{"id":830,"date":"2003-09-09T22:36:10","date_gmt":"2003-09-09T20:36:10","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=830"},"modified":"2012-01-03T22:40:40","modified_gmt":"2012-01-03T20:40:40","slug":"doringrivier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2003\/09\/doringrivier\/","title":{"rendered":"Doringrivier September 2003"},"content":{"rendered":"<p>So is die lewe, so is die lot en so was die Doringrivier \u2018n prettige pot.<br \/>\nOp 5 September het meenge toeris<br \/>\nHulself berei vir \u2018n tyd sonder rus.<br \/>\n5-uur Vrydagmiddag was<br \/>\ndie tyd vir meet en pas<br \/>\nSoos gewoonlik by die Neelsie-parkeerterrein<br \/>\nHet die bymekaarkommers se stemme refrein<br \/>\nVan opwinding en kennismaak<br \/>\nEn van eerste toeriste onbewus van die\u2026!<!--more--><\/p>\n<p>Met die dure les van die Oranje-rivier toer se gesukkel oor hul busdrywer sonder sy dokumentasie, maak ons diekeer seker dat ons bestuurder sy papiere by hom het. Toerlyste doen die rondte en ou kennise groet mekaar, terwyl nuwe toeriste \u2018n blad hier en \u2018n blad daar skud. Anine de Jager lyk heel opvallend in haar geel \u201cWie\u2019s Bang\u201d-hempie waar sy en haar brawe makker in misdaad, Ansie Janse van Rensburg, die dinge van \u2018n kant af uitkyk.<\/p>\n<p>Met die bus onderweg blyk dit toe dat selfs al was die bestuurder se papiere in orde, het sy maatskappy ons bus verkeerd bespreek en dit veroorsaak toe dat die toer by die eindpunt moet begin en by die beginpunt moet ophou. Eberhard Steinmann en Koekie (Johan Breytenbach) is in valleie van diep donkerte terwyl hulle tob oor hoe om die nuus, dat ons nou rivier-op gaan stap, met die toer te deel, toe hulle uiteindelik tot die verligte oplossing kom dat die toer dit nie hoef te besef nie.As iemand vra, dan s\u00ea ons net: \u201cDis juis wat die Doringrivier so spesiaal maak. Dis die enigste rivier in die w\u00eareld waar jy afdraende teen die stroom op kan stap.\u201d<\/p>\n<p>\u2018n Geselsie hier, \u2018n geselsie daar en daar is oorgenoeg tyd vir slaap ook nog, want die bus ry \u2018n gemiddelde spoed van 85 km\/h. So met die trip honger almal lekker uit en groot was die verligting toe appels, lemoene en later selfs worsbroodjies die rondte begin doen.<\/p>\n<p>Dis al 21:30 toe die toer sy eerste stop maak by Cedar Inn oorkant die Clanwilliam-dam. Versnapperingsversameling en ander takies word verrig, maar met die inklim is dit die entoesiastiese Piet le Roux wat die bus probeer stop. Hy het gehoor die sekretaris moet die mense in die bus tel en maak nie saak hoeveel keer hy tel nie, daar is net 30 mense. Groot was die verligting toe hy uiteindelik besef dat daar wel inderdaad net 30 mense op die toer is.<\/p>\n<p>23:00 arriveer die toer by sy beginpunt (of eindpunt, afhangende van hoe jy daarna kyk). Die bus kan nie sy draai tot by die kampterrein kry nie, so die boer leen \u2018n bakkie aan ons vir die doel van bagasievervoer. \u2018n 200 meter se stap verder is almal by die terrein en ordere\u00eblings volg, waarna aandgodsdiens deur Petri van der Merwe, alias Bing, waargeneem word. Bing belei die negatiewe sy van ingenieurswese en verduidelik hoe bly hy is om op die toer te wees, want ingenieursweek bring die slegste in mens uit.