{"id":876,"date":"1998-09-15T12:54:24","date_gmt":"1998-09-15T10:54:24","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=876"},"modified":"2012-08-16T18:26:39","modified_gmt":"2012-08-16T16:26:39","slug":"doringrivier-1998","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1998\/09\/doringrivier-1998\/","title":{"rendered":"Doringrivier September 1998"},"content":{"rendered":"<p><strong>Saterdagoggend, 12 September<\/strong><\/p>\n<p>Iemand moet dit dalk een van die dae op hom of haar neem om die BTK in te lig oor die feit dat dit glad nie die beste ding vir geesbou is om al 6:30 die oggend by die Neelsie te moet wees nie&#8230; Gelukkig vertrek ons net \u2019n kwartier laat en is ons betyds in Clanwilliam om sommer die nekdoekies vroegtydig te laat stempel. Die bus is stillerig, met die meeste plesier wat gekry word deur Wim se siel uit te trek oor dinge waaroor hy soos die graf swyg. Die bus laai ons by die beginpunt af waar ons eers middagete eet en die kos uitsorteer voor begin stap word. Die veld is maar vaal en uitgetrap vandag, elke nou en dan loop ons in \u2019n troppie boerbokke vas en Dick word die amptelike \u201cdraadsitter\u201d van die dag as hy elke keer die dames oor die drade moet help wanneer Wim so vra.<!--more--><\/p>\n<p>Ons hou ordentlikheidspraatjie en word gewaarsku oor slange, selonsrose en sleemaatjies en dan kom die eerste van vele \u201cDrie lekkers vir Elizabeth\u201d wat die arme mens se ore daar op Tygerberg seker laat tuit het!<\/p>\n<p>Die eerste moet-swem het feitlik almal in die vriesende water want die rapids lyk te lekker vir woorde al het die watervlak al heelwat gesak van die rekkie-tyd af. Nog \u2019n swemstop voor ons by die kampplek kom word nie heeltemal so goed benut nie, maar mense soos Hannelie en Keith (met sy swembroek wat vir Wim so geskok het) word deur NIKS uit die water uit gehou nie.<\/p>\n<p>Reinhald maak vanaand vir ons \u2018n heerlike vuur n\u00e1 aandete. Dit is nou nadat tannie Miems haar groepie eers moes op\u201dpsych\u201d om te eet, wat Daleen met die kos aangevang het bly \u2019n groepiegeheim&#8230; Daar is omtrent twee maal meer ouens as meisies op die toer, iets wat nie baie gereeld gebeur nie, maar Wim beskou dit steeds as sy plig om Hannelie se slee\u2019s te keur en elke aand by Martina se sleemaatjies te hoor of sy hulle van Jaco vertel het!<\/p>\n<p>Die Dorings (baie duidelik Groep 2) sing hulle bekendstellingsliedjie en Dick laat glip dat Wim nou \u201conder die duim\u201d is. Natuurlik glo niemand juis vir Wim toe hy sy persverklaring oor familiename uitreik nie!<\/p>\n<p>En o jinne! Aan die einde van die aand het ons chaperone \u00e1l haar dae om die Morris-M\u00f6ller, Van der Merwe-Meyer en Steenkamp-Browne slee\u2019s opgebreek te kry aangesien sy dan nou al wil gaan slaap&#8230;<\/p>\n<p>Sondagoggend kwart oor ses, beveel Wim ons om op te staan, hoewel dit ons eie keuse is wanneer ons wakker wil word. Dis Andrew se regte verjaarsdag en sy entoesiastiese gelukwensings (van die meisies) het \u2019n paar Eerstetoeris-manne maar lekker jaloers! \u2019n Vinnige stoppie voor gamebreak is om tannie Miems kans te gee om ons te laat Volkspele doen op die lekker \u201cKlipwerf\u201d van rotsplate nadat sy Nicol se baie modieuse sonbril afgerokkel het.<\/p>\n<p>Die eerste swem van die dag is by \u2019n inham met \u2019n pragtige sandstrandjie, ho\u00eb rotskranse, heerlike afspringklippe en ysige water, maar voor almal in kan spring, kom Keith en Colyn daar aan&#8230; Colyn het toe mos by \u2019n klip gaan afspring op pad, iets wat op sig selwers nie so noemenswaardig is nie, maar land toe in \u2019n pendoring. Die gevolg is dat daar nie eintlik kans is vir almal om op hulle handdoeke op die beach te l\u00ea volgens die toerleier se instruksies nie, want na \u2019n groot gespook het die doring eers omtrent teen middagete uit Colyn se voet gekom.