{"id":844,"date":"2002-09-10T22:57:21","date_gmt":"2002-09-10T20:57:21","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=844"},"modified":"2013-09-23T13:44:53","modified_gmt":"2013-09-23T11:44:53","slug":"maskamberge-september-2002","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2002\/09\/maskamberge-september-2002\/","title":{"rendered":"Maskamberge September 2002"},"content":{"rendered":"<p>\u201cEk gaan stap saammet die BTK. Wil \u2018n bietjie my kop oopkry.\u201d Dit was my standaard filosofiese antwoord vir wanneer enigiemand my vra wat ek die vakansie gaan doen. Maar toe ek op die onfilosofiese uur van 05:15 op \u2018n Saterdagoggend in die donker en koue van die Neelsie parkeerarea staan, kon ek nie help om te wonder oor ho\u00e9 die BTK enigsins kan bydra tot die vermindering van die dowwe, dooie, oorgemisde toestand van my brein nie. Want met sulke ongrondwetlike vroeg ure kry hul dit net reg om my nog toe-er te laat voel\u2026<!--more--><\/p>\n<p>Maar met die gewoel en gewerskaf van 37 ander mense, en die naarstiglike gesoek na \u2018n matrassie wat iewers tussen al die rugsakke losgeraak het, begin jou bloed weldrae vloei, en jou brein mettertyd werk. 06:18 is ons op die pad, met \u2018n vol bus en waentjie. Ons moet egter omdraai vir Koeki (Johan Breytenbach) se kitaar wat verlore rondl\u00ea op die teer buite die Neelsie. Hy arriveer uitasem, kitaar in die hand, terug by die bus wat in Merrimanlaan vir hom wag, met Jaap de Lange in tou. Di\u00e9 het \u201cgedog ons moet 06:00 by die Neelsie wees\u201d. Almal nou aan boord (of so dink ons\u2026) ry ons verder in die einste bus wat gebruik is vir Gala 2001 en Wildekus 2002. Die slapende BTKners raak wakker met die son wat opkom oor die groen velde en welige rante van die Swartland. Ons is goed oppad, toe Colyn Murray, toerleier en busbestuurder, sy selfoon \u201ccheck\u201d, en \u2018n paar benoude boodskappe vanaf Keith Browne kry. Di\u00e9 het ook verslaap. Verkeerde informasie het egter onder di\u00e9 in beheer die indruk geskep dat Keith nie saammet die bus ry nie, en is daar nie vir hom gewag nie. Ons stop dus by die Spar op Morreesburg vir \u2018n barmhartige Samaritaan (in die vorm van Colyn Hendriks) om hom by die bus te besorg.<\/p>\n<p>Met regtig almal nou op die bus voor, ry ons verder.<\/p>\n<p>Ons arriveer 12:20 by Sewefontein. Hier kry ons \u2018n \u201cso opgewonde\u201d Tannie Miems, Kobus Kritzinger (ons toervader) en Dawid Schliebush, die boer se seun en gids vir die toer. Dis die plaas van Oom Dave Schliebush, welig en groen, met kranse wat die rotsklimmers se harte vinnig laat klop, en hul vingers laat jeuk. Ons middagete by die bus, \u2018n gesamentlike verobering van broodjies. Die eerste natgooi van die toer het verbasend genoeg nie vir Tannie Miems as een van die betrokke partye nie: Keith kry die reg om vir Raelize Loubser uit te vang.<\/p>\n<p>Na middagete word rustig oor en ingepak: ons het immers net 4km om die dag te stap. Dis \u2018n heerlike, warm, sonnige dag, en toe ons begin stap besef menige BTKner dat hy\/sy ni\u00e9 meer aan sulke hitte gewoond is nie: dit was \u2018n lang winter\u2026 Dis \u2018n geklim en klouter teen \u2018n pragtige berg op, baie rustig en baie lekker.