<\/p>\n<p>Onder gaslampe word die kos en toerusting verdeel vir die volgende dag en terwyl almal hulle tente opslaan, is Raimund Rentel, die Suidwester en Oom Johan Diener baie rustig, want hulle is hardcore en gaan sommer buite slaap\u2026 niks bang vir re\u00ebn nie. Te midde van \u2018n heerlike hondekoor van bo die bult af, raak dit stil tussen die kamerade.<\/p>\n<p>Die skrywer van hierdie skets verneem dat daar van af 06:00 die volgende oggend \u2018n paar keer hard aan die opstaanliedjie gesing is voordat almal ontwaak het. Hy glo dit maar, want toe hy wakker word was almal al klaar ge\u00ebet. Sakke word gepak en dis vir Eberhard baie interessant dat ons regte, i.p.v. gedroogte groente saamneem, maar daar word gespekuleer dat die pampoene vir die tente se dakke is as die wind opkom. Daar is ook vele entoesiastiese geelwortels en komkommers om in te pak, alhoewel Annemi du Plessis gefassineerd is deur die reuse groot groen piesangs.<\/p>\n<p>Koekie beseer deur die oggend sy enkel en durf die dag en die toer aan met \u2018n lekker verbinde voet. Paulus Steyn verduidelik in oggendgodsdiens aan die hand van \u2018n voorbeeld die betekenis van die term \u201cironie.\u201d Hy erken aan die toer dat hy reeds op hierdie vroe\u00eb stadium arbeid probeer ontduik het. Terwyl hy egter voorberei het vir die godsdiends\u2019n paar minute vroe\u00ebr, lees hy van dorings wat luiaarde sal steek, en net na hy dit gelees het, steek \u2018n ywerige doring hom in die palm van sy hand. Het \u2018n wyse man nie eenmaal ges\u00ea die waarheid maak seer nie?<\/p>\n<p>Daar word in die pad geval en soos altyd is Karin van der Westhuizen voor by die toerleier. Teen 09:00 is daar nog net 35 uur, 24 minute en etlike sekondes oor. \u2018n Ent verder word Selonroosmonsters versamel en Koekie gee \u2018n biologieles oor die gevolge van Oleanderingestie.<\/p>\n<p>Teen 11:00 se kant roep Koekie Gamebreak en Ansie, Monique Eckermann, Raimund en andere (eerste toeriste) maak hulself gereed vir lekker speletjies. Hulle verstaan nie mooi toe hulle net koeldrank kry nie en neem toe maar later aan die Magtige Koning is \u2018n speletjie. Titels word uitgedeel en Jaco Malan word Die Main Peanut. Ordentlikheids-praatjie sorteer ook sake mooi uit.<\/p>\n<p>Die paadjie na die gamebreak bied optimale geleentheid vir Bundu-bashing en by middagete lyk dinge perfek vir swem. Die Suidwester is natuurlik die eerste een om oor die rivier te swem. Die eerste Ching-Chong-Cha sien die lig, toe Groepie een \u2018n dispuut rondom twee Weense worsies probeer besleg. Koekie en Lambert de Wet tree elk oorwinnend met een van daai lekker stukkies prote\u00efene uit die stryd. Teen hierdie tyd word dit ook al duidelikker hoekom die Doringrivier nou interessant genoeg die Doringrivier genoem is. Tydens ete re\u00ebl Petri met Annemi en Retha Heymann elkeen apart dat hulle hom op slot sal geselskap hou. Groot is hul ontnugtering toe hulle later agterkom dat hy hul beide gevra het en dat nie een van hulle dus die spesiale meisie in sy lewe is nie.<\/p>\n<p>Groepie Twee begin by aandete met hul toerlange ongeluksage, toe Paulus verantwoordlik en betrokke is by drie potomgooie. Sop, Mash en tee op die klipplaat, het Paulus uigesonder as doring in die vlees.