{"id":917,"date":"1996-09-24T16:24:10","date_gmt":"1996-09-24T14:24:10","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=917"},"modified":"2012-01-04T16:30:53","modified_gmt":"2012-01-04T14:30:53","slug":"keerom-koo-september-1996","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1996\/09\/keerom-koo-september-1996\/","title":{"rendered":"Keerom-Koo September 1996"},"content":{"rendered":"<p><strong>VRYDAG &#8211; 20 SEPTEMBER<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2018n groot toer vir September &#8211; op die toerlys tel ek 48 name ( waarvan een persoon wel nie opgedaag het nie ) en dit voel omtrent soos \u2018n mini gala! Bonop het ons twee stelle toerouers nl. oom Jurgens en tannie Helen Hendriks ( die amptelike toervader en chaperone ) en oom Dieter en tannie Maretha Steinmann.<!--more--><\/p>\n<p>Ons kom na donker eers by ons bestemming aan wat menige toerlid se sin vir rigting vir die volgende paar dae heeltemal deurmekaar krap! Nadat die motors parkeer is en die kos vir die res van die toer verdeel is onder die groepies, kan aandete gemaak word &#8211; die heerlike standaard BTK mond-rek-grootte-buns en wors.<\/p>\n<p>Christiaan Terblanche verwelkom almal en die koffie water word op die vuur gesit om te kook. Dit neem egter so lank dat daar besluit word dat Christine Steinmann moet afsluit sodat die moees maar kan gaan inkruip sonder koffie!<\/p>\n<p><strong>SATERDAG &#8211; 21 SEPTEMBER<\/strong><\/p>\n<p>Die toer skop af met \u2018n pragtige sonsopkoms en \u2018n reenboog daarby, maar waar die reenboog gewoonlik daarop dui dat die reen verby is, was hierdie een \u2018n teken van die reen wat kom&#8230;<\/p>\n<p>Nog lede van die groep sluit by ons aan nadat hulle vroeg die oggend uit Stellenbosch weg is : Gerhard Esterhuizen, Carla Rooseboom en Dale Cilliers. Ons is 6h30 op en mik om 8h00 te stap. Die verwagting is dat ons 8h30 sou wegkom, maar nadat oom Dieter geopen het is ons al 8h20 in die pad. Die vroee wegkom het toe nie veel gebaat nie want ons was skaars 10 min aan die gang of dit begin reen &#8211; ons vermoed dat dit nie net \u2018n verbygaande bui is nie aangesien die omliggende berge toe is onder die mis. Die beplande roete vir die dag word maar aangepas en ons draai 180\u2019 om en stap terug na die begin en verder in die teenoorgestelde rigting.<\/p>\n<p>Die dag se stap is kort en teen 10h30 is ons tente opgeslaan en staan almal koud en nat rond en wag vir tee. Moraal is laag, maar Christiaan bly die ewige optimis dat die weer wel gaan opklaar en dat ons dan verder sal stap. Die son probeer wel baie hard om deur te kom, maar min deel sy optimisme.<\/p>\n<p>Terwyl ons rondstaan word die ordentlikheidspraatjie deur oom Jurgens gelewer &#8211; dit word gewoonlik met meisies en ouens apart gehou, maar hierdie keer saam &#8211; oom Jurgens vind dat dit nogal heelwat moeiliker is! Oom Dieter help uit, maar hy maak \u2018n paar mense deurmekaar deur die hele tyd te verwys na film sonder dat almal weet hy praat van toiletpapier!<\/p>\n<p>Ons hou direk daarna middagete sodat ons dadelik kan stap wanneer die son uitkom ( let wel wanneer en nie indien nie!!!) Die weer bly steeds wispelturig, maar ons vat maar die kans en stap \u2018n gedeelte van die pad wat ons sou gestap het. Een groepie wat hulle beslis nie deur die weer laat onderkry nie onder leiding van Alex Clarke is Justus Joubert<\/p>\n<p>( volgens die foutiewe toerlys \u2018n Jordaan ), Christa en Laurette Macfarlane en Nicola de Waal. Hulle hou mekaar die hele pad aan die lag en sing (????).<\/p>\n<p>Op pad hou ons \u2018n groepfoto sessie en beide Etienne van der Poel en Ancha Visser stel hul kamera\u2019s om self te neem en moet vinnig hardloop en poseer en tog natuurlik lyk! Ons stap verby pragtige rotspoele en stroomversnellings oor gladde wit klippe. Van tyd tot tyd moet ons oor die poele spring en daar leer oom Jurgens vinnig hoe om elke meisie se hand te vat deur ewe galant aan te bied om te help!