<\/p>\n<p>Later die middag word die water al vlakker en daar word lekker water-resies gehou en water-touchies gespeel. Teen kampmaaktyd word daar besluit dat die kampplek aan die ander kant van die rivier baie lekkerder as aan d\u00ede kant lyk, daarom sukkel ons maar oor met die manne wat ewe gaaf die meisies se sakke oordra.<\/p>\n<p>Vanaand het die dorings van die Doringrivier hul eerste slagoffers ge\u00ebis en kom Wim se Leatherman en Tone se naald baie handig te pas. Daar is ook \u2019n massage-garage met tannie Miems wat gesmeek word om asseblief nie haar Wildtuin-ding te doen nie! (Keith se gesig gisteraand toe hy die gelukkige slagoffer was, was genoeg om enigiemand af te skrik&#8230;) En die verrassing van die aand: Colyn en Martina kom agter hulle is verlangse familie!<\/p>\n<p>Die Eerste-toeriste kwyt hulle baie goed van hulle taak onder leiding van Corn\u00e9 van Dalen en met Gys wat \u201cKoning\u201d by sy ma geleer het. So word die WRAAK ook oorleef en terwyl ons Hot Chocolate drink verdwyn die laaste van die wolke wat heeldag oor ons gehang en ons effens afgekoel het, spesiaal omdat tannie Miems haar tent opgeslaan het!<\/p>\n<p>Maandag stap ons eers \u2019n hele ent aan die verkeerde kant van die rivier voordat daar \u2019n lekker oorgaanplek gekry word. Dis redelik vlak en Wim hou broek bo water vir al wat hy werd is, maar gee tog later die stryd gewonne. Natuurlik is Carel ook by om almal \u201cvas te l\u00ea\u201d (op film natuurlik!) soos hulle deur die water beur. Die dag is verskriklik warm en toe ons kort daarna stop vir \u2019n moet-swem, is almal in die ysige water. Nie dat die swem \u2019n mens lank afkoel nie, want skaars vyf minute nadat mens weer begin stap het, loop die sweet \u2019n mens weer af.<\/p>\n<p>Met middagete los ons die rugsakke op die strandjie en klouter deur na \u2019n lieflike koel amfiteater waar die middaguur omgerus word. Die \u201cwaterval\u201d is net drie druppels \u2019n minuut groot, maar daar is ander dinge om ons te plesier. Soos Dick wat wyd en syd verkondig van die Wilgenhoffer wat sy huisdans-date genooi het om na sy nuwe ketel te kom kyk en Wim wat uiteindelik erken dat hy nogal \u2019n \u201cvinnige enetjie\u201d is&#8230;<\/p>\n<p>Net voor ons begin stap gee Sylvia se knie skielik probleme, maar sy protesteer so erg dat Wim dit nie regkry om haar goed uit te deel aan almal wat hom so pla wanneer hulle vooruitstap nie.<\/p>\n<p>Die laaste groot swem is by \u2019n dieperige poel met baie heerlike riviergras in&#8230;vreeslike grasgevegte vind plaas, maar dis Klaus wat vir homself \u2019n baie aaklige troudag bestel toe hy vir Wim pot net toe d\u00ede wil uitklim. En nog is dit het einde niet. Want Wim wil ewe gaaf \u2019n paar waterbottels gaan volmaak v\u00f3\u00f3rdat ons verder begin stap, maar n\u00e1dat hy sy klere en skoene aangetrek het. (On?)Gelukkig het ons almal \u201cniks gesien nie\u201d en kan geen stories oorvertel word nie! Nat-nat stap hy toe verder en ons vat die stowwerige voetpaadjie bo-oor die draai tot by die kampplek. Ons is almal dankbaar dat die dag se stap klaar is, en vannand aitem hulle dat die rook trek. Colyn wil nie \u2019n konyntjie met blas\u00e9 onder sy voete h\u00ea nie en Wim wend \u2019n moedige poging aan om te bly regopstaan met Tanne-tanne, maar steeds snork een van die bach\u2019es vreeslik hard in sy eensame slee&#8230; Met aandgodsdiens is daar \u2019n kriek of \u2019n ding in die bos wat s\u00f3 hard saamsing dat dat wanneer hy ophou, ons ook instinktief en verward ophou sing! Baie min tente is opgeslaan en ons gaan slaap onder \u2019n heerlike oop sterrehemel.<\/p>\n<p>Dinsdagoggend vroeg-vroeg besluit Nicol toe dis tyd vir swem, maar niemand anders wil hom volg nie! Dis nou nadat Dick en Wim ons wakker gesing het \uf0be \u2019n mens kan duidelik hoor watter een van die twee aan die Kraaie behoort. N\u00e9t nadat ons begin stap moet ons \u2019n ompad vat, want toe blaas daar mos iets vir Wim in die bosse en dit is iets waarvan hy nie so vroeg in die oggend hou nie!