{"id":938,"date":"1995-07-14T18:04:13","date_gmt":"1995-07-14T16:04:13","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=938"},"modified":"2012-01-04T21:43:40","modified_gmt":"2012-01-04T19:43:40","slug":"drakensberge-julie-1995","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1995\/07\/drakensberge-julie-1995\/","title":{"rendered":"Drakensberge Julie 1995"},"content":{"rendered":"<p><strong>14\/7\/95 Vrydag:<\/strong><\/p>\n<p>Van heinde en verre kom sit-sat BTKaners uiteindelik onder die groot dennebom by Bethlehem se poskantoor bymekaar. Dis maar \u2019n getrap-trap soos ons mekaar uitkyk \u2013 allie malles wat nou vir \u2019n week die berge in gaan vaar. Eers egter kan ons terug in ons kar-kokonne (party eerder neste) terwyl ons neuse in die rigting van Witsieshoek (Putadjithaba) beweeg. Alle paaie lei na \u2026. Qua-Qua.<!--more--> Vele draaie later met die son wat wil-wil agter die Muluti\u2019s verdwyn pak ons sak af by Ds. en Mev. Veith, eers vir \u2019n welkome koffie en uiteindelik vir die nag. En toe die laaste Flippen lekker patat uit die kole gehaal word kan ons inval vir kos. Elsa Deluxe voorsien vir soettande en so is die eerste aand amper verby. Net \u2019n paar naguile bly ingeskakel op Radio Hildegard terwyl ander meer versigtig is en hulself in die sitkamer probeer kamoefleer \u2013 n\u00e9 Rikus. Die manne en Helette oefen buite vir die koue wat kom, die dames verkies binne en gou raak almal weg.<\/p>\n<p><strong>15\/7\/95 Saterdag<\/strong><\/p>\n<p>Semi-gesardien lei die Wilsenach-wa die konvooi van ses in die rigting van<\/p>\n<p>Mount-ex-Sources. Die kronkel paadjie loop op-op en ons sukkel om die som van 28 aan \u2019n oorweldigde eentalige Zulu-hekwag te verduidelik. By die parkeerarea verlaat ons ons karre en volg die tientalle mede-stappers teen die rante uit. So sig-sag ons die heelpad tot by die kettingleer wat ons al ratellend tot bo op die berg lei.<\/p>\n<p>Ten spyte van die son wat bo verwagting die dag opwarm, word ons verras deur die ysbedekte stroompie en versteekte sneeukolle. Ons eerste ervaring van die beroemde Drakensberg amfiteater is werklik \u2019n gesig om te onthou. Die buttresses en Duiwel se tand aan die oorkant, en as jy huiwerig afkyk die ewigheid daaronder. Middagete by die valle en \u2019n groepfoto gebeur eers teen die rand voor ons om die teater ge\u201dusher\u201d word. Tjoef-tjaf is ons onder en weer in die stofpad. Die keer gaan dit darem makliker \u2013 veral vir die Zim-mobiel met Martin en Helette wat so amper by die deure uitpeul en brandstoot \u2013 dis immers afdraend.<\/p>\n<p>Veilig almal terug by die huis of so het ons gedink want \u00earens langs die pad het Leon-hulle \u2019n pap band gekry. Maar die mense van Qua-Qua is vriendelik en 5km net om die draai kry hulle \u2019n BP-Garage en \u2019n Fix-\u2019n-flat wat hulle R5 en 10 minute later weer op die weg sit. By gebrek aan enige iets interessant om oor die res van die aand te skryf wil ons net graag noem dat dit nou \u20133C buitekant in die skadu is.<\/p>\n<p><strong>16\/7\/95<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Moeilike wakker word vir die meisies want dit was ons laaste MATRAS-aand. Die huis word ontruim en Zanne het haar hande vol om al die hongeres uit hul muesli uit te hou. Ons is weer op die pad en Silwer lei die weg deur Bergville en Winterton via die Aasvo\u00eblrestourant en Little Switzerland. Maar waar is Lukas dan? (word vervolg).