{"id":886,"date":"1997-09-17T14:30:06","date_gmt":"1997-09-17T12:30:06","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=886"},"modified":"2012-01-04T14:42:14","modified_gmt":"2012-01-04T12:42:14","slug":"namakwaland-staptoer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1997\/09\/namakwaland-staptoer\/","title":{"rendered":"Namakwaland Staptoer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: center;\"><em>(Of te wel, die \u2018Pomp hom, Jacques!\u2019-toer.)<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>\u2019n Skinderstorie deur Rudolf de Haan.<\/strong><\/em><\/p>\n<p>[Baie dankie tannie Maretha Steinmann vir die lys name van \u201cdie meeste van die blomme\u201d wat sy gesien het, bylaag B, en die tik van die spontane liedjies se woorde, bylaag A. Die toertips verskyn aan die einde van die skets.<!--more--><\/p>\n<p>Ek kan nie s\u00ea of die aanloop tot \u2019n BTK-toer altyd s\u00f3 lekker verloop soos juis hierdie een nie, maar Christine Steinmann het almal tydens die toervergadering genooi om Vrydag-aand, 12 September, by hulle te kom koffie drink. Daarna het ons gesmul aan sjokolade koek met lemoenkonfyt-vulsel soos net Christine dit kan bak. Nadat Thalia Kruger gehelp is om die eerste \u201cbylaag tot die sangbundel\u201d te bind, het ons lekker gesing, en tannie Maretha en oom Dieter Steinmann het gou gewys dat, met hulle as toerouers, dit nie \u2019n sommer-so toer sou wees nie. Daar was maar enkele ure slaaptyd oor toe die laaste toeris daar weg is, want vertrektyd was Saterdag-oggend, vyf-uur.<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 13 September:<\/strong><\/p>\n<p>Kort nadat die bus vertrek het is die \u2018wie-doen-wat\u2019-toerlys uitgedeel en \u2019n informele uitkenningsparade het gevolg. Daleen Lordan was besonder gretig om te help vir daai tyd van die dag. Jacques Wasserfall moes die bus op die pad hou en is by elke geleentheid opgevul met boeretroos. Diegene wat wou slaap inhaal kon ook nie eintlik nie, want d\u00e1\u00e1rvoor het die bus te veel geratel.<\/p>\n<p>Net anderkant Citrusdal, het Jacques besef dat dinge begin skeef loop toe hy die koppellaar tot op die vloer moes intrap \u2018om die ratte te laat vat\u2019 &#8230; Christiaan Terblanche het s\u00e9lf al twee motors opgebou en kon die fout gou opgespoor. Met raad van oom Dieter het hy, saam met Wim Morris en Johan Thiart, die los koppelling terugwig in posisie. Dirk Uys moes die koppellaar binne-in die bus met die hand maneuver. Niks wat \u2019n paar ingenieurstudente nie met \u2019n tang en stuk bloudraad kan opfieks nie! \u2019n Uur-en-half later was ons weer oppad om te gaan blomme kyk tussen Kamieskroon en Garies.<\/p>\n<p>Dit was bloedig warm in die bus, en liters water het vinnig verdwyn &#8211; minstens die helfte is darem gedrink, toertip 1. Helena Marie (Piet) Theron het gesorg vir die eerste pak ys &#8211; wat gedeeltelik langs ruggrate af verdwyn het. Middag-ete was in Garies se Munisipale Woonwapark en daar was nog \u2019n paar uur se sit in die bus oor voordat ons op die plaas Bovlei aangekom het.<\/p>\n<p>Oeps! Dit was die verkeerde afdraai, maar omdraai was nie so maklik as wat dit gelyk het nie. Die grond het miskien droog en hard gel\u00fdk, maar dit was net totdat die Likkewaan (soos dieselfde bus reeds op \u2019n vorige toer gedoop is) dit behoorlik van die pad af gewaag het. Toe begin die uitgrawe en klippe pak, want al vier wiele het feitlik asdiepte weggesak in die waterige mulsand. Hans Hendrikse mis sy kinderdae darem baie, want selfs nadat die eienaar se seun, Thys, daar opgedaag het met die trekker, wou hy beswaarlik ophou grawe in die modder. Met genoeg gesukkel, en almal wat \u201cbaie hard\u201d help stoot, was die bus darem weer los.Saterdag-aand het ons eers n\u00e1 sewe begin kamp opslaan op die plaas Modderfontein &#8211; hmm &#8230; ons weet nou waar die naam vandaan kom! Dit was by \u2019n gerieflike sementblad, tussen \u2019n klomp populier- en peerbome wat naby \u2019n waterstroompie groei. Charl Schabort het by mevrou Beukes gehoor, dat die sementblad destyds gebruik is vir kerkhou, maar ook vir danse en ander byeenkomste.