{"id":951,"date":"1994-12-05T20:24:46","date_gmt":"1994-12-05T18:24:46","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=951"},"modified":"2012-08-16T18:26:41","modified_gmt":"2012-08-16T16:26:41","slug":"weskusgala-november-1994","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1994\/12\/weskusgala-november-1994\/","title":{"rendered":"Weskusgala November 1994"},"content":{"rendered":"<p>Jy verdien \u2019n vakansie! het heelwat studente in die November-eksamen bo-aan \u2019n advertensie gelees. Uiteindelik het 90 besluit om agt dae saam met die BTK deur te bring: te voet langs die Weskus, vanaf Saldanha tot by Dwarskersbos.<!--more--><\/p>\n<p><strong>Vrydagmiddag, 2 Desember<\/strong>, het ons nog bleek en effe bedees na Saldanha vertrek. Geleidelik het die name op die lys met werkverdeling, gesigte begin kry. En die gesigte \u2019n studierigting, \u2019n huis, \u2019n hoed bo-op en selfs \u2019n vreemde aksent (Afrikaans met \u2019n Amerikaanse aksent). Teen ses-uur was selfs die wa afgelaai en die tente-kommitee het hul eerste oefensessie gehad. Die res van die vriendelike Steinmanns het opgedaag en saam met hulle was\u2026\u2026<\/p>\n<p>Die M-faktor,<br \/>\ndie volkspelis,<br \/>\ndie watergooier,<br \/>\ndie rob vir \u2019n lekker bedryf,<br \/>\ndie altyd laggende tannie Miems.<\/p>\n<p>Saterdag was die BTKaners, gewapen met \u2019n hoed, sonbrandroom, \u2019n waterbottel en Super C of twee gereed vir die eerste dagstap. Oom Jan, Karina se pa, het die aand diegene wat nog getwyfel het, oortuig dat hulle saam met die regte organisasie kom vakansie hou het. Hy het 3 skape gespitbraai op so \u2019n manier dat niemand duskant die Sahara hom kan ewenaar nie. Eerste toeriste het waarskynlik voor die Gala \u201994 gedink dat slee beperk is tot die sneeubedekte hange van die Himalayas en ander sneeubedekte hange. Pieter het egter die aand verduidelik hoe die sle\u00ebry werk en wat die doel daarvan is. Tot verligting van diegene wat benouderig begin voel, wys hy daarop dat slee nie verpligtend is nie. Die eerste toeriste, wat skaars gewoond was aan titels soos Waterdraer, word gekonfronteer met die titel \u201dSpinnie\u201d. En net om hul horisonne nog meer te verbreed, word hul aan die term \u201chekel\u201d bekend gestel. \u201cHekel\u201d, nie soos wat ouma met vlytige vingers doen nie, maar soos wat skerpsinnige studente met fyn ore doen.<\/p>\n<p>Sondagoggend 2:15 word ek wakker in my tent en dink dofweg: dit klink amper asof dit re\u00ebn. 2:30 word ek met dieselfde gedagte wakker. Met een vinger druk-druk ek slaperig teen die tentmuur bo my en soos dit \u2019n tent in die re\u00ebn betaam, syfer dar onmiddelik \u2019n stroompie deur die seil. Nadat almal wat nat geword het deur die nag, weer droog was, en almal iets ge\u00ebet en gedrink het, is ons, soos dikwels die geval met \u2019n groot gesin is, effe laat vir kerk. Maar die dominee verwelkom die gaste vriendelik.<\/p>\n<p>Terug by die kamp sorg Johanci, soos dit \u2019n goeie kosma betaam, dat daar tee en koekies vir almal is. Diegene wat nie help met die voorbereidings vir middagete nie, verdwyn in hul tente, en kom te voorskyn met tydskrifte, tennisballe, swembroeke, frisbee\u2019s en jukskeie. (Ons is nie verniet deel van die oudste Afrikaanse universiteit in die land nie). Die Miems-faktor tree ook in werking en vermaak \u2019n paar mense met speletjies wat die deelnemers se intelligensie vermoei.<\/p>\n<p>Die koekies en tee verteer gou en toe iemand roep \u201cKom queue! Bring julle borde!\u201d verskyn 90 le\u00eb mae met 90 le\u00eb borde vir die volgende feesmaal. Met die uitdeel van die poeding kry die spreuk, \u201cdie wat eerste is sal laaste wees\u201d toe nuwe waarde. Die res van die dag verloop slaperig, swemmerig, geselserig en spelerig.<\/p>\n<p>Maadagoggend baie vroeg vertrek die Steinmann-toerouers en die M-faktor na Stellenbosch. Eberhard Steinmann moes betyds terug wees om \u2019n eksamen by die skool af te handel. Soos \u2019n bont duisendpoot, met Pieter as die brein, het ons die strandtog aangepak. Nadat ons die vlootbasis gebied uit is, kon ons soos mossels op die rotse by die see gaan sit en bak terwyl die Middagbrode ywerig smeer en Fransie, ons plaaslike meermin, grasieus in the water plons. Eers by Jacobsbaai het die res van die duisendpoot ook die water aangedurf. Dit was eers nadat almal met kameras hulle eeste rolletjie film volgelaai het met indrukke van die baaitjie. Met deurskynende blou see en lug, \u2019n klein hout kaatjie, \u2019n kreefskuit of twee en gras teen die duine het die Weskus ons bekoor.<\/p>\n<p>By Swartriet, ons volgende kampplek, het Andries met sy vragmotor ons ingewag. Later het tannie Miems met Roland, \u2019n Duitse vriend, asook oom Bethel weer by ons aangesluit. Roland het die % manlike aantreklikheid op die toer \u2019n stewige hupstoot gegee.