<\/p>\n<p>In Groepie Een is Koekie vir die eerste keer in sy lewe blikwasser, selfs al is hy voorsitter van die BTK. Hy neem dit op homself om die eerste en enigste gebrande pot van die toer te was. Piet verloor Ching-Chong-Cha teen Lambert en toe hy hulle twee se skottelgoed gaan was, val hy ten aanskoue van Monique en Jaco reg agteroor in \u2018n die rivier. Dit het later geblyk dat Monique grootliks verantwoordelik was vir die val, want elke keer daarna dat so iets met Piet gebeur het, dan was Monique in die omgewing.<\/p>\n<p>Slee-items word (toevallig) geopen deur Eberhard en\u2019n hoogtepunt van die aand sluit in Paulus se Teroem, Teroem, Terattata asook Give Them Another Chance deur oom Johan. Ook die aand feature Japanese Wheelspanners, die Oom, die seuntjie en die vliegtuig en Leon-de-Wit-die-Boomafsager. Jekeltyd bied vir Retha die geleentheid om by Leon uit te vind wat hy bedoel het toe hy vir haar ges\u00ea het haar kopliggie laat haar manlik lyk. Piet probeer by Kasper uitvind wat die monster was waarvan hy vroe\u00ebr die dag gepraat het en Lambert is baie geinteresseerd in Paulus se stelling dat die pad na Judith Delport se hart deur haar bene loop. Paulus verduidelik iets van die doringbosse se skrape op Judith se bene wat vir \u2018n mens kan wys waar sy in die lewe loop en hoe haar hart is..<\/p>\n<p>Die heerlike aand veroorsaak dat amper al die ouens Oom Johan en die Suiwester se voorbeeld volg deur buite te slaap.<\/p>\n<p>Die tweede m\u00f4re, Sondagoggend, se opstaan, opstaan is meer effektief as die eerste en groepie twee is waarlik so wakker dat hulle niks omgooi nie. Dis werd om hier te noem dat Piet, soos nog menigmale in die toekoms, vir Lambert met Ching-Chong-Cha gewen het.<\/p>\n<p>Gamebreak bied weereens \u2018n heerlik swemgeleentheid en Lambert deel die las op sy hart met almal wat wil luister. Hy is naamlik gruwelik ontsteld oor die feit dat koekievervaardigers presies tien koekies per pakkie maak, want dit skakel Ching-Chong-Cha uit.<\/p>\n<p>Na gamebreak ervaar die toer die eerste berg-op stappie omdat die rivieroewer oorstroom is. Dit word \u2018n lekker stywe stappie en die skrywer van hierdie skets dink Micheal Bergmueller, die Duitser, het nuwe bewondering vir die uithouvermo\u00eb van Suid-Afrikaners gekry. Hy het deur die loop van die toer \u2018n paar keer so terloops aan Piet genoem dat dit darem nou baie lekker sal wees om net so \u2018n uurtjie of twee te l\u00ea en te rus. Die meeste toeriste het dit dalk nie eers geweet nie, maar toe die groep verby daardie pampoenhuisies gestap het, was dit ook verby die boer met die roer. Die boer met die roer was in die verlede nie altyd vriendelik teenoor vreemdelinge nie, maar dit daar gelaat.<\/p>\n<p>By ete misbruik die korrupte Koekie sy mag en posisie om sjokolade by Minkie de Wet, sy meisie, en Jean de Villiers, te bedel. Na ete sit Petri, soos gewoonlik (volgens Judith) Jean se rugsak vir haar op. Retha, getrou aan haar kroniese en akute Goeie-mens-sindroom en na bewering baie be\u00efndruk met Petri se gentlemanskap, sit toe sy rugsak vir hom op. Petri, weer, na bewering baie be\u00efndruk met homself merk ewe op: \u201cWat jy saai sal jy maai.\u201d Leon hoor dit en merk na bewering teenoor homself op (maar almal hoor dit natuurlik) dat maak nie saak wat hy saai nie, hy is altyd in sy maai.<\/p>\n<p>Groot was die blydskap toe \u2018n heerlike sandstrand die toer in die laat namiddag begroet. Vir die eerste keer moet die waterdraers \u2018n bietjie werk doen en dinge lyk na \u2018n heerlike aand. \u2018n Klompie eerste toeriste het om een of ander duistere rede \u2018n tent eenkant op die strand opgeslaan en sing allerhande liedjies daar. Kort-kort kan \u2018n mens Anine hoor s\u00ea: \u201cOk, dis nou genoeg, kom ons gaan eet.