{"id":852,"date":"2001-12-03T23:38:02","date_gmt":"2001-12-03T21:38:02","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=852"},"modified":"2012-01-05T14:39:36","modified_gmt":"2012-01-05T12:39:36","slug":"gourits-witsand-gala-2001","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2001\/12\/gourits-witsand-gala-2001\/","title":{"rendered":"Gourits-Witsand Gala 2001"},"content":{"rendered":"<p><strong>Sondag die 25ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cHet jy \u2018n swembroek nodig om te swem?\u201d \u2013 Andr\u00e9 Vorster, in die verbyloop gehoor\u2026<\/p>\n<p>Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie jaar se gala. \u2018n Nuwe voorsitter, \u2018n ou-gunsteling roete en \u2018n rekordgetal toeriste, is daar net goeie dinge vir die gala voorspel. Die weer het net so lekker saamgespeel, met heerlike sonskyn toe die 120 galastappers 8:00 Sondagoggend, die 25ste November, byeenkom. Naarstiglik is daar gepak aan die bus, die lorrie, die sleepwaentjie, en \u2018n paar karre. Petri du Plooy, Leida Heymann en Jean de Villiers het \u2018n weddenskap aan oor waneer ons sou wegkom. Gelukkig wen Leida nie met haar 12:00 voorspelling nie, en is ons 9:40 (sekerlik een vir die rekordboeke) op die pad. Colyn Murray begin sommer vroeg-vroeg die toer lei, want hy bestuur die bus wat letterlik tot oorlopenstoe volgelaai is. Tot op die trappies by die deur is mense gepak wat hard aan die verlore kuier van die afgelope eksamen aan die opmaak is. Almal word net beveel om plat te val as daar enige teken van \u2018n polisiekar is\u2026<!--more--><\/p>\n<p>Die pad word sonder enige opskuddings afgel\u00ea, en teen 15:30 arriveer ons in Gourits. Vinnig word \u2018n paar re\u00eblings deurgegee, sodat almal in vrede kan tente opslaan, swem en kuier. Die nuwe tente-komitee is s\u00f3 entoesiasties dat hul die kostent twee maal opslaan! Die groot army-tente darem net een maal&#8230; Die koelerige windjie wat waai skrik nie die ywerige BTKners (in die vorm van Corn\u00e9 van Daalen) af nie: op \u2018n gala moet daar mos natgegooi word, en Hannelie Morris word die eerste, maar definitief nie die laaste, slagoffer op die gala.<\/p>\n<p>Aandete is \u2018n heerlike aff\u00eare, met almal wat rondsit en ken-mekaar op die gras. Daarna word \u2018n lekker bondelslee geprakseer. Die feit dat ons 120 mense is gee \u2018n nuwe betekenis aan die woord \u201cbondel\u201d in \u201cbondelslee\u201d.<\/p>\n<p>Toe almal rustig inge-\u201csettle\u201d is, begin die BTK-indoktrinasie: \u201cVandag is Sondag die 25ste. M\u00f4re is Donderdag die 26ste. Verstaan julle?\u201d En almal het verstaan\u2026 Oor sommige goed is mens seker te bang om uit te vra! Daarna stel Colyn M. ons bekend aan die fynere kunsies van skiet en slee: hy, Karen van der Merwe en Mia Wessels lewer \u2018n demonstrasie. Elke meisie verstaan daarna presies hoe om weg te hardloop dat hy jou wel vang, en hoe om rond te staan en \u201cdesperate\u201d te lyk, sodat hy jou skiet! Almal is eintlik maar nog \u2018n bietjie moeg na die eksamen, en met \u201cnag dames\u201d word daar vinnig verkas na die verskeie slaapplekke.<\/p>\n<p><strong>Donderdag\/Maandag die 26ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cHet julle dit dalk nodig?\u201d \u2013 Riaan van den Dool, n\u00e1 middagete (lees aan!).