<\/p>\n<p>Die eerste aaitem van die toer was Jacques, Hans, Christiaan Steytler en Benjamin Stehr, wat David Kramer se \u201cBokkie\u201d (ek wil nie vi\u2019 jou jok \u2018ie), gesing het. \u2019n Bietjie later het hulle vir Daleen, \u2019n eie \u201cDaleentjie [soek \u2019n ou]\u201d gegee.<\/p>\n<p>Hekeltyd moes Jacques verduidelik waarom Monr\u00e9 Meyer se aanmoediging (om die koppellaar te trap): \u201cPomp hom, Jacques! Pomp hom!\u201d, eintlik \u201chaar\u201d moes wees. Blykbaar net \u201comdat [Jacques] die bus as vr\u00f3\u00falik beskou, dis al.\u201d Nietemin het die \u201cpomp hom\u201d-frase bly vassteek as die manier om daardie ietsie \u00e9kstra uit Jacques te kry. Goed dan: uit die bus te kry.<\/p>\n<p>Dominique Mernier, a french Belgian, saved the day for Jacques, when she pronounced his name with her strong french accent: 3a:k (phonetic, from the Oxford dictionary). Daleen wondered why he introduced himself as 3a:k to Dominique, and not d3a:k, as to the other [Afrikaans] ladies. \u201cFranse meisies ken die joie en romanse van kerslig-etes,\u201d was his answer. The follow-up question, \u201cWerk dit?\u201d, was answered by him, asking: \u201cDominique, what is my name?\u201d &#8230;<\/p>\n<p><strong>Sondag, 14 September:<\/strong><\/p>\n<p>Aangesien die kruin van Sneeukop op die vorige Namakwa-toer nooit bereik is nie, is daar besluit om dit hierdie keer \u2019n sekerheid te maak: \u201cmiddag-ete is bo,\u201d was die antwoord. Dagstapsakke is gepak met die nodigste en ons het die eerste \u201ckoppie\u201d van die toer aangepak. Aan die bo-punt van die eerste klipbank, was \u2019n massiewe rots met \u2019n grotterige holte daaronder, en genoeg ruimte aan die kante om in te kruip. Keith Browne, Christiaan Steytler, Benjamin Stehr en ek, het dit dan ook gedoen: so \u2019n kamma grotkruip-storie. Dit was \u2019n goeie klim vir die eerste stapdag en teen 1500m is Sneeukop een van die hoogstes in die omgewing, indien nie die hoogste nie. Die 360\u00b0 uitsig, vanaf die son se slaapplek tot by Ezelskop op die horison, was beslis die talle vingerafdrukke werd wat die bosse op ons gelaat het. Die wind het ook maar lekker gewaai daar bo! Toertips 2, 3 en 4. Teen half-vyf was almal onder en die kos vir die res van die toer reeds onder die groepe verdeel. Nadat die Likkewaan vir eers gegroet is, het ons vertrek. O ja, bevraagteken \u00e1ltyd iemand wat d\u00f3\u00f3dseker is dat dit is nie s\u00fd groepie se kossak is wat oorgebly het nie. Indien dit Monr\u00e9 is, neem tog die sak saam: hy sal dit wel later vermis, wanneer hulle die \u2018Game\u2019 begin soek.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n rustige, mooi stap tot by \u2019n beskutte kampplek teen die helling verby die plaashuis op Pendoringhoek. Blykbaar word die huis nie voltyds bewoon nie en die buitekraan teen die muur kon dien as waterpunt.<\/p>\n<p>Die groepie \u2018wraak\u2019-gieriges het ons vir oulaas herinner dat die aand \u2019n onvergeetlike een sou wees, en die eerste-toeriste het begin skarrel om aaitems saam te flans. Die \u2018Flink dink\u2019-paneel was een van die beteres: \u2019n filosoof (Viljoen Thom), Pierre van Zyl as \u2019n predikant, \u2019n bioloog (eintlik Dewald van Heerden), en Runine Visser as \u201ca lady who takes care of entertainment in the evening\u201d.<\/p>\n<p>Selfs met Stella Siqcau, Karen Steenkamp, Ren\u00e9 Potgieter, en Dominique as hul pratende \u2018buzzers\u2019, kon hierdie paneel egter nie \u2019n antwoord gee op die vraag: \u201cWat dink hulle oor die afskaffing van voorhuwelikse genadedood?