<\/p>\n<p>Voor gamebreak al gaan ons verby die river-rafters se plek, wat beteken dat Wim nou \u201cop sy eie\u201d is ons drentel maar net toevallig agterna! Die dag is WARM en STOWWERIG en dis net Rozelle se Super C\u2019s wat my aan die lewe hou. Selfs al word die jelly-babies in die heel donkerste hoekies van die rugsakke gepak, smelt hulle nog steeds in \u2019n jellie-massa saam. Met gamebreak stap ons oor \u2019n boer se plaas en d\u00ede is nie juis be\u00efndruk met ons nie, maar solank as wat daar \u2019n koue rivier naby is, is BTKners gelukkig. Pieter en Hannelie hou hulle beloofde swem-resies en Pieter is gelukkig om net-net te wen. Die borsslagnommer word deur Carel gewen aangesien d\u00ede soort swemstyl dit meer tot sy tipe swembroek verleen.<\/p>\n<p>Ons stap vandag minder langs die rivier, en meer op en af met klipbanke en hoog bo die rivier, wat ons \u2019n pragtige uitsig oor die groen water gee en ideale geleenthede vir groepiefoto\u2019s skep.<\/p>\n<p>Middagete word onder \u2019n groot boom gehou om skuiling teen die son te kry en nadat \u2019n dooie skaap in die water gevind is, word almal wat klaar lyf natgemaak het teruggestuur vir \u2019n \u201coorswem\u201d.<\/p>\n<p>Die versengende hitte veroorsaak dat \u2019n hele paar neuse aan die bloei gaan en dis veral Riaan wat kwaai sukkel. Colyn wil op \u2019n stadium net gou-gou binne dertig sekondes in en uit die water wees (vir hom is dit mos maklik), maar dit ontaard in \u2019n onbeplande swemstop toe niemand anders uitgeluit wil word nie! \u2019n Rukkie later (met die amptelike moet-swem) is daar \u2019n variasie op die tema van water-resies toe hulle besluit om te kyk wie die laaste gaan val. Met die tweede rondte word Colyn uit die aarde uit geduik toe Gys keer dat hy w\u00e9\u00e9r wen!<\/p>\n<p>En weereens is die beter kampplek \u00e1nderkant die die-keer-darem-vlakker water. Damesskiet betrap meeste mense onkant, maar op die ou einde is daar baie vermaak met Christine wat vir haar \u2019n dubbelslee skiet en Janine wat nie besef het sy kry vir Dick ook in die pakket as sy vir Wim skiet nie! D\u00ede twee is in elk geval baie opgew\u00f3nde om te hoor dat sy nog heelwat sleepille oorhet. En o goeiste, in die donker misgis Daleen haar toe met waar water en waar sand is \u2019n papnat bedryf is die gevolg.<\/p>\n<p>Toe weerlig begin val gaan slaan almal wat tente het dit gou op, maar niks hou ons weg van \u2019n lekker kampvuur nie. Dit is \u2019n warm aand en die aitems is skreeusnaaks; Wim s\u00ea ewe gebelg vir Andrew dat Koud-koud-koud darem ook nie s\u00f3 snaaks is nie toe Andrew hom slap wil lag daarvoor, en die nuwe Soutie en Boer-aitem is \u2019n groot treffer. Die Ballade van die Blikwasser met Gys wat voorsing en Janine wat passies uitvoer is pragtig, maar vir my is die hoogtepunt toe ons nie net vir Stephan in die rol van die Groot Pampoen inkry nie, maar daar sommer \u2019n dubbele punchline gegooi word met Werner wat as die Radys van die Paradys debuteer!<\/p>\n<p>Iewers in die nag begin dit toe re\u00ebn en Wim kom hoor ewe bedagsaam of almal in dameskamp \u2019n dro\u00eb slaapplek het. Later sou ons hoor dat hy en Dick ewe lekker in die re\u00ebn op die sandduine rondgehol het met net hulle Adamsgewade aan. Groot was Wim se skok natuurlik toe hy besef dat sus Hannelie die aand onder dieselfde seiltjie as hy deurgebring het&#8230;!<\/p>\n<p>Al d\u00ede fassinerende goed word Woensdagoggend aangehoor terwyl ons aan die regte kant van die rivier sit en wag dat almal oor moet beweeg.<\/p>\n<p>N\u00e1 tannie Miems se gebruiklike laaste-oggend toespraak is dit George se beurt om te verjaar, maar Daleen het al haar dae om hom makgemaak te kry vir vir \u2019n klomp soene wat hy seker is hy nie verdien nie. Die \u201cradysie\u201d staan ewe jaloers rond en laat val dat hy in die \u201cregte lewe\u201d op dieselfde dag as George verjaar, maar dit help hom net niks.