\u201d Micheal die Duitser vra vir Raimund die Suidwester wat vabond en flerrie is, en die Suidwester gee vir hom \u2018n baie\u2026 interessante verduideliking.<\/p>\n<p>Van die ander toeriste baai hulself in die doringrige water wat jou steek van die koue. Teen \u2018n krans maak almal kos en geluide van goed wat omgegooi word het die skrywer van hierdie skets uit die rigting van Paulus se groepie bereik, maar hy mag hom dit verbeel het. Die skrywer weet voorts nie wat al die groepies ge\u00ebet het nie, veral nie die wat hul kos omgegooi het nie, maar groepie een het gesmul aan mash, salami en \u2018n groot oranje pampoen. Die vriendelike Jaco wheel-\u2018n-deal homself 12 blokkies sjokolade deur Jean en Minkie se borde te was, onder luide protes van Koekie.<\/p>\n<p>Slee begin die aand se spyskaart sluit in al die eerste toeriste met RSG en Tinus Basson staan Nickey se skoene vol en Micheal met sy Duitse aksent is die verteller. Hakunna Matatta onder leiding van Koba de Waal laat vele worries ontstaan en Corlize Steyn en Monique doen \u2018n indrukwekkende en gesinkroniseerde karate-item. De Magtiche Koning kry \u2018n Give Them Another Chance, maar die verjaarsdagliedjie doen \u2018n ongewone, dog baie prysenswaardige stemverdeling, met onder ander Micheal wat Doem, Doem op die einde.<\/p>\n<p>\u2018n Paar strandpassies (met o.a. Micheal in \u2018n Speedo) volg en na \u2018n oorhandiging of twee neem die aand se slee \u2018n breek, terwyl daar \u2018n bietjie soetigheid uitgedeel word. Slee neem weer \u2018n aanvang en Flip du Plessis as die Plat Hond jaag vir Piet rond en bont. Die item het nooit klaar gemaak nie, want hulle sou die volgende aande aangegaan het, maar het nooit so ver gekom nie. Die aand sluit af met \u2018n bietjie rustige kitaarspel en \u2018n lekker slapie op die sand en onder die krans.<\/p>\n<p>Maandag-oggend word Opstaan, Opstaan vervang met The Rose en na afleiding van die handeklap uit dameskamp is dit \u2018n welkome verandering. Koba tree die oggend hoogs ontsteld uit haar tent en roep vir Petri nader om ondersoek in te stel na die luiperdspore in die kamp. Wat kan \u2018n mens nou eintlik s\u00ea? \u201c\u2019n Otter is \u2018n vriendelike diertjie?\u201d<\/p>\n<p>Ho\u00eb, ho\u00eb berge begroet ons op hierdie dag se stap en dis op-en-af, op-en-af. Die pas is stadig, maar die uitsig is menigmaal pragtig. \u2018n Ho\u00eb en groot waterval later in die oggend bied uitstekende geleentheid vir foto\u2019s en dit bied ook die kans op \u2018n heerlike russie. Die roete word op \u2018n stadium so moeilik dat almal hulle rugsakke moet afhaal en langs \u2018n vervoertou afstuur en aanstuur terwyl hulle by rotse opklim.<\/p>\n<p>Ete vind plaas onder effens winderige toestande en die Provitatjies word aangevul deur \u2018n korreltjie stof hier en daar. Lynmarie van Niekerk hou duidelik nie van Bovril nie en keer die helfte van die potjie om, maar maak asof dit per ongeluk was. Dis op hierdie stadium dat Jaco nou veronderstal was om sy twaalf blokkies sjokolade te kry, maar as gevolg van die feit dat al die sjokolades so heerlik gesmelt was, kon daar nie meer blokkies onderskei word nie en hy verloor sy kans. Die ete is nie lank nie en oppaktyd is gou weer met die toer.