\u201d, nie. (Daar word vermoed dat die \u2018quiz mistress\u2019 (Carryn Watson) die ander vrae reeds v\u00f3\u00f3r die aaitem vir hulle gegee het.) With a new version of \u201cDie Alibama\u201d, Jacques en Hans added to the BTK\u2019s treasure of songs. Jacques\u2019 \u201cMom I want a Women\u201d, left no doubt as to the characteristics of his idealized \u201cwoman\u201d.<\/p>\n<p>Hmm &#8230; al wat mens uit Monr\u00e9 gehekel kry, sover as dit sy \u201cpointers\u201d vir \u2019n slee saam met Karen van der Merwe aangaan, is dat die ou \u201cmoet sorg dat Karen haar hande b\u00f3 die komberse hou\u201d. Sy kan blykbaar \u2019n ou nogals moeg maak in \u2019n slee.<\/p>\n<p><strong>Maandag, 15 September:<\/strong><\/p>\n<p>Vandag was die eerste volwaardige stapdag, en sowat 16km het voorgel\u00ea. Die roete het vanaf Pendoringhoek verder oor die plaas gelei, met Pierre wat, snaaks genoeg, verras was om kort na die eerste \u2018Game-break\u2019 (ons stop om \u2018Game\u2019 te drink), uit te vind dat hy verjaar. Eintlik verjaar hy 31 Mei, maar wie tel nou? Die dames het in tradisionele BTK-styl gesorg vir die lekkerte van verjaar op \u2019n toer; die mans moes die balans handhaaf. Deur \u2019n koeikamp, met koeie en \u2019n bul wat ons wantrouig aangluur, het ons by die grondpad aangesluit. Die pad het ons later teen \u2019n styl bult uitgelei en elkeen kon teen sy eie pas bo kom. Ga! Dit was nes hoe Toffie Turner en Wim dit wou h\u00ea: terwyl \u2019n groepie ouens &#8211; met Viljoen aan die voorpunt, Christiaan T., Hendr\u00e9 Jordaan en ander agterna &#8211; teen die bult uit stoom, het h\u00falle-twee in die bondel bly rondhang om hul kans af te wag. Halfpad het hulle by ons verbygekom op \u2019n sleepwa agteraan \u2019n trekker! Later was Wim se verweer dat hy nie sy groep in die steek gelaat het nie: \u201c[hy] leer hulle om vir hulleself te dink\u201d. \u2019n Uur of wat n\u00e1 die \u2018Game-break\u2019 bo-op die bult, het ek besef dat ek nie meer my bril op my neus het nie (kan redelik goed sien daarsonder). Die eerste motor wat verbygekom het is voorgekeer, maar voordat ek nog kon vra vir \u2019n geleentheid terug, het die bestuurder genoem dat hulle \u2019n bril op die bult sien l\u00ea het en aangebied om dit te haal. Wonderwerke gebeur steeds.<\/p>\n<p>Later is middag-ete naby \u2019n \u201cpypwater\u201d-windpomp (water smaak die ene yster), onder \u2019n paar doringbome voorberei, toertip 5. Almal se streke kom na vore op \u2019n toer: Hendr\u00e9 het weer die neiging om goeters vol Bovril te drup en Wim se matrassak het deurgeloop. Die res van die dag se stap het geen noemenswaardige bulte ingehou nie en later is besluit om tent op te slaan aan die voet van Makwassieberg. Met aankoms word mens begroet deur twee poele water wat in \u2019n granietbank gevorm het, met Wilgerbome in die agtergrond &#8211; asemrowend mooi. Hier is drinkwater geskep en ook water om die ergste vuil af te was, toertip 6. Wie nou eintlik met die idee vorendag gekom het weet ek nie, maar steun is gewerf vir \u2019n \u2018skiet\u2019-staking om sodoende \u2019n dames-skiet af te dwing. Ongelukkig het Christiaan T. as toerleier vetoreg en het die voorstel te\u00ebgestaan. Miskien het hy reeds \u2019n \u2018slee\u2019 gehad, maar was nie so seker dat sy ook vir h\u00f3m sou skiet nie?? (Thalia was toe die \u201cwonderslee\u201d.) Om die kampvuur het Jacques en Hans gesorg dat Christiaan en Daleen bewus word van mekaar met \u2019n uitgebreide \u201cDaleentjie\u201d. Johanna Maritz, groep 3 se kok, moes saamlag met hul weergawe van \u201cJo-anna [give me hope]\u201d. Om die een of ander rede wou groep 3 nie Sondag-aand hul (gebrande) sop, en ertjies (van die grond af), eet nie. Ek moet byvoeg dat dit nie als h\u00e1\u00e1r skuld was nie.