<\/p>\n<p>Wim Morris en Toffee Turner eksperimenteer met die gepastheid van my BTK hoed as \u2018n frisbee en toets ook sommer die waterdigheid daarvan toe dit in die middel van die water beland en vinnig rivier af spoel. Gelukkig is Christiaan verder af en red die hoed betyds voor dit wegspoel. Hy gooi hom egter weer boontoe en die hoed moet \u2018n tweede keer met die stroom afgaan! Ek het nou wel gevra dat mense dinge moet doen om \u2018n interessante skets te verseker, maar dit was nie heeltemal wat ek in gedagte gehad het nie!<\/p>\n<p>\u2018n Vinnige reenbuitjie vang ons weer net soos ons die kamp bereik en aangesien ek al klaar nat is, besluit ek om maar vinnig in die reen in die rivier te bad &#8211; dis tog snaaks hoe nie almal my argument wou volg nie!<\/p>\n<p>Die windjie wat van die sneeubedekte berge afwaai is koud en die kos is \u2018n welkome verwarmingsmiddel. Daarna maak Jaap de Lange \u2018n vuur wat 2 keer geskuif moet word voordat almal tevrede is. Ons wou dit nader aan die muur gehad het en laasgenoemde was bietjie moeilik om te beweeg.<\/p>\n<p>Na die aaitems sluit Erica Steyn vir ons af en ons gaan slaap maar met die hoop van beter weer more!<\/p>\n<p><strong>SONDAG &#8211; 22 SEPTEMBER<\/strong><\/p>\n<p>Met die opstaan blyk dit wel \u2018n son-dag te wees. Voor ons vertrek was Brand Wessels in sy kort broek sy voete ter aanskoue van almal &#8211; hy moet \u2018n paar balanseringstoertjies uitvoer. Ons wonder egter of hy regtig sy voete wil skoon he of net dat almal vir hom kyk!<\/p>\n<p>Ons stap terug met die pad wat ons die vorige dag opgekom het, maar dit lyk heeltemal anders aangesien ons die omgewing vir die eerste keer sien. By \u2018n perskeboord vertoef ons eers \u2018n rukkie om foto\u2019s te neem en blommetjies te pluk.<\/p>\n<p>Ons bereik die Keerom dam waar ons game break hou, wat die geleentheid skep om na \u2018n nabye eilandjie te swem. Die wat die koue water eerste aandurf is Erica en Marli du Plessis waarna ek en Erik van der Merwe volg met Jaap kort op ons hakke.<\/p>\n<p>Ons pak op, saal op en val weer in die pad net om na 15 min weer tot stilstand te kom vir middagete! Enkeles keer egter weer terug na die dam om hare te was en bietjie skoon te kom.<\/p>\n<p>Ons het na middagete al \u2018n hele ent afgele voor Joline Nel besef dat die tentpale aan haar rugsak weggeraak het. Wim bied aan om terug te hardloop en gaan soek terwyl ons almal vir hom wag en \u2018n ruskansie kry. Met sy terugkoms deel Wim ons tot groot onsteltenis mee dat hy die pale nerens kon kry nie ( net om ons later by die kamp te laat weet hy speel net!!!! )<\/p>\n<p>Ons stap teen \u2018n kloof op en die sonnetjie begin ons ietwat braai &#8211; die pad is effens steil en dis warm en droog met dongas oral. Dit is in groot kontras met die nat koue van gister. Bo stop ons om asem te skep en die uitkyk gaan voort &#8211; die meisies is egter orig en ontwrig die hele proses met \u201c Let me call you sweetheart\u201d. Ons sit en niks doen vir 20 min en wag vir die uitkyk om klaar te kry en toe ons weer loop is ons kampplek skaars 5 min weg!<\/p>\n<p>Die kampplek is baie hard en klipperig en niemand verwag om te lekker te slaap nie, maar dis immers droog. Die meisies gaan bad by die rivier en die ouens durf die dam aan. Ons staan op \u2018n vlakte en dis koud &#8211; maar die sneeubedekte berge is mooi om te aanskou terwyl die skemer nader kom. Marli help die houthakkers om hout aan te dra sodat ons \u2018n lekker kampvuur aan die gang kan kry.<\/p>\n<p>By die eerstetoeristekonsert met Alex as seremoniemeester is daar geen gebrek aan gees nie en heel nuwe weergawes van die seerowerlied sien die lig : dit word eers as \u2018n opvoering uitgevoer en dan volg die \u201cheavy metal\u201d weergawe! Gelukkig red Dale die aand deur die konsert op \u2018n hoe noot met \u2018n pragtige sangitem af te sluit.<\/p>\n<p>By die hekelsessie word die \u201cHoe verkoop jy \u2018n skaap aan \u2018n dowe persoon?\u201d-grap wat vir die afgelope 2 dae herhaaldelik in gesprekke opkom weer eens vertel vir die wat dit nog nie gehoor het nie ( is dit dan moontlik???? ). Daarna sluit Elrietha \u201cRiet\u201d Louw vir ons af.