<\/p>\n<p>Ons arriveer 17:25 by wat ons basiskamp sou word. Die grotte raak manskamp, \u2018n groot hut dameskamp, en \u2018n oorhangrots is kosarea en sleekring. \u2018n Entjie weg is asemrowende poele om in te swem , en klein watervalletjies vir di\u00e9 wat verkies om te stort. Net jammer dat die meerderheid te koud kry om eens hul skoene uit te trek! Daar is egter \u2018n paar wat braaf genoeg is vir die vriesende water, en Christo Versteeg se Peeping Tom-gewoontes bereik nuwe hoogtes toe hy met sy digitale kamera rondloop by die swempoele, en links en regs \u201cnatuurtonele\u201d vasl\u00ea\u2026<\/p>\n<p>Aandete is in styl: wors word gebraai, en die 41 BTKners smul te lekker aan boerworsrolls. Tydens die voorbereidings word uitkyke onder leiding van wraakkaptein Koeki (om een of ander rede klink dit net nie intimiderend nie!) gedoen, en \u201csoetheid van die wraak\u201d-waarskuwings uitgebrul. Die slee-ery na ete is \u2018n stywe affere: almal l\u00ea styf soos sardientjies ingepak in \u2018n poging om die vriesende koue uit te hou. Die BTKners is egter maar nog moeg van die kwartaal en toetse, en met \u201cnag dames\u201d is almal maar te bly om na hul verskeie slaapplekke te verkas.<\/p>\n<p><strong>Sondag, 8 September<\/strong><\/p>\n<p>Ons is gewaarsku dat ons 6:30 wakkergemaak gaan word, maar Colyn se ingenieursweek het sy tol geeis, en hy slaap deur sy wekker. Sewe-uur word ons eers opgejaag. Dit gee egter nie om nie, want die dagstap wat ons Dinsdag sou stap, sal ons vandag stap. Dit re\u00ebn het sy opwagting gemaak deur die nag (soos \u2018n paar nat, koue BTKners kan getuig), en daar word besluit dis beter om die dag-sirkelroete in die re\u00ebn te stap.<\/p>\n<p>Ons kom 9:00 eers weg. Dis re\u00ebnerig, kouerig en natterig, soos Mia van Velden se \u201chierdie sal \u2018n goeie skuilplek vir Osama bin Laden wees\u201d-opmerking getuig. Weer sal egter nie hierdie 41 stappers afskrik nie, en daar word heerlik gesels en gelag terwyl ons deur die pragtige veld en rante stap. Die swempoele wat ons teekom word met intense begeerte aanskou: as dit maar net warmer was!<\/p>\n<p>Ons gamebreak in \u2018n skeur met \u2018n pragtige, reusagtige geelhoutboom in. Middagete is in \u2018n nou klofie af, waar almal (weereens) styfgepak sit terwyl hul hard kuier. Groepie 3 besluit dat hul hulself moet adverteer, en begin luidkeels sing \u201cOns is, ons is\u2026\u201d. Net te jammer dat die res hoor dit wat hul \u201cwaterbolle\u201d is! Groepie 2 sukkel met die hoeveelheid kos, en Stefan Bothma kla dat hul nie hul brood kan opkry nie. Colyn antwoord met die \u201cpun\u201d van die toer: \u201cHet julle al vir Jaap ingevoer?\u201d<\/p>\n<p>Die middag se stap is ook in die re\u00ebn. Dit verhinder egter nie Mia om \u2018n pragtige, ronde, diep poel water te bewonder nie. Haar \u201coe, hier sal ek wil kom bad\u201d word deur Janine Roux beanwoord met \u2018n \u201cdan sal jy \u2018n ander dag moet kom\u201d. Mia is egter nie hiermee tevrede nie. Moeder Natuur hoor haar \u201cnee, ek wil sommer vandag nog\u201d, en die oomblik toe sy dit klaar ges\u00ea het val sy in!<\/p>\n<p>Ons kom 15:30 by basiskamp aan, en almal trek dro\u00eb klere aan. Slaapsakke word nadergetrek, en in die kosarea word daar lekker (warm) gekuier onder die dons. \u2018n Paar minderbevoorregtes moet egter naarstiglik oefen aan eerstetoeris-items&#8230;<\/p>\n<p>Aandete word in groepieverband genuttig, waarna \u2018n klomp benoude en koue eerstetoeriste die oudtoeriste moet vermaak. Cobus Jacobs se \u201csping, padda sping\u201d, Marna Steyn se Britse eend, en \u2018n Duitse-aksent Jan van der Merwe hou almal in histeriese lagbuie. En toe\u2026 ja\u2026um\u2026die soetheid van die wraak is baie geniet! Daarna word nog aange-item. Tannie Miems en Casper Steenkamp doen \u201ckoud-koud-koud\u201d, waar die waarheid uitkom: toe Tannie Miems kla dat haar voete bewe, antwoord Casper met \u2018n \u201cwel, Miems, jy\u2019s oud!