<\/p>\n<p>Hoe verduidelik \u2019n mens vir die Natalse Parkeraad dat 40 in 28 verander het, Vrydag verdwyn het en dat \u2019n tjek wel by \u2019n bank gewissel kan word? Ons slaan kamp op \u2013 Maar waar is Lukas dan? (word vervolg)<\/p>\n<p>Middagpiekniek op die gras met TAMATIEbroodjies en nog tamatiebroodjies en beskuit. En wie kom hier aan? Die Wilsenach-wa met Lukas op tou. Vir \u2019n verduideliking van wat alles verkeerd was bel na ure Louis en Oom Sieg\u2019s Auto Repairs (nommer in die Yellow Pages \u2013 of was dit nou Yellow Fingers?) Terwyl daar weer begin word met aandete kom Hildegard voor \u2019n baie groot vraag te staan \u2013 Waar is die wors dan.<\/p>\n<p>\u201cHet jy dalk \u2019n bruin sak vol wors gesien?\u201d (vers 1)<br \/>\n\u201cHet jy dalk \u2019n bruin sak met wors gesien?\u201d (vers 1)<br \/>\n\u201cHet jy dalk \u2019n bruin sak met wors gesien?\u201d (vers 1)<br \/>\nKoor: Nee, nee, nee\u2026<\/p>\n<p>Net toe ons almal onsself al geestelik voorberei het vir Toppers \u2013 jou wrintie waar, daar pop die wors op die rooster uit. Na ete volg \u2019n geskiedkundig vermeldbare Eerste Toeriste konsert: van koninklike sang tot drama vermaak hulle die oues. Marthinus tart die ysbere in \u2019n sexy pienk short \u2013 volgens Hildegard (Christine se Sensorraad los uit!) World Cup-koekies en Hot Choc rond die seremonie tradisioneel af. Private hekels deur Oom Flip steek verder kop uit, maar bed toe bly aanloklik en gou(?) is dit stil.<\/p>\n<p><strong>17\/7\/95 Maandag<\/strong><\/p>\n<p>Soos Wim M tereg voorspel het begin die dag baie swaar. Die 17 \u2013 26+ kg sakke rus omgemaklik vreemd op oningelyfde skouers. Die pad loop op en \u2019n rusbreak langs \u2019n waterval verleen atmosfeer vir \u2019n eerste-van-baie watergevegte (Ta\u2019 Miems ons mis jou). Middagete sukkel met sagte brood en harde botter. Groep 3 se tweede brood word boeresnye wat swaar gaan l\u00ea in ons mae hier teen die laaste groot warm opdraend \u2013 snikheet teen 14C.<\/p>\n<p>Lanklaas was die gesig van potensi\u00eble tente so welkom. Die dames ontdek \u2019n private badplekkie vry van mans en vliegtuie. Die poolwind (volgens Jac) jaag chaos deur die kamp soos gepanserde kampers skarrel vir klippe en tente. Ses in die kokke se drie-vrou tent vind gou uit dat Beau Brummel ook hier gemaklik sou wees.<\/p>\n<p>Die poolwind word stormsterk en elimineer ten minste een BTK-tent wat Wim en Dawie naarstigtelik weer onder hul fly-sheet probeer opslaan. Etienne met die tent om sy nek loer nuuskierig wat aangaan maar verleen geen hulp nie, min wetende dat helpende hand Flip reeds Et se plek in hulle (sy) tent aan die hawelose aangebied het. Sheila en Paul slaap seker met oorpluisies want Johan saag deurdringend aan \u2019n hele denneplantasie soos die nag vorder.<\/p>\n<p><strong>18\/7\/95 Dinsdag<\/strong><\/p>\n<p>\u201cDis halfsewe, hou op bewe en kom uit en lewe\u201d probeer Jac die slapendes opwek. Pieter s\u00ea Klaasvakie het mis gegooi, maar in die skrapse oggendlig sou jy hom miskyk was dit nie vir \u2019n stel wit tande nie. Ons raai maar hy het met sy kop buite in die stofstorm geslaap. 2km se stap en 1km se op teen die berg uit. Dit gaan bars, maar net toe die kontroversi\u00eble gamebreak grondboontjies se energie uitgewerk het en die sneeu van Grey\u2019s pass ons begin vang is ons bo. Die laaste ent to HEELBO vries ons gesigte so dat ons neuse se punte en lippe hul gevoel verloor. Die uitsig wat strek vanaf die Amfiteater, Three Puddings, The Bell, Sterkhorn, Cathkin Peak, Monk\u2019s cowl, Champagne Castle en die tentjies ver, ver onder in die vallei, maak dit alles die moeite werd. Pieter en Louis het swaar gedra en ons kan \u2019n glasie klink op Champagne Castle. Middagete met bevrore vingers. Die stilsit en wind jaag ons die berg af want dis net te koud.