<\/p>\n<p>Net voor gamebreak word ons aanges\u00ea om alles re\u00ebndig te maak en alle gamebreak kos op te eet. So staan en kou ons toe in nogal swaar re\u00ebn, maar \u2019n halfuur later het die blitse wat nog die hele oggend by ons was, opgehou, en stop ons weer om re\u00ebnbaadjies uit te trek en alle gamebreak koeldrank op te drink. Die stof is heerlik \u201cvasgere\u00ebn\u201d, maar vandag kan \u2019n mens aan die veld sien dat ons nou op plekke is waar mense meer gereeld kom. Orals l\u00ea die bewyse in die vorm van drade, glasstukke en sigaretstompies. Met die re\u00ebn verby word dit gou weer drukkend warm en selfs Colyn se voete brand effens wanneer skaduwee min word.<\/p>\n<p>Met \u2019n rus n\u00e1 middagete bring oom Leon \u2019n reuse skilpad daar aan wat van alle kante af besigtig word. Corn\u00e9 van Wyk word die Amara van die toer en toe Dick en Daleen amper \u2019n watergeveg begin, word \u2019n hewige debat uitgelok oor of ons vir 3 minute of 30 sekondes langer moet rus!<\/p>\n<p>Ons kom by \u2019n motorpad aan en toe ons die laaste keer rus en vir die slot wag terwyl ons \u00e1l ons water opdrink, raak Hendr\u00e9 so ongeduldig dat hy sommer vir Wim kom help opstaan. Ook maar goed, want Charl was in lewensgevaar waar hy so gerieflik voor Dick gesit en klippe gooi het&#8230;<\/p>\n<p>Met \u2019n oneindige opdraande en oneindige afdraande stap ons verder, want ons moet die bus vier-uur by die brug kry. Intussen word Klaus en Keith teruggestuur om Martina en Janine se sakke te gaan kry aangesien hulle twee (die ouens) veels te energiek is. Carel en Corn\u00e9 v D speel nog ching-chong-cha vir \u2019n kans om vyf minute lank \u00f3f rugsakloos \u00f3f met twee sakke te loop&#8230;mans darem.<\/p>\n<p>Uiteindelik kom ons by die Doringrivierbrug en die bus aan, en dis nou eers tien oor vier!<\/p>\n<p>Na \u2019n vinnige duik in die rivier (want dit is WARM en ons is DORS) en \u2019n entoesiastiese \u201cKoning\u201d kom ons daar weg en gaan na die Olifantsdam-restaurant vir hamburgers. Die Eerstetoeriste teken die boek en daar kry Corn\u00e9 v D toe sowaar sy ouers se name: nogal saam Eerstetoeriste gewees!<\/p>\n<p>Teen nege-uur trek ons Stellenbosch binne en word almal wat geslaap het darem betyds wakker gemaak om uit te kan klim. Sonder dat ons eers \u201cNog \u2019n toer is verstreke\u201d gesing het kom d\u00ede wonderlike toer tot \u2018n einde nou sal ek maar m\u00f4re-oggend \u2019n happie van my oorblywende muesli eet om daardie heerlike heimwe\u00eb gevoel te kry!<\/p>\n<p><strong>Toerlys<\/strong>:<br \/>\nWim Morris<br \/>\nCarel Cairns<br \/>\nDaleen Lordan<br \/>\nChristine Steinmann<br \/>\nMonr\u00e9 Meyer<br \/>\nHendr\u00e9 Jordaan<br \/>\nKeith Browne<br \/>\nMaria Magdalena Rossouw<br \/>\nKaren van der Merwe<br \/>\nKaren Steenkamp<br \/>\nHannelie Morris<br \/>\nRiaan Doorduin<br \/>\nColyn Murray<br \/>\nRozelle van Schaik<br \/>\nReinhald Pieterse<br \/>\nRichard (Dick) Barry<br \/>\nCharl M\u00f6ller<br \/>\nKlaus von Pressentin<br \/>\nPieter Kriel<br \/>\nCorn\u00e9 van Wyk<br \/>\nSilvia Ledever<br \/>\nGys Kooy<br \/>\nAndrew Inggs<br \/>\nGeorge Muller<br \/>\nCorn\u00e9 van Dalen<br \/>\nMartina Smit<br \/>\nNicol Carstens<br \/>\nJanine Wierenga<br \/>\nStephan Marais<br \/>\nWerner Schneeberger<br \/>\nOom Leon Louw<br \/>\nTannie Miems Swanepoel<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdagoggend, 12 September Iemand moet dit dalk een van die dae op hom of haar neem om die BTK in te lig oor die feit dat dit glad nie die beste ding vir geesbou is om al 6:30 die oggend by die Neelsie te moet wees nie&#8230; Gelukkig vertrek ons net \u2019n kwartier laat en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-876","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/876","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=876"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/876\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1942,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/876\/revisions\/1942"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=876"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=876"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=876"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}