<\/p>\n<p>Colyn M. het ons die vorige aand gewaarsku dat ons 6:00 wakkergemaak gaan word. Maar toe die kreatiewe, nuwe liedjie van \u2018n BAIE entoesiatiese groepie wakkermakers gehoor op, was baie mense reeds op. Seker maar \u2018n kombinasie van vroeg-lig, nog-nie-gewoond-aan-matras, en sien-baie-uit-na-dag. Al 120 BTKners moet omgery word na die punt waar ons kan begin stap, en terwyl daar vir die laaste oppakkery gewag word, word die eerste uitkyke gedoen. Met ampertjies 60 eerste toeriste is dit \u2018n formedabele taak, en Petri d.P., as WRAAKKAPTEIN, stel \u2018n 2de span uitkykers aan, o.l.v. Corn\u00e9 v.D..<\/p>\n<p>\u2018n Bietjie re\u00ebn val aan die begin van die dag se stap. Dit laat ons egter die wonderlike weer van die res van die dag waardeer. In heerlike sonskyn stap ons met die wit strande af na Stilbaai, en meer as een uitgebleikte student verbrand liederlik. Christa Gerber se kreefrooibene sal lank as \u2018n waarskuwing teen die gevare van son in almal se gedagtes voortleef!<\/p>\n<p>Middagete word oppad genuttig. \u2018n Ramp tref egter die middagboordjiespan. Geen botter kan in enige van die middagbroodrugsakke gevind word nie, en ook amper niks konfyt nie! Maar hierdie groep meisies is IN BEHEER, en kry dit maklik reg om die hele groep te verkul, met hul toegeplakte broodjies en dik maaskaas. Niemand het die verskil agter gekom nie! N\u00e1 die heerlike middagete gemaak en ge\u00ebet is, kom Riaan v.d.D. egter daar aan met \u2018n middagete-rugsak oor sy skouer. \u201cEk het hierdie sak vandag gedra. Het julle dit dalk nodig?\u201d Gelukkig was almal darem nog in \u2018n goed genoeg bui om te kan insien dat dit eintlik gaaf was van hom om die rugsak nie te gee nie, want nou spaar ons botter en konfyt!<\/p>\n<p>Omstreeks 15:30 stap ons Stilbaai se karavaanpark binne. Die WONDERLIKE badkamers, met die te\u00eblvloere, glasdeure en heerlike warm water word deur ieder en elk gewaardeer, veral die wat staptoere soos die Drakensberge en Oorlogskloof vars in hul geheuens het. Net voor \u2018n heerlike aandete word daar, getrou aan die vorige aand se demonstrasie, ywerig geskiet, want die aand het alle potensiaal vir \u2018n GREAT slee. Die weer het egter ander planne. Toe die eerste druppels val het die goed-geoliede masjien wat die BTK is, onmiddellik in werking getree, en het elke lid sy spesifieke plig nagekom om te sorg dat geen toerusting nat word nie. Of eerder, die meisies het rondgestaan (uit die re\u00ebn uit) en gekyk na die ouens wat sopnat word terwyl hul BTK-toerusting uit die re\u00ebn uit skuif. Daar is nie net gekyk nie, maar ook heerlik gebespreek: elke ou wat verby die kostent geloop het is deur tientalle o\u00eb uitgekyk en deur reekse verskillende sisteme ge\u201drate\u201d. Dit was \u201csweet revenge\u201d: nou weet julle hoe meisies op die strand voel! Re\u00ebn sal egter nooit ware BTKners afskrik nie, en daar word in die kostent, army-tente, bus en trok gekuier, gesing en kaart gespeel. Spesiale vermelding word hier gemaak van Koos, wat IN DIE RE\u00cbN oopgemaak het, omdat \u2018n paar BTKners lekkertjies nodig gehad het om die kuiery nog lekkerder te maak. Met die vooruitsig van \u2018n oorstaandag na net een dag se stap, is almal lekker lui.<\/p>\n<p><strong>Vrydag\/Dinsdag die 27ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cOns weet nie wat op ons wag nie, maar ons mag nie daaroor lag nie\u201d &#8211; Madri, in \u2018n \u201crap\u201d wat sy gesing het vir eerstetoeris-items.