<\/p>\n<p>\u2019n Kykweer van die vorige aand net teen \u2019n hele paar grade kouer. Ons verjaardageksperiment slaag tussen Helette en Johan en na nag-dames word rustig gesing. \u2019n \u201cKatjie\u201d maak van homself \u2019n ongenooide gas en steel die uitgerustes se oorblywende brood.<\/p>\n<p>In die Zim-tent hou Andries, Martin, Helette en Jac dieregeluide kompetisies maar die pret verskuif weer na die kokke tent waar \u2019n rekord getal van sewe siele (hoe meer vreugde) gehuisves word.<\/p>\n<p><strong>19\/7\/95 Woensdag<\/strong><\/p>\n<p>Ons word knars-knars wakker soos ontwakendes die ys op die fly-sheet breek om uit hul tente te kom, net om uit te vind die billies met water het in ysbakke verander. Homebase word afgebreek en verrassing van die dag \u2013 Jannie verjaar. Met net ses meisies om hom geluk te wens moet \u2019n mens maar twee rondtes maak.<\/p>\n<p>Af in die vallei en ons hou game-break op \u2019n groot rotsplaat omring deur kristalhelder stroompoele waar die groep in twee split. Die volgende 2\u00bd uur se weergawe 1: Die Agtergeblewenes. Die helder water en die warm son ontlok \u2019n massiewe haarwassery uit soos ons meisies meermin-like op die rots met gekrimpte skedels hare sit en kam. Rustig wandel ons voort tot by die groot Zulu-cave waar die res heeltemal te vinnig by ons aansluit.<\/p>\n<p>Weergawe 2: Die Avontuurlustiges. Jac trek met \u2019n vaart weg en ons hardloop om by te hou. Die \u2018klein entjie\u201d met rugsake groei en groei. Uiteindelik kan ons die rugsakke neersit net om die steiltes van Gatberg aan te durf. Geen paadjie nie \u2013 elke man vir homself en almal vir Helette (grappie). Bo gekom sit ons in die gat en neem gat-foto\u2019s, toe tot bo \u2013 ons was ook daar! Af teen \u2019n stink spoed om die res by die grot in te haal.<\/p>\n<p>Die grot word gesluier deur \u2019n ysige waterval waar Pieter gedwing word om sy Toerlikse bad te neem. Sy gesig is nou minder swart, maar let wel nog nie sy natuurlike rosige gelaat nie. Tande nog net so wit soos altyd soos hy die skuldiges \u2019n grynslag gee.<\/p>\n<p>En die pad loop nog steeds af. Die regte Zulu-cave word versier deur indrukwekkende Santekeninge (polities korrek nie waar nie?) Martin wonder of kuns enige vooruitgang beleef het die afgelope paar eeue te oordeel aan die fynheid en presisie van die geskilderde figure en bokkies. So stap ons aan deur die lang gras en word padkaarte op ons bene agtergelaat. Gelukkig swot Paul Natuurbewaring so as jy wil weet wat wat is, is hy gou met \u2019n antwoord.<\/p>\n<p>Die keer kamp ons met die gekabbel van die stroompie in die agtergrong. \u2019n Paar roltoetse en grasoorplantings is nodig voor die tente hul l\u00ea kry. Groep 1 stig af, Groep 2 hou verjaardagpartytjie vir Jannie met marshmallows en gesmelte sjokolade en Groep 3 skater soos Lukas vir Pieter uittart. Weer eens \u2019n laatnag gesingery. Daar is seker nie meer \u2019n liedjie onder die maan wat ons nie probeer het nie. Die koue trek in tot op ons beendere en jaag ons in ons tente in. In die GROOT dome-tent word brug geleer en gespeel tot die bure se berou en frustrasie.<\/p>\n<p><strong>20\/7\/95 Donderdag<\/strong><\/p>\n<p>\u201cJac, Jac stop jou twak en klim uit jou sak.\u201d Die koue van die vorige nag het letterlik in al wat buitegeloste ding is ingetrek. Flip kan amper moord pleeg met sy hemp wat lyk of \u2019n deel van hom daarin vergeet is en Zanne se waslap word \u2019n before-breakfast frisbee. Ons stap agtuur, vir nege-uur en nege-twintig, maar die vertraging was vir \u2019n goeie doel want Pieter en Jac ru\u00efneer \u2019n weerlose den en Ettienne probeer Radio Hildegard se uitsending belemmer deur die antenna te steel.