<\/p>\n<p>Gesprekke hier, gesprekke daar en liedjies soos My Galiematjie ruk die groep in ritme en die lekker stywe pas laat die groep ver vorder. Dit was amper of die groep het \u2018n paar pakesels gehad om hul sakke te vervoer, maar die donkies wat teen laatnamiddag te\u00ebgekom is, was nie gene\u00eb vir harde arbeid nie. Dit was darem toe nie so erg nie, want \u2018n entjie aan vind die groep sy rusplek vir die aand en gou-gou het Koekie \u2018n kringetjie gevorm en tref so \u2018n paar re\u00eblingtjies. Terwyl die toer nog so in die kringetjie gebind is, skree Minkie kliphard \u201cSkiet is oop\u201d en nou wat se kans het \u2018n arme man om dan weg te kom? Piet en Flip verstaan egter nie mooi nie en probeer elkeen om \u2018n meisie te skiet. Flip hardloop selfs \u2018n hele ent agter een meisie aan.<\/p>\n<p>Met die wolke in die lug word tentjies vinnig vetgevoer en grootgemaak. Hierdie tentopslanery geld natuurlik nie vir Oom Johan en die Suidwester nie. Behalwe dat die Suidwester net met alle mag en krag \u2018n bonfire wil maak, is hulle twee heeltemal tevrede en bereid om buite te slaap. Die arme Micheal wat saam met Pieter Avenant \u2018n ou Boy scout-model tent gebruik het, het net so \u2018n ou slaapsak gehad en het dus nogal koud geslaap.<\/p>\n<p>Al die kossies gaan met gemak af en Paulus verduidelik aan almal om hom hoe vinnig hy \u2018n meisie gaan kry sodra hy terug is op kampus, want hy geniet dit baie as Corlize hom so masseer.<\/p>\n<p>Dis ook nie lank nie of almal is in hul slee\u2019s ingepak en dit blyk dat Ansie vir Micheal geskiet het. Micheal het egter geen sleepille ingepak nie, maar danksy Alex van den Berg se horde jellylekkers en vrygewigheid, is daardie situasie vinnig opgelos.<\/p>\n<p>So was dit dan ook die aand van die groentetuin. Annemie en Jaco was onderskeidelik iets van \u2018n groot groen piesang en die swaar pap pampoen of so iets, maar uit die heeltemal objektiewe opinie van hierdie sketskrywer, was nie een van hulle so pragtig, gesond, insekvry, entoesiasties of markgewild soos een of ander geelwortel van die Pofadder 2003-toer nie.<\/p>\n<p>Die manlige kopliggie feature weer in die item van die skip vs. die vuurtoring, en \u201cHet jy spykersssss?\u201d is weereens \u2018n treffer danksy Eberhard.<\/p>\n<p>Dis \u2018n korterige aandjie want almal is moeg en vaak en m\u00f4re is mos \u201cnog \u2018n lang stap\u201d, n\u00e9 Koekie!<\/p>\n<p>Na \u2018n aand van soete slaap word dameskamp weereens gewek deur \u2018n pragtige quartet met onder andere Eberhard en Leon, maar geen noemenswaardige handeklap volg nie,. Dit moet definitief te wyte wees aan die vaakheid van die dames, want dit was tien uit tien vir die quartet.<\/p>\n<p>\u2018n Baie effektiewe aansporing vir die oppak en regmaak om te stap, geskied in die vorm van \u2018n ligte motre\u00ebntjie wat homself saggies begin uitgiet. Niks word ernstig nat nie, maar dit was defintief die vinnigste oppak en reg vir stap wat die BTK in \u2018n lang tyd gesien het. Met re\u00ebnjasse onder die arm (behalwe vir Oom Johan en die Suidwester) pak die toer die dag se stap aan dis maar plek-plek baie gly-gly oor die klippe.