<\/p>\n<p>Ons eerste oorstaandag van die toer. Ons word eers halfagt wakkergeskree. N\u00e1 \u2018n heerlike ontbyt word die eerstetoeriste verwittig dat hul die \u201centertainment\u201d vir die aand is. Die gevreesde WRAAK sal vanaand plaasvind\u2026 Raelize Loubser &amp; Co. leer vir die verwarde (en effens benoude!) groep nuwelinge \u201cDe Magtige Koning\u201d aan, en dwarsdeur die dag kan gedempde \u201cKonings\u201d in allerhande (soms valse) stadiums aangehoor word.<\/p>\n<p>Die dag word verwyl in allerhande vorms van sport. Dis \u2018n koelerige dag, wat beteken dat jy heeltyd kan aanhou rondhardloop, wat \u2018n marathon volleyball-sessie tot gevolg het. Touchies en jukskei kry ook \u2018n beurt, en daar word natuurlik met oorgawe geswem. Baie van die BTKners haal ook verlore eksamenslaap in: daar is niks soos \u2018n bed in \u2018n tent op \u2018n bewolkte dag nie.<\/p>\n<p>Net te gou vir die eerstetoeriste is dit aand. Op \u2018n benoude hoop sit die 55 aspirant-BTKners. Onder leiding van Andy Robyn lewer die \u201ceerste \u2018peanuts\u2019\u201d egter items wat die res van die BTK van histerie tot walging gehad het. Stefan Esterhuizen en Johann \u201cGroottoon\u201d van Zyl as die monster Fluffy, het almal in histeriese lagbuie gehad, veral die unieke optrede van die maag van die gedierte. Ripley\u2019s Believe it or Not, aangebied deur \u201cDihaan Kaan\u201d (Leon du Toit) het ook vele treffers gelewer: \u201cDe udder Woman\u201d (\u201cBeter as 6 van die bestes\u201d), Rofti, die 5-been perd, die Super-duper-Biciflex (gedemonstreer deur \u201cdouble-u-pee\u201d) en die grootste sandkorrel ooit. In die gesamentlike eerstetoeritem was die held Kaptein Koos (Sybrand de Vaal), wat die Murray-De Villiers-Hendriks-sleeppilresep van die Taliban moet Gedurende hierdie reddingspoging is die wenner van die toer opgelewer: spattende bloed, in die vorm van \u2018n baie entoesiastiese Christiaan Jordaan, in \u2018n baie rooi baadjie.<\/p>\n<p>Oor die WRAAK word daar niks ges\u00ea nie\u2026Behalwe dat dit die eerste keer was wat \u2018n eerstetoeris dit met \u2018n swemkeppie aan tegemoetgegaan het\u2026<\/p>\n<p>Na die soetheid van die Wraak het almal as volwaardige BTKners terug in die slees geklim. Aangesien daar nie op Galas gehekel word nie, het Coos Diener die slim plan gekry om dit vervang met \u2018n Spykertoekenning, vir die skerpste opmerking van die dag, en \u2018n Dummietoekenning, vir die \u201cblindste\u201d opmerking van die dag. Colyn M. en Ilse Bruwer was, onderskeidelik, was die eerste ontvangers van hierdie gesogte toekennings.<\/p>\n<p><strong>Saterdag\/Woensdag, die 28ste<\/strong><\/p>\n<p>\u2018Quote of the day\u2019:<br \/>\n\u201cMaak soos \u2018n dame en l\u00ea\u201d \u2013 Stefan Bothma (niemand weet werklik wat met hierdie bizarre opmerking bedoel is nie\u2026)<\/p>\n<p>Ons word 6:00 wakker gemaak, en dis \u2018n heerlike, sonnige, windstil dag. Vandag moet daar die kort endjie Jongensfontein toe gestap word, en die dag se stap begin met \u2018n keuse tussen deur die dorp stap, of oor die mond swem. Vervloe\u00eb BTK-dae word teruggebring deur Raelize&amp;Co. wat rooi-en-wit rompe, en BTK khaki hemde aantrek. Hierdie kuise klere, wat wys dat BTK-meisies net so kuis, konserwatief en hubaar is soos van ouds, trek baie aandag onder die nie-BTKners verby wie daar gestap word.