<\/p>\n<p>Dit is nie ver nie of ons stop by die laaste swempoel waar \u2019n spul onverantwoordelikes die ysbere uitlag \u2013 dis Toffie wat die ys breek deur eerste in te plons. Na elke splash splash \u2013 stilte en dan weerklink \u2019n benoude AAAH! deur die kloof soos hul liggame vir hul breins s\u00ea: \u201dJou Idioot\u201d. Verfris kan ons die steiltes weer aandurf. Ons stap deur \u2019n amper Knysnabos omgewing kompleet met varings en digte groen bome. Hospital-stream sorg vir \u2019n idilliese game-break. Stuksgewys stap die troepe verder, elkeen teen sy eie pas en ok amper te ver want net oor die laaste bult probeer ons middagete saamflans. Die res van die middag dwaal \u2019n lot teen Vaalribbokkop uit, die ander spul teen die ander kop en die res bly sommer net l\u00ea<\/p>\n<p>Empiries word ervaar dat dit elke aand kouer as die vorige en is. Met aandete kuier ons weer lekker om kosbillies \u2013 dis ons laaste aand in die veld. Dit is amper met nostalgie wat ons afsluit. Pieter doen die bedankings en Oom Sieg lig \u2019n bietjie uit hoekom ons nou regtig hier is \u2013 moet nooit ophou stap nie. Die laaste gesang (gesingery) sterf in die stilte wat amper oorweldigend word.<\/p>\n<p><strong>21\/7\/95 Vrydag<\/strong><\/p>\n<p>Ons toergids sukkel so \u2019n bietjie om op sy horlosie wekker te reageer en so ontmoet die son ons amper in die bed. Carel het die kuns van koffiemaak so vervolmaak dat Groep 3 hul eerste sluk inkry voor hulle nog behoorlik hul o\u00eb oopgemaak het. Met stywe bene moet ons die eerste bult uit. Dit is terugkyk met \u2019n tikkie heimwee soos ons ons laaste sien van die hele bergreeks kry. Af, af en af gly ons. Hoe ry\/stap Chrismarie so sit-sit so? en amper tuimel ons in \u2019n Tsitsikamma bos in. \u2019n Re\u00ebnboogwaterval lok weer eens \u2019n watergeveg uit.<\/p>\n<p>Die paadjie kronkel deur Tarzan-toue, besluitlose kurktrekker wortels en Mannemarak swaaie. Die geelhout- en broodbome en boomvarings staan geil en toe ons einde ten laaste weer terugbreek in die son ruik ons net huis. Maar dit is nie so eenvoudig nie. Dit is \u2019n stofpad deur die lang gras en so byna misplaas ons die helfte van die party. Met die belofte van middagete wat aan ons honger mae knaag, kom die kampplek net betyds. Provitas verdwyn soos soetkoek en stuk-stuk verskyn semi-vreemde gesigte vanuit die badkamer. Selfs Pieter lyk blinkskoon.<\/p>\n<p>Etienne, Flip, Hildegard en Zanne wuif almal vaarwel- vir hulle l\u00ea daar nog \u2019n nag van dun matrassies en \u2019n toppers (dit was baie lekker dankie) aandete voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Zanne Cronj\u00e9<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>14\/7\/95 Vrydag: Van heinde en verre kom sit-sat BTKaners uiteindelik onder die groot dennebom by Bethlehem se poskantoor bymekaar. Dis maar \u2019n getrap-trap soos ons mekaar uitkyk \u2013 allie malles wat nou vir \u2019n week die berge in gaan vaar. Eers egter kan ons terug in ons kar-kokonne (party eerder neste) terwyl ons neuse in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-938","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/938","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=938"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/938\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":940,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/938\/revisions\/940"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=938"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=938"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=938"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}