{"id":862,"date":"2000-06-20T00:00:53","date_gmt":"2000-06-19T22:00:53","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=862"},"modified":"2012-01-04T00:05:31","modified_gmt":"2012-01-03T22:05:31","slug":"die-sneeukop-sneeu-toer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2000\/06\/die-sneeukop-sneeu-toer\/","title":{"rendered":"Die Sneeukop Sneeu Toer"},"content":{"rendered":"<p><strong>Vrydag<\/strong><br \/>\n<strong>Ry dag<\/strong><\/p>\n<p>Dat Baliesgatberg 2000 (soos dit op daardie stadium niksvermoedend bekend gestaan het) baie dinge, maar veral geweldig interessant sou wees, het ons sommer uit die staanspoor gesien.<\/p>\n<p>Eerstens was daar mans in oorvloed (die toer het begin met 11 meisies en 17 ouens &#8211; iets wat maar selde gebeur) &#8211; volgens Jean de Villiers sommer \u2018n buffet ete!<!--more--><\/p>\n<p>Tweedens was 16 van die 28, ingenieurs.<\/p>\n<p>17:00 het die BTK-ners al rustig rond gestaan en wag dat die lekker dinge moet begin gebeur. Of te wel, party was heel rustig, ander het rondgehardloop opsoek na sponsies, proviant, mense of sommer net uit pure opgewondenheid op en af gespring en almal luidrigtig en entosiasties gegroet. Dat Hendrik Redelingshuys nie weggehardloop het toe Minette van der Merwe, Jean en Elizabeth Rossouw op hom afgestorm het om met hom kennis te maak nie het bewys dat hy senuwees van staal besit en nog \u2018n waardige BTK-ner gaan word.<\/p>\n<p>18:00 het ons spookmaatjie Karoline nog nie opgedaag nie, en val ons maar in die pad.<\/p>\n<p>Sy weet nie, weet nie, wat sy gaan mis nie, mis nie\u2026<\/p>\n<p>Net om etlike sekondes later \u2018n nalende, uitasemde Casper Steenkamp op te tel wat die tyding bring dat een van die karre nie wil vat nie.<\/p>\n<p>18:15 dreun ons weer die Neelsie parkeerterrein uit &#8211; Bottelarypad se kant toe en maak 18:20 \u2018n 180 grade draai.<\/p>\n<p>Luide kommentaar word in goeie gees in die kombi rond gegooi van: kortste toer in BTK geskiedenis na navrae na die welstand van die voorsitter kompas.<\/p>\n<p>En al laggende soos dit \u2018n klomp BTKners op die vooraand van \u2018n nuwe opwindende toer betaam, vat die konfooi uiteindelik die pad Koue Bokkeveld toe aan.<\/p>\n<p>Op Ceres word daar uitgespring en kos gekoop dis ook net hier waar ons die eerste tekens van koue ervaar &#8211; die voorsitter so ogies blink as hy kom vertel dat daar bietjie sneeu gaan wees om in te speel.<\/p>\n<p>Dis al donker, of so donker as wat die maan dit toelaat, toe ons na \u2018n stukkie grondpad uiteindelik stop.<\/p>\n<p>Die grond lyk bra hard en klipperig maar ons word vriendelik ingelig dat ons \u2018daar anderkant op \u2018n cool plek\u2019 naby \u2018n lekker riviertjie slaap.<\/p>\n<p>Naby is toe wel naby \u2018n riviertjie- selfs bietjie baie naby, en Carel van Dyk besluit dis sommer nou \u2018n goeie tyd om sy skoene nat te maak (aspris natuurlik) in die water ploeggery om \u2018daar anderkant\u2019 uit te kom.<\/p>\n<p>Daar word vroeg ingekruip en almal wat nie weens Ingenieursweek uitputting onmiddellik slaap nie le nog met opgewonde verwagting na die kring om die maan en kyk.