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 16 September:<\/strong><\/p>\n<p>Teen kwart voor agt was ons reeds onder weg; Teuns Kok en Jacques, reeds besig om te werk aan die volgende \u201cliedjie\u201d se woorde. Met afloop van die eerste \u2018Game-break\u2019 het Teuns, Jacques, Wim, Hans, Pierro Jonck en ander, ons dit as \u2019n spreekkoor aan Christiaan laat hoor. Ek dink hulle wou vir Christiaan T. paai, n\u00e1 die \u201cDaleentjie\u201d van die vorige aand. Middag-ete sou op Ezelskop genuttig word en ons het die eerste koppie met drif aangepak. Die koppies het stelselmatig ho\u00ebr en styler geword &#8211; diegene wat eerste die kruin van die sogenaamde \u201cgoeie oefenlopie vir Ezelskop\u201d (alias Wim) bereik het, het graag foto\u2019s geneem om die gradi\u00ebnt aan te toon. Hier het ons dan ook \u2019n \u2018Game-break\u2019 gehad en ek het van die geleentheid gebruik gemaak om die \u201cfasiliteite\u201d in manskamp te toets. Hiervoor was dit nodig om my Matie-penspakkie (\u2018Moonbag\u2019) af te haal.<\/p>\n<p>Omtrent \u2019n driekwart-uur se stap later het Elricka de Villiers \u201c\u2019n laagtepunt in haar lewe\u201d beleef: Johanna het vir haar ges\u00ea om oor \u2019n bossie te spring, maar Elricka het dit nie gemaak nie. Iemand het opgemerk dat sy \u201ceintlik \u2019n diep mens\u201d is en dit wou ek gou neerskryf. Skielik het ek besef dat my Matie-sakkie, met my notaboekie in, steeds l\u00ea waar ek dit laas afgehaal het. Ek het alleen teruggedraai om dit op die \u2018Game-break\u2019-koppie te haal, maar moes weer vrugteloos saam met Teuns terugkeer nadat hy my kom soek het, toertip 7. Die Namakwaland-son het sy tol begin eis en ek was moeg toe ek weer die agterhoede van die groep, aan die voet van Ezelskop, inhaal.<\/p>\n<p>Die uitsig vanaf Ezelskop word net deur di\u00e9 vanaf Sneeukop ge\u00ebwenaar. Nou kon ons weer vanuit \u2019n ander hoek terugkyk op die eerste dag se klim. Die son was warm en almal was redelik haastig om weer onder te kom, want d\u00e1\u00e1r het die belofte van \u2019n dam op ons gewag! Soos tannie Maretha tereg ges\u00ea het: \u201c[Ek was] darem \u2019n ongeluksvo\u00ebl,\u201d want oppad ondertoe het die stuk rots waarop ek getrap het losgebreek en op my enkel te lande gekom. Pynlik, aar niks gebreek nie.<\/p>\n<p>Hendr\u00e9-hulle was binne \u2019n driekwartuur by die dam op Ezelsrivier en die laastes het n\u00e1 omtrent \u2019n uur en \u2019n half gearriveer. Soon there were enough people in the water to organize a swim \u201cgala\u201d. Carryn Watson had to race against the men, since she was the only female participant. She didn\u2019t despair, but left them in her wake, just past the half-way mark! Little did they know, but not too long before, she had been swimming for Maties, and even gave her a head start.<\/p>\n<p>Sedert Saterdag, het ons gereeld gehoor van \u201c\u2019n verrassing\u201d wat Wim kwansuis vir die laaste aand gere\u00ebl het. Dit m\u00f3\u00e9s \u2019n truuk wees om stemme te werf, want hy sou op die komende bestuursverkiesing vir Voorsitter staan. Die \u201cgeheim\u201d het ook al uitgelek, maar dit was tog iets besonders om daar op die rotse te sit, en \u201cWim se\u201d maansverduistering te aanskou. Jacques-hulle het weer eens gesorg vir \u2019n nuwe liedjie (\u201cDie Namakalied\u201d), en \u2019n paar bekende aaitems het ook weer die lig gesien. Monr\u00e9 is net \u2019n ietwat k-k-kriewelrige k-k-k-kanon. Die dames van groep 3 het \u2019n liedjie aan die mans in hulle groep opgedra, met elkeen sy eie versie.<\/p>\n<p>Dominique summed up the general atmosphere at the end of any BTK-tour with a french song, the translation of which I will quote later.<\/p>\n<p><strong>Woensdag, 17 September:<\/strong><\/p>\n<p>Vandag kon ons tot \u201claat\u201d slaap, want dit was maar sowat 2km se stap tot by die plaashuis. Die bus het reeds daar op ons gewag het, danksy Jacques en Hendr\u00e9 wat dit die vorige aand reeds gaan haal het.