<\/p>\n<p>Met Gamebreak word Evert Heyns se verjaarsdag gevier. Dis regtig sy verjaarsdag, en boonop sy 21ste een, en hy besluit om dit ordentlik te benut, want toe die meisies klaar gesing is, en kom om hom te soen, soen hy met oorgawe en mening terug! Dis nie aldag wat 67 meisies een en dieselfde man wil soen nie! Daar word daarna rustig aangestap, en hoe later in die dag, hoe beter raak die weer. Ons middagete op \u2018n huis se grasperk, en kom net voor 15:00 by Jongens aan. Die hitte veroorsaak impromptu mini-watergeveg, en Koos se koeldranke verdwyn soos tentpenne in los sand.<\/p>\n<p>Colyn M. moet die middag teruggaan om die bus te gaan haal. Hy voel hy moet egter die tradisie voortsit (laas Gala het hy \u2018n parkeermeter met die trok omgery) en die keer ry hy \u2018n nuutgeboude, pasgeverfde muur om! Gelukkig word net die bus se flikkerligbedekking beskadig.<\/p>\n<p>Jean d.V. en haar kokke laat nie op hul wag nie, en aandete is al teen 18:00 gereed. Aankondiging van aandete gaan tepaard met \u2018n baie entoesiastiese aankondinging van \u201cBring julle borde en kom que! Damesskiet vanaand!\u201d deur die kosma. Juliana Groenewald sien hier haar kans, en stel haar visier op Johann van Niekerk, wat besluit hierdie is sy kans om in \u201cdemand\u201d te wees, en vinnig weghol. Dit lyk nie asof Juliana \u2018n kans sal h\u00ea teen Johann se lang bene nie, totdat die dames begin saam staan, en hom afkeer aan die een kant, wat Christine Fourie die kans gee om hom te trip. Juliana kry hom toe geskiet, en dit gee Johann die beste slee van sy lewe. Selfs al is daar \u2018n minderheid van mans op die gala, doen BOM (Buro vir Onopgeisde Mans) goed besigheid, en loop Oom Jurgens ooral rond, besig om mans aan dames te verpand. En dit laat almal wonder: hoe presies h\u00e9t hy vir Tannie Helen gekry..?<\/p>\n<p>Vanaand is die mense opge\u201dpsych\u201d vir slee, en 19:15, terwyl dit nog helder dag is, is almal in die slees, toegewoel onder slaapsakke, en hard aan die kou aan sleepille. Corn\u00e9 v.D. geniet heel duidelik sy nuutgevonde vryheid (hy is nou Algemene Oggend Assistant), en item net te lekker met sy melaatse kopkole. Frikkie die padda in die BTK poppekas maak ook sy opwagting: as daar enige 5-jariges daardie padda gesien het, sou hul nou \u2018n absolute fobie vir paddas gehad het! Verder is daar hope nuwe items, waaroor die oud-toeriste maar net te bly is, want Koud-koud-koud en K-K-Kaptein is net snaaks tot op \u2018n punt! Spattende bloed maak weer sy (haar?) opwagting, die keer in die vorm van \u2018n erg entoesiastiese Mia W. en Christa G. Na 2 ure se harde itemry word daar halt geroep en godsdiens gehou. Flippie Jordaan wys dat daar meer in hom steek as net trokke rondry, en die twee tamaai groot visse wat hy die dag gevang het word gebraai, en is net reg toe \u201cnag dames\u201d aangekondig word. Die hele BTK smul net te lekker aan die \u201cmidnight snack\u201d. Meeste mense is egter nie regtig moeg na die dag nie, en met die vooruitsig van nog \u2018n oorstaandag die volgende dag, word daar weer gaan swem, stap en gesing op die strand, tot laat.<\/p>\n<p><strong>Sondag\/Donderdag, die 29ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cI give you the BTK virgin, ag, version\u2026\u201d \u2013 Johann Van Niekerk, toe hy \u2018n item aankondig.<\/p>\n<p>Dis Sondag in die BTK, en dus \u2018n oorstaandag. Ons word 8:00 eers wakkergemaak deur die feetjies en kaboutertjies en stomende koppies koffie met net die regte hoeveelheid suiker. N\u00e1 oggendete het ons kerk, gelei deur Ilse Brand, en daar word gepreek deur Oom Jurgens. Onder die koeltebome kon ons sing, bid en getuienis lewer, in \u2018n gewyde atmosfeer soos wat \u2018n mens net in die natuur kry.