<\/p>\n<p>Gamebreak geskied natuurlik sonder dat enigiemand swem, selfs nie die Suidwester nie. Tinus verjaar en iets s\u00ea vir my hy het dit half geniet en half nie geniet nie. Koekie en Eberhard spoor almal aan om vinniger te stap, want ons is nog ver en ons gaan natre\u00ebn as ons nie uithaal en wys nie. Uiteindelik breek ons op \u2018n klompie klippe, onder \u2018n bloekomboom langs die rivieroewer en uit is dit met die Provitatjies. Onder seile en wolke vol re\u00ebn geskied die middagete en Koekie is maar haastig, want soos julle weet, is dit nog \u2018n ver entjie se stap.<\/p>\n<p>Stap nou, stap nou en almal stap maar soos skape aan, want dis mos nog ver. Dit was toe eers nie heeltemal duidelik hoekom ons 300 meter verder weer stop nie, maar Koekie en Eberhard doen verkenningswerk in die rigting en in daai rigting. Maar ons is maar bly vir die ruskansie, want ons moet mos nog ver stap. Nou-ja, ver was toe presies 83 meter na die vlakte reg oos van ons. Nodeloos om te s\u00ea, het almal toe baie tyd op hulle hande en Piet, Oom Johan, Flip en Stefan Erasmus speel \u2018n vinnige potjie vlaktekrieket. Later durf Piet en Petri \u2018n rapid aan en wat kan \u2018n mens nou s\u00ea: \u201cstamp, stamp???\u201d<\/p>\n<p>Die Suidwester en Oom Johan maak darem hierdie aand vir hulle \u2018n seilskuilingtjie.<\/p>\n<p>Bo teen die bult geskied die kosmaak en hierdie keer is dit nie Paulus of Lynmari wat betrokke is by die omgooi van potte nie, maar ook vanaand hoor \u2018n mens krete van goed wat omgestamp word. Dit moet die verlies aan kos wees wat groepie drie gekataliseer het om \u2018n hoendergeveg met groepie een aan te knoop\u2026 Dinge was nog redelik rustig en groepie een het hulself op \u2018n afstand gehou, todat daar skielik vigilant opgetree was teen Koekie, wat \u2018n getroue groepie-ener was. Net toe hy effens afgesonder van die groep raak, word die arme Koekie teen \u2018n heuwel afgeboender en rol dat die vere waai.<\/p>\n<p>Op hierdie noot is dit seker nodig om ietwat uit te wei oor die aard van \u2018n hoendergeveg. Die prosedure is as volg: Vat jou hande vas agter jou rug. Buig die knie\u00eb effens en wieg op-en-af en heen-en-weer, afhangende van hoe aggresief jy is. As jy uitermate sterk voel oor die saak, kan jy selfs ligte spronge gee. Buig jou liggaam na vore en probeer verder jou bes om soos \u2018n woeste haan te lyk en dan skop jy \u2018n bietjie stof op soos \u2018n bul. Sodra dit lyk asof jou opponent dit nie verwag nie, dan storm jy hom met die skouer eerste. Hierdie ritueel kan op sy eie onbeperk aanhou, maar sal waarskynlik ophou as daar byvoorbeeld geroep word: \u201cKos is reg!!!\u201d<\/p>\n<p>Toe groepie een sien hoe hulle goeie en getroue Koekie by die bult aftuimel, was dit netmooi die kruit in die vuurvat en ervare krygers soos Piet en Lambert ruk op teen ewe ervare krygers van groepie drie soos Petri en Oom Johan.<\/p>\n<p>Dis onduidelik hoekom hierdie betrokke hoendergeveg opgehou met en die uitslag is ook onduidelik. Daar is egter mense soos Leon wat sal beweer dat groepie drie dit gewen het. Die sketsskrywer verklaar egter hierdie veldslag onbeslis.<\/p>\n<p>Groepie een vind so teen sterk skemer uit dat dit Corlize was wat die volstruis in die Burger doodgemaak het. Almal voel skielik baie veiliger (onveiliger?) Paulus leer baie ywerig en nederig die fynere kunsies van Karate by sy leermeesteres en guru, Monique die verskriklike. Ook geskied daar omtrent hierdie tyd die laaste Ching-Chong-Cha-tweegeveg tussen Lambert en Piet en die uitslag is 5-4 teen Lambert se guns.