<\/p>\n<p>Die rit terug het gouer gevoel, want dit was nie weer so warm nie, en \u2019n hele paar mo\u00eb lywe het dit toe o\u00eb aangepak. Tog het ons eers kort n\u00e1 agt weer op Stellenbosch aangekom en almal wat kon, het opgeruk na die \u2018Spur\u2019 vir \u2019n informele toer-afsluiting. Hier het ons \u2019n her-uitsending van Jacques en Hans se toerliedjies gehoor en hulle \u2018grand finale\u2019 was \u2019n \u201cToerskets\u201d van 15 verse.<\/p>\n<p>Om af te sluit, kan ek nie verbeter op \u2019n vertaling van Dominique se liedjie nie:<br \/>\n\u201cWho can sail a ship without a sail?<br \/>\nWho can row a boat without an oar?<br \/>\nWho can leave his friend[s], without shedding a tear?<br \/>\nI can sail a ship without a sail,<br \/>\nI can row a boat without an oar,<br \/>\nBut I cannot leave my friend[s] without shedding a tear.\u201d<br \/>\n(Vertaal uit die oorspronklike Frans, deur Dominique Mernier en Paula M\u00fcller.)<\/p>\n<p><strong>TOERTIPS<\/strong><\/p>\n<p>1) Drink \u2018te veel\u2019 water, wanneer jy in die bus sit en die termometer by 40\u00b0C draai. \u2019n Mens dehidreer sonder dat jy dit besef.<\/p>\n<p>2) \u2019n Veter is \u2019n goeie ding om jou hoed op jou kop te hou, bo-op pieke soos Sneeukop of Ezelskop.<\/p>\n<p>3) Sorg maar vir genoeg lip- en velrome (ook LipIce!), want die son het gebrand en die wind het lekker gewaai.<\/p>\n<p>4) \u2019n Langmouhemp teen die son, en selfs \u2019n lospassende langbroek teen die bosse, is miskien ook nie \u2019n slegte idee nie. (Tensy jy dikvellig is en \u2019n \u2018tan\u2019 wil kry op die koop toe.)<\/p>\n<p>5) Neem \u2019n paar sakkies \u2018Game\u2019 saam om brakkerige of \u201cpyp\u201d-water op te kikker.<\/p>\n<p>6) Vra maar vir oom Dieter: \u2019n klein plastiekbakkie (so 20cm in deursnee) is goed vir was, eet, en selfs koffie drink, as dit moet.<\/p>\n<p>Moenie alleen omdraai indien jy nie die omgewing soos die palm van jou hand ken nie. Veral as jy moeg word begin die koppies baie eenders lyk en verdwaal jy maklik.<\/p>\n<p><strong>BYLAE A<\/strong> &#8211; Namakwaland-toer liedjies:<\/p>\n<p><strong>Meisie sonder sokkies (alias \u201cBokkie\u201d &#8211; Dawid Kramer)<\/strong><br \/>\nIewers hier binne in my bokkie,<br \/>\nklop my ou hart nes \u2019n tok-tokkie.<br \/>\nEk-a-droom van \u2019n warm Kersfeesdag<br \/>\nen \u2019n meisie sonder haar sokkies.<\/p>\n<p>Nes \u2019n bicycle sonder sy klokkie,<br \/>\nnes \u2019n lollipop sonder sy stokkie,<br \/>\nnes \u2019n hoenderhaan met sy kop afgekap,<br \/>\nhardloop ek agter my bokkie.<\/p>\n<p>Koor:<\/p>\n<p>Waai, windjie, waai,<br \/>\ndie dae gaan verby.<br \/>\nM\u00f4re kom daar \u2019n groot gelyk,<br \/>\ndan staan sy, oo, dan staan sy hier langs my.<\/p>\n<p>Bokkie, ek wil nie vir jou jok\u2019ie,<br \/>\nof jy my liefhet weet ek ook\u2019ie.<br \/>\nEk droom van jou voor die Sendingkerk<br \/>\nin jou wit hoed en jou mooi, rooi rokkie &#8230;<\/p>\n<p>Bokkie, met die blou doek op jou koppie &#8230;<br \/>\nDie klokkie aan my hart wil nou nie stop nie.<br \/>\nVannaand sing ek soos \u2019n bok wat bl\u00ear,<br \/>\nwant die verlange hou nooit op nie.<\/p>\n<p>Koor&#8230;<\/p>\n<p><strong>Daleentjie (Karolientjie [soek \u2019n man])<\/strong><br \/>\nDaleentjie, Daleentjie, Daleentjie soek \u2019n ou.<br \/>\nO, Daleentjie, Daleentjie sal sy hom ooit kan trou?<br \/>\nDaleentjie is \u2019n donkerkop van drie-en-twintig jaar.<br \/>\nSy wou s\u00f3 graag \u2019n drukkie h\u00ea,<br \/>\nhaar s\u00ea-goed was al klaar.<br \/>\nToe kry sy ook haar drukkie,<br \/>\nso skuins van agter af,<br \/>\nDaleentjie spring s\u00f3 vinnig om,<br \/>\nsy skrik hom sommer af.<\/p>\n<p>Daleentjie, Daleentjie, Daleentjie soek \u2019n man.O, Daleentjie, Daleentjie sal sy hom ooit kan vang?