<\/p>\n<p>Na kerk word die Stap Nou! uitgedeel! Die BTK lyk meer intellektueel as wat dit nog ooit gelyk het, met \u2018n 120 BTKners wat ooral op die gras rondl\u00ea en lees. Daar word ook rondgesit en gesels, gekuier en geswem, maar dit alles is net \u2018n poging om die tyd vinniger te laat verbygaan tot SONDAGMIDDAGETE! Daar word heerlik ge\u00ebet, en daarna vind die \u201cannual\u201d pitspoegkompetisie plaas. Johann v.N., die heersende kampioen, is in beheer van verrigtinge, en die baan word netjies afgemeet, sitplekke aan die kante word aangewys aan toeskouers, en die re\u00ebls word uitgel\u00ea en verduidelik soos nog nooit van te vore nie. Die deelnemers (spoegers?) is duidelik by die \u201cpeak\u201d van hul oefenprogram (daar is vroe\u00ebr die oggend met stukkies wortels geoefen) en die toeskouers \u201coe\u201d en \u201ca\u201d op net die regte plekke. Johann v.N. wen verspoeg sonder \u2018n hop, terwyl Dawie Malan eerste kom by verspoeg met \u2018n hop. Maria Boucher wen by die dames.<\/p>\n<p>Na die welkome verposing rondom die pitspoegbaan, voel almal reg vir Elsa. Corn\u00e9 v.D., Coos D. en Colyn Hendriks lei almal in Elsa-opwarmingsoefeninge, en kry dit reg om 115 mense soos idiote te laat lyk. Colyn M. stel nuwe re\u00ebls in: as die ouens \u201cseconds\u201d wil h\u00ea, moet hul by hul eerste skeppe \u2018n Tarzankreet gee. Dit verskaf baie plesier, aan beide kreetgee-er, en kreetaanhoorders, en Pluto wen onoffisie\u00ebl met die beste kreet, terwyl Johann v. N. spesiale vermelding kry vir kreatiwiteit. Na Elsa l\u00ea almal uigepaas rond, in verskillende grade van lyding na daar met oorgawe ge-ooreet is. Ralph van Niekerk ly duidelik na sy ontmoeting met die bekendste (berugste?) van alle BTK-meisies.<\/p>\n<p>Die middag word verwyl in slaap, kuier en swem. Wagtend op aandete (hou die mense NOOIT op met eet nie???) maak \u2018n massale streelperseel op, met \u2018n rekord 47 insittendes. Aandete word gevolg deur bondelslee (?) waar daar weer bloed spat, slee-\u201cwaves\u201d gemaak word en, soos gewoonlik, histeries gelag word. Die Spykertoekenning gaan die aand aan Colyn M. en Jean d.V., wat dit reggekry het om \u2018n Donderdag soos \u2018n regte egte Sondag te laat voel.<\/p>\n<p><strong>Maandag, Vrydag. die 30ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cHy\u2019t \u2018n sadistiese streep in hom. Hy hou daarvan om meisies te brand\u201d \u2013 Oom Jurgens, oor Corn\u00e9 v.D., wat die papbakkies so vol skep dat dit mors, en die meisies se hande brand.<\/p>\n<p>Die oggend is ons almal vroeg op, uitgerus na \u2018n heerlike oorstaandag. Die walaaiers verrig wondere met die pak van die trok, en kry al die ekstra water ingepas (die aand se staanplek sal geen water h\u00ea nie). 8:30 is ons oppad, onder bewolkerige hemele, en met \u2018n gevoel in die lug wat bedompigheid voorspel. Na \u2018n uur se stap, kondig Colyn M. \u2018n rus aan, en word die bamboese, wat in oorvloed rondl\u00ea nadergegryp . Met oorgawe en entoesiasme word daar getrompetter. Dit lyk asof Christa G. die beste is &#8211; die lawaai wat sy darem met \u2018n dooie stuk plant kan maak \u2013 totdat Petra Treurnicht haar opwagting maak. Nie net stof sy vir Christa G. uit met hoe hard sy kan blaas nie, sy kry dit reg om verskillende note te produseer! Christa G. word egter getroos met die wete dat Petra T. franse horing speel, en dus voorsprong gehad het.