Die pad na nuwe patrone

As deel van ons Universiteit se handelsmerkvernuwingsproses het die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking (AKKB) saam met die Sentrum vir Oorsigbestuur en Studente-administrasie die vernuwing van die Universiteit Stellenbosch (US) se akademiese drag onderneem.

Geïnspireer deur die Saam Vorentoe-patroon en in oorleg met die Visuele Regstellingskomitee, het die AKKB-span met die idee vorendag gekom om duidelike patroonontwerpe vir elke fakulteit te skep. Hierdie unieke ontwerpe sal help om fakulteitsdrag en aanvullende items binne ons oorkoepelende, eenvormige US-handelsmerk te onderskei.

Die vernuwing van ons akademiese drag het ook ‘n geleentheid gebied om saam met ons studente, personeel, alumni en plaaslike gemeenskapslede te skep deur middel van persoonlike werksessies.

Kyk na die onderstaande video vir meer inligting oor hierdie inisiatief:

Fakulteitspatrone

Die US se Fakulteitsbestuur het aan die einde van 2023 tien fakulteitspatroonontwerpe goedgekeur om ons Universiteit se visuele identiteit aan te vul. Die fakulteitspatrone sal by die 2024 Desember-gradeweek onthul word.

Kyk na die onderstaande video’s vir meer inligting oor die fakulteitspatrone:

Fakulteit AgriWetenskappe

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Fakulteit Opvoedkunde 

Fakulteit Ingenieurswese 

Fakulteit Regsgeleerdheid

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Fakulteit Krygskunde 

Fakulteit Natuurwetenskappe 

Fakulteit Teologie 

Vir meer inligting oor die handelsmerk:

Handelsmerkeenheid
branding@sun.ac.za
Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking