{"id":836,"date":"2002-07-01T22:49:19","date_gmt":"2002-07-01T20:49:19","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=836"},"modified":"2012-01-03T22:58:18","modified_gmt":"2012-01-03T20:58:18","slug":"wildekus-junie-2002","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2002\/07\/wildekus-junie-2002\/","title":{"rendered":"Wildekus Junie 2002"},"content":{"rendered":"<p><strong>22\/06<\/strong><\/p>\n<p>Kom ons s\u00ea, vir arguments onthalwe, dat Wildekus Toer 2002 begin om 02:40 die 22\/06. Mens sal kan verskil en s\u00ea dat dit die vorige aand reeds begin het, of toe die inligting uitgekom het, maar vir my het hierdie besonderse toer, met uiters besonderse mense, begin om 02:40, met Bernice se geweldige ontstoke: &#8220;Waar is Minette? Ek gaan haar DOODMAAK!!&#8221; op Stellenbosch se voortrekkerterrein.<!--more--><\/p>\n<p>In die bus, defnitief deel van die ouer garde, leer mense mekaar op gevoel\/gehoor ken (ek dink ek sal weer jou stem herken) en word daar geskuifel om die gemaklikste posisie, in \u2019n erg ongemaklike situasie te vind, en die laaste roes van die eksamen, af te slaap.<\/p>\n<p>Soos die ure aansukkel word mense wakkerder en raak die tema op die bus &#8216;Name Leer&#8217;. Maar sommer gou verander dit na: &#8216;Moet-nou-stap-om-te-piepie-of&#8217;.<\/p>\n<p>13:20 In Aberdeen (Karroo) waar hulle \u2019n rand vra vir \u2019n toilet (sonder papier), die bedelaartjies se master\/master\/master ore laat tuit en die mense met stof boer.<\/p>\n<p>Met die bus se aankruie op die laaaaaang pad is die BTKners later rasend van verveeldheid, en Ross se speegoed al op gespeel (Jip, bekfluitjie ook), toe die mooiste re\u00ebnbo\u00eb die aandag aftrek en ons eers om 20:00 op Fort Beaufort se weermagbasis afpak.<\/p>\n<p><strong>23\/06<\/strong><\/p>\n<p>06:02 is opstaantyd op hierdie mooie oggend met die eerste van \u2019n reeks indrukwekkende sonsopkomste. Die dames beleef die weermag range vroeg die oggend toe hulle stort\/toilet\/wasbak\/urinal\/alles-mooi-kompak-in-1 opgekommandeer word, die sersant wil stort.<\/p>\n<p>Net om ons vinniger te laat oppak re\u00ebl Colyn \u2019n lekker re\u00ebnbui en almal is 20minute te vroeg, uitasem en vol modder, in die bus. En net 4 minute en etlike sekondes later weer uit. Hoekom? Die bus sit vas. (Joe-hoe) Ollie neem die voortou en voordat ons Dorette se blink gedagte van : Kom ons kies \u2019n mej Bus, kan uitvoer, is almal weer in die bus, koppe getel en sterk oppad Transkei toe\u2026net om bietjie verder weer te stop om \u2019n band om te ruil.<\/p>\n<p>Die rit verder verloop heel ongemaklik sonder te veel ongevalle. Presidents &amp; Idiots se\u00ebvier, Koekie Johan probeer uitvind hoeveel van die BTKners reeksmoordenaars is, Solly oefen sy 3punt draaie, sien ons hoe vuil Buttervorth is, pak die waentjie en bus op kort opvolg in en uit op Umtata, tel ons die toerouers, appies, Carl en Riaan Doorduin op en kom ons op Port Edward aan, net toe die son wil-wil sak.<\/p>\n<p>Waar daar \u2019n malle gejaag en die donker plaasvind om alles te pak wat bly? Wat gaan? Voordat die 2km van die dag gestap moet word: &#8220;net om te sien hoe die sakke sit&#8221;.<\/p>\n<p>Die sakwenners is Ir\u00e9ne met 14kg en Ross (wie&#8217;s daai mal ou!).<\/p>\n<p>En met \u2019n: &#8220;Raait mense, almal se sakke op? Ons slaap vannaand hier&#8221; Kry ons die verrassing van die dag, ons staan nou waar ons vannaand slaap.<\/p>\n<p>Die aand maak ons kos met blitse ver in die agtergrond en in die helder gloei van oom Ri\u00ebn se &#8216;glow in the dark &#8216; kamaste.<\/p>\n<p><strong>24\/06<\/strong><\/p>\n<p>Ons word wakker gesing in die pik-nag-donker met die wete: sissie, vandag gaan jy stap.