<\/p>\n<p>Die dag se stap is seker die mooiste van die hele toer. Wit strande, groot rotse, blougroen water en enorme, wit, sagskuim branders. Daar word gegamebreak by Die Spattende Rots, \u2018n plek waar enorme groot branders breek oor rotsplaatte. Groottoon wil wys dat hy \u201ctough\u201d is, en gaan staan op die punt van die rots, waar die mis van die brekende branders hom keer op keer laat verdwyn. Hy lyk baie indrukkend, veral die dele waar dit lyk asof hy net verskyn, totdat hy van die rots afgeslaan word, en hy baie van sy maagvelle verloor in \u2018n poging om droe\u00eb grond te bereik.<\/p>\n<p>Daar word aangestap, o\u00eb meer op die utsig as op die pad, tot by middagete. Met middagete verontagsaam die natuur egter Red Cross re\u00ebls, en word ons immer gewillige verpleegster, Liesbet Rossouw, aangeval terwyl sy Tone oopmaak. \u2018n Skerpioen knyp haar(ons sal maar nie se waar nie nie) en verseker dat sy in die vervolg ordentlik gaan kyk voor sy gaan sit!<\/p>\n<p>Daar word moedig aangestap, alhoewel die laaste bult amper \u2018n paar mense se moed breek. Kort voor die einde ruil Fillipe en WP van Zyl klere om, sal maar nie vra hoekom nie, en Jeanne-Marie Marais word amper daardeur ingeloop.<\/p>\n<p>Ons slaap by Blombos, alhoewel baie mense dink dit moet eerder Duwweltjiebos genoem word, vir die hoeveelheid \u201ckiller\u201d duwweltjies wat daar is, veral binne-in jou tent. Aandete is, soos altyd, heerlik, en die bondelslee vind plaas in die pad. Die items word ook beinvloed deur die duwweltjies. Klokkies wat gewoonlik \u201ctiengeliengelieg\u201d gemaak het, het skielik \u201ctiengelienge-OU!\u201d gelui. Kuala Lampur skilpaaie het ook snaakse gedaanteverwisselinge ondergaan, en onder Karen v.d.M. se invloed skielik Quakamali skilpaaie, en toe Kahlua Lampur skilpaaie geword. Nie dat enigiemand in elk geval die verskil sal weet nie..!<\/p>\n<p><strong>Dinsdag\/Saterdag, die 1ste<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cEk\u2019t hierdie paal nog nooit gesien nie.\u201d \u2013 lid van tentespan, op die sewende dag wat hul dieselfde tent opslaan<\/p>\n<p>Ons word 5:30 wakkergemaak vir die langste stap van die Gala: 19km Puntjie toe. Almal werk vinnig, en ons is 8:00 op die pad, sodat ons soveel moontlik harde sand.<\/p>\n<p>Almal stap ERG vinnig: \u201crumour has it\u201d dat ons in die eerste uur 7km gestap het. Of dit nou waar was of nie, is dit wel so dat ons ge-\u201cmove\u201d het. Dit was ook maklik om te doen, want die pragtige lang, wit, egalige strande, met die sand nog hard, was\u2018n lekker loop. Oppad word interessante dierelewe gewaar: \u2018n slang wat regtig baie soos \u2018n swart mamba gelyk het, sommer daar in die middel van die strand waar ons loop; \u2018n LEWENDIGE rob (die mense wat Agulhas Gala gestap het, het dit baie waardeer!); visse wat aan jou tone knibbel as jy in die water sit; en troppe vo\u00ebls, wat net kort vlieg, om\u2018n entjie verder neer te stryk.