Ons sien uit daarna om jou by Matieland te verwelkom! Indien jy wil aansoek doen vir verblyf by Helshoogte, is dit belangrik dat jy die plasingsproses verstaan:
- Voltooi die Universiteitsaansoekvorm.
- Op hierdie aansoek vir Universiteit, maak seker dat jy Helshoogte as jou eerste keuse op die vorm of web-aansoek merk.
Hoe werk die plasingsproses (in kort)?
- Eerste besprekings word gedoen op grond van akademiese kriteria.
- Die plasingsproses is teen die einde van Oktober voltooi, sou jy nie aanvanklik gekwalifiseer het nie, kan jy jouself op die waglys plaas.
- Met inagneming van diversiteitsfaktore, word plasings vanaf die waglys gedoen totdat die Universiteit die volgende akademiese jaar begin en daarna deurlopend op grond van oop plekke.
- Plasings in ‘n spesifieke koshuis kan ongelukkig nie gewaarborg word nie.
Jy is welkom om die webwerf te besoek vir Voornemende Studente – Akkommodasie
Enige ander vrae? Kontak ons.