<\/p>\n<p>Net daar, met die vroegoggend se harwar, word die toer \u2019n werklikheid: mense gekonsentreerd op die stoep soos werkers om die koningin by, en met die omdraaislag: strande, sonsopkoms, effense mistigheid en dansende nimfies op die water.<\/p>\n<p>Die toer begin met bietjie sandstap, toe lekker op en ons moet net keer op Ir\u00e9ne dra haar sak op haar kop soos die vroue daar, of koop bier vir vannaand se slee\u2026! Dit word \u2019n dag van gesels en heerlike op en af en heen en weer en tipieseBTK mentalitiet hoekom omstap as ons kan oorstap? In stoer BTK tradisie.<\/p>\n<p>Ons kruis vlakkerige rivier 1.<\/p>\n<p>Colyn se broek trek aandag, ducktape kan ook net so lank hou, maar hy trek maar sy broek op en hemp af, en aan stap ons!<\/p>\n<p>Middagete is kerrievis en hier wil ek net vir Herman aanhaal met sy: &#8216;Ek is mal oor kerrievis,&#8217; en sy &#8216;Nou&#8217;s ek in die hemel&#8217;, met twee broodjies gelaai met kerrievis.<\/p>\n<p>1 000&#8217;e foto&#8217;s en \u2019n lekker optraende verder kom ons net na 5 by ons kampplek (Manteku) aan. Baie pikant met hutte, blombeddings, rivier, bootjies, longdrop, mooi maan-rivier-strand\u2026 en die begin van etlike miljoene bosluise, wat orals inkruip tot in Annalie se koffie!<\/p>\n<p>Skiet ontaard in \u2019n gehollery met Ollie wat Helen P verwoed jaag en platduik soos \u2019n wafferse rugbyheld en haar dan vra: het jy seer gekry? Okay, wat is jou naam? Jinne, op dag 3!<\/p>\n<p><strong>25\/06<\/strong><\/p>\n<p>Die oggend word &#8216;Die Oggend Van Die Bosluise&#8217;, met die klein sespotiges wat, nouja, orals inkruip. Die vorige aand was ook die eerste wagstaan aand maar hier het die sketsskrywer teenstand opgetel, want dit maak nie saak wie sy vra, smeek of afdreig nie, die ouens praat nie oor hulle wagstaanbeurte nie\u2026<\/p>\n<p>Ons word opgekommandeer om in \u2019n kringetjie te staan sodat ons nie vries voordat ons gaan swem nie. Die BTK weet net hoe om \u2019n mens se hart warmer te laat klop so vroeg in die oggend. Colyn belowe die dames hand en mond dat hulle nie gaan nat word nie, skoene kan maar aanbly, maar na: &#8216;R20\/p, Okay, R10!R10!&#8217;, vir die boot, toe word die meisies maar nat wat.<\/p>\n<p>Ons begin die dag met \u2019n lekker optraende wat Nical heel trots op homself het: 80m in 10 minute. Cool.<\/p>\n<p>Die omgewing is so ongerep wonderskoon, of net pleinweg mooi, dat jy gedurig kop eerste in die persoon voor jou vasloop wat skielik stop om \u2019n foto te neem.<\/p>\n<p>Ollie se onderwys talente kom ook na vore toe hy die inwonders probeer leer van die seuntjie en dogtertjie seediere op die rotse en Reinard verjaar onverwags (vir hom n verrassing: &#8216;Ek gaan julle kry!!!&#8217;) tussen die koeie en kalwers, so op die strand.<\/p>\n<p>Na sandstap (wat bietjie lank geword het: spiere word stywer en skaafplekke steek hul kop uit) kom ons vroegerig by die kamp aan (Drew&#8217;s Camp) ( Niemand maak kos voor 16:30 nie.) wat elke aand op \u2019n mooier plek as die vorige een is &#8211; lekker knus onder die bome.<\/p>\n<p>Dit word \u2019n bad, masseer en skeerdery (die dinge wat mense sal saamdra) en sommer net \u2019n alomvattende lekker BTK geselligheid. Die WRAAK deuntjie weergalm so elke nou en dan oor die duine: elke keer so bietjie anders as die vorige keer, en Gary wil weet of vannaand se ete deel is van die wraak? Want dan&#8217;s hy bang.<\/p>\n<p>Twee kindertjies het hulle by ons aangesluit en verkyk hulle grootoog aan die mense se vreemde manier van doen. Daar word groot vuur gemaak en slee&#8217;s word professioneel uit die sand gegrawe en reggestoot, net lekker in die slees ingewoel toe ons weer uitgeboender word om los rondl\u00ea goete weg te b\u00eare, behalwe JP, die bly l\u00ea: &#8220;Nee wat, hulle kan maar my skoene vat, hulle gee my blase&#8221;.