<\/p>\n<p>Ons middagete \u2018n warm middagete op \u2018n verdwaalde huisie se stoep, waar elkeen klein kolletjies skaduwee opsoek, want die verbrande velle van die vorige dae is sensitief vir die skerp son. Na middagete verlaat ons die strande, en stap bolangs tussen bossies, wat verbrande bene seer krap, tot by Puntjie. Daar moet ons oor die rivier kom. \u2018n Boot is gehuur om die lui-es en verkroktes oor te help, maar \u2018n groot klomp BTKners besluit dat \u2018n \u201cre-inactment\u201d van die gebeure by die Rooi See nodig is, en hul swem oor. Baie onderskat egter die krag van die stroom, en \u2018n klomp stemme was hees gegil voor Stephan Erasmus sy kop gelig het en gesien het dat hy besig is om terug te swem. N\u00e1 die rivier was daar omtrent net \u2018n halfuur se stap oor, maar die water was hoog, die sand was los, en die stap was swaar. Meeste mense kry harder sand deur in die persoon voor hul se spore te stap, en besef dat regtig baie van die BTKners loop asof hul paddavoete aan het.<\/p>\n<p>Ons kampplek is pragtig. Dis bo-op \u2018n duin met die mooiste uitsig oor die see. Dameskamp is definitief die beste, en elke tent word opgeslaan met sy deur wat oor die see uitkyk. Na twee dae se geen-geriewe voel baie BTKners baie vuil, en die aand word daar ywerig gebad onder die een kraan. Daar word ook vir die tweede keer \u2018n pouhok vir die dames gebou, op die rand van die duin, en met die mooiste uitsig oor die see.<\/p>\n<p>Die aand is dit komiteeslee. Verskillende komitees word saamgegooi, en die walaaiers maak al die meisies jaloers met hoe mooi hul die groenteskillers uitnooi na hul slee bo-op die trok. Die aand word \u2018n musikale aand, met verskeie koshuis-sergroepe wat hul opwagting maak, en ons word keer op keer beveel om te \u201ckyk na die maan\u201d. Meeste mense is egter maar moeg na die dag se lang stap (ons is immers gewoond aan reekse oorstaandae!), en is bly toe dit \u201cnag dames\u201d is.<\/p>\n<p><strong>Woensdag\/Sondag, die 2de<\/strong><\/p>\n<p>\u201cQuote of the day\u201d:<br \/>\n\u201cHierdie is my \u2018shoop-shoop girls\u2019\u201d \u2013 Johann v.N., as Elvis, terwyl hy wys na Petri d.P.<\/p>\n<p>Ons staan laat op. Of eerder, laat in vergelyking met die vorige oggend, want ons word 6:00 eers wakkergesing. Met ontbyt wag daar \u2018n verrassing: volstruiseier-roereier. Niemand kan s\u00ea ons het nie goed ge\u00ebet nie!<\/p>\n<p>Ons het \u2018n korter stap vir die dag, net omtrent 10km tot by Witsand. Met die oppakkery maak die re\u00ebn sy opwagting, maar dis van korte duur, en maak dat ons die son weer waardeer Dis \u2018n mooi stap, al langs die see af, maar met meer rotsplaatte as sand. Die laaste stuk het ons ook \u2018n sterk wind van voor gehad, vir die eerste keer op die toer. Maar tog, hoe nader ons aan Witsand kom, hoe vinniger stap almal, soos \u2018n klomp perde (of is dit nou donkies?) wat water ruik. Nie eens die sterk wind keer ons dat ons reeds voor middagete by die karavaanpark is nie. Daar was \u2018n paar baie onbe\u00efndrukte middagbroodsakdraers\u2026By die kampplek het die middagbroodjies vinnig die klomp brode verander in heerlike toebroodjies, en kon al die honger BTKners daaraan smul. Daar was ook \u2018n ekstra verassing: \u2018n sjokolade en koeldrank vir elkeen (sonder dat jy R5, 20 daarvoor hoef te betaal!).<\/p>\n<p>Na middagete is daar met oorgawe gestort en hare gewas. BTK-tradisies is verbreek deurdat daar skoon na die (mini)terrasch by Suzie\u2019s, die enigste restaurant op Witsand, gegaan is. Dis \u2018n effense re\u00ebnerige en koel aand, en almal sit rustig rond en kuier. Colyn M en Mia W. herleef hul kinderdae deur op die rondomtalies en klimrame, wat daar geplaas is vir KINDERS om op te speel, rond te klouter. Aandete is \u2018n bietjie later as gewoonlik, siende dat 120 gemarineerde varktjops gebraai moet word! Dis egter nie al nie. Ons kry heerlke poeding in die vorm van sjokoladekoek en roomys.