<\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong><br \/>\n<strong>Dag 1<\/strong><\/p>\n<p>Saterdagoggend word ons bitter vroeg wakker gemaak maar om op te maak daarvoor het die bestuur gereel vir die mooiste sonsopkoms. So mooi dat daar summier kameras uitgehaal word en dit in \u2018n volskaalse fotosessie ontaard.<\/p>\n<p>Hannelie Morris en Marthe du Plessis het gedurende die nag begin siek voel en het besluit om maar eerder met die karre saam huis toe te gaan. Tot die groot spyt van die hele groep &#8211; behalwe Colyn Murray, die wil net weet of hy hulle kos kan kry!?<\/p>\n<p>Ons verloor ongelukkig vir Marthe en Hannelie, maar wen Fransoa Fourie en Riaan Doorduin (nog twee ingenieurs &#8211; en Jean se ogies blink net al hoe meer!<\/p>\n<p>Met die son wat weer die lig verhelder kyk ons Sneeukop vas in die oe, \u2018n ongelooflike uitsig wat asems wegslaan.<\/p>\n<p>Daar word weer name geleer &#8211; hierdie keer in die daglig, en \u2018n groot geselsery begin.<\/p>\n<p>Die windjie is maar skraal toe ons met die stappery begin en 09:00 wag ons by \u2018n huisie vir die bestuurders om by ons aan te sluit.<\/p>\n<p>Die ET maak ook hier die eerste (en enigste) keer met die Wraakliedjie kennis, maar hulle is nog bietjie in die war oor wat moet gebeur en wat moet kom en Esther Stravropoulos wil net weet wat nou eintlik aan die gebeur is.<\/p>\n<p>Daarvandaan stap ons deur bossies wat ongelooflik lekker ruik, en net vir afwisseling vaar ons deur lekker modderige moerrasse, waar tannie Helen wil weet hoekom \u2018n mens dan \u2018n man het as hy jou nie oor sulke plekke kan oordra nie?<\/p>\n<p>Die oggend is die weer regtig mooi, en ons hou Gamebreak by \u2018n groepie bloekombome waar daar ook ordentlikheidspraatjie of die \u2018Skeiding van Veranderlikes\u2019 soos herdoop deur die voorsitter, gehou word. \u2018n Sterk \u2018Koning\u2019 volg, alhoewel die meisies nou regtig in die minderheid is. Almal is maar nog effens nuut in hulle poste so daar word nog rond geskarrel op soek na alles en Esther se planne om die reunes te besoek word wreed ontnugter toe Manskamp daai kant toe aangewys word.<\/p>\n<p>Na Gamebreak se stap is dit erg wind van voor en optraende, maar met Corne voor en George Murray agter, ploeg die res van ons maar die berge op, behalwe Jean en Fransoa, die hardloop op en af en speel speletjies. Daar word egter groot gesels soos die mense mekaar leer ken: oor oorloe en eer, skoene,voertuie, vliegtuie en duikbote, Mata Hari en Hara Kiri en groot monsteragtige kern paddas wat stapper eet.<\/p>\n<p>Middagete is in \u2018n windstil skeur met die mooiste uitsig en terrasse. Alles gaan heel goed behalwe dat groepie 1 nie hulle grondboontjiebotter wil deel nie.<\/p>\n<p>Corne moedig die mense aan met die woorde dat die slaapplek vir die aand (net onder Sneeukop) darem nie meer so ver is nie want die wind waai erg en dis koud. Met vol magies beur ons verder met die mooiste wolkvormasies wat aangerol kom.<\/p>\n<p>By die kampplek is dit al toegetrek en die wind waai. En die wind waai. En die wind waai.<\/p>\n<p>Tente word aan berge geanker vir ingeval, want die grond is erg hard en weier enige tentpen toegang. En die wind waai. Dis heerlik binne die tente maar die oomblik wat jy jou kop by die flap uitsteek is jy maar erg dankbaar jy dra nog nie valstande nie.