<br \/>\n(Verlenging van die oorspronklike \u201cDaleentjie\u201d<br \/>\nO, Chrisjan, O Chrisjan, O Chrisjan soek \u2019n vrou.<br \/>\nO, Chrisjan, O Chrisjan, sal hy by een kan hou?<br \/>\nChrisjan was \u2019n ingenieur met min hier op die kop.<br \/>\nDie tyd het vir hom uitgeloop, hy hou net meisies dop.<br \/>\nHy kom toe na die BTK en sien \u2019n fraaie nooi.<br \/>\nToe hoor hy weer sy Pa se stem:<br \/>\n\u201cYou\u2019ll be a Bachelor Boy\u201d<br \/>\nO, Chrisjan, O Chrisjan, O Chrisjan soek \u2019n vrou.<br \/>\nDaleentjie, Daleentjie, wil jy nie met hom trou?<\/p>\n<p><strong>Die Alibama-BTK (Die Alibama)<\/strong><br \/>\nNooi, nooi die BTK,<br \/>\ndie klub is daar jy sien,.<br \/>\ndie klub is daar vir jou<br \/>\nvan al jou stapraad te bedien.<br \/>\nNooi, nooi Namakwaland,<br \/>\ndie plek het my verstom,<br \/>\nwant toe ons in die veld gaan stap<br \/>\nwas dit net ene blom.<\/p>\n<p>Koor:<br \/>\nDie Alibama (3x), B-T-K.<br \/>\nDie Alibama (2x),<br \/>\nhy kom saam met ons swaar dra.<\/p>\n<p>Nooi, nooi ou Likkewaan,<br \/>\nsy maak my moed so plat,<br \/>\nwant toe ons in die veld gaan ry,<br \/>\ngaan sit sy in \u2019n gat.<br \/>\nNooi, nooi die raamrugsak,<br \/>\ndit is \u2019n sware sak.<br \/>\nEk sit nou nog en dink,<br \/>\nwat het \u2019k als hier ingepak.<\/p>\n<p>Koor:<\/p>\n<p>Nooi , nooi die sle\u00eb bou,<br \/>\ndie goed is soms so mooi,<br \/>\nmaar dan is daar die enkeles<br \/>\nwat dink dit is \u2019n kooi.<br \/>\nNooi, nooi die sle\u00ebkring,<br \/>\ndie sleekring is berei,<br \/>\ndie sleekring is vir ons berei<br \/>\nom daar te sit en &#8230;<br \/>\nKoor:<\/p>\n<p><strong>Mom, I want a woman. (Mama ek wil \u2019n man h\u00ea)<\/strong><br \/>\nMom, I want a woman.<br \/>\nAnd so Chrisjan, what would you like?<br \/>\nWould you like a foreign girl?<br \/>\nNo! Mama, no!<br \/>\nA foreign girl it cannot be,<br \/>\nbecause \u201cdis\u201d English not for me.<br \/>\nWhat was meant for me,is the BTK-girls hier.<\/p>\n<p>Mom, I want a woman.<br \/>\nAnd so Teuns, what would you like?<br \/>\nWould it be a hiking girl?<br \/>\nNo! Mama, no!<br \/>\nA hiking girl just goes to fast,<br \/>\nand my poor body, wouldn\u2019t last.<br \/>\nWhat was meant for me,<br \/>\nis the BTK-girls hier.<\/p>\n<p>Mom, I want a woman.<br \/>\nAnd so what woman would you like?<br \/>\nWould you like a Belgian girl?<br \/>\nYes! Mama, yes!<br \/>\nA Belgian girl is what I like,<br \/>\nbecause she makes me feel all right.<br \/>\nIt\u2019s not my cup of tea,<br \/>\nwith the BTK-girls hier.<\/p>\n<p><strong>Namakwa-lied (As ek moeg word vir die lewe in die stad)<\/strong><br \/>\nAs ek moeg word vir die lewe in die stad,<br \/>\nroep my Namakwaland.<br \/>\nAs ek moeg word vir my studies op die bos,<br \/>\ngaan soek ek beter kos.<br \/>\nDan stap ek met die BTK;<br \/>\nspeel hul met my honger gou-gou klaa\u2019,<br \/>\nen sing Namakwa-lied,<br \/>\nen sing Namakwa-lied.<\/p>\n<p><strong>Give me hope, Johanna<\/strong><br \/>\nJohanna was a very shy Inglish gal<br \/>\nwho couldn\u2019t really cook or clean,<br \/>\nso she came to sunny South Africa<br \/>\nto learn at university.<\/p>\n<p>Johanna met a very rich Inglish bloke<br \/>\nwho couldn\u2019t speak Afrikaans.<br \/>\nShe taught him to cook and clean his house<br \/>\nand a \u201cregte Afrikaanse dans\u201d:<br \/>\nMaria Magdalena was a \u201ctonedokter\u201d,<br \/>\nplak elke toontjie op sy plek,<br \/>\nmaar haar idee van goeie steriele werk,<br \/>\nis om eers haar vingers skoon te lek<\/p>\n<p>Wim is a mean oak from Wilgenhof<br \/>\nwith a big fat padda on his head,<br \/>\nand he wears his Holland beanie over there<br \/>\nto hide it underneath instead.<\/p>\n<p>Toffie is a very sticky character<br \/>\nwith one-way mirror specticles.