<\/p>\n<p>Ons laaste aand is \u2018n bondelslee. Die beste items van die gala word herhaal, sommige met interessante veranderinge. Sal die BTK ooit weer \u2018n \u2018shoop-shoop girl\u2019 soos Petri d.P. h\u00ea? Kort voor lank se Colyn M. ons moet ons \u201cbande torsel\u201d en in die bed spring. Die wat egter voel daar moet nog met oorgawe gekuier word, kon die geselsery in die bus voortsit. Baie mense het dit gedoen!<\/p>\n<p><strong>Maandag, die 3de<\/strong><\/p>\n<p>Quote of the day:<br \/>\n\u201cDie BTK is die beste\u201d \u2013 ingevul op een van die evalueringsvorms<\/p>\n<p>Laaste dae is altyd hartseer. Ons het egter omtrent nie tyd gehad om hartseer te wees nie, so haastig was ons om op te pak. Ons toerleier moes die volgende oggend 8:00 in Vanderbijlpark begin werk, so ons kon nie tyd mors nie. Ons was gou-gou op die pad, die bus en trok, waentjie en karre ge\u201dload\u201d met BTKners en hul pakkerasies. Op die bus was dit \u2018n bietjie rustiger terug as wat dit oppad was, met meer mense het in verkillende stadiums van beswyming in die paadjies, teen vensters, of op vriende se skouers. Daar was natuurlik uitsonderinge: een groepie het iewers \u2018n swart cokie in die hande gekry, en daar is op Stellenbosch afgeklim met die snaakse kunswerke op gesigte, arms, mae, en ore. Partykeer moet mens net nie vrae vra nie\u2026<\/p>\n<p>Net te gou was ons op Stellenbosch. Daar\u2019s vinnig afgelaai, bagasie tussen al die hordes uitgegrawe, en \u201clift\u201dre\u00eblings georganiseer. \u2018n Klomp sou nog gaan vir \u2018n onoffisi\u00eble terrasch in die Spur, ander moes in karre spring om betyd te wees vir hul werk. Maar so tussen al die gejagery, tussen die baai s\u00eaery, en nommers uitruilery, was daar in elkeen se hart so \u2018n weggesteekte hartseer. Dit was \u2018n ongelooflike toer, met wonderlike mense. Nege dae lank was ons heeltyd saam, en het ons deur mekaar en vir mekaar gelewe. En nou spat ons uit mekaar uit. Maar saammet daardie versteekte hartseer, was daar ook \u2018n versteekte troos. Dit gee nie om waar ons onsself hierna gaan bevind nie, in Vanderbijlpark of Hermanus, Switzerland of Ierland, daar is \u2018n band wat ons almal saambind. Ons is almal vir altyd deel van \u2018n ongelooflike familie, die BTK. En ons is almal vir altyd deel van die baie spesiale groep mense wat die 2001 Gourits-Witsand Gala gestap het.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Lisa Hendriks<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sondag die 25ste \u201cQuote of the day\u201d: \u201cHet jy \u2018n swembroek nodig om te swem?\u201d \u2013 Andr\u00e9 Vorster, in die verbyloop gehoor\u2026 Daar is met groot opgewondenheid uitgesien na hierdie jaar se gala. \u2018n Nuwe voorsitter, \u2018n ou-gunsteling roete en \u2018n rekordgetal toeriste, is daar net goeie dinge vir die gala voorspel. Die weer het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-852","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/852","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=852"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/852\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1138,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/852\/revisions\/1138"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=852"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=852"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=852"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}