<\/p>\n<p>Kos word gemaak en vinnig geeet, en groepie 1 en 2 het besluit dat dit \u2018n kwessie van oorlewing is die, so daar word styf op mekaar gesit. Wie\u2019t gese jy moet koud kry?<\/p>\n<p>Tog kan jy nie BTK-ners se gees demp nie en daar word \u2018n stryd tot die dood toe geveg tussen Darth Vader en Luke Skywalker (ala Ralph van Niekerk en Jurie Swart en hulle flitse) en die eerste toeriste gaan baklei moedig met die ysbeerjies om die blikke te was.<\/p>\n<p>Dis te koud vir slee, so Hendrik sluit vir ons af met sy bekfluitjie terwyl die mis ons toevou, die wind om ons huil en God ons toemaak met Sy hand.<\/p>\n<p><strong>Sondag<\/strong><br \/>\n<strong>Dag 2<\/strong><\/p>\n<p>Ek kan nie die skeiding tref tussen Saterdagaand en Sondagoggend nie. So saam met die wind, sneeu en ys het die een uiteindelik die ander uitgeskop. Daar is styf in tente gele en luister hoe die wind die tente ruk asof hy jou nie daar wil he nie, die agteraf stemme van jou tentbure, die stadig nat word. Die wind wat aanhou.<\/p>\n<p>Wat onthou ek van Sondag? Wat sal ek vir altyd en altyd onthou?<\/p>\n<p>Riaan Doorduin se kaal bene en sy teemus.<\/p>\n<p>Vingers wat net nie wil werk nie, al probeer jy hoe.<\/p>\n<p>Die gevoel van wollerige tande, want jy gaan wraggies nie nou jou tande borsel nie!!!<\/p>\n<p>Jean en Minette wat \u2018Just a spoon full of sugar\u2019 en \u2018n weergawe van \u2018Ons hoenderhaan\u2019 sing.<\/p>\n<p>Corne wat in die storm by almal omkom om seker te maak dat al sy kuikens nog reg is.<\/p>\n<p>Die ouens wat so koud kry dat hulle tande klapper en steeds vir die meisies koffie in hul tente bring.<\/p>\n<p>Jean se groot-groot blou oe wanneer sy sukkel met haar ritsluiters.<\/p>\n<p>Almal wat help.<\/p>\n<p>Tannie Helen wat se opgewondenheid oor die sprokieswereld waarin ons wakker te word.<\/p>\n<p>Die sneeu wat wit le op alles.<\/p>\n<p>Die eenkant ys op die gebrande proteabosse.<\/p>\n<p>Die rye BTK-ners wat mekaar warm hou.<\/p>\n<p>Die ongelooflike venster uitsig op die valleie as die mis vir oomblikke oplig.<\/p>\n<p>Oom Jurgens se glimlag en vertroue.<\/p>\n<p>Corne wat teen \u2018n slakke pas stap om almal te laat byhou.<\/p>\n<p>Almal se besorgdheid.<\/p>\n<p>Ons volg \u2018n noodroete die berg af, en staan maar min stil. Ons vorder vinnig en eet \u2018n effense laat middagete by die dam. Colyn maak op vir die laat middagete en sit ALLES wat hy kan, (en nie kan nie) op sy brood, dis nou die tradisionele Bovril, kanongrease, stroop dan ook grondboontjiebotter, kasies, en vis. H\u2019m. En Groepie 3 het ingewikkelde Ching-Chong-Cha uitdun rondtes om die oorskiet blokkie sjokolade.<\/p>\n<p>Oom Jurgens en die bestuurder loop vooruit om die karre te gaan haal en te reel vir slaapplek vir die aand.<\/p>\n<p>Ons stap rustig aan tot dit by die grootpad aansluiting waar ons wag vir oom Jurgens-hulle. Die werkers het lekker gekuier die middag en keer op keer weerklink die liedjie:<\/p>\n<p>Ash al die windpompe dan brandy wil pomp, wie wil dan whaa-ter he?<\/p>\n<p>Hier en daar herken mens die wysie van Viva la Companjie. Ons geniet dit vreeslik, en Fransoa word net daar en dan afgevaardig om die ET te wys hoe om te Item met sy gewilde Lu-gwaan (likkewaan) Item, wat twee buitestaanders so aan die lag het dat hulle ampertjies nie kan ophou nie.<\/p>\n<p>Die karre kom en al die meisies (asook stokers en groepie leiers) word ingelaai en ons word heerlik aan gery na die wonderlikste, wonderlikste hut op Kunje. Met regte matrasse, TWEE badkamers en die wonderlikste van alles: \u2018n enorme vuurmaakplek en \u2018n stapel hout.<\/p>\n<p>Kos word gemaak terwyl ons wag op die kombi, groepie 3 het regte spek en Colyn is in die wolke.<\/p>\n<p>Elana Kok het haar knie weer seer gemaak, en gaan huis toe en Kari van den Dool word groepie 2 se kok, en kwyt haar baie goed van haar taak.<\/p>\n<p>Almal eet lekker en daar word gesing en gesels en groot bondelslee georganiseer.<\/p>\n<p>Die ET oefen dat dit bars aan De Magtige Koning &#8211; dis WRAAK vannaand.<\/p>\n<p>Alles gaan heel rustig (en salig warm en ontdooid) en daar is net slaapsakke wat druipend van die dak af hang &#8211; al hopende dat dit voor slapenstyd droog sal wees.<\/p>\n<p>Die ET se Items is uitstekend en veral hulle Amp\/Plek\/Moordwapen uitvoering word bitter goed ontvang. Verbeelding moet erg goed en entosiasme hoog wees om \u2018n moord wat deur \u2018n dominee met \u2018n houtlepel in MacDonald\u2019s gepleeg is so uit te beeld dat dit 8 mense later omgeskakel is na \u2018n skrynwerker met \u2018n saag in \u2018n bus. Die argeoloog, eselskakebeen (die voorsitter se idee) en sauna was net so goed gedoen en versteekte talente is onder die eerstetoeriste ontdek.<\/p>\n<p>Met hekeltyd word arme Maggie van der Merwe uitgehaal oor haar broek (broeke?) en skeure en so, en die reeling vir die opstaan 07:00 Maandagoggend het meeste luies onder ons minder gelukkig.<\/p>\n<p>Maar ons word verseker dat dit goed is vir ons &#8211; en almal gaan slaap gelukkig, warm en amper droog.<\/p>\n<p><strong>Maandag<\/strong><br \/>\n<strong>Dag 3<\/strong><\/p>\n<p>Die oggend staan almal op met die wonderlike wete dat jy nog jou tone kan voel &#8211; en die weer is \u2018n skoon oop.<\/p>\n<p>Hierdie keer beweer Casper Steenkamp dat hy soos \u2018n klip geslaap het en nie weer op \u2018n klip nie.<\/p>\n<p>Dis net JP du Plessis wat liggies ongelukkig is op so \u2018n mooiweersdag, die se buurman het so lekker geslaap dat hy sommer begin balke saag het &#8211; en niks wat JP doen kon hom laat ophou nie.<\/p>\n<p>Ons neem uiteindelik afskeid van Riaan en Fransoa (na \u2018n hele paar valse alarms is die twee darem finaal weg om te gaan swot &#8211; maar wie kan hulle kwalik neem?).<\/p>\n<p>Almal klim vandag Geelberg, dis nou behalwe die wat sleg voel of sleg is\u2026 en kort voor lank kronkel 30 BTK-ners (met \u2018n paar nekdoekies wat nog erg rooi is) Geelberg op, opsoek na boesmantekeninge.<\/p>\n<p>Daar word lekker \u2018los\u2019 gestap sonder rugsakke en die meisies geniet dit vreeslik.<\/p>\n<p>Dis \u2018n pragtige dag, en al wat rots is word geklim, al wat klip is oor geklouter al wat skeur is deur gebeur. Die hele dag deur sien mens vir Colyn en JP in die verte besig om gravitasie te fnuik.<\/p>\n<p>Bo-op Geelberg is die mooiste rotsformasies, en \u2018n ongelooflike uitsig met Sneeukop (nou mooi oop alhoewel plek-plek besneeu) daar doer.