<\/p>\n<p>Met \u2018n aandjie van heerlike slee in gedagte, maak Piet \u2018n sagte slee, waar hy al die dorings en klippe wegvat en hy dolwe ook so 2 sentimeter van die grond om vir hom en sy sleemaatjie, maar toe re\u00ebl die korrupte Koekie mos dat die slee by groepie 1 se eetplek geskied. Die aand lewer nie veel items op nie: daar was twee items en dus twee hoogtepunte. Raimund die Suidwester lewer \u2018n liedjie oor die BTK en \u201c\u2019n lyn wat ons skei, sodat ons nie kan kafoefel en vry.\u201d Piet doen As dit fluit fluit gaan deur AG Visser.<\/p>\n<p>Rustige sang vind plaas en Piet noem op \u2018n stadium dat sy pa \u2018n groot BTK\u2019ner was. Dis toe dat Kasper baie droog opmerk: \u201cMaar jy is dan so klein?\u201d<\/p>\n<p>Soos gebruik by die laaste aand gaan almal op \u2018n effense weemoedige noot tente toe.<\/p>\n<p>Die laaste oggend is spesiaal, want ou Koekie verjaar! Almal sing heerlik, behalwe Minkie wat doodstilgebly het toe daar \u2018n re\u00ebltjie rondom trou was. Die ouens geniet natuurlik hulle versie gate uit, met die klem op gate.<\/p>\n<p>Siende dat daar nie veel stap oor is nie, sing baie stappers uit volle bors en dis seker met daardie energie dat Koekie en Eberhardt hulle opstootkompetisie kon hou. Eberhard het 21 opstote gehaal, maar Koekie het nog heelwat meer gedoen, sodat meeste mense later ophou tel het. Wat die kompetisie soveel meer spesiaal gemaak het, was die feit dat albei hulle rugsakke opgehou het!<\/p>\n<p>Dis \u2018n vrolike groepie wat hulself op die brug oor die Doringrivier bevind. Ten spyte van alle planne om vir Koekie in te gooi, ontduik hy dit sonder dat hy dit besef, want daar is nie \u2018n geskikte plek om hom in te gooi nie. Dis vermeldenswaardig om te noem dat Koekie vir Petri weggehol het oor die brug. Petri hou vol dis omdat Koekie met \u2018n voorsprong begin het en op Myprodol was.<\/p>\n<p>\u2018n Vriendelike oom (Johan Kotze) bied ons sy skuur aan daar kuier en eet almal lekker in die skaduwee en uit die wind. Kasper, Gretha van Niekerk, Lambert en andere maak volle gebruik van die geleentheid om Brug te speel. Rustig verkeer almal, totdat die bus arriveer en toe begin die MAFIA sy kop uitsteek.<\/p>\n<p>Mafia is \u2018n speurderspel en word gereeld op die terugrit in die bus gespeel. Lambert is gruwelik ongelukkig omdat hy eerste uitgestem word, maar so is die lewe so is die lot.<\/p>\n<p>Toe die bus teen die modderige Pakhuis-pas begin uitry, verstaan Eberhard skielik hoekom die bestuurder so wit om die kiewe was toe hy ons gekry het. Die bus gly die kant toe en daai kant toe en vinnig moet almal uitspring om die bus stukkie vir stukkie daar op te stoot. Micheal s\u00ea later:\u201dSo\u2026 this is Africa!\u201d<\/p>\n<p>In Clanwilliam aangekom, is die poskantoor toe en die nekdoekies word vir Piet gegee om te stempel by latere geleentheid. Na \u2018n blaaskansie by die vulstasie, ry die bus tot by Cedar Inn waar ons die eerste aand gestop het. Lambert en Kie speel weer brug en Koekie het intussen gere\u00ebl dat ons bagasie van die beginpunt af na ons toe aangery word met \u2018n bakkie. Donkie word op die gras gespeel en uiteindelik word Karin se bal, wat sy die hele toer lank saamgedra het, daardeur benut. \u2018n Kortstondige poging om koffie en tee aan die gang te kry word deur Eberhard en Leon gepoog, maar die tyd haal hulle in.