{"id":872,"date":"1998-04-27T12:45:05","date_gmt":"1998-04-27T10:45:05","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=872"},"modified":"2012-01-04T12:54:16","modified_gmt":"2012-01-04T10:54:16","slug":"duiwelskloof-jonkershoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1998\/04\/duiwelskloof-jonkershoek\/","title":{"rendered":"Duiwelskloof \u2013 Jonkershoek"},"content":{"rendered":"<p>Die tweede naweekuitstappie van die jaar was \u2018n onvergeetlike mini-toertjie van drie aanliggende bergreekse rondom Stellenbosch. Die Saterdag oggend het \u2018n entoesiastiese groep van 11 die steil tog op in Duiwelskloof aangepak. Van die buitelanders wat saam was het wel benoud verneem dat daar nie trappe aan die bo-kant is nie. Bo is rugsakke eers agergelaat om Drakensteinpiek te bestyg. Daar is ons skielik omsingel deur miswolke en die aand se kampery (nadat ons die kompas moes geraadpleeg het voor ons dit gevind het) het in \u2018n koue, nat dog geselige atmosfeer plaasgevind. Veral pogings om in gebrekkige Duits met die uitruilstudente te kommunikeer het vir baie humor gesorg\u2026<!--more--><\/p>\n<p>Die volgende dag se stap deur die \u201cVallei van die Vlie\u00ebnde miere\u201d na die Banhoekberge het pragtige uitsigte opgelewer van plekke so ver uitmekaar as Gansbaai, Franshoek en Tafelberg. Easterkloof (parallel met Jonkershoek) is \u2018n ongelooflike ravyn met steil kranse, grashange en watervalle. So ook Banhoekkloof. Luiperdgrot was nat en dus nie geskikte slaapplek nie \u2013 daar is wel lekker gestort! Die sonsondergang oor Bloubergstrand in die verte was ook iets besonders.<\/p>\n<p>Maandag se roete af oor Banhoekpiek en die Katedraal was beide avontuurlik en skouspelagtig. \u201cAs jy hier val Jeanette, kom jy in die koerant by die huis\u201d Teuns Kok aan Jeanette toe haar rugsak probeer het om haar teen die afgrond af te stamp. Die \u201cbirds eye view\u201d op Jonkershoek het ons almal \u2018n nuwe perspektief op Stellenbosch en omgewing gegee. Die vyfster uitstappie het op \u2018n vreetsame noot geendig toe oom Dieter almal bederf het met koek in die teetuin.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Jeanette Wolhuter<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die tweede naweekuitstappie van die jaar was \u2018n onvergeetlike mini-toertjie van drie aanliggende bergreekse rondom Stellenbosch. Die Saterdag oggend het \u2018n entoesiastiese groep van 11 die steil tog op in Duiwelskloof aangepak. Van die buitelanders wat saam was het wel benoud verneem dat daar nie trappe aan die bo-kant is nie. Bo is rugsakke eers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-872","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/872","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=872"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/872\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":875,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/872\/revisions\/875"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=872"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=872"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=872"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}