{"id":934,"date":"1995-04-11T17:55:07","date_gmt":"1995-04-11T15:55:07","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=934"},"modified":"2012-01-04T18:10:54","modified_gmt":"2012-01-04T16:10:54","slug":"gamkaskloof-april-1995","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1995\/04\/gamkaskloof-april-1995\/","title":{"rendered":"Gamkaskloof April 1995"},"content":{"rendered":"<p>Dis Vrydag, 7 April. Dis 4:45nm en ek pak vervaard die laaste rondgestrooide items wat op my kamervloer l\u00ea, in my rugsak. Die rede vir my vervaardheid? Dis redelik eenvoudig: die BTK toerbus na die Hel vertrek om 5nm, en ek is dus soos gewoonlik effens laat. Gelukkig is die BTK self nooit 100% betyds nie (waarskynlik die gevolg van mense soos ek wat nooit betyds is nie.)<!--more--><\/p>\n<p>Dit is dan 26 BTKaners wat teen 5:30 vanaf die Neelsie vertrek. Die toerouers, oom Dieter en tannie Maretha asook Christiaan Terblance sluit eers Saterdagoggend by ons aan. Ons arriveer kort na 11nm. op Matjiesvlei, vanwaar ons staptog Saterdagoggend \u2019n aanvang sal neem. Ons voorsitter, Pieter Theron, het uit die goedheid van sy hart besluit dat ons \u2019n lekker vleisbraai sal hou op Matjiesvlei. Ek is nie seker hoe goed of hoe lekker dit is om in die middernagtelike ure vleis te braai nie, maar \u2019n mens kan seker alles in die lewe een maal probeer. Die kersie op die koek is dat Pieter se stem \u00earens tusen Stellenbosch en Matjiesvlei soek geraak het. Vir \u2019n toerleier is \u2019n sterk gesonde stem nogal noodsaaklik. Daar is soveel instruksies wat redelik luid deurgegee moet word! Gelukkig tog dat daar mense soos Francois Smith is, wat letterlik en figuurlik stemhebbend is. Dis ongeveer 1:30 wanneer almal eindelik tot rus kom \u2013 minwetend dat Saterdag op ons wag.<\/p>\n<p><strong>Saterdag 8 April<\/strong><\/p>\n<p>Teen 6:30 is so te s\u00ea almal reeds op en besig om orde te skep in die spreekwoordelike chaos. Ons sien vir die eerste maal hoe dit rondom lyk: \u2019n paar honderd tree voor ons stapel interessante kranse die hemel uit. Teen 8:30 arriveer die Steinmann\u2019s en word hartlik verwelkom deur \u201cde Machtige Koning\u201d. Na oggendgodsdiens begin ons met die tog na \u2018die Hel\u2019 deur Gamkaspoort.<\/p>\n<p>Al die BTK toere wat ek tot dusver meegemaak het, het die een of ander verrassingselemente gehad. Hierdie toer is toe geen uitsondering nie! Verrassing nommer een is die eienaardige slietre\u00ebn wat ons die ganse Saterdag sou vergesel. Slietre\u00ebn in die Karoo? Ek is geneig om met Pieter saam te stem dat dit \u2019n frats was. Verrassing nommer twee: 250m na ons begin stap het kom ons op \u2019n burisende Gamkarivier af! Die Gamkaspoortdam se sluise is \u2019n paar dae voor ons aankoms oopgemaak en die rivier is m.a.w. effens voller as waarvoor ons voorsiening gemaak het. Ons ontmoet die boervrou van Matjiesvlei by ons eerste rivierkruising. Sy vertel ons dat \u2019n span dokters wat vroe\u00ebr die week die poort in en uit is, 20 maal die rivier moes kruis\u2026<\/p>\n<p>Die res van die Saterdag is gekenmerk deur nat, gladde klippe wat ons gang vertraag het, doringbosse wat ons gekrap het, \u2019n natterige wind wat alles natteriger gemaak het en natuurlik\u2026 deur sewe rivierkruisings.