\u201d<\/p>\n<p><strong>Maandag, 9 September<\/strong><\/p>\n<p>Die re\u00ebn verlaat ons nie deur die nag nie. Soos \u2018n paar meisies se druipnat slaapsakke getuig\u2026 Colyn maak \u2018n paar planne, en die toer word verander na \u2018n daguitstappie-eskapade. Ons het dus weer \u2018n daguitstappie, sonder rugsakke. Kobus, tannie Miems, Dorette du Plessis en Keith verlaat ons: die laaste twee se akademiese verpligtinge is net te erg om hul by ons te hou. Maar die vier verlaat ons nie heeltemal nie: hul nagedagtenis leef aan in die slaapsakke en warm toppe wat hul agter los.<\/p>\n<p>Dis toegetrek, maar re\u00ebn nie, toe ons begin stap. Pragtige plantjies en poele word gewaardeer so deur die stroompies water deur. Net toe ons egter besluit om te stop vir gamebreak begin dit erg re\u00ebn. En vir die res van die dag het dit nie regtig opgehou nie\u2026 Maar BTKners is waterdig, so daar is lekker aangekuier so deur die water en gevriesde vingers. Ons middagete in \u2018n klofie, elke groepie op \u2018n klip, en die Kolgansklub word gestig in \u2018n poging om warm te bly.<\/p>\n<p>Na middagete bundubash ons in \u2018n nuwe kloof op. Almal is stukkend gekrap, maar vir die eerste keer eintlik \u2018n bietjie warm, toe Dawid besef dat dit nie heeltemal die regte pad is nie\u2026 Almal moet omdraai, en \u201cwie eerste is sal laaste wees\u201d se waarheid word eerstehands ervaar. Ons stap terug, en hier-en-daar begin die sonnetjie \u2018n bietjie deurkom. Almal begin stadigaan \u2018n bietjie droe\u00ebr word. Maar dis van korte duur. So 500 meter van basiskamp af breek \u2018n wolk middeldeur, en is almal druipnat toe hul uiteindelik, uitasem gehardloop, by die tente kom.<\/p>\n<p>Almal spring, weereens, uit hul nat klere, in droe\u00ebs in (en daai droe\u00eb klere begin nou min raak!), en direk in slaapsakke in. Weereens is daar \u2018n onoffisi\u00eble massaslee in die kosarea. Enigiemand sit langs enigiemand, en voete peul op die snaakste plekke uit: hitte bly hitte, dit gee nie om wie s\u2019n dit is nie!<\/p>\n<p>Die aand se slee is ook net bondelslee, siende dat ons nou al so geoefen is daarin. Daar is darem \u2018n paar braawes wat dapper genoeg is om die koue aan te durf, en te item. Christo se weermagwortels kom duidelik deur in sy vreesaanjaende uitbeelding van \u2018n \u201cdrill sergeant\u201d. \u201cToo, too bad\u2026\u201d. In hekeltyd, wat aan \u201cOom Colyn\u201d gerig is, vind ons ook uit dat Raelize \u2018n agterkoei is.<\/p>\n<p>Hierdie Maandag sal egter altyd onthou word vir dat dit die dag was dat BTK-tradisies herskryf is. Die vorige nat nagte het hul tol geeis, en daar is bitter min dro\u00eb slaapplek. In \u2018n poging om dameskamp te vergroot, verander Colyn \u2018n gedeelte van die kosarea in dameskamp. En daarom, n\u00e1 hekeltyd, het vier meisies met groot smaak \u201cnag dames\u201d ges\u00ea, en die mans tussen hulle uitgeskop. Die sleekring slaap baie lekker!