<\/p>\n<p>Dis hier waar Piet afskeid van die toer neem, om by sy huis te gaan kuier, en om een of ander bomaanse rede verdwyn die sketsskrywer ook. Piet het intussen daai sketsskrywer weer opgespoor en verneem dat Groepie Een se Lambert de Wet koning gekraai het met die Rib-special-kompetisie te Spur op Malmesbury. Die vriendelike restaurant-bestuurder gee selfs vir die toer \u2018n 10% afslag op hul rekening.<\/p>\n<p>Dit blyk ook dat Paulus \u2018n Tellytubby-aanhanger is en Eberhard het die foto om te staaf hoe Paulus by die terrash sit en Tellytubbies kyk het. Leon de Wit met sy onblusbare Groepie Drie-gees sit in met De Magtiche Koning, maar kan julle dit glo, hy word stilgemaak?! Nog \u2018n rondtetjie of twee van Mafia is gespeel en kort voor middernag Woensdagaand land die toer op Stellenbosch Intenasionale Neelsie Parkeerterrein.<\/p>\n<p>Nouja: So was die trippe, aflekbaar op die lippie.<\/p>\n<p>So is \u2018n student:\u2019n prettige dame en \u2018n prettige vent.<\/p>\n<p>Addendum A: Na besware van mnr. Leon de Wit, Stoker, Groepie Drie, oor sekere detail betreffende die skets, ag die sketsskrywer dit toepaslik om hier die aard van mnr. De Wit se beswaar te noem. Die sketsskrywer het as gevolg van hierdie beswaar die skets effens versag en sekere feite anders gestel, asook iets hoendergevegte ingesit.<\/p>\n<p>\u201cDie skets maak geen melding daarvan dat Groepie Drie die onbetwiste topgroepie op die stap was nie. Geen melding word van daardie groepie se onverbeterlike groepiegees, manjifieke spyskaarte, algemene spitsvondigheid of sukses op die hoendergevegslagvelde gemaak nie.\u201d<\/p>\n<p>NS. Oordeel maar self oor die objektiwiteit hiervan.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Piet le Roux<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Toerlys<\/strong><br \/>\nPieter Avenant<br \/>\nTinus Basson<br \/>\nMicheal Bergmueller<br \/>\nJohan Breytenbach (Toerleier)<br \/>\nAnine de Jager<br \/>\nJean de Villiers<br \/>\nKoba de Waal<br \/>\nLambert de Wet<br \/>\nMinkie de Wet<br \/>\nLeon de Wit<br \/>\nJudith Delport<br \/>\nJohan Diener (Toervader)<br \/>\nAnnemie du Plessis<br \/>\nFlip du Plessis<br \/>\nMonique Eckermann<br \/>\nStephan Erasmus<br \/>\nRetha Heymann<br \/>\nAnsie Janse van Rensburg<br \/>\nPiet le Roux<br \/>\nJaco Malan<br \/>\nRaimund Rentel<br \/>\nCasper Steenkamp<br \/>\nEberhard Steinmann<br \/>\nPaulus Steyn<br \/>\nCorlize Steyn<br \/>\nAlex van den Berg<br \/>\nPetri van der Merwe<br \/>\nKarin van der Westhuizen<br \/>\nGretha van Niekerk<br \/>\nLynmarie van Niekerk<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So is die lewe, so is die lot en so was die Doringrivier \u2018n prettige pot. Op 5 September het meenge toeris Hulself berei vir \u2018n tyd sonder rus. 5-uur Vrydagmiddag was die tyd vir meet en pas Soos gewoonlik by die Neelsie-parkeerterrein Het die bymekaarkommers se stemme refrein Van opwinding en kennismaak En van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-830","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=830"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/830\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":832,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/830\/revisions\/832"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}