<\/p>\n<p>Dis dalk die maklikste om die gebeure as volg op te som. Tweede rivierkruising: Steven Steyl val pens en pootjies in die water nadat hy so onselfsugtig is om die beste pad deur die rivier te soek. Sy pad was toe kennelik nie die beste nie. Na die derde rivierkruising: Ons hou gamebreak on 11:00 in die beskutting van \u2019n effense oorhangkrans. Die game lyk besonder eienaardig a.g.v. die bruin rivierwater, maar dit smaak nie sleg nie. Die vierde rivierkruising: die mans maak \u2019n \u2018treintjie\u2019 in die water om die dames oor die water te help. Jean Hendriks is mal daaroor \u2013 sy kry immers die geleentheid om aan al die mans se hande te vat! Die slietre\u00ebn is nou werklik koud en nat, almal is flou van die honger en moeg gesukkel oor die klippe.<\/p>\n<p>Middagete breek uiteindelik om 3:15 aan in die beskutting van \u2019n oorhang krans met \u2019n sanderige vloer. Die tee lyk nogal eienaardiger as die game \u2013 dis ligbruin nog voor die melk bygeroer is! Die vyfde rivierkruising: Ons word nat tot by ons middellywe. Toffie Turner besluit hy het genoeg gehad van rivierkruising \u2013 hy swem met rugsak en al in die rivier af, terwyl die res van ons bo uit die rante met gemengde gevoelens toekyk. Die sesde rivierkruising: Jean se denim kortbroek gee die gees wanneer sy haar been net daardie tikkie te v\u00ear strek. Die van ons wat survivalbags het, kan ons rugsakke deurdryf, die res probeer ho\u00ebr op om \u2019n vlakker kruising te kry. In retrospeksie sal almal saamstem dat dit \u2019n fout was, aangesien die groep in twee verdeel het en dit reeds sterk skemer geraak het. Na \u2019n paar misverstande, slegte kommunikasie en \u2019n paar dreigboodskappe wat op die nagwind rondsweef, herenig die groep weer nadat die een deel van die groep hul sewende rivierkruising beleef het.<\/p>\n<p>Pieter en oom Dieter beraadslaag en besluit dat ons op die eerste en beste plek moet kamp opslaan. Francois en Paul Roos het reeds verkenningswerk gedoen en het genadiglik \u2019n vloedvlakte gevind wat nie onder vloed is nie. Ons agste rivierkruising is dus na die kampplek. Daar aangekom slaan ons dadelik die tente op en begin kos maak. Na ete duik almal vir hul tente. Van \u2019n wraak is daar absoluut geen sprake nie. Dis koud, dis nat, alles is vol riviersand. Hannelie van der Merwe, Darrienne Rossouw en Careen Geldenhuys het hul fly-sheet \u00earens langs die pad \u2018verduister\u2019 en moes elders \u2019n heenkome vind. Hier word dan ook geskiedenis gemaak wanneer \u2019n dame in \u2019n manstent slaap. Marthinus vermaak ons vanuit sy tent wanneer hy dit semi-sarkasties uitgil: \u201cEk kry nie koud nie, ek is nie nat nie, my tent is nie vol grond nie, ens, ens.<\/p>\n<p><strong>Sondag 9 April<\/strong><\/p>\n<p>Ons staan vroegerig op. Ek weet nie hoe laat nie want tyd is nie vreeslik relevant nie. Dit re\u00ebn steeds. Ons slaan dus tente op in die re\u00ebn, pak ons nat toerusting in ons nat rugsakke, trek ons nat skoene aan en is spoedig gereed om te stap. Christine Steinmann open sonder \u2019n Bybel \u2013 haar hande is te vuil om aan \u2019n Bybel te vat. As Hildegard Steinmann geweet het watter minder aangename aanvang haar verjaardag gaan h\u00ea, het sy dalk glad nie saamgekom nie. Gelukkig maak die mans daarvoor op deur vir haar te sing. Nie dat hulle juis die woorde ken nie, maar hule kon darem die gedeelte onthou \u201cJy\u2019s \u2019n flerrie\u201d.