambert weg op Riversdal na \u2018n vinnige stop. Die rit behels baie singery en Piet en sy veer wat baie genot daaruit put om enige slapendes wakker te kielie sodat hulle nie die laaste ommblikke van die toer mis nie.<\/p>\n<p>Vyf voor twaalf in die Neelsie pakeerterrein kom ons toer soos baie ander erg suksesvolle toere ook tot \u2018n einde. \u2018n Paar vaak ouers moet nog \u2018n laaste rukkie wag terwyl daar lied 142 gesing word en daar \u2018n finale keer gekoning word.<\/p>\n<p>Here, dankie vir die wind. Dankie vir die son. Dankie vir die lewe. Amen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdag, 22 November Quotes of the day: \u201cNet lelike meisies dra spie\u00ebls saam.\u201d \u2013 Minkie de Wet Elbie Rossouw: \u201cRetha, ek het vir ons die beste slaapplek gekry!\u201d Retha Heymann: \u201cWonderlik. Is dit in manskamp?\u201d \u201cEk gaan baie vuil kerk toe.\u201d \u2013 Gretha van Niekerk<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-828","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/828","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=828"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/828\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":829,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/828\/revisions\/829"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=828"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=828"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=828"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}