<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 10 September<\/strong><\/p>\n<p>Almal hoop vir goeie weer, want as die weer nie opklaar nie, gaan ons \u2018n dag vroe\u00ebr huistoe. Die weer is egter baie wisselvallig, en Colyn besluit om eers \u2018n bietjie te wag voor hy besluit wat ons gaan doen. Die vier meisies in die \u201cnuwe\u201d dameskamp geniet dit net te baie, want hul kuier net aan daar waar hul aan die slaap geraak het. Daar ontwikkel \u2018n impromptu sleekring. Of eerder, sleebondel, want dit was net mense wat by, op, onder en langs mekaar sit. Grappies word vertel, en grappies ontwikkel in items. Superman drink Runaway Special Funky Drankies, wurmpies en koekies word platgery, en Bernice van Huysteen vertel dieselfde grappie twee keer. En almal lag net so hard, indien nie meer, die tweede keer! Koeki verjaar ook vandag (regtig), en hy stel nuwe standaarde deur werklikwaar sjokolade vir almal te bring. Dit alles dra net by tot die feestelikheid van die bondelslee. Van die lekkerste slee-aande van die toer word in die middel van die dag beleef!<\/p>\n<p>Die weer lyk egter nie te lekker nie, en Colyn besluit dat ons eerder maar moet uitstap. Ons pak rustig-rustig op, en stap met ligte rugsakkies die 4km terug bus toe. Ons stop halfpad by waterpoele om middagete te eet, en die sonnetjie kom uit om ons te herinner aan wat ons gemis het. Maar in almal se agterkoppe begin is die akademie-skuldgevoel krap, en daar word hard teruggestap bus toe.<\/p>\n<p>Die dag was lekker rustig en almal het nog heel genoeg energie, so oppad terug word die BTK-sangbundel van voor tot agter deurgesing. Ons stop op Malmesbury vir terrasch, 20:30 in die aand. Colyn en Koeki poog om die Hamburger-challenge rekord te breek. Colyn maak sy bord skoon in 1:42 min., maar is nederig genoeg om te s\u00ea dit was \u2018n substandaard hamburger!<\/p>\n<p>Toe ons terugklim op die bus wag daar \u2018n laaste verassing. \u2018n Paar van die manne het iewers deur die dag die tyd gevind om \u2018n paar liedjies te oefen, en die BTK word vermaak met \u201cgood night, Sweetheart\u201d, \u201cBTK-girlies\u201d en &#8220;Stand by me&#8221;.<\/p>\n<p>Ons arriveer 23:00 rond by die Neelsie. Tussen al die nat-slaapsak-uitsorteerdery word planne beraam om mekaar iewers die vakansie weer te sien. Want sulke lekker kan nie so gou stop nie! Almal kry darem hul goeters op die ou end, en verdwyn een vir een in die donkerte, na hul verskillende slaapplekke in Stellenbosch. Maar al is almal nou op verskillende plekke, word almal saamgebind met die kollektiewe geheue van \u2018n fantastiese, ongewone, baie lekker, baie rustig, ongelooflike mense, -toer.<\/p>\n<p>So, is \u2018n mens se kop oop n\u00e1 so \u2018n toer? Hoe kan dit wees, as dit propvol is met soveel onsaglike herinneringe?! Maar is dit nie net presies die rede hoekom ons gaan stap nie..?<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Lisa Hendriks<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk gaan stap saammet die BTK. Wil \u2018n bietjie my kop oopkry.\u201d Dit was my standaard filosofiese antwoord vir wanneer enigiemand my vra wat ek die vakansie gaan doen. Maar toe ek op die onfilosofiese uur van 05:15 op \u2018n Saterdagoggend in die donker en koue van die Neelsie parkeerarea staan, kon ek nie help [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-844","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/844","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=844"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/844\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2301,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/844\/revisions\/2301"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=844"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=844"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=844"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}