<\/p>\n<p>Ons verlaat die Gamkaspoort na die negende rivierkruising, stap oor \u2019n bultjie en kyk dan af op \u2019n lieflike vallei met misbedekte bergtoppe. Ons stop na \u2019n wyle vir \u2019n verjaardagverrassing in die vorm van Sweetie Pies. Hiervandaan stap ons nog 20 minute tot by die wildbewaarder se huis. Meneer van der Walt en sy vrou ontvang ons hartlik met koffie, ryp vye en granate. Die pragtige huis en omliggende geboue is soos \u2019n oase in \u2018die Hel\u2019. Pieter bel rond om die weer uit te vind, waarna hy en oom Dieter besluit dat ons \u2019n halwe oorstaandag sal hou en Maandag tot op Besemfontein sal stap, waar die bus ons sal oplaai. Mnr. van der Walt neem ons rugsakke op sy bakkie na ons oornagplek. Daar aangekom word al ons nat goeters in die flou sonnetjie uitgesprei om droog te word: tente, flysheets, slaapsakke, klere, skoene en matrassies. Die BTKaners wys toe dat almal die kuns van \u2019n plakkerkamp opslaan verstaan. Die eerste toeriste oefen verwoed aan hul items en Careen is so bang vir die wraak at sy nie haar enigste langbroek wil aantrek nie.<\/p>\n<p>Na aandete trek ons in die sleekring saam. Francois en Gerhard Geertsema breek die ys met die vliegtuig item, waarna die eerste toeriste items begin. Die wraak verloop besonder goed, waarna ons soet Hot Chocolate en paaseiers geniet. Oom Dieter hou aandgodsdiens waarna hekeltyd aanbreek. Jean wat kwansuis vir Paul rondgejaag het, en Annalien Moore se hartkant wat warmer as haar rugkant is loop deur, en moes bontstaan om te verduidelik. Pieter kry uiteindelik die geleentheid om sy uitgestelde veldmaniere praatjie af te handel, waarna ons streep-streep gaan slaap.<\/p>\n<p><strong>Maandag 10 April<\/strong><\/p>\n<p>Tannie Maretha se vrolike stem ruk ons kort na 5 uit ons drome. Dit sukkel maar om op te staan buite is dit nog koud en nagdonker. Later begin ons uittog uit Gamkaskloof. Ons uittog d.m.v. die leer oortuig ons daarvan dat dit baie moeilik is om uit die hel te kom. Die weg is maar steil en klipperig. Ek besluit stilweg dat ek voortaan harder aan myself en ander sal ywer om \u2019n paar plekke in die Hemel te bespreek. Bo aangekom kyk ons vir oulaas na die ongelooflike ongereptheid van Gamkaskloof. Teen halftien stop ons vir \u2019n groepfoto. Francois sorg dat almal konstant lag met sy eindelose Arabier-grappe. Middagete vind plaas by Besemfontein. \u2019n Koue windjie waai steeds maar teen 3-uur kom die son uit en BTKaners l\u00ea soos akkedisse in die son. Pieter, Cazz, Francois en Christiaan vertrek om halfdrie na Ammalien Steyn. Pieter wil gaan kyk hoe die weer aan die ander kant van die berg lyk, Cazz moet die bus na Besemfontein aanry en Francois en Christiaan moet gaan \u201cwerk\u201d.<\/p>\n<p>Terwyl ons wag vir Pieter en Cazz om terug te keer ontwikkel \u2019n ware massage garage, oftewel streelperseel op die grasperk. Paul moet Jean se bene vryf: sy weet nie wat fout is nie, maar hulle het nog nooit so gevoel nie. Steven kla ook meer as een maal \u201cWie se bene is dit die?\u201d en antwoord homself dan \u201cDis nie myne nie!\u201d Pieter en Cazz keer net na 4 terug. Intussen het \u2019n algemene gevoel ontwikkel onder die groep dat Towerkop te ver, te hoog en in sulke weersomstandighede heeltemal te koud is. \u2019n Alternatief word dan ook deur die groep aanvaar nl. bly waar ons is, kleim Seweweekspoort op Dinsdag en stap Woensdag deur Seweweekspoort. Aandete word berei en ge\u00ebet en groep 1 stel \u2019n groepie slee voor, waarby groep 2 en 3 met entoesiasme inval. Ek kon dit nie met sekerheid beweer nie, maar ek meen dit was die eerste keer dat \u2019n groep saamgeslee het in \u2019n bus se bagasieruim.