<\/p>\n<p>Senuweeagtige eerste toeriste sing maar \u2019n lendelam Koning maar maak meer as op daarvoor met hulle Items en kry die ou toeriste goed aan die lag. Oom Ri\u00ebn praat mooi met ons en met die Soetheid van die Wraak (wat meer as opmaak vir dit wat voorafgegaan het) in onse mage, sukkel Colyn om ons in die slees te kry en almal staan warm om die vuur en bespreek die dag se gebeure, met vonkelende liggies bo ons, gedruis agter ons en vriende om ons.<\/p>\n<p><strong>26\/06<\/strong><\/p>\n<p>Die oggend is die kinders steeds met ons met hulle spierwit glimlagte en staan saam met ons om die vuurtjie om warm te word. Nicol verjaar regtig en Henk vang vir Bernice \u2019n vissie in haar drinkwater.<\/p>\n<p>Die groep is vanoggend fris en vars en stap ongelooflik lekker so met die beestepaadjies oor die heuwels van die Transkie, die hele tyd met die see aan ons regterkant en dolfyne wat spring-spring saam met ons swem in die branders, of tussen huise deur met varkies, kuikens, basterbrakke en kinders wat rondspeel.<\/p>\n<p>Die beeste op die strand trek baie aandag, maar net Keith ag dit nodig om hulle met \u2019n wreedaardige laggie in te lig: &#8220;And soon you&#8217;ll too will be McD. Hee-hee-hee&#8221;.<\/p>\n<p>Ons stop vir Gamebreak by Cathedral Rock, \u2019n ongelooflike stukkie paradys met kranse en rotse en see en dolfyne. Net Mooi. Hier raak die BTKners ook heeltemal kamera verskrik, dis groepie foto&#8217;s en groepfoto&#8217;s en aksie foto&#8217;s en afgrond foto&#8217;s en foto&#8217;s van die fotograwe wat foto&#8217;s neem<\/p>\n<p>20 min later stop ons by net so \u2019n mooi stukkie aarde: watervalle en poel en rotse. Ons eet ALWEER.<\/p>\n<p>Ons stop die aand by Lupatan Camp met die spattende ruwe branders(jy moet regtig suck as jy \u2019n mossel hier is-Ollie).<\/p>\n<p>Groepie 4 besluit die see is vannaand te besonders en gaan eet hulle aandete op die strand terwyl hulle die maan dophou. Colyn sukkel weer om sy baie lewendige groep mense in die slees te kry, maar met Item kom my groot gunsteling van die toer uit: Die Caledon Boys, (Lambert, Gideon, Herman) se liedjie opgedra aan die BTK meisies. Maar Groepie 4 se mediese Item is ook uitstekend.<\/p>\n<p><strong>27\/06<\/strong><\/p>\n<p>Ons word wakker met dolfyne en see om ons. En pak vinnig-vinnig op, mooi gestewel en gespoor net om kort daarna ons skoene weer uit te trek. Of somige van ons, Colyn en Judith het klaar kaalvoet oor riviertjie 3 gespring en lag ons van oorkant uit. Die ridders is ook hoflik bereidwillig om die toer se fraaie dames oor te help (Bernice het 3 aanbiedinge gekry) en Lambert dra vir Keith oor. Ons stap verby \u2019n beskeie huisie langs die see (van 10M) en droom drome van eendag\u2026<\/p>\n<p>Met Gamebreak word dameskamp baie hulpvaardig aangewys as &#8220;Madagaskar se kant toe&#8221; en vir die verwardes: &#8220;daar tussen die koeie&#8221;.<\/p>\n<p>Middagete tart sommiges die sogenaamde &#8216;winter&#8217; uit en swem tog te lekker (alhoewel vinnig) in kristalhelder water.<\/p>\n<p>Ons stap bo verwagting goed en kom vroegerig by die slaapplek (Msikaba) aan, waar effense verwarring heers oor waar ons nou eintlik slaap, die kant of daaikant van die rivier? Maar, stel Colyn ons gerus, as die sandbank nie skuif nie, trippel ons m\u00f4re enkel of heupdiepte deur, hang af of jou naam Dorette of Ollie is\u2026<\/p>\n<p>Met die aand se skoonkom in die riviermond bewys ons weer hoekom nie almal toerleiers is nie, toe daar ver ompaaie kamp se kant toe terug geloop word van die waters af.