{"id":955,"date":"1993-07-25T20:35:58","date_gmt":"1993-07-25T18:35:58","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=955"},"modified":"2012-08-16T18:26:39","modified_gmt":"2012-08-16T16:26:39","slug":"richtersveld-julie-1993","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1993\/07\/richtersveld-julie-1993\/","title":{"rendered":"Richtersveld Julie 1993"},"content":{"rendered":"<p>Met &#8216;n kadoef het die busdeur toegeklap<br \/>\nVeertig vrolike vriende is reg vir die stap<br \/>\nBorrelend, babbelend en bruisend vol lewe<br \/>\nMaandag 12 Julie, net na sewe.<\/p>\n<p>Die lang ure van sing-e-ry en speletjies speel<br \/>\nIs afgewissel met die opwinding van naartjies steel<br \/>\nHenk het sy kans aangegryp en begin dweep<br \/>\nOor sy onverbeterlike veeldoelige biodegradable seep<!--more--><\/p>\n<p>Ek sou graag wou s\u00ea die kilometers het verbygevlieg<br \/>\nMaar my seerstyf sitplek sou s\u00ea: &#8220;Dis &#8216;n lieg!&#8221;<\/p>\n<p>Uiteindelik bereik ons Khubus en Brandkaros<br \/>\nEn geniet daar eet en drink en gesprek van Periandros<br \/>\nDie braaivleissous en geselskap was ewe skerp, sou ek s\u00ea<br \/>\nHoe kon ons ooit raai wat ons nog sou voorl\u00ea?<\/p>\n<p>Vroegoggend Dinsdag het ons muesli-ontbyt ge\u00ebet<br \/>\nEn daarna was dit die woepsie se beurt om ons kuite te vreet<br \/>\nKoekamakrankas, koggelmanders, witkruisarende en soveel<br \/>\nblomme is gesien<br \/>\nEn in die sweet van ons aangesig het ons ons aandete verdien<\/p>\n<p>Ons het by rotspoel-baddens uitgekamp<br \/>\nEn die vryfbedryf verdryf toe elke skeet en kramp<br \/>\nMaar &#8216;n bomfire ontstaan en o-my-liewe-land<br \/>\nToe slaan die BTK-tent ook nog aan die brand<\/p>\n<p>Wel wat die konsert voor die wraak betref,<br \/>\nHet die ses eerste toeriste ons stoutste verwagtings oortref<br \/>\nEn &#8216;n donkie wat uit volle bors skree: &#8220;Noag!&#8221;<br \/>\nLaat my nou nog steeds runnik van die lag.<\/p>\n<p>Ons het aan Kobus gewhisper: &#8220;Jy&#8217;s ons beste maatjie&#8221;<\/p>\n<p>En Woensdag verder gestap na &#8216;n ordentlikheidspraatjie.<br \/>\nNa middagbrood lei tannie Miems die watereskapade<br \/>\nMaar Matt-hulle doop &#8216;n ouma en toon geen genade<\/p>\n<p>Stinkend na swawel, vol paddslyk<br \/>\nHet ons geselskap na die amfiteater aangestryk<br \/>\nDaar het water van bo afgedrup in &#8216;n straaltjiegordyn<br \/>\nen &#8216;n klipspringer het rats agter die kranse verdwyn<br \/>\nTerwyl gwaffies in my koffie rondwemel<br \/>\nHet die sekelmaan skeef geglimlag in die sterrehemel<\/p>\n<p>Die items oor dangeroes makapanne<br \/>\nTande-tande en koue-koue manne<br \/>\nHet lagbuie en geskater<br \/>\nLaat tiengelieng deur die amfiteater<\/p>\n<p>En o my liewe tyd<br \/>\nWat doen &#8216;n giftige slangetjie as hy sy tong raak byt<\/p>\n<p>&#8216;n Verdere kultuurskok tref ons toe by die kampkonsert<br \/>\nWant Pappa Jo skiet sommer Little Jo se perd!<br \/>\nJipha &#8230;. tog is dit die einde niet<br \/>\nWant Pappa Jo word Ghost Jo na hy homself doodskiet<br \/>\nEn toe ontembare Kaptein Duiwel ook nog sy verskyning maak<br \/>\nMet ek besef dat BTK oorspronklikheid nooit sal opraak<\/p>\n<p>Tannie Miems se verjaarsdagstrategie: &#8220;soen, druk en hang&#8221;<br \/>\nHet Donderdagoggend vrolik geboemerang<br \/>\nAg en so het die tyd saam met ons aangestap<br \/>\nEn selfs blasies onder voetjies is omskep in &#8216;n grap<\/p>\n<p>Die laaste aand het ons weer by Brandkaros deurgebring<br \/>\nEn tot laataand gelag, gesels en liedjies gesing<br \/>\nDie aandete was onder andere heerlik gebraaide wors<br \/>\nHendrik, waa&#8217;s die sleesous? Terloops, ek het dors<\/p>\n<p>En Napoleon trek &#8216;n jassie aan &#8211; ongesiens<br \/>\nEn uitoorl\u00ea die marsjerende troepe van tannie Miems<\/p>\n<p>Tussen derde kokkerotte en offisiere in die bus<br \/>\nBesef elkeen hoe baie hy die mense gaan mis<br \/>\nSonder die horing, plat hond, Noag en Madame Butterfly<br \/>\nIs die regte lewe so doodgewoon en saai<\/p>\n<p>Baie ryk maar met baie min geld<br \/>\nKeer ons terug van ons nuwe vriend, Richtersveld<br \/>\nDie Formeerder van alles het ons ietsie gewys<br \/>\nVan sy berge en bosse en hemelse paradys<\/p>\n<p>Met herinneringe as brandhout om ander aan te vuur<br \/>\nWord ons na die doodgewone toe terug gestuur<br \/>\nEn met &#8216;n huitjiehie en &#8216;n huiltjie daar<br \/>\nHet ons by die Spur afskeid geneem van mekaar &#8230;.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Erika Steyn<\/strong><\/em> (Toernalis)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met &#8216;n kadoef het die busdeur toegeklap Veertig vrolike vriende is reg vir die stap Borrelend, babbelend en bruisend vol lewe Maandag 12 Julie, net na sewe. Die lang ure van sing-e-ry en speletjies speel Is afgewissel met die opwinding van naartjies steel Henk het sy kans aangegryp en begin dweep Oor sy onverbeterlike veeldoelige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-955","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/955","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=955"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/955\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1947,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/955\/revisions\/1947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=955"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=955"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=955"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}