<\/p>\n<p><strong>MAANDAG &#8211; 23 SEPTEMBER<\/strong><\/p>\n<p>Ons staan almal 5h45 op sodat die tente voor 6h15 in Hildegard Steinmann se motor kan wees en ons dit nie hoef te dra nie. Hildegard en Etienne moet terugry Stellenbosch toe sodat sy \u2018n mondelinge eksamen kan afle. Jean Hendriks voel nie te lekker nie en vertrek saam met hulle terug. Die nekdoekies word ook sommer deur hulle gestempel aangesien dinsdag \u2018n vakansiedag is en die poskantoor toe sal wees.<\/p>\n<p>Oom Dieter gee sy demonstrasie van begrawe in die veld met die regte, nee ekskuus die verkeerde en dan die regte metode tot almal se vermaak.<\/p>\n<p>Christine open en ons vertrek met ons rugsakke na die steil sementpad wat ons moet uitstap. Ons rugsakke word onder gelos om deur die boer se bakkie opgery te word. Wim en Toffee is natuurlik baie vinnig om aan te bied om te help oplaai en dan heel toevallig ook teen die bult op te RY! Maar soos hulle se : \u201cAs jy nie slim is nie, moet jy skelm wees. As jy egter albei is, wel&#8230;!!!!!!!\u201d Christiaan, wat ons teen die bult laat opstap ry ook met die bakkie en ons voel natuurlik regtig getroos deur sy woorde wanneer hy aandring dat sy arms vreeslik seer geraak het van aan die bakkie hang.<\/p>\n<p>Ander wat saam met die bakkie op is was Carien Wilsenach, Carla en Suzanne Wessels wat voor ingedruk was! Die bakkie draai darem om en laai mense van agter af op en ry boontoe.<\/p>\n<p>Ons draai van die sementpad af en stap verder op teen die bult &#8211; die uitsig is mooi, veral die son wat skyn op die sneeubedekte berge (o.a. Matroosberg). Die gemoedere is in \u2018n aansienlik beter toestand want die son skyn en ons het bietjie hoogte gekry.<\/p>\n<p>Met gamebreak tel \u201cStap nou tyd\u201d nie af nie, maar word meer aangesien groep 4 tee gemaak het en ons vir hulle moet wag. Tinus Bezuidenhout, Wim, Christiaan en Brand besluit om vir een van die meisies \u201c Let me call you sweetheart\u201d te sing en Nicola word die gekose slagoffer.<\/p>\n<p>Die wind waai sterk, maar ons vind \u2018n beskutte plekkie vir middagete en ons kry vir eens warm wanneer die wolkies dunner word en die sonnejie bak. Met die aanstap is ons egter weer in die wind en die terrein is klipperig en vol dongas.<\/p>\n<p>By \u2018n knieknakker word David Love, \u2018n engelsman van Zimbabwe aan die BTK se verjaarsdag tradisie blootgestel wanneer die meisies ( en later die ouens!!! ) hom met sy kamtige verjaarsdag gelukwens. Margaret Maritz moes maar later die afrikaanse dele vir hom vertaal!<\/p>\n<p>Die dag se stap begin lank raak en ons wonder hoe lank \u2018n BTK kilometer nou eintlik is. Is dit soortgelyk aan die ware kilometer of die myl? Sommiges was selfs van mening dat dit eintlik \u2018n seemyl is!<\/p>\n<p>Carien se knie wat reeds in Desember beseer is raak weer seer en ek, Suzanne, Toffee en Jo du Plessis herrangskik ons en Carien se pakkasies onder mekaar sodat Carien se rugsak aan Wim s\u2019n vasgemaak word en hy albei dra. Toffee help vir Wim met die dra van die dubbele rugsak en hy misgis hom so met die nuwe gewig dat hy in die proses om oor \u2018n hakiesdraad te klim hard met die aarde kennismaak!<\/p>\n<p>Die bos waar ons slaap is asemrowend mooi en die kampterrein het tafels en stoele, wasbakke en selfs \u2018n stort, maar die beste deel is beslis die foefieslide wat almal tot laat in die nag vermaak. Aandete is \u2018n heel gesellige affere om die tafels by lamplig.<\/p>\n<p>Met die sleesessie is almal maar uitgeput en tog hou die kuier aan tot die vroee oggendure. Daar is geen hekelsessie nie en Alex sluit vir ons die dag af.<\/p>\n<p><strong>DINSDAG &#8211; 24 SEPTEMBER<\/strong><\/p>\n<p>Ons word wakker gemaak deur die gil van mense op die foefieslide &#8211; heel effektief. Ons los ons rugsakke by die plaas om later te kom haal en stap dus daarsonder. Voordat ons die dag se stap aanpak stap ons verby \u2018n baie interessante water uitloop naby een van die damme&#8230;<\/p>\n<p>Hildegard se motor word omgery na die bestemming deur Gerhard en by hom is Carla, Carien en Johanna Maritz.