<\/p>\n<p>Vannaand maak ons erg in groepies kos en die gelag weerklink die hemele in. En al wat ek verder oor die aand kan s\u00ea, is om vir Dorette aan te haal, mens jekel nie uit jou kosgroepie uit nie! Items verloop baie stil, met mense wat ver verspreid l\u00ea en die gdreun van die see so vlak by ons.<\/p>\n<p><strong>28\/06<\/strong><\/p>\n<p>Dag 5 se nommer 1 van Dinge Wat Ons Vandag Moet Doen is rivierkruising nr.4 wat party toe bietjie natter as ander het. Gary tel \u2019n beesbeen op, di\u00e9 word toe heeldag saamgedra, ons eet dadels by oulike hutjies wat ook die eerste groot ching-chong-cha wedstryd oplewer, of liewer, die Duitse weergawe van schnick-schnack-schnoek.<\/p>\n<p>Hier moet ek dit net noem dat ek persoonlik uit Jaco van der Walt se mond gehoor het (oor kos en eetgewoontes) dat hy 9 oulike varkies in sy groepie het\u2026<\/p>\n<p>Net 50 min verder is ons al oor halfpad met vandag se stap en nuttig ons middagete tussen poele terwyl die omgewing se vroue ons aankyk asof ons mal is. Wie? Ons? Mal?<\/p>\n<p>Middagete word nog \u2019n ontdekking gemaak: Ja, jy kan \u2019n pro-vita heel in jou mond kry; dwars ook.<\/p>\n<p>Tot by rivier 5 stap ons vinnig en in gelid oor bossies en strand. Hier moet die ouens ook net help met die oorsleep van rugsakke en meisies, maar nie te lank nie of ons is almal veilig oor.<\/p>\n<p>Dis oor hier wat ek vir Koekie Johan moet aanhaal: &#8220;Haai julle, dis \u2019n flippen&#8217; kief adventure di\u00e9!&#8221; Waarop die antwoord gekom het: Ag nee wat man, daar&#8217;s dan nie eens haaie nie\u2026<\/p>\n<p>Ons stap met graspaadjies aan oor heuwels, eers wag van die see af, daarna weer direk langs die see, maar dis soos Helen tereg s\u00ea: dit maak nie saak waar ons stap nie, daar was alreeds \u2019n koei.<\/p>\n<p>Dis amper donker toe ons by die kampplek aankom (Sikhombe) wat goed is, aangesien die water daar maar kan tel as prote\u00efene en die chloordampe dig oor die stofies hang.<\/p>\n<p>Dis \u2019n koue aand so Items kom stadig, maar Bernice se &#8216;slideshow&#8217; met Herman, Lara en Ir\u00e9ne as hoofkarakters maak die aand.<\/p>\n<p><strong>29\/06<\/strong><\/p>\n<p>Die meisies verras die ouens op die laaste oggend met \u2019n baie, wel entosiasties, weergawe van &#8216;Oh, what a beautiful morning&#8217; en die ouens, ook glad nie op hulle bekke geval nie, antwoord terug met: &#8216;Wake up BTKgirlies&#8217; \u2019n vrye verwerking van die Caledon Boys se treffer. Daar is ook \u2019n geskiedkundige gebeurtenis dat die toervader en chaperone vandag (of amper vandag) verjaar: &#8220;Kom Tannie, die dude&#8217;s wil gou vir jou sing&#8221;. Tannie Ri\u00ebtte se &#8216;Wow&#8217; het alles ges\u00ea.<\/p>\n<p>Lize en Ester se toer word ook gemaak toe daar die baie skaars Vleikuiken NET SO naby aan hulle kom. Praat van o\u00eb wat straal.<\/p>\n<p>En so, met goud op die water, tussen rivier en see, met wolke soos die Kinderbybel se wederkoms voor ons, stap ons Transkei se kus op. Hoe ver is die hemel in elk geval van ons?<\/p>\n<p>Middagete is so op die strand en die golwe breek met oorgawe langs ons. Gideon bekyk hulle so: &#8220;Oh &#8211; what a wave! Ma&#8217; ek het niks lus om in te gaan nie&#8221;. Heel gelukkig om die skouspel droog en van die kant af te bewonder.<\/p>\n<p>Die laaste 3km begin ons in \u2019n lang regop ry, sommer net vir spesiale foto effek, maar die BTKners LOOP so Johan en Wynand moet aflos hardloop om die foto geneem te kry.<\/p>\n<p>Met die einde in sig val die meeste van die groep voor die Wild Coast Sun neer, maar nie almal nie, die 90+ km gaan hulle nie onderkry nie, en Johan B en Coyn hardloop terug om Keith die laaste tree oorwinnend te dra. Ongelukkig het hulle nie met sy rugsak rekening gehou nie, maar die helde is nie ontmoedig nie en hulle 2de slagoffer is \u2019n veel beter keuse en hulle dra Heleen G die laaste paar tree met die res wat toejuig.