Maties 7s ready for USSA : 2015-11-24

12246834_10153764927016323_2604592480709871320_n

With mere days to go until the 2015 USSA Sevens Rugby tournament in George the Maties Sevens’ team is set for a third title the past few weeks.

In recent weeks Maties have won the Super 7s title at the Villager rugby club and this weekend they capped off the Western Province Club Rugby Sevens Series with an overall victory. Maties played against Tygerberg in the final of the series.

“I could not have asked more from my team,” said coach Ian Campbell-Mc Geachy. “I am extremely proud of every single player. We achieved the goals we set our for the Super 7s and WP Club series. We have played really good rugby in both tournaments and what is best of all is the consistency that we played with. We played more than 30 games and lost only once and drew one game. As a coach I am very happy. We are now looking forward to USSA and hope to bring that trophy back to Stellenbosch again.”

Maties won USSA in 2010 and 2012. They played in the finals the past two years. The tournament is held at the NMMU Saasveld campus in George from 30 November to 1 December.

12248162_902314593178165_5112689908409400827_o

AFRIKAANS

Maties 7s gereed vir USSA

Met net enkele dae om te gaan voor die 2015 USSA Sewesrugby-toernooi in George begin, is Maties se Sewesspan gereed om sy derde titel die afgelope paar weke te wen.

Maties het reeds die Super 7s gewen en die afgelope naweek ook koning gekraai in die Westelike Provinsie Klubrugby Sewesreeks. Maties het Tygerberg in die eindstryd van die reeks geklop.

“Ek kon nie vir meer van my span gevra het nie,” het afrigter Ian Campbell-Mc Geachy vertel. “Ek is baie trots op elke speler in die span. Ons het die doelwitte bereik wat ons gestel het vir die Super 7s en die WP-reeks. Die span speel regtig goeie rugby en vir my is die beste van als egter die konsekwentheid waarmee die span gespeel het. Ons het meer as 30 wedstryde gespeel en net een wedstryd verloor en een was gelykop. As afrigter is ek baie tevrede met my span. Ons sien nou uit na USSA en hoop om die trofee weer terug te bring Stellenbosch toe.”

Maties het die USSA-titel in 2010 en 2012 gewen. Die afgelope twee jaar het hulle in die eindstryd van die toernooi gespeel. Aksie begin Maandag 30 November in George by die Saasveld-kampus van die NMMU. Dit eindig 1 Desember.

Leave a Reply