<\/p>\n<p>Ons begin om Arangieskop te bestyg en die pad is besonder steil &#8211; gelukkig maak die uitsig op daarvoor. Ons hou gamebreak by die Arangieskop hut en \u2018n oop venster word gevind waar Toffee deurklim om die deur van binne af oop te maak. Dit is \u2018n verligting om uit die wind te kom &#8211; die hut is wonderlik : teen aan \u2018n rotswand gebou, \u2018n vuurherd in die middel met groot hout meubels. Ons is ietwat teesinnig daar weg!<\/p>\n<p>Op die laaste stuk van Arangieskop raak Daleen Lordan se knie baie seer en sy draai eerder terug na die hut vergesel deur Toffee en Wim. Daar kry sy die geleentheid om saam met die boer op sy trekker af te ry na onder waar ons haar later die middag sal optel.<\/p>\n<p>Bo-op die kop is die uitsig wyd en ten spyte van die wolke kan ons baie van die omliggende valleie sien. Die weer dreig egter met reen en ons besluit om eerder so vinnig as moontlik by die berg af te kom. Ons stap in \u2018n indrukwekkende kloof af na Robertson se kant. Middagete is ook maar \u2018n vinnige affere want ons is bang die reen haal ons in.<\/p>\n<p>Op \u2018n punt raak van die groep (oom Jurgens, Tinus, Joline en Erica) die pad byster wanneer hulle omtrent 2 helder geel pyle miskyk en hul vasloop in die bosse. Die slot groep sien egter die fout en help hulle reg.<\/p>\n<p>Die kloof waarin ons afgaan lei egter na \u2018n groot afgrond en ons moet eers weer uitklim en in \u2018n ander kloof afgaan &#8211; vir die wat gedink het die pad is nou net afdraand huis toe was dit nogal \u2018n wrede ontnugtering.<\/p>\n<p>Terwyl ons stap hoor ons die geskree van \u2018n groep op \u2018n ander heuwel en ons wonder of hulle ons aandag probeer trek of net vrolik is &#8211; dit lyk asof dit laasgenoemde is en ons stap maar aan.<\/p>\n<p>Uiteindelik kom ons 15h55 by ons bestemming aan, maar min weet ons dat ons nog lank nie huis toe gaan nie &#8211; daar le \u2018n lang 3 ure wagtyd vir ons voor. Ons probeer slaap, kaart speel, bal speel en later selfs sing ( en dans!! ), maar die tyd wil net nie vinniger verbygaan nie. Dit help ook glad nie dat ons moet aanskou hoe ander mense om ons vleis braai nie ( ons kon onsself darem warm maak by hul vuur! ) Die mense is baie vriendelik en bied vir ons brood aan &#8211; het seker gesien hoe ons hulle vleis aanstaar en kwyl van die honger.<\/p>\n<p>Uiteindelik daag die motors op en na \u2018n vinnige gewerskaf om BTK eiendom van persoonlike eiendom te skei kan ons huiswaarts keer. Die amptelike Spur sessie is gekanselleer, maar \u2018n groepie mense kom wel daar bymekaar om vir oulaas saam te kuier.<\/p>\n<p>Dit was nie \u2018n maklike toer nie &#8211; die weer het beslis nie heeltemal sy kant gebring nie, maar ons het gestap en gespeel, gesels en gesing, geslee en gehekel : kort gestel het ons geBTK en op die einde van die dag dit alles geniet!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Darienne Rossouw<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>VRYDAG &#8211; 20 SEPTEMBER Dis \u2018n groot toer vir September &#8211; op die toerlys tel ek 48 name ( waarvan een persoon wel nie opgedaag het nie ) en dit voel omtrent soos \u2018n mini gala! Bonop het ons twee stelle toerouers nl. oom Jurgens en tannie Helen Hendriks ( die amptelike toervader en chaperone [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-917","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/917","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=917"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/917\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":918,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/917\/revisions\/918"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=917"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=917"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=917"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}