<\/p>\n<p>Na \u2019n Groot Koning (&#8216;Julle vat Nie mekaar se hoede Nie- jy dink jou pa kan slaan!!!&#8217;) is dit nog die einde niet, Solly en die bus wag \u00earens by \u2019n BP garage. So BP Garage hier kom ons\u202649 vuil, woeste, effe seer, moeg maar tevrede BTKners vat die teerstrate en opdraendes van Port Edword met mening aan (skoon karverskrik) en val die BP se piepklein winkeltjie binne: Kampkos is goed en wel, maar Coke en roomys is LEKKER.<\/p>\n<p>Die gemeenskaplike &#8220;Aaaaaaaaaah&#8221;, drukkies en gelukwensinge kan blokke ver gehoor word.<\/p>\n<p>Baie vuil word ons weer ingeboender in \u2019n selfs vuiler bus, maar wie gee om, dis alles lekker as jou bene jou nie hoef te dra nie! Ons sing, miskien meer hard en entosiasties as op die noot, die rooi biekie 2x deur totdat stilte neerdaal en ons gesellig en stewig ingepak di\u00e9 besonderse sukkie aarde uit \u2019n ander hoek beskou.<\/p>\n<p>Laat, donker en koud (na etlike 3punt draaie) kom ons ook op Port Saint Loo&#8217;s se kampeerterrein aan. Waaroor ons liewer nie praat nie. Ons slaap in rye lekker deurmekaar en dames- word manskamp en alles geskiet in die donker. Baie moeg kom almal tog tot ruste onder die Transkei sterre.<\/p>\n<p><strong>30\/06 &#8211; 01\/07<\/strong><\/p>\n<p>Die volgende 2 dae ry ons net. Na 6 dae se stap gaan dit maar swaar, maar ons is terug oppad na die werklikheid toe, so kom mens duidelik agter aan die gille wat die dames badkamers uitkom in Umtata by die aanskoue van die eerste spie\u00ebls. Om nie te praat van die warm deurskynende water wat uit die krane kom nie!<\/p>\n<p>Soos die pad korter raak, raak die groep al hoe kleiner en die gesprekke draai al hoe meer om wat gedoen gaan word hierna, wanneer gaan ons weer bymekaar kom. Afskeid tussen \u2019n groep familie kom moeilik.<\/p>\n<p>Terrash op Keurbooms wil ek net uitsonder. So \u2019n groep vuil, jeukende, krappende, deurmekaar, maar gelukkige mense dink ek nie het daai restaurant al ooit gesien nie. Nie \u2019n groep wat hulle so lekker tuis gemaak het nie. Tafels reggeskruif, die badkamer oorgeneem, geItem, gekrap, gelag, ge\u00ebet (ekskuus tog &#8211; is daar chloorpilletjies in die water?) en gedans. Wow.<\/p>\n<p>Uiteindelik, of dalk net te gou, word Stb se berge \u2019n werklikheid, en die Wildekus Toer 2002 is iets van die verlede.<\/p>\n<p>Maar hierdie groep mense, wat kerrievis eet asof dit Sondagskos is, hierdie besonderse groep mense:<br \/>\n-wat nie kla na 90km se stap nie,<br \/>\n-wat 1,5l Coke 60km ver dra<br \/>\n-wat nie omgee om 2x in King Williams Town te draai nie<br \/>\n-wat die tafels wegdra en dans,<br \/>\n-wie se beenhare skeermesse breek,<br \/>\n-wat nie deur blosluise onder gekry word nie<br \/>\n-wat omgee vir mekaar, wat lag en sing en praat,<\/p>\n<p>\u2026sal altyd iets in gemeen h\u00ea, sal altyd vriende bly, sal altyd hierdie &#8220;flippen&#8217; kief adventure&#8221; die BTK Wildekus Toer 2002 onthou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>22\/06 Kom ons s\u00ea, vir arguments onthalwe, dat Wildekus Toer 2002 begin om 02:40 die 22\/06. Mens sal kan verskil en s\u00ea dat dit die vorige aand reeds begin het, of toe die inligting uitgekom het, maar vir my het hierdie besonderse toer, met uiters besonderse mense, begin om 02:40, met Bernice se geweldige ontstoke: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-836","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=836"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/836\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":845,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/836\/revisions\/845"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}