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag 11 April<\/strong><\/p>\n<p>Ons ry met die bus tot aan die voete van Seweweekspoort piek, hou oggendgodsdiens en begin om 7:15 stap. Dis wonderlik om die opdraendes sonder rugsak aan te pak. Oom Dieter, wat vandag ons roetebepaler is, wys ons op die veld wat tipies Bolands voorkom met heide en proteas wat in die blom staan. Die bergpiek is nog toegemis, en ons hou duim vas dat dit wel sal ooptrek. Kort voor game-break verskyn die bergtop vir \u2019n oomblik, en ek hou my asem op terwyl ek die prentjie in my gedagtes probeer vaspen. Tydens game-break het Gerhard en Marthinus nog energie om hul lywe rotsklimmers te hou. Kort na 12 is almal bo, en ons kyk verstom na die uitsig oor die ganse Karoo. Hiervandaan kan ons so te s\u00ea ons hele roete vanaf Matjiesvlei naspeur en ons word geori\u00ebnteer t.o.v. die omliggende dorpe en berge. Towerkop lyk glad nie so vreesaanjaend van hier bo af nie! Eenuur begin ons met die aftog. Ons vorder vinnig, maar ons bene word erg gekrap deur bossies wat die oggend nie bestaan het nie. Ons is 5:30 terug by die kamp en begin kos maak.<\/p>\n<p>Na ete trek ons vir oulaas in die sleekring saam. Die items is maar effens flouerig \u2013 almal is moeg na \u2019n lang dag. Oom Dieter bederf wel Erika se eskimo-item vir haar tot groot vermaak van almal. Die vraag \u201choeveel kante het \u2019n mens dan: binnekant, buitekant, plat kant, ronde kant, ens.?\u201d word ook uiteindelik beantwoord. Mens het \u2019n platkant en \u2019n kuiltjiekant.<\/p>\n<p>Woensdag 12 April Gert-Jan ontdek tot sy skok dat hy in April verjaar en nie 6 aande later soos hy altyd gedink het nie. Gerhard hou oggendgodsdiens en ons ry met die bus tot aan die bopunt van die Seweweekspoortpas. Ons stap met die kronkelende motorpad wat omhels word deur die lieflikste rooibruin rotsmassas \u2013 afge\u00ebts teen die blouselblou van die hemel. Ons hou vir middagete \u2019n lekker piekniek in die lang gras nadat JP du Plessis ons gerus gestel het met \u2019n \u201cdaar is definitief bosluise in die lang gras\u201d, en teen 1nm. pak ons die trommels in die bus om te vertrek. Ons stop op Laingsburg om ons nekdoekies te laat stempel en op die hotel se stoep sit ons en sing. Die Karoo son l\u00ea broeiend en teen 4:10 vertrek ons terug na Stellenbosch toe. Ons is net betyds om die son se laaste strale oor die Hexriviervallei se berge te sien speel. Ek dink opeens weer aan die gifappeltjies wat ek op daardie heel eerste oggend bo Christine Fourie se kop gewaar het. Dit is dan hoekom ek in die berge stap: om van al die gifstowwe in my gestel ontslae te raak. Op hierdie toer was ek eenvoudig te moeg, te nat, te koud, te verwonderd oor die skoonheid van die Skepping en te dankbaar vir God se liefde om enigsins gif oor te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Carien Wilsenach<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis Vrydag, 7 April. Dis 4:45nm en ek pak vervaard die laaste rondgestrooide items wat op my kamervloer l\u00ea, in my rugsak. Die rede vir my vervaardheid? Dis redelik eenvoudig: die BTK toerbus na die Hel vertrek om 5nm, en ek is dus soos gewoonlik effens laat. Gelukkig is die BTK self nooit 100% betyds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-934","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/934","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=934"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/934\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":937,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/934\/revisions\/937"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=934"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=934"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=934"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}