<\/p>\n<p>Riaan van den Dool is ons verjaarsdagmaatjie (\u2018maar ek verjaar REGTIG nie\u2019). Hierdie nuwe verwikkeling asook die gerusstelling dat daar altyd meer meisies as ouens op die Gala is, laat Hendrik finaal besluit om sy geboortedatum te verander en te Gala!<\/p>\n<p>Groepfoto word geneem bo-op Geelberg bo-op die koepel, wat die foto \u2018n geweldige indrukwekkende agtergrond gee, maar dit bietjie moeilik maak vir die fotograwe om ook op die foto te wees, alhoewel die 50m hindernis naelloop in rekordtye afle word deur George Murray en Jaco van der Walt.<\/p>\n<p>Corne en Colyn besluit Jean lyk te droog, haar gille bring \u2018n opgewonde Carel van Dyk wat tenminste boesmantekeninge verwag, maar wat kry hy? Net \u2018n nat Jean.<\/p>\n<p>Die res van die dag loop ons af en af en lekker af en gaan le soos \u2018n klomp uitgeputte, moee maar siels gelukkige studente aan die voet van Geelberg tussen die lemoen- en suurlemoenboorde en filofiseer oor alles, van meganies ontbeende pluimvee worsies tot die Studente Raad.<\/p>\n<p>Die voorsitter se gebruiklike STAP NOU word nie met baie entosiasme begroet nie, maar almal kom tog by die hut aan.<\/p>\n<p>Die res van die dag verloop baie rustig, daar word gebad (darem in koue water aangesien dit die BTK is) geswem in ongelooflike koue water, gesels, gesing, grappies gemaak en kos voorberei.<\/p>\n<p>Die toer is weens die sneeu met \u2018n dag verkort, so die aand word daar ge-orgie met al die oorskiet lekkergoed in die nagereg.<\/p>\n<p>Hannelie en Marthe is opgespoor en deel die laaste aand met ons.<\/p>\n<p>Ons slee die aand (die eerste en enigste slee aand van die toer) bietjie beknop, maar baie gesellig en die Items skitter.<\/p>\n<p>Eerstens is daar die reeks kroeg Items (met Ralph die Amerikaner, Lambert de Wet die Brit, Colyn die Boer en Corne die kroegman) wat ons liewe voorsitter hier na die 5de een terug slee toe laat slinger, Hannelie wat geslaan wil word die Amerikaner (van Tenissee) wat komkommer toebroodjies wil he, Ralph en Hendrik wat uitblink in \u2018Het jy my hondjie gesien?\u2019 en Maartin Kruger wat keer op keer terug geroep word om weer te kom Item. Oom Jurgens word ook ingespan in \u2018n hel\/hemel Item, en Jaap de Lange se skerp Pearly Gates of Bill Gates? Laat \u2018n paar ruk van die lag. Ter afsluiting lees oom Jugens \u2018n paar boerneef gedigte.<\/p>\n<p>Hierna word daar eerlik en opreg oor die toer gepraat, wat reg gedoen enfilofiseer oor alles, van meganies ontbeende pluimvee worsies tot die Studente Raad.<\/p>\n<p>Die voorse die Studente Raad.<\/p>\n<p>DiDie voorsitter se gebruiklike STAP NOU word nie met baie entosiasme begrsme begroet nie, maar almal kommbeg maar almal kotog &#8211; deel di &#8211; deel die laastDie toer is weens die sneeu met \u2018met \u2018n dag verkor\u2018n dag verkort, so die aand wordn dag verkort, so die aand word daar georgie met al die oorskiet lekkergoed in die nage, so die aand word daar georgie met al die oorskiet lekkergoed in die nagereg.<\/p>\n<p>Hannelie en Marthe is opgespoor en deel die laaste aand met ons, Carel gl- deel die laaste aand met ons dHannelie en Marthe is opgespoor en deel di deel die laaste aand met ons Eers (met Ralph die Amerikaner, Lambert de Wet die Brit, Colyn die , Lambe de die Boer e wat ons liewe voorsitter hier na die 5de een terug slee toe laat slinger, Hannelie wat geslaan wil word die Amerikaner (van Tennesee) wat komkommer toebroodjies wil he, Ralp , Hannelie wat geslaan wil wor die Amesee) ww \u2018Het jy my h\u2018Het jy my hondjie gesien?