<\/p>\n<p>Maar by Swartriet was ook die Wwwwraaakk wat die Eerste Toeriste nog moes ssmmaaakkk\u2026.<\/p>\n<p>\u2019n Klam grys mistigheid het ons Dinsdagoggend uit die kooi gejaag. Terwyl Tielman en kie die wa laai, het die Groot Volkspelis almal se bloedsomloop aan die hardloop gekry met \u2019n paar vroegoggend volkspele- en ander prettige dansnommertjies. Soos mis betaam, het dit voor die son verdwyn. \u2019n Lang dag se strandstap het voorgel\u00ea, wat afgewissel is met waaghalsige swemme. Diegene wat deur die dag gewonder het waar ons eindbestemming aan sy naam gekom het, kon twee en twee bymekaar tel toe ons oor die laaste heuwel stap en Tietiesbaai voor ons l\u00ea.<\/p>\n<p>Die gerugte oor die Weskus se koue water is toe al die tyd waar. Tietiesbaai se water het selfs die armhare en wenkbroue laat regopstaan van die koue. Toe is die kaf van die strooi onder die swemmers geskei.<\/p>\n<p>Woensdagoggend het die meeste stappers hulle faktor-5 rome weggeb\u00eare en die total blockout aangesmeer. By Paternoster moes die Coke-en-sjoko-liste eers die duisendpoot verbrokkel om by die Winkel wat \u201coep vi\u2019 koep\u201d is, \u2019n draai te maak.<\/p>\n<p>Soos \u2019n spul nuwe leerlinge by \u2019n vreemde skoolterrein het ons almal in \u2019n hoop by die kampterrein op Brittaniabaai neergesak. Moeg en versigting vir die troppe dubbeltjiesdorings en skeef-skeef teen die sterk suidoostewind. Nadat Andries \u2019n ekstra draai langs die pad gemaak het, het Koos (nie rooi van die son nie, maar rooi van die verf) met Zanne se hulp bykomende dinge soos bier en roomys te koop gehad \u2013 nie eers \u2019n dubbeltjie in die voet kon toe die gemoedere demp nie. Viva vir \u2019n maand lank!<\/p>\n<p>Aangesien die kreef\/snoek die week geloop het, moes ons die Donderdagoggend hoor dat die boot wat ons oor St. Helenabaai na Laaiplek sou neem, nie meer beskikbaar is nie. Dan maar kuslangs stap tot by Laaiplek.<\/p>\n<p>Almal is spyt dat watergooier\/M-faktor ons die oggend moes verlaat. In plaas daarvan om \u2019n entjie land-in oor die Bergrivier te stap besluit die BTKaners om oor die rivier duim te gooi. Ook nie lank nie, of twee visserskuite bied ons \u2019n free ride aan. Net voor aandete is \u2019n lywige bace-ball spel aangepak. Met die kommitee-slee die aand is kreatiewe en oorspronklike items gelewer en oom Dieter en tannie Maretha moes kopkrap om die wenners te bepaal. En om die spanning verder te verhoog is episode twee van The Ice Rink Manager opgevoer.<\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong><\/p>\n<p>TERRASJ is die hoofletterwoord vir die middag. Pieter laai ons almal agter op die wa en Andries neem ons na \u2019n hotel by \u2026. Later sjing onsj \u2019n paar liediesj, oor ou eikebome op die Bos, \u2019n leeu en \u2019n mighty jungle, streamline poppies en sulke klas van dinge.<\/p>\n<p>Vir sommige was die Gala \u201995 hulle laaste toer en daarom moes hierdie mense die vuur-seremonie meemaak. Die OU toeriste was werklik spyt dat tannie Miems nie ook by die seremonie kon wees nie. Menigeen moes \u2019n knop wegsluk toe ou en lojale BTKaners soos Tielman du Toit, Louis Uys, Jacques Hayter, Johan Dif, Christine Fourie en Gerhard van Wyngaardt (die veteraan) vir oulaas \u2019n draai by die kampvuur maak.<\/p>\n<p>Saterdagoggend was \u2019n mengelmoes van pak, skrop, skuur en (afdop)velle, aftrek. Tussendeur is die Stap Nou!\u2019s uitgedeel en het mense op die agterblad adresse versamel. Net voor ons vertrek het almal vir oulaas in \u2019n kring bymekaargekom om die Liewe Heer dankie te s\u00ea vir \u2019n salige toer en die ou toeriste maan toe te blaas.<\/p>\n<p>Nog lank nadat ek die Weskussand uit my broeksakke en sokkies geskud het, het die BTK-liedjie in my ko bly draai: Nog \u2019n toer is verstreke van die ou BTK, met sy heerlike dae. En \u2019n duisend herinneringe daarby. Vaarwel toermaters. Vaarwel, ons tyd is verby. Lewe lank, BTK. Lewe lank.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Christine Fourie <\/strong><\/em>(Namens Sketsskrywer)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy verdien \u2019n vakansie! het heelwat studente in die November-eksamen bo-aan \u2019n advertensie gelees. Uiteindelik het 90 besluit om agt dae saam met die BTK deur te bring: te voet langs die Weskus, vanaf Saldanha tot by Dwarskersbos.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-951","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/951","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=951"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/951\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1961,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/951\/revisions\/1961"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}