<br \/>\nTo get him and Wim to wash their own plates,<br \/>\nis like working a miracle.<\/p>\n<p>Mon-r\u00e9 is \u2019n ou wat bie-tjie sta-dig is:<br \/>\nhy kan nie lek-ker lees of skryf,<br \/>\nmaar sy groot-ste pro-bleem in die le-we is,<br \/>\nom sy Clifton in sy sak te kry.<br \/>\nJacqie is a busdriver with little hair,<br \/>\nbut stil the sun didn\u2019t fry his brains,<br \/>\nbecause the nonsense he thinks of every day<br \/>\ncauses many people lots of pain.<\/p>\n<p><strong>Toerskets (\u2019n Padda wou gaan opsit)<\/strong><br \/>\nDie likkewaan\u2019s bus met kwaliteit, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMaar by Citrusdal val die koppelaar uit, ha-hum &#8230;<br \/>\nDie likkewaan ry na Namakwaland, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMet Keith wat sit in die agterkant, ha-hum &#8230;<br \/>\nBy Modderfontein gaan ons kamp opslaan, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nEn ons gaan sien hoe die son ondergaan, ha-hum &#8230;<br \/>\nDis manskamp hier en dameskamp daar, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nEn oom Dieter vertel dat ons nie mag staar, ha-hum ..<\/p>\n<p>Die kokke staan op en begin te roep, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMaar Monr\u00e9 soek nog steeds sy groep, ha-hum &#8230;<br \/>\nDie volgende dag draf ons Sneeukop op, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nToe is ons so hoog dat ons ore pop, ha-hum &#8230;<br \/>\nChristiaan lei en Johan stap slot, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nToe ons onder kom ruik ons voete vrot, ha-hum &#8230;<\/p>\n<p>Die derde dag klim ons bulte dat dit fluit, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMaar Wim en Toffie \u201cchicken\u201d uit, ha-hum &#8230;<br \/>\nWant toe ons stop om water te kry, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nKom Wim en Toffie in \u2019n bakkie verby, ha-hum &#8230;<br \/>\nOns drink uit \u2019n poel wat in granietsteen is, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nIn die middel van die poel l\u00ea \u2019n bol koeimis, ha-hum &#8230;<br \/>\nWim het die leierskap oorgekoop, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nJaag ons bulte uit en dryf ons dood, ha-hum &#8230;<br \/>\nMaar Rudolf is \u2019n man wat stap met drif, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMet sy rugsak en sy tent, maar sy bril kry \u2019n \u201clift\u201d, ha-hum &#8230;<br \/>\nDie aand wag Jacques om geluk te slaan, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nToe kyk ons op en verdwyn die maan, ha-hum &#8230;<br \/>\nGaries se \u201cshopping-mall\u201d is maar goor, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nMaar gelukkig is daar \u2019n poskantoor, ha-hum &#8230;<br \/>\nNamakwaland-toer was ene jolyt, ha-hum &#8230; (x2)<br \/>\nNou\u2019s dit terug boeke toe en ons is so spyt, ha-hum &#8230;<\/p>\n<p><strong>BYLAE B &#8211; Blommelys:<\/strong><br \/>\nHier volg \u2019n lys van blomme wat tannie Maretha Steinmann op die Namakwaland-toer kon identifiseer. Alle foute of weglatings is my skuld:<\/p>\n<p>Albuca altissima, A. cooperi &#8230; Slymstok of blougif<br \/>\nAnchusa capensis &#8230; &#8230; Vergeet-my-nietjie<br \/>\nAndrocym bium &#8230; &#8230; &#8230; Uilblaar<br \/>\nAnisodotea malvas &#8230; &#8230; Wild stokroos (Ezelsfontein)<br \/>\nAptosimum &#8230; &#8230; &#8230; Karooviooltjie<br \/>\nArctotis &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Daisie (Bitter gousblom)<br \/>\nBabiana &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Bobbejaantjie, perde-uintjie<br \/>\nBulbinella &#8230; &#8230; &#8230; Geel katstert<br \/>\nClifortia &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Steekbossie<br \/>\nColeonema pulchrum &#8230; &#8230; Bokboegoe<br \/>\nCotula &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Knoppiesopslag<br \/>\nCyphia volubilis&#8230; &#8230; &#8230; Bouroe<br \/>\nDianthus micropetalus &#8230; &#8230; Wilde angelier.