\u2019 en Maartin Kruger wat keer op keer terug geroep woret jy my hondjie gesien?\u2019 en Maondjie gesien?\u2019 en Maartin Kruger wa\u2019 en Maartin Kruger wat keer op keer terug geroep word om weer te kom Item. Oom Jurgens word ook ingespan in \u2018n hel\/hemel Item, en Jaap se skerp Bill Gates of Pearly Gat en Maartin Kruger wat keer Krwat keer op keer terug geroep woueroep word om weer te kom Item. Oom Jurgens word ook ingespan in \u2018n hel\/hemel Item, en Jaap se skerp Bill Gates of Pearly Gates? L\u2018n hel\/hemel Item, en Jaap sde Lange skerp Pearly Gates ose skerp Bill Gates of Pearly Gates? Laat \u2018n paar ruk van die lag.<\/p>\n<p>Ter afsluskerp Pearly Gates of Bill Gates\u2018n paar ruk van die lag. Ter afsluiting lees oom Jugens \u2018nPearly Gates of Bill Gates\u2018n paar ruk van die lag. Ter afsluiting lees oom Jugens \u2018n paar boerneef gedigte. oor die toBill Gates\u2018n pa?Laat \u2018n paar ruk van die lag.<\/p>\n<p>Ter afsluiting van \u2018n ongelooflike dag wat almal vreesl\u2018n pT\u2018n paar boerneef gedigte. oor die toer gepraat, wat isuens ernstig by Jaap weet wat heten 7 en 8 in din paar boerneef gedigte. oor die toer gepraat,<\/p>\n<p>Hierna word daar oor die toerHierna word daar oor die toer eerlik en opreg gepraat, wat is reg gedoen, wat is verkeerd gedoen, wat moet dieselfeerlik en opreg gepraat, wat is reg gedoen, wat is verkeerd gedoen, wat moet die oor die toer gepraat, wat isuens gepraat, reg gedoe en suurlemoeDes ontDDie sme bme begroet nie, maarbegroet nie, maar almal kom by die hut aan maar almal kom by die hut aan.<\/p>\n<p>Die res van die dag verloop baie rustig, daar word gebad (darem in koue water aangesien dit dietog Die toer is weens met \u2018n dag verkort, so die aand word \u2018n dag verkort- en drukkies en beloftes word uitgedeel en groot planne vir die reunie en groot Gala reklame word vinnig bespreek.<\/p>\n<p>So word die September 2000 toer afgesluit, almal bietjie nader aan mekaar, almal beter mense, almal vriende,\u2018n toer waar almal God se bewarende hand gevoel het.<\/p>\n<p>Maar wat kan mens anders verwag, dit is immers \u2018n BTK toer!!!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrydag Ry dag Dat Baliesgatberg 2000 (soos dit op daardie stadium niksvermoedend bekend gestaan het) baie dinge, maar veral geweldig interessant sou wees, het ons sommer uit die staanspoor gesien. Eerstens was daar mans in oorvloed (die toer het begin met 11 meisies en 17 ouens &#8211; iets wat maar selde gebeur) &#8211; volgens Jean [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-862","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/862","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=862"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":865,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions\/865"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=862"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=862"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=862"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}