<br \/>\nDiascia longicornis &#8230; &#8230; Bokhorinkies<br \/>\nDimorphoteka &#8230; &#8230; &#8230; Daisie<br \/>\nErica coccinea &#8230; &#8230; &#8230; (Sneeukop)<br \/>\nEriochephalus ericoides &#8230; &#8230; Kapokbos<br \/>\nErodium cicutarium &#8230; &#8230; Horlosiebos<br \/>\nFelicia &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Sambreeltjies<br \/>\nGalenia africana &#8230; &#8230; &#8230; Kraalbos<br \/>\nGazania &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Daisie (Botterblom)<br \/>\nGladiolus &#8230; &#8230; &#8230; Groenkalkoentjie<br \/>\nGortera &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Daisie (Beathe daisy)<br \/>\nGrielum humifusum &#8230; &#8230; Pietsnot, duikerwortel<br \/>\nHeliophila &#8230; &#8230; &#8230; Sporrie (blou en wit)<br \/>\nHerrea bland\/blana &#8230; &#8230; Varkiesknol<br \/>\nHesperantha &#8230; &#8230; &#8230; Aandblom<br \/>\nHomeria &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; TulpHyobanche sanguinea &#8230; &#8230; Katnaels, jakkalsblom<br \/>\nLachenalia &#8230; &#8230; &#8230; Viooltjie<br \/>\nLapeirosia silenoides<br \/>\nLeucadendron brunoides &#8230; (op Ezelskop)<br \/>\nLimosella capensis &#8230; &#8230; Waterlelie (in dam op granietrots)<br \/>\nLobostenon trichotomus &#8230; Ag-dae-geneesbossie<br \/>\nMetalasia<br \/>\nMoraea &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Uintjie<br \/>\nNemesia &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Kappieblom<br \/>\nOrnithogalum pruinosum &#8230; Chincherinchee, wit Dirkie<br \/>\nOrnithogalum xanthochlorum &#8230; Slangkop<br \/>\nOsteopermum &#8230; &#8230; &#8230; Daisie<br \/>\nOthonanna &#8230; &#8230; &#8230; Rapuisbos<br \/>\nOxalis &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Suring<br \/>\nPelargonium crithmifolium<br \/>\npulchellum<br \/>\n&#8211; incrassatum<br \/>\n&#8211; triste<br \/>\n&#8211; scabrum<br \/>\nPharaceum croceum &#8230; &#8230; Wilde anys<br \/>\nRhus undulata &#8230; &#8230; &#8230; taaibos<br \/>\nRomulea &#8230; &#8230; &#8230; Froetang<br \/>\nRumex lativalvis &#8230; &#8230; Veldsuring<br \/>\nSalvia dentata &#8230; &#8230; &#8230; Bergsalie<br \/>\nSenecio &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Hongerblom<br \/>\nSparaxis<br \/>\nSpiloxene &#8230; &#8230; &#8230; Sterretjie<br \/>\nSutherlandia fruteseus &#8230; &#8230; Kankerbossie<br \/>\nSutera &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; (nie geblom nie, baie stink)<br \/>\nTrachyandra &#8230; &#8230; &#8230; Hotnotskool, veldkool<br \/>\nUrsinia &#8230; &#8230; &#8230; &#8230; Daisie<br \/>\nWahlenbergia &#8230; &#8230; &#8230; Blou klokkies<br \/>\nWhiteheadia bifolia<br \/>\nWiborgia monoptera &#8230; &#8230; Ertjiebos<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>(Of te wel, die \u2018Pomp hom, Jacques!\u2019-toer.) \u2019n Skinderstorie deur Rudolf de Haan. [Baie dankie tannie Maretha Steinmann vir die lys name van \u201cdie meeste van die blomme\u201d wat sy gesien het, bylaag B, en die tik van die spontane liedjies se woorde, bylaag A. Die toertips verskyn aan die einde van die skets.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